Sosialisme is nog lank nie dood nie

stem-stembus-stembrief

Foto: Arnaud Jaegers/Unsplash.com

Met die verkiesing die afgelope naweek van Jair Bolsonaro as nuwe president van Brasilië het dié land vir die eerste keer in baie jare sy rug op sosialisme gedraai. Talle ander Suid-Amerikaanse lande het ook die afgelope maande dieselfde gedoen met die verkiesing van meer kapitalisties-gesinde regerings. Intussen is Venezuela ’n uitstekende toonbeeld van sosialisme-in-praktyk. Dié land gaan gebuk onder hiperinflasie, hoë werkloosheid en selfs voedseltekorte.

Tog sien ons dat die Arbeidersparty in Brittanje tans voorloop in peilings, dit terwyl dié party se leier die mees sosialistiese Arbeidersleier in baie jare is. In Amerika het Bernie Sanders, ’n uitgesproke sosialis, in 2016 daarin geslaag om 13 miljoen stemme in die Demokratiese Party se voorverkiesing vir die presidentskap te kry. Vroeër vanjaar het ’n uitgesproke, radikale jong sosialis in New York daarin geslaag om een van die mees senior lede van die Demokratiese Party in die huis van verteenwoordigers in ’n voorverkiesing uit te stof. Talle peilings wys dat die jonger millennium-geslag baie meer simpatiek teenoor sosialisme staan.

Nadat die Berlynse Muur in 1989 geval, die Sowjetunie in 1991 in duie gestort en die sosialistiese reus China gedurende die 1990’s die een ná die ander kapitalistiese hervorming begin instel het, het daar in die wêreld ’n persepsie begin ontstaan dat sosialisme, ten minste in sy mees suiwer, fundamentalistiese vorm, uitgewis is. Prof Mark Perry, ’n professor in ekonomie aan die Universiteit van Michigan, het reeds in 1995 ’n uitgebreide en vandag bekende artikel oor die redes waarom sosialisme misluk het, gepubliseer.

Volgens Perry, het sosialisme in die twintigste eeu voorspoed, gelykheid en sekuriteit vir mense belowe terwyl dit armoede, ellende en tirannie veroorsaak het. Een van die groot probleme van sosialisme is die aanvanklike sukses wat dit meebring, en baie gewone mense dus dink dat dit ’n werkbare stelsel is. Die skielike voordeel van groot welsynstoelaes en staatsgefinansierde dienste bring veral vir werklose mense en die werkersklas korttermynvoordele. Die probleem is egter dat dit gewoonlik ten koste van ekonomiese groei plaasvind en dat groot staatskuld nodig is om groeiende staatsbesteding te finansier. Perry se grootste kritiek op sosialisme is egter dat dit die aansporingsmeganisme uit die ekonomie haal wat tot laer produktiwiteit, investering en groei aanleiding gee.

Die wêreld het egter die afgelope paar jaar nog talle sosialistiese regerings opgelewer. In elke geval het hierdie regerings misluk. Brasilië is seker die beste voorbeeld hiervan. Suid-Afrika is egter ook ’n goeie voorbeeld. Tito Mboweni, die nuwe minister van finansies, se uitsprake oor ’n groot regering en die onvolhoubare model wat die Suid-Afrikaanse regering tans volg, is ’n duidelike bewys dat Suid-Afrika se flirtasie met sosialisme ook misluk het.

Terwyl sosialisme in Westerse lande soos Frankryk misluk het en moeilike hervormings nou deurgevoer moet word, is die einde van sosialisme nog glad nie in sig nie. Terwyl die Sosialistiese Party in Frankryk agteruitboer, wen ’n ekstreemlinkse, populistiese party weer veld. In Duitsland verloor die Sosiaal-Demokrate steun, maar groei die Groenparty, wat eintlik ook maar net ’n moderne weergawe van sosialistiese voorstel. Dieselfde gebeur tans in die Demokratiese Party in Amerika. Kapitalistiese regerings en leiers soos die nuwe president van Brasilië sal met suksesse moet bewys dat daar geen plek vir volskaalse sosialisme oor is nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

alwyn burger ·

Volwasse sosialisme kan , soos die demokrasie slegs slaag in beskaafde gemeenskap. Die hedendaagse sosialisme word aangehang deur diegene wat hul las op ander wil plaas…die luiaard….die onbekwame en die nikswerd. Sosialisme in sy suiwerste vorm is nie te versmaai nie….maar dit is net vir verantwoordelike en beskaafde mense

Charles ·

Dankie Jaco, hou egter net in gedagte dat dit voorkom asof Generasie Z- die wat gebore is na die verwaande en verwarde milleniers- hul mes in het vir enigiets wat ruik na sosialisme, en dat die draai na konserwatisme en kapitalisme onafwendbaar is wat die konserwatiewe gen Z betref- ook wat betref jong swart konserwatiste in die VSA soos Candace Owens (“you go girl!!”) en die krag en momentum v/d pasgemunte #Blexit beweging.

