Regstelaksie moet reggestel word

flip-buys

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: Reint Dykema

Mnr Jacob Zuma het in die parlement gesê “regstellende aksie” is steeds nodig om ongelykhede uit te skakel en witmense moet meer deernis met die armoede van hul landgenote hê. Die ANC sien witmense se houding hieroor as dié van ʼn onregverdig bevoordeelde minderheid, wat selfsugtig vasklou aan die voorregte van die verlede en nie beter geleenthede aan hul landgenote gun nie.

Maar dis die ANC se kant van die saak en die party se werklike beweegrede is veel eerder om swart politieke steun met rassewette te verseker. In Afrikaans word hierdie soort wetgewing verkeerdelik “regstellende” aksie genoem, wat ʼn gelaaide propagandawoord is wat homself regverdig. In die praktyk kom dit veel eerder op “rastelling” as regstelling neer, weens die rassekwota’s waarmee dit gedoen word.

Hierdie soort wetgewing het in die VSA begin om minderhede te bevoordeel, wat sowat 15% van die bevolking uitmaak. In Suid-Afrika word dit gebruik om die meerderheid te probeer ophef. Dit beteken dat net sowat 10% wit werkende mense die bevoordeling van 90% van die bevolking moet dra.

Om gestalte te gee aan die gelykheidsbepaling in die Grondwet, is gelykheid in die Wet op Gelyke Indiensneming omskryf as verteenwoordigendheid, gemeet aan gelyke uitkomste in die vorm van rasseverteenwoordiging. Maar daar is ʼn wêreld se verskil tussen gelyke geleenthede en gelyke rasse-uitkomste. Die een is ʼn gelyke wegspring en die ander is dat almal gelyk by die wenpaal moet uitkom.

Dit is taamlik maklik om rassewette tot voordeel van ʼn minderheid toe te pas in ʼn groeiende ekonomie, waar meer geleenthede vir almal geskep word. Dit is heeltemal ʼn ander saak om ʼn groot meerderheid in ʼn krimpende arbeidsmark te probeer ophef. Daarom is die groot risiko dat regstellende aksie daartoe kan lei dat 80% van witmense daardeur benadeel kan word, terwyl hoogstens 10% van swart mense daardeur bevoordeel sal word. Dit laat die res met onvervulde verwagtinge en ʼn gevoel van verontregting.

Dis te verstane dat die regering ná 1994 meer geleenthede aan swartmense wou gee en regstellende aksie wou gebruik om ongelykhede reg te stel. Die probleem is dat daar, onder die vaandel van regstelling, ʼn hele arsenaal praktyke ingespan word, wat wissel van noodsaaklike opleiding tot onaanvaarbare diskriminasie.

Maar die opheffing van die swart meerderheid hoef nie ʼn zero som te wees, waar bevoordeling van een groep net kan geskied deur ʼn ander groep terselfdertyd te benadeel nie. Waarom moet die Suid-Afrikaanse model die enigste metode wees om die geldige doelwitte van swart opheffing te bereik? Waarom moet jong wit mense wat nooit deur apartheid bevoordeel is nie, nou benadeel word? Waarom moet ʼn nuwe geslag swart mense wat nooit benadeel is nie, nou bevoordeel word? Hoe kan gevalle van omgekeerde apartheid geregverdig word deur dit net “regstelling” te noem?

Die aanstelling van mense bloot op grond van rasseteikens, lê aan die wortel van die verswakking van die staat, tot op die punt waar daar nie meer doeltreffende dienste aan die burgery gelewer kan word nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

John ·

Ek verstaan nie Zuma se redenasie nie ( ek twyfel of enigiemand dit verstaan ) Hy en ANC blameer die wittes wat die geld monopolie voordeel het ( uitgesluit sy Gupta vriende ) Hy bevorder regstellende aksie , maar uit dieselfde mond verklaar hy dat die Privaat sektor ( wittes) werk moet skep vir die agtergeblewe minderbevooregtes. Dan bevorder hy grondhervorming en grondgrype. Nou wie dink hy gaan in hierdie land belê ? ( privaat sektor)

Jean ·

Puik gestel Mnr Buys. Wat ek nog altyd sê is hoekom moet die witte AFGETREK en vernietig word sodat die swarte opgehef kan word? Hoekom skep die regering dan nie werk vir swartes nie, hoekom moet hulle wittes se werk/land/geleenthede alles afvat. Soos dit is, kry baie min blanke kinders keuring/beurse/werk agv BEE/kwotase en ander bemagtigingskemas. Die wittes stoei maar hulle kinders deur universiteite sodat hulle die land kan verlaat, want almal sien tog hier is nie ‘n toekoms vir jou kind in SA sonder rasse-diskriminasie nie. Wat my net baie bekommer is hoe minderhede en meerderhede vergelyk word in SA en hoe die ANC sy mense probeer gelukkig hou. Al vat die ANC al die land en huise en werk en alles wat aan wittes behoort, sit hy steeds met ‘n 40 miljoen ongelukkige swart mense wat hy nie kon ophef ten koste van wittes nie, want dan is al wat hulle kon vat weg. Het al die swartmense in Zimbabwe nou land vandat die handjievol wittes weggejaag is? Het almal van hulle werk? Ons weet die antwoord daarop. Die witte word nou as die vyand gesien omdat hulle op ‘n manier probeer oorleef, nou moet dit ook afgevat word en aan die meerderheid afgestaan word. Julle kan alles afvat by die wittes dan gaan daar steeds 40 miljoen swartes ongelukkig wees.

