SA kort sommer baie beleggers

Pres. Cyril Ramaphosa. Argieffoto: Elmond Jiyane.

Pres. Cyril Ramaphosa en sy uitgesoekte groepie – wat Trevor Manuel insluit – begin in die lente ‘n yslike veldtog om beleggers te lok om oor vyf jaar R1,2 triljoen in die land te belê.

Nuwe geld kan een van die oplossings vir die land se penarie wees – mits dit reg bestuur en geoudit word.

Die ANC het hom nog nooit veel aan aanstellings met die nodige meriete gesteur nie, hoewel daar darem ‘n paar uitstekende uitsonderings was (lees: Manuel, Pravin Gordhan en ‘n paar ander). Korrupte en onkundige leiers lei weer tot swak bestuur en vooruitbeplanning. Hoekom sal jy 750 mense stuur om in Kuba opgelei te word teen drie keer meer as wat dit hier sal kos? En dan kom jy agter jy het in elk geval nie poste vir die dokters nie.

Ons sien daagliks die gevolge van ‘n oorlaaide staatsdiens met ‘n salarisstruktuur wat die land net verder in ellende dompel, om nie te praat van die nimmereindigende opstande, betogings, padbesettings en die vernietiging van eiendom uit protes omdat die staat nie dienste kan lewer nie.

Direkte beleggings in Suid-Afrika het onder Zuma se skrikbewind gedaal van R76 miljard tot net R17,6 miljard. Dit lyk darem of pres. Ramaphosa onder moeilike omstandighede in ‘n erg verdeelde regering begin om welslae te behaal met die vervolging van die korrupstes onder die korruptes. Daar is ook bemoedigende bewegings aangaande Eskom en die SA Lugdiens, wat die fiskus leeg melk. Optredes teen ‘n paar ander instansies, soos die SA Inkomstediens, laat mens ook moed skep.

Beleggers se sleuteloorwegings

Moneyweb sê beleggers het gewoonlik vyf sleuteloorwegings voordat hulle belê:

  • Betroubare en bekostigbare infrastruktuur;
  • ‘n Stabiele arbeidsmag en vergelykbare vlakke van produktiwiteit;
  • ‘n Lae belastingkoers;
  • Lae misdaadvlakke en hoë vlakke van die gemeenskap se stabiliteit; en
  • Die sekerheid van besit en die beskerming van besitregte.

Twee ander baie negatiewe faktore wat vir Suid-Afrika geld, is oorbevolking en die heterogene bevolking.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se statistiek het die land se aanwassyfer gedaal, maar tog is daar 3 miljoen meer mense in die land. Homogene lande met gedesentraliseerde ekonomiese strukture – byvoorbeeld die VSA, Brittanje, Switserland, Singapoer, Chili en Nieu-Seeland – vaar baie beter as België, Spanje, Brasilië en Suid-Afrika. Blameer dit op ons geskiedenis – dis ‘n gegewe, maar dit hoef nie verdoemend te wees nie.

Daar is nie kitsoplossings vir Suid-Afrika nie en kenners sê daar is net een manier om uit die spiraal van armoede te ontsnap: Werkskepping. Daarvoor het die land beleggings nodig. Dis hoekom ‘n mens Ramaphosa en sy groep wat hulle vir beleggings beywer, sterkte moet toewens. Dis in almal se belang om ‘n beter klimaat vir beleggers te skep.

Griekeland, onlangs nog in die ergste ekonomiese krisis van sy bestaan, begin weer asemhaal danksy baie streng besparingsmaatreëls. Dit het ingesluit kleiner pensioene en kindertoelaes (wat nie in Suid-Afrika kan gebeur nie), die inkorting van vakbonde se magte (wat dalk juis moet gebeur) en streng optrede teen die ondergrondse groeperings wat belastings ontduik het en een van die groot redes vir die Griekse penarie was

Ramaphosa en sy erg verdeelde regering sal aan mense moet begin verduidelik hoe demokrasie en die ekonomie werk en hoe onverantwoordelike grondonteiening sonder vergoeding ‘n ramp sal wees en beleggers nóg meer sal afskrik. Sy uitdaging is dat hy dit sal moet verkoop en verduidelik aan ‘n gehoor wat ‘n kwarteeu gelede geskree het “No education before liberation” en wat met reg kan aanvoer dat hulle nog nie van armoede bevry is nie.

