SA elite slaap deur reënboogrewolusie

flip-buys-2017-11-02

Flip Buys is die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: René Roux.

“Wittebrood eindig onverwags in egskeiding”. Só kon ’n koerantopskrif lees wat baie wit mense se gevoel oor president Cyril Ramaphosa beskryf. Alles het so goed begin. Sy verkiesing en staatsrede het weer hoop geskep ná soveel jare van skandalige wanbestuur en straffelose korrupsie. Hy was die ridder wat die draak se kop afgekap het en prinses SA sou red. Maar net ’n week later stem hy saam met die EFF oor onteiening sonder vergoeding. Dit is ondenkbaar: was Ridder Ramaphosa toe eintlik net nóg ’n vermomde rower?

Daar is sekerlik geen ander beleidskuif wat sedert 1994 soveel woede, ontsteltenis of wanhoop by soveel wit mense uitgelok het nie. Die vraag is, hoekom? Minder as 1% van wit mense het immers plase wat hulle kan verloor. Het hierdie stap van die ANC en EFF ’n sluimerende vrees by wit mense wakker gemaak dat Suid-Afrika in net nóg ’n Afrika-mislukking gaan ontaard?

Onteiening sonder vergoeding

Baie wit mense se heftige reaksie spruit uit ’n bittere teleurstelling met die uitkomste van die 1994 ooreenkoms. Hulle het die 1994-oorgang gesien as ’n skikking vir ’n demokratiese regstaat. Die land sou nou “behoort aan almal wat daarin bly”, soos die Freedom Charter en die Grondwet blinkoog belowe het. Meerderheidsregering is verruil vir minderheidsbeskerming, en niemand sou ooit weer verdruk word nie. Daar is ruim vir regstelling en verandering begroot, maar die rewolusie is verruil vir demokrasie. Afrikaners sou beheer aan alle Suid-Afrikaners afstaan, maar hulle sou nie self uitgewerk word nie.

Die radikale transformasie van die samelewing het Afrikaners egter op talle gebiede só onteien dat baie soos vreemdelinge in hul eie land voel. Besluitneming oor grondliggende belange is onteien, en Afrikaners is soos politieke minderjariges behandel wat nie eens meer besluite oor hul eie taal kon neem nie. Baie voel asof hul werk, dorpe, universiteite, skole, taal, tuisvoelruimtes, instellings, geskiedenis, belastinggeld, erfenisse en lewenswyse sonder vergoeding onteien is. Talle het begin voel dat hulle nie meer die mede-eienaars van die land is waarin hulle woon nie, en het so vervreemd geraak dat hulle die Groot Trek na ’n ander land aangepak het.

Rewolusie voortsit

Die grootste rede waarom die onteieningsvraagstuk egter so ʼn waterskeiding is, is dat wit mense besef dat die ANC nié sy rewolusie vir demokrasie in 1994 laat vaar het soos belowe is nie; dit is bloot met staatsmag voortgesit.

Die kern van die regerende magselite se vertolking van die Grondwet is dat dit die “radikale transformasie” van die totale samelewing gebied om die ongelykhede “gelyk” te maak. Hierdie oortuiging word deur die wetgewende, uitvoerende én regterlike gesag gedeel. Dit behels die “tweede radikale fase van die nasionaal demokratiese rewolusie” (NDR) met staatsmag. Rewolusie bly rewolusie, ongeag of dit met wapens of wette is.

Legkaart

Die spoed van die ANC se rewolusionêre agenda is deur die verskuiwende magsbalans bepaal. Hulle het ná bewindsoorname eers met klein stappies begin, wat elkeen op sy eie te klein was om breë weerstand uit te lok. Maar nou begin die afsonderlike legkaartstukkies ’n duidelike prentjie maak. Op sy eie het elke stukkie onskuldig gelyk, maar gesamentlik vorm hulle ʼn prentjie van radikale omskepping volgens die NDR-bloudruk.

Natuurlik moes swart mense se politieke en ekonomiese posisie verbeter word. Die koek is egter met staatsmag herverdeel, in plaas daarvan om ’n groter koek te bak. Die legkaartstukkies is die vestiging van staatsmag oor elke aspek van die samelewing: die rasgedrewe omskepping van die staatsdiens en openbare ondernemings; ’n welsynstelsel; rassekwotas in die privaat sektor; BEE-wetgewing wat in die praktyk eerder GEE of selfs VAT word; die oorvat van universiteite, kolleges en talle skole; minimum lone; ’n nasionale gesondheidsorgstelsel; gratis hoër onderwys; die “ontneming” van boere se minerale- en waterregte; die koöptering van instellings soos die SABC; transformasie van die howe; en nou die beplande konfiskering van eiendom.

Die ANC beskryf wit mense as “spesiale soort kolonialiste” wie se welvaart radikaal herverdeel (lees: “afgevat”) moet word omdat dit deur uitbuiting en die onregmatige opbrengs van kolonialisme en apartheid bekom is.

