Staan saam teen Malema se haatpropaganda, sê IRV

Julius Malema. Foto: EFF

Deur Michael Morris, hoof van media by die IRV

Dit het hoog tyd geword dat die Suid-Afrikaanse publiek een ding goed verstaan: Julius Malema is ’n haatpropageerder en -aanhitser van formaat. Sy uitlatings mik hy op minderheidsgroepe. Dit is ’n gevaarlike speletjie wat veroordeel en met wortel en tak uitgeroei moet word.

Om so iets te pak, is natuurlik om ’n hewige debat te ontlok oor die soort haat wat hy links en regs verkondig asook die tegniese en regsaspek daarvan.

Maar tot dusver was en is dit haat in die volle sin van die woord en uiters bekommerenswaardig.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) identifiseer haatspraak as ’n motief wat onmiddellike en dreigende gevaar inhou voordat dit as haatspraak beskou kan word. Volgens die IRV val Malema se opmerkings nog nie heeltemal in hierdie kategorie nie, daarom kan dit na regte nie as suiwer haatspraak beskou word nie. Tog, sy opmerkings en uitlatings is sonder twyfel haatlik en iets wat onomwonde onder die publiek se aandag gebring moet word.

Per blote toeval stem die IRV saam met die Menseregtekommissie (MRK) se bevinding dat dit nog nie haatspraak is nie. Maar die logika ten opsigte van die regsaspek daarvan, asook in beginsel, is kategories so dwarskoppig dat dit (met reg) betwisbaar is.

Eerstens is dit gebaseer op ’n beweegrede wat in wese met die Grondwet bots. Volgens die Grondwet is ons almal gelyk en het dus gelyke reg om deur die wet beskerm te word. Om te kenne te gee dat sommige mense meer gelyk is as ander, is ’n minagting van die allerjuisste beginsel van die regsorde.

Tweedens, hoewel die IRV ’n ander siening hieroor het, lyk dit asof die MRK (vanuit ’n streng regsperspektief gesien) die wet, soos bepaal in die onlangse Velaphi Khumalo-uitspraak, verkeerd vertolk het. Hierdie uitspraak dui op meer as slegs ’n naderende gevaar.

Terwyl daar ’n bekgeveg in sekere regskwartiere aan die gang is om ’n duidelike stel oorbruggende beginsels ten opsigte van vryspraak daar te stel, het die Suid-Afrikaanse publiek, ná jare van verwarring en teenstrydigheid, nog steeds geen duidelike begrip van wat vryspraak beteken nie, hetsy in beginsel, of ten opsigte van die wet of politiek.

Kompeterende uitsprake van, onder meer, die IRV, de gelykheidshof en ander howe, wat opgeblaas is deur ’n politieke- en meerderheidsdrang om enige aanstoot te straf en motiewe en partydigheid te vervolg, het in ’n morele moeras ontaard.

Natuurlik sukkel hierdie idee van haat, as sodanig, om nie te taan nie. Om die waarheid te sê, daar is reeds pogings om dit sistematies uit te roei en die MRK se redekaweling daaroor rig net meer skade aan.

Hoe dit ook al sy, die feit bly staan dat Malema se beledigende aanmerkings haatdraend is. Om hierdie feit uit die gesig te verloor en nie na behore daarop te reageer nie, of om morele uitsprake prys te gee vir ’n sogenaamde regspunt, is om Julius Malema en die bedreiging wat sy haatsprake inhou, van alle skuld te onthef.

Die vryheid van spraak, wat elke vry gemeenskap ’n voet gee om op te staan, is die fundamentele verskansing teen gevaarlike motiewe en negatiewe idees. Dit vra egter openbare aandag, nie slegs regsadvies nie. Sulke idees, oftewel motiewe, is meestal riskant – om dit te verban, is waarskynlik nóg gevaarliker.

Daarom het die opstaan en walgooi teen die werklike bedreiging – die haat wat in ons gemeenskappe aangehits word – ’n verantwoordelikheid geword wat hoofsaaklik op die skouers van die Suid-Afrikaanse publiek rus. ’n Verantwoordelikheid wat nie langer geïgnoreer kan word nie.

  • Hierdie meningstuk is ’n verwerking van ‘n verklaring wat die posisie van die Instituut vir Rasseverhoudings weerspieël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Durbaniet ·

Stem 100% saam. Dit is so afgryslik dat dit toegelaat word. Dan is dit die “Whites”, dan die “Indians”, dan weer “ANC members”. Dit hou net nooit op nie en moet almal na sy tirade luister. As ek hom sien druk ek maar eerder die “mute” knoppie want hy jaag net ‘n mens se bloeddruk op.

John ·

Wat daarmee saam loop en rooiligte laat skyn, is die feit dat Malema gereeld die geleentheid gegun word om op sy appelkassie te klim… by hofsake en voor die skares… sy gehoor hou van wat hulle hoor en daarom gorrel hy voort. Die regering self is nie gepla nie want hy sal nie sè die president moet keelaf nie, nee, hy help die saak van die regering aan en so bly hy veilig onder die sambreel.