Daar moet praktiese maniere gevind word vir dié bevryding. Voorspoed, Cyril!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Org Potgieter

Org Potgieter is ’n vryskutjoernalis.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Eish ·

Gemeet aan die sleuteloorwegings soos deur die artikelskrywer aangedui, sal geen regdenkende persoon n sent in die helhool belê nie. Op elk van die sleutelpunte is die verrotting endemies.
Die 77% daling in buitelandse beleggings bewys dit.
By die Weste is ek bevrees, gaan n bloutjie geloop word, ongeag wie dien op die bedelkomitee.
Hul sal maar die Asiatiese blok moet nader. China sal sy pond vleis soek, ongeag wat.

Boela ·

DROOM VOORT< as jy niemand se PRIVAATBESIT kan beskerm nie hoekom sal oorsese beleggers hier bele? Die BRITTE bele nog net hier omdat hulle 'n skuldige gewete het en die skille nog nie van hulle oe afgeval het nie . .die lande met VERSTAND sal baie vinnig hulle beleggings onttrek .. Julle het verniet gedink die MASSES IS IN CONTROL, julle boelie die blanke wit minderheid maar vergeet dat daar 'n WERELD daarbuite is wat julle gaan begin BOELIE !!! CHINA sal die enigste land wees wat bele, maar glo my .. as julle julle oe uitvee besit hulle alles en staan julle WEEREENS BAKHAND soos in Brittanje!

Oor en oor ·

Die ANC sou al oor en oor beleggers lok, beloftes maak, nuwe hoop, dan gebeur net nog meer korrupsie ev verval, dan weer nog belogtes, nuwe hoop, so voort tot in ewigheid. Die ANC en enigiemand wat daarmee geassisieer word is oneties, ondersteun korrupsie en sal nooit ooit die land kan verbeter nie, maak nie saak hoeveel mooi valspraatjies hulle nog gaan doen vir beleggers en stemmers nie.

Amelia ·

En ek dink ook net gekke sal in SA bele. Want wat van ek bele vandag en more word dit net gevat want die wereld skuld sekere nasies? Nee wat almal hardloop eerder weg, bele in jul eie lande wat ten minste vir jul veiligheid sorg.

John ·

CR gaan weldra agterkom SA is toe nie die liefling van die wereld bloot omdat die ANC dit wil glo nie en dat die buiteland nie soos ons regering net aanhou geld gooi na swak bestuurde maatskappye nie, wie se arbeidsmag 2 dae na die vestiging van ‘n maatskappy toi-toi met allerhande eise nie. Geld groei miskien op die regering se rug, maar nie op die’ van buitelandse sakemanne nie. Die Mandela-euforia is lankal verby en CR sal dit moet besef. Die massas mense wat arm is en arm bly is ‘n gegewe in Afrika wat nie geld aan geboortesyfers koppel nie.

Chris Ws ·

Dit sal interessant wees om te sien wat Cyril Ramaphosa en sy comrades gaan regkry.Ek het min hoop vir hulle gesien in die lig van die huidige situasie van rassisme wat die regering toe pas t.ov. regstellende aksie ,ras gedrewe kwotas wat in sport afgedwing gaan word ,die werkers vakbonde wat hopeloos te veel mag het,asbeidswetgewing wat erg onvanpas is,’n werkers mag wat NIE produktief is nie ,dienslewering wat nie plaasvind nie en die beplande onteining van eiendom sonder vergoeding.Neewat,hulle gaan hulle teen ‘n klomp toe deure vasloop in die buiteland.Daar sal EERS daadwerklike veranderinge aan al die’ kwessies gemaak moet word voor beleggers gelok sal kan word.Intussen gaan ons bars onder brandstof pryse wat ALLES se pryse opjaag.