Staatskaping

Staatskaping is ANC-beleid, en die kaping van onafhanklike instellings was nog altyd deel van hul NDR-planne. Die stryd tussen die Ramaphosa- en Zuma-faksies omdat mnr. Zuma die staat vir sy eie doeleindes gekaap het. Die party het reeds in 1997 besluit dat hulle alle magsentrums moet beheer, dat lojale kaders in magsposisies ontplooi moet word, dat Afrikane moet domineer, dat grondwetlike gelykheid verander moet word na “verteenwoordigendheid”, dat alle instellings die bevolking moet weerspieël, dat die party se doel steeds die “politieke en ekonomiese bevryding van Afrikane in die besonder en swart mense in die algemeen is”, en dat hul idees die heersende idees van die land moet word.

Hierin het hulle meesterlik geslaag, omdat hul nasionalistiese rassebeleid – gemasker as “regstelling” – deur die media, sakewêreld, die akademie, buiteland, kerke, die elite, en selfs die meeste opposisiepartye ondersteun word. Die omvang en eindpunt van “radikale transformasie” word totaal onderskat. Die elite slaap nie net deur hierdie aanslag op vryheid nie; hulle help doelgerig om dit onder die vaandel van ’n reënboogrewolusie uit te voer. Die totalitêre onderbou word misgekyk.

Konfiskering

Die ANC se sosialisme is in wese deel van die linkse stryd om gelyke uitkomste ten koste van vryheid van indiwidue, die privaat sektor, staats- en onafhanklike instellings, die media, kultuurgemeenskappe en die burgerlike samelewing. Dis tyd dat almal besef dat almal se vryheid in gedrang is:

Hulle het eers vir die boere gekom, maar ek het nie omgegee nie, want ek is nie ʼn boer nie. Toe het hulle vir wit en bruin mense se werk gekom, maar ek het nie omgegee nie, want my werk was nog veilig. Toe het hulle vir die besighede gekom, maar ek het nie omgegee nie, want myne was nie geraak nie. Toe het hulle vir Afrikaners se grondwetlike menseregte gekom, maar ek het nie beswaar gehad nie, want dis nie vir my belangrik nie. Toe het hulle vir die Afrikaanse universiteite gekom, maar ek het nie beswaar gehad nie, want ek het Engels verkies. Toe het hulle vir eiendomsreg gekom, maar ek nie beswaar gehad nie, want dit sou nie my eiendom raak nie. Uiteindelik het hulle vir die regbank, die media, en die burgerlike samelewing gekom, maar ek het steeds gegaap of geslaap. Toe kom hulle vir my, maar daar was niemand oor om my te help nie.

Daar is net een oplossing, en dit is dat alle voorstanders van vryheid moet saamstaan om mekaar se vryheid te verdedig.

Die geskiedenis het immers bewys dat daar slegs twee keuses is, en dit is tussen vrye samelewings waar niemand gelyk is nie, en gelyke samelewings waar niemand vry is nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Jerry ·

“Toe kom hulle vir my, maar daar was niemand oor om my te help nie”. Dit is waar jy reeds is Flip, jy besef dit nog net nie! En onthou, die kaptein van die sinkende skip en sy gesin verlaat heel laaste die skip!

Aan Jerry! ·

En die hele skip genaamd Suid Afrika sal sink Jerry…waar bevind jy jouself ou maat?

Karel ·

Jerry, die laaste aanhaling Klink vir my meer dat jy daarin pas. Hy en die res van ons Wat bydrae Om vir ons ‘n toekoms Te bou is nie alleen nie. Net jy is.

Willem ·

Jerry, daardie eerste twee sinne van jou laat die hare regop staan. Waarom sê jy dit vir Flip, wat is die boodskap wat jy vir hom gee, soos ook hier ‘n ent ondertoe?

Casper Labuschagne ·

Die Kübler-Ross model van aanvaarding na afsterwe:

* Ontkenning
* Woede
* Onderhandeling
* Neerslagtigheid
* Aanvaarding

Ek het vantevore al opgemerk dat dieselfde siklus van toepassing was by die instelling van buurtkrag asook toe Kroonstad se zerodag bereik was en die dorp se water opgedroog het. Alle aanduidings is dat ons ook nou in ‘n soortgelyke proses as die Kübler-Ross model ingegaan het wat onteiening betref. Tans is daar ‘n gees van ontkenning waar mense bloot voortgaan soos gewoonweg. Dus is dit korrek dat die elite slaap, maar die grondeienaars slaap net so lekker.

Gerhard ·

Die Afrikaner-model:

1. Onderhandeling
2. Ontkenning
3. Woede
4. Neerslagtigheid
5. Aanvaarding

Andreas Meyer ·

Die beoogde verandering van wette gaan nie slegs oor plase nie. Dit gaan oor enige soort van eiendom van enige persoon in Suid-Afrika, sonder vergoeding en dus sonder enige hindernis vir die staatsamptenaar wat dit uitspreek. Hierdie sal in totale tirannie ontaard mits dit geimplementeer word.

CG ·

Flip. Jy skryf niks wat ons nie al lankal weet nie. Die vraag is, wat gaan ons daaraan doen? A-la Solidariteit bou en bou en bou sodat daar nog meer is wat geplunder kan word? As dit werklik die enigste plan is Flip, sal ek liewer my gewig elders gaan ingooi.

