Steve Hofmeyr en Afrikaanse borge se boikotte

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

“Een mens met ’n beginsel is ’n meerderheid”, het president Paul Kruger gesê. Daarmee het hy bedoel dat mens nie jou standpunt na gelang van die omstandighede moet grond nie, maar op prinsipiële besinning. Kom ons probeer Kruger se formule toepas met die borge se boikotte van Afrikaans is Groot, (AIG) omdat hulle beswaar maak teen wat hulle beskryf as Steve Hofmeyr se rassisme.

Eers die beginsel. Rassisme is verkeerd, verdelend, vernederend en kan nie regverdig word nie. Dis nie reg om jouself uit te spreek teen swart rassisme, en dan wit rassisme goed te keur omdat dit “my mense” is nie. Iemand wat rassehaat versprei, is nie een van “my mense” nie, ongeag wie die persoon is. As Christen glo ek jy moet jou naaste liefhê.

Nou die toepassing. Ek stem nie saam met van die stellings wat Steve al gemaak het oor ras of apartheid nie. Mens moenie mense wat nie jou vriende is, jou vyande maak nie.

Ja, ek weet van dubbele standaarde, Malema, Lesufi en andere. Maar dit gaan nie oor húl waardes nie, dit gaan oor ons waardes. Ek kan nie hul gedrag bepaal nie, maar ons hoef nie rassisties te reageer op hul rassisme nie.

Maar daar is ’n allemintige verskil om Steve se konserte en die grootste Afrikaanse vertoning in die land waaraan Steve ook deelneem, te boikot. Nou boikot MTN, Toyota en Media24 nie vir Steve nie, hul boikot die hele Afrikaanse gemeenskap!

Langenhoven

Maar dis nie die einde van die saak nie. MTN, Toyota en die ANC laat my dink aan Langenhoven se bekende stelling: “Waarom is ons politiek altyd rassisme, en julle rassisme altyd net politiek?

Daarmee verwys ek na die dubbele standaarde en skynheiligheid van borge soos MTN, wat blykbaar al die EFF-funksies geborg het, en Toyota wat nou oor Steve kla, maar stilbly en selfs meewerk aan die rassebedeling in die land. Dis nie regverdigbaar om hoogheilig oor Steve te kla, maar dan die rassisme van die Malemas en die Lesufi’s van die wêreld te verswyg nie.

Die ANC moet eerder die hand in eie boesem steek as om oor Steve te kla. Soos Pierre van den Berghe, die Amerikaanse politieke wetenskaplike, gesê het: “If your constituency has the good fortune to contain a demographic majority, racism can easily be disguised as democracy. A racially-defined majority is a far cry of a majority made up of shifting coalitions of individuals on the basis of a commonality of beliefs and interests”.

Dis ernstig en verkeerd as maglose wit mense soos Penny Sparrow rassisties is. Maar dis veel erger as magsbehepte rassiste soos Lesufi ons belastinggeld en sy staatsmag misbruik om sy rassisme met wetgewing op mense af te dwing.

AfriForum help nie die Coligny-mans omdat hulle wit en hul vermeende slagoffer swart is nie, maar omdat ons glo dat hulle nie aan moord skuldig is nie, en omdat hul ras ’n bepalende rol gespeel het in die onreg waaronder hulle lei.

Dubbele standaarde

Die Solidariteit Navorsingsinstituut het bevind dat die media gemiddeld 1 286 keer berig wanneer ’n wit persoon van rassisme beskuldig word, teenoor die skrale 66 keer wanneer swart mense beskuldig word.

Die Menseregtekommissie (MRK) begin vanself vyf uit ses ondersoeke wanneer wit oortreders ter sprake kom, teenoor net een uit 11 teen swart mense. In die ander gevalle reageer hulle eers nadat klagtes ontvang is. Die MRK het so pas bevind dat vyf verskillende uitsprake van Malema nie op haatspraak neerkom nie, ongeag stellings soos “ek vra nie vir die doodmaak van witmense nie, in elk geval nie nou al nie”. Daarteenoor het wit mense al tronkstraf vir rasse-uitsprake gekry. Kan slegs wit mense nou rassisties wees?