Vreemd dat sosialisme baie goed toegepas kan word in hiper beskaafde en -ontwikkelde (en die BELANGRIKSTE van alles- HOMOGENE) lande soos die in Skandinawie…- in ander gebiede is dit egter doodgebore.

Ek dink nie die breer Britse bevolking sal OOIT sosialisme aanvaar (peilings is na dese ook maar baie onbetroubaar!) nie – kyk ook maar na die gesukkel en moedeloosheid van Engeland en hul belastingbetalende burgers met die flater wat die “National Health Service (NHS)” is- net nog ‘n klinklare simbool v/d mislukking van sosialisties georienteerde regeringsprogramme, sosialisme in al sy verwarrende omvangrykheid, en sy valse en bedrieglike beloftes- mag die wat die vermetele ideologie aanhang hul dag van berou kry!

Jerry ·

Die suksesverhale van die ou wereld hang baie af van goeie balans en goeie tydsberekening. In SA byvoorbeeld is die tyd ryp om n balans te skep met n kombinasie van sosialisme en kapitalisme. Dit is presies waarmee CR tans besig is en dit is presies waar Engeland reeds is. Die kombinasie van die beste van sosialisme en die beste van kapitalisme het tans die beste kans op sukses, veral vir westerse lande. Verhoudinge tussen SA en Engeland is reeds op sy hoogste punt in jare. Net links of net regs het net eenvoudig nie meer n lewensvatbare kans op sukses nie, maar wel n kans vir konflik!

Judge Dredd ·

Die lankal verkeerde linkses het gefaal ja – tyd vir hulle om te versoen met die lankal reg bewysde regses.

JAN ·

Ja Jerry balans is die ideaal. Milton Friedman het teoretiese Kapitalisme en Vryheid beskryf met 10 staatsfunksies.
Marx het die teenpool beskryf met sy sekulêre / ateïstiese sosialisme.
Maar daar is ń hele spektrum van moontlikhede tussenin WAT BY DIE POLITIEKE MODEL moet pas.
Verwoerd / Sadie se beheerde markte het perfek by tuisland selfbeskikking gerat. Uiters suksesvol. Nasionaal sosialisme pas die Duitsers soos handskoen

Die politieke regerings model MOET by die ekonimiese model pas. Sonie word daar gepoog om te floreer op chaos. …wat die Soros / ANC model is.

Santie ·

Ek het ‘n goeie uiteensetting van Skandinawiese sosialisme gesien deur ‘n Skandinawiese (wettige) immigrant in die VSA: dit werk in Skandinawië se redelik klein, homogene bevolkings, maar hulle verwagtinge vir ‘n suksesvolle lewe is baie laag vergeleke met Amerikaners s’n. Kapitalisme is steeds die beste motiveerder vir uitskieters. Aanhangers van sosialisme in die VSA bly studente met groot studieskuld en almal anders wat op kapitaliste se rûe wil ry. En hulle bly gekonsentreer in die stede en state waar die Demokrate regeer, onwettige immigrasie aanmoedig en vir laasgenoemde stemreg gee. Die metapolitiek tans is ‘n geveg tussen sosialisme en kapitalisme en daar is nie ‘n vinnige einde in sig nie. Sosialiste gee nie om dat dit op die lang duur misluk nie, hulle soek onmiddellike voordeel. Kan altyd later (verder) migreer.

Jerry ·

Jan, dit gaan nie oor wat dit moet wees nie, ons almal weet wat dit moet wees, soos jy tereg verwys. Dit gaan hier oor wat dit gaan wees en nie ek of jy gaan vir CR en die ANC keer nie. Slegs n wonderwerk gaan dit regkry! Ek kyk maar net objektief en realisties na waarheen die ANC met SA op pad is en uiteraard mag ek verkeerd wees, maar ek betwyfel dit sterk omrede ek tot nou toe uiters akkuraat was met vooruitskattings

Charles ·

Sjoe, watter skynheiligheid en huigelary is dit nie! Mnr Padda HET STINKRYK geword en die ONVERDIENDE vrugte mooitjies gepluk van KAPITALISME, en volgens Jerry se opinie wil hy en sy moreel bankrot regering nou SOSIALISME op ons probeer afdruk, gaan nie werk nie!! Bv. – die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is DOODGEBORE- en ONS ALMAL WEET DIT!

