Dawie Maree, FNB-sakeondernemingshoof van bemarking en inligting vir landbou
Suid-Afrika het in die afgelope maande sleg onder voëlgriep deurgeloop. Dit het nie net alle pluimvee- en volstruisprodusente negatief geraak nie, maar die omvang van die griep het nou ook druk op die verbruiker se beursie begin plaas.
Hoewel die omvang van voëlgriep landwyd gevoel word, is dit die Wes-Kaap wat tans in die greep van ʼn erge droogte is wat die swaarste getref word. Die provinsie bevat sowat 22% van Suid-Afrika se algehele pluimveegetalle.
Die volstruisbedryf is ook hierdeur geraak en produsente wat nie direk deur voëlgriep geraak is nie, sal indirek daardeur beïnvloed word.
Mpumalanga, Gauteng en die Wes-Kaap se hoenders is die swaarste deur die virus getref met ongeveer 2 miljoen lêhoenders wat tot in September van kant gemaak is.
Dit sal ook ʼn negatiewe uitwerking op die vervangingslêhoenders vir die toekoms hê. Bedryfskenners het aangedui dit sal minstens 55 dae neem om nuwe lêhoenders te produseer. Dit beteken dié hoenders sal eers teen Kersfees beskikbaar wees.
Uitwerking op sakeondernemings
Bakkerye sal die swaarste hierdeur geraak word omdat die pryse van eiers skerp sal styg. Groter industriële bakkerye sal waarskynlik kontrakte hê wat moontlik voor supermarkte gevul sal word, maar vir die kleiner bakkerye van entrepreneurs kan die prysstyging omrede voëlgriep baie nadelig wees.
Die voerbedryf sal ook geraak word aangesien ʼn afname in die getalle van voëls ook ʼn kleiner vraag na voer sal meebring. Die kumulatiewe voedselverbruik vir 2017-’18 tot Junie vir braaikuikens en lêhoenders het reeds met 4% gedaal tenoor dieselfde tydperk gedurende die 2016-’17-seisoen. Dit verteenwoordig 55% van die algehele dierevoerverbruik soos deur die Dierevoervereniging opgeteken.
Nog ʼn verwante bedryf wat negatief deur voëlgriep geraak word, is die mense wat hoenderhokke skoonhou. As daar geen deursette van die hoenderfabrieke is nie, is daar niks om skoon te maak nie en dit beteken eenvoudig minder werk.
Die uitwerking op kleinhandelvlak
Verbruikers sal ook al meer sukkel om produkte te kry wat eiers en vars hoendervleis bevat. In die Wes-Kaap is daar reeds supermarkte wat met leë rakke staan wat gewoonlik hierdie produkte bevat het.
Eiers moet nou van Bloemfontein na die Wes-Kaap ingevoer word, uiteraard teen ʼn groter prys en die koste sal waarskynlik stroomaf na die verbruiker gestuur word.
Die prys van eiers het reeds toegeneem en dit is beslis nie goeie nuus vir verbruikers wat reeds hulle rande tot die uiterste moet rek nie. Boonop is eiers ʼn belangrike bron van proteïen vir talle verbruikers.
Die goeie nuus is egter dit kan nou net beter gaan. Die bedryf het onlangs deur ʼn reeks uitdagings gebeur, maar die produsente wat deur dit alles geslaag het om hulle deure oop te hou kan uitsien na ʼn beter toekoms.
Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se jongste invoerdata het die algehele pluimveeprodukte wat ingevoer is in September met tot 51,889 ton gestyg. Dit is maand tot maand 13% hoër as in dieselfde maand verlede jaar. Die kumulatiewe invoer van pluimvee vir die nege maande van 2017 het 415,921 ton bereik, wat egter steeds 2% laer is as in dieselfde tydperk verlede jaar.
Die koste van voer het ook reeds gedaal en met die uitsondering van invoer wat verband hou met voëlgriep sal die produsente weer kan opbou sodra die griep uitgesorteer is.
ja dit is net snaaks dat die griep uit breuk net na daar gekla is oor die in voer van hoeners ek se dit is beplan om ons bedryf tot niet te maak en om die prys op te jaag wand nou kan die duur in gevoer de goed mos ook verkoop word alles is in skelm manner om die prys se op te jaag
Ek wonder of die probleem dieselfde impak sou gehad het indien Onderstepoort nog briljante navorsers en kundigheid in diens gehad het?