Selfbeskikking: “Orania praat vir homself”

borsbeelde-op-monumentkoppie-saam-met-die-klein-reus-orania-FB

Borsbeelde op Monumentkoppie saam met die Klein Reus in Orania Foto: Orania, Facebook

Baie water het in die see geloop sedert ANC-onderhandelaars in die middel 1990’s aan voorstaanders van ‘n Afrikanervolkstaat gesê het you are barking up the wrong tree. Daarmee het hulle natuurlik bedoel dat die knoop nie by hulle of by die grondwetlike voorsiening daarvoor lê nie, maar by Afrikaners se eie onvermoë om praktiese uitdrukking daaraan te gee.

Min het egter ten aansien van Afrikaners se aanspraak op selfbeskikking verander. Dit is steeds ‘n begeerlike gedagte – wat deur niks soveel beperk word nie as deur ons eie ongereedheid daarvoor, ten opsigte van hetsy die ordening van mense met die oog daarop of ‘n gebied wat geskik is daarvoor.

Buiten natuurlik vir Orania waar ‘n groeiende gemeenskap nie net oor die gebied nie, maar ook oor die instellings beskik om ons eie besliute te neem en uit te voer. Dat dit tans nog op ‘n beperkte skaal plaasvind, beteken egter nie dat mens die waarde daarvan moet onderskat net omdat jy dit nie wil oorskat nie.

Feit is dat Orania iets doen waaroor ander nog net praat – wat ook verklaar waarom Orania daarop gesteld is om self te praat as dit oor sy selfbeskikking gaan. Veral as dit by gewigtige rolspelers soos die Suid-Afrikaanse regering en regerende party kom, is ons op die verstandhoudings en praktyke wat oor jare gevestig is, gesteld en heg ons meer waarde daaraan as aan geleentheidsgesprekke wat nog bloot oor die gedagte handel.

Eerstens praat Orania vir homself, nie omdat ons samehang onder Afrikaners geringskat of enigiemand anders wil verhoed om ook namens hulleself te praat nie, maar wel omdat gesprek in die finale instansie nie net ‘n vraag van wie is nie, maar ook van wat. Dit help ten ene male nie om ‘n skyneenheid of ‘n eenheid van gesindheid te hê, maar oor die belangrikste kwessies wat in onderhandeling ter sprake kom, van mekaar te verskil nie.

Die Orania Beweging het naamlik 23 jaar gelede sy voet op die pad van praktiese selfbeskikking geplaas en of ons suksesse van buite nou groot of klein lyk, ons kan en wil die horlosie nie probeer terugdraai na strategieë wat ons tevore ook oorweeg of beproef het nie. Ons het besluit om ons denkbeelde aan die harde toets van die praktyk te onderwerp en ons het aanvaar dat die tyd sal leer of ons reg is. Tot dusver het ons nog geen “volkstaat” verower nie, maar wat ons het is meer as waarmee enige ander Afrikanergemeenskap kan spog, naamlik ons eie grond met ons eie instellings gebou op ons eie arbeid. Om selfs klein te doen dra meer gewig as om groot te praat en tot dusver is die tyd nog aan ons kant.

Interessant genoeg is die rede daarvoor juis opgesluit in ‘n bepaalde benadering wat ons verhouding tot die tyd kenmerk. Dit sien mens in die verskillende hanterings van die beeldspraak rakende daardie groot tydstip: twaalfuur. Vir ons is dit ‘n kwessie van realisme dat in die lewe van ons volk dit nie kwart voor… of vyf voor… of ‘n minuut voor twaalf is nie – twaalfuur is verby. Wie onder sulke omstandighede nog probeer red wat daar te redde is besef nie altyd wat alreeds verlore is nie. Wie te veel van die sinkende skip of die brandende huis probeer red, kan maklik saam ondergaan of verbrand; daar kom ‘n punt waarop mens jouself moet red, al is dit net om weer van vooraf te begin.

