Staat wil ook godsdienssektor ‘beheer’

godsdiens-bybel-gebed-unsplash-pexels

Foto: Unsplash/Pexels.com

Deur dr. Christo Pretorius

Op 28 Februarie 2019 het Forsa (Freedom of Religion South Africa) ’n persverklaring uitgereik: “CRL doubles down on threat to ‘control’ religious practitioners.”

Hierin word verwys na ’n proses wat deur die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens en Taalgemeenskappe (KGT, oftewel CRL), gedurende 2017 van stapel gestuur is en ten doel het om wetgewing voor te berei.  Dié wetgewing is gerig op die regulering van godsdienste in Suid-Afrika.

In die lig van berigte, vergrype en selfs bisarre religie- en godsdienspraktyke wat die afgelope maande voorbladnuus was – onder meer die “opwekking” deur Pastor Alph Lukau van Alleluia International Ministerie – kan die regulering van godsdienste meriete hê, maar juis wié hierdie regulering moet toepas, is die twisappel.

Hierdie eeue ou stryd tussen kerk en staat, of godsdienste en die owerheid, word tans in Suid-Afrika deur die KGT, onder voorsitterskap van Thoko Mkhwanazi-Xaluva, op die spits gedryf.

Mkhwanazi-Xaluva is ingevolge Wet 19 van 2002 deur president Jaco Zuma as voorsitter van die kommissie aangewys.

Volgens ds. Johan Schütte, sekretaris vir die Afrikaanse Protestantse Kerk, is teen die verslag van die kommissie by die parlementêre portefeuljekomitee Cogta (Cooperative Governance and Traditional Affairs) beswaar aangeteken.

Verskeie ander verslae is deur die portefeuljekomitee beoordeel en die gevolg hiervan was dat die KGT-kommissie se verslag verwerp is, omdat dit nie verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse godsdiensgemeenskap was nie.

’n Aanbeveling is gemaak dat die godsdienssektor geleentheid moet kry om doeltreffende oplossings te ontwikkel, haakplekke te identifiseer en probeer oplos en ’n gedragskode opstel.

Sedertdien het die KGT die proses verder gevoer en kritiek op die hals gehaal waaronder dié van Forsa.

Advokaat Nadene Badenhorst, regsadviseur van Forsa, wat ’n nasionale beraad van kerk- en godsdiensleiers op 13 Februarie by die Rema-sentrum in Randburg bygewoon het, verwys na die kommissie se optrede tydens die geleentheid.

Volgens die kommissie word die beraad, in stryd met die portefeuljekomitee se aanbevelings, as “ongrondwetlik” en “onbelangrik” beskou en in die lig van hierdie twyfelagtigheid is daar ernstige vrae oor die kommissie se goeie trou.

Een daarvan hou verband met die aandrang van die regering dat ’n Godsdiensraad van Gelykes geskep moet word.

Vrae wat hieroor opklink, is: Wie sal die ANC en die staat aanwys om op die raad te dien? Wie gaan bepaal aan wie godsdienspraktiseringslisensies uitgereik word? Wie sal vir die raad en gevolglike administrasie betaal?

Die proses en – in meeste van die gevalle – die medewerking van kerke en godsdienste om by te dra tot die regulering van godsdiens, herinner aan ander historiese oomblikke toe die staat oor godsdiens beheer wou kry.

Die opstel en afdwing van die Algemeen Reglement van 1816 in Nederland is een voorbeeld in die geskiedenis van die kerk.

Behalwe dit, kan ander vermeld word, soos Stalin se poging om die Russiese kerk onder Kommunistiese beheer te kry en tydens die Nazi-bewind in Duitsland het Protestantse teoloë, soos Karl Barth en Dietrich Bonhoeffer, teen die Nazi-bewind protes aangeteken, in die besonder die Nazi-staat se poging om totale beheer oor alle sektore van die lewe te kry.

