Spur-baas moet ter wille van konsessiehouers bedank

kallie kriel

Kallie Kriel. Argieffoto.

Onder die Zuma-regering het dit in Suid-Afrika skynbaar mode geword dat leiers geen verantwoordelikheid vir hul eie foute aanvaar nie en die skuld vir hul mislukkings eerder op almal anders se skouers probeer pak. Uit die ope brief wat Pierre van Tonder, Spur se uitvoerende hoof, aan dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, gerig het, is dit duidelik dat Van Tonder in tipiese Zuma-styl weier om enige verantwoordelikheid vir die dilemma te aanvaar waarin hy sowel Spur-konsessiehouers as -personeel gedompel het. Van Tonder se poging om homself te verontskuldig, hou almal – van konserwatiewe mense en inwoners van sekere woongebiede tot Hermann in persoon – valslik as sondebokke in dié debakel voor.

Laat ek dit op rekord stel dat ek myself in terme van hierdie debakel vierkantig aan die kant van Spur-konsessiehouers en hul personeel skaar. Hier moet ek ook my belange verklaar: Ek ken ’n paar Spur-konsessiehouers persoonlik. Hulle is sout van die aarde en werk letterlik dag en nag saam met hul personeel om van hul ondernemings suksesse te maak. Benewens die heersende moeilike ekonomiese omstandighede word konsessiehouers ook aan byna diktatoriale voorskrifte en hoë kostes onderwerp wat vanuit Spur se hoofkantoor op hulle afgedwing word. Die laaste ding wat Spur-konsessiehouers en hul personeel nou nodig gehad het, was dat Spur se uitvoerende hoof ’n groot deel van hul kliëntebasis deur sy ondeurdagte optrede moes vervreem.

Ja, Van Tonder se optrede was ondeurdag. Moedswillige mense probeer nou kritiek op Van Tonder se optrede voorhou as ’n poging om die gedrag te regverdig van die man wat hom in die Texamo Spur wangedra het. Dis alles behalwe dít. Ek wil sélf nie my gesin aan dié soort gedrag blootstel as ons by my kinders se gunsteling restaurant gaan eet nie. Die punt is egter dat ek ook nie my gesin aan die gedrag van die vrou – die ander party – wil blootstel nie. Dit is daarom tog redelik dat my gesin en ook ander gesinne wat Spur oor baie jare heen lojaal ondersteun het, voel dat Spur teen sowel die man as die vrou moes optree.

Lojale Spur-kliënte wat deel is van minderheidsgemeenskappe word daagliks aan dubbele standaarde in terme van rassisme onderwerp. Rasbehepte politici, ’n groot gedeelte van die media en selfs die Menseregtekommissie maak ’n groot bohaai van sogenaamde wit rassisme, terwyl rassisme teenoor minderheidsgemeenskappe egter geïgnoreer word. In hierdie konteks – waar minderheidsgemeenskappe keelvol is vir dubbele standaarde – is dit verstaanbaar die Spur-kliënte uit dié gemeenskappe omgekrap raak as die grootbaas van een van hul gunsteling restaurante óók homself hieraan skuldig maak.

Die meeste lede van minderheidsgemeenskappe is gematigde mense wat glo dat wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe bevorder moet word en dat almal se waardigheid gerespekteer behoort te word. Daarom het nóg ek, nóg die meeste ander mense verwag dat Spur se hoof ’n wit kliënt se kant bo dié van ’n swart kliënt moes kies. Wat ek en baie ander wél verwag, is dat Spur elkeen van sy kliënte gelyk behandel en homself nie aan dubbele standaarde skuldig maak nie.

In Van Tonder se desperate poging om homself te verontskuldig, probeer hy in sy ope brief vir Hermann voorhou as die sondebok wat Spur-werknemers se poste in gedrang bring. Dit is oneerlik. Hermann het eers kommentaar oor die Spur-debakel gelewer nádat die media berig het dat Spur skade gelei het. Hermann het natuurlik ook nooit ’n Spur-boikot gepropageer nie, maar eerder sy misnoeë uitgespreek oor hoe Spur se topbestuur die saak hanteer het. Die oorsprong van die krisis is en bly Van Tonder se eensydige hantering van dié onsmaaklike voorval by Texamo Spur.

Die verantwoordelike ding wat alle rolspelers in die debat nou moet doen, is om te help toesien dat hardwerkende Spur-konsessiehouers en -personeel nie die slagoffers van die ondeurdagte optrede van Spur se hoof word nie. Spur-kliënte wat deur Van Tonder se optrede verontreg voel, gaan egter nie teruggewen kan word terwyl Van Tonder aanhou om homself te probeer verontskuldig en ontevrede kliënte as sogenaamde regses te brandmerk nie. Dit help ook nie veel dat Van Tonder dit goedgedink het om sy hantering van die saak nou deur iemand te laat ondersoek wat rééds vir haar anti-Afrikaanse vooroordele bekend is nie. Nóg erger is dat Van Tonder ook van anti-Afrikaanse aktiviste se hulp en advies gebruik gemaak het om sy mediaskakeling met die ope brief te hanteer. As Van Tonder wérklik so besorg is oor Spur-konsessiehouers en hul werknemers as wat hy voorgee om te wees, het die tyd nou aangebreek om die regte ding te doen. Hy moet sy fout erken en verantwoordelikheid vir sy optrede aanvaar deur te bedank. Dan kan dié onsmaaklike voorval agtergelaat word en kan almal weer ’n “smaak” vir die lewe by Spur ontwikkel.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Kallie Kriel

Kallie Kriel is die Uitvoerende Hoof van AfriForum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

113 Kommentare

Valie ·

Die skade is reeds gedoen. Geen blanke kan voortaan by Spur gaan eet sonder om te wonder wat die sjef en ander personeel se houding teenoor hom of haar is nie, en met sekerheid weet dat sy of haar kos nie met iets onnoembaar besoedel is nie. Spur het nou geen keuse as om sy gekose marksektor te ontgin nie, en dit is nie meer die blankes nie.