Om die waarheid te sê: sonder die Bittereinders sou ons volk nou wel nie die trots gehad het om uit die as van ons verlore Vryheidsoorlog op te staan nie, maar dit was die Nuutbeginners wat die opstaanwerk gedoen het. (Al was dit soms dieselfde mense, was dit tog ‘n heel nuwe taak wat hulle opgeneem het.) Hulle het die nuwe orde waaronder hulle teen wil en dank moes staan, nie geïgnoreer of misken nie – hulle kon nie, hulle moes immers selfs ‘n eed van getrouheid aan die veroweraars aflê. Hulle het dit aanvaar, maar nie daarin berus nie. Hulle het binne dié orde opnuut die gees en vermoë van selfstandigheid opgebou, daarsonder sou die volgende geslag niks hê om weer die kroon van vryheid oor te span nie.

Ons huidige verhouding met die Suid-Afrikaanse regering word deur dieselfde realisme gevoed: vanwaar ons nou staan, is ons nie in die eerste plek in ‘n stryd met hulle gewikkel nie, maar met ‘n opbouproses van ons eie besig. Daarvoor het ons so veel vriende en so min vyande as moontlik nodig, ook binne die regering. Ons doen niks onwettig nie en het niemand se toestemming daarvoor nodig nie, maar ons wil ook niemand bedreig of verras nie – óf bedreig en verras word nie. Daarom dat ons in deurlopende skakeling, meestal oor kleiner sake, met verskillende vlakke en verteenwoordigers van die regering is. Ons moes al in die verlede en ons mag weer in die toekoms nodig hê om ons op ‘n hof te beroep, maar ons sal die praktiese selfbeskikking wat ons reeds beoefen en uitbou nie bevorder deur by sake van algemeen politieke aard wat op ‘n onnodig vyandige voet aangepak word, betrokke te raak nie. Daarom praat Orania vir homself en het ons tans nie ‘n probleem om toegang tot gesprekke met die owerhede te kry nie.

Daarmee is die tweede verskil tussen Orania en ander voorstaanders van selfbeskikking se aanslag eintlik al aangeraak, naamlik die inhoud van moontlike onderhandeling. Uit ervaring weet ons dat die eenvoudige vraag waarmee volkstaters in die verlede met ‘n kluitjie in die riet gestuur is, die volgende was: waar en hoe? Die huidige regering se onwilligheid om Afrikaners se aansprake te erken, moet nie vir ‘n oomblik onderskat word nie, maar dit is nietemin ‘n billike vraag. “Tell us, what does the animal look like?” was in die verlede die frase waarmee ons terug tekenbord toe gestuur is. As daar nie nou lewensvatbare antwoorde oor ‘n grondgebied wat Afrikaners bewoon, bewerk en beskerm, gegee kan word nie, sal dit nie veel help om te praat oor wat ons mense besit nie.

Om die waarheid te sê, ons het lankal reeds ons voorbehoude oor regsaansprake wat nie met die werklikheid rekening hou nie, uiteengesit. Dit het die volgende behels:

– Eerstens dat selfbeskikking nie ‘n reg is wat in die eerste plek met behulp van regsprosedures verwerf word nie en dat Afrikaners se belangrikste taak nie is om dié regsaanspraak uit te werk en af te dwing nie. Orania se benadering is daarenteen dat ons eers ‘n selfbeskikkingswerklikheid moet skep en dat die reg hoogstens ‘n seël op dié werklikheid kan plaas.

– Tweedens dat die Volkereg by uitstek nie as deel van so ‘n positiewe reg beskou kan word nie. Terwyl binnestaatlike reg met betrekking tot ‘n hele aantal sake afdwingbaar is en herstel van onreg beloof, gee tussenstaatlike reg hoogstens voor om ‘n vergelykbare bedeling te skep. Die werklikheid is dat slegs erkende entiteite wat oor genoeg magsmiddele beskik om hulle aansprake af te dwing (en dit sluit inderdaad morele “magsmiddele” in, dus nie net wapenmag nie), enige verwagting daarvan moet hê. Maar weer eens: hoogstens om ‘n seël op ‘n aantoonbare werklikheid te plaas.