Vir hulle was die soewereiniteit van God ononderhandelbaar.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

John ·

Ons weet dit is die laaste hekkie wat die ANC sal stormloopl Met Soros aan CR se sy en met die prez wat herhaaldelike aandui dat SA die Palestyne ondersteun, begin die diep gewortelde kommunisties-sosialistiese eeld op die ANC se hand uitbult. Ons dominees predik handevat. Hulle besef nie waarop dit uiteindelik gaan uitloop nie. Ons sit met ‘n harde en ongenaakbare koue en onchristelike bestuur in SA… Eskom se kragonderbrekings is speletjies teen wat kom… kyk wat leer die kinders 6op skool…

John ·

Ons weet dit is die laaste hekkie wat die ANC sal stormloopl Met Soros aan CR se sy en met die prez wat herhaaldelike aandui dat SA die Palestyne ondersteun, begin die diep gewortelde kommunisties-sosialistiese eeld op die ANC se hand uitbult. Ons dominees predik handevat. Hulle besef nie waarop dit uiteindelik gaan uitloop nie. Ons sit met ‘n harde en ongenaakbare koue en onchristelike bestuur in SA… Eskom se kragonderbrekings is speletjies teen wat kom… kyk wat leer die kinders op skool…

Kobus ·

“Kom uit haar uit my mense” Daar word baklei oor geloof en staat en dat die kerk moet beheer word. Vir die wat weet is dit bitter belangrik om dit nie toe te laat nie maar dit sal seker moet gebeur “must be a falling away first”. Leer ons bybel en vind self uit dat Satan nie as ‘n draak gaan verskyn en almal gaan weet om hom nie te aanbid nie. Hy mislei en is slim en ons is klaar as mensdom vervalle. Die sabbath is klaar verander van Saterdag na Sondag deur Constantine in 321 AD (vind eers uit voor jy dit oordeel). Die tien gebooie is nog geldig want Jesus self het gese dat hy vervul en nie verander aan die wette nie Matthew 5:17-20. Die wette is nog geldig (Hoor jy iets anders in die kerk?) “He will try to change times(sabbath) and Laws”(gebooie. 4de gebod spessifiek, en ander). Ons is gered deur Jesus maar dit moet ons lei tot die waarheid. “Whosoever committeth sin transgresseth also the law: for sin is the transgression of the law. [5] And ye know that he was manifested to take away our sins; and in him is no sin” 1John.3 – Bible, King James Version. Word wakker my mede christene en doen die regte ding. “Waarheid in Liefde” As jy protestant is en weet nie hierdie dinge nie wys dit net hoe ver ons verval het.

Ken-my-Bybel ·

Die Saterdag is nie deur enige pous na Sondag verander nie, maar deur Christus self. Met die uitroep aan die kruis: “Dit is volbring!” (Johannes 19:30) het die Ou Testamentiese tyd verbygegaan. Met Christus is die Wet aan die kruis gespyker (Kolossense 2:14) en met die Wet ook die Sabatsgebod. Met Christus het die Joodse Sabbat, waarop die Jode die uittog uit Egipte gedenk het, in die graf gedaal. Met Christus het die viering van die eerste dag van die week, uit die graf opgestaan. Daarom word die eerste dag van die week die dag van die opstanding, die dag van die Here (Openbaring 1:10) genoem. Op die opstandingsmôre weerklink vanuit die geopende graf: “Die ou dinge het verbygegaan, kyk dit het alles nuut geword.” (2 Kor. 5:17) Deur Christus se opstanding het hy die eerste dag geheilig.
Jesus verskyn altyd aan Sy dissipels op die eerste dag.
Die Heilige Gees word op die eerste dag uitgestort.
Op die eerste dag kry die dissipels die opdrag om die evangelie te gaan verkondig.
Die vroeë Christene het die eerste dag van die week as rusdag gevier, die Nagmaal bedien, gepreek, en goeie dade gedoen.
Sondag in plaas van Saterdag is nou gedenk as die opstanding van Christus. Die Christene is uitgelei uit die huis van die sonde!
Ek het al hierdie dinge baie deeglik nagevors.