Judge Dredd ·

Probeer die IRV nou verlore aansien herstel, na Afriforum se disrupted land video kommentare.
Sien ook dat die IRV nie volkome glo dat Malema se uitsprake rassisties is nie.
En weereens word dit oorgelaat aan Afriforum om Malema en menseregte kommisie se uitspraak hof toe te vat.

Nee wat IRV – ons het organisasies nodig wat aksie neem – nie grandstanding/posturing nie.

Arak ·

Ek is jammer, maar ongelukkig moet julle dalk maar op jul eie teen Julius staan en ons sal op ons eie staan. Toe die IRV so te velde getrek het ten Afriform oor die dokumentêr oor grond en Dr. Verwoerd het julle my heeltemal verloor. Ongelukkig sien ek die IRV nou vir ‘n spul opportuniste en vir diesulkes het ek nie tyd nie; julle môre en aand praatjies kom glad nie ooreen nie.

Hennie ·

Ek stem saam want die woord haatspraak is n versinsel en verskansing van die waarheid wat sommige groepe op rugsteun vir die sogenaamde vooruitgang van hulle self en hulle volgelinge. In SA is daar nie so iets soos vryheid van spraak nie myns insiens is dit n dubbel sinigge idiologie wat nie eers werd is om op papier geskryf te word nie wat staan dit nog om gepraat te word.dit dra nie eers meer water in die grond Wet nie . So dis taboe geen beginsel vas nie en beteken niks . Hier is elkeen vir homself en dejoos met die res. Laat Malema en die ander maar sê wat hulle wil as dit jou ontstel drink maar n pilletjie daarvoor.

willem Botha ·

Die probleem is die media wat die voorwerp so baie media dekking gee ,my vermoede is dit is die rede vir groei in sy party.

Zaks ·

Malema gebruik presies die voorbeeld te sien uit die boek Mein Kampf. Lees dit en sien presies waarheen vorder dit.

Allan ·

Ek verstaan nou nie mooi die beginsel van “onmiddelike en dreigende gevaar”, as dit by die uitvoering van haatspraak kom nie – bv wat se “gevaar” het Sparrow en Momberg, ingehou????????? Moes hulle nie maar onder dieselfde definisie geoordeel word nie. Sparrow het nie eers die K-woord gebruik nie???? Wat mis ek IRV, en ek kan nie onthou of julle monde so groot wat toe die twee gevonnis is nie.

HPV ·

6% malema is besig om mense op te sweep tot ‘n menseslagting soos in Rwanda plaasgevind het. Die mense in Suid Afrika gaan hulself egter verdedig wat in ‘n volskaalse burgeroorlog sal ontaard. Daarna sal ‘n hele weermag hom nie eers kan beskerm nie, hy sal internasionaal gejag en tot verantwoording geroep word. Wat is so moeilik vir hom om dit te verstaan?

Wessie ·

Ek is seker jy gaan een van die voorlopers wees en nie wegkruip agter jou veiligheidskompleks se hoë mure nie?

HPV ·

Het nog nooit in ‘n veiligheidskompleks gewoon nie en kon myself al verdedig met ‘n vuurwapen want ek het altyd ‘n vuurwapen byderhand, was en is steeds betrokke by die weermag, hoop ek kan dieselfde van jou sê Wessie.

Jerry ·

Jy vat dit mooi raak Michael. Ek stem net nie saam dat dit die publiek se verantwoordelikheid is nie. Volgens my is dit wetgewing, wetstoepassers en die wetstoepassing soos MRK en uiteindelik die howe wat verantwoordelik is. CR kan ook leierskap wys deur dit te veroordeel, maar ek reken dat die dade van een revolusioner aanvaarbaar is vir n ander revolusioner. Indien almal faal is dit seker maar die burgerregteorganisasies se selfopgelegde taak om toe te sien dat reg en geregtigheid vir hulle lede se regte wat geskend word, geskied! Soos met AIG wat die burgerregteorganisasie as hoofborg moes oorgevat het en nie die Afrikaner nie! Jan publiek moet nie betrek word nie, want dit is uitlokking tot reaksie ten einde wit en swart teen mekaar af te speel! “You can kill the man, but not the idea”! Moet nooit sulke idees meer aandag gee as wat dit verdien of nie verdien nie!

James ·

Julius moet een, groot, geskiedenisles blykbaar nog leer: “Violence, begets violence.”

Hy moet pasop. Waarskynlik is daar reeds ‘n Breivik, of Tarrant, wat planne smee.

Dries du Toit ·

Malema is n eerlike politikus. Gevoelens jeens ander rasse is nie iets wat aangeleer word nie. Dit is n onwillikeurige gevoel wat als te doen het met sy geskiedenis en groot word dae. Om sy uitsprake te stop sal nie sy gevoelens wegvat nie. En dit geld vir die meeste blankes ook. Malema blaker sy gevoelens uit. Ander volke hou hulle bekke en uiter hul gevoelens tuis en speel polities korrek en gaan uiteindelik dood van frustrasie en depressie

Dries Moolman ·

Dan sal die IRV maar moet riglyne gee vir hoe die publiek dit moet dan. Want afhangende van wie af hierdie kritiek kom, word dit afgemaak as verregse rassisme. En die mense aan die linkerkant swyg want hulle wil nie hulle veelrassige vriendekringe ontstel nie. Dit is my ervaring van die saak, in elk geval. As mens se jy is teen rassisme en haatspraak, moet jy dit deur die bank aanspreek en veroordeel, met geen uitsonderings nie. Maar dit voel vir my ons is nog bitter ver van dit af.