– Derdens dat mens die kar voor die perde span as jy met ander wil onderhandel oor ‘n aanspraak waarvan diegene namens wie jy wil praat, nog min onderlinge eenstemmigheid bereik het. Dan praat mens nog net oor die konsep en nie oor die toepassing van die reg nie, en oor die konsep kan die regering met reg aanvoer dat daar voldoende voorsiening voor gemaak is. Die onus rus op ons.

Orania gaan van die praktyk uit: ons onderhandel vir grond wat ons het namens mense wat ons ondersteun op die vlak wat op elke gegewe tydstip by ons vermoë pas. Ons konsentreer daarop om dié vermoë uit te bou en laat ons nie by elke poging wat nog oor die konsepte wil onderhandel, in nie. Daarom praat ons vir onsself.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Shannon ·

Carel ek stem volkome saam met jou hele benadering – volgens wat jy hier skryf.
– Sowereine bestaan is nie `n onderhandelbare ding nie, dit gebeur eenvoudig net.
– as Afrikaners nie eens met mekaar saam stem nie, hoe op aarde wil hulle ‘toestemming’ verkry by `n derde party ? En dit namens alle Afrikaners.
– die regs proses is nie die bepalende faktor nie, dis `n formaliteit.

En sowaar, ek stem nog steeds saam met jou – in die afgelope twee dekades is die oplossings van elke liewe politieke instelling en individu wie beweer dat hulle hul self beywer vir Afrikaner selfbeskikking, nog steeds teoreties. Oranie het daad by die woord gevoeg. Dis vir my eienaardig – die selfsugtigheid van mede Afrikaners – dat hulle hul self sal hees skrou teenoor mekaar oor politieke verskille en oor wie van hulle die hoogste rang het onder Afrikaners, maar nie een van die goed sal aansluit en hul self met mag en krag vir die saak van Oranie beywer nie !?

Carel, so met die hoofde gebuig en met fluister stem, wil ek vir jou sê wat jy al seker weet – ons sal dalk nie die land van melk en heuning binne stap nie. Maar mag elke bose gees op jou jag maak as jy nie volhard met die saak van Orania nie. Oor nog 50, 80 jaar sal daar wel `n jong kind wees wie lees in `n Afrikaanse handboek van Oom Carel. Die ou wie verseker het dat daar nog steeds `n wit mens floreer in Afrika.

Gerhard Schütte ·

As lid en aandeelhouer van Orania distansieer ek myself van Carel Boshoff se sienings hierbo. Ek ondersteun wel Orania so ook Kleinfontein en verseker die poging van my Volksraad, want hul vorm almal deel van ons stryd om Vryheid.

Jaco Kleynhans ·

Gerhard. Presies waarvan distansieer jy jou? Met watter argument verskil jy en wat is jou teenargument? Het jy goed oor die inhoud besin en met Carel daaroor in gesprek getree of het jy op vooropgestelde idees gereageer?

Gerhard Schütte ·

Jaco kom ons vereenvoudig dit. Hierdie is ń duidelike aanval op die Volksraad se pogings/werkswyse. Die teenargument is dat meer as 700 van Orania se inwoners die Volksraad ondersteun en nie glo net Orania is die antwoord nie. Om dan ook te spog oor Orania as die Afrikanergemeenskap wat meer het as enige ander gemeenskap naamlik eie grond en eie instellings met eie arbeid is ‘n leuen en miskenning van ‘n plek soos Kleinfontein. Aangesien hierdie blad die geleentheid gee om op skrywes te reageer en ek reageer op wat ek hier lees glo en vertrou ek dat Carel met my hier in gesprek sal tree indien ek sy skrywe verkeerd vertolk.

