Só het “transformasie” SA rugby verswak

Springbokke_vs_AllBlacks_Ellispark_Skare_GBJordaan_001-1024x683.jpg

Foto: GB Jordaan

Sosiale media het dié naweek behoorlik gegons ná die Springbokke se skoknederlaag op hul tuisveld teen veertien spelers van die beseringgeteisterde Ierse rugbyspan. Ekself het dit nodig geag om Fikile Mbalula, die minister van sport, op Twitter daarop te wys het dat politieke inmenging in rugby onafwendbaar tot skoknederlae sal lei.

Die reaksie van die selfaangestelde waghonde vir politieke korrektheid op my twiet was voorspelbaar. Daar was natuurlik die valse beskuldiging dat ek ’n rassis is wat glo dat sogenaamde wit spelers altyd inherent beter is as sogenaamde swart spelers. Wat ek nie verwag het nie is dat daar selfs ’n paar Afrikaanse joernaliste – wat nie veronderstel is om hulself aan lui denke skuldig te maak nie – was wat in hul poging om “transformasie” te beskerm my daarop gewys het dat baie van die wit spelers Saterdag swak gespeel het en dat dit ’n oorwegend wit span was wat verlede jaar geskiedenis gemaak het deur die eerste keer teen Argentinië te verloor. Hieroor is hulle uiteraard reg, maar hulle mis die punt van my argument.

My standpunt dat “transformasie” SA rugby die afgelope paar jaar stelselmatig verswak het, is nie ’n vingerwysing na enige afrigter of speler – swart óf wit – nie. Dit is eerder ’n vingerwysing na ruggraatlose rugbybase wat toegelaat het dat die gehalte van SA rugby verswak deur onder meer Mbalula toe te laat om ’n politiesgedrewe rassekwotabeleid onder die dekmantel van “transformasie” op SA rugby af te dwing. Wanneer Mbalula sê “Spring!”, dan vra die rugbybase skynbaar hóé hoog hulle moet spring.

Dié rugbybase het skynbaar nie agtergekom dat die woord “transformasie” nie in die Suid-Afrikaanse Grondwet voorkom nie. Ook nie dat “transformasie” intussen in ’n kodewoord ontaard het waarmee die ANC deur rasgedrewe sosiale ingenieurswese poog om beheer oor elke terrein in ons samelewing te verkry nie.

AfriForum is ten gunste daarvan dat elke kind in hierdie land, swart én wit, blootstelling aan sport en toegang tot afrigting en fasiliteite moet hê. Die feit dat 80% van Suid-Afrikaanse skole tans egter wanfunksionerend is, is die belangrikste rede waarom nie almal dié geleenthede kry nie. Die regering se onvermoë om skole reg te ruk, word nou verdoesel deur die probleem elders te soek en met kunsmatige stappe soos die afdwing van kwotas te probeer regruk.

Dié kwotabeleid – wat onder die dekmantel van transformasie op rugbyspanne selfs op skolevlak afgedwing word – verswak SA rugby struktureel. My argument is soos volg: Om ’n speler wat die potensiaal toon tot een van die wêreld se beste spelers in sy posisie te ontwikkel, moet dié speler se spel ontwikkel word deur hom in en teen die beste moontlike spanne te laat speel. Sowel wit as swart spelers word die beste as hulle saam met en teen die bestes speel. Deur in provinsiale skoletoernooie met meriete weg te doen ten gunste van ’n kwotabeleid, word die gehalte van die spel wat daar gespeel word onafwendbaar verswak. Die polities korrektes kan ontspan: Ek bedoel nie dat swart spelers ’n span verswak nie; inteendeel, daar is briljante swart spelers wat hul plek in spanne verdien. Wat ’n span wel verswak, is wanneer die rassepolisie – wat sommige rugbybase en politici insluit – ten alle koste ’n rassekwota wil afdwing deur spelers te kies wat op meriete alleen nie die span sou haal nie.