Anton Hugo ·

@Kennie-my-Bybel. Jy hoef net die waarheid in die Woord te lees. Geen navorsing nodig. Jy sien in die tempel was die wet van God IN die ark. Maar langs die ark was nog ‘n wet oor al die offerandes. Dit kan jy maar self gaan naslaan. Jesus is die Lam wat geoffer is, so geen offers is verder nodig nie. Sonde wat bely is, word vergewe. Niks meer bloedvergieting nie.
Jesus het self gese, as jy my liefhet, sal jy My gebooie onderhou.
Saterdag is die 7de dag, die dag wat God gerus het, Hy het die dag geseen, en dit is en sal altyd die Sabbat wees.

Blaarman ·

“kan die regulering van godsdienste meriete hê”.

En presies op daai punt verskil ek en jy, Dr. Pretorius.

Want hoe belaglik die betrokke godsdiens ook al mag wees… om politici die mag te gee om dit te reguleer is, is om hulle die mag te gee oor wat mense mag glo en nie mag glo nie… met ander woorde, totale beheer oor mense se vryheid van denke.

En uiteindelik, is dit gewaarborg dat daai mag uiteindelik misbruik sal word.

Bo dit alles is daar alreeds landswette in plek wat dinge soos bedrog, aanranding, manslag, dieremishandeling, verkragting ensovoorts wat mense se gedrag reguleer.

Maar, wanneer dit kom by mense se vryheid om te dink en glo wat hulle wil, durf ons nie eens ‘n millimeter aan die staat toe te staan nie. Dit sal, soos per enige ander geleentheid in die geskiedenis waar dit plaasgevind het, ‘n katastrofiese gevolgtrekking hê!

Reinhardt ·

Stem 100% met jou saam. Staat en godsdiens is apart, en moenie met mekaar inmeng nie. Punt.

Gert ·

Wanneer daar iets in die samelewing verkeerd loop, soos met die vervalste opwekking van dooies, is baie mense se reaksie: “Die staat moet ingryp”. Hierdie argumente is gebaseer op die baie algemene wanopvatting dat die staat altyd beter weet en alles beter kan doen as die publiek. In Suid-Afrika het ons in die laaste paar jaar duidelik gesien hoe onwaar daardie siening is. Oral waar die staat ingryp, is alles ‘n mislukking en kos dit boonop klomp geld van die belastingbetalers. Dis tyd dat ons meer begin kyk na die klassieke liberalisme, waar geglo word dat mense hulle eie besluite moet kan neem en verantwoordelik wees vir hulleself. Dus moet mense self kan besluit dat ‘n sekere sekte besig is met misleiding, en hulleself distansieer. Dit hoef niemand anders geld te kos nie, en die staat se betrokkenheid is onnodig. Inteendeel, sodra die staat betrokke raak, sal hulle alle aspekte wat tans goed funksioneer, verwoes, en ‘n reuse inbreuk maak op ons godsdiensvryheid.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Geen inmenging van die staat op ‘n individu se reg om te aanbid nie. Hier kan ons weer ‘n Tutu of ‘n Boesak kry of die SA Raad van Kerke, wat deurtrek is van liberale teoloe en vals leerstellinge, wat dan my en jou wil kom voorskryf hoe, wie en waar ons moet aanbid. Luther het die kerk bevry van die Rooms Katolieke kerk se dwaalleer. Gaan ons toelaat dat ‘n kommunistiese, ateistiese regering ons reg tot godsdiensvryheid en -aanbidding beheer? Dit is laat in die nag.

