Redakteursbrief: Reeva-foto’s – Só het Maroela besluit

susan_lombaard

Susan Lombaard Foto: Burger Meyer, Maroela Media

Maroela Media gaan nie die foto’s van Reeva Steenkamp se moordtoneel wat aan die publiek en media beskikbaar gestel is, plaas nie.

Met dié besluit skaar ons ons by die meerderheid plaaslike en internasionale media wat dieselfde besluit geneem het. Dit was nie ’n moeilike besluit nie, en een waaroor die redaksie grootliks saamgestem het.

Maar hoekom dié besluit? Ons het ’n paar redes:

  • Ons is van mening dat die foto’s nie bydra tot die nuuswaarde van die storie nie.
  • Die plasing van die foto’s is, volgens ons, sensasioneel.
  • Maroela Media het minderjarige lesers wat nie aan hierdie soort foto’s blootgestel behoort te word nie.
  • Sulke foto’s desensitiseer lesers, en dra daartoe by dat ’n gemeenskap wat reeds aan buitengewoon hoë vlakke van geweld en misdaad blootgestel word, nóg minder sensitief raak vir ontstellende beeldmateriaal in die media.
  • Maroela Media se beleid is om nie foto’s te plaas van oorledenes in ’n misdaadsaak waar die gesig van die oorledene herkenbaar is nie. Hierdie saak is nie anders as enige ander misdaadsaak nie.

Kortom: ons glo ons lesers lees Maroela Media vir gehaltenuus, nie vir sensasionele foto’s nie.

Groetnis
Susan Lombaard
Redakteur: Maroela Media

Lees gerus wat ander media-instansies besluit het, en waarom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Alma Kruger ·

Ek stem saam met Maroela dis sensasioneel en nie nodig ni !!!In eerste plek was dit verkeerd van Reeva se familie om dit te besluit het maar nou ja wat sal ek se

sonette griesel ·

Amen. Die familie soek sensasie en geld om dit te publiseer…

Patrick ·

I agree it is sensationalism at this time, however is is the first time I hear and see that Oscar actually beat up Reeva before shooting her! Bloody nose and black eye are the proof, he doesn’t deserve any leniency.! I am appalled that in the latest court sessions he’s trying to become the victim wanting leniency because of what happens in jail to him – I say he did the crime and got himself into current circumstances, don’t waste more time on this, just let him be placed where he belongs!

Kathy ·

Stem saam met julle – regtig nie nodig nie. Wat kan daardeur bereik word

Hugo ·

Nou is ek sommer baie trots op julle! Dankie dat julle nie ook goedkoop sensasie soek soos Huisgenoot nie!

Susan ·

Mooi so Maroela Media!! En dankie dat ons gratis die aanlyn nuus in Afrlikaans by julle kan lees!!!

Manda ·

Dit is God se wens dat ons nie ander se foute uitbuit nie, die straf,oordeel en vergelding kom ons nie toe nie slegs God kan oordeel. Ongeag dit nou aspris gedoen is of beplan was of nie.Dankie dat julle nie die fotos gaan plaas nie.

johann cb ·

Baie dankie vir hierdie besluit Susan. Ons waardeer julle gehaltenuus en dit is gratis en in Afrikaans! Lekker naweek vir Maroela Media se personeel. Groete.

hercules ·

ek het genoeg soortgelyke fotos en tonele in my lewe gesien •• ek haal my hoed vir Maroela Media af dat fotos nie geplaas word nie •• oud moord en roof lid ••

Isabel ·

Reeva se ouers wou juis aan die wereld wys wat aan hulle kind gedoen is! Oscar kon probeer simpatie kry deur sonder Sy kunsbene in hof te loop. Verstaan mense nie?

Marina ·

Isabel, hoe gaan jy voel as dit jou ouers, man of kinders was wie se fotos hulle aan die hele wereld wys? As jy nog nie deur so iets is nie moet jy nie eers probeer indink nie want jy weet nie. Hierdie was net sensasie! Ek wens dit geen mens toe om fotos van jou naaste te sien wat deur so iets, of selfs erger, is te sien nie.