Die kwotabeleid verswak SA rugby verder deurdat heelwat wit spelers wat die potensiaal het eerder hul heil in die buiteland loop soek of ná hul skoolloopbaan heeltemal ophou rugby speel – of in ander gevalle selfs gedwing word om ’n ander posisie te speel om hulle kanse te verbeter om gekies te word. ’n Mens moet ook simpatie hê met talentvolle swart spelers wat nou slegs as kwotaspelers gebrandmerk word.

Soos die gehalte van die spel plaaslik afneem weens die aandrang op rassekwotas deur Mbalula en sy mede rasideoloë in rugbybesture, sal SA rugby (en natuurlik ander sportsoorte ook) toenemend sukkel om internasionaal kompeterend te wees. Die tekens is reeds daar dat ons begin het om dié punt te bereik.

Wat eerskomende Saterdag se wedstryd tussen die Springbokke en Ierland betref, wens ek Allister Coetzee en sy spelers, wit én swart, alle sterkte toe. Dit is nie hulle skuld dat ons sport die slagoffer van politiek geword het nie. Ek hoop hulle wen – net soos ek hoop dat die waghonde vir politieke korrektheid nie ‘n moontlike oorwinning sal gebruik om voor te gee dat alles nou weer wel is in SA rugby nie. Alles is nié wel nie.

Elke ware sportliefhebber moet nou doen wat hulle kan om ons sport te normaliseer en van die nadelige kwotabeleid te red. Dit is juis om hierdie rede dat AfriForum en Solidariteit nou gesamentlik ’n “Nee vir kwotas”-veldtog van stapel gestuur het wat onder meer behels dat die kwotabeleid in die Suid-Afrikaanse arbeidshof en by internasionale sportliggame en die Verenigde Nasies beveg gaan word. (Lees meer oor die veldtog) 

Solank as wat jongmense se sportdrome deur politici se rasbeheptheid vernietig word, het ons elkeen ’n verantwoordelikheid om nee te sê vir kwotas.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Kallie Kriel

Kallie Kriel is die Uitvoerende Hoof van AfriForum.

Deel van: Meningsvormers, Rugby

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

cobusp ·

More Oom Kallie, Ek is so bly dat deur jouself en Agriforum tenminste ruggraat het om op te staan en die streep getrek het, genoeg is genoeg. En glo my wat jy noem en hoekom die veldtog daar is om kwotas te stop het niks met rassisme te doen nie. Rassisme het n idioom geword waar agter mense skuil om hulle self te verruik, te diskrimineer teen ander mense en om gekeerde apartheid toe te pas. Kallie julle moet vasbyt hoe meer mense dieselfde begin dink gaan die damwal breek. Interessant dat ex Bok Ockie Ootshuizen n brief geskryf het en n beroep gedoen het dat Springbok en alle rugby gebiokot moet word, dus wedstryde bywoon, borge, mense wat betrokke is by rugby. Laastens het Sanzaar n vorm, wat m menings opname doen wat n persoon kan invul oor hoe jy voel oor die Super rugby. Ek doen n beroep aan mense wat sterk oor rugby voel oor wat aan die gang is die menigspeiling in te vul. Dit is op Sanzaar se webblad.

M A ·

Maroela, kan julle nie ‘n lys van algemene woorde iewers hier plaas, wat Afrikaanse mense kan help met die verskil tussen ei, y, ui, ens? Ruik is iets wat jou neus doen, verryk is wat jy doen as jy geld insamel. Mense lei, lui en ly, skyl, breuk en gaan tekere met hierdie letters dat die biesies bewe en dis skokkend dat trots Afrikaanse mense hulle taal so mismaak.

Lance ·

Ag doen maar wat jy wil minister gaan speel self dalk slot …stel nie meer belang nie dankie

Basson ·

Met reg is daar ‘n groot oproer oor die politieke inmenging in sport, maar ek kan nie glo dat daar nooit soveel aksie en bohaai was oor BEE wetgewing wat daarop uit is om die ekonomiese toekoms van die wit Suid Afrikaner te vernietig nie?