Die wydverspreide raspolitiek van maatskappye soos Sasol en Discovery is bykomende voorbeelde van dubbele standaarde, waaroor die media en elite oorverdowend swyg. Wit mense sal makliker die hand in eie boesem steek as alle rasse gelyk en oor dieselfde kam geskeer word.

Kritiseer en boikot rassisme ongeag ras, dán sal jul veldtog teen Steve en AIG werklik gewig dra.

Vernietiging

Die Internasionale reg is duidelik daaroor dat die basiese reg van enige gemeenskap is om voort te bestaan, deur sy kultuur te bedryf en aan die volgende geslag oor te dra. Daarvoor is instellings soos skole, universiteite, organisasies en belastingbydraes nodig. Die projek om deur transformasie Afrikaanse instellings te vernietig, is daarom in werklikheid ’n projek om die Afrikaanse gemeenskap in die algemeen en die Afrikaner kultuurgemeenskap in die besonder te vernietig.

Namate die Afrikaanse gemeenskap van hul openbare instellings gestroop is, speel private- en gemeenskapsinstellings ’n baie belangriker rol. Daarom gaan die onverdraagsaamheid van politici en borge oor veel meer as een sanger se uitsprake. Dit het ten gevolg dat die min Afrikaanse ruimtes wat daar nog bestaan, ook nou geteiken word vir vernietiging. Dit gaan dus nie oor Afrikaners se beleid nie, maar oor hul identiteit – oor wie en wat hulle is. Steve word dus net ’n handige stok om ons as gemeenskap te slaan.

Helen Zille som hierdie gevaar goed op: “The condemnation of a whole category of people because of their (white) race, is the new face of racism in South Africa”.

Selfhelp

Die boikotte teen AIG oor Steve Hofmeyer is skynheilig en dui veel eerder op dubbele standaarde en ’n aanval op Afrikaans en Afrikaners as op ’n sanger se rassisme. Die vraag oor die pad vorentoe kan maklik beantwoord word: As borge ons nie wil help nie, moet ons (soos soveel keer in die geskiedenis) onsself help. Ons kan nie toelaat dat ons taal en ons kulturele ruimtes weens skynheilige redes van ons afgevat word nie. Daarom moet die Solidariteit Helpende Hand met AIG hande vat om ’n addisionele Jou Afrikaans is Groot-konsert te hou om die tekorte weens die borge se boikot heelhartig te ondersteun.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

willem Botha ·

Dit is hoekom SA in onafhanklike state opgedeel moet word eers dan kan en sal ons in harmonie saam kan leef .

HPV ·

Stem saam Willem, dan kan die opswepers, afbrekers en plunderaars dit in hul eie staat doen en die opbouers hulle eie staat opbou sonder dat dir daagliks geplunder word.

Deon ·

Willem, jy is 100% reg. SA is ‘n konkoksie wat nooit moes bestaan het nie en daar is geen kans op sukses nie. Dit is ook een van die redes waarom korrupsie floreer. Ek verwag dat Zulu nasionalisme gaan die katalisator wees wat SA sal laat opbreek. Wittes sal in die middel van die chaos wees. Afrikaners moet dringend besin oor die toekoms.

johanII ·

Dit is die enigste positiewe uitkoms…en ons kan en sal dit vermag. Soos die ouer geslag so maklik sê “Kan nie saamstaan nie” se voet. Die Engelse SA is onvolhoubaar.

Gert ·

My mening is dat daar vir 25 jaar ‘n veldtog gevoer word in hierdie land, dikwels deur mede-Afrikaners, dat Afrikaners geen reg op ‘n mening het nie, en net mag stilbly en gelate aanvaar wat gebeur in hierdie land. Die gevolge daarvan is reeds duidelik: ‘n Stelsel waar ons al hoe meer geteiken word en die skuld aanhou kry vir alles wat die ander verkeerd doen. Steve het die moed om sy mening te gee, wat die regte ding is om te doen.

Ons het nou met die Afriforum-video weer gesien hoe wittes kla daaroor dat Verwoerd as ‘n filosoof beskryf word, want ons mag glo niks oor hom sê wat nie krities is nie. Die feit dat hy ‘n graad in filosofie gehad het, is ook irrelevant.
Dis vir my ‘n skande dat MTN my geld gebruik om die EFF se funksies te borg, ek glo ‘n baie groot deel van hulle inkomste kom van Afrikaners, dan gebruik hulle dit om my vyande te bevorder.

