SEB: Miskien Orania se grootste geskenk nóg

orania bewegingDeur Stefan Pieterse – Nasionale Woordvoerder AfriSake

Die regering maak geen geheim daarvan nie dat hy die formule 80-9-9-2 op alles en almal in Suid-Afrika van toepassing sal en wil maak. Volgens die regerende party is dit bly of gly vir enigiemand wat nie hiermee saamstem nie. Die formule word daagliks in transformasie- en regstellendeaksiebeleidsdokumente gevind wat as politieke pynpille vir enigiets van verkiesings tot swak ekonomiese groei aangebied word.

Maar, die groot probleem met die formule is dat Suid-Afrika ʼn groot land met provinsies, stede distrikte en voorstede is. Van Durban se voorstede het oorwegend Indiër-inwoners, Mitchellsplein het oorwegend bruin inwoners en wat van die Khoi San? Elkeen van hierdie kultuurgroepe het ʼn ander manier van dink, doen en glo en hierdie kultuurgroepe moet ook in die werkplek, kerk, skool en gemeenskap weerspieël word.

Waarheen moet kultuurgroepe wat nie deel van die 80% uitmaak nie? Waarheen met mense wat wil bou en Suid-Afrika ʼn beter plek wil maak, maar vir wie daar geen plek is op grond van hul velkleur is nie? Waarheen met gewone mense wat van Suid-Afrika ʼn beter plek wil maak, en nie kan of wil emigreer nie? Mense wat in Afrika en Afrika ín hulle gebore is.  Waarheen met mense wat voortaan weens hul velkleur nie met die staat of enige staatsdepartement sal kan sake doen as hul onderneming nie 51% swart aandeelhouding het nie (Staatskennisgewing 39704 van 2016)?

Waarheen draai ʼn mens as dieselfde Grondwet wat eiendomsreg behoort te beskerm, wette magtig wat dit afbreek (SEB en die nuwe Onteieningswetsontwerp)?

Hierdie is die vrae wat dikwels deur my kop draai, maar tydens Orania se onlangse stadskonferensie het ek as nuuskierige besoeker tot ʼn ander insig gekom. Ek kon duidelik sien dat hierdie dorp nou sy kinderskoene uitskop (na ʼn kwarteeu) en reg is om ʼn groot stad te word. Verbeel jou in ʼn stad waarin jy ekonomies kan bydra, nie volgens die regering se 80-9-9-2-bloudruk nie, maar 100% op grond van meriete en prestasie.  ʼn Outonome stad waar Afrikaners hul geloof, kultuur, en sakevernuf kan uitleef in die veiligste plek in Suid-Afrika, nie in afsondering nie, maar in samewerking met die res van Suid-Afrika.

Die groot vraag sou wees: Hoe gaan ʼn mens entrepreneurs/sakelui kry om daar te woon en te werk? Hoe vorder jy van dorp tot stad? Jy bou dit, maar hoe?

Miskien met die hande, voete en vernuf van Afrikaners wat nie goed genoeg is vir die regering se 80-9-9-2-bloudruk nie, maar wat tog geroep is om hier ʼn verskil te maak, aan die suidpunt van Afrika.

SEB, regstellende aksie, transformasie en 80-9-9-2: Dalk is dit nog Orania se grootste geskenk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Piet ·

Orania is ook onderhewig aan die wette van Suid-Afrika. Dis nie ‘n outonome staat nie.

Johan 2 ·

Nog nie Piet…maar gee dit kaans, eks ook oppad, my plan is oor 8 jaar, indien alles doed gaan (anders dalk vroër).

Gemsbok ·

Piet, die vraag is eerder of Orania op weg is na groter outonomie? Die antwoord hierop is ‘n besliste Ja! Terwyl Orania reeds outonoom is teenoor die bywette van die Thembelihle munisipaliteit, is dit onrealisties om te verwag dat 1 000 inwoners tans oor groter outonomie moet beskik. Wanneer Orania 10 000 of selfs 50 000 inwoners het sal die prentjie heelwat verander.