PMB ·

Basson ek weet nie waar jy was nie maar daar was groot bohaai oor BEE. Besighede het daar teen geskop maar die wetgewing was in plek. Ek weet van mense wat hulle besighede gesluit het in protes teen die wetgewing. Mense was op straat gesit toe die plekke hulle deure sluit. Tragies. Ek is baie lief vir my land en sy rugby maar nadese walg dit my. Ek sal seker nooit weer kan se ek is trots Suid Afrikaans nie?

Loeis ·

Natuurlikk is die kwotabeleid rassisties – wat anders kan dit wees.

MAAR. Rugby het lankal ‘n baie invloedryke afgod geword. Nelson Mandela het selfs in sy boek Playing the Enemy beskryf hoe hy mense se obsessie met rugby tot sy voordeel gebruik het.

Ek wens die minister alle sterkte met sy pogings toe en spreek die hoop uit dat hy Suid-Afrikaanse ruby sal afgradeer tot wat dit regtig is: ‘n sport, net dit. Dis al wat dit is, en dit is regtig nie belangrik nie. Tyd dat dinge in konteks gesit word, en dit is die eenvoudige waarheid.

Ben ·

Loeis dit is presies daai houding wat die anc soek, want hulle weet as hulle als gelyk vat gaan mense dit nie aanvaar nie ,daarom vat hulle stukkie vir stukkie en mense met so houding dink aag dis net sport ,wat is volgende en volgende en volgende.

Jan Els ·

Hoekom het ons in die eerste plek ‘n Dept van Sport? Ons het nie geld om sportgeriewe op te rig nie, nie afrigters aan te stel nie en ook nie geld om ons sportspanne oorsee te stuur nie. Die bietjie geld vir sport word verkwis deur die Dept van Sport op salarisse, konsultante, hotelle, geboue, vlugte en etes vir amptenare. Indien hulle wel iets doen is dit om te dreig, te intimideer en voor te skryf. Die voorbokke wat SA sport melk op hierdie manier is “konsultante” soos Von Zeuner en kie.

Jean ·

Die huigelaars in SARU en IRB geledere ken geen perke nie. Beide se grondwette verbied enige vorm van diskriminasie op grond van etnisiteit. Waarom dit dus toelaat in Suid-Afrika? Daar sal groter lawaai gemaak word, maar ongelukkig sal die witman maar meer sy slap rug draai en (dop in die hand) die gemors ondersteun wat rugby genoem word. Okkie O se hart is reg…waar is die ander?

Schalk ·

Dit is jammer dat die spelers wit, bruin en swart of in enige volgorde van kleur, nie die trots het om op te staan en insluiting in sport van enige aard op enige vlak te kan weier om te aanvaar as gevolg van prestasie en verdienste.
Trots word gekweek en is in elkeen van ons om te ontwikkel en uit te beeld.
Dit is ook jammer dat elkeen wat skuldig is aan die afdwing van politieke besluite nie kan sien watter skade aangerig word en hoeveel drome in skerwe is as gevolg van mense wat aansien soek nie. Respek word verdien en nie afgewing nie Mnr die Minister en Trawante.

Frik ·

Baie akkuraat, en die regering se sosiale inmenging kan, soos met regstellende aksie in die algemeen, natuurlik nie regverdig word nie, maar ek stem saam met n vorige kommentator. Rugby het jare terug die Afrikaners se afgod geword en hulle op skokkende wyse blind gemaak vir wat om hulle aan die gebeur was. Instede daarvan om as n nasie saam te staan of om tyd te spandeer aan ‘n politieke oplossing vir die noodtoestand waarin die Afrikaner besig was om te verval het hulle naweek na naweek na stadions gestroom of voor die TV neergeplons om deur die rugbygod vermaak te word terwyl die land besig was om te brand. Hulle het die ekonomiese mag gehad en kon verkies om nie wedstryde by te woon nie en so ten minste standpunt in te neem teen die staat se inmenging. Soos met soveel ander dinge het almal egter blindelings agter hulle godjies aangeploeter sonder om op te let hoe die omgewing verander het.

