SA nou net ’n tweederangse rugbynasie

Springbokke vs Ierland (foto: Inus Grobler)

Springbokke vs Ierland (foto: Inus Grobler)

Ná die afgelope naweek se Nuweland-fiasko kan daar nie meer twyfel wees dat ons rugby nie meer van die beste ter wêreld is nie.

Om teen ’n Ierse span met 14 spelers – wat boonop nou hul ekstra lang internasionale seisoen afsluit en met ’n lang rits prominente beserings hier opgedaag het – op tuisbodem te verloor sou selfs vyf jaar terug ongehoord gewees het. Ierland is ’n span wat in laas jaar se kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi met meer as 20 punte teen Argentinië vasgeval het en derde in vanjaar se bra middelmatige Sesnasies-toernooi gekom het.

Maar wat baie Bok-ondersteuners nie verstaan nie, of dalk nie wil aanvaar nie, is dat hierdie nederlaag deel van ’n geleidelike verswakking in ons rugby oor die afgelope paar jaar is. Kyk maar net na die nederlae teen Japan en Argentinië verlede jaar vir verdere bevestiging (nog skandelike eerstes vir die Bokke), asook ons treurige vertoning in die Rugbykampioenskap voor die Wêreldbeker toe ons nie eens een wedstryd kon wen nie. Dis ook ons vyfde nederlaag in die laaste ses wedstryde teen Ierland en ons het laas jaar vir slegs die tweede keer teen Wallis verloor. Die Suid-Afrikaanse “A”-span was ewe erbarmlik teen die Engelse Saxons Vrydagaand in die ander nederlaag.

Soos Wallis en Engeland teen onderskeidelik Nieu-Seeland en Australië Saterdag gespeel het, is daar geen manier dat die Bokke hulle sou klop nie. Laat staan nog die Australasiërs.

Toegegee, die ondersteuners is passievol maar baie rugby-ondersteuners in Suid-Afrika weet eerlikwaar nie genoeg van rugby af om die ware toedrag van sake te ontleed nie. Hulle leef nog in ons glorieryke verlede en skrik gewoonlik in Junie met “Bok-koors” wakker as daar toetse is en verwag dan die Bokke moet ten minste 30-0 oor elke mededinger uit die Noordelike Halfrond loop. Maar jy maai in Junie en in die Rugbykampioenskap wat jy regdeur die jaar saai en terwyl die res relatiewe vooruitgang getoon het, het SA rugby sedert omtrent 2010 agteruit begin gaan.

Superrugby

In Superrugby is die Lions vanjaar beslis ons beste span en word wyd en syd geloof vir hul mooi hardlooprugby – wat op die koop toe wenrugby ook is! Die Sharks vaar ook redelik en het, anders as die Lions, al baie beter teen die Nieu-Seelandse spanne gevaar. Maar dis helaas waar dit eindig. Die res van ons spanne is eerlikwaar treurig en word weens die nuwe formaat buitendien nie teen die beste spanne in die reeks getoets nie.

Die statistieke jok nie. Die Lions het die tweede meeste drieë sover vanjaar gedruk. Die enigste ander SA span onder die toptien is die Cheetahs. Hulle het wel 14 drieë teen die Japanse nuwelinge, die Sunwolves, in een wedstryd gedruk. Dis ’n lekker gelukskoot waarsonder hulle ook baie verder ondertoe op dié lys sou gelê het.

Die Lions blink ook uit in die ander aanvalskategorieë soos skoon breekslae, die hoeveelheid kere wat die bal gedra word, die meters wat met die bal afgelê word, en die aantal verdedigers wat geklop word. Hulle word op hierdie lyste deur sommige Australiese en veral Nieu-Seelandse spanne omring, met die SA spanne wat onder rond ploeter.

Die Suid-Afrikaanse spanne se duikslagkoers (en dus ook hul verdediging) is wel taamlik goed, maar dis omdat hulle nou grootliks teen mekaar en ook teen swakker debutantspanne soos die Sunwolves en Jaguars speel.