JesusIsAlive ·

Not everything we hear is the truth. Some of us have followed this story since 2015. The Commission proposed self regulation of RELIGIOUS PRACTITIONERS and NOT RELIGION and a code of conduct. How would you enforce the COC without being given the power to enforcement and enforcement comes with legislation. The Bible is the best code of conduct and even that could not be enforced hence all these false “Men of God”. My question at this point will be why dont religious leaders want their behaviour to be controlled because thats what this regulation would mean.

Haan ·

Omdat ek die “beheer” in God se hande wil hou, in plaas van in die hande van mense. Die feit dat jy willens en wetens in engels reageer op n artikel en nuusblad-wat jy duidelik in Afrikaans kon verstaan-laat my wonder of jou haaksheid nie dalk oordra tot in jou sieninge aangaande die natuurlike godgegewe hiërargie van God, staat en mens.

JAN ·

John en broer Koot Vorster het 43 jaar gelede ‘n uiters suksesvolle kerkaping uitgevoer.
Alle HNP gesindes is verban – onder sensuur geplaas.
Geskiedenis is herhaal soos met die Groot Trek toe Piet Retief se vrymesselaars onder sensuur geplaas is – tot vandag toe. Piet was grootmeester van Losie no 2 PE.
Die ABO was gewapende roof deur Engelse gay bokryers van die Hollandse bokryers se grond en minerale. Broeder Pik het die finale afrondingswerk gedoen naamlik die grafsteen.
Moederatorretjie kan maar plaas na goeddunke – dit sal nie die realiteite van volkie se voortbestaan verander nie. ‘n Geestelike tuiste

Verward ·

Nou wat het al hierdie gebrabbel met die onderwerp te doen? Kom tot die punt!!

JAN ·

Galasiers 5: 13 – beskryf die verskil tussen geestelike en sielkundige ” kerke”.

Geestelijke Calvinisme versus sielkundige Massa media tirannie beheer.

LW De Baal kultus is ook ‘n sekulere sielkundige kerk..
hmm?

Jerry ·

Daar is n Afrikaanse liedjie van “De Vos is weer los”! Dit kon net sowel geheet het “Die duiwel is weer los”! Die ANC is die duiwel van die kinderbybel waarteen ons as kinders gewaarsku was, maar nie alle kinders luister altyd nie, kinders is mos balhorig wanneer hulle veronderstel is om te luister! Dit is hoekom die kinders toe nou as volwassenes gaan staan en Ja stem het! Nou sit die wat geluister het en die wat balhorig was saam met die gebakte pere! So, dan moet ons tog seker nou maar saam van die gebakte pere begin ontslae raak!

Pieter ·

Die hof het sopas uitspraak oor Gays in die NG Kerk gegee. Die staat kan dan maar net sowel oorvat, dan beheer hulle nou al hoe ek my geloof in my huis en kerk moet uit lewe.

Neewat ·

Nou kruip al wat kenner is, weer uit die krake. Almal het altyd die ” regte ” Bybel vers en redeneer dat hulle die regte weg ken en weet. Belas die ryk kerke en ryk leraars sodat almal dieselfde behandel word. Geen kerk of kerkganger stel in my belang nie, net in hulle eie selfsug en lewe. En Maroela Media haat dit om iets te plaas, wat negatief is oor die kerk. Dis ok, Christus se kerk is nie ‘n gebou of spesifieke ” kerk ” nie. Christus is lewend onder die mense wat ‘n persoonlike verhouding het met Hom.

Leonard van der Dussen ·

Ons het lankal die staatskurrikulum en staatsvoorskriftelik in die skole aanvaar; dis net ‘n logiese volgende stap dat die staat se greep op die kerk van Christus sal kom (wat liewer nie gewaag moet word nie, maar die aardse maghebbers dink hulle kan alles beheer). Selfs die godsdiens-in-skole-hofsaak is op grond van die grondwet gevoer (deur christene) en nie op grond van die belydenis van die soewereiniteit van God en dat alles aan Hom behoort en dat Christus die enigste Verlosser is en dus tot uitsluiting van ander “godsdienste” verkondig moet word.