Frik ·

Vervolg: “Manne” wat vroeg in 1994 nog die ou SA vlag rondgeswaai het en besope of nugter gesweer het hulle sal sterf vir “hulle” land of vlag het maande later die “nuwe” Suid-Afrika bewustelik of onbewustelik omhels en met siek geesdrif die “nuwe” SA se vlag rondgeswaai. Die meeste van hulle het hulle politieke bewustheid opgeoffer om sport te ondersteun. Die huidige gekerm oor transformasie in rugby deur hierdie ruggraatlose ondersteuners (en ek praat nie nou van die geldige argumente wat Afriforum maak in artikels soos die een hierbo nie) laat my dink aan die grap van die man in die kroeg wat n oulike dame langs hom gevra het of sy vir n miljoen Rand by hom sou slaap. Sy dink n rukkie na en se toe sy dink sy sal. “Wat van vir n honderd Rand?” vra hy. “Ek is nie daai tipe meisie nie”, se sy bitsig. Waarop hy antwoord: “Nee, ons het reeds vasgestel jy is daai tipe, ons kibbel nou net oor die prys…” Die regering het lankal vasgestel julle is n klomp slapgatte, julle kibbel nou net oor hoe slap julle was om hulle toe te laat om julle so aan julle neuse te lei…

Ben ·

Dankie Frik jy slaan die spyker op sy kop .
Almal is vinnig om te bla bla bla maar saterdag sit hulle daar met die nuwe vlag en betaal die mense wat ons sport afbreek se salarus , en maandag bla bla hulle weer. Rugraatloos

Koos Karoo ·

Verskoon asb die rooitaal, maar dit is soos ek dit ontvang het:
“The IRB rule book on racial discrimination reads as follows:
In terms of By-Law 3 of the IRB rules and regulations, the IRB is compelled to prevent any form of racial discrimination in rugby. IRB Regulation 20 also stipulates that any action which may be construed as racial discrimination will be regarded as misconduct. In terms of By-Law 7, not only is a country’s international team bound to this; the provincial rugby unions resorting under a country’s board must adhere to these principles as well. In terms of By-Law 9.4(r) the IRB may institute disciplinary steps against any rugby body that violates these rules.”

Jean ·

Dit is presies wat ek probeer verduidelik, en waar ek die vraag vra….wat maak SA anders? Waarom laat die IRB ‘n lidland toe wat beslis nie die IRB (as ook sy eie grondwet) verkrag??

Apie ·

Wat van , dis tyd dat spelers wat weet hulle is daar net vir die “show”, opstaan en erken dat hulle nie goed genoeg is om op hierdie vlak te speel nie en terug te staan .

neelsie ·

Mbalula,
‘ Nooit sal ons weer n wereldbeker in Rsa sien nie.
Hoop jy is nou tevrede met jou poging om die blankes by te kom.’
Rugby het my nou totaal verloor.
Was nogal aardig om vir die Iere te skree!
Kan nie sien dat Bokke die reeks kan wen nie.
Coetzee sal sy sokkies moet optrek,……maar, o ja hy sal nie ontslaan word nie.

nugter rialis ·

As GROOT springbok en rugby ondersteuner het ek GEEN probleem daarmee dat die springbok embleem in totaliteid van die groen en goud trui verwyder word en vervang word met n ZEBRA nie! van nou af is ek n Zebra ondersteuner-n Zebra verteenwoordig 50/50 swart en wit…dis mos wat die minister en politici WIL hê….Gooooo ZEBRA’s

martin ·

Ek wil net weet hoekom word daar nie bietjie druk op die sokker gesit om wit spelers in te kry nie.Als word net om rugby en krieket gedoen.