Loeis ·

Ek verskil van jou, CG. Daar is baie mense wie hierdie nie weet nie, en eers sal begin wonder wat verkeerd gegaan het wanneer hulle begin honger lei. Dalk moet ons ook met massa optogte begin. Ons sal welliswaar nie bande brand nie, maar dit sal interessant wees as al die strate tot stilstand gebring word en die simbole van onderdrukking: EFF- en landsvlae, in vlamme opgaan.

Hannes ·

Ek stem honderd persent saam Andreas. As jy langs of naby n stad bly veral naby n plakkerskamp is die kanse baie groter dat jou eiendom, hetsy n plaas, hoewe of huis, onteien gaan word as iemand wat 50 km buite n dorp bly.

Eish ·

Die artikel sluit pragtig aan by diè van Org Potgieter wat feitelik die verval beskryf.
” Die voorstanders van vryheid moet saamstaan om mekaar se vryheid te verdedig”
Ek dink eerlikwaar dat ons verby die punt is waar sulke algemene stellings gemaak kan word sonder die substansie van n bewese plan, beleid of doel.
Saamstaan is moeilik daarsonder. Daar is reeds meer armblankes in die helhool as die ledetal van Solidariteit en Afriforum saam. So, diegene wat sneuwel in die kruisvuur se getalle raak wesenlik en dit bewys dat watookal die saamstaners doen, is in totaliteit onvoldoende.
Vryheid is n subjektiewe konsep wat bepaal word deur veral waardesisteme wat in die meerderheid blankes se geval, sy oorsprong vind in die Woord.
Vryheid vir die meerderheid, is die huidige situasie in vinnig vorentoe spoed. Waardesisteme hier is grootliks geskoei op invloede tydens die “strugglejare” en weerwraak.
Die redusering van blankes tot n niksseggende minderheid is n werklikheid wat behaal is.
Wat ons bring by die vraag wat bedoel u dat ons moet saamstaan om ons vryheid te beskerm?
Verseker ondersteun ons aksies soos die Denel dossier wat korrupsie uitwys. Dit gaan egter nie ons omstandighede verander nie, die tsunami is eenvoudig net te vernietigend. Die ” binne die wet” riglyn raak ook bitter dof synde wetgewing sodanig aangepas word dat dit teen Christelike norme indruis, soos grondgryp byvoorbeeld.
Al wat oorbly is n totale terugkeer tot die Woord en n leefwyse wat daarop geskoei is.

leser ·

“onteiening moet maar kom, ons gaan saam in dieselfde bed slaap, maar bewaar sy siel as hy nie stil lê nie”

leser ·

dan is daar nie 20 ander om as getuies te wees nie, die “lus” om die tou gaan gly sodra hy van die bed afval.
ek het nie verniet in die weermag groot geword en aan die ‘grens” diens gedoen nie, toe die weermag nog ‘n weermag was, deesdae is dit mos n kleuter skool, kom en gaan wanneer jy wil en jy kry nog geld ook daarvoor

Johann Smith ·

As ons hierdie blatante aansprake met gelatenheid wil aanvaar dan verdien oons wat ons kry. Ek het my militere opleoding gekry en het al deur die media die vermoë van die Afrika magte waar geneem. As ons enigsins nog die bloed van ons voorouers in ons are het sal ons nie net omval met pens na bowe nie. Ek is nie bereid om my nageslag zo in did steek te laat nie. O s land is met dure boerebloed betaal. Gooi jul maar die handdoek in. Ek glo daar is mog genoeg boere oor wat soos ek voel.

Jerry ·

Ek bly vyf Blokke van jou af Flip. Koop ook by dieselfde winkel.

Aan Jerry ·

Luister gerus na die onderhoud wat Gareth Cliff met Dirk Hermann gevoer het. Solidariteit is betrokke by talle swart gemeenskappe

Willem ·

Jerry, wat probeer jy hierdeur sê, dat jy van sy bewegings weet? Waarom sê jy dit? Wat is dit wat jy nie sê nie Jerry, maar tog is daarin ‘n bedekte boodskap aan Flip. Waarom is dit belangrik dat Flip hierdie wat jy sê weet?

Amelia ·

|Ek is n huis (huisie) eienaar. Ek het hard betaal vir dit en regtig dit is oud en lelik, maar dit is myne. Soms weet ek nie hoe om die dak op die mure te hou nie. Ek het nie n man wat kan help nie. En my huis sal seker die laaste beset word want dit is lelik en armoedig. Maar ek belowe vandag as iets gebeur en hul wil my huis vat, dan sal hul met as tevrede moet wees. Ek sal persoonlik die huis aan die brand steek. Gelukkig baie hout vloere wat die vernietigende brand sal aanhelp.

humor ·

Stem saam. sien jy weet waarvandaan jy kom. Ons kan nie die bloed wat op die altare twv. die volk gele is, minag nie. Die beangrikste fondamente wat nodig is, is n Godsbesef en n volksbesef en op die oomblik gaan dit uiters skraal daaraan toe.

HEVW ·

Die geskiedenis bevestig dit deur die eeue heen SA kan nie as n eenheidsstaat bestaan nie. Die diversiteit van volkere met uieenlopend kulture is eenvoudig onoorkombaar. Die huidige omstandighede roep dit luit van die dakke af. Die tyd is al verby ryp. Wanneer word die eerste tree geneem om daarvoor te beding. Die onderhandelingsproses moet eenvoedig aan die gang gesit word al weet ons dit sal dalk dekades neem. SAkan eenvoudig nie aangaan met hierdie toedrag van sake wat tot die voleinding sal duur nie. Die sg, reenboognasie is n liberale drog begrip tot vernietiging van die Afrikanervolk.