Maak Suid-Afrika weer ‘n VRYEMARK EKONOMIE WAAR WERKLIKHEDE WEERSPIEEL WORD IN BELEIDE EN WAAR VERKRAMPTE IDEOLOGIEE NIE SEEVIER NIE.

En, o ja, volgens Jerry se opinie kan die ANC mooitjies NET MAAK SOOS HULLE WIL? NEE HULLE KAN NIE, hulle kan nie ‘n ideologies gefaalde model by fiat afdruk deur “majoritarianism” op ons nie! Demokrasie BETEKEN NIE meerderheidsoorheersing (ongelukkig het die geykte beginsel ons nie veel gehelp in ons stryd VIR ONS TAAL by die gefaalde staatskampusse nie) nie Jerry, SA is ‘n REPUBLIEK.

Charles ·

Ons weet nou deur bittere ondervinding dat suiwer demokrasie, een-man-een-stem; ‘n totalle mislukking is, SOOS SOCRATES; (en Sleigh, wat sylangs daarna verwys in sy magistrale (roman) meesterstuk “1795”) ONS OP GEWAARSKU het; en dat die gefaalde SUIWER DEMOKRATIESE MODEL die magshefboom is wat deur outokratiese en sentralistiese regerings soos die ANC regering ONDER DEKKING VAN “DEMOKRASIE” gebruik word om sosialisme teen die plurale bevolking af te druk.

ONS WEET OUTOkrasie en DEMOkrasie is NIE mutueel (wedersyds) uitsluitend nie maar inteendeel kan die een nie sonder die ander nie, WANT daar is geen manier op aarde dat ‘n “demokratiese” regering met ‘n “grondwet” wat ‘n pletora van onrealistiese en realiteit- ontkennende derde geslag regte bevat -(wat nie werkbaar is nie en wat die sluise oopmaak vir die gelatenheid en verval van sedes en norme wat ons sien en die gebrek aan die afdwing VAN DIE OPPERGESAG VAN DIE REG)- sy bevolking kan beheer nie; en DUS moet outokratisme toegepas word.

Daar was pogings om hierdie gefaalde en weerloos-vir-magsmisbruik sisteem te hervorm in die laat negentigs en vroee 2000’s, na ‘n meer gebalanseerde kies(elektorale) -sisteem, MAAR RAAI WIE HET VASGESKOP DAARTEEN?

SELA!!

Charles ·

Bykomend wou ek net se dat die VSA se kies(elektorale) kollege PERFEK is!

Die linkses kan DIT NATUURLIK NIE HANTEER NIE, WANT DIT IS DIE EINSTE REM TEEN DIE TIRANNIE VAN SUIWER- DEMOKRASIE- MEERDERHEIDSOORHEERSING WAT SUID-AFRIKA KORTKOM.

Die “founding fathers” v/s VSA Grondwet was GENIAAL.

John ·

Sosialisme is ‘n wonderlike ding. Diegene met sulke oortuigings is gewoonlik ateiste maar hulle lief dit om die etiese standaarde van die Christelike leerstellings voort te hou vir almal wat hul #JaloerseMeMe-LiefdeVirAlmalSoosEk-beleid teestaan. Eitlik is dit ‘n gruwelike vervorming van die Barmhartige Samaritaan-verhaal waar die ‘beseerdes’ doelbewus aandag afdwing met ‘n jammer… storie, Bybel in die hand en vir verbygangers predik terwyl hul hul waentjies laai. Kerklikes preek nou ook al hierdie leuen as sou dit ‘n plekkie of 2 in die hemel op apro dmv vooruit-betaling bewerk.

JAN ·

SA is nou soos ‘n piramideskema . Vaste eiendom is geen meer sekuriteit nie – het waardeloos geword. GEEN sekuriteit hoegenaamd – ons is uitgelewer aan gewetelose regspraktisyns / toordokters en sangomas.
Ons geld is nie meer gekoppel aan goudstandaard nie.
Ons dobbel nou vir bestaan en voortbestaan en selfbeskikking .
Die Staat doen nie eers die basiese funksies nie.
Ons word regeer met politieke wetenskap pleks van staatsleer en sakebestuur en Christelike etiek

Dis ook presies waaroor Trump so heluit baklei.

Jack ·

Ek sien sosialisme as ‘n stelsel waar mense in regerings- en gesagsposisies goed vir hulself en hul maats sorg. Belastingbetalers se geld voed die stelsel en dit word aangebied asof dit ‘n “guns” van die staat is om sukkelende mense te help. ‘n Eweredige verspreiding van ellende en ‘n demokrasie om almal gelukkig te hou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.