Piet ·

Mense skuif normaalweg nie na ‘n plek omdat hulle daar wil bly nie maar omdat hul moet. Jy beland maar op ‘n plek weens ‘n werksaanbod wat jou ekonomies beter laat. Indien Orania ooit mer as 1000 mense wil trek moet daar grootskaalse ekonomiese aktiwitetie wees, en dit kan nie net by landou bly nie. Elke dorp of stad het maar sy niche mark wat die ekonomiese opbou laat ontvlam. Vir orania is dit tans lanbou , dalk toerisme en ‘n moontlikheid is dalk ‘n plek van aftrede. Die dorp se lot is in die hande van kapitaal. Probleem is dat die dorp so afgeleë is dat dit nie sin sal maak om besighede daar te open nie.

Gemsbok ·

Piet, afstande vanaf markte is nie meer die reuse bepalende faktor wat dit voor die koms van die seilskip was nie. Met digitale tegnologie word die afstand na markte irrelevant vir die verkoop van digitale produkte. Suid-Afrika vervaardig byna geen gevorderde tegnologie nie, tog het ons almal produkte wat vanaf China, Japan, Korea, Duitsland, Nederland of Amerika af kom.

Afrikaners het genoeg kapitaal om in die ontwikkeling van ‘n nuwe stad te belê. Elkeen hoef minder as R10 per maand by te dra om dit te verwesenlik.

Die enigste bepalende faktor is of Afrikaners ‘n stad wil he of nie. Dit hang geheel en al slegs van onsself af.

Thuunda ·

Hoe gouer meer mense skuif Orania toe hoe gouer sal die momentum in ‘n stormloop verander….dan gaan daar sports wees. Goeie sports.

Dirk Breytenbach ·

Natuurlik is SEB ook ‘n duidelike aanduiding van na waar ons heen moet beweeg maar ons beweeg steeds in ‘n gemak sone of in ‘n waan dat alles reg sal uitwerk. Die utopia van ‘n regverdige SA vir almal waarop almal hoop gaan nie realiseer nie. Daar is 2 scenarios vir Afrikaner oorlewing in SA en dit is om deel te wees van ‘n produktiewe gemeenskap met die “toestemming” van die 80% of andersins legitieme selfbeskikking binne die SA gemeenskap. Verder kan ons dalk wag en sien maar dis ‘n dwase koers wat gewaarborg is om teleurstelling te bewerkstellig. Daar is egter min tyd oor met die huidige plofbare situasie in ons politiek van die dag as ons na die uitdagende uitsprake en aksies soos wegdoen van Afrikaans in skole, afbreek van universiteite, radikale Afrikanisering van die uitsaaiwese ens. ens. asook algemene verwagtinge geskep deur die wilde aansprake wat deur politici geuiter word. As hierdie haat veldtogte ‘n onhoudbare krisis tov minderhede (en hier spesifiek Afrikaner) sou veroorsaak sal dit vir Orania alleen onmoontlik wees om te voldoen aan die aanvraag. So waarheen nou? Begin onmiddellik in Orania betrokke raak, sluit aan en skaf eiendom aan, begin besighede om jou risiko te versprei en as die uitdagings blyk om nie so ernstig te wees nie, dan het jy ten minste ‘n goeie belegging gemaak en ‘n veilige vakansie plek. Kyk maar wat het Afriforum en Solidariteit met min middele tot hul beskikking in ‘n kort tyd bereik.

Gemsbok ·

Dit is nie Orania wat die EFF opsoek nie. Dit was eerder die EFF wat Orania opgesoek het.

Wat stel jy voor doen Orania wanneer die EFF hulle opsoek? Ignoreer hulle? Skiet op hulle? Wat sal dit bereik?

Dit kos Orania in elk geval niks om te luister na wat die EFF te sê het nie.

Terwyl Orania paraat bly en niks toegewings maak nie kan jy maar gerus bietjie bedaar, anders gaan jy netnou jou koffie omstamp.

Otter ·

Die onsekerheid en vrae was seker ook teenwoordig voor die groot trek, maar na die pioniers het ander gevolg…

Otter ·

Glo in jou God. Glo in jou volk. Glo in jouself. ~ DF Malan

Jan Jooste ·

Die SEB maatreëls werk ten goede mee vir die Afrikaner – aangesien dit ons dwing om op eie bene te moet staan. Ek is nie ‘n voorstander daarvan nie, aangesien dit ook ander slegte uitvalle meebring – maar dalk is dit juis noodsaaklik vir ons oorlewing.