CG ·

HEVW. Dit wat jy skryf is so ooglopend dat ek stik van frustrasie dat Flip en Solidariteit dit nie kan of wil insien nie. Jy vra waneer word die eerste tree gegee? Ek is bevrees ons vra hierdie vraag op die verkeerde plek.

Sarel ·

So vining deur die kommentare gegaan elke person het sy mening en dit moet ons o aanvaar en respekteer. Nou verwag ek dat julle ook my mening sal aanhoor en repekteer want die vorige keer was ek omtrent uitgekel. Nerens in enige kommentaar kom die onderwerpe van Geloof en gebed voor nie. Dit I die problem wat my aan betref. groot deel van ons het ons geloof verloor en daarmee saam is ons besig om moed te verloor en wil mekaar gedurig aan die keel gryp. God is besig om te praat maar ons luiter nie, wil self planne maak, wil self oplossings uitdink en jy is met my of teen my. Word wakker my Volksgenote word wakker.

Eish ·

Moenie vinnig deur die kommentare gaan nie, dan sal jy sien.

arel trydom ·

Weet julle wat, ek het o pas ‘n positiewe artikel gelees oor die prestaie van ‘n jong maar gestremde atleet. Raai wat, feitlik geen kommentaar boodkappe van gelukwene of ondersteuning nie in vergelyking met silke kommentare oos die hierbo. Dan vra ons nog waar is die problem.

Gerhard ·

Ek lees baie sulke artikels, maar ek sien geen rede om daarop kommentaar te lewer nie. Mens lewer kommentaar waar jy voel dit is om een of ander rede nodig.

Charl ·

Flip, ek dink dit is ‘n baie goeie artikel. Ek hoor ook dat ons dit weet, maar jy het dit goed verwoord, en ek persoonlik dink daar is baie wat dit nie besef nie…ons moet hierdie artikel by hulle uitkry om ‘n bietjie te begin om hulle koppe op te tel en sien wat stil-stil, stadig-stadig ASM die gebeur is voordat dit te laat is.

Vryheid Vlakvark ·

Ek stoei met die vraag: “Wie presies gaan die wenner(s) in hierdie stryd wees? Presies wie is die meester agter die poppespel? Wat is die presiese doelwitte van hierdie poppemeester? En wie adviseer die poppemeester? En wie gaan uiteindelik werklik baat by die eindspel? “

Nel ·

Net so Vlakvark. Dis wat ek ook al ‘n geruime tyd oor wonder. Ek het so ‘n vae spesmaas die ‘poppemeester(s)’ sit oorsee – iewers in ‘n artikel het iemand al die CIA die skuld gegee.

Gerhard ·

Miskien is daar geen poppemeester nie. Veel eerder is daar verskeie groepe/individue wat net hul eie belange/ideologieë probeer bevorder en dat hulle saamwerk wanneer dit hulle pas. So bv. is daar die swart elite, die kommuniste (wit en swart), blanke elite (plaaslik en oorsee), lande wat indirek voordeel trek deur die ANC se manewales (Sjina, Rusland, ens.) en nog andere. Al hierdie groepe kan op een of ander manier voordeel trek deur die ANC se aksies.

Marius ·

Ek is geskok oor die kritiek op die uitstekende artikel. Wat ek waarneem elke dag is dat blanke, kleurling en Indier individue nie bewus is van ons individuele menseregte nie. Ons laat swart rassiste toe om dit te ignoreer en vertrap. Genoeg met skuldgevoelens oor Apartheid. Elke een van ons moet bewus raak, en aandring op regverdige behandeling. Die nuwe swart elite word uiters onregverdig bevoordeel en verryk hulleself net soos die Broederbond dit gedoen het. Kombineer dit met die ANC agenda beskryf in die artikel hierbo, en die toekoms is werklik kommerwekkend. Ons moet ons wend tot die Here en in Christelike nederigheid saamstaan, propageer en op ons grondwetlike regte staan.

CG ·

Goeie genade Marius! Volg jy nie wat in die wêreld om jou aangaan nie? Afrikaners se “aandrang op hulle grondwetlike regte” soos deur jou versoek, lei net tot ‘n vedere vetrapping daarvan. Solidariteit het verskeie kere al bloedneus gekry in die Grondwethof waar dit probeer is. Daar kan oor ons gesê word net wat hulle wil, insluitende in die oarlement, ons mense wird vermoor, verkrag en gemartel en ‘n blinde oog word gedraai. Ons word geintimideer om met ons kultuur te voertsek (monumente, Steve se konsert, taal op universiteite ens). Maar jy en andere dink ons het grondwetlike regte waarop ons kan aandring! Grondonteining sonder vergoeding is op hande, maar jy wil aandring op grondwetlike regte?