In die indiwiduele kategorieë skitter sekere Lions-spelers ook alleen onder die Suid-Afrikaners met hier en daar ’n speler soos Sergeal Petersen van die Cheetahs (hoekom is hy nie ’n Bok nie?) wat ook hul hande opsteek.

Die Bok-breier

Dit bring my dan by die Bok-afrigter. Die hele proses om Allister Coetzee as Bok-afrigter aangestel te kry was so besaai met die transformasie-dorings dat geen wit kandidaat wou waag om daardie pos op te neem nie. Rassie Erasmus, wat self as een van die gunstelinge beskou is, het homself bloot uit die wedloop gehaal en ’n breierspos in Europa opgeneem. Nog ’n uitstekende rugbybrein wat koers oorsee gekies het te midde van ’n herrie oor transformasie. Nick Mallett het ook “nee” gesê. Hy was reeds ’n Bok-afrigter, ken die slaggate en weet hy sal waarskynlik met veel minder stres meer as kommentator op Supersport verdien.

Coetzee se trompetblasers, vernaam ons sportminister Fekile Mbalula, het sy rol as hulpafrigter onder Jake White en sy agt jaar by die Stormers en Westelike Provinsie as geloofsbriewe aangevoer. Desondanks het Coetzee ’n klein rol in die White-groep Bokke se sukses gespeel en Eddie Jones, wat die Stormers na hom sou afrig maar toe Engeland se breier geword het, moet baie van die krediet saam met White kry. Ten spyte van die grootste talentpoel in hul midde, ’n vet Super-begroting en die beste voedingstelsel in die land, kon die Stormers nie veel in Superrugby onder Coetzee regkry nie. Sy eendimensionele wedstrydplan, wat amper alleenlik op verdediging fokus, was nooit genoeg om van die Stormers ’n kampioenspan te maak nie. Gert Smal moes selfs uit noodweer in 2014 se nagmerrieseisoen kom help red wat daar te redde is en die Stormers het skielik weer drieë begin druk.

Coetzee het wel twee keer die Curriebeker gewen, maar dit was in ’n periode van sewe jaar. En die Curriebeker is nou so afgewater weens die Springbokke se afwesigheid dat dit kwalik as gesaghebbend beskou kan word en net twee of drie van die groot unies kan dit moontlik elke jaar wen.

Daarteenoor het Johan Ackermann as Lions-breier dit al een keer in vier jaar gewen en slegs ’n swak skopvertoning in die eindstryd het hulle in 2014 gekeer om die WP van hul tweede titel te weerhou. Hy het met ander provinsies se uitskotspelers die Lions as Suid-Afrika se trots in Superrugby gevestig en hul manier van speel totaal en ten goede verander.

Maar hy is nie die Bok-afrigter nie, Coetzee is. Helaas gaan die Lions-spelers nie tot hul reg kom binne Coetzee se rigiede en konserwatiewe spelpatroon nie. Iemand soos Lionel Mapoe – wat vanjaar al die meeste drieë in Superrugby gedruk het –  het Saterdag totaal verlore en verward in ’n Bok-trui gelyk terwyl hy andersins onder Ackermann floreer.

As die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) op Heyneke Meyer wou verbeter, sou hulle vir Ackermann die afrigter moes maak. Hulle kon ook – à la Wallis, Skotland, Engeland en Ierland – ’n afrigter van buite die landsgrense aangestel het, maar die naïewe en konserwatiewe drang om als “Trots Suid-Afrikaans” te wil doen, is myns insiens ’n reusefout wat hom aanhou herhaal. Buitelandse afrigters sal buitendien nie die ANC se rassekwotas soos Coetzee duld nie.

Dieselfde geld om nou feitlik slegs spelers wat hul Superrugby in Suid-Afrika speel, vir die Bok-span te kies. Baie van ons beste spelers speel weens beperkte plekke in Suid-Afrikaanse Superspanne, transformasie-vereistes, geldelike redes en ook die swak rand hul rugby in Europa en Japan. Ons Superrugby-talentpoel in Suid-Afrika het te klein geraak om genoeg gehaltespelers aan die nasionale span te lewer en om nie oorsese spelers te oorweeg nie en plaaslike talent weens transformasie te ignoreer, gaan die uittog net versnel.