sorika ·

Ek respekteer alles wat almal hierbo sê, maar dit is darem lekker om een keer per week al die korrupsie, moord etc van ons land te vergeet en soos een nasie saam te skreeu vir ons groen en goud! Vir party is dit miskien ‘n afgod, maar dit is darem lekker om te skreeu en uiting te gee aan opgeboude gevoelens! Politici het uit idees gehardloop hoe om ons land nog meer soos Zimbabwe te maak. Hulle sal nou enige iets probeer. Daar is ‘n gesegde wat sê: “Die hoë bome kry altyd die meeste wind” Ek wag geduldig vir die winde om te begin waai. Afriforum julle het my steun 100%!

Johan Swart ·

Ek stem saam met die brief, maar wil verder gaan deur te se dat die feit dat kwotas afgedwing word, baie goeie spelers na die buiteland uitwyk, waar hulle meer geld verdien en seker is van sekuriteit. Daar IS baie goeie swart spelers en manne soos Habanna, JP Pietersen en ander is op meriete daar en word deur almal ondersteun!!

charmaine ·

Ek verstaan lekker hoe werk transformasie nie? Wat se kleur is Morne Steyn?
O ja, ai tog ons is goed om die bollie reg te maak, pleks hulle net herken hulle kan nie sonder ons nie. En wat prober Morne Steyn bewys?

Janee ·

Wat maak Garth April in die springbokgroep as hy nie bevoeg is om te speel nie. Dit is nie die plek om ‘n speler te ontwikkel nie, sal hulle dit met ‘n wit speler ook doen. Dit is hoekom ons rugby in so ‘n gemors is. Al uitweg, bring meriete terug, swart en wit.

chrisp ·

Ek kan geen span ondersteun wat teen my seun en ander diskimineer nie. Nooit nie en het dus die Protea vretende springbok lank reeds begin verafsku en ondersteun die Iere en die All Blacks onderskeidelik. Hoe kan enige nugter mens iets ondersteun wat hom en sy kinders net wil benadeel dis so goed soos selfmoord of op die beste masogisties.

Springbok rugby bestaan reeds lank nie meer nie mense, daar is slegs ‘n dop oor.
Ek mis omtrent geen skole rugby nie en geniet dit geweldig.
Al Wat hieruit gaan wen is die Bokkie week en ek is dankbaar daarvoor;

Wonder maar net ·

Die swak rassistiese regering wil die mens se siel dood maak!

Theuns ·

Dankie Kallie. Ek se alles waarvan hulle jou nou beskuldig. Die ouens is so arm in die kop dat hulle nie besef dat Kwota Spelers en Spelers wat op Meriete gekies is nie ‘ n baie goeie ‘mix’ is nie. Die gevolge is paviljoene wat leeg word en borge wat verdwyn. Saturdag? Laat ek vir fikile nog n dop Irish Coffee skink! Kry vir jou!!!

christine ·

Kyk al n jaar nie meer nie. Net snaaks almal se monde was Saterdag nog so vol van gaan nie meer nie dieselfde middag sit hulle skoueraan skouer en skree in die Stadion

Boela ·

Stem 100% saam, Christine – ek het SA rugby en krieket lank terug reeds afgesweer. Ek het dit uitsluitlik gedoen weens politieke inmenging in dié sporte, en omdat ek nie die ANC-regime se rasse-ideologie ondersteun nie. Ek het jare laas na ‘n SA rugby- of krieketwedstryd op TV gekyk, en ek gaan al vir amper ‘n dekade lank nie meer na stadions toe om daar na wedstryde te kyk nie. En ek mis dit glad nie!!!

AJ ·

Al die rugby ondersteuners moet privatiseer deur ‘n vrye organisasie te stig as opposisie vir SARU.
Neem die Springbok embleem saam en los die RSA vlag by Saru.
Streeksklubs vir senior en junior spelers affillieer dan by Springbok Rugby ,,, en los Mbalula en SARU se soustrein ryers om te gaan swart spelers soek in die townships om hulle minderwaardige rugbyspanne vol te maak.