Wie Wat Wanneer Waar Willie Wouter Woudvark ·

Aan Solidariteit en AfriForum,
DANKIE vir jul insette tot die bevordering van reg en geregtigheid. Ook vir jul holistiese insigewende artikels.
Moet nie ontmoedig en mismoedig word deur negatiwiteite nie. Wat op die einde van ons lewens tel is of ons ons talente opbouend benut het ter bevordering van naasteliefde en die bewaring van die natuur in hierdie sondige wêreld. Op die einde sal geregtigheid seëvier.
Brandery altyd op die morele hooggolf van waarheid gebaseer op feite.

CG ·

Flip. Jy is soos ‘n stiervegter waarop ‘n kwaai bul afstorm en nou in mooi woorde staan en beskryf hoe gevaarlik die bul is en wat die bul se voorneme met jou is. Afriforum is soos ‘n stiervegter wat hulle kop laat sak en die bul kop eerste bestorm. Julle is besig met onsinnighede wat geensins bydra tot die Afrikaner se oorlewing nie. Wat moet die sriervegtet doe? Hy moet die bul systap. Selfbeskikking tot die vlak van politieke selfbeskikking, is die enigste moontlike oorlewingskans wat ons het. Die Solidariteitbeweging skep die ulisie by Afrikaners dat ons darem iets probeer doen en dit is een van die oorsake dat mense ulisies het en slaap tydens die rewolusie. Jy self Flip, dra by tot dit wat jy in jou artikel beskryf.

Bert ·

Korrek. Slegs ‘n jonger geslag Afrikaners wat nie verlam word deur verbandskuld, sekuriteit en sentiment oor wat was, sal ons vorentoe kan neem: ons finale Trek na ‘n eie staat in Suid-Afrika. Dit is of dit of emigrasie. Agv die noodlot van die demografie en opkomende Afrika-nasionalisme behoort Afriforum/Solidariteit nou dadelik ‘n koersverandering te ondergaan en alle hulpbronne aanwend vir ons Nuwe Trek.

Joe Hall ·

CG

Soos talle ander lesers van MM, word bydraers van vervelige, negatiewe en foutsoekerige kommentare wat normaalweg geen werkbare alternatiewe oplewer nie, gewoonlik geïgnoreer.

Jou pogings, soos boontoe op blyk, is ‘n sprekende voorbeeld.

Ek is jammer dat ek kosbare tyd en ruimte vermors om op hierdie kommentare van jou te reageer, maar ek kon nie anders nie.
;-)

Hierdie artikel van Flip Buys bevat soos gewoonlik, talle raak beskrywings en waarhede wat mynsinsiens die menings van meeste verontregte Suid Afrikaners in die algemeen en die meerderheid Afrikaners in besonder, baie raak beskryf.

Terloops.
Sogenaamde selfbeskikking se hoe, waar, wanneer, op ‘n vasteland wat deur honderde miljoene nie-Afrikaners oorheers word, is nog nooit die daglig oorleef, of ‘n realistiese, bereikbare en aanvaarbare aangebied nie. Die laaste poging vir so ‘n tipe van ding het 27 April 1994 op spektakulêre en tragiese wyse in die hek geduik.*

* Baie swaar self gesensor.

Joe Hall ·

Jammer virrie foute maar laaste par. se “is” moet “het” wees en verder af in dieselfde par. moet wees “…bereikbare en aanvaarbare OPLOSSING aangebied nie.”

Gerhard ·

Joe Hall. Die poging tot selfbeskikking wat in 1994 deur onbevoegde Afrikaner-leiers in die wiele gery is was ‘n beter poging as die gemors waarin die Afrikaner homself onmiddelik net daarna bevind het. Dit was iets wat gered kon word as daar meer insig was onder die leierskap van daardie tyd. Onglukkig was dit ‘n tydperk waar die Afrikaner buitengewone swak leiers gehad het. Dit is tog duidelik nou dat daar geen manier is hoe jy ‘n volk kan red in die omstandighede waar dit ‘n verspreide minderheid is soos die Afrikaner in SA nie. Afri-Forum/Solidariteit moet nou kies tussen al hulle gewig ingooi agter territoriale selfbekikking of begin onderhandel vir ons mense om in beter Westerse lande ingeneem te word waar hulle nageslagte ten minste ‘n toekoms het. Die skip sink en daar is nie meer tyd om die verwarmingstelsel reg te maak omdat iemand kla dat dit koud is nie. Of hulle doen dit of hulle gaan nie net moet toekyk hoe die Afrikaner voor hulle oe uitsterf as volk nie, maar hulle gaan ook moet toekyk hoe baie duisende Afrikaners in absolute ellende moet leef terwyl dit gebeur.

Joe Hall ·

Gerhard.

Om buite Afrika na ‘n “selfbeskikkings” uitweg te soek, mag meriete hê. Maar sal na alle waarskynlikheid deur dieselfde siele verdoem word, wat die destydse ‘Apartheidstaat’ tot ‘n einde gedwing het. Dan sit ons waar ons was. Of hoe???

Ekself sou indien my ouderdom en finansies dit toegelaat het, selfs voor 1994, iewers in Duitsland of die VSA gewoon het.

Dit was egter nie moontlik nie, maar die denkskuif, nl dat ek myself nie as ‘n burger of ondersteuner van hierdie droewe land met sy korrupte en onbevoegde regime beskou nie, het ek reeds jarrrre gelede gedoen – met groot gemak. My Afrikaner-wees is egter te alle tye ononderhandelbaar. My familie en ek sal eendag en waar ookal, lepel innie dak steek, as trotse Afrikaners.