Theresa ·

Het die mense in die regering wat beleggers soek ook die 5 punte wat genoem word in die artikel??
Indien hul dit het, kan hul mos klaar sien nie een punt kan positief gemerk word nie.
RUK DIE LAND REG NA REGVERDIGHEID – probeer dan eers geld leen.
Mog die reuse lande wat lê en naderkruip om ‘n skarrelende prooi (S A) op te raap in laaste stuiptrekkings van oorlewing fnuik word met ‘n wonderwerk dat die topmanne in die land sal agterkom (slegs deur ‘n wonderwerk) dat geregtigheid en regverdigheid teenoor hul wetsgehoorsame landsburgers en konsentrasie op meer as net 1 of 2 goed wat afgewater is, en geen vaste, beslisde en vooruitgang-makende aksies om marteling en moord, verkragting en aanvalle te stop en in die kiem te smoor – sal alle vraag om hulp by lande wat wel in vooruitgang hier glo – op dowe ore val. Dra elke landsburger se bestaan en voortbestaan eerstens op die hart. Beskerm daardie landsburgers (almal van hul – net slegs wie jy kies om te beskerm nie) ; luister na deurdagte goeie raad (nie emosie belaaide opswepende snert nie); moenie die wiel die heeltyd wil herontwerp nie. Vat die goeie en bou voort daarop. Net ‘n leek se kommentaar.

Casper Labuschagne ·

Voor beleggers eers ‘n land sal oorweeg vereis hulle drie faktore naamlik ‘n stabiele arbeidsmag, ‘n stabiele kragvoorsiening en ‘n stabiele beleidsrigting.

* Ons faal reeds wat ‘n stabiele arbeidsmag betref en dit sluit in vakbonde, stakings, werkreservering asook die effek van die komende minimumloon.
* Tans faal ons drasties wat kragvoorsiening betref en waar beurtkrag nou weereens ter sprake is. As dit nie was vir die insinking in die vervaardigingsektor vanaf 2010 nie, sou daar huidiglik hopeloos te min beskikbare krag wees.
* Ons beleid is nie stabiel nie. Onteiening sonder vergoeding (OSV) is goedgekeur en sal hierdie jaar nog ‘n werklikheid word. Die heuning wat Ramaphosa om voornemende beleggers se monde smeer is dat OSV net op beperkte skaal sal geskied sodat ‘n hoeveelheid bestaansboere gevestig kan word. Maar beleggers kyk na die populistiese aansprake en maak die sommetjie dat dit sinneloos is om ‘n belegging te maak wat dalk oor vyf jaar genasionaliseer kan word.

Dan is daar protes vanaf die wit minderheid. In die grondwet van 1994 is daar bepaalde klousules wat minderheidsregte moet beskerm, maar wat nou ter syde gestel word. Die strategie ter erkenning en beskerming van minderheidsregte ingevolge die grondwet, is om na die buiteland te wend en die werklike stand van sake te verkondig. Dit mag die effek hê dat voornemende beleggers vanuit die Weste inderdaad afgeskrik sal word en sodoende word die regering gedwing om nie minderheidsregte te vertrap nie.

Hendrik ·

Ek moet se dat ek lanklaas so idiotiese klomp politici gesien het nie. Daar is enkele politici wat iets tussen die ore het en ek dink nie CR17 is een van hulle nie.

Afrikaanse Knaap ·

Plaas vra hulle net almal wat SA verlaat het agv hulle onbevoegdheid en swak beleid om terug te kom. Dan kry hulle onmiddelik honderde duisende beleggers.