Thea Gerber ·

Nee, ek dink nie ek verstaan dit nie. Hoe kan ouers hulle kind ‘n tweede keer laat ‘vermoor’ deur haar grusame fotos op die media te laat verskyn nie. Hemel, sy was ‘n model, sy sou nie daarvan gehou het dat mense haar sien as sy nie perfek gelyk het nie. Hoe sou sy oor hierdie fotos gevoel het. As die Steenkamps gedink het dat hulle simpatie sou wen, het hulle net die teenoorgestelde reggekry. Waar ek hulle eers bitter jammer gekry het, dink ek nou dat hulle koud en geldlustig opgetree het. Huisgenoot, You en New Age sou sekerlik nie daardie fotos VERNIET gekry het nie. Dit wil vir my lyk asof haar pa die hardste gehuil het oor sy maandelikse inkomste weggevat is, eerder as sy mooie dogter. Jammer, maar dit is hoe ek nou voel.

Annette ·

Dankie dat julle nie deel in Huisgenoot se sensasie soek nie. Hierdie Oscar saak was van die begin af n sirkus met die media

Le-zette ·

Nie die regte besluit nie. Plaas Oscar se foto van hom op sy stompies, langs Reeva se foto’s. Want op die oomblik kry Oscar al die simpatie, maar lyk my die mense vergeet wat met Reeva gebeur het.

Tong innie kies ·

Le-zette.Ek stem heelhartig met jou saam.Hy is nou die held in die verhaal.Reeva se familie het immerrs ook gevra dat die fotos gepubliseer moet word.

Pixie ·

Le-zette, niemand het vergeet wat met Reeva gebeur het nie! Die vraag is hoekom enige ouer, wat sukkel om die dood van hul kind te verwerk, fotos van hul kind se lyk die wêreld wil instuur. Gaan hulle die tragedie nou makliker verwerk en gaan Kim dit nou makliker aan haar kinders kan verduidelik? Huisgenoot is ‘n GESINStydskrif en net soos ander wat die fotos plaas vrylik op die internet beskikbaar. Wat van my onskuldige 9-jarige dogter wat nie eens bewus is van hierdie saak nie? Ons koop nie die Huisgenoot nie en ons kinders mag slegs onder toesig op die internet gaan, maar wat as sy by iemand gaan kuier wat vrye toegang hiertoe het of kinders bring hierdie fotos by die skool aan? Dit is siek, selfsugtig en niks anders as ‘n beheptheid met sensasie nie!!!

Willie ·

As sy sie “lady”was wat alnal van praat, het sy nog geleef.

Frik ·

Hoe verskil hierdie besluit van die besluit van die SABC om sekere nuusgebeure nie te vertoon. As ek reg onthou, ek ingesluit, het die SABC beskuldig van sensorskap. Daar word gereeld foto’s geplaas van moordtonele en slagoffers, dan word daar geen beswaar daar teen gemaak nie. As ek die redes soos aangetoon oorweeg, dan is ek bevrees tree Maroelamedia en ander nuus publikasies wat nie konsekwent op nie. Ek wil nie noodwendig die foto’s sien nie, maar dit is MY besluit en nie die van ‘n mediahuis namens my nie. Dus wat my betref is daar geen verskil tussen die besluit van Maroela en die van die SSBC – beide pas sensuur toe.

Bobby ·

Frik. Ek verstaan wat jy bedoel. Maar Maroela media moet ‘n besluit neem of hulle hul lesers wil blootstel aan die grusame foto’s. Ek het gou ‘n berekening gemaak op grond van die komentaar. Ongeveer 90% is tevrede met Maroela se besluit. Dit is ‘n slaagsyfer.
En Maroela het my stem ook!!

Corne Spies ·

Mooi so! Trots op julle! Dankie dat julle ook ons kinders probeer beskerm.

Christina ·

Dankie Maroela Media vir jul menslikheid en insig. Kan sien jul gee om vir medemens. Ek salueer julle.