Basson ·

Vriende se seun (finale jaar B.Ing) word deur ‘n groot korporatiewe maatskappy genooi vir beursonderhoud, Met sy aankoms daar sien hy daar is vier beurse beskikbaar vir die spesifieke rigting, en hy is die enigste kandidaat teenwoordig. Hy word toe egter meegedeel dat geen witte sal suksesvol wees en dat hy kan maar gaan want dit gaan nie help hy sit deur die onderhoud.

Niks ·

Ja toemaar ek ken die pyn, met 9 onderskeidings het GEEN mynmaatskappy of enige ander bekende instansie of eers ‘n weldoener my kind ‘n beurs gegee nie. Hy was ook by een onderhoud, die mense het hom ‘n tweede keer laat uitkom en sy tyd gemors, net om ook te hoor dat daar net soveel vir meganies en soveel vir chemies gekies mag word. Hy het eendag vir my gevra, wat kan ek nog doen om ‘n beurs te kry, ek het hard gewerk, ek het al my keurings deurgekom, ek sit steeds sonder ‘n beurs. Gelukkig het sy onderskeidings vir ‘n goeie afslag in sy eerste jaar gesorg en eers van sy tweede jaar af het ‘n mynmaatskappy hom ‘n beurs aangebied toe hulle ma sy uitslae kyk. Seker nadat al die wonderlike ander studente na hulle eerste jaar REEDS uitgeval het. Wel dit is vreeslik om jou kind gedemotiveerd te sien, dit is vreeslik om vir jou kind te verduidelik jy is nie goed genoeg agv jou velkleur nie .. vreemd hoe apartheid so erg was toe dit op swartes toegepas is maar nie nou dat dit op wittes toegepas word nie. Die ERGSTE is dat dit oop en bloot gedoen word en in jou gesig vir jou gesê word. My kind het gekwalifiseer en behoort binne ‘n jaar van nou af die land te verlaat, dankie vir NIKS SA.

Oot Kemmer ·

Ek ondersoek tans ‘n goeie idee vir ‘n besigheidsgeleentheid maar ontdek dit moet 51% swart aandeelhouding he^ voor regering dit sal toelaat. Hoe nou gemaak? Baie min rolspelers betree hierdie mark. Waar kry ek nou skielik 51% swart aandeelhoeurs wat dieselfde visie, passie en ywer sal deel om so besigheid te begin en daarvan ‘n sukses te maak?

Kosie ·

Vat jou idees oorsee, moenie hierdie spul verder voed nie. Een van die dae gaan jou 51% 98% word, en hulle gaan jou uit jou eie company uitwerk. Los maar jou puik idees vir ‘n ander land en vir mense wat wil werk en saam met jou kan vooruit gaan. Net soos jy goed aan die gang is gaan hulle van jou ontslae raak. Moenie jou PERELS voor die SWYNE werp nie.

Willi ·

Dit verbaas niemand meer in hierdie land dat hierdie swart regering en al sy trawante net ingesteld is om van die blankes ontslae te raak en ook om hulle uit die werkplek te hou, asook om die land van alle hulp bronne en geld te plunder nie.

Ek was nou twee jaar in die buiteland, is amper 65 jaar oud en het nou weer bo verwagting ‘n aanstelling ontvang om daar my brood en botter te gaan verdien, met ‘n twee jaar oop kontrak (hernubaar), medies, verblyf, werkkaart en twee jaar visum (hernubaar) sodat ek myself daar kan gaan handhaaf en my brood verdien.
Ek gaan ook natuurlik my 44 jaar kennis en ondervinding oordra aan ander (wit mense) want hiedie regering misken die witmense in hierdie land en hulle het my dus nie nodig nie.
Dit verbaas mens dat hulle gereeld ‘n beroep doen op SA’ners om terug te keer, maar dit is seker net ‘n rookskerm en vir swartes bedoel, omdat GEEN wittes hier welkom is nie, ook nie in die werkplek nie. Daar is derduisende sulkes in hierdie land (oud en jonk) wat honderde CV’s uitstuur vir werk wat eenvoudig net vir swartes gereserveer is. Hoekom die tyd en energie mors vir werk wat nooit sal bestaan vir jou as witmens nie.

Uitkoms ·

Willi, dit is wonderlik dat jy op jou ouderdom nog in die buiteland kan werk.. is daar in jou vaardigheidsveld beskikbare geleenthede vir ander (bo 50) wat ook hierdie opsies ondersoek?

david ras ·

Goeie artikel Flip.
As jy kan, kry die redaksionele kommentaar van Dr. Izak de Viliiers in Rapport van 3 Julie 1994 onder die opskrif “Gaan regstellende aksie regstel?” en lees dit.
Daarin maak dr. De Villiers stellings en voorspellings oor hierdie onderwerp wat net so gerealiseer het, en baie nou skakel met jy sienswyse in jou artikel.
Dr De Villiers maak die baie interessante aanmerking–“dat regstellende aksie NIE deur die Amerikaners uitgevind is nie, maar dit slegs PROBEER vervolmaak het.
Wie dit uitgevind het , meen ek weet jy net so goed soos ek.