HPV ·

Dit gaan mens se verstand te bowe dat mtn ‘n 6% parytjie borg wat elke dag volksmoord skree. Op lange duur sal mtn wel die Afrikaners se ondersteuning mis veral as die eff gratis selfoon dienste vir almal begin eis.

Pierre ·

Dalk moet ons besin oor hoe ondersteun ons hierdie groepw wat duidelik ‘n boodskap uitstuur dat hulle nie die blanke Afrikaner van hierdie land se steun nodig het nie, ek ry nie ‘n Toyota nie en sal na des nie eers daaraan dink om een tr koop nie, ek deel nie met MTN nie en al bied hulle ooit die goedkoopste pakette aan sal ek uit beginsel nie daarvoor val nie en wat Media 24 betref, julle wys al vir lank waar julle belange is. Dus die kort en lank, dit het tyd geword dat hierdie klein groepie Afrikaans sprekendes van die land sal wys waartoe hulle in staat is en ons sal skaar by maatskappye en besighede wat nie ons afkraak as minderwaardig nie.

Wessie ·

Ek wil nie jou borrel bars nie Willem, maar jou laaste sin met aanname is wensdenkery.
MTN se grootste mark is die res van Afrika, die afrikaanssprekende se bydrae is maar ‘n breukdeel van ‘n persentasie!

Frik Lotz ·

Steve Hofmeyr het murg in sy pype en doen goeie werk vir ons mense. Steve, jy is n yster!

HPV ·

Frik ek weet van tientalle ander mense wat ook al jare goeie werk vir ONS mense doen, selfs op internasionale vlak. Ook die duisende wat voor 94 werklik aktief in die veiligheidsmagte betrokke was teen die huidige regime.

Thinus ·

Soldariteit moet ‘n bietjie hul oogklappe afhaal en sien hoeveel rassime is daar in die staatsdiens voordat hulle die nuttelose kommentaar lewer. Moes reeds uit die staatsdiens bedank weens die onderdrukking van blankes met betrekking tot bevordering, werkomgewing, ens.

Annamarie Olivier ·

Thinus – En wat probeer jy nou eintlik se. Jy wil Solidariteit bykom om jou eie saak te versterk.
Jou saak het niks met hierdie gesprek te doen.

Wim ·

Tinus het jy self iets probeer doen of het jy maar ook net gesit en wag en gehoop daar sal vanselfsprekend hulp uit die lug uit val?

hercules ·

dr vd Berg van die MRK is nie opgewasse vir haar taak nie en/of is betaal

SkaamteLOOS ·

dan word die wat jou keel gaan afsny ook nog aangeneem….
Ek wonder of weet hulle….die grond en land behoort net aan ons Vader daarbo ? Hy gee dit aan ons om te bewerk maar die volk bemors en besoedel dit net.
Hierdie is nie politiek nie maar wat ons uit die bybel leer. Ek wonder ook of weet hulle as ons doodgaan voor ons stof word dat hy geraamtes ook wit is /

Attie. ·

Toyota, julle het nou hul rug gedraai teen die Afrikaner. Moontlik sal die beste bakkie nou nie meer so goed verkoop soos in die verlede nie. As alle Afrikaanses in SA hul Toyota net twee jaar langer ry dan sal Toyota van die rassekar afklim. Ek was al die jare n Toyota man maar nou wonder ek of Ford nie dalk beter is nie. Dalk kan ek maar n VW probeer. Slaan net vir een keer oor na ‘n ander voertuig en kyk wat gebeur. Ons het ook nie borge nodig vir AIG nie, ons kan self die R 800 vir ‘n kaartjie betaal, want ons gaan meer as dit spaar deur ons bakkies langer te ry of om net een maal ‘n ander maak te probeer. Alles loop reg altyd reg Isuzu.

