So gaan Zuma en sy se trawante voort

President Jacob Zuma tydens die WEF in Davos, Switzerland. (21 Januarie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma tydens die WEF in Davos, Switzerland. (21 Januarie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Dit lyk asof dit nie tot Suid-Afrika se president Jacob Zuma deurdring dat Zimbabwe bankrot is nie. Sy insolvensie is hoofsaaklik te wyte aan die regerende elite, onder die leierskap van Robert Mugabe, wat die nasionale tesourie gebruik as sy persoonlike kitsbank. Dit lyk asof vryheidsvegters, wat in ballingskap en dikwels armoede gelewe het, aan die begin van post-liberale oornames dink die lande wat hulle oorneem, het vragte inkomste om hulle te beloon vir die rol wat hulle vervul het in die stryd om vryheid. Wat hulle egter ontwyk, is die begrip dat die konstante najaag van onregmatige winste tot ʼn einde kom, soos gebeur het in die meeste post-onafhanklike state. Die uitputting van minerale hulpbronne, grond, inkomste en ander vorme van inkomste gebeur baie vinnig, maar op die een of ander manier weier die ANC om te leer by ons bure, van Latyns-Amerika tot Oos-Europa, waar tydperke van bevryding gevolg is deur ekonomiese verwoesting, oorlog en sosio-politieke onstabiliteit.

Die idee dat hulpbronne onuitputlik is, is ʼn dwaling en om so onverantwoordelik te regeer soos onder die Zuma administrasie en ANC se bestuur, is nie volhoubaar nie. Die vloed van belasting wat in private sakke vloei uit bedrieglike tenders van Nkandla, Prasa, die SAUK, die kernooreenkoms en baie meer, gaan onverpoos voort en gaan binnekort ophou. Die boodskap wat van bo na die trawante onder versprei word, is “ons dae is getel, buit dus soveel soos jy kan”. Kort na Nenegate en die rampspoedige ekonomiese gevolge wat gelei het tot R200 miljard wat ons land verlaat het, maak Paul O’Sullivan nog ʼn blik wurms oop, met al die bewyse oor die ergste bedrieglike ooreenkoms oor Airbus, so gou na Hlaudi Motsonoeng se onreëlmatige transaksie van R167 miljoen met Zuma se dogter, Gugu Zuma-Ncube, vir ʼn televisiereeks wat beduidend minder as hul gekwoteerde prys sal kos.

President Zuma se ander verbintenis, die alomteenwoordige Dudu Myeni, gaan nie ophou met haar streke nie. Sy beskou haarself as onaantasbaar, aangesien sy bande het met Nommer 1 en sy is weer betrokke by een van die afskuwelikste onwettige tenders met Airbus. Sy steur haar nie aan minister Pravin Gordhan, Zuma se bette noire in die kabinet nie, sy probeer om R256 miljoen uit die SAL se fondse af te keer na ʼn twyfelagtige maatskappy genaamd BNP Capital, “tot voordeel van ʼn driekamerspan genaamd BNP waarvan die lisensie toevallig opgeskort is deur die Raad op Finansiële Dienste”. O’Sullivan het gevind haar voormalige maatskappy, Quartile Capital, was “nie geskik vir enige doel nie”, met verskeie hofbevele teen die maatskappy en sy direkteure wat miljoene rande beloop. Die maatskappy het nie eens gekwalifiseer vir ʼn belastingsertifikaat nie en skuld die SAID sowat R1.5 miljoen aan BTW.

Met BNP Capital herhaal sy dieselfde taktiek, ten spyte daarvan dat dit op elke vlak gediskwalifiseer is, deur weereens ʼn tender van R256 miljoen teen Nedbank en DeLoitte’s se tenders in te dien om R15 milard in te samel om die SAL se leningsboek en huurkoopooreenkomste te herstruktureer. O’Sullivan beweer die werk moet op die meeste R1 tot R1.5 miljoen kos.

Hierdie aanhoudende stroping behoort Suid-Afikaners in die strate te kry totdat die korrupsie ophou. Maar Jacob Zuma en die ANC weet dat, terwyl die middelklas regtig gatvol is, hulle nie die mag het om die bedanking van die president te eis nie. Indien die media kwalik die slinkse ondergrondse werksaamhede van die korruptes kan begryp, hoe kan ons van die massas verwag om die ingewikkeldheid van agterlangse korrupte optrede te verstaan? So gaan Zuma se trawante voort om soveel as moontlik rykdom bymekaar te maak as wat hulle kan voordat hulle uitgeskop word. Die omset in hoofde en rade by die SAL verskaf boeiende leesstof. Die astronomiese bedrae wat uitbetaal word aan senior amptenare vir die verwoesting van die staatsonderneming sedert 1994, wys dat niemand in staat is om die staatsentiteit na behore te bestuur wanneer regeringsinmenging en die tentakels so diep en endemies is nie. Dit is presies waarom en is die modus operandi met enige staatsinstelling sedert die begin van ons nuwe demokrasie om ʼn elite te skep met gevestigde belange wat die status quo sal ondersteun.