Daan Erasmus ·

Ek het alles weer en weer gelees. Dirk Herman het niemand aangerand nie op niemand geskreeu nie. Van Tonder se aksies kos onskuldige mense geld. Dit laat onskuldige mense hul werk verloor. Dit lyk nie of van Tonder omgee nie

Anira ·

Laat die konsessiehouers vir Van Tonder en kie in die hoofkantoor dagvaar vir hul verlies.

Freda Slabbert ·

Ek was 13jr n konsessie-houer van hulle. As julle dink hulle het bogenoemde voorval sleg hanteer, dink weer. Hierdie hoofkantoor-manne stap in JOU winkel in en is te meerderwaardig om jou te groet! Ek kan n ‘riller’ oor die manne skryf! (veral oor Mark Farrely)

chrisp ·

So tong in die kies…
Miskien sal van die “ou manne” nog onthou van die ou weermag grappie .
Van Tonder ,Van Tonder,Van Tonder twee met gewere en een daarsonder.

Ek dink dit moes wees. Van Tonder ,Van Tonder,Van Tonder twee met inbors en een daarsonder.

pieter ·

KALLIE, DIS JAMMER DAT N MENS JOU INTERGITEIT LAER MOET STEL OM DIE MENSE AAN TE SPREEK,MAAR SO KAN DIT OOK NIE AANGAAN NIE. DANKIE DAT JULLE OMGEE.

Disselboom ·

Die Spur-sage word bespreek asof dit ‘n voort gemeenskapsinstelling is, wat nogal ‘n sterk posisie is vir ‘n besigheid om in te wees. Dit is, nadat die emosie en die wol afgehaal is, net ‘n besigheid waarvoor daar heelwat alternatiewe bestaan en waarsonder daar dus klaargekom kan word. Die franchise-model speel hier sy rol, met die verstrengeling van belange tussen die oorhoofse handelsmerk- en verskaffingseienaars en die plaaslike eienaar wat netjies meewerk om eintlik maar eersgenoemde se belange te dien. Wel, dis dan tyd om die nie-franchise ou met die werklike inisiatief en wat werklik sy plaaslike gemeenskap moet dien, te ondersteun. Dis daardie ouens wat die strewe na vryheid dalk bietjie beter verstaan, meer weet van selfdoen en meer eie inisiatief demonstreer. Is dit nie dan tyd om laasgenoemde by voorkeur te ondersteun nie? Die moontlikheid van ‘n “Rebel’s Pizza” -effek (ouens wat hulle Roman’s Pizza-plekke omskep het om van die franchise-wurggreep weg te kom) met Spur’s wat dalk so vrye groep vorm met selfde resep, net beter produk en ander naam, moet nie buite rekening gelaat word nie.

Dankie Disselboom ·

Puik kommentaar DISSELBOOM, hoekom moet die naam Spur behoue bly en almal so daaraan vasklou, stig ‘n nuwe Restaurant met ‘n beter NAAM, en doen julle eie ding. WELL SAID!

Vierkleur ·

Goed gestel Disselboom.

Konsessie houers begin julle eie plek en verskaf wekr vir ons mense en kinders. Die mense wat julle ondersteun.

Dries Liebenberg ·

Totsiens Spur,

Maak nie saak wat julle bestuur doen nie,, van my kry julle nooit ooit weer ‘n dollar of ‘n sent nie,, vaarwel aan Spur en hulle geskiedenis.

Annemarie van Zyl ·

Stel ook glad nie meer belang in Spur nie!!!! Maak nie saak wat hulle doen nie???

Mielie ·

Ek sit nooit weer my voete in n Spur nie. Nee dankie. Genoeg gehad van politiek veral teenoor blankes en die Afrikaner.

Basjan ·

Ek wed julle 50% van die mense wat sê hulle gaan die Spur boikot, nooit eers in ‘n Spur kom nie. Hulle spring net op die “bandwagon” omdat dit vir hulle goed klink.

Boerseun ·

Bashjan, wat se jy oor die Matie moord. Seker omdtandighede se skuld

Wimpie ·

Ek stem saam dat die konsessie houers n veltog moet loods teen hoofkantoor en nie op hul eie probeer die groter publiek oorhaal om hul weer te ondersteun ..ek.ht begrip v elkeen wat geraak word ..voel dat Kalie se stelling en skrywe ondersteun moet word

Jane ·

Ongelukkig het een van die konsessie houers (naamloos) die naweeek ‘n artikel in hulle plaaslike koerant laat publiseer waarin hy die VER REGSES uitskel vir sy verliese, dit was in PE. So nie AL die konsessiehouers is hierdie Afrikaners wat voel hulle mede-Afrikaners laat hulle in die steek nie. Hulle het tot nou toe TJOEPSTIL gebly en so wragtie gaan hierdie meneer af teenoor dieselfde mense wat hom JAAR NA JAAR ondersteun het en nou weens REGSHEID hom sy restaurant gaan kos. Jammer, geen simpatie daar nie. Jy moet besluit, soek jy die ‘regses’ soos jy hulle gedoop het in jou restaurant of wil jy hulle SKEL!??