Annamarie Olivier ·

Al die groot maatskappye voel soos Toyota, Mtn en Media 24, koop maar jou Ford onthou net die inruilwaarde! Ford, Isuzu, Nissan en al die ander name het nie een al ooit ingetree vir die Afrikaner nie hulle jaag net geld en almal is dieselfde.
Het een van die ander al ingetree om te borg?
Vra maar net

Wessie ·

Jy is Baie braaf Attie. Ek settle nie vir second best nie!

Jerry ·

Die spreekwoord se, moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie, maw as ons die spur, mi-way, sasol ens boikot, dan kan ons nie nou blou moord en rassisme skreeu wanneer ons geboikot word nie. Sien nou wat julle dade waarteen julle gewaarsku was veroorsaak, gevolge met n kettingreaksie wat nou gaan aanhou en nooit einde kry nie. Wat geld vir een met n beginsel geld mos nou vir almal met die beginsel, soos Steve self se, dis hoe dit is! Soos ek se, wat het geword van die Afrikaner se godgegewe gesonde verstand teenoor Paul Kruger se een persoon beginsel filosofie! Julle gaan as julle skrik heeltemal te laat wakker skrik!

Jan ·

Nou sleep Hoffmeyer ons almal weer in n ding in .
Tussen hom en Malema is daar geen verskil nie hulle besit net die vermoee om hulle eie bevolkings groepe ongewild ,onderdruk en deel van hulle kleinlike beperkte ideologie te maak .
AIG gaan dalk sukkel om voort te gaan sonder borge maar dit is n goeie barometer om te sien of is dit wat hul aanbied lewensvatbaar . Hulle moet nou ook net die regte ding doen en Hoffmeyer laar gaan dan kan hy ook sommer sien of kan hy die mas opkom sonder verhoee soos AiG en dan in die toekoms besin voor hy uitsprake maak en n dreunlyf houding in die openbaar uitstal .
Mnr Buys Paul Kruger het weg gehardloop en die goud saam met hom gevat . Ek glo noe dit is so goeie voorbeeld nie .

Danny ·

ai ai Jan, Steve moet meer konserte hou as wat hy kan hanteer sy liedtjies is gereeld vir weke aaneen op die top 20 veral in die eerste plek wat gorrel jy tog ou Janneman die man is geweldig gewild. het ook al meer albums as enige ander kunstenaar in Suid Afrika verkoop.
AIG word deur die kustenaars gemaak nie andersom nie.
Lekker slaap ou Grote

Willem ·

Jan, ek en jy sal nooit vriende kan wees nie.
Langenhoven het gesê dat as jy nie vyande het nie, kan jy nie my vriend wees nie. Voordat jy nou jou eie verklaring daarvoor uit dink, het hy wat Langenhoven is, daarmee bedoel dat hy nie vriende met beginsellose mense is nie, want dis al mense wat dink hulle leef in vrede.
So, al redeneer jy dat jy ook nie in my vriendskap belangstel nie, moes ek dit net vir jou sê. Ek is bang, net miskien dink jy dalk vrienskapsbande.
Steve het ten minste beginsels al is dit dalk nie altyd so op morele hoë grond nie (daar het julle dalk iets in gemeen). Jan, dis iets wat jy kort. Jou opmerking oor Paul Kruger bevestig dit. En ek bedoel nie ‘n opinie nie, dìe het jy, maar beginsels. Daar is ‘n groot verskil.
Geniet jou vreedsame lewe. Dit raak tog eensaam vorentoe.
Groete.

Danie Basson ·

Jan jy is so reg, Steve doen meer skade as goed en ek hoop hy wil groot word en soos ‘n volwasse person optree.

Vienna ·

Jan en Danie, shame on you both !
Ek bly in Europa en baie mense, nie Suid Afrikaners nie, weet van Steve !
Wees dankbaar vir ‘n ware man soos Steve
wat altyd veg en opstaan vir ons mense julle tweetjies ingesluit
Baie dankie Steve !

Leef en laat leef ·

Ek het Steve nog nooit hoor praat van die uitmoor van die swartmense nie. Hoe kan julle hom met Malema vergelyk? Julle is van daai liberales wat net sleg sien van iemand wat vir ons mense wil opstaan.

