Skuldobsessie kan Weste kelder

vinger-wys-skuld-beskuldiging

Foto: PublicDomainPictures/Pixabay.com

Die Westerse beskawing verkeer in sy grootste bestaanskrisis sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Selfs tydens die donkerste dae van die oorlog, was daar dalk selfs meer rede om steeds in die voortbestaan van die Weste te glo, as wat vandag die geval is.

Westerse lande en gevolglik Westerse kulture en tradisies is onder druk weens massa-immigrasie uit Derdewêreldlande, demografiese verskuiwings soos die lae bevolkingsaanwas onder Westerlinge en die onvermoë van Westerse volkere om motiewe vir voortbestaan nie net uit te leef nie, maar selfs net te identifiseer.

Die kern van die probleem lê egter opgesluit in Westerlinge se behoefte om hulself vir alles wat in die wêreld verkeerd is, te blameer. Wanneer ’n seuntjie op die kus van Turkye uitspoel, is dit ryk Europeërs se skuld. ’n Natuurlike storm wat tot sterftes in Haïti aanleiding gee, is die gevolg van Amerikaners se liefde vir elektrisiteit wat uit steenkool opgewek word.

In die VSA is dit nie net generaal Robert Lee se standbeelde wat verwyder moet word nie, maar selfs Christopher Columbus se kop word geëis. Reg oor Amerika word die verwydering van standbeelde en die naamsverandering van strate, openbare instellings soos universiteite en selfs dorpe geëis.

Terwyl ’n eeueoue tradisie, bekend as Zwarte Piet, die assistent van Sinterklaas onlangs byna heeltemal in Nederland verban is, word Britte, Swede en ander Europeërs deur linkse akademici, menseregte-aktiviste en selfs regerings gemaan om met meer sensitiwiteit teenoor vreemdelinge op te tree. Sensitiwiteit is in hierdie geval slegs ’n kodewoord vir die verwerping van die eie en die bring van offers aan die armsalige vreemdelinge wie se hele hartseer lot voor die deur van die Weste gelê kan word.

Westerlinge ervaar ’n diepe skuldgevoel vir alles van kolonialisme en Westerse kapitalisme tot die Kruistogte en slawerny, ’n praktyk wat al eeue gelede deur Westerse lande afgeskaf is.

Terwyl die meeste Westerlinge geen benul het van die redes vir die Kruistogte en die politiek van daardie tyd nie, dink miljoene van hulle sonder behoorlike beredenering dat die toelaat van groot getalle immigrante uit die Midde-Ooste maar ’n klein vergoeding vir die kamma-bose dade van die Weste tydens die Kruistogte is.

Derdewêreldse volkere het oor die afgelope paar dekades die perfekte mengsel van selfbejammering en ’n slagoffermentaliteit ontwikkel sodat die mengsel hiervan met die na-oorlogse Westerse skuldgevoelens tot ’n perfekte resep vir die vernietiging van Westerse volkere aanleiding gegee het.

Liberale Westerlinge kan soveel monumente laat verwyder, straatname laat verander en die verskonings vir kolonialisme en alles wat boos was, laat inrol, slegs die simptome van ’n veel groter probleem sal aangespreek word.

’n Nuwe balans in die verhouding tussen die Weste en die Derdewêreld is nodig. Dit moet begin deur Westerlinge se herontdekking van die waarde van identiteitsbehoud en ’n poging tot demografiese herstel. Derdewêreldlande sal moet besef dat die koestering van ou wrokke en voortdurende selfbejammering nie die voordele van visie, produktiwiteit, eerlikheid en ’n eie pligsbesef inhou nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Veritas ·

‘Konserwatief’ het mos ‘n skelwoord geword. In my oë, is ‘liberalisme’ net ‘n mooier woord vir ‘slapsieligheid’. Liberale, dwarsoor die wêreld, wil ons mos loop vertel dat ons konserwatiewes, die oorsaak van alle ellende is. Ons moet jammer sê vir ons konserwatisme. Jammer oor ons geloof, jammer oor ons waardestelsel, jammer oor ons streng manier van kinders grootmaak en sommer alles wat vir ons belangrik is. Dit wil darem voorkom of daar ‘n welkome swaai na regs is in die VSA en Europa. Hier in Afrika gaan dit maar broekskeur om ons konserwatisme te probeer regverdig.

Casper Labuschagne ·

Konserwatief = behoudend. Ek het reeds genoem dat die kultuurmarxiste ons taal geïnfekteer het met hul eie begrippe en een so ‘n woord wat sy betekenis verander het is konserwatisme. In die VSA is konserwatief in linkse kringe sinoniem met Nazisme, in Europa met fasistiese onderdrukking en in SA met rassisme.

Die kern van konserwatisme is om te behou, om jou kultuur, waardes, geloof, denkwyse, Calvinistiese werksetiek en voorkoms van jou samelewing te behou. Die waardes van behoudendheid het in die eerste plek die Westerse beskawing opgebou. Maar die subtiele verplasing van woordbetekenis deur kultuurmarxiste het so daarin geslaag dat die woord “konserwatief”, wat dieselfde ding is as “behoudend”, al heeltemal ‘n skelwoord geword het.

