Rassistiese gedrag in die nasionale vergadering moet aangespreek word

parlementBrief aan die speaker van die parlement
Agbare me. Baleka Mbete

AfriForum is ’n nie-regerings-, burgerregte-organisasie wat veral fokus op die beskerming van minderheidsgemeenskappe se regte. Die organisasie het geen verbintenis met enige politieke party nie en funksioneer op die filosofie dat ’n demokrasie waarin die regte van minderheidsgemeenskappe en die pleidooi van die burgerlike samelewing nie ernstig opgeneem word nie, nie as ’n demokrasie beskryf kan word nie. Volgens ons jongste syfers, verteenwoordig ons meer as 95 000 lede waarvan die meeste individuele gesinne verteenwoordig.

Na afloop van die staatsrede en die parlementêre debat wat daarop gevolg het, het ons verskeie klagtes van ons lede ontvang insake die gedrag van sommige openbare verteenwoordigers.

By verskeie geleenthede die afgelope week is uitlatings gemaak deur verskeie lede van die nasionale vergadering wat slegs as blatante rassisme beskryf kan word. In een geval was dit die uitlating deur die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, wat verklaar het dat wit mense diewe is en dat grond wat aan wit mense behoort gevat moet word op ʼn wyse wat teen die Suid-Afrikaanse Grondwet asook die oppergesag van die reg indruis.

Ons is ook gegrief oor die gedrag van lede van die nasionale vergadering in die geheel. Dit wil voorkom of die nasionale vergadering in ʼn huis van beledigings en politieke loesings verander het en nie meer ʼn plek van opbouende debat is oor die belange van belastingbetalende Suid-Afrikaners nie. In een geval het die adjunkspeaker, die agbare Lechesa Tsenoli, selfs sy kommer uitgespreek dat lede van die nasionale vergadering die huis “onmoontlik maak om te beheer”.

AfriForum erken dat daar sekere reëls is wat in die parlement geld en dat lede van die nasionale vergadering parlementêre privilegie het om hulself uit te druk op welke wyse ook al. Die reël van parlementêre privilegie is egter ingestel as ʼn metode om verantwoordbaarheid te bewaar, maar die manier waarop dit tans uitgevoer word bereik die teenoorgestelde. Die voortdurende slingering van beledigings, veral teenoor minderheidsgemeenskappe wat nie genoegsaam in die nasionale vergadering verteenwoordig word nie, is afbrekend vir sosiale kohesie en wedersydse erkenning en respek, en dit sal net die intergemeenskaplike verhoudings in die land – wat reeds tenger is – verder destabiliseer.

Indien die afgelope week gesien kan word as ʼn aanduiding vir die volgende vyf jaar, is AfriForum diep bekommerd dat die publiek hul vertroue in die parlement sal verloor – ʼn werklikheid wat reeds sigbaar is in minderheidsgemeenskappe wat die slaansak van Suid-Afrikaanse politiek geword het.

Met hierdie brief doen AfriForum ʼn formele beroep op die speaker van die nasionale vergadering om nie met ligte woorde orde te probeer handhaaf nie, maar om streng te wees, nie net in die toepassing van basiese parlementêre reëls nie, maar om ook openbare verteenwoordigers tot orde te roep, veral wanneer hulle disrespekvol teen minderheidsgemeenskappe uitvaar.

Ons vertrou dat u hierdie brief in goeie gees sal ontvang.

Met vriendelike groete

Ernst Roets
Adjunk uitvoerende hoof
AfriForum

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Ernst Roets

Dr. Ernst Roets is beleidshoof van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marius Koen ·

Ek dink nie die witmens het meer n toekoms in die land nie.Ons word orals uitgedryf en behandel soos gemors.Op die ou einde gaan ons moet oppak en trek.

Marius Koen ·

Ek dink nie die witmens het meer n toekoms in die land nie.Ons word orals uitgedryf en behandel soos gemors.Op die ou einde gaan ons moet oppak en trek.

Dries ·

Seer sekerlik is daar ook ‘n dragkode vir die parlement en moet die klomp narre met hulle rooi overalls beslis aangespreek word. Maak ‘n voorbeeld van hulle en weier hulle toegang indien hulle nie die dragregulasies wil gehoorsaam nie. Hulle maak net ‘n bespotting van die parlement !!!

Ant ·

Marius, om jou goed te vat en te trek is nie so maklik nie. Dit beteken jy gee op, op Afrikaans wees. Wat ons eerder moet doen is om ons mense saam te groepeer en areas uit te koop waarbinne ons kan vorentoe boer. Hierdie saam blyery met mense wat ons nie die son gun nie, gaan nie werk nie. hoe gouer ons dit agterkom hoe beter.

Jessica ·

Dis geen toeval dat dié opstokery toenemend na die Parlement oorspoel nie. Malema, byvoorbeeld, is ‘n produk van die ANC en is nie daar uitgewerp as gevolg van sy rassisme nie.

Eintlik is hy die poster boy vir ANC-rassisme. Dis waarom hy nie in die nasionale vergadering deur sy enersdenkende rassiste wat hom opponeer of moet dissiplineer, gerepudieer word nie.

Hulle weet dat die onderliggende boodskap – waarmee hulle hartlik saamstem – gou by hul rassistiese volgelinge sal uitkom: get whitey.

Dit kom neer op ‘n soort lae-intensiteit terreur, waar misdadigers en agitators die boodskap as regverdiging vir hul misdade teen whitey aangryp.

En die ANC weet dit.

Danie ·

Afrikaners moet besef dat dit nou meer as ooit belangrik is om saam te staan.Ons is nou in n situasie waar n party soos die EFF net eenvoudig alles wil afvat wat aan ons behoort en ons met niks los,sodat ons uiteindelik gaan uitmekaar spat en oorsee n heenkome probeer soek.
Hulle wil die plase he,winsgewende maatskappye,alles.Daar is niks wat hulle nie wil he nie.
Ek moedig Afrikaners wat kan aan om asseblief so lank as moontlik uit te hou en saam te staan.
Moenie in sak en as gaan sit nie.Staan saam in die enigste organisasie wat opgestaan het as n spreekbuis en saambindinde organisasie vir Afrikaners,Solidariteit.
Maak doodseker dat al ons kinders opleiding of n ambag het.As hulle ons wel uitdryf,dan kan hulle enige plek oorsee n lewe begin.
Maar hulle kan nie alles vat wat aan ons behoort sonder n geveg nie.Ek praat nie van bomme en sulke goed nie.Ek praat van saamstaan en ons hulpmiddele saamvoeg binne Solidariteit sodat hulle tot in die hoogste hof vir ons kan baklei.Internasionaal selfs.

Fanie Boshoff ·

Al wat ons moet leer is om nie kwaad te word nie,iemand wat kwaad word kan nie reg dink nie en dit is wat die EFF graag wil regkry.Ek weet dit is moeilik maar probeer om net te “smile” en verby te gaan.Dit gaan hulle meer kwaad maak en dit gaan maak dat hulle nog minder kan dink en so meer lagwekkende dinge kwytraak wat hulle sal ontbloot.Mense kan nie vir altyd almal BLUF nie.Solank as wat ons reageer op die dinge wat hulle kwytraak gee ons hulle mediadekking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.