Transformasie

Baie mense, bekende joernaliste inkluis, het ná Saterdag se loesing gesê transformasie kan nie blameer word nie, want die span was dan grootliks wit gewees. Dis ’n groteske en dalk selfs moedswillige oorvereenvoudiging. Ja, heelwat van die wit spelers het ook swak gevaar en verdien straks nie om daar te wees nie. Maar om weens kwotaredes nie die regte spelers in selfs twee of drie posisies te hê nie en die hele atmosfeer te vergiftig met ’n gehamer op kwotas, laat almal se spelpeil en selfvertroue daal. Hoe moet veral die wit Bok-spelers daaroor voel as die minister van sport die aand voor die eerste toets van die jaar nie raad en gelukwensing by jou hotel uitdeel nie, maar waarskuwings oor rassekwotas en ’n verbod op toernooie as dit nie gehaal word nie? Hoekom moet Mbalula eers die lys van name goedkeur voordat Coetzee die span kon bekendmaak? In watter ander land gebeur sulke goed? Maar dan weer het Saru sy primêre doelwit transformasie, en nie wen nie, gemaak.

’n Politieke hoogvat

Die Bulls se drie Supertitels en die Springbokke se uitnemendheid onder White en ook daarna toe sy senior spelers onder Peter de Villiers in 2009 die Drienasies-titel kon verower en ’n reekssege teen die magtige Britse en Ierse Leeus kon vermag, het die Springbokke en rugby ’n politieke teiken gemaak. Dit was ’n simbool van (grootliks wit) prestasies in ’n andersins middelmatige land wat nooit enigiets anders wen nie en op elke terrein agteruitgang toon. Politiek, transformasie, ekonomiese wanbestuur, ’n verswakkende rand en ’n beheptheid met als plaaslik, het Suid-Afrika nou ’n tweederangse rugbyland gemaak wat verseker nie meer enige dag, soos die rugbyskrywer Mark Keohane vandeesweek skryf, met “15 punte sal wen nie”.

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Eugene Brink

Dr. Eugene Brink is ʼn entrepreneur, sake-konsultant en onafhanklike politieke kommentator.

Deel van: Meningsvormers, Rugby

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Vince ·

Ja nee, gelukkig lankal klaar met rugby en nooit terug gekyk nie. Vandat politiek die sport vergiftig het het die springbokke agteruit gegaan. Spanne van 1995 en 2007 sal nooit weer wees nie. Die borge kan ook maar begin onttrek want die melkkoei het nou opgedroog. Tipies hoe sekere mense altyd die hen wat die goue eiers le, dood maak en nie die “big picture” sien nie. Rugby word gesien as die laaste bastion van die apartheid era….en is ons almal vandag beter af??

marianne ·

TOTSIENS S.A. – VAARWEL DIE SPRINGBOK!!!
Rugby gaan ten gronde te dankie aan Politiek.
Een van die dae speel die S.A. span seker in die blah se kleur en word die Aasvoels genoem!
Die arme coach en kaptein moet altyd verantwoording doen en GESTRAF word vir alles! Speel die kaptein dan as een man teen ‘n hele besoekende span???
ONS KAN NIE TEEN ONS MANNE DRAAI NIE VAN HULKE VERDIEN WRAGGIES ‘n POSISIE IN DIE SPAN …. MAAR ONGELUKKIG IS ONS SPAN IN MY KANON!

Connie ·

As ek die AB en Aus se breiers was, sou ek weier om teen SA te speel, want hulle word nie teen die beste getoets nie. Is mors van tyd vir hulle.