Johan 2 ·

Het Orania plek v 1M mense? Ek is hartseer om alles wat ons voorouers so hard voor gewerk het net prys te gee MAAR ons mag nie toelaat dat sentiment oor plekke en goed ons vernietig nie.

Gemsbok ·

Orania sal plek hê vir ieder en elke Afrikaner. As die plek min raak, sal nog plek gemaak word.

Terwyl daar tans genoeg grond vir 10 000 mense is, kan daar enige tyd meer grond aangekoop word. As grondeienaars nie hul grond direk aan Orania wil verkoop nie, kan dit deur middelmanne, trusts en vriende van buite bekom word.

As die huidige 1 000 inwoners genoeg grond kon bymekaarmaak vir 10 000 mense, dan sal 10 000 mense genoeg grond kan bymekaarmaak vir 100 000 en so meer.

Johannes Comestor ·

Wat hard en duidelik gese moet word, is dat die Grondwet in baie opsigte verwerplik is. Dit hinder my dat in die tweede paragraaf na die Asiate, bruines en Khoi-San verwys word maar nie na die blankes nie.

Francois ·

Ek hou v hoe Gemsbok dink! Ek ondersteun Orania ten volle!

neelsie ·

Sodra Afrikaners in n hoek gedryf word ,gebeur positiewe dinge.
Dink aan die ‘boikot RSA’ tydvak.
Die onstaan en suksesvolle bedryf van Krygkor, Atoom Energie korp., Uraanverryking , Yskor,
ens, ens.
Ons is in Afrika geplaas met n doel.
Byt vas-kyk na Bo ,en ons sal sukses beleef!

Chris ·

Mense, soos dinge nou staan, is ek en my vrou en kind(4), STERK oppad Orania toe. Ons het baie ernstig na opsies begin kyk na ons kind byna onvoer was. Dankie Almagtige God dat Hy my instink verskerp het daardie dag. Ek PLEIT by Almal wat hulself identifiseer as Afrikaners om hulself toe te laat om die volgende ontdekking te maak: Ons toekoms is in ONS hande! NIEMAND anders s’n nie. God is op die ou einde van die dag in beheer van alles, maar hoeveel maatskappye ken julle waar die CEO net mooi ALLES doen? Laat die pennie “drop”, Daar is nog geleendheid om onsself op te bou. Orania werk al 25 jaar daaraan. Ons as Afrikaners het nog verbond met God (Gelofte dag) en God vergeet nie ‘n verbond nie. Wat Orania betref, onthou, die wereld is o klein as wat die internet groot is. Beide ek en my vrou is besig om aanlyn – besighede te bou. Sodra alles vlot, sal ons skuif na Orania om ons hande ook in die grond te slaan om die Stad te bou.

MADELAINE ·

Ons stel belang om in Oranje te kom aftree. Waar kan ons inligting aangaande behuising ens. uitvind. Ons aftrede is binne die volgnde jaar.
Ek kon nog nooit uitvind wat die koste van woon eenhede in Oranje is nie.

Skroplap ·

Ek sou dink dat ‘n besoek aan Orania die eerste stap behoort te wees.
Daar is heelwat gastehuise, waaronder ‘n vakansieoord aan die Oranje se oewer.
Google.

Fransua ·

Mense oordink die skuif na Orania te veel. Dit is BAIE makliker om te vestig in Orania as enige ander dorp of stad. Ek het my vingers stompies gewerk in Johannesburg om my besighede op die been te kry vir 6 jaar, maar ook asgevolg van misdaad geskuif. Hier val als soveel makliker in plek. Nog twee van die beste plus punte is die mense is ongelooflike vriendelik en hulpvaardig (iets wat ek nie ken in die stad nie) en my besitings word nie gesteel nie ( nog iets wat elke 6 maande in JHB gebeur het)

John ·

Orania moet soveel as moontlik grond in die omgewing aankoop. Dit is uiters belangrik, eerstens vir uitbredingingsmoontlikhede, maar ook vir veiligheid. Indien die buurgrond deur vyandiggesindes bestuur word, sal die lewe ondraaglik word. Groot oppervlaktes is nodig vir sonkragowekking. Ondergrondse waterberging (soos vir olieberging) en gewone damme moet ook beplan word. Droogtes en ‘n vyandige regering kan die rivier se gang laat taan. Sonder water, of uiters besoedelde water weens mynbou of ander aktiwiteite , is ontwikkeling swak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.