Sportkwotas: sleg vir almal en boonop onwettig

My dogtertjie is 11 en speel netbal. Sy geniet haar gate uit.

Ná die onlangse proewe kom sy met ʼn vraagteken op haar voorkop by die huis aan. Sewe uit die eerste veertien dogtertjies moet swart wees. In haar kop bestaan daar nie ’n onderskeid tussen wit en swart kinders nie. Sy leer egter nou dat daar ʼn onderskeid is. Swart is anders as wit. Sy leer dat niemand wit kindertjies gaan help nie; hulle is op hulself aangewese. Dit neem iets van haar waardigheid weg. Iets wat sy ís (haar velkleur), ontneem haar van sukses. Sy sal altyd glo sy was eintlik die beste, selfs al was dit dalk nie so nie. Die ironie is dat hoewel ʼn growwe stuk diskriminasie teen wit kinders gepleeg word, hulle bevry word van die stelsel.

Ek woon gereeld netbalwedstryde by. Die swart dogters is werklik goed. Hulle het die vasberadenheid en spoed wat nodig is vir netbal. Ek vermoed hulle sal maklik die eerste sewe van die voorste 14 van die span, bloot op meriete, haal. Hulle het werklik nie die stelsel nodig om hulle te help nie.

Wat hoor die swart dogters? Wit kinders is beter; die stelsel is nodig vir sukses. Al sou meer as sewe van hulle waarskynlik in die top-14 beland het, weet nie een van hulle of hulle werklik op meriete gekies is nie. Hulle twyfel dus of hulle die beste is. Dit is ook ʼn growwe stuk onreg wat hier gepleeg word. Die paradoks hier is dat, in ʼn poging om die dogters van die apartheidstelsel te bevry, hulle aan ʼn nuwe stelsel verslaaf word.

Kwotas in sport is verkeerd. Dit druis in teen alles waarvoor sport staan. Dit is nie uit ʼn morele of regshoek verdedigbaar is nie.

Fikile Mbalula

Fikile Mbalula

Solidariteit het onlangs saam met AfriForum ʼn moeilike, drie uur lange gesprek met die minister van sport en ontspanning, Fikile Mbalula, gevoer oor sy gewraakte kwota-uitsprake.

Solidariteit het spesifiek gefokus op die invloed van kwotas vanuit ʼn werkgewer/werknemer-verhouding.

In die professionele sportera ontstaan werkgewer- en werknemerkontrakte tussen sportunies en professionele sportlui. In die sportomgewing ontstaan ook talle ander werkgewer/werknemer-verhoudinge. Dit sluit in dié met sportadministrateurs en skeidsregters. Dit is op al hierdie vlakke wat kwotas in die vooruitsig gestel is.

Enige vorm van kwotas in die arbeidsomgewing sal onwettig wees.

Dit druis in die eerste plek in teen die gees van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Die nie-aangewese groep het ook ʼn reg op gelykheid en waardigheid en kwotas ondermyn hierdie regte. Hierdie reg van die nie-aangewese groep is deur die arbeidshof in die Renate Barnard-saak bevestig.

Nêrens in die Grondwet word voorsiening gemaak vir kwotas nie. Slegs in die geval van die regbank en openbare administrasie word voorsiening gemaak vir breë en nie absolute verteenwoordiging nie.

Die Wet op Billike Indiensneming verbied ook kwotas. Die hoërhof van appèl in Bloemfontein het onlangs bevestig dat kwotas onwettig is.

Dié hof het ook bevind dat die kwotastelsel, soos dit deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) toegepas word, dienslewering benadeel. Waarom sal kwotas in sport nie die spel en administrasie daarvan benadeel nie?

Die probleem is dat die onlangse dreigemente van die minister ʼn klimaat skep waar kwotas in praktyk afgedwing word sonder om dit in regulasies te bepaal.

