Sosiale ingenieurswese op die Puk (as mens dit nog só mag noem)

Deur Bernard Pieters

Hoofgebou-potchefstroomkampus1

Hoofgebou by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit Foto: Maryke Laas/NWU.

Sosiale ingenieurswese is die gebruik van gesentraliseerde beplanning in ’n poging om gedwonge sosiale verandering te forseer en die toekomstige ontwikkeling en gedrag van ’n samelewing (studenteliggaam en -lewe) te beheer.

Met die toepassing van rassekwotas teenoor meriete word ’n vorm van sosiale ingenieurswese gebruik om die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus met die bestuur se politieke agenda te transformeer.

By Kovsies, Maties en Tuks is meeste koshuistradisies deur die bestuur verwyder, wat grootskaalse transformania veroorsaak het en die studentelewe op kampus laat platval het. Dekolonialisasie en verengelsing het daarop gevolg. Oorspronklik het kolonialisme juis veroorsaak dat alles verengels het en dat inheemse tale nie ontwikkel is nie – dus maak dit nie vir my sin hoe jy iets gelyktydig kan dekolonialiseer en verengels nie. Maar ek dwaal van die punt af.

Die NWU se Potchefstroom-kampus word volgende geteiken. En ja, die woord “geteiken” is gepas – die sentrale bestuur het direkte bande met die regerende party wat die nuwe reëls/beleid ingestel het en dit tans op dosente, ouers en studente afdwing. Gedwonge koshuisplasing van studente wat dit nie met harde werk of meriete verdien het nie, is een van die gevolge van dié rassebeheptheid, soos ’n Netwerk24-artikel van 16 Januarie 2020 noem.

Net soos rassekwotas studente tans in en uit koshuise forseer, is die gevolge daarvan ook duidelik sigbaar in studente se deelname aan eerstejaarsaktiwiteite. Sommiges sal sê dat kultuur onder voornemende en eerstejaarstudente verskil, ja, maar dit was nie in die verlede ’n probleem nie. Is daar ’n taalverskil? Ja, maar dit was weer eens nie voorheen ’n probleem of uitdaging op die kampus nie, so wat is dan nou anders? Soos enige ouer en werkgewer kan getuig is die gesindheid van iemand wat vir iets moes werk, teenoor iemand wat iets bloot ontvang het, heeltemal verskillend. ’n Hardwerkende student het ’n trotse waardering vir sy of haar verdienste, terwyl die ander geen waarde daaraan heg nie. Ná gesprekke met studente op die Potchefstroom-kampus is ek oortuig dat dít die oorsaak is van die gebeure wat tans daar afspeel.

Ander sal dit natuurlik steeds aan ras, kultuur of taal toeskryf, maar soos ek sê is dit lank reeds ’n realiteit en was dit nog nooit ’n faktor met betrekking tot jool nie. Studente wat koshuisplasing gekry het deur ander uit te forseer, se gesindheid van eiegeregtigheid toon geen belangstelling in die liefdadigheidsfokus van jool nie. Die kultuur van eiegeregtigheid gaan oor verdienste vir alles, sonder om daarvoor te werk. Sulke individue neem nie aan liefdadigheid deel nie, want “die staat sal voorsien, dis nie my plig om ander te help nie”. Dit is ’n ideologie van “ek en myself”.

Om Martin Luther King aan te haal: “I have a dream that my four little children will one day live in a nation where they will not be judged by the colour of their skin but by the content of their character.”

Ek wonder wat King vandag sou sê? In die verlede is daar foute gemaak, maar mense het dit erken en reggestel. Hier sien ons ’n bestuur wat doelbewus die geskiedenis herhaal. Wat dit erger maak is die hordes boeke wat oor die gevolge van rasseverdeling en gedwonge rasseverskuiwing (met verwysing hier na die koshuisplasings) geskryf is. Tog gebruik die NWU-bestuur ’n donker deel van die geskiedenis as ’n instruksieboek vir hul beleide en nie as ’n waarskuwingshandboek soos dit bedoel was nie.