Die borge sal toustaan om Springbok Rugby te borg omdat net die beste daarin sal gekies word.

Rugby het nie vir Mbalula en gespuis nodig nie.

At van Jaarsveld ·

Voeg hierby die enorme bedrae geld wat aan spelers, afrigters, beamptes, skeidsregters,ens betaal word . Versprei finansies in jou eie land sodat jy ten minste 8 provinsiale spanne het waar daar kompeterende rugby gespeel word . Geld maak dat groot provinsies se spanne al die ander se spelers koop. Die krag word dan net in een provinsie opgehoop en selfs briljante spelers moet opdie reserwe bank sit. Dit gaan lankal nie meer vir die ondersteuners oor wie speel nie maarr oir die kleur van n trui. Versprei jou krag eweredig sodat meer spelers blootgestel word aan krag teen krag. Dan sal ons nie teen 14 man (vir n tyd 13) van n sogenaamde kleiner rugbyland verloor nie

jimmy ·

Ek dink ons almal verloor fokus deur frustrasie met verloor. Of dit nou wit of swart coach is, meet hom oor n tydfase van 10 of 15 internasionale wedstryde. stel voorwaardes en doelwit op om oor n fase ten minste 70% wen rekords. Na dit, indien jy nie voldoen nie kan publiek en bestuur oordeel en reageer en sodoende bepaal dat afrigter of transformasie nie werk nie.

Jannnie-vattie -k-nie ·

Net jammer Kallie Kriel jy het niks gese toe Heyneke teen Japan verloor het nie(ek verloor liewer teen Ierland! Gee Ällister en die manne ‘n kans.Transformasie moet daar wees weens die ongelykheid in ons skole,klubs,samelewing,ens.Go Bokke!

deon ·

As transformasie toegepas moet word kyk na toekouergetalle wat wedstryde bywoon werk persentasie gewys uit hoeveel wit en swart toekouers die wedstryde bywoon. Bepaal dan daarvolgens wat die belangstelling in rugby is . Ons geld om wedstryde by te woon betaal vir dit wat in r ugby plaasvind. Deur weg te bly ontneem ons Saru van enige inkomste wat deur hulle deur hulle polities gedrewe gesindhede op ons probeer afdwing. Sonder geld kan hulle niks doen nie

Koos ·

Politieke inmenging het nie net ons sport negatief getref nie,kyk maar na die res van ons land staatsdiens,munisipaliteite ens.Om teen die wereld se beste rugby lande te speel en te wen is moeilik genoeg.Die All Blacks kies hulle sterkste span ongeag ras of kleur so ook al die ander sterk lande,hoekom nie Suid Afrika nie? Transformasie en kwotas is n rookskerm om teen blankes te diskrimineer.Ek is n WP ondersteuner maar my logika laat my vra waar was Jaco Kriel,Ruan Combrink verlede Saterdag en Pieter/S du Toit op die reserwebank? wat n gebrek aan rugby kennis of is dit kwotas se skuld.

Sci Fi ·

Noem die span sommer die Transformers en maak ‘n einde aan die getwis.

Frans ·

Ek weet somer kla wat die jaar gaan gebeur rugby sien sy gat hou ma net die nuus dop da n klomp political misvorm persoone daar wat vir dit gàan sorg hul moet meskien die Cuptas kaans gee om die speelers te kies en ons Koning die afrigter

Theuns ·

Transformasie is ‘n deurlopende plan. Die doelpale gaan verander word soos die teiken van 80-9-9-2. bereik word. Die volgende fase gaan wees 89% Swarspelers-9% Bruinspelers -2% Indierspelers wees. Volgende fase 91% Swartspelers 9% Bruinspelers. Finale teiken 100% Swartspelers. Ek sal baie bekommerd wees as ek ‘n Bruinspeler is. Hoe gaan die ANC die doel bereik? “Die ANC gaan vir Anderster Coetsee gebruik om dit te bereik!” Dit gee nuwe betekenis aan die ANC gesegde ” We will use useful idiots to achieve our goals”. Dit vind so subtiel plaas dat die goed gelowige Anderster nie eers sal agterkom wat gebeur nie en sal selfvodaan voortgaan om te poseer vir foto’s met Fikile ter viering van die mees getransformeerde span.