Die departement van sport en ontspanning het op 28 Maart 2014 ’n loodsstudie deur die Groep van Vooraanstaande Persone oor die transformasie van sport aanvaar en die aanbevelings wat daarin vervat is, goedgekeur.

Die uitwerking van die goedkeuring van hierdie aanbevelings is onder meer:

• Dat versuim om ’n kwota van 60% swart spelers in die veld te stoot daartoe sal lei dat die Proteas, die Springbokke en Bafana Bafana verbied sal word om Suid-Afrika by internasionale geleenthede te verteenwoordig;

• Dat versuim om die nuwe kwotas toe te pas, sal lei tot die onttrekking van enige vorm van finansiering en steun aan federasies en sportliggame;

• Dat die departement van sport die nasionale kleure van enige sportvereniging wat nie aan die voorgeskrewe kwota voldoen nie, sal herroep; en

• Dat die kwota van 60% swart spelers met onmiddellike effek toegepas word.

Al hierdie aanbevelings is gegrond op ’n onwettige kwotastelsel.

Dit is onaanvaarbaar om onwettige praktyke as dreigemente te gebruik. Dit is ʼn vorm van afpersing.

Dit gaan die onderskeie unies en liggame dwing om onwettig op te tree.

SportkwotasSolidariteit is van mening dat die minister se onlangse optrede die regstaat en die Grondwet van Suid-Afrika ondermyn.

Ons kry die indruk dat die minister meen dat transformasie die hoogste gesag in Suid-Afrika is en dat daar nie toegelaat sal word dat die Grondwet in die pad van die transformasie van sport sal staan nie.

Die probleem is dat die minister iets nastreef wat nog nêrens in die wêreld bereik is nie. Oral in die wêreld presteer sekere groepe beter in sekere sportsoorte. Dit geld tussen lande maar ook binnelands. Naellope word gedomineer deur die eiland Jamaika, basketbal deur swart Amerikaners, en die Keniane oorheers marathonwedlope.

Die minister se groot idee dat alle spanne die nasionale rassedemografie moet weerspieël, is nog nêrens in die geskiedenis van die ganse mensdom bereik nie.

Die antwoord lê in gesonde ontwikkelingsprogramme waar jongmense van primêre skoolvlak af blootgestel word aan ʼn verskeidenheid sportsoorte, wat ʼn natuurlike pypleiding van vaardighede tot gevolg sal hê. Die minister se probleem is egter nie onwillige unies nie, maar die 70% – 80% van skole wat eenvoudig wanfunksioneel is. ʼn Skool wat akademies wanfunksioneel is, sal nie ʼn funksionele sportontwikkelingsprogram kan aanbied nie. Insgelyks kan wanfunksionele munisipaliteite ook nie funksionele sportgeriewe bied nie.

Wanfunksionaliteit kan nie vinnig deur kwotas reggestel word nie. Die minister van sport en ontspanning moet eerder sy woede koel op sy kollegas wat verantwoordelik is vir onderwys en munisipale regering en die staat se swak regering oor die algemeen. ʼn Ondoeltreffende staat self vorm die grootste struikelblok vir die toegang van Suid-Afrikaners tot sport, en ironies genoeg, is die staat juis ondoeltreffend as gevolg van dieselfde ideologie wat hy nou op sport wil afdwing.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ant ·

100% in die kol, dankie Dirk, maar die hartseer is hierdie woorde val op die verkeerde ore. Op hierdie stadium blyk dit doel-loos te wees om te verwag die swart teen wit gesprek sal ooit eindig in hierdie land in ons huidige vorm. Die deelname aan hierdie gesprek is onwillekeurig nodig en ons is dankbaar vir julle verteenwoordiging, maar dit trek ons almal af na die regering se lae vlak van redenasie. Die realiteit vir ons is dat ons land verarm in terme van ons uitkyk en die dinge waarmee ons besig bly. Dit laat ons met ‘n paar opsies nl. hou aan stry teen die kortsigtige laer-graad intelek, of verwyder jouself van die doodloop straat politiek en bou iets beters. Ongelukkig is ons mense na my mening te nou verbind aan ons swaer kry om iets daaromtrent te doen en iets beters te bou, so ons hou vol met kla sonder sukses want hulle is 40 miljoen en ons is 5 miljoen en ons wil he hulle moet verander. Nou vra ek sal hulle ons ooit waardeer en gelyk gee of mors ons tyd?