John ·

Ons moet kyk na ons sg staat en sy ideologie wat uiteraard uit sy doen en late blyk. Zuma het saam met die Guptas swami-byeenkomste bygewoon. CR het onlangs blomme op die simbole van Hindu’s gegooi en steun die saak van die Palestyne om Jerusalem as hoofstad van hul droomstaat te hè. Mandela het Ghandi bewonder. Sondae vind gereeld politieke vergaderings plaas. Die Bybel is uit die skool verban en die kerk moet eerder verander om gay-beswaardes te akkomodeer. Hoekom verlaat diè mense nie die kerk en begin ‘n eie gay-geloofsgroep nie… nee, die kerk moet die Bybel se standpunt as verkeerd aanvaar. Gaan sekere dele van die Bybel verban word of die hele Skrif? ‘n Onchristelike beweging beheer SA wat die inwoners wil inbreek ooreenkomstig die Nuwe Wereldorde wat die hele wèreld teiken om uiteindelik die groot gedrog te aanbid… Die Bybel het dit voorspel.

JAN ·

Ja John –
ek kry van mees onverwagte bron die verwysing van boek Joel 1- 2 – geheel wat ons volk kostelik beskryf.
Tipies maar met boodskap van hoop.

Spook ·

Waarom gaan almal daaroor op hol? Die NG en NP konkoksie was n skande. Ten minste het die regering goeie bedoelings om die geldwolwe wat die mense uitbuit vas te vat.

George in Bloem ·

Niks wat die spul ANC narre doen kan enige mens meer skok of verbaas nie. Hulle hardkoppige onnoselheid om te klou aan sosialistiese en kommunistiese beginsels was nog altyd en sal vir altyd onlosmaaklik deel van hulle beleid wees,maak glad nie saak hoe rampspoedig dit vir ons land en al sy mense gaan wees op die ou einde nie. Totale mag en volle totale beheer oor alles en almal onder die vaandel van “demokrasie” is en was nog altyd hulle visie. Feit is daar kan net ‘n uiters gewelddadige einde op die horison wees as hulle volhou op die huidige pad waarop hulle is en dit gaan nie saakmaak wie reken hulle gaan wen of verloor nie want ALMAL in hierdie land SAL geraak word en ALMAL gaan verloorders wees.

Haan ·

Inderdaad broer George. Dit dui op hul betrokkenheid by n wêreldwye aanslag op die soewereiniteit van volke, kulture en geloof. Wat hulself ten doel stel om dit alles onder een vaandel te verenig en sodoende die toring van babel weer op te rig.

Gert ·

So het Mmusi ook laasweek gesê, dis absoluut onaanvaarbaar om te stem vir ‘n party wat een groep, taal of godsdiens bevorder, ons mag slegs stem vir die Groot Drie wat al drie sekulêr en Engels is, en natuurlik sosialisties, en wat alles wil gebruik as ‘n verskoning vir nog meer belastings. Hierbo noem iemand juis dat die “oplossing” is om kerke (veral ryk kerke) erg te belas.

Frans C ·

Die ‘kerk’ die bruid van Christus word nie gevind in kerklike organisasies en dominansies nie.Die bruid van Christus is elke gelowige ongeag sy afkoms, wat Christus as hul enigste Verlosser en saligmaker aangeneem het en deur Sy versoeningswerk aangenome kinders van God geword het.

Dit is ‘n foutiewe beginsel dat ons almal moet saamsmelt en een volk en een nasie word,want volkeverskeidenheid is ‘n natuurlike verskynsel,wat nêrens in die Bybel opgehef word nie.

Dit word baie duidelik in Psalms gemaak.Die uitwissing van volkeverskeidenheid is ‘n kommunistiese sienswyse,waarin alles en almal gelyk gemaak word,sommige meer as ander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.