Dit is gou, na die ANC se oorname in 1994, ontdek dat staatsinstellings die kanaal is waardeur politici in ʼn kits kan ryk word deur sakereëls en die reg in die geheim te omseil. Die ingewikkelde netwerk van patronaatskap, baantjies vir boeties en familieverbintenisse het vinnig gelei tot die “mafia-sasie” van die Suid-Afrikaanse staat, meer eufemisties genoem “staatskaping”. Maar dit is meer as dit. Dit is gewoon diefstal deur diegene in beheer wat glo hulle is verhewe bo die reg. Die enigste positiewe aspek aan hierdie afwaartse spiraal is dat dit ook tot ʼn einde sal kom. Vra vir Mugabe. Maar net wanneer die land so kaal gestroop is van sy hulpbronne dat dit nie langer sy staatsamptenare kan betaal nie, dienste kan lewe aan sy skole en hospitale nie en die banke is bankrot. Dit is hoe ons dit doen in Afrika. En voordat ek aangekla word van rassisme, wys vir my ʼn suksesverhaal uit Afrika.

Tensy opposisiepartye saamstaan en saam met gemeenskapsbewegings en groepe vanoor die hele spektrum, ongeag kleur en politieke verbintenis, werk om die skelms uit hul ampte te verwyder, sal hulle wat weier om dit te doen, die status quo voortsit. Ek het net gister gehoor hoe die minister van finansies aanspraak maak op hul sukses met belastingontduikers, selfs diegene anderkant die grens. Kan hy nie ook die skelms uitwys wat met die president verbind is wat miljoene en miljarde steel deur bedrieglike verkrygingsooreenkomste nie? Waarom moet ons pligsgetrou wees en ons belasting betaal wanneer ons geld verkwis word op die luukse lewenstyl van Zuma se vroulike trawante, sy vroue, sy baie kinders en vriende? Ongelukkig het baie van ons sosiale bewegings hul eie agendas, gerugsteun deur vragte geld wat hul doel sal dien eerder as die eenheid en versoening in die land. Hul aansporing vir transformasie is om hul eie heerskappy te vestig en daarom sal Suid-Afrika dieselfde roete volg as Zimbabwe.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ja-nee ·

Baie dankie vir hierdie deeglike uiteensetting van ons huidige situasie en waarheen ons op pad is.

Johan 2 ·

Baie onrusbarend en 100% in die kol…wonder waar kruip die linkses nou weg…nie dat dit werklik saakmaak of enigeiets verader nie.

Marietjie ·

Ek stem saam met Rhoda dat SARS by sy eie huis moet begin nl zuma en kie en dan die wolwe los laat op die belasting betalers deur van debt collectors gebruik te maak wat nou n hekse jag op die gewone burgers in die land wil voer. Dit is baie verontrusbaar dat die wets toepasssers nie die moed aan die dag kan le om hierdie skelms zuma en kie kan vasvat nie, maar wil die wette op die lands burgers toepas. Selfs die kerke is dood stil, dit rys deesdae soos padda stoele op want skielik is dit ook n maklike manier om geld te maak word net n predikant of pastoor en die gemeente sorg dat jy in weelde leef.

Otter ·

Ek raak geirriteerd met mense wat alle kerke oor dieselfde kam skeer (ek kan net aanneem dat hulle boonop sommer heidense relegie en sektes hierby insluit). Die Gereformeerde Kerke van Suid Afrika vermaan wel die regering, sonder om by politiek betrokke te raak. GKSA laat hom ook nie koöpteer deur ANC wanneer hulle lus is om die witmense te paai met “gesprek met kerke” nie.

Kiepie ·

Het die nominasies vir ‘n plaasvervanger vir Thuli Madonsela al gesluit?

Penellope Jones ·

Het hy enige begrip van enigiets, of dalk te veel en gebruik dit tot sy luukse voordeel . . . . . . .

christine ·

Kiepie ongelukkig het dit al gesluit as die trawante so op strooptogte gaan dan dink mens ou jare het hulle mekaar se beeste al so besteel. Oor drie honderd jaar sal dit nog so wees hulle kan nie leer nie, nie in Zim nie en ook nie hier nie. Gewetenloos en soos iemand jare terug gese het kan nie opgevoed raak nie. So jammer.

Andre ·

Die ergste van alles is dat ons moet toekyk hoe die ekonomie vernietig word.Is daar iets wat die minderheid kan doen om die agteruitgang te stop ??

Lida ·

Ons almal weet wat ons kan doen om dit te stop maar mag dit nooit ooit hardop sê nie.

dirk ·

baie knap geskryf! voorwaar goeie leesstof en heelwat om oor na te dink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.