Shannon ·

Dirk ek stem honderd persent saam met jou stelling :
“Sy leer dat niemand wit kindertjies gaan help nie; hulle is op hulself aangewese.”

Dit is in my mening `n goeie ding dat jou dogter dit vroeg reeds leer. Vandag se (blanke) kinders word deur hul ouers geleer dat hulle gelyke regte het en dat hul land se grondwet hulle sal oppas. Dit ten s pyte van die feit dat dit wêreld wyd reeds as mities bewys is. Nie net in sport nie, maar in elke realm van die lewe, veral die gereg, het swart mense meer regte as wit mense.

Die kiesers van ’92 in Suid Afrika het nog geglo, hul kinders sal egter wyser wees en nie die selfde foute maak as hul ouers nie. Want hul ouers het toe nie die prys betaal vir hul dwasheid nie, die kinders het die wrang vrugte geerf.

HANNES NEL ·

Die lewe is meestal nogal regverdig, ‘n opperste merietokraat. Ons kan maar praat, dog die lewe sal wel die regte paaie neem. Die groot probleem is dat ander lande, spesifiek Australie en Nieu Seeland, nie kwotas gaan instel nie. Dus sal ons verteenwoordigende spanne (kom ons hou maar by rugby as voorbeeld, al geld dit vir enige sport) teen spanne wat op meriete gekies is moet speel. Intussen sal die werklik begaafde blanke sportsterre beslis nie hier bly om deur die regering vermaak te word nie. Tans is daar reeds meer as 60 rugbyspelers van Superrugby formaat wat in die buiteland speel, en ons sien dit in die swak prestasies van ons spanne. Die regering probeer ons vermaak dat hulle nasionale spanne wat nie reg saamgestel is nie, nie aan internasionale wedstryde sal laat deelneem nie. Nee, Minister, dit werk andersom. Hoe meer jy kwotas op ons afdwing, hoe meer gaan ons spanne verloor. Hoe meer ons spanne verloor hoe minder gaan ons in sport belangstel. En hoe minder ons in sport belangstel, hoe meer gaan die pawiljoene en sitplekke voor die televisie leeg raak en hoe minder gaan die borge in jou kwotaspanne belangstel, totdat dit uiteindelik jou en jou swart sportadministrateurs se vet salaristjeks begin raak.

Adam Willemse ·

Die oorgrote meerderheid uitblinkers in alle sportsoorte en akkademies, wit en swart, kom uit erkende tradisionele sportskole wat oor jare ‘n tradisie opgebou het van uitnemende afrigting en kompeterende deelname. In twintig jaar kon die voorstanders van groter en groter kwotas nog nie een skool tot stand bring wat kinders van hulle eie bevolkingsgroep in hulle moedertaal kan oplei om as skool kompeterend met enige blanke skool kan meeding op die gebied van sport of akkademie nie. Hulle soek net gevestigde instellings om op te parasitiseer en met wetgewing te dwing om daardie selftrots wat net van jouself kan kom vir hulle te gee soos ‘n aflosstokkie.

EH Lizst ·

Mooi so Hannes , wat jy vir die minister se is wel deurdag . Maar dat die sportstadion leeg gaan wees Saterdag , Pa en seun besig is met iets anders en die platskerm plek maak vir die huisaltaar ….dit kan net goed wees vir n volk wat se ander gode op die proef gestel word . Moet ek Skrif gee hiervoor ? Terwyl die spele in die arena aan die gang was in Rome se Coloseum was die ceasar en senaat besig om vir die massas besluite te neem , van belastings , wetgewing en oorloe ., noem maar op . Dink bietjie daaroor na . Mooi so minister .” Just follow the yellow brick road ” . O , ja geagte minister , jou so eedle voorganer Piet Koornhof het die Maltese kruis ontvang van die Knights of Malta (geheime organisasie, ) vir sy deel wat hy gedoen het vir die integrasie in sport . Hoe lyk dit met n Nobel prys vir vrede ?. Skuus julle . SPORT .