Ebert ·

Beste Gerhard,

Ek het weer Carel se skrywe gelees en ek sien nie daarin enige stelling wat daarop sou neerkom dat hy Orania voorhou as die enigste antwoord vir Afrikaners nie.

Ek vind ook nie dat Carel ‘n leuen vertel wanneer hy stel dat Orania meer het as ander Afrikanergemeenskappe nie. Orania het meer grond, meer water, meer werksgeleenthede, ‘n groter ekonomie, meer uitbreidingspotensiaal, meer aktiewe ondersteuners en meer instellings as enige ander Afrikanerdorp, insluitende Kleinfontein. Daarmee verkleineer ek nie Kleinfontein nie. Ek het simpatie vir die dorp en groot respek vir dit wat Kleinfonteiners regkry. Ek wys bloot uit dat ek nie dink jy is reg wanneer jy Carel van leuens beskuldig nie.

Met bogenoemde uit die weg geruim, kom Carel se skrywe vir my basies daarop neer dat hy weereens die les uitwys wat ons voorouers wat die Groot Trek, die Engelse-oorloë en die Armoedevraagstuk aangepak het, geweet het, maar wat Afrikaners wat na Republiekwording leef, skynbaar vergeet het: “Om sonder ‘n magsbasis samesprekings met ‘n afsydige regering te voer, is nie onderhandeling nie, maar bedel.”

Sonder bedingingsmag, kan ons met groot sekerheid sê dat die VVK se gesprek met Ramaphosa op niks gaan uitloop nie. Hoeveel ander gesprekke is daar nie alreeds deur uiteenlopende Afrikanerinstellings met die ANC gevoer wat op niks uitgeloop het nie? Al wat gebeur het, is dat Ramaphosa se ego gestreël is, want die Boere kom praat met hom wanneer hulle ongelukkig is en daarmee erken die Boere dat hul sy goeie wil van groot waarde ag.

Jy is egter geregtig daarop om van bogenoemde te verskil uit niks meer as blinde lojaliteit nie; om die sin van rede te verwerp en om jou daarvan te distansieër. Jou verwerping van die werklikheid gaan egter niks aan die werklikheid daarvan doen nie.

Alle sterkte met die uitbou van Kleinfontein. Ek is opreg in my simpatie met jul strewe.

Gerhard Schütte ·

Hiermee wil ek verskoning vra aangesien ek die hoeveelheid kiesers op Kleinfontein verwar het met die op Orania. Daar het bykans 400 mense in Orania gestem en nie die meer as 700 nie. Ek glo tog dat hierdie getal nog steeds die punt motiveer dat selfs die mederheid inwoners (op daardie stadium was daar minder as 700 inwoners onder 18 in Orania) die BAV proses ook ondersteun. Die feit dat Carel die BAV proses nie ondersteun nie is dan in kontras met die meeste inwoners van Orania se siening. Orania mag vir homself praat, maar die BAV praat ook namens ongeveer 400 Oraniers en nog ongeveer 40 000 ander volksgenote.

Rudolf ·

Ek dink die vvk het nou n plig om alle vryheidstrewende Afrikaners saam te trek;nie nood wendig saam te snoer nie.Dis die begin van n proses.Onthou die vryheidsryd na die ABO het 60jaar geduur voor ons weer n republiek kon kry en daardie republiek het ook net 30 jaar gehou.Geskiedenis gaan verder as nou en wat die volksraad begin het ,is n proses wat nog lank kan duur.Ten minste is dit n begin.Onthou,daar was n 80jarige oorlog.Asb.moenie more rfsultate vrwag nie.