Lulu ·

Dankie dat julle dit nie publiseer nie. Vir die bloeddorstiges – ons het die fotos eergisteraand al ooral op die web gesien.
Le-zette, niemand vergeet wat met haar gebeur het nie, persoonlik dink ek haar pa ryg nou derms uit tot siekwordens toe. Genoeg is nou genoeg. Ja, Oscar moet sy straf kry maar om darem te versoek dat jou kund se fotos so vir die wereld “uitstal”?

Skroplap ·

Siend dat jy saam met die “bloeddorstiges” reeds die moeite gedoen het om die foto’s op die internet te bekyk, is jou ongevraagde veroordeling van die Steenkamp familie en Le-zette belaglik.

Willie ·

Gerrie Nel is ‘n pateet. Hy’t gefaal om die Staat se saak voldoende te bewys, nou gebruik hy die foto’s as sensasie om die Hof te swaai ten gunste van ‘n swaarder vonnis. Skuldig aan moord of nie, moet Oscar nou nog geskop word terwyl hy alreeds geval het?

John ·

Geregshowe en lykshuise is yskoue plekke. Mense moet uit howe bly en ook nie ander mense in lykshuise laat beland nie. Die implikasies van ‘n mens se aksies het nie ‘n delete-sleutel nie.

vermeende ·

Julle beste besluit ooit, neem ook die besluit om die saak verder geen dekking te gee nie, ons het nou al genoeg gehad van die saak.

Johan ·

Goed so Maroela Media.
Hoeveel word die Steenkamps betaal vir die fotos ?

Johannes ·

Baie dankie wie ookal vir dit gevra het prober net sensasie soek.Baie soos vorige kommentators reeds gese het trots op Maroela Media.

Ami ·

Jul dwing respek af. Haar ouers soek sensasie. Hierna gaan niemand Reeva as die mooi jong vrou onthou nie, maar slegs as ‘n bebloede lyk. Ek meen dis uiters onrespekvol teenoor haar nagedagtenis. Ek kan nie dink dat dit is hoe sy onthou sou wou word nie

Daan Erasmus ·

Reeva se ouers het sielkundige hulp nodig. En dringend. Vir hulle gaan dit NET oor wraak.

Pixie ·

Baie dankie Maroela! Dit is verblydend om te weet daar is nog mense wat logies redeneer en wysheid en insig aan die einde van die dag toon!

Ina Cripps ·

Ek stem heelhartiglik saam. Dis heeltemaal onvanpas, en net sensasiesoekery.

Rupert Ashford ·

Dankie, die regte besluit. Bid vir almal in die saak. Die verkeerde besluite rondom hierdie saak het al begin toe daar besluit is om dit regstreeks uit te saai. Dit is nou een groot mediasirkus met baie narre.

san ·

Baie dankie Maroela Media dat julle nie die fotos gaan plaas nie. Dis duidelik dat julle jul lesers in ag neem en respekteer met jul beleid, baie dankie weereens. Huisgenoot sal beslis nie weer in my huis n plekkie vir leesgenot he nie want hul dink net aan die sensasie en nie aan ons jong kinders met die blootstelling van nog geweldadige fotos nie. Dit hoort as bewyse in die dossier en in die howe te bly en nie vir die wereld nie. In elk geval is Reeva nie die enigste vermoorde geval nie om soveel sensasie te kry nie. Wat van al ons ander wrede vroue en kindermoorde, plaasmoorde, ens. Dis duidelik Gerrie Nel het seker nie kinders nie en hy net sensasie soek uit die saak en nie te praat van Reeva se ouers wat hulle behoort te skaam nie – dink hul dat sy sou trots wees daarop dat sulke fotos vir die wereld ingestuur word en liewers die mooi van haar te kan he en te onthou. Hoeveel simpatie en geld soek hul nog hieruit. Daar is baie ander families en ouers hier in ons land om jul wat gebroke is maar nie sò sensasie soek uit hul hartseer, verlies en pyn nie! As dit my dogter was, sou ek uit respek en liefde vir haar nooit sulke fotos van haar die wereld instuur nie.

