Skooldissipline: Regering moet eers sý huis in orde kry

sos-onderwysersgemoed-2018-10-17-05

Dr. Danie Brink van die Skoleondersteuningsentrum. Argieffoto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Ons lees verlede week ’n brief van ’n desperate skoolhoof van Hoërskool Vanderbijlpark. Die kort en die lank van sy brief is dat die skoolbestuur boedel oorgegee het weens leerders se swak gedrag.

Ons lees ook hoe leerders, ouers en onderwysers van Bekkersdal amptenare van die onderwysdepartement in hul kantore vasgekeer het. Die groep is ontsteld, want daar is ’n nuwe skool aan hulle belowe.

Navorsing wat die Skoleondersteuningsentrum (SOS) verlede jaar oor meer as 600 onderwysers gedoen het, dui daarop dat die meeste onderwysers (63%) ’n gebrek aan klaskamerdissipline as hul grootste bron van spanning ervaar.

Minister Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, voer aan dat goeie dissipline by die huis begin. Die slegte nuus is egter dat minister Pandor se “huis” deur haar eie “kinders” verniel is toe studente meer as R800 miljoen se skade aan kampusse aangerig het tydens Fees Must Fall-betogings. Tot op hede is daar nog min van die studente vir hierdie kriminele dade vervolg . Minister Pando pas dus self nie toe wat sy nou so graag aan ouers wil predik nie. Ook in die departement van basiese onderwys is dit standaard praktyk om plundering, brandstigting en onopvoedkundige praktyke deur beide leerders en Sadou-lede ongestraf te laat.

Minister Pandor en haar kollega minister Angie Motshekga se versuim om dissipline in hul eie “huise” toe te pas, is direk verantwoordelik vir die penarie waarin ’n skool soos Hoërskool Vanderbijlpark hom tans bevind.

Straf is die logiese gevolge van verkeerde keuses en dade. Daar is niks venynigs aan straf nie, dis soos die lewe werk. Maar die ministers verkies om die blaam te skuif eerder as om te straf. Soms blameer sy apartheid en soms, soos in hierdie geval, die ouers. Dis onaanvaarbaar en onopvoedkundig om wandade ongestraf te laat en sodoende opvoedkundiges soos dié van Hoërskool Vanderbijlpark so bloot te stel.

Daar is egter steeds goeie nuus vir ouers. Selfs mét bestaande bepalings en voorwaardes, daargestel deur ’n planlose regering wat gedurig blaam verskuif, is dit vir ons moontlik om ons kinders só op te voed dat hulle die beste kans het om suksesvolle volwassenes te word. Dis noodsaaklik dat ons nie die regering sal na-aap deur ’n eksterne lokus van kontrole te hê deur die verantwoordelikheid te verskuif nie. Dis belangrik dat ons kinders self verantwoordelikheid sal neem en altyd sal poog om alles binne hul vermoë te doen om dinge beter te maak – dus ’n interne lokus van kontrole. Die uitdaging is egter om self die goeie voorbeeld te stel en nie te doen wat minister Pandor doen nie. Ons kinders gaan maak soos ons maak, hulle gaan nie maak soos ons sê nie.

In sy boek How Children Succeed, noem Paul Tough agt kwaliteite of vaardighede wat verseker dat kinders tot suksesvolle volwassenes groei, naamlik deursettingsvermoë, selfbeheer, uitgestelde bevrediging, lewenslus, dankbaarheid, sosiale intelligensie, optimisme en nuuskierigheid. Dit is ons “vreesaanjaende voorreg” as ouers om ons kinders voor te stel aan hierdie agt kwaliteite.

Dis verder baie belangrik dat ons sal onthou wat die definisie van opvoedkundige straf is – die logiese gevolge van verkeerde keuses en dade. Wanneer ons hierdie definisie onthou, sal ons minder in ons kinders se ore kerm, dreig en herhaal. Sal ons hulle liefdevol straf vir sulke verkeerde keuses en dade en sal ons opvoedkundiges bystaan wanneer hulle ons kinders by die skool straf.