Boetman ·

Ek wonder steeds hoe die ou in PE so ‘n groot verlies a.g.v. regses kan ly. Tydens verkiesings kry die regses minder as 10% van die stemme in hierdie liberale dorp!!

Piesang'tjie ·

So het enigiemand inligting oor of hierdie boycott van Spur `n effek op hul finansies gehad het? Jammer ek vra, het nou lank nie nuus gevolg nie

Hi Piesang ·

Daar was ‘n vorige berig dat daar ‘n afname in besigheid van tussen 35% en 45% was. Weet nie of dit verskil van Spur tot Spur nie, maar dit was ‘n ‘gemiddelde’ persentasie wat bereken is. Kan wees dat sommige Spurs (in KP gebiede – LOL) dalk 70% verlies gely het en die in Liberale gebiede slegs 15% of glad nie.

Louana ·

Jane…in watter PE dagblad was dit. Wil graag gaan kyk. Hier in PE is ieder geval heelwat beter en goedkoper alternatiewe as Spur!

Johan Neuteman ·

Dalk help hierdie petalje Afrikaners weer so bietjie terug na gesins- en familielewe vriendekring wat mekaar se huise ken en waardeer, met die self organiseer van die kinderpartytjie, waar daar dalk eerder “Veels geluk liewe maatjie” in ooreenstemming met ons eie kultuur gesing word? Nie noodwendig gekant teen ‘n uitstappie Spur toe af en toe nie (wel, onder die omstandighede is ek wel), maar Disselboom se opmerkings het my tog bietjie aan die dink gesit van hoe besigheid en handelsmerke dalk die warmte van gemeenskapslewe begin verdring?

Ken2 ·

Ja van Tonder moet die eerbare ding doen en bedank. Maar net soos hy die golf van beskuldiging van n sekere ras gery het so sal hy seker ook die golf ry van om nie te bedank as hy verkeerd doen nie. Of sal jy wel die eerbare ding doen en jouself onderskei van jou regeringsmeesters wie jy nageboors het met rassekaart speel?

Thuunda ·

Dit gaan nie gebeur nie, Van Tonder gaan nie bedank nie en ek gaan nie weer my smaak vir Spur herontwikkel nie.

Fluffy ·

Moet net beaam wat soveel lesers na verwys – ongeag wat die Spur Groep nou gaan doen, ‘n groot groep mense sal nooit weer hulle geld by enige Spur spandeer nie – dit is ongelooflik hoeveel mense rondom jou (vir verskeie redes) nie weer die Spur sal ondersteun nie en dit is beslis ‘n geval waar mense voel tot hiertoe en nie verder nie – genoeg is genoeg en ongelukkig vir die Spur het hulle die strooihalm verskaf wat die kameel se rug gebreek het – konsessiehouers, stig nou af en gaan op julle eie as ‘n individu of as ‘n groepie takke, maar beweeg aan voor dit te laat is !

Uvonka ·

Nie eers “on the SPUR of the moment” sal ek ooit weer daar eet nie.

Susan de Klerk ·

In gister se Rapport word beweer dat die boikot nie regtig die Spur seermaak nie, maar wel dat die middelklas platsak is. Die sogenaamde middelklas of watter klas ook al het nie meer geld om te spandeer op uit eet nie. Nou kry die ekonomie die skuld!!

Japie ·

Indien die middelklas platsak was sou AL die restaurante swaarder getrek het. So stukkie lib-logika waarmee ons getrakteer word.

Willie E ·

Kom ek gee vir SPUR ‘n stukkie goeie advies…die sg “middelklas” wat nie geld het nie spandeer hulle geld op ander plekke.
Ek is SELF deel van jul sg “middelklas” en glo my,ek kan enige tyd elke naweek gaan uiteet as ek wil,en ,julle sal skrik as julle weet wat ek verdien per maand.
Die verskil kom daarby in,ek is bereid om my begroting so uit te werk dat ek wel geld daarvoor het,en ek doen dit ook so.
Nou vir die ontnugtering,hierdie “geldlose middelklasser” het nog steeds sy bergote hoeveelheid beskikbaar om naweke te gaan uiteet,ek doen dit egter nou met groter omsigtigheid,en ondersteun mense wat my naby aan die “vel en taal ” le,daar is baie diesulke restaurant eienaars…en ja, dis waar my lojaliteit nou gaan le,nie by ‘n “reuse franchise” wat die mense wat hom gehelp het om ‘n “reus” te word in die grond in te trap nie…ek se weer en luister mooi asb Van Tonder,as ek gaan uiteet dan is dit voor,hoof en nagereg met drinkgoed, ek kan vir julle se wat my rekening beloop. Weeg dit op teen 8 of meer mense wat ‘n bord chips en dip bestel en almal eet uit daardie een bord “chips” uit nie.
Maklik om te verstaan waar julle inkomste le…”figure ” dit uit vir julself…dit is nie “rocket science” nie.
Groete
Die geldlose “middelklasser”…

ben ·

Ek het soveel nuwe plekke ontdek dat ek Spur gladnie mis nie!

Helene ·

Willie-E ons moet versigtig wees dat Zuma nie hoor ons doen besigheid met ons ander mede Afrikaanse mense nie want hy sal sommer n stokkie voor ons voorkeure steek net om ons te spite. Hahahahaha!!!!!