Rynhardt ·

Cyril en Anc speel nog steeds die land.SA se ekonomie was opsetlik deur Anc vernietig.Ekonomie gaan nie regkom nie!Land is vrot van korrupsie en misdaad.Rassistiese wetgewing verhoed dat bekwame mense navore tree.Dit is demokrasie vir Anc! SA word gevangene gehou deur drie Anc partye en die drie partye wil nie he dat blankes moet uitstyg nie.Oopgrense plaas verdere druk op SA ekonomie.Gewelddadige stakings en betogings laat beleggers die hasepad kies,en elke staker eis n buitensporige verhoging.SA lelik op die verkeerde pad terwyl politic nie n benul het van hoe om dinge reg te ruk nie.

Jandre ·

Ek het geld. Baie geld. Ek wil huistoe kom , investeer en my eie besigheid begin. Maar hoe dit nou gaan, aan die Suiderpunt van Afrika…… VERGEET DIT! Eks nie so stupid nie!!!!

chrisjan ·

Ek is in dieselfde situasie. Ek het teruggekom, die malle afwaartse spiraal gesien, omgedraai en maar weer gegaan. Dit voel vir my asof mense wat heeltyd in SA is nie besef hoe dit versleg nie, maar as jy in die buiteland was vir n tydjie en dan terugkom, is dit ooglopend en skokkend.

Elmine ·

Ek wil net graag weet hoeveel van die mense wat grond wil gryp en in strate toi-toi en klipgooi en afbrand WEET dat AS hulle grond kry dit NOOIT in hulle naam geregistreer sal word nie/kaart en transport – alle grond bly op die regering se naam. Hoeveel grond wat onteien is, is al op n swart eienaar se naam geregistreer. Ek praat nie van eienaars wat self gekoop het nie maar van grond van die regering af op hulle name. Stel baie belang om te weet wat daardie % is. So wat is dit dan anders as kommunisme????

Wynand ·

Om wat met die beleggers se geld te maak ? Dis nie asof die beleggers toue staan om hier n belegging te doen nie. Toeriste word afgeraai om hierheen te kom asgevolg van toenemende erenstige misdaad. Erg ontwrigtende stakings en dienslewering protesoptogte , dra by tot n beeld van roekeloosheid en anargie. Bele, wie ? en in wat ?Zimbabwe is tans n beter beleggings opsie.

Jerry ·

In plaas daarvan om CR te ondersteun om westerse beleggings te lok en om toe te sien dat grondonteiening ordelik plaasvind sonder te veel skade vir grondeienaars, spring alle opposisie partye saam met die Zuma lojaliste en EFF op die “band wagon” om CR te ondermyn tot n mislukking. Hierdie geneigdheid om die goeie en broodnodige intensies van CR te ondermyn kan tog net lei dat SA in n nog groter gemors gaan beland as wat Zuma vir SA veroorsaak het.

Boerboel ·

CR kan nie beleggings lok met sy belied om eiendomsreg te vernietig, BEE, “regstellende aksie” roekelose vakbonde, swaar belastingslas en regulasies nie. Hy doen niks om die 80% van die skole en 93% van die munsipaliteite wat disfunksioneel is reg te ruk nie. Hy doen niks om die land se water en elektrisiteit opwekkings kapasiteit te vergroot nie. CR Sal nooit die ongewilde, maar broodnodige beleidsveranderinge maak wat nodig is om Sa reg te ruk nie. Jerry jy gaan teleurgesteld wees as jy jou hoop op die krimineel, rassis en ANC idiot CR plaas.

Positief ·

Ek is positief oor SA. Ek is ook nie naief nie. Weet daar is baie wat verkeerd is, maar as ons almal op ‘n hoop gaan sit en net kritiseer, gaan ons nerens kom nie. Probeer net om ‘n verskil te maak. Al begin jy net met ‘n klein besigheid waar jy een of self 3 mense van werk te kan voorsien, is dit mense wat vir hulleself sal kan sorg. Die probleem is finansiering om so iets te begin.

chrisjan ·

Mens begin n besigheid om geld te maak, nie om werk te skep nie. Wie gaan dit in elk geval doen as jy lamgele word deur stakings en jy jou besigheid moet deel met BEE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.