Corlaine ·

Baie dankie Maroela Media, vir die wyse besluit en insig. Alle eer en lof aan ons Drie Enige GOD. Verder kan ek net bid vir dat Liewe Jesus nou sal intree in die twee betrokkende families en hulle oë weer sal oopmaak om te fokus op Hom en die KRUIS. Amen.

JDP ·

Ek stem saam met Frik hierdie besluit kom op media sensuur neer ek sou verkies het om self die keuse te maak of ek die berig oop maak

cobusp ·

Ek lees deur die kommentaar en dus duidelik dat meeste van die mense nie bewus is van die feite en maak opmerkings wat nie brtrekking het nie………grrrie Nel soek sensasie………bloeddorstige mense……….plasing van fotos neem nie haar ouers se gevoelens in ag en so kan ons aangaan………die ware feite is reeva se pa het gevra die fotos moet geplaas word sodat die wereld kan sien wat sy dogter moes deurgaan en as daar nog mense is wat dink Oscar is onskuldig sal hopenlik tot n slotsom kom dat sy koelbloedig vermoor is. Gerrie het net gevra vir die plasing van die fotos in opdrag van reeva se pa….beide ouers van reeva het toestemming gegee…………as jy dink dus wreed om die foto te sien weet net dus hoe wreed Oscar is……..

Siela ·

Ek stem 100 persent saam julle !! Die Steenkamps met Gerrie Nel inkluis soek sensasie en simpatie . en GELD bo alles!! Reg v d begin af.. Die eerste woorde wat haar pa aan d media gesê het direk na d moord was “Wie gaan nou vir ons sorg?? Sy betaal ons huis en ons dstv..” Nee wat hulle kind (jammer soos dit is dat sy dood is) is nie wreder dood as iemand se kind wat dood is in n motorongeluk of plaasmoord nie. Maar hulle soek wraak en asb tog net enigiets wat sensasie is. Wat maak hulle beter as ouers wie se kinders in wrede aanvalle dood is. Dink hulle ander mense kan nie pyn voel nie.. Nee daai twee mense het lankal my respek verloor.

lm ·

…en Barry Roux en OP op sy stompies soek nie simpatie en sensasie nie ?

Daan Erasmus ·

Stem saam. Dit gaan oor GELD vir die Steenkamps. En sensasie. Reeva was net hul bron van inkomste.

Debbie Wagenaar ·

Wel gedaan, Maroela Media. Volwasse besluit. Doen so voort.

Dirk Kroonstad ·

Ek werk vanaf 1/3/1964 in prokureurs professie . Toe begin het met my ingeskreweklerkskap. Ek het nie bostaande kommentare gelees nie. Nie nodig vir my bydrae. Kamaras en TV hoort nie in n hofsaal tydens verhore nie.

chris ·

welgedaan. die fotos gaan niks bydra nie. dis nie die gruwelgierige gepeupel nie, maar die regter wat besluit. om die fotos in die openbaar te vertoon voer net sinnelose sensasie. maroela, julle motivering vir die nie-plasing is in die kol, ek lig my hoed. hulle toestemming om die fotos bekend te stel wek by my nou ook heelwat bedenkinge oor die steenkamps.

Elsa ·

Dankie dat julle nog respek het vir ons normale mense en ons kinders. Gerrie Nel kan dit vir sy kleinkinders wys

Liewe heksie ·

Maroela raak die pad byster As dit so aangaan gaan hulle lesers verloor!

Hannes ·

Maroela Media ek is trots op julle. Ek het nog altyd gehoor n mens toon respek vir die dooies en deur hasr moord toneel fotos so oop te vlek toon niemand respek nie.

Gerhardt O ·

Ja, Maroela beskerm maar die lesers wat nie “kan” keer om te kliek en te kyk nie, ons is dan eintlik almal kinders en sensuur moet toegepas word. Die werklikheid kan nie weggesteek word nie. Ek dink julle maak ‘n fout. Ons kan julle lysie van ‘beginsels” hierbo amper op elke berig toepas en wat dan??