Chris ·

Daar gaan niks positiefs uit die ondersoek kom nie , want ondersoeker is bekend vir haar anti afrikaanse vooroordele so moet nie in angs en spanning daarop wag nie. Mnr v an Tonder het terloops ook sy Spur aandele verkoop so gaan hy ook soos ‘n swak kaptein die sinkende skip eerste verlaat?

Emma ·

Al bedank Van Tonder en vra omverskoning , gaan dit bloot wees omdat hy feitlik gedwing word. Ek sal nie weer by enige Spur my geld spandeer nie !!

Hans ·

Ons is moeg om deur hierdie bose verdraaide sisteem verkrag te word.

Sass ·

Kallie Kriel se liberale leef-en-laat-leef politiek is vinnig besig om van Afriforum ‘n redelike groot grap te maak. Gelukkig is sy soort onder ons volk aan die verdwyn.

Vierkleur ·

Kom op vir konsessie houers. Dieselfde konsessie houers wat nie vir blanke kinders werk wil gee nie.

Piet Snot ·

Sass, daai kommentaar het darem ‘n behoorlike motivering nodig. Verduidelik jouself assbelief, as jy nie omgee nie.

Dirk Breytenbach ·

Waarvan praat Sass? Liberale politiek en Kallie Kriel is nie bedmaats nie tensy ek op ‘n ander kontinent bly. Hy en sy speelgroepie gaan definitief sukkel om helder denkende Afrikaanses te mislei. Ons gaan nie verdwyn nie. Afrikaanses kan ook redelik wees en bowendien is ons nie die veragtelike stereotipe waarvoor ‘n sekere self ontkennede Afrikaner akademikus ons vanoggend op die radio probeer uitmaak het nie. Ek besef nou skielik wie SASS en sy hanteerders is so kom ons mors nie verder tyd op hulle nie.

jean ·

Ongelukkig sal alles altyd eensydig wees…..dit weet ons teen die tyd al.

Eish ·

Never again! Indien die direksie deur die hele krises die besturende direkteur ondersteun, beteken dit sy optrede word goedgekeur hetsy stilswyend al dan nie. Polities so korrek dis om van naar te word man!

Harambe ·

Ek sien myself eerder as ‘n cam. Dis so een trappie verhewe bo ‘n “tappet”.

EK se maar net ·

Wel ons is n middelklas gesin en het elke maand tot 3 keer by spur gaan eet. Maar na al die stories van wat hulle met ons kos doen ens. stel ons glad nie meer belang om daar te gaan eet nie. Ons het so baie nuwe plekke ontdek wat baie lekker voedsel voorsit waar ons nou eerder ons geld bele.

Piesang ·

Na hulle wat an jou kos doen ? Al daai snert van die spoeg en bloed was als fake news.

Piet ·

Goeie berig! Hulle kan maar hulle deure toemaak vir al wat ek omgee ……dis te maklik om dit as n rasse ding af te maak en ek’s seker daars baie wat ook keelvol is daarvoor! Spur ….julle kan maar julle deure sluit want my paar pennies sal nooit ooit weer deur julle kas registers gaan nie!

Dewald ·

Wou gister burgers braai. Seun haal so ewe spur burgers uit die vrieskas van winkel uit… Het hom mooi laat verstaan dat spur nou klaar is… Oral.

Selfs al was ek n spur waiter en het my liefste vroutjie daar ontmoet. My waitering dae het gelukkig ook ge-eindig met n arrogante “Konsessiehouer/baas” wat nie rede wou insien nie. Groot was sy verbasing toe ek hom laat weet ek is klaar en gaan nou swem. Die betrokke spur het ook toegemaak.

Nou dat my kinders nie meer veilig is nie, ek die reg ontneem is om hulle te beskerm en daar nie meer vriendelike waiters wat hulle werk en produkte ken nie, hou ons maar verby.

Gelukkig word ons ook nie meer genooi na die ondraaglike kinder partytjies deur ons familie en vriende nie. Soveel lekkerder by almal se huise.

SPUR = HISTORY in ons oë, en ons kinders word met dieselfde siening groot gemaak.

Piet Pompies ·

Van Tonder, van Tonder het ‘n SPRUR gehad en nou is hy daarsonder.
Na my mening is die SPUR deur meer as een saak benadeel, swak diens en duur pryse afgedwing op konsessie houers en tot groot wins van die eienaars, laastens die swak handtering van rasse voorval. Ons gesin het die SPUR al minder besoek agv swak diens en toe die swak handtering van die rasse voorval plaasvind was dit die laaste strooi en ons ondersteun nou alleen eienaar eetplekke.

Bert ·

Daar is ongeveer 5 miljoen witmense in Suid-Afrika. Ongeveer 2.7 miljoen Afrikaners. Ander lande met soortgelyke bevolkingsgetalle sluit in Finland, Skotland, Nieu Seeland, Wallis en Botswana.

Van Tonder beledig ‘n potensiele mark wat so groot is soos die bogemelde baie suksesvolle lande. Gaan kyk net watter BBP daardie lande het. Selfs al vat ons net Afrikaners as moontlike mark dan is ons 600 000 mense meer as Botswana!

Van Tonder se optrede, suiwer uit ‘n markoogpunt en getalle plus die feit dat soveel Spur’s nog steeds in voorheen wit buurte te vinde is, bewys dat hy grof nalatig was met sy onregverdige, polities-korrekte optrede. Demografiese verandering vind plaas oor dekades en ons Afrikaners is hier om te bly. So sy waagstuk om eerder die wittes te beledig as om regverdig te wees, kan Spur nog baie ellende veroorsaak.