Ons is gelukkig dat Afrikaans nog nie in dieselfde mate geïnfekteer is deur kultuurmarxisme as Engels nie, maar die grondslag van daardie verbuiging van ons idees is reeds gelê. Ons moet met hand en tand veg teen hierdie subtiele verandering in ons taal, en waar ‘n woord soos “konserwatief” reeds in terme van betekenis aan die linkses behoort, moet ons eerder ‘n suiwerder term gebruik, soos “behoudend” in hierdie geval.

Joh. 3:16 ·

As Christen Afrikaner glo ek staan die konserwatiewe samelewing op die identifisering van gemeenskaplike waardestelsels wat die individu veilig laat voel in sy groep: As die groep vry is, deel die individu ook vryheid. Liberalisme aan die anderkant het ‘n oordrewe fokus op die individu se vryheid, selfs tot die “opper vryheid” om jou los te maak van jou groep. Christus het juis sy Kerk daar gestel om te toon hoe ‘n individu juis eerder identiteit het as hy ‘n lid van ‘n Liggaam is. Liberalisme het deur etlike jare in die Westerse samelewing deur die skolestelsels die konserwatiewe groepsbewustheid soos kanker laat dood gaan. Dit sal baie jare neem, nadat skole weer konserwatief hervorm het, om Westerse denke te herstel. Die verdere ontwikkeling van die liberale denke, as dit reeds die vryheid van alle groepgebondenheid ervaar het, sal die eensaamheid van die lewe so ‘n denker na die volgende vlak van “vryheid” motiveer: “vryheid” van lewe self, nl. selfmoord of soos liberalisme die nuwe woord geskep het: selfdood. Die diep tragedies is dat die Weste in haarself disintegreer sonder ‘n aanval van buite… Liberalisme is die denke om jouself te regverdig terwyl jy jouself vernietiging…

Selfbeskikking ·

Ons moet die westerse lande se regse mense bewus maak van ons probleme hier, en n vereenigde front form om mekaar te help. Daar is magte wat die westerse beskawing wil vernietig en ons verskillende westerse kulture moet met mekaar praat daaroor. Ons moet dan ook hulle steun inwin om ons te help met selfbeskikkingsgesprekke met ons regering.

Bad Prit ·

Jammerte dat dit nie in engels is dat mens dit kan deel met die res van die werld nie. Goed geskryf en baie waar.

Therese van Schalkwyk ·

Puik opsomming van die droewige stand van sake.

Die Weste bluf hulself dat hierdie boetedoeningsproses, en alles wat daarmee saamgaan, die ‘goeie lewe’ gaan uitbrei na sukkelende Derdewêreldlande.
Die teenoorgestelde vind reeds plaas met maatskaplike stelsels wat swig onder die druk en al meer afgeskaal moet word.

‘n Wêreld waar misrabelheid, armoede en twis min of meer eweredig versprei is tussen lande word eerder in die vooruitsig gestel. Die VSA se “African-Americans”, wat permanent kwaad is oor iets, is tog bewys hiervan.

Casper Labuschagne ·

Die absurde idee waarmee kultuurmarxiste ons psige geïnfekteer het, dat jy ‘n perd moet haat omdat hy vinniger as jy kan hardloop, met die gevolglike logiese uitvloeisel dat die perd verplig is om verskuldig te wees juis omdat hy vinniger kan hardloop.

Ons raak die spoor byster omdat ons taal geïnfekteer is met die begrippe en nuanses van ‘n progressiewe linkse agenda oftewel kultuurmarxisme. Daarby stel die linkses die agenda op met ongelykheid en die agtergeblewe gemeenskap terwyl die werklikheid is dat ons die heeltemal verkeerde debat beet het.

Die geskiedkundige werklikheid is dat ‘n tegnologiese en industriële Europese gemeenskap ander gemeenskappe teëgekom het wat of in die laat steentydperk of vroeë ystertydperk was. Dit is absurd dat daar enige verskuldiging moet bestaan vanweë die gevorderde kultuur en tegnologie. Dit is net so absurd as om aan te voer dat die Japannese verskuldig moet staan omdat hulle meer tegnologies en kultureel gevorderd is as die Suidsee eilande.

Maar wat hierdie proses eintlik aandryf is die onderliggende psigiese minderwaardigheidskompleks by die afstammelinge van die primitiewe kulture. Hulle het ‘n diepgewortelde aanspraak dat hulle ‘n onreg aangedoen is en dat regstelling moet geskied, want die alternatief sal wees om die werklikheid van hul historiese herkoms te moet erken. En in die Westerse humanisme het hulle ‘n simpatieke oor, iets waaruit die kultuurmarxiste met ywer munt slaan.

Casper Labuschagne ·

verskuldiging: Die woord wat ek eerder wil gebruik om die “skuldlas” te beskryf waarmee die Europeër deur die kultuurmarxiste belaai is, is “verskuldiging” oftewel die toestand om ‘n psigiese skuld te aanvaar vanweë die produk van jou kultuur, industrialisasie, tegnologie en intellek. Die woord “verskuldiging” omskryf die toestand van humanitêre skuld wat self opgelê word baie beter.

kultuurmarxis, kultuurmarxisme, kultuurmarxiste: Die proses van infektering van die westerse taal, kulturele norme, filosofie, denke en kultuur met beginsels van marxisme met die doel om die ou westerse mens af te breek en te omvorm na die “nuwe mens” wat aanpasbaar sal wees by ‘n progressiewe agenda. Kultuurmarxisme spruit uit die werke van die intellektuele Frankfurt skool van linkse akademici onder andere Marcuse, Hokkenheimer, Adorno, Habermas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.