Renate: ‘Baie meer op die spel as een wit vrou’

Lt.kol. Renate Barnard. Foto: Reint Dykema

Nadat ek deur Maroela Media genader is om my ervaring weer te gee ten opsigte van litigasie teen jou werkgewer, het ek lank gesit en dink wat om te sê.

Ek het grootgeword in ‘n omgewing waar dissipline en respek vir gesag aan die orde van die dag was. Ek het my polisieloopbaan begin in die voormalige Suid-Afrikaanse Polisie (SAP), wat ‘n streng, militêre instelling was waar jy opdragte en reëls nagekom en nooit bevraagteken het nie. Dit was vir my ‘n geweldige tweestryd om tot die besluit te kom om wel ‘n grief teen my werkgewer, die Suid- Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in te stel as gevolg van ‘n onbillike arbeidspraktyk.

Die pad van litigasie is lank, moeilik en baie emosioneel. Een oomblik vrees, dan woede, hoop, vreugde, wanhoop – letterlik ‘n mallemeule van wisselende emosies. En dan nog die nimmereindigende politieke konnotasie: regstellende aksie!

Soos ek dit baie duidelik in my getuienis in die Arbeidshof gestel het – ek is nie teen regstellende aksie as sulks gekant nie. Daar was in die verlede teen sekere mense gediskrimineer, maar die wyse waarop regstellende aksie tans toegepas word, is net so ‘n groot vergryp aan menseregte as in die vorige bedeling en dit druis lynreg in teen die gees van die Grondwet (die hoogste gesag in ons land).

Ras is weereens die grootste faktor om te bepaal wie is geskik vir ‘n pos en wie nie. Kundigheid, ervaring, passie en kwalifikasies is totaal ondergeskik aan rasseklassifikasie – “two wrongs can NEVER make a right”. Die grootste ironie verbonde aan die huidige toepassing van regstellende aksie is die feit dat talle kundige, passievolle swart mense ook telkemale oor die hoof gesien word ter wille van “kader-ontplooiing”. Daar is dus nie werklik sprake van REGstellende aksie nie!

Die kritiek van talle (wit) mense is ook volop. Soos die een dame wat kla omdat Solidariteit en die SAPD die belastingbetalers van Suid Afrika se geld mors om te litigeer vir een vrou se onthalwe. Mens kan maar net kopskud vir diegene se onkunde. Die groter prentjie is van groter belang. Nooit in my wildste drome het ek ooit gedink dat my “grief” teen die SAPD as gevolg van rassediskriminasie tot in die hoogste hof in die land sou vorder nie. Die dag toe ek aan die sy van my toegewyde regspan van Solidariteit in die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein instap, was ek baie bang en geïntimideerd deur die hofgebou en die voorsittende regters. Dit is nie verniet die Hoogste Hof van Appèl in die land nie.

Groot was my vreugde toe al vyf (anderskleurige) regters eenparig in ons guns beslis met ‘n ongelooflike uitspraak wat die spyker op die kop slaan, wat nie doekies omdraai of politieke gunswerwing doen nie en wetlik van toepassing op die feite van die saak. Die verbasing en skok toe ek hoor die SAPD wil appelleer teen dié uitspraak het my sprakeloos gehad.

En nou is ons saak op pad na die hoogste hof in die land: die Grondwetlike Hof. My grootste begeerte is dat reg en geregtigheid sal plaasvind en dat die uitspraak wetlik en nie politiek van aard sal wees nie.

Ek besef daar is soveel meer op die spel as een gewone wit vrou se stryd teen onregmatige diskriminasie – ‘n hele volk se toekomsverwagtinge, ons eie en ons kinders se drome vir ‘n sinvolle toekoms hier aan die suidpunt van Afrika word in die weegskaal geplaas in afwagting van die Grondwetlike Hof se uitspraak. Die gedagte maak my bang en laat my ongelooflik klein voel.