Konsessie-houers moet dringend regshulp inwin want elke keer wat Van Tonder of Farelly hulle monde oopmaak, word net nog verdere skade berokken. DIt is nie net die konsessie-houers wat moet rug styf maak nie maar ook al die kelners en werkers. So kan dit nie aangaan nie.

humor ·

Disselboom stem 100%. Wil net byvoeg my wens is dat die nuwe ondernming n pragtige Afrikaanse naam sal kry.

Pieta ·

Is humor jou boetie Disselboom, of is dit ‘n ligte glipsie?
hehehe

besigheids man ·

Spur ek het n plan om mense soos ek weer in die spur te kry. Voldoen aan die 3 goed en ek is terug.
1Verlaag al julle pryse met 50%
2 maak 3 keer n week eat a you want vir R90
3 sit tv skerms op elke tafel met kameras in die kombuis
3.1verbied die betaal van n “tip”
3.2 verander julle naam na”De la ry-in”
3.3 bied gratis kar was vir elke kliënt al drink hy net water
3.4 gee geskenke vir almal wat verjaar min n 4×4 trailer

Chris Ws ·

Van Tonder se bedanking sal my en my gesin nooit weer by enige Spur laat eet nie.Ons is moeg om uitgekryt te word as regses en om teen gediskemineer te word omdat ons blank is.

Dellaq ·

Kallie, ongelukkig is jou besigheid se naam die van spur s’n-ongeag of jy ‘n franchise is. Soos vorige skrywer hierbo se, maak jou eie restaurant onder jou eie naam oop en eks seker met sulke uitnemende diens vir kliente en gemeenskap wat jy en jou personeel doen, sal mense stroom na jou plek. Sterkte vir julle wat geen skuld hieraan dra nie, maar aan jul “conections” sal julle geken word.

Ek was nog nooit ‘n spur fan nie maar sal nou nooit weer my geld daar spandeer nie, al is daar goeie bestuurders soos jy.

Harambe ·

Kyk, ek het nog nooit die boeke gesien nie, maar volgens die eienaar van die Spur waar ek gewerk het, het hulle naastenby 50% van hul winste aan “franchise” moes oorbetaal. Wat seker verduidelik waarom hulle eintlik vrek duur is vergeleke met ander soortgelyke restaurante.

Ek kry ook bogenoemde eienaar jammer, want laas wat ek kon onthou het hy raasbekke van alle kleure dieselfde behandel: hy het hulle letterlik uitgesmyt. En ek glo hy sou beide partye uitgesmyt het as Texamo Spur syne was. So daarvoor is ek jammer. Maar hulle is te duur en hulle behandel nie almal dieselfde nie.

Sowaar ·

Indien Spur wil oorleef sal dit gepas wees indien die aandeelhuers en die konsessiehouers die HUB, HFB en raadgewers summier afdank en so hulle sterk distansieer van die eensydige politieke uitlatings en besluite. Hulle het reeds die gat te diep gegrawe om daaruit te kom. Die ander groot grilfaktor blyk die higiene te wees. Hoe gaan ons restaurante in SA weer vertrou?

Theresa ·

Hou voet by stuk. Albei skreeuende volwassenes moes gevra word om die perseel te verlaat. En dis dit. Niks anders nie. En o ja, dis nie ‘n wonder die middelklas is aan’t arm word nie. Hoe dan anders in sonnige Suid-Afrika.

Stephanus ·

Al bedank van Tonder en sy hele direksie sal Spur NOOIT weer een sent van my kry nie, en dit van Tonder is 100% jou skuld.

Faan ·

Stem saam met jou Kallie maar ek dink nie hierdie ou gaan die eerbare ding doen en bedank nie .Kan julle manne by Afriforum nie die konsessiehouers bystaan deur ‘n opinie te kry of hoofkantoor nie kontrakbreuk teenoor hulle gepleeg het nie , en indien wel of die kontrakte nie gekanseleer kan word , en die konsessiehouers dan op ‘n veratwoordelike manier kan “defranchise” Indien dit kan gebeur sal ek so ‘n voormalige “Spur” verseker ondersteun.

Helien ·

Shame ja ek is te arm om by Spur te gaan eet. Ek eet nog baie uit Mnr Van Tonder maar nie by Spur nie, dit was nou die laaste strooi. Hulle kos is ook nie meer van die beste nie en hulle diens stink. Laat dit ook n goeie voorbeeld wees vir ander resturante. Plaas dat Spur eienaars eerde hulle monde hou maar nee dit is baie lekker om olie op die vuur te gooi. Mnr van Tonder kom nou oor die bruggie en bepaal julle by die probleme in die Spur.

Danie Rossouw ·

Van Tonder het die verkeerde perd gespeel, nou moet sy konsessie houers die prys vir sy SWAK besluit betaal. Dis hartseer.

Keelvol vir Spur berigte ·

Ag kan ons nou maar nie SPUR agter ons sit en helemal van hul vergeet nie.