Wesley ·

Jan, Steve trek niemand in niks in nie. Hy vat net die saam wat met hom wil saamloop. Dieselfde as Malema en die trawante. Dit is die wat in die vere links of vere regs wil volg, en dit is die verantwoordelikheid van die moderate links en regs om hul terug te trek van die afgronde af. Links en regs het n rol om te speel, maar ekstremistiese uitsigte moet die vere minderheid gehou word. Daar sal altyd hierdie mense wees. Ons moet ophou volg wat of “populer” of aanloklik is tot die mees lelike dinge wat in ons gedagtes aangaan. Ek dink Flip het n baie goeie punt, ons moet nie reageer in dieselfde manier nie. Ons moet kophou. Luister na Jordan Peterson se videos op youtube, ju sal hoor van dinge wat gebeur as dinge verkeerd gaan aan albei kante… Regses soos Hitler met 6 miljoen moorde en 100miljoen met oorlog…. En dan Stalin en Mao aan die linker kant met net soveel dood. Bly weg van die ekstreme kante van die spektrum…

Izak ·

Ek stem met Attie saam, Toyota manne is vreeslik lojaal en glo net in Toyota, dalk tyd om bietjie na iets anders te kyk.

Sakkie ·

Ja die saak staan so. My Oupa het ‘n Toyota gery en my Pa ook en daarom moet ek ook een ry

kolla ·

As jy opruiende goed op sosiale media kwyt te raak soos dat swartmense die argitekte van apartheid was, moet jy maar die gevolge dra. Hierdie berugte tweet het Pick’n Pay en Land Rover reeds in 2015 laat onttrek en Lesufi het niks daarmee te doen gehad nie.

marco polo ·

Hy het dalk n punt daar beet. As dit nie vir apartheid was nie, was die land dalk al veel vroeer in die situasie waarin dit vandag is, of ons almal reeds uitgemoor.

peet ·

Ek glo dat die meeste mense wat op Steve se “argitekte” tweet reageer nie oor die intellek beskik om dit te kan verstaan nie. Dit is beslis nie rassisties nie. Lees weer en kyk of jy tot enige ander slotsom kan raak.

Deon ·

Afrikaners sal fisies en emosioneel afgetakel word totdat hulle heetemal vernietig is as ‘n nasie, en daarna as ongewenste gaste aanbly. Ons kan maar kla, stry en hof toe gaan, dit sal nie help nie. Ander planne moet gemaak word.

Pickering ·

Met hierdie skuif van Steve stem ek nie saam nie. Steve is nie groter as Afrikaans nie. Hy is welkom om sy eie optredes te hou en daar sy opinies te verkondig onder sy eie naam, maar hier reduseer hy Afrikaans tot sy eie opinies alleen. Indien hy weet dat sy teenwoordigheid die saak skade gaan doen (hy het net homself daarvoor te blameer), moet hy opsy staan, punt. Die borge skuld ons niks nie. Waar die konsert met die borge (wat Afrikaans ondersteun het ten spyte van hulle foute) geld gemaak het ten bate van Afrikaans, moet ons nou ekstra opdok vir Steve se konsertfooi: nee dankie.

Truida Pretorius ·

Ai ai, soos gewoonlik lewer jy ook kommentaar, sonder al die feite. Steve het aangebied om nie op te tree in die vertoning, maar AIG het dit van die hand gewyd. Ek stem heeltemal daarmee saam. Hoekom moet Lesufi en kie besluit wie mag optree in afrikaanse konserte. Hulle koop nie kaartjies nie, wat staan nog om dit by te woon.

Danny ·

Pickering jy pik in die Donker Steve het onmiddelik aangebied om opsy te staan lees maar die persverklaring AIG het gese hy gaan nerens wat van jou feite verifieer voor jou stellings

kolla ·

Hierdie klomp goeie borge wat AIG oor die jare ter goeder trou ondersteun het, wetende dat die konserte ter bevordering van Afrikaans is, is deur Hofmeyr in die verleentheid gestel. As ek in beheer van AIG was, het ek Hofmeyr baie ver gepos sodat hy nie naby my produk kan kom om dit te bevuil nie. AIG gaan definitief een of ander tyd hierdie onttrekking van groot borge aan eie bas voel.

Ruiklont ·

Dankie Flip vir jou goed