Anders as wat sommige mense dink, is ek nie ‘n vuurvreter en arrogante wit vrou wat opstaan vir haar regte nie. Ek is ‘n normale mens, met vrese en hoop en drome en ‘n passie om te doen wat ek weet my Skepper my voor bestem het: Om ‘n verskil in stukkende mense se lewens te probeer maak. En as dit dan nodig is om my werkgewer hof toe te vat ten einde my in staat te stel om ‘n impak te maak, dan weet ek die Here sal ook die toerusting en uitkoms gee.

Ek het die hoogste dank en waardering vir my vakbond, Solidariteit. Voorwaar ‘n unie wat die daad by die woord voeg en bereid is om op te staan teen onbillike praktyke in die werkplek. Vir mense wat hierdie saak ondersteun en vir ons bid: Uit my hart uit BAIE dankie want julle gebede en ondersteuning beteken onbeskryflik baie.

Vir die kritici: Daar is ‘n spreekwoord wat lui dat “for evil to prevail, good people have to do one thing and that is nothing!”

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Renate Barnard

Renate Barnard het vroeër vanjaar uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bedank en werk nou in die private sektor. Barnard het ‘n bekende gesig geword nadat sy en die vakbond Solidariteit die polisie hof toe gesleep het oor sy weiering om haar te bevorder weens haar velkleur.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

R Ferreira ·

Ek was op skool uitgeskuif en uitgelag deur dieselfde persoon wat nou die SAPD hof toe geneem het oor onbillike arbeidspraktyke omdat ek nog ALTYD geglo het mens mag nie diskrimineer teen mense net oor ras, godsdiens ens nie. Ek is dankbaar dat Solidariteit vir ons baklei EN wen maar, “what went around came around, Renate”

johan ·

Puik berig Renate! Dis n lang pad wat jy met eer en waardigheid gestap het, jou positiewe gesindheid ook teenoor jou werkgewer en die passie waarmee jy jou werk verrig is prysenswaardig! Ons gebede is dat geregtigheid sal geskied ek weet ons Hemelse Vader weet wat Hy doen! Ek spreekJeremia 29;11 oor jou en oor Solidariteit! Baie sterkte!

Nicoline De Beer ·

Riana, ekskuus, maar waar kom jy nou vandaan? Wat het jou skooldae te doen met Renate? En hoe het sy jou uitgeskuif en uitgelag? Ag nee man, word groot! Liewe land wat het dit nou eintlik met die saak van Solidariteit te doen? As jy ‘n probleem met haar het, inbox haar en sorteer dit op ‘n volwasse manier uit, om nou dekades gelede se probleem aan die groot klok te hang het niks met hierdie saak te doen nie!!

Nicoline De Beer ·

Riana, ek kan nie verstaan waarom jy hierdie vieslike persoonlike opmerkings maak en waaroor dit gaan nie. As dit gaan oor iets wat tussen julle op skool gebeur het, is dit mos nou belaglik om dekades terug se gebeure op te haal en hoekom dit nou op ‘n openbare blad doen? Daar is ander maniere om hierdie goed te hanteer. En pas op, dit wat jy ander toewens, kan net omdraai en jou benadeel.

Frans Dav ·

Hi Ferreira

Ek glo nie hierdie forum is vir klein persoonlike vetes nie. Voel jy nou goed, het jy jou se gese? Hoop so, want die saak is baie groter as jou onderonsie in die verlede. Dankie Renate Barnard dat jy hulle (dit is nou hierdie onwettige regering van ons) ‘n bietjie gas gee mag daar meer van ons wees wat dit doen. Alle beste vir jou vir die toekoms.