Deon ·

Carel ek is baie trots op julle prestasies m.b.t volksplanting die afgelope 23 jaar ! Soos Flip en Dr Pieter al in die verlede verklaar het ons moet nie uitsluitend of – of dink nie, maar en + en. Ons weet die internasionale reg van selfbeskikking bestaan. Bepalings bestaan in die huidige grondwet. Maar soos jy tereg verklaar is een van die belangrikste redes hoekom ons dit nog nie kon verwesenlik nie, ons eie Volksverdeeldheid. Hartverskeurende moord en doodslag op ons Volk maak die doen aller belangrik al duur verdeeldheid voort. Oranie en Kleinfontein doen, Party groepe wag vir God, ander voel God wag vir ons, party eis Kaapstad tot Messina, ander die Boererepublieke, sommige wag vir Siener se voorspellings, ander voel ons kan vryheid nie bekostig of volhoubaar verdedig nie en is tevrede met ‘n paar regte vir ‘Afrikaanses’, ek voel ons moet die selfbeskikkingsonderhandelings begin en God vertrou dat die uitkoms dalk net nog ‘n baken op ons groter Volkspad sal wees. Ons het ‘n Koalisie van Oranie, Kleinfontein, Volksraad, Verkenners, NBV, Afriforum, ens nodig om saam te staan oor die Makro-Elemente soos Maksimale outonomie gegewe die gebiedsrealiteite, ‘n kernstaatontwikkelingsgebied langs die Oranje Rivier met sateliet-kantonne soos Oranie, Kleinfontein, Potchefstroom, ensomeer.

Fanie ·

Carel,

Baie dankie hiervoor. Selfbeskikking is ‘n erkende reg en geregverdigde strewe, maar is al tot satwordens toe deur verregses ‘n slegte naam gegee. Daarom wil meeste mense nie daaraan vat nie. Hierdie ‘Volksraad-storie’ is net die nuutste belaglikheid om Afrikaners wat na Selfbeskikking streef se geldige projekte te verongeluk deur dit na agterlikheid te laat lyk. Gaan net aan, en moet jul nie aan die handjievol ekstremiste of anti-Afrikaners aan die ander kant steur nie. Dis is ‘n groot taak om Selfbeskikking weer geloofwaardigheid te gee.

George Bester ·

Wat my bekommer is dat ons altyd op n publieke platform van mekaar moet verskil en vuil wasgoed was. Hierdie opinie van Carel kon op n private gesprek tussen die 2 organisasies bespreek gewees het. Ek dink dit was onvanpas. Sarel, ek verstaan heeltemal dat julle n ander roete voorstel en respekteer dit maar besef net dat julle dit nie gaan doen sonder die hulp van duisende mense buite Orania nie!! Ek wonder hoeveel volksgenote wat die Volksraad in hart en siel ondersteun is ook lede van die Orania beweging en ondersteun julle finansieel so? Ek dink daar is n beduidende groter groep as die ondersteuning wat die BAV uit Orania ontvang!!! Kom ons hou asb op om die vyand toe te laat om te verdeel en te heers!!!! Ons is tog slimmer as dit!!!

Jan ·

George, ek deel jou seining. Het Carel met die leierskap van die BAV gesels, na hulle ontmoeting met Ramaphosa? Ek is ‘n jare-lange ondersteuner van Orania, en lid van die Orania Beweging, en ek is ook ‘n ondersteuner van die BAV. Ek verwag van my leiers om as sulks op te tree. Kyk mekaar in die oe en sorteer julle probleme in die vergadersaal uit. Hou op om julle wasgoed in die openbaar op te hang, want dis presies waarvoor ons vyande le en wag. Of is dit dalk die doel hiervan? Ek hoop van harte dat dit nie die geval is nie.

Gemsbok ·

Tot welke mate is Orania geken voordat die BAV met die regering gaan praat het oor selfbeskikking vir Afrikaners?

AH Schlemmer ·

In Engels is daar ‘n spreukwoord, “don’ t just talk the talk, but walk the walk”. Orania ‘WALK THE WALK”, met ander woorde hulle het iets werkliks wat gevestig is en vooruitgang.