Deon ·

Alle kinders op skool is vry om deel te neem aan enige sport wat aangebied word. In my onder 16 seun se rugbyspan is daar briljante swart spelers wat daar hoort. Sonder die seuns is die spanne swakker daaraan toe. Dieselfde geld ook vir sommige van die blanke seuns.

Kwotas is nie nodig siende die afrigter elke keer sy sterkste moontlike span sal kies. Die keuse is gebaseer op meriete. Voorts is daar ongeveer 20% van die kinders in die spesifieke skool swart. Hoerskole spandeer baie geld aan borgskappe om die beste spelers te werf. Dit gaan oor wen en niks anders nie.

Die minister se aanname is dat witmense swartes aspris gaan benadeel is ‘n refleksie op sy eie rassisme en dui nie op die werklikheid nie. Hy is besig om populistiese raspolitiek te speel en as Suid Afrikaners ken ons die spel baie goed.

Wat nou gebeur is dat wanneer daar proewe gespeel word, die beste spelers nie gekies word nie. Die minister se rassespan word gekies. Seuns wat noodwendig ‘n kans gestaan het verloor die kans. Die kinders het niks met Apartheid te doen nie. Hulle is almal Freeborn.

Selfs die kinders weet dat dit ongrondwetlik is, siende hulle hulle regte ken en dit opskool vir hulle geleer word. Regverdige diskriminasie se son het gesak. Doen wat julle moet om die onding te stuit.

mari ·

Dit is belaglik die sport kwotas! Mens moet gekeer word vir die span omdat jy die beste is in wat jy doen nie omdat die regering wil he daar moet kwotas wees nie! As hulle dit wil implementeer moet hul dit toepas in alle skole hoerskole, laerskole, wit skole, swart skole, gemengde en privaat skole!!

ben ferreira ·

Oral is daar besig om in ons siek samelewing kwotas en regstelende aksies plaas te vind.Asjy gaan kyk in alle staatsdepartemente nou sport ook is die apartheid net omgekeer. As n person goed is en in n span of posisie behoort dan behoort hy daar. Maar deesdae gaan dit oor velkleur.Die regering van die dag moet blameer word vir alle vervalle in die staatsdiens en as dit so voort gaan dan sien ek verval in ons land se sport ook.

Shirley Wassenaar ·

Ek het n perfekte oplossing. Die probleem gaan nooit opgelos word nie, die enigste manier is om n swart span en n witspan te he. Dan kan almal gelukkig wees. Ek weet glad nie of dit moontlik is nie en of dit rassisties is nie maar dit sal vir baie meer kans gee om te speel..
Wat nou gaan gebeur gaan net meer haat uitbring. Ek stel dieselfde voor vir sokker. Ek ken baie kinders wat graag wil sokker speel maar hulle word nie eers in ag geneem nie.