Intussen koester ek die hoop dat Afrikaners, soos die Jode van vandag, oor die planeet verspreid mag wees, maar dat hulle steeds Afrikaners bly, met behoud van hul taal kultuur, gewoontes en godsdiens – netsoos die Jode dit reeds vir eeue doen. Hulle het wel ‘n grondgebied – Israel – maar die oorgrote meerderheid woon, werk en leef reeds vir donkie jare dwarsoor die wêreld, tussen vreemde kulture, met behoud van hul eie Joodswees.

My familie, naaste vriende en ek het ons eie bevryding en ‘selfbeskikking’ bewerkstellig en sal voortgaan om ons Afrikaans-wees te geniet en uit te leef, totdat oorle’ Oom Daantjie se kallers almal in die kraal is. Of soiets…

CG ·

Afrikaners kan in vier groepe gedeel word (met enkeles daarbuite). GROEP 1. Honderdeduisende Afrikaners het besef dat daar geen toekons vir hulle en hulle kinders in hierdie land is nie en het geemigreer of is besig daarmee. Daar is geen toekoms nie om twee redes: die optrede van partye soos die ANC en EFF en dié se ondersteunrs. Die tweede rede is die onvermoë van die Afrikanervolk om ‘n toekoms vir hulself in (‘n deel) van die land te beding. GROEP 2. Nog honderdeduisende het tot dieselfe gevolgtrekking gekom, maar kan nie emigreer nie en leef nou maar net vandag tot dag. GROEP 3. Nog honderdeduisende het vir die DA gestem en lidmaatskapsgelde aan Solidariteit en kie betaal en gehoop. Die ontnugtering vir diegene groei by die dag en hulle verander nou na Groep 1 of 2. GROEP 4. ‘n Vierde groep Afrikaners sien geen toekoms vir hulself behalwe as Afrikaners nie. Hulle stem VF Plus, of stem glad nie en raak toenemend gefrustreerd met Groep 3 se gebrek aan politieke insig en visie. Die sleutel vir die Afrikaner se voortbestaan is in die hande van die Afrikaners in Groep 3. Ek kom toenemend tot die besef dat dit ‘n patetiese situasie is, want, soos hulle ulisies verdwyn, word hulle lede van Groep 1 of 2, ipv Groep 4. ‘n Werklik patetiese situasie.

Dada ·

Flip se effe swartgallige storie ontstel my weer. Is laasjaar deur ‘n grondboef met haelgeweer in kop geklap. GOD het my beskerm.
Nou nie meer Godvreesend nie maar eerder Godliewend. Dis waaroor dit gaan. Nou positief onder angstige toestande. Kom ons BID! As wetenskaplike was dit moeilik om werklik te Glo! Vrede my Volk!

Gerhard ·

Die probleem is dus Groep 3 en dat hulle ook die grootste groep is. Wat ongelukkig die vraag opbring: Is die Afrikaner nie ‘n volk wat moet uitsterf omdat hulle nie beskik oor die vermoe om te kan oorleef soos ander volke nie?

rassie ·

Die leiers binne die geledere van die talle verskillende faksies waarin die blanke Afrikaanssprekendes tans verdeel is, slaag telkens uitmuntend daarin om die probleem of probleme wat hierdie groeperinge tans in die gesig staar in ‘n lang artikel, toespraak, verklaring ens te ontleed.

Wanneer dit egter by die oplossing kom, word dit dikwels aan die einde van so ‘n betoog in enkele woorde binne een sin verskaf. Soos byvoorbeeld, saamstaan, selfbeskikking, konsentrasie, federasie, aandrang op grondwetlike regte ens ens.

Moontlik kyk ek dit mis, maar ek kry nie ‘n verdere gedetaileerde uiteensetting van wat presies hulle, met hierdie oplossings wat hulle binne ‘n enkele sin voorstel, bedoel nie.

Sal dus bly wees as iemand my na so ‘n gedetaileerde plan kan verwys waarin die aspekte van wie, waar, wanneer, hoe, lewensvatbaarheid, volhoubaarheid, wettigheid, koste en aanvaarbaarheid daarvan vir die meederheid van Afrikaanssprekende blankes, aangespreek word.

Moontlik sal ek nie ‘n antwoord hierop kry nie want daar bestaan blykbaar nie so iets nie.

Bert ·

Kom ons kry eerder traksie op die konsep [verkoop dit aan die meerderheid Afrikaners en die ANC] en werk dan ‘n volledige plan uit. Die anti-Republiek ouens het ook seker konstant aangedring op ‘planne’. ‘n Eie staat is glad nie so vergesog nie.

Saartjie ·

A nee a, Flip Buys, jy moet darem erkenning gee aan Pastoor Martin Niemoller wat na aanleiding van Hitler se Nazi-Duitsland daardie mooi opsomming van die ‘man op straat’ se apatie gemaak het.