Dit is wat die Orania beweging kop en skouers bo enige ander Afrikaner groep laat uitstaan. Die ander het huidiglik niks, behalwe Kleinfontein se trek geselskap.

Dankie Karel, jy is my held!

Richard ·

Sommer met die intrapslag is hier al weer twis oor selfbeskikking. Tereg soos van die kommentators gesê het – die hele selfbeskikking kwessie word gekaap deur (jammer om dit te sê) maar ongelukkig deur kwylende regse ekstreministe. Ekstrmeniste wat nie net alles haat wat nie ‘n wil vel het nie, maar ook alles verag wat nie in lyn is met ‘n “christelike calvinistiese opvoeding” nie.

Ek myself het al heelwat pro-volkstaat webtuistes besoek. En ja, dis gewoonlik net ‘n galbrakery. En weë die een wat durf verskil – Jy word so sleggesê dat die see jou nie sal kan skoon was nie.

Die twis, en hardkoppigheid onder die Afrikaners het ek maar ner weereens beleef by ‘n baie groot aftree-kompleks, waar sowat 500 mense bymekaar gekom het – en was dit nie ‘n fiasko nie!

Eers word daar gekyk wie is Engels en Afrikaans – Ek het geskat dit was so 90% – 10% in die guns van Afrikaans, Dus het die vergadering in Afrikaans voorgegaan, maar nie sonder drama nie. Die voorsitter was al klaar uitgeskel deur vingerswaaiede omies – want hoe durf die voorsitter die “slegte Engelse” probeer tegemoed kom, om vir hulle te sê hulle mag maar in Engels hul vrae vra.

Verder was die hele vergadering ‘n geween en ‘n gekners van tande, dis ou tannies wat kla, omies was hulle “stempel” darem nog probeer afdruk met allerlei korrigerende gedrag, aan die jonger voorsitter oor hoe ‘n vergadering “eindlik” moet verloop.

Wel die vergadering is toe maar weer uitgestel, na ‘n ander datum. Ai, dit was nie die eerste keer nie.

G’n wonder die Voortrekkers het so uitmekaar gespat nie. Die Afrikaner is sy eie ondergang – dis is in ons gene. Ek weet nie hoe gaan dit (soos die ou mense sê) uitgeteel, geblixem, of gebid word nie.

Hendrik ·

Ek sien natuurlik wat gebeur by Orania, Kleinfontein en met huidige gespreke wat die VVK met die regering sal eindig in die selfbeskikking van die Afrikaner. Die modelle verskil miskien nou , effens ;-),
maar ons moet kyk na die eindoel. Selfbeskikking.

Charl ·

Welgedaan Carel, dankie vir alles wat julle vir Orania en Afrikaners doen. Dit is wonderlik om te weet dat alles wat julle aanpak met geloofwaardigheid en deurdagte doelwitte gedoen word.

Chris ·

Ek is ook ‘n jare-lange finansiële ondersteuner van Orania en lid van die Orania Beweging. Hulle doen uitstekende werk baie dankie. Hoe tragies is dit egter om ‘n staat op hierdie metode te bekom. As FW de Klerk en sy verradelike meelopers nie onvoorwaardelik gat-oor-kop sonder ‘n mandaat oorgegee het nie, sou die Afrikanervolk in ‘n baie beter posisie gewees het. Destyds tydens Kodesa kon grondgebied waarskynlik 1000 keer groter as Orania vir die Afrikanervolk beding gewees het – iets soos Lesotho of Swaziland. In die proses is die juweel van Afrika ter waarde van triljoene rand onregmatig op ‘n skinkbord aan die derdewêreldse ANC-regime oorhandig, wat soos ons nou weet, dit op grootskaal vernietig.

