Redakteursbrief: Veels geluk, Afrikaans!

susan_lombaard

Susan Lombaard Foto: Burger Meyer, Maroela Media

Ek sukkel nooit om my redakteursbrief te skryf nie. Maar vandag spook dit. Ironies dat ek nie my woorde gerangskik kry op die dag wat ek wil skryf oor Afrikaans nie.

Wat sê mens oor Afrikaans, in Afrikaans? Dis so ‘n hartsding.

Vir my is Afrikaans die wiegeliedjies wat my ma vir my as peuter langs my bed gesing het. Dis die Daan Retief-stories wat my Karoo-oupa ure lank vir my gelees het. Dis die trots in my ander oupa se oë as ek op hulle stoep langs hom op die grond gesit en my Afrikaanse skryfseltjies vir hom voorgelees het.

Dis TT Cloete se poësie, Coenie de Villiers se musiek. Dis slim woordspelings en kreatiewe nuutskeppings.

Afrikaans is wie ek is.

Veels geluk, Afrikaans. Ek is bly jy is my moedertaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

André du Toit ·

Veels geluk, Afrikaans! Afrikaans is die milieu waarin ons elke dag opstaan en mee gaan slaap. -dis die menswees en verstand en kommunikasie medium waarin ons volk gemaklik en ontspanne met mekaar kommunikeer(alle media,- selfs Google) op elke vakgebied en intellek. Ek dink Suid-Afrika wat Afrikaanssprekendes is en betref, moet trots voel op hul taal en dit gebruik, soos Engels in die VSA, VK, Australië en Nieu Zeeland en Europa met Duitsers, Franse, Italianers, Spaanse, Portugese en Belge en Nederlanders, –wees trots om jouself gemaklik te kan uitdruk, waar ookal jy in Suid-Afrika of elders is, -selfs Howe. Leef Afrikaans en voel goed daaroor en laat jou familie en gesin en vriende dit geniet en uitleef voorskool, skoolgaande (Primêr en Sêkonder) en Naskool (Tersiêr) dis jou reg en jou paspoort en Grondwetlik is dit daar vir jou. Beskerm dit en geniet dit. Bevorder dit! Anders taaliges se mense sê altyd jy kan dit nie in hul tale uitdruk nie en dis eerder lekker om dit in Afrikaans uit te druk. Dit voel dit het net soveel meer trefkrag. Selfs kultuurgoed of selfs vloekwoorde het trefkrag (met die nodige sensitiwiteit). Die sielkunde en intelligensie bevorder dit en beweer jy het ‘n voorsprong as dit jy dit van moederskoot of selfs in die plasenta al van ouers ontvang of gebruik het. So geniet dit en voel en wees trots daarop Suid-Afrika. Moenie jammer wees daaroor nie. Verkoop en koop dit!!! Afrikaans dis jou en my intellek, verlede, hede en toekoms.

Charl Lamprecht ·

Graag wil ons dankie sê vir die gemaklike en goedversorgde afrikaanse berriggewing. Die moeite heermee maak mens trots voel en word opreg waardeer.

Dankie ook vir die manier waarmee julle die negatiewe nuus van die dag uitbalanseer met positiewe
nuusartikels. Ook die stiltetyd-afdeling is slegs ‘n knoppiedruk ver
wat help om perspektief te behou en
inspirasie te vind vir elke dag.

Dankie vir die inspirerende redakteursbrief oor Afrikaans.

Met groot waardering,

Charl Lamprecht

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.