Joann ·

Los Gerrie Nel uit die saak uit. Barry Roux lieg n moordenaar los,dit is erg. Maroela ek waardeer jul besluit.

Elsabe ·

Isabel, ek stem saam met jou. Ek het die saak gevolg. Reeva se ouers wil he die wereld moet weet wat aan hul dogter gedoen is. Reeva het geen stem gehad in die saak nie. Alles het net om Oscar gedraai. Hulle het dit nie vir geld gedoen nie.

zelda ·

Eerlik waar dink ek Oscar betaal genoeg om so deur die media en daai prokeureer verneder te word,ja hy het n fout gemaak wie is ons as mens om hom te veroordeel.Meneer/Mevrou die media asook u die prokeureer as jy die eerste kilp kan gooi is jy regtig sonder en foute loos en Reeva Steenkamp se familie onthou die wiel draai en as hy gaan stop gaan hy julle almal terf wat klippe gooi so PLEASE HAVE A HEART IF YOU HAVE ONE!!!!

Ria Erasmus ·

Dankie Maroela Media dat julle nie daardie fotos gaan plaas nie. EK dink baie mense waardeer dit. EK is baie teleurggesteld in huisgenoot. EK sal daardie tydskrif nooit weer koop, en ek glo baie ander,ag nee man, julle is n gesins tydskrif en die kinders Lees dit ook. EK Koop die huisgenoot al meer as 30 jaar, maar tot hier en nie meer. EK skaam my vir julle, het julle nou ook tot die v lak gedaal waar Nel en die Steenkamps is. Betaal hulle vir sensasie.want dis al wat hulle wil he, dis geld. Maar ek het Nuus vir julle almal. Duisende mense kyk nie daarna, en steun nog steeds vir Oscar. Wereldwyd.

Piet Potgieter ·

Dis volksverdomming om die foto’s nie te wil plaas nie. Waar kan ek die foto’s sien?

Sarie ·

Maroela Media, ek salueer julle. Beste besluit. Trots op julle dat julle nie sensasie najaag soos ander tydskrifte en koerante nie!

Ook n Moeder ·

Ek is ook n moeder van 2 pragtige dogters. Albei getroud. Ek sou nie sulke fotos beskikbaar gestel het nie. Niemand is perfek nie, selfs nie my dogters nie. Hulle maak ook oordeelsfoute, nes enige ander mens op aarde. Feit is Oscar het sy vuurwapen gebruik, hy moes geweet het wat die gevolge gaan en kan wees. Feit is Reva het geweet waar hulle verhouding staan en indien daar voorheen geweldadigheid in die verhouding was, het sy self besluit om dit te trotseer. Twee mense het hulle eie keuses gemaak. Wie is ons om te oordeel? Ek dink al twee (Oscar en Reva) het verkeerde besluite geneem. Die gevolge word nou deur ander mense misbruik. Dit is baie hartseer dat Reva op so n wrede manier moes sterf, vraag is net, wat leer ons as mense daaruit? Wat moet ons daaruit leer? Het die sogenaamde Christene hulle plig voor en na die gebeure gedoen? Daar is miljoene vrae – maar elke persoon moet dit self uitwerk. Almal wat betrokke is by hierdie situasie moet eendag gaan rekenskap gee van hulle besluite en denke. Sterkte aan almal betrokke. EN dankie Maroela Media dat julle nie sulke fotos plaas nie. Die wat nie saamstem nie – gaan kyk na die fotos op die internet – dit is mos beskikbaar.

Annami Simon ·

Baie dankie, Maroela, dat julle jul nie skaar by die almal-doen-dit-beleid nie.

Ja, die foto’s ís elders beskikbaar, dus gaan jul besluit nie oor ‘n poging om die publiek weg te hou van die grumoord-detail van ‘n eens, sprankelende mens nie, maar oor respek vir die oorledene en haar geliefdes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.