R Ferreira ·

Ek was op skool uitgeskuif en uitgelag deur dieselfde persoon wat nou die SAPD hof toe geneem het oor onbillike arbeidspraktyke omdat ek nog ALTYD geglo het mens mag nie diskrimineer teen mense net oor ras, godsdiens ens nie. Ek is dankbaar dat Solidariteit vir ons baklei EN wen maar, “what went around came around, Renate”

Nicoline De Beer ·

Riana, ekskuus, maar waar kom jy nou vandaan? Wat het jou skooldae te doen met Renate? En hoe het sy jou uitgeskuif en uitgelag? Ag nee man, word groot! Liewe land wat het dit nou eintlik met die saak van Solidariteit te doen? As jy ‘n probleem met haar het, inbox haar en sorteer dit op ‘n volwasse manier uit, om nou dekades gelede se probleem aan die groot klok te hang het niks met hierdie saak te doen nie!!

Nicoline De Beer ·

Riana, ek kan nie verstaan waarom jy hierdie vieslike persoonlike opmerkings maak en waaroor dit gaan nie. As dit gaan oor iets wat tussen julle op skool gebeur het, is dit mos nou belaglik om dekades terug se gebeure op te haal en hoekom dit nou op ‘n openbare blad doen? Daar is ander maniere om hierdie goed te hanteer. En pas op, dit wat jy ander toewens, kan net omdraai en jou benadeel.

Frans Dav ·

Hi Ferreira

Ek glo nie hierdie forum is vir klein persoonlike vetes nie. Voel jy nou goed, het jy jou se gese? Hoop so, want die saak is baie groter as jou onderonsie in die verlede. Dankie Renate Barnard dat jy hulle (dit is nou hierdie onwettige regering van ons) ‘n bietjie gas gee mag daar meer van ons wees wat dit doen. Alle beste vir jou vir die toekoms.

Ina Bentley ·

Ja dis nou hoekom wit nie kan saamstaan nie, gooi hulle speelgoed in die openbaar uit. Nee man ons almal verander met tyd en in skool is dit anders as in die groot mens wereld, jong! Ek wil net se sterkte Renate die Vader maak deure oop vi sy kinders Hy is ‘n regte “gentleman”.

Danie ·

Ek het gedink al die beste polisie in SA sit oorsee , waar hulle gereeld vereer word , van hulle met beste polisie in hul nuwe land, terwyl hulle eintlike bydrae hier in SA kon wees, gelukkig is daar nog een of hopelik nog ‘n paar meer toegewyde polisie oor in ons land. Om iemand ‘n pos te gee , waarvoor hulle nie gewalifiseer of ervare genoeg is nie, is om die grond vliegtuig ranggeerder die loots te maak , ja dit bevoordeel een persoon , maar dit benadeel die persoon en alle ander op die vliegtuig , as die vliegtuig val en almal is dood. Waar kon ons land nie nou gewees het as alle Dr , Ing, onderwysers en ander gekwalifiseerdes nie in ons land gebly het om hulle bydrae te lewer nie.

Slim Daan ·

Ja Daneman.
Tydens die Oscar verhoor het dit aan die lig gekom dat n blanke adjudant offisier n anderskleurige kolonel aangespreek met n versoek het om die toneel van misdaad te verlaat !! Genoemde kolonel het bloot boude kom swaai en die toneel gekontamineer toe hy vuurwapens betrokke, sonder die nodige voorsorg hanteer het.
Ja…..insgelyks verdwyn n paar polshorlosies toe boonop op die koop-toe. Uhmmmmmmm………….ek meen, wat was die doel van die besoek nou eintlik….wil mens amper vra ??

Slim Daan ·

Danie – inderdaad my 3de probeerslag. Op die moordtoneel van die Oscar sage het n blanke adj off n anderskleurige kolonel vd misdaadtoneel weggejaag. Lsg het duidelik net kom boude swaai en die toneel gekontamineer. Oor hoe die polshorlosies voete gekry het, wil ek my skrywe beperk. Netnou gee ek die moderators weer werk. Maar n halwe begrip het,,,,,,,,,se die spreekwoord.
PS.
In wese wil ek se ons sit met n spul “useless” suurstofdiewe in die topstruktuur vd SAPD.

Shannon ·

“Waar kon ons land nie nou gewees het as alle .. gekwalifiseerdes nie in ons land gebly het om hulle bydrae te lewer nie.”