Minister Pandor, vee eers voor jou eie deur. Straf diegene wat jou kampusse so verniel het. Dis die logiese gevolge van hul verkeerde dade. Tot tyd en wyl jy dít doen, gaan die ouers van die ongehoorsame kinders van Hoërskool Vanderbijlpark maak soos jý maak, hulle gaan nie maak soos jy sê nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Danie Brink

Dr. Danie Brink is die uitvoerende direkteur van Skoleondersteuningsentrum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

My Pa het ons ook baie “wetenskaplik” groot gemaak. Sy metode was: As ek die boude warm maak, smelt die was in die ore!! En dit het gewerk…

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Die regering het niks met die publiek uit te waai behalwe om die land te beskerm op sy grense….die res moet die publiek self doen….JY moet jou STOUTE kind n opvoeding gee by die huis VOORDAT jy hom na ander mense se huise,winkels,skole,kerke etc. toe vat…..jy ….ja jy….gee jou kind n opvoeding by die huis…jy het 6 jaar om hom te leer…anders los hom by die huis asb..
.
.

JohanL ·

Dankie Dr Brink vir die artikel – wens net Minister Pandor en haar kabaal ANC kaders kan dit lees, verstaan en gebruik.

Die baba wat die ANC gedurende die 1970’s gebaar her (geweld, protesoptogte, geen dissipline), byt die ANC en ons samelewing nou lelik aan die hakke.

Laat ons nou maar REGUIT en EERLIK wees – meeste van die dissipline probleme op skolevlak kom van sg swart skole of wanneer gemengde skole ter sprake is, sal statistiek wys dat swart leerders die grootste oorsaak van probleme is – let wel nie die enigste nie maar die grootste. Daar is blanke kinders wat ook ernstige dissipline probleme het, maar daar is deesdae ‘n houding onder swart kinders om onderwysers te tart en te druk tot op die limiet in die hoop om ‘n “voorval” uit te lok.

En moenie SADOU se rol in die saak vergeet nie. Die voorbeeld wat hulle stel is nie juis iets om oor huis toe te skryf nie. Totale gebrek aan dissipline.

AW ·

Dysfunctional Family Values and Morals or the absence there off !!!
The Lack of Moral Fiber from the Mother’s and or Father’s … .. .

Lena Jonk ·

Dankie dr Danie Brink, uitstekende stuk skrywe. Dis nou baie nuuswaardig. Sit hulle op hulle plek en hou hulle daar. Kinders moet gedissiplineer word, nie wreed nie, net so dat hy dit vir n leeftyd sal onthou.

lewies ·

Het die departement ooit ‘n opvoedingsfilosofie, waarin toekomstige onderwysstudente opgelei word. of is hulle filosofie “HUMANISME” en dit alleen. As dit so is het ek slegte nuus vir diegene wat by die onderwys betrokke is. Ons sien reeds die voortekens daarvan.

Oom Okkert Stywe Arms ·

Pak is soos goeie gesonde kos vir n kind. Tydens ons skooljare te Rustenburg het jy n strepie agter jou das getrek vir elke pakslae wat jy gekry het. Die ouens het dan gereeld pouse bymekaar gekom om te sien wie het die meeste strepies. Ek was nooit kompetisie nie, heeltemal te bank vir n pakslae. Ai hoe verlang ek nou na daai ‘stout’ kinderdae.

Rina Kotze ·

Die Bybel noem dat ‘n pak slae ‘n kind se lewe kan red.

Ai, ek voel nou sommer jammer vir al die verlore lewens …

Ek onthou nog my laaste pak slae, ek was 14!

‘n Pak op sy tyd en met regte gesindheid van ouer en kind, is die beste medisyne!

Dankbaar ek het pak slae gekry!!!

Hennie ·

Johann ek kon dit nie beter gestel het nie maar wil tog byvoeg dat op alle vlakke in ons skole wit en swart maak soos hulle wil my vrou is nou 43 jaar in die onderwys en dankie tog sy maak hierdie jaar klaar . Die probleem lê by die huise van die leerders want hulle word volgepomp met kommunistiese denke van breek en jy kry brand en jy kry lok uit en jy kry . Die arrogansie en patetiese mileu waarin hulle groot word is skandalig vir n samelewing wat 300 jaar opgebou is en in nkwessie van 25 jaar tot op die grond af gebreek is het gely tot die verwoestende gevolge en dit is al wat hulle beweer hulle ken. Jammer om te sê dit is verrotte denke van n sewende wêreld .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.