Domvraag ·

Maar hoekom lees jy dit dan. Jy hoef nie maar daar is ander war belang stel om dit te lees

Hendrik die hoenderhaan ·

Spur was altyd ‘n goeie familie restaurant waarna ons onse kinders kon neem om so lekker te speel terwyl ons ouers rustig kon eet en ‘n lekker draught kon drink. Nou ontwyk ek die spur soos die tandarts! Dis baie hartseer dat so baie mense moet ly weens die onregverdige optrede van mense wat heel duidelik gladnie omgee oor hulle kliente of hulle besigheid nie. Ek skaam my vir hulle. Ek stem dat die francise houers ander restaurante moet begin, sulke kritieke toestande MOET massa aksie noodsaak. Ons as een van die minderheids groepe sal genoodsaak word om saam te staan en ‘n verskil te maak want wragtie waar so kan dit nie aangaan nie! Ek bid dat gereg sal geskied en die onregverdiges hulle verdiende loon sal kry terwyl die arme mense wat hulle brood en botter verloor dit weer sal vind. Ek weier om gebukkend te gaan en nie terug te veg nie! Kom ons staan saam en hou aan om vorendag te kom met goeie oplossings wat positiewe gevolge kan inhou vir almal van ons. Laat die klank van die Afrikaner stemme die aarde laat bewe!

Cornelia Pieters ·

Ek beaam besigheidsman “sit tv skerms op elke tafel met kameras in die kombuis” Die gedokterde kos is satanies en siek verby. My hart huil om te dink en te weet wat by Spur gebeur het kan enige andere plek gebeur. Ons is geensins veilig sonder die Here en ons kan net bly bid en vry spreek. Die Spur saak gaan veel verder as die bakleiery. Gaan steek kers op by Gordon Ramsay en nog beter kom onder leiding van die Heilige Gees dan praat ons weer ?❤

Besigheids man ·

Maar wat van die geskenk…sad face. Ek verjaar volgende week!

Gert Centurion ·

So 2 weke gelede het Sake Rapport berig dat die sakeman wat Spur begin het in 1977(?)sy grootste gros aandele verkoop het. Gewoonlik sien die soort mense tendense wat meeste steak-etende mense nie kan sien nie. Maak nou jul eie afleidings hieruit, en moenie julle vermoei met die argumente oor wie’s reg en wie’s sleg nie ….dis laerskoolkinders se ding.

Jannie van Niekerk ·

As mnr van Tonder so bekommerd is oor sogenaamde “werksgeleenthede” by Spur wat verlore gaan, waarom neem heelwat Spurs slegs buitelanders in diens? Voor ek Spur begin boikot het, het ek ‘n Spur in die Kaap besoek wat slegs Zimbabwiërs in diens het en nie een enkele Suid Afrikaner nie. ‘n Bekende joernalis het onlangs met die oorspronlike Spur eienaar in hierdie bertrokke Spur ‘n onderhoud gevoer. En ja, soos ek al tevore genoem het, dis nie ‘n REGSE BLANKE boikot nie, dis ‘n Suid Afrikanase boikot. Om terug te kom na werksgeleenthede: Die meeste Spur werkers werk slegs vir kommissie en is self verantwoordelik vir breekskade en skelm mense wat wegglip sonder om te betaal se rekeninge. Hoe nou mnr Van Tonder?

Siener van Melbourne ·

Ek eet ook nie by die Spur nie…te vêr en beitendien, ek sal in ieder geval nie die vooroordeel van n geafronteerde kok vertrou nie, over geset synde, wat vang hy met my kos aan voordat hy dit vir my gee?

Kobus ·

Nee wat. Enigiets wat hulle nou doen is “too little too late.” Nooit weer n sent van my nie

Dawid ·

SPUR was ons elke Vrydagaand dederf met al die kleinkinders en families wat by ons gekuier het. Eg Afrikaans. Maar na wat alles gebeur het sien hulle ons nooit weer nie. Ons verloor niks nie. En spandeer dieselfde geld op ander eetplekke.

Petrus ·

In ‘n regverdige wêreld sou beide Zuma en Pierre van Tonder gedwing word om te bedank!

In die realiteit van die hedendaagse Suid-Afrika weeg billikheid en regverdigheid blykbaar nie op teen die onlogiese politieke drogredenasies van ons tyd nie.

Rocky Bell ·

Lankal klaar met Spur. Gevra vir ‘n rypgemaakte 500gr rare Sir Loin op.’ n hotplate terwyl ‘n stuk vleis van 200gr opgedis is en na ek die bestuurder daarop gewys het en ek in effek afgejak is oor ek nie “my vleis ken” bye!!!!!

Sonja Nel ·

Presies dieselfde ervaring gehad. Selfs Woolworths se rypgemaakte biefstuk is omtrent R 120 vir 800g. Genoeg vir 2 mans en beslis beter kwaliteit en waarde vir geld.
Spur se’ gewig ‘ is duidelik nie dit wat voor betaal word nie.

Fred ·

Spur bestuur het die hele ding polities gemaak. Na van Tonder se brief sien Spur my nooit weer nie en ek weet van baie ander wat ook so voel. Die konsesdiehouers moet druk op Spur uit-oefen want weens hulle hanteering van die aangeleentheid lei hulle daar onder

Ai ·

Konsessie eienaars moet maar druk op Spur plaas dat Van Tonder en daai verskriklike oningeligte Ferrelly karakter publieke verskoning vra aan ONS, die kliente, en erken dat hulle uiters onprofesioneel was en die saak verkeerd hanteer het. Ek wil dit in elke liewe koerant sien wat hulle verlekker het in die storie. Dan moet hulle daardie “dame” ook landwyd belet van enige Spur tak en miskien dan sal ek…. NEE, nie eers dan nie.

Gerhardt O ·

Saddles moet terukom, maar ek hou van die kamera idee.

Besigheids man ·

En wat van die kar was… Ek dink dis n wenner. Was nooit mal oor bakkie was na n jag sessie nie.