As jy in die daaropvolgende Sondag se Rapport soek sal jy my reaksie op dr.De Villiers se rubriek vind, waarin ek dit stel dat die MEGANIKA van regstellende aksie onvermydelik tot minderheids onderdrukking sal lei.

Wat dr De Villiers destyds oor gewaarsku, beleef ons elke dag.
Wat gaan ons daaromtrent doen…..?

Verwonderd ·

Suid Afrika speel soos ‘n stadige dokumentêre film, van al die ander Afrika Lande na “bevryding” af. Hoe tragies… Sulke selfsugtige leiers. Komunisme is soos longkanker, meng dit met radikale liberalisme en dit is soos om te rook ook, daarby. Toksies…

Jakobus ·

En hier is baie ander van ons wie se menswees dinges is ….

TTh ·

Dit kom te laat, ek het al soveel finansiele skade gely agv die feit dat ek blank, afrikaans en bo 50 is, tans is ek weer sonder werk en staar my vas in BEE, AA, EE, preference to previously lazy good for nothing people en so voorts, grade, sertifiserings, ondervinding plaaslik en internasionaal beteken NIKS – dit is te danke aan Zuma-ville en sy rampokker wette en sy nuttelose ondersteuners daaragter.

John ·

Die kamma reg stel van ‘n fiktiewe probleem hou direk verband met met ‘n bevolkingsontploffing in SA en die groot verwagtige wat die staat geskep het in die proses. ‘n Klein groepie mense se eiendom moet nou gevat en uitgedeel word aan die gierige opgesweepte en afwagtende massas. En nou moet ‘n mooi aanvaarbare woord gevind word vir die skelmstreek. Ongelukkig hou gierigheid nie daarvan om ‘n stang te dra nie. Niemand gaan die vraat se honger kan stil nie. Rubberkoeels breek ook nie sy spoed nie…

Ou Bosvark ·

Sekere groepe in Suid-Afrika ly aan ernstige minderwaardigheidskomplekse en ander groepe aan meerderwaardigheidskomplekse.
Ander groepe het politieke netwerke ter selfverryking tot nadeel van die werkloses en armes en massas.
En andere stroom die land binne om die leiersvakuum en gebrek aan proses, projek- en tenderbestuur uit te buit. Wie wil in so ‘n land belê?

Johan. H. ·

Stem saam PUIK ARTIKKEL, En stem saam met Basson en Kosie. Mense, Mense, Haal die skille van jul oe af,,,Sodra die regering die dag gaan agterkom dat hy kan aangaan sonder wit mense se kennis en vaardighede, Daaie dag gaan die groot hel losbrand… BBBEEE was en is die grootste gemors waarvan ek al gehoor en tedoen gehad het, Skep vir jou eie mense (WIT) Geleendhede , bele in hulle. maak hulle slim, Pasop vir die slang.Daar is maniere om sonder Bee klaar te kom. Ek doen dit!!!

Lewies ·

Ek wonder of werksetiek ooit deel sal word van die in beheer. Dit bepaal tog die volhoubaarheid van enige suksesgverhaal. Nie te praat van integriteit nie.

Frederika ·

Plaas beveiligings eenhede – Het nuus vir Afri Forum. Om plaasaanvalle en plaasmoorde as projoriteitsmidaad te klasifiseer en te erken beteken niks. Dis op n stuk papier en die werklikheid dat SAPS niks in plek het of doen op stasievlak iets daaromtrent. Plaasbewoners is aan genade oorgelaat!

Daan ·

Soros het die ANC finansieel gesteun in hulle stryd. Enige organisaise het geld nodig. My vraag is, wat kan n mens van bo af doen om n verskil te maak , en nie o grass root level te baklei nie. ISSIS was finansieel gesteun deur faksies in die CIA, so as jy die geld kraan toedraai van bo af sal dinge verander. So wat kan gedoen word van n hoer vlak van bo af ?

Hendrik ·

Regstellende aksie is lankal nie meer wat dit bedoel was om te wees nie, dit is ‘n politieke speelbal wat gebruik word om die ANC aan bewind te hou. Elke moontlike geleentheid word gebruik om ‘wit’ voordele uit te wys sodat dit ‘vrees’ (en waarskynlik haat ook – as mens kyk na die aanvalle teen wit mense) tussen die anderskleurige bevolking kan veroorsaak wat weer sal verseker dat hulle nie vir ander partye sal stem nie. Elke keer as daar iets oor die korrupsie in die regering geopper word, word daar weer ‘n toespraak deur een of ander ANC lid gedoen wat die ‘wit’ bevoordeling uitlig. Ek hoop dat iemand ‘n teen argument kan bring wat deur die vertraptes ook verstaan sal word anders gaan dit nie verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.