Hendrik ·

Nou as die IRV se definisie van haatspraak vir Malema uitsluit, hoekom het hulle nie hulle monde oopgemaak toe Vickie Momberg die K-woord gebruik het en skuldig bevind is aan haatspraak nie? Dit lyk my die enigste manier waarop die IRV nog enige aansien van die ANC kan behou is om af en toe ‘n dwarsklap na Afriforum toe te gee …

ChrisE ·

Die heer Malema is vir my nogal heel koddig en ‘n amusante grapjas/nar. Die enigste probleem wat ek het, sy sirkus word al hoe groter. Daar is vanselfsprekend mense met sy emosionele en intellektuele vlakke wat hom sal aanhang en slaafs navolg. Die probleem is dan dat die volgelinge op ‘n stadium gaan bloei en die voorbok knus iewers weggesteek sit. Hoe meer hy sê, hoe meer vervreem hy homself van alle regdenkende normale persone. Ek moet hom toegee hy geen die ANC pak, geen probleem daarmee nie. Los hom, hy doen op die stadium meer goed as kwaad. Hy pluk ‘n lat vir sy eie stert. Hy gaan op ‘n dag net sy hand oorspeel, dan is dit klaarpraat met kees.

Hans Richardt ·

Die haatspraak affêre .. Dit is mynveld.
Bv Fb sit jou in hul “tronk” as hy Verregs, seperatiste en selfs Patriotisme noem deesdae.
Die Weste se nuutste neiging in politieke korrektheid beleid, is na Geforseerde etniese amalgamasie. Die VN konvensie oor selfbeskikking vir etniese kultuurgroepe, is summier geïgnoreer.
In SA probeer hul weer demokrasie op hul manier te herontwerp.
My vraag is, geweld uitsprake deur bv EFF, BLF ea, word toegelaat. Wittes wat etniese selfbeskikking nastreef word nou globaal geteiken, dis nie uniek aan SA nie.
Daar is die Mayebuye party wat blatant in hul manifes sê dat wit en indiërs nie mag lede wees nie. Openlike rassisme wat selfs deur OVK toegelaat was, net soos met BLF.

Hans Richardt ·

Diè Mazibuye party, net soos BLF, is nie eens op nikswerd IRV of OVK se radar nie!
Lees diè 2 se manifeste vir Mei verkiesing.

Johanna Botha ·

Die uitspraak was verkeerd …dit gaan hersien word …kyk mooi !

Bertus ·

Die IRV, MRK, ANC en EFF maak saam jag, soos ‘n klomp honger hiënas. Hul behoort almal by die wêreldhof aangekla te word.

Hans Richardt ·

Wêreldhof steur hul nie aan kritiek teen geforseerde etniese amalgamasie beleid, wat sosialiste in bv Vsa ook hier in SA finansier nie.
Ons strewe vir oorlewing moet na onsself kom. Wanneer vyand meer mag het, moet mens nie wil aanval nie.
Dit sal goed wees vir emosionele intellek redenasievermoë as mense Mao Tsedong se Art of war begin lees en beginsels gebruik. Jy beveg vuur met verkieslik water ?

Andreas ·

Nou meneer, buiten vir die VF Plus party, en natuurlik burgerlike organisasies soos Afriforum, is daar niemand wat hom hof toe gaan vat nie. Nou watter party beveel julle aan moet ons voor stem, dis mou begin Mei in die algemene verkiesing wat bereid is om hom in die hof teen te staan?

Andre ·

Die IRV beskerm swart mense en gooi witmense onder die bus, hulle is in dieselfde bootjie al Julius en die ANC. Haatspraak is reg solank jy net nie wit is nie.

Jerry ·

Ignoreer jm en die eff in die openbaar, want ons wil nie die eff toelaat om te slaag met die skep van swart teen wit scenarios nie. Werk sy gal agter die skerms en bly uit die kalklig uit. Sien eerder net toe dat swart wetstoepassing en vervolging teen swart geskied en prys en verwelkom dit. Verander julle taktiek! VF moes hulle taktiek eintlik eergister al verander het, veral nou met die oog op die verkiesing! Veroordeel linkse en regse verdelende uitsprake, moet nie daarmee assosieer nie.

ChrisE ·

Hans, regstelling Tsun Tsu 200 vC het “The art of war” geskryf.

gatiep ·

Die magte after hom is te groot vir SA.
Hy gaan presedent raak van die land en daar is niks keer daaraan nie.
Sy mense hou van wat hy se en hulle sal hulle lewe gee vir hom.
Daar is baie goed wat hy se waarvan ek ook hou,net jammer hy is die grootse rassis wat wereld seker nog gesien het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.