Wax ·

Al lankal nie meer Springbokke nie! Nou die ” kraalbokke” wat in showerkop se Nkandla kraal wy.

cobusp ·

Draai jou rug op rugby, biokot alle fasette van die spel, Begrawe die afgod. Solank as wat ons aanhang en hoop vir beter dae hoe seerder kry mens, en dus presies wat die regering, ingesluit minister wil he is om te sien hoe ly ons. Sonder die blanke ondersteuners sal die sport verval en borge sal wegloop. Gaan lees ex bok Ockie Oosthuizen se brieg “Biokot SA Rugby” en kyk na sy voorstelle, dit maak baie sin. ……………………..En Haal asb die springbok van die trui af.

kat ·

ek stem ek het lankal opgehou om s a rugby te kyk dis vernederind om te sien eer n trotse rugby nasie wat nou vou onder anc se gespuis

Chivago ·

Ja nee, die Springbok era is verby, hulle is nou net Bokke

Chantel Kritzinger ·

Ja-nee verseker. Dis nie meer lekker om Bok-rugby te kyk nie. Ek ondersteun eerder jukskei.

Koos ·

Die ANC stuur ons land in sy maai in, hulle vertel ons dat beesmis nie stink nie maar ons weet beter. Rugby gaan nooit weer dieselfde wees nie, dink net ons het vir NZ saterdag gespeel?? Dit kom nog, en ek glo ek sal nie eers wil kyk nie. Fekile en Coetzee word ryk en die res van ons rygby wereld word arm….die afrika manier!

JT ·

Koos, ongelukkig niks met die anc te doen nie. Ons wit manne het teleur gestel. Strauss is nie beste kaptein of hakker nie. Willie le Roux, Duane Vermeulen, Francois Louw is nie naastenby op vorm soos paar jaar gelede nie. Nou kom Steyn nader wat nog verder gaan teleurstel. Kies vorm en nie ondervinding nie. Faf was Saterdag ‘n nuweling en het die beste van al die bokke vertoon.

Oupa D ·

Ek stem met jou saam JT. Die realiteit is egter dat ons rugby oor ‘n tydperk verswak het – ongetwyfeld weens die invloed van onbeholpe politici. Dit is so dat die vreugde wat ons getoon het as ons rugbyspanne seëvier nie vir die regering aanvaarbaar was nie. Ons MOET mos op alle terreine gestraf word. Almal geniet dit as alle rasse goeie rugby speel en as alle Suid-Afrikaners saam ons spanne ondersteun. Kyk na die 1995-span se ondersteuningsbasis en wat daar vermag was! Ongelukkig is dit so dat minister Mbalula die leeue-aandeel in die verswakking van ons springbokspan het – en dit gaan nooit verander nie. Ai, mens wil so graag getrou bly, maar spel soos Saterdag s’n maak dit byna onmoontlik!

Dries ·

Sal aanhou om swart in te forseer totdat hulle net so vrot is soos Bafana Bafana

flou ·

En wie moet ons bedank……… kwota kwota en kwota afrigter!

ST ·

Nie kwota spelers wat teleur gestel het nie! Ons boerseuns het droog gemaak.

swak ·

Dink net hoe verneder moet die kwota spelers voel teenoor die regte rugby spelers!

chrisp ·

Al wat gevoel word is geld anders sou hy sy deelname weier as daar enige trots was.

Skoppimissi ·

Ai tog, jammer bokke, julle is in elk geval te karig en klein om vir iets anders gebruik te word-ons sal maar biltong van julle maak-hoop net dis darem eetbaar!

Bloues ·

Moet nie ANC en kwotas die skuld gee nie. Die span WEET hulle is nie die beste in SA nie. Vermeulen weet hy kan nie meer met Whitley (spelling?) kompeteer nie. Louw weet hy is ver agter Kriel. Willie weet hy was die beste. En nou Morne Steyn wat al moes uitgetree het. Die manne speel vir geld en nie vir eer nie!!

Het ek so pas net wit spelers uitgewys?

Rikus Grobler ·

Bloues moet ek vir jou n paar spelers uitwys. JP Peterson bo Ruan Combrinck. Danian de Allende bo Ruhan Janse van Rensburg of Jan Serfontein of Francois Venter. Mapoe het nie n idee gehad wat aangaan nie. Jantjies het net so skeef soos Willie gehardloop en sy taktiese skoppe en spel was pateties. As jy regtig vir my gaan se dat Kolisie beter as die du Preez tweeling of Jannes Kirsten of Warrick Teckleberg is gaan ek nie eers verder met jou argumenteer nie. Voeg daarby die meer as 250 SA spelers wat oorsee speel dan is dit transformasie skuld.