Ramkat ·

Wanneer ek en my beter help te weer.by.SPUR gaan eet.gaan ek.haar aanmoedig om aan’t.skree te.gaan net soosdie viswyf ma van die seuntjie wat in die saak.betrokke was.
Verseker sal ek dan ook nog aandring op n gratis ete.as vergoeding vir die swak gedrag geopenbaar.

Saartjie ·

Die huidige finasiele klimaat in Ons land maak Dit deesdae moeiliker Om as gesin TE GAAN uiteet. Ons hou daarvan Om so Dan en wan iewers iets TE koop of Daar TE GAAN EET. Ek as individu Sal NIE dat ENIGE media gevegte /konflikte my Verhoed Om anders TE Lewe NIE-want Dan is ek die slagoffer! As ek dus melk skommel by Spur wil GAAN drink want Dit is R5.00 goedkoper maar lekkerder as die ander bekende eet plek Sal ek nog steeds Dit Daar GAAN geniet. My Seun het jare gelede by ‘n 5ster eet plek tee sakkie in Sy sjokolade melk skommel GEKRY …Ons leef vandag Om TE OORDEEL en almal Weet beter en wil die LAASTE sin inkry. Dankie vir Ons Spur SE bestuur en personeel jammer Ons het NIE Lotto GEWEN Om meer Daar TE wees NIE!

Frik ·

Ja so staan ons saam. So is ons passief want dit raak jou nie direk want jy gaan eet dan nooit daar nie.

gatiep ·

Niks sal my weer by Spur kry nie,en as ek iets hoor van n ander plek is ek klaar met hulle ook.

Catryn ·

Gaan kyk gerus onder SPUR FOUNDATION by die Spur se webtuiste wie ondersteun jy ook by Spur …. 18 Julie …

Nhk ·

Tyd dat families en vriende weer van die braaikamer gebruik maak. Onthaal jou vriende met n geurige ete. Dek die eetkamer tafel mooi. Skakel net die tv af asseblief.

Leendert ·

Van die os op die jas, maar tog ook relevant. Ek sien die woord konsessie word nou deurlopend in die berigte gebruik, wat pragtig is, dat mens dit, inteenstelling met die woord franchise, wat ook in die Afrikaanse woordeboeke opgeneem is gebruik. Hoe dit daar beland het weet nigter. Die afgelope jare gryp die mense mos sommer ‘n Engelse woord, verAfrikaans dit en siedaar ons het ‘n nuwe woord wat in ons kele afgedruk word. Dankie aan die mense wat puriste is en nog in suiwer Afrikaans glo. Die heel eerste berig oor die Spur aangeleentheid, as ek nie verkeerd is nie, was die woord franshise nog aan die orde.

Johann ·

Tantieme is die aandeel wat ‘n kunstenaar kry uit die verkoop van of uitvoering van sy werk. (Outeursaandeel)

Rina ·

Beginselbesluit ook nooit ooit weer in Spur eet. Hierdie voorval was die kersie op die koek egter. Hele tyd gelede al agtergekom dat Spur se gehalte (kos) soos wat dit altyd was baie afgewater geword het en die altyd ekstra “iets” ontbreek. Porsies word al kleiner bv hoendervlerkies wat my gunstelinggereg was word so opgeknip dat die helfte daarvan nie op jou bord beland en so kan mens aangaan – nee wat! daar is baie beter restaurante daar buite en in jou eie huis maak jy nog die lekkerste kos!

Anoniem ·

Stem saam met jou Rina. Iets wat my nogal baie puzzle en dit gebeur nie net by Spur nie maar ook by ander eetplekke. As jy n hoender koop dan kry jy twee vlerkies kompleet, maar bestel dit by n eetplek dan knip hulle daai vlerk in twee en gee jou n halwe vlerk in plaas van n hele maar hulle menu se chicken wings en nie 4 half chicken wings. Het jy al n hoender gesien met n halwe vlerk? arme hoender hy sal verlore wees en dit is hoe ek voel. Ons word uitgebuit by baie eetplekke. Se maar net

Milkybar ·

Jack, ek werk al vir 15 jaar in spur en in die laaste 8 jaar kan ek op een hand tel hoeveel wit mense het kom werk soek. Die swartes het die kelner industrie oorgevat toe dit nog goed gegaan het met die wit mense, en al die kinder leker sakgeld gekry het om by die huis te sit en tv te kyk. Ek het altyd leker gelag as mnr van der merwe op n vrydag aand kom eet met die gesin en vir my vra….waar is al die wit waiters, terwyl se 2 tiener kinder saam met hom aan die tafel sit.

Dirk01 ·

Het Van Tonder gedink hy gaan punte score of in wees om blankes te bash? Wat hy wel verniet gekry het was mark navorsing en ons noem dit sy groep se bank rekening lyk nie so belowend.
Laat n blanke in die land iets durf verkeerd doen…………

Anoniem ·

ag shame ou basjan jy is seker ook maar n ou hensopper wat sy mense verraai. gelukkig is daar nog baie Afrikaners met Afrikaner harte. dus basjan hou maar jou afbrekende kommentaar oor eg Afrikaners en besluit wat jy wil wees .

EK! ·

Spur moet maar net die begin wees !

Die Afrikaner moet sy oe oopmaak en besigtig wie die organisasies is wat so eensydig teen hom optree en begin opstaan teen enige instansie wat teen hom diskrimineer!
Hul alewige rassistiese BEE aanstellings ‘”positive discrimination” houdinge IS UITGELEEF EN OOR MISBRUIK, tyd om reverdig begin op te tree ,tot dan ondersteun ek jul nie!
Apartheid is mos nou verby so hoekom word die werk net vir spesifieke ras gehou???