Dis `n redelike maklike vraag om te antwoord :
(Die land sou wees) Op presies die selle plek as nou. `n Mier kan nie `n olifant wurg nie.

Die punt is, baie van die gekwalifiseerdes is gekwallie juis omdat hulle kon sien die skrif is aan die muur en omdat hulle nie hulle kjenners se toekoms wou bevark deur ander volwassenes se dwaasheid nie.

“bydrae lewer ?!”
Tsssja ! Goeiste ! Is dit nou `n kiboets stelsel ? Klink vir my so half sosialisties. Wat het daai ster oog knapie president van die VSA nou weer gesê .. ? “Don’t ask what your country can do for you. Instead, ask ‘How soon can your country do it for you’ ”

en toe pak hulle.

James Honeyball ·

Renate Barnard you are really a shining star! Me myself and all the others feeling, thinking and talking the same lingo by means of what is right and wrong, wish you all the success that is possible!! Hope you got the moral and financial support available for what you initiated. What if you asked for assistance from Afriforum as well?? Pardon me if you already linked to them. If this effort in maintaining free and fair justice are been shot down by the judicial system of S.A. Then may GOD help all law abiding citizens because all human and constitutional rights is over ruled by people who deliberately wipe aside justice in favor of their own diabolic agendas.

Ai mnr die Woordkastyder,
My repliek op Danie se skrywe feitlik en korrek. Waarom vrees om altyd polities korrek te wil wees as die feite op die waarheid dui?? Tsk tsk. Se veel vir Vryheid van spraak ??!

Helsim !!
Twee plasings kuberruim toe! ? Mnr die Moderator : – Die uwe is bewus van n griepkoors in die Kaap. Waaraan ly jul tans? Uitwissingskoors???

Shannon ·

Jy kan die warm asem in jou nêk voel … die oë loer oor jou skouer .. sy adminstratoriale index finger mik vir die “ENTER” knoppie … en Click !
DELETE
FROM
MemberComments
WHERE
MemberName=”Slim Daan”

GO

UPDATE
MemberDetail
SET
MemberStatus=”Unhappy”,
MemberMeritPoints=0,
MemberFeedback=”Ya bin zapped ! Whêêê !!”
WHERE
MemberName=”Slim Daan”

Slim Daan ·

Kom vir my meer oor as n pastorale stinkvinger as enigiets anders.
PS.
Het jy toevallig die handleiding vir die lot se optrede geskryf ? Slim kind jy. Maak nou vir my plan daai kant ? Ek duik golfballe uit vir n lewe. Inteendeel – word geag as n senior bal-uitduiker. Vertoon heel indrukwekkend op my CV. Dki.
PSS.
Duidelik het my land my nie nodig nie. Eweneens is my taalgenote ook minder begerig om te boekstaaf dit wat ek op forums kwytraak. Net een oplossing : – Kanadese balle. Daaais wat ek soek. ( Wat my laat dink. Is daar golfbane in Kanada…..of vang die manne heeldag vis ? )

Leana ·

Natuurlik kan jou taalgenote bevestig dat jy ‘n damduiker, tsk, ekskuus, golfbalduiker van formaat is Slim Daan. Sal jou graag die posisie van Hoof-damduiker in ons omgewing wil aanbied. Jou cv lyk inderdaad indrukwekkend. Net 7 balle misgeduik.

Leana ·

Natuurlik kan jou land/taalgenote bevestig dat jy ‘n damduiker, ek meen, balduiker van formaat is Slim Daan. Het self jou cv gesien..Inderdaad indrukwekkend so met koffiekolle onder andere daarop. Wou jou as Hoof-Balduiker in ons gemeenskap aan stel. Is nou nie meer so seker. Sien toe netnou so tussen die koffiekolle op jou cv jy het in total 7 balle gemis. Nie goed genoeg vir ons nie. Weet nie of Kanada jou iets beters kan offer nie. :-)
Shannon kan jy dalk bietjie help asb ??