Fanie Meintjes ·

Ek het nogal op ‘n stadium dieselfde gedink as Shirley hierbo. Gee hulle hulle swart span en dan een wat op meriete gekies word. Die probleem is dat hulle totaal en al wanfunksioneel is waar dit by onderrig en afrigting kom. Sou hulle 1994/1995 begin het om kinders deur die stelsel sport te laat beoefen het, sou hulle tans al baie meer gekleurde spelers op meriete in die spanne kon gehad het. Hulle ontken egter superioteit van spelers op hulle gebied en wil almal forseer in posisies om hulself goed te laat lyk. Kyk na ons rugbyspanne, nie een het werklik hierdie jaar potensiaal gewys in die Superreeks nie. Cravenweekrugby toon dieselfde tendens. Paar goeie spelers, insluitende gekleurde spelers wat deurkom maar die spelers wat gekies word, word nie noodwendig die bestes gekies nie want daar moet voorsiening gemaak word vir kwotas. Dit is teen die grein van enige sportbeginsels soos Dirk tereg genoem het. Miskien moet Afriforum maar die saak opneem met die IRR dat RSA weer geskors kan word uit internasionale sport uit totdat hierdie piesangs of vervang word of hulle hulle beginsels verander. Weet of ons dit sal kan verwag nie, dis nie in hulle DNA nie.

johan slabbert snr. ·

goeie dag mnr. Herman, wat se die min. van sokker. ek dink dat as hulle die kwota stelsel met bafana doen sal ons die wereld beker ook kan wen

johan slabbert snr. ·

goeie dag mnr. Herman, wat se die min. van sokker. ek dink dat as hulle die kwota stelsel met bafana doen sal ons die wereld beker ook kan wen

Pieter Benadé ·

Sal graag die SA Skolespan gekies tydens die Cravenweek gehou in Witbank in aksie wil sien teen die SA Skolespan gekies tydens die Bokkieweek te Naboomspruit om te sien of ons skolerugby gesond is. Wat dink julle ? Ek het die Cravenweek bietjie gevolg, maar weet nie veel van die Bokkieweek nie. Hoor egter daar is ‘n uitstekende span gekies. Daar is bewerings dat kinders in die provinsiale Cravenweek spanne opgeneem is wat nie eens hul onderskeie skole se 1 ste spanne verteenwoordig nie.

Liesel Wessels ·

Ek bid nogal baie oor hierdie saak veral omdat dit ons jong nie-swart mense aanraak.
Ek het ‘n 4jaar B.A. Graad maar die kwota stelsel gee werk vir mense met slegs ‘n diploma en geen ondervinding nie. Maar as die wêreld vir jou suurlemoene gee, moet jy soms daarmee Limonade maak en ek glo dat God se plan vir my groter en beter is.

My Persoonlike Opinie en ek is bietjie van “Dromer” is dat almal wat teen die kwota stelsel is saam moet staan en ‘n onafhanklike sport en kultuur “fonds” moet stig.
‘n Fonds wat op die beginsel van Martin Luther King se speech en die grondwet te werke gaan. Dit moet gaan oor talent, werk etiket ens.
Ek is tans juis besig om so projek te loots in Bloemfontein vir die kunste, baie opgewonde daaroor en ek glo dis iets wat kan werk en meer werkgeleenthede kan skep vir mense met talent onafhanklik van hulle kleur en ander status.

Wynand ·

Dis hartseer, maar daarom sit ek in Engeland waar my dogter meer geleenthede het en waar daar nie teen haar velkleur gediskrimineer word nie. Ja, die gras is nie altyd groener hier nie, maar sy word nie aan kwotas blootgestel nie. As sy vir Engeland netbal speel dan is dit nou maar so. Ek is hier om vir my nasate ‘n regverdige kans in die lewe te gee. Ek self is op skool ‘n slagoffer van kwotastelsels en dit het 20 jaar terug al vir die eerste keer geskied. Hoe lank nog?

Ben C ·

Ek wonder of al die mense wat vir jare oorsee n bohaai opgeskop destyds oor polieke ingryping in sport, in die apartsheids jare ,gaan se of doen as hierdie dom planne a werlikheid word ?
Dit sal alle sport kelder.
Ek wonder of die eerbare minister verder oor die implikasies gedink ? bevoorbeld, bafana sal moet alle groepe inbreng. Huigdiglik het bafana bafana nie een kleurling, indier of wit man in die span en ons sal by alle international sportsliggame geskors woord. Miskien sal dit maar vir die beste wees wat ons sal nie spanne van gehalte kan oorstuur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.