Waagmoed Hoop Vertroue Geloof Jan Vlakvark ·

Die harde realiteit is dat die blankes en die Afrikaner die verre minderheid in Suid-Afrika uitmaak met ‘n minimum politieke inspraak. En die Afrikaners is baie verspreid. Sou ‘n eie tuisland in ‘n see van armoede lewensvatbaar wees? Welke van die kommentatore sal SELF bereid wees om as leier gesien voor te loop? Wat is die kanse op ‘n eie tuisland?
So, waarom nie handevat met al daardie mede-Suid-Afrikaners met die gedeelde waardestelsel van naasteliefde, vrede, veiligheid, eerbaarheid en geregtigheid, ‘n strewe vir ‘n toekoms vir ons kinders, beskerming van die natuur en om ekonomies wêreldkompeteerbaar te wees vir selfaktualisering? Sal dit ons einde beteken om Engels te aanvaar as lingua franca? Natuurlik nie!

So, die toekoms van Suid-Afrika lê in die handevat van almal, ongeag taal, kleur, kultuur en afstamming om as bolwerk op te tree teen die grieriges van mag, eer, besittings. Miskien is hierdie vuurdoop juis nodig om te bepaal of ons apatiese nikswerd klaers is of goud en sout van die aarde is en ‘n lig op die pad van beskaafdheid en geregtigheid. Kom ons vat hande en kyk vorentoe en opwaarts. Mag ons Skepper ons seën op hierdie pad.

CG ·

Vlakvark. Ons probeer jou plan al sedert 1992. Dir is nou 25 jaar later. Wat het jou hadevat plan tot dusver tot gevolg gehad: ‘n gemarginaliaeerde, veramende, krimpende en gehate volk wat gebuk gaan onder al hoe krasser diskrimenerende wette, hofuitspake, kwetsende aanvalle en geweldsmisdaad. Ons het jou plan probeer Vlakvark- vir ten minate 25 jaar al en dit ontplof in ons gesigte! En jy vra oor wat is realisties?

Gerhard ·

Vlakvark, so pad is net nie ‘n antwoord vir die meeste Afrikaners nie. Dit sal ook totale assimilasie beteken. Waarom sal enige regdenkende mens kies om in ‘n mislukte Afrika-staat te assimileer eerder as ‘n werkende Westerse land? Dit is tog onlogies.

CG ·

Die reg tot sellfbeskikking word in internasionaal erken. Die stryd teen kolonialisme insl in Afrika gedurende die tweede helfte van die vorige eeu is juis daarop gebaseer. Selfbeskikking word ook in ons grondwet aanvaar. Die grootste rede hoekom selfbeskikking vir die Afrikaner nie moontlik is nie, volgens Flip en Solidariteit, is dat ons nie ,n Skotland het nie, d.w.s nie ‘n geografiese gebied waarbinne ons verreweg die meerderheid is nie. Die antwoord is dus ooglopend. Ons moet ons eie “Skotland” skep deur in ‘n geografiese gebied te konsentreer waar ons die meerderheid kan wees. Dir impliseer noodwendig ‘n huidig eil bevolkte deel van Suid-Afrika. Orania kan tipes n groeipunt in so n gebied wees. Dit moet natuurlik totaal anders bestuur word as die elitistiese en outokratiese manier hoe dit tans gedoen word. Daar moet n suigkrag geskep wod deur belegging in die gebied. Indien Solidariteit enstig hieroor was, sou n privaat universiteit en hoofkantoor daar gebou word, nie in Centurion nie. n Universiteitsdorp aal noodwendug n magdom ander dienste benodig wat werksgeleenthede sal skep. Daar begin die wiel nou rol!

Bert ·

Ek dink ons moet eers die grond kry. Probeer eers met ANC onderhandel. Dit kan lank vat. Hulle gaan vra vir bewyse oor ‘n mandaat. Solidariteit kan beplan om die volk te bearbei hiervoor. #235. En dan stem ons daaroor. As ons die getalle het gaan praat ons. [Solidariteit glo heel moontlik dat die getalle nie daar is nie] [Daar is Europese state met 500 000 mense]. Wat ‘n wonderlike projek kan dit nie wees nie. Maar die middelklas moet inkoop. Ek wil dit nie doen omdat ek swartmense verwerp nie. Ek bly lekker saam met die meerderheid van hulle wat ordentlike mense is maar ek kan ook insien dat ons demografies sal ondergaan as ‘n minderheid. Kom ons eer die 22 000 kinders van die Vryheidsoorlog deur om ‘n moderne Afrikanerstaat te begin bou. Stap vir stap.

Gerhard ·

Daar is meriete in die stelling dat daar ‘n mate van elitisme is in die manier hoe Orania bestuur word. Nog ‘n probleem is dat dit gesentreerd is rondom die die dorp Orania eerder as die groter idee van selfbeskikking. Daar kan baie meer mense, besighede en grondeienaars betrek word wat sal help dat die idee vinniger groei as wat ‘n dorp ooit kan groei.

Paul ·

Aan diegene wat op Maroela kommentaar lewer, hier bo, veral die wie die skoen pas, let maar op wat julle sê. Al gebruik ons ‘n fiktiewe naam of e-pos adres, is ons nie onsigbaar nie. Elkeen se rekenaar het ‘n adres waarheen die data gestuur word, dit wat jy op bv Maroela lees, so hulle weet waar jy is. Of dit nou Johan, Henk, Jerry, of Paul is.

