Soek die taal in die hart

Ds SJ du Toit (1847-1911)

Ds SJ du Toit, begaafde oud-leerling van Arnoldus Pannevis, het as 27-jarige op 14 Augustus 1875 ‘n vergadering aan die huis van die wynboer/ouderling, mnr Gideon Malherbe, in die Paarl, gereël.

Die doel van dié vergadering was om te praat oor die vertaling van die Bybel in Afrikaans.

Maar iets groters sou uit daardie vergadering groei. Want dáár het die manne besef dat ‘n liefde vir lees en skryf in Afrikaans by Afrikaners gekweek moes word. Die behoefte aan ‘n Afrikaanse koerant word geïdentifiseer en die Patriot word gestig; Die Geskiedenis van ons Land in die Taal van ons Volk word gebore; en taalreëls en spelreëls word vasgestel…

Uit die behoefte aan ‘n Bybel in Afrikaans, die druk van verengelsing deur die owerheid en die opwelling van weerstand daarteen, die opbruising van nasionalisme en die idealisme van jong Afrikaners het die GRA ontstaan – die Genootskap van Regte Afrikaners.

Die leuse van die GRA was: om te staan vir ons Nasie, ons Taal en ons Land. Hierdie stigting het ‘n rimpeleffek gehad, nie net in die Kaap nie, maar ook in die Vrystaat en Transvaal.

In sy oproep tot die volk om hulle by die GRA te skaar, skryf ds SJ du Toit, dat daar Afrikaners met Engelse harte is, Afrikaners met Hollandse harte en Afrikaners met Afrikaanse harte.

Hierdie laaste groep, het hy gesê, is die ware Afrikaners en dat dit hulle is wat moet saamstaan.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: André Alkema

André Alkema is voorsitter van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.