Louis ·

Moenie so negatief wees nie……..die bal is darem nog wit!Ja dis eintlik snaaks dat die bal nog nie groen geel en swart is nie!

chrisp ·

johan.
Ek het reeds een en hy dra lekker man lekker.
Ek sal die proteas nie ondersteun nie(met Engeland gaan ek dalk) al speel hulle teen Uganda en is die gunstelinge raak ek net daar ‘n Uganda ondersteuner. Dit is seker/

Dup du Plessis ·

………is mos nou amma boko-boko………ou boerbok met ‘n helse lang baard……………

Basson ·

Ons skoolkinders wie op meriete in provinsiale spanne opgeneem moes word, is lankal al geen kans gegee in so span, want daar moes streng by die kwota bepalings gehou word – maw wit netbalspelers speel hulle hart uit om een van die bv ses beskikbare spanplekke te kry, terwyl kwotaspelers net selfvoldaan instap in die res van die posisies. Dit het nou maar net op die ‘hoogste’ vlak ook gemanifesteer.

Elize ·

Ai julle gelukkig kan ons eendag vir ons kleinkinders die Springbok embleem wys en vertel van die dag toe die Springbokke se spel wêreld gehalte was. Net jammer dat die jong seuns vandag doelloos gaan rugby speel. Daar is nie meer die vooruitsig om eendag ‘n Springbok te kan wees nie.

Andre ·

Al die rugby ondersteuners moet privatiseer deur ‘n vrye organisasie te stig as opposisie vir SARU.
Neem die Springbok embleem saam en los die RSA vlag by Saru.
Streeksklubs vir senior en junior spelers affillieer dan by Springbok Rugby ,,, en los Mbalula en SARU se soustrein ryers om te gaan swart spelers soek in die townships om hulle minderwaardige rugbyspanne vol te maak.

Die borge sal toustaan om Springbok Rugby te borg omdat net die beste daarin sal gekies word.

Rugby het nie vir Mbalula en gespuis nodig nie.

John ·

Die buiteland het jare daarvoor gewerk. Onthou die talle betogings teen die Bokke . Engeland, Australie en die swart truie is veral dol gelukkig, nou kan hulle a l t y d wen. Soos Ierland Saterdag gespog het, ‘we showed character’. So waar.

Veritas ·

Wat nou met Springbok-rugby gebeur, is wat oral in SA gebeur. Middelmatigheid word beloon. Ons president is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Oral in die staatsdiens en semi-staatsinstellings word onbevoegde persone in top posisies aangestel. Privaat-instansies word deur wetgewing gedwing om regstellende-aksie aanstellings te maak indien hulle met die staat wil besigheid doen. So ploeter ons voort met die transformasietrein totdat Suid-Afrika se wiele afval. Dan sal Apartheid die skuld daarvoor ook kry.

Koos Karoo ·

“SA nou net ’n tweederangse rugbynasie”
Mens kan maar die woord “rugby” voor “rugbynasie” weglaat na 21 jaar van die ANC regime se wanbestuur.

Rupert Ashford ·

En hou op om jong belowende spelers wat alreeds in die buiteland speel om te praat om vir SA te kom speel. Laat hulle volhard en kwalifiseer vir die nasionale spanne van die lande waar hulle speel en waar hulle op meriete gekies sal word en gerespekteer sal word.

Frans ·

Ek stem vir naam verandering en haal dai springbok van die klere af se erder dis wildsboke met n tyer dar op wat brand want dis ni meer rugby en springboke nie al wat nou nog kort is dai strickes en dit kom wag haal nog wittes uit die strickes sal kom

Pieter ·

So bly ek is vir 3 weke in Europa, en hoef nie die volgende 2 weke se kwota rugby te kyk.Het my boktrui na die Japan nederlaag weg gegee, ek oorweeg dit sterk om n Kiwi trui te koop, n mens kan net soveel keer verloor rugby kyk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.