Johan ·

Stadig oor die klippe Chris. By CODESA en wat daarop gevolg het, was dit ‘n baie klein groupie wat oor selfbeskikking wou praat. Die meerderheid mense wat vandag hierdie trom slaan se leiers het die hele gedoente geboikot en gereken dit sal alles weggaan as ons net geen legitimiteit daaraan gee nie. En daarby was die eise toendertyd gewees vir die Boererepublieke ens. So edel soos daardie versoeke was (en dalk het dit nog legitimiteit ook gehad) sou die ANC en sy trawante nooit daardie dele afgestaan het nie. Ons het almal daardie tyd vir die Boshoffs gelag, maar vandag lyk dit of hulle reg was. Selfbeskikking sal slegs slag as jy ‘n gebied kry waar 1.) die meerderheid wit is, 2.) geen infrastruktuur is wat iemand wil he nie – dit sal maw van die grond af opgebou moet word. Doe so voort Orania en ignorer die ander spul. Dit help ook nie om 100 soortgelyke inisiatiewe van stapel te stuur nie – die Afrikaners sal moet konsentreer op een plek en dit uitbou tot iets lewensvatbaar voor hulle regtig daarvoor vra.

Hendrik ·

Afrikaners is in elke gebied teenwoordig reg oor Suid-Afrika, hoe ookal die klimaat. (Of dit nou nat, droog, warem of koue gebiede is. Beroepe word gevul in elke dorp deur Afrikaners. Dit is hoekom dit so moeilik gaan wees om net een gedeelte te kry vir selfbeskikking. Jy moet kan oorleef en groei in daardie enkele selfbeskikkingstaat. Ek staan die model van meer gebied voor, soos Orania, Kleinfontein, Balmoral, (Leeupoort ?) ens, voor. ‘n Gebied naby bestaande ekonomiese sentrum sal meer lewensvatbaar wees vir groei. Kyk maar net na getalle van Kleinfontein en Orania. Kleinfontein is in getalle al meer as Orania en beleef al hoe vinniger groe omdat naby die stad is en baie veilig is. Orania se industrieele/besigheids groei is weer meer omdat hulle verder van bestaande ekonomiese sentra is. Orania is baie dinamies om groei te lok na so afgelee plek;-) . Indien die model reg in ‘n selfbeskikkingsgebied sal die groei vanself gebeur.

Johan ·

Hendrik ek hoor jou, maar die punt is soos volg. Die lot wat nou die kitaar slaan gaan niks (NIKS) weggee as hulle dit wil he nie. Die dat ek se as selfbeskikking nagestreef wil word, sal die Afrikaners ‘n area moet soek wat onaantreklik is, min infrastruktuur het wat op aanspraak gemaak kan word dat dit “met ons en ons broers se goedkoop arbeid gebou is”, en basies alles van die grond af opbou met eie arbied (in onlangse verlede sodat daar nie aanvegbare aansprake op gemaak kan word nie). Die ANC het nie verniet gevra “hoe lyk hierdie dier” nie – daardie vraag het 3 goed gese: 1.) Julle praat nie uit een mond nie; 2.) ons wil weet hoeveel grond julle wil vat en wat daarop is en waar dit is; 3.) ons gaan niks vir julle “gee” nie. Eise gaan jou nerens bring nie – ons sal vir elke druppeltjie moet werk. Dit gaan al klaar broekskeur gaan om iets soos Orania te kry omdat dit teen die Grootrivier is.

Hendrik ·

Johan,
Ek voel dat as gemeenskappe soos Kleinfontein en Orania uitbrei teen die huidige tempo sal dit oor ‘n paar jaar lekker groot wees. Dan begin die dorp homself ekonomies onderhou. ‘n Probleem met Kleinfontein is weer dat hy naby Pretoria is en die monster Tshwane brei ook teen ‘n groot tempo soos die onbeheerste instroming plaasvind. Die neiging van die plakkers is om nader te kruip na hulle werksplekke en die owerhede ontwikkel hulle weer verder weg langs die bestaande toegangsroetes. Dus waar Orania nie meer met dieselfde probleem sit nie.
Die probleem is wie is die tromslaner enhoe gaan ons daarby verby kom..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.