Sonder ’n sterk studentelewe is daar geen teenstand teen die polities gedrewe veranderinge wat nou afgedwing word nie. AfriForum Jeug ondersteun dus gesonde studentetradisies wat karakter bou, asook projekte soos jool – waar liefdadigheid en die geleentheid om aan die gemeenskap terug te gee die fokus is.

Om die NWU ’n instelling te maak om op trots te bly moet ouers en studente hul stem dik maak en daarop aandring dat studente op meriete beloon word en akademiese uitnemendheid erken word. Dit is te laat om 2020 te verander, maar 2021 is in die ouers, studente en dosente se hande – júlle gaan die toekoms bepaal. Die NWU-bestuur kan niks sonder julle insette doen nie. Julle betaal die studiegeld, julle werk vir die bestuur en julle donasies en jul voorouers se nalatenskap hou die pot aan die kook.

Daarom het AfriForum ’n petisie begin waarmee mense ons die mandaat kan gee om ’n gesprek oor die kwessies op kampus te begin en ’n afspraak met die NWU-bestuur te maak om die saak met hulle te bespreek. Júlle – jý – het die mag om ’n verskil te maak!

  • Bernard Pieters is die bestuurder by AfriForum Jeug.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fishuis ·

As ons die gozies in die lied , die byeenkomste en die speletjie en alles ander het , hoe hou hom uit die koshuis uit ? Mmm?

Gemaskerde Sopbeen ·

Die grootste euwel op daardie kampus is almal se “regte”. Ek het ‘n hele paar studente daar…..Eerste jaars mag NIKS meer beveel word om te doen, hulle word gevra…en as hulle weier is dit hulle “reg”…en word Tweede Jaars gevra om te kom help vlot bou. As jy met ‘n Eerste jaar praat….dan voel hy verontreg en verkleineerd, en as jy NIE met ‘n Eerste jaar praat nie en hulle ignoreer, dan is jy meerderwaardig. Kan net nie wen nie…..Nou soek ons blyplek in die dorp….en die koshuise word swart hole van wangedrag en diefstal. En moenie dit ontken nie………ek het dit met my eie oë gesien en beleef!!! Maar almal is te “polities korrek” om dit te sê soos dit is!!!

Hannetjie ·

Wie wil in elkgeval in sulke koshuise woon? Die regering en ander wil dat kulture en tradisies ‘meng’. Lankal nie meer ‘n demokrasie nie.Maar wel kommunisme.Ek kies met wie ek wil praat of kuier..ek hoef nie eers my wit buurman te groet of oor die heining te gesels nie.My lewe my keuse

Wingman ·

Solank dit net nie die selfbestuur strooi is nie. Totale afstigting is die enigste oplossing.

Andre ·

Pas aan boet, pas aan. Die ou SA is weg. Aanvaar dekolonialisasie. Dis die Afrika norm.

Walter ·

Afrikaners kan nie meer eis nie. Daai dae is verby. Jonges moet ander planne maak.

barend v d westhuizen ·

mense ons is wit en beteking in hulle oe niks maar ons moet op hou vir hulle gee laat hulle vir hulle self sorg WIT MENSE MOET NOU IN HULLE KOP KRY SWART MENSE GAAN JOU NIE HELP NIE ONS MOET ONS WIT MENSE HELP en ons eie goed bou waar ons kinders kan leer

Willie Maree ·

Dankie Bernard vir jou tydige beroep dat Afrikaanssprekendes daadwerklik begin werk om eie identiteit te handhaaf op grond van meriete.

B ·

Ek het omtrent 2j terug al in een van my kommentare uitgebrei oor wat besig is om op die Potch kampus plaas te vind, die verengelsing mbt (selfs interne) kommunikasie, viktimisering van personeel wat ‘n hoë akademiese standaard probeer handhaaf (studente het gaan kla oor punte bv) ens ens.
Na ek gesien het watter rigting dit gaan het ek (as oud-PUK) my kinders maar UP toe gestuur.
Oor 2j sal daar weinig / geen van die’ ou’ PUK se std oorbly, gesels gerus met die dosente en verstaan wat die impak is van bv een dept hoof oor al drie kampusse, die laagste gemene deler word die nuwe ‘standaard’
Begin maar groet, aan ou Mooirivier sal net goeie herinneringe bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.