Staat wil ook godsdienssektor ‘beheer’

godsdiens-bybel-gebed-unsplash-pexels

Foto: Unsplash/Pexels.com

Deur dr. Christo Pretorius

Op 28 Februarie 2019 het Forsa (Freedom of Religion South Africa) ’n persverklaring uitgereik: “CRL doubles down on threat to ‘control’ religious practitioners.”

Hierin word verwys na ’n proses wat deur die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens en Taalgemeenskappe (KGT, oftewel CRL), gedurende 2017 van stapel gestuur is en ten doel het om wetgewing voor te berei.  Dié wetgewing is gerig op die regulering van godsdienste in Suid-Afrika.

In die lig van berigte, vergrype en selfs bisarre religie- en godsdienspraktyke wat die afgelope maande voorbladnuus was – onder meer die “opwekking” deur Pastor Alph Lukau van Alleluia International Ministerie – kan die regulering van godsdienste meriete hê, maar juis wié hierdie regulering moet toepas, is die twisappel.

Hierdie eeue ou stryd tussen kerk en staat, of godsdienste en die owerheid, word tans in Suid-Afrika deur die KGT, onder voorsitterskap van Thoko Mkhwanazi-Xaluva, op die spits gedryf.

Mkhwanazi-Xaluva is ingevolge Wet 19 van 2002 deur president Jaco Zuma as voorsitter van die kommissie aangewys.

Volgens ds. Johan Schütte, sekretaris vir die Afrikaanse Protestantse Kerk, is teen die verslag van die kommissie by die parlementêre portefeuljekomitee Cogta (Cooperative Governance and Traditional Affairs) beswaar aangeteken.

Verskeie ander verslae is deur die portefeuljekomitee beoordeel en die gevolg hiervan was dat die KGT-kommissie se verslag verwerp is, omdat dit nie verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse godsdiensgemeenskap was nie.

’n Aanbeveling is gemaak dat die godsdienssektor geleentheid moet kry om doeltreffende oplossings te ontwikkel, haakplekke te identifiseer en probeer oplos en ’n gedragskode opstel.

Sedertdien het die KGT die proses verder gevoer en kritiek op die hals gehaal waaronder dié van Forsa.

Advokaat Nadene Badenhorst, regsadviseur van Forsa, wat ’n nasionale beraad van kerk- en godsdiensleiers op 13 Februarie by die Rema-sentrum in Randburg bygewoon het, verwys na die kommissie se optrede tydens die geleentheid.

Volgens die kommissie word die beraad, in stryd met die portefeuljekomitee se aanbevelings, as “ongrondwetlik” en “onbelangrik” beskou en in die lig van hierdie twyfelagtigheid is daar ernstige vrae oor die kommissie se goeie trou.

Een daarvan hou verband met die aandrang van die regering dat ’n Godsdiensraad van Gelykes geskep moet word.

Vrae wat hieroor opklink, is: Wie sal die ANC en die staat aanwys om op die raad te dien? Wie gaan bepaal aan wie godsdienspraktiseringslisensies uitgereik word? Wie sal vir die raad en gevolglike administrasie betaal?

Die proses en – in meeste van die gevalle – die medewerking van kerke en godsdienste om by te dra tot die regulering van godsdiens, herinner aan ander historiese oomblikke toe die staat oor godsdiens beheer wou kry.

Die opstel en afdwing van die Algemeen Reglement van 1816 in Nederland is een voorbeeld in die geskiedenis van die kerk.

Behalwe dit, kan ander vermeld word, soos Stalin se poging om die Russiese kerk onder Kommunistiese beheer te kry en tydens die Nazi-bewind in Duitsland het Protestantse teoloë, soos Karl Barth en Dietrich Bonhoeffer, teen die Nazi-bewind protes aangeteken, in die besonder die Nazi-staat se poging om totale beheer oor alle sektore van die lewe te kry.

Vir hulle was die soewereiniteit van God ononderhandelbaar.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
John

Ons weet dit is die laaste hekkie wat die ANC sal stormloopl Met Soros aan CR se sy en met die prez wat herhaaldelike aandui dat SA die Palestyne ondersteun, begin die diep gewortelde kommunisties-sosialistiese eeld op die ANC se hand uitbult. Ons dominees predik handevat. Hulle besef nie waarop dit uiteindelik gaan uitloop nie. Ons sit met ‘n harde en ongenaakbare koue en onchristelike bestuur in SA… Eskom se kragonderbrekings is speletjies teen wat kom… kyk wat leer die kinders 6op skool…

John

Ons weet dit is die laaste hekkie wat die ANC sal stormloopl Met Soros aan CR se sy en met die prez wat herhaaldelike aandui dat SA die Palestyne ondersteun, begin die diep gewortelde kommunisties-sosialistiese eeld op die ANC se hand uitbult. Ons dominees predik handevat. Hulle besef nie waarop dit uiteindelik gaan uitloop nie. Ons sit met ‘n harde en ongenaakbare koue en onchristelike bestuur in SA… Eskom se kragonderbrekings is speletjies teen wat kom… kyk wat leer die kinders op skool…

Kobus

“Kom uit haar uit my mense” Daar word baklei oor geloof en staat en dat die kerk moet beheer word. Vir die wat weet is dit bitter belangrik om dit nie toe te laat nie maar dit sal seker moet gebeur “must be a falling away first”. Leer ons bybel en vind self uit dat Satan nie as ‘n draak gaan verskyn en almal gaan weet om hom nie te aanbid nie. Hy mislei en is slim en ons is klaar as mensdom vervalle. Die sabbath is klaar verander van Saterdag na Sondag deur Constantine in 321 AD (vind eers… Lees meer »

Blaarman

“kan die regulering van godsdienste meriete hê”. En presies op daai punt verskil ek en jy, Dr. Pretorius. Want hoe belaglik die betrokke godsdiens ook al mag wees… om politici die mag te gee om dit te reguleer is, is om hulle die mag te gee oor wat mense mag glo en nie mag glo nie… met ander woorde, totale beheer oor mense se vryheid van denke. En uiteindelik, is dit gewaarborg dat daai mag uiteindelik misbruik sal word. Bo dit alles is daar alreeds landswette in plek wat dinge soos bedrog, aanranding, manslag, dieremishandeling, verkragting ensovoorts wat mense se… Lees meer »

Gert

Wanneer daar iets in die samelewing verkeerd loop, soos met die vervalste opwekking van dooies, is baie mense se reaksie: “Die staat moet ingryp”. Hierdie argumente is gebaseer op die baie algemene wanopvatting dat die staat altyd beter weet en alles beter kan doen as die publiek. In Suid-Afrika het ons in die laaste paar jaar duidelik gesien hoe onwaar daardie siening is. Oral waar die staat ingryp, is alles ‘n mislukking en kos dit boonop klomp geld van die belastingbetalers. Dis tyd dat ons meer begin kyk na die klassieke liberalisme, waar geglo word dat mense hulle eie besluite… Lees meer »