Frans C ·

Die nederlaag teen die Iere is nie te wyte aan die spelers nie, hul kies nie hulself nie,maar wel swak span keuse

In 1960, nog nat agter die ore, sien ek hoe die Springbokvoorry die beroemde All Black voorry soos spykers omvou en hou ‘n losskakel die bal so hoog en net so ver skop dat selfs die stadigste ou by dit kan kom en die vanger met die gras gelykmaak.

Nouja tye het verander en rugby ook, maar Saterdag sien ek dat ‘n Springbokskrum nie
‘n 7-man Ierse skrum kan roer nie, inteendeel die 7-man skrum hou die Bok-agtal so vas
dat hul nie kan roer nie en sukkel om die bal weg te kry, wat wou nog ‘n bres of twee in die middelveld slaan. Skande sê ek vir myself -bokke behoort hul kop in skaamte te laat sak.

Dus die eerste les wat die nuwe afrigter moet leer, kies ‘n agttal wat kan skrum met ‘n agsteman wat slim met 9 en 10 kan kombineer en doen weg met manne wat hul lyf agterspelers hou en soos vinke aan ‘n skrum hang of soos meerkatte hul kop uit ‘n gat oplig
om te sien wat anderkant aangaan. En kies sommer ‘n vleuel wat die bal in die regte hand dra, want selfs in 1960 het ‘n Springbokvleuel lag-lag om die beroemde Don Clarke gehardloop en in 1995 het Hendriks die beroemde Wallabyvleuel, maklik geklop, want die ouens aan hul binnekant het geweet om te trek en te ‘pass’.

CHARMAINE WALL ·

JA EK NET SO KWAAD,RUGBY NIE MEER RUGBY,ALLES DEESDAE OOR POLITIEK,EN KYK WAAR LE ONS PRAGTIGE LAND MET POLITIEK,GAAN ALLES NOU WEER VOOR RASISSME SE DEUR GEPLAAS WORD!RERIG DAAI STORIE AL HOLRUG GERY!

Roy ·

Die rugby wat op skole vlak geleer word …. word nou weerspeel in die senior gelerdere. Dit gaan jare neem om by die Nieeu Zeelanders se spel vlak aan te pas. Die “stampkar” rugby is iets van die verlede! Die oortredings waarvan Frans Malherbe en geledere hulself skuldig gemaak het is as nagevolg van die “stampkar” taktiek. Terloops daar was nie een soortgelyke oortreding van Nieeu Zeelanders in hel wedstryd teen die Wallis span nie. Die afrigters van ons skole spanne moet weer geskool word om by die moderne spel in te pas.

Deon ·

Theuns, dit is waar. 1988 al het politici ingemeng by rugby(Sport). Sogenaamde Voederspanne. 8/7 beginsel. Was slagoffer in eerste wedtryd teen toerspan. 10min voor wedstryd in kleedkamer my no10 trui geruil met 20. My velkleur te lig. Suidsee Eilande/Barbarians-Fidji. Ek was redelik ontstoke. Daardie jare was in intelligensie kringe reeds n dokument ter tafel wat n duidelike 30jaar plan uitgestippel het rondom die anc se totale “struggle” program. Terug blik op geskiedenis en program is hul nou besig met die laaste standbeelde. Ons het massa meelopers in ons eie geledere wat net vir eie gewin maar ten koste die saak van meriete kelder. Ek spits my nou toe op gholf en geniet dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.