Shannon ·

Leana ek moet so effe katvoet loop … sien ek veroorsaak borrels in bloed en reeds twee dwepers het hul self van woede te pletter gehardloop in hul monitors toe hul my gloeiende kettery moes aanskou hier op Roela media. Ek het tans die bordjie om my nek. Ek het nog so twee dae oor innie hoek.

Slim Daan (ek benadruk ‘Slim’) ek voel opreg dat, indien jy wel volstoom wil vort na Kanada of Oz, jy jou sosiale plasing sal moet aanpas. Nie almal kan bal duikers wees. In Steveston Harbour, as jy bereid is, kan jy tot $15K verdien as visserman (bemanning) in die piek seisoen. Ek praat onder korreksie maar ek dink na een jaar is jy ge”naturalised” dan kan jy aan bly. Na nog twee jaar skuif jy af Florida toe (oor die VSA / Canada ooreenkoms) en werk as manlike metgesel vir nog twee jaar.
In Wes Australië se Fimiston myn het ek 6 maande terug `n 56 jarige man geplaas as diesel werktuig kundige (hy het skool verlaat voor std 8). Raai wat verdien die oom nou ? As hy SA besoek dan koop hy die barrel, vir hom self, nie die value meal nie.

Is jou eggenoot `n mediese gekwalifiseerde ? Onderwyser ? Vir al twee is daar `n wêreld wye tekort.

Slim Daan ·

Is n afgetrede oogkundige. ( 20-jaar al ) Daai ding vd Filistynse myn geval my. Kan my CV so bietjie aanpas. ( en lie oor my sig ? )
My laaste standplaas was hoeka op Kleinzee. Daar’t hulle my weggeja nadat hul moes agterkom die kontaklense wat ek so moeiteloos deur sekuriteitsklaring karwei, wel vlgs voorskrif geslyp was – maar ongelukkig aan Anglo behoort het. ( Was die begin vd bal-duikery met die misdaad-ding om my nek. )
Oz behoort dus geen probleem te wees nie….of hoe? Hul stamvaders was immers almal uitgeworpe oud-kriminele, dan nie ?
Als in ag genome dink ek ek’s uitgeknip vir die joppie. Met die dat ek sonder duikbrille duik ( en my sig derhalwe verder daaronder ly ) – moet ons vinnig n “move” maak ou kinta. Waarheen telegrafeer ek my bewese CV ?
PS.
Stel nie belang in “barrels” koop nie. Was getroud met een en n grotendeelse bydrae in my ” sudden and quick demise “. ( Voorliefde vir diamant halsnoere waarmee Oppenheimer nie gediend was nie. )
Hoor graag van u.

Met kinderlike afwagting.
Superslim Daan. ( bedoel nou IK-gewys )
PPS.
Sien my skrywe word gemodureer. Soveel hoop gehad…..helaas.

Slim Daan ·

SHHHAAANNON !!!
Die administratoriale vinger is aan’t werk. Het probeer n nuwe toekoms oopkloof. Dink hul sal dit met opset n “mis” gee.
Te veel slim Janne het al die land verlaat. Doen seker ook maar in die opsig hul plig in landsbelang vir Volk en Vaderland !?

Slim Daan ·

Ai ! diensdoenende jongeheer / dame in die uitveerfabriek.
Gehoop ek kon n skalkse glimlag op u bakkies bring 02h15 in die oggend. Duidelik vind u my lewensverhaaltjie allermins komies. Sug. Nou ja. So kom ons om……. so kom ons om !?

craig ·

Ek dag die artikel gaan oor Renate wat vir ons almal n voorbeeld is en nie net vir haarself maar vir alle blankes veg nie.

Nou sien ek dit is eerder n persoonlike aanval van die en daai. Jong jul is soos ongemanierde klein kinders, ‘grow up’

Mooi so Renate.. HOU MOED ! EN DANKIE !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.