Kyk maar gerus na die werks aanstellings balans in restuarante….waars die blankes???? Is hul te blank om aangestel te word?
Hoekom die besighedes oorsien en aanhou ondersteun terwyl jy as blanke in Suid Afrika sien hul benadeel jou eie mense gebaseer op ras???
Is dit maar nie tog te hipokraties tot jou as blanke se eie nadeel nie?

Laat hul begin leer deur te praat met jou beursie!
Dit wil voorkom of die blanke wel tog sy stem kan dik maak en opstaan vir sy eie regte in n land waar die erg ontken word. Hopelik kan dieselfde gedoen word met ander besighedes wat blanke regte ontken….
Van tonder en Mark jul is hoogs ARROGANT en berokken Spur groter skade aan elke keer jul jul opinies lug, sjoes eerder want jul is beledigende dwase!
Sorry Spur maar jul is presies die simptoom van onregverdige behandeling teenoor die blankes.
Jul sien my nie weer nie!
Cheers!

Dries ·

Ons as blankes, veral Afrikaners, moet dit nie meer duld dat maatskappye soos Spur met ons mors nie, soos dit in Engels uitgedruk word – “take us for granted”, ek het ook my lus vir Spur verloor, ek het simpatie met onskuldige konsessie houers en kelners,maar die skuld dat hulle lei moet voor die deur van Spur se base gelê word.

Kaspaas ·

Ons het gereeld na Spur gegaan maar na die voorval het ons ook weggebly. Die feit is al erken Spur hulle fout sal ons nie weer terug gaan. Die insident het die opening gelaat om te kyk wat is anders daar buite. Ons het besef daar is soveel ander beter eetplekke daarbuite goedkoper en baie beter kos met net sulke lekker plekke vir die kinders om te speel.

SondervanTonder ·

Spur in Perth, Australia, trek nog baie expats. Mens moet toustaan om in the kom. Buy one, get one free, op Woensdae. Ek het my dogter ingelig hoe Spur hier geboycot word. Haar antwoord – “dit is Australia”.

Juandre ·

Kan nie glo julle mense wil Spur boikot nie, hulle het die lekkerste uieringe.

Julle gaan uitmis.

Jakobus ·

Jy moet ons tuisgebraaides kom proe. Ons braai nou al ons uieringe seker vir by die 30 jaar, so makliker gaan jy nie beter kry nie.

Ek het vanaand ook die lekkerste tuisgemaakte burger, gesmoorde ui met soetrissie op, aartappelwiggies, bietjie knoffel, titseltjie masala, geeet. Ek moet eintlik sê ervaar, ag man dit was als sommer net hemels.

Jos ·

In diek kol Kallie. Ek ondersteun glad nie meer Spur restaurante nie net oor van Tonder se ondeurdagte rasistiese optrede. Jammer dat al die restaurant eienaars daaronder moet ly. As al die restaurant eienaars eis dat hy en sy direksie wat die ondeurdagte besluit gemaak het moet waai sal ek hulle weer ondersteun. Hulle gaan sukkel want dit kom my voor hy het ook lesse geneem by Zumpie. Almal se skuld behalwe die uwe.

E ·

Die hele Spur storie is al so holrug gery. En dit oor volwassenes wat hul soos kinders gedra. Kinders bly kinders en hul baklei by skole, huise, winkels en … Die geheim lê daarin hoe jy so ń situasie hanteer. Dit is nie Spur se verantwoordelikheid om kinders en ouers maniere te leer nie. En as so iets bv. in ń winkel of skool sou gebeur? Sal almal nou die winkel of skool boikot?As jy as ouer jou kind nie kan beheer nie en jouself nie kan gedra nie dan moet jyself die gevolge dra.
Dit is nou tipies van mense wat nie ń stukkie son vir iemand anders gun om so tekere te gaan. Hierdie hele situasie is uit verband uit geruk deur mense wat nou net eintlik iets soek om oor te baklei.

GES ·

Van Tonder en sy mense gaan nog duur betaal vir die politiek korrekte grootheidswaan sindroom waaraan hulle lei. Daar lê nog moeilike tye voor vir die arme konsessiehouers. Ek het verseker ook my smaak verloor vir Spur se kos.

Ans ·

My vraag is net:- Mnr v Tonder verwys na die betrokkenheid van Spur wat Helpende Hand help met die armoede wat onstaan het met die sluiting vd myn in Kroonstad.
Oor wie gaan dit hier :
Spur of Helpende Hand?
Volgens my reik Solidariteit Helpende Hand uit na die mynwerkers en hul gesinne, enige borskap of betrokkenheid is ten bate van die wat swaarkry en nie die ERKENNING van Spur of Helpende Hand nie?
Kobus Venter wat die projek dryf is ‘n persoon met integriteit en ‘n hart vir minderbevooregtes.
Mnr. Van Tonder lyk my se bydra word meer in die lig van publisiteit gesien.

Die bybel sê moet nie dat jou linkerhand weet wat jou regterhand doen nie.

Dirk Breytenbach ·

Hoe meer die selfaangestelde moreelbepalende waghonde die Afrikaner probeer stereotipeer as regs en KP aanhangers hoe meer verhard die houding jeens hierdie insident. Diegene wat die KP nou ophaal is ver verwyderd van die realiteit en leef in ‘n verlede wat almal reeds verlaat het.
Dit help Spur nie en dra niks positiefs tot verdraagsaamheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.