DinkBietjie ·

Regtig? So nou moet mens niks sê nie en stilbly? Wat is die doel met jou opmerking? Alle regerings hou hulle burgers dop. Of dit nou hier is, Amerika of Europa. Die Facebook skandaal en Wikileaks twee van vele bewyse. So toemaar hulle weet waar jy ook is Paul.

Gerhard ·

Ek is darem nog nie so jammer om asem te haal dat ek my baie regverdige mening vir myselfs sal hou omdat ek bang is iemand gaan my vervolg daarvoor nie. MM hou ‘n oog oor dit wat hier geskryf word en goed wat buite perke is word afgehaal, selfs lank voor dit iets is waarvoor jy jou mond moet hou.

Paul ·

Gerhard, die persoon vir wie die skoen pas, sal weet wie hy is.

John ·

Ons word so geintimideer deur die huidige aggressie dat ons sowaar glo die Hemelvader kruip ook van skrik weg. Om massas kinders in die wereld te bring en die hoeveelheid mense wat dan glo swaarkry te misbruik om te vat wat nie aan hulle behoort nie en hoop die Vader is oortuig ‘want ons se so’. En Mandela was na bewering nie eers ‘n Christen nie. En nou is ons so bang vir die leuen dat ons boedel wil oorgee. Die situasie soos dit is, is ingewikkeld maar nie meer as dinge wat in die verlede in die wereld gebeur het nie en hoe sal ons weet wat elders in die heelal gebeur as Christus gese het ons moet bid dat U Wil geskied soos elders in U koninkryk. Dit is die crux van die saak. Die Wil van Hom wat die Heelal regeer. Oplossings kom op vreemde wyses. Lees maar die Bybel…. baie vreemd…. Om soos die Varke heeltyd hande te wil vashou is nogal vreemd. Dit klink soos kruip en dit werk nooit. Moses in Egipte en sy onderhandelinge met die Farao is ‘n beter plan. Die 1994-referendum was ‘n slinkse spul en die makers van hul maaksel sal verantwoording moet doen vir die gevolge. Heelhuids uit die gemors is ‘n kernkwessie. Maar indien die vyand dink hulle is die uitsluitlike ‘darlings of heaven’ wag daar ontnugtering.

Wim ·

Met meeste van julle se kommentare hier bo het ‘n mens Salamo se wysheid nodig, want julle klink soos ‘n mens wat ‘n skroef los het, irrasioneel, redeloos, die kluts kwyt, emosioneel, het nie ‘n idee wat julle braak nie en van alle realisme gestroop.

Gerhard ·

Snaaks ek sien iets heel anders, mense wat soms baie nugter oor die saak dink, besef daar is ‘n baie ernstige probleem net soos toe daar onderhandel was ‘n paar dekades terug, reguit praat eerder as die gewone paai taktiek, sommige het baie goeie idees omtrent wat gedoen moet word en besef ook dit moet NOU gedoen word. As daar nie nou vinnig van rigting verander word nie gaan die huidige leierskap die kar van die berg se rand afry.

Gerhard ·

Daar is een deel van bg. artikel wat ek sou verander.

‘n Beter weergawe:

Hulle het hulle vir wit mense se werk gekom, maar ek het nie omgegee nie, want my werk was nog veilig of ek was ‘n boer of ‘n sake man en gee net nie om vir die ander nie. Toe het hulle vir Afrikaners se grondwetlike menseregte gekom, maar ek het nie beswaar gehad nie, want dis nie vir my belangrik nie. Toe het hulle vir die Afrikaanse universiteite gekom, maar ek het nie beswaar gehad nie, want ek het Engels verkies. Toe het hulle vir eiendomsreg gekom, maar ek nie beswaar gehad nie, want dit sou nie my eiendom raak nie. Toe het hulle vir die boere gekom, maar ek het nie omgegee nie, want ek is nie ʼn boer nie of ek was een van b.g. en kon hulle nie meer help nie. Toe het hulle vir die besighede gekom, maar ek het nie omgegee nie, want myne was nie geraak nie of ek was een van b.g. en kon hulle nie meer help nie. Uiteindelik het hulle vir die regbank, die media, en die burgerlike samelewing gekom, maar ek het steeds gegaap of geslaap. Toe kom hulle vir my, maar daar was niemand oor om my te help nie.

Dirk Breytenbach ·

Geagte Flip ons wag nou op die huidige leierskorps om selfbeskikking van die grond af te kry of gaan ons nog 25 jaar wag? Ons het nog huidiglik die kennis en kapitaal om dit suksesvol te kan doen en oor nog 5 jaar is dit te laat. Daar is in elk geval net +- 1.5m mense wat dalk sal glo hulle is wit Afrikaans sprekende Afkrikaners. Die res het gevlug, sit op die draad of is verblind deur liberale dogmas. Die waarskuwing dat ons moet let op ons kommentare is belangrik want die tomme en jerries hits ons aan om gruwelike opmerkings teen oor mekaar te maak. Ons kan beter doen deur ons energie in projekte tot selfbeskikking aan te wend. Dis dwingend noodsaaklik vir ons voortbestaan, of ons moet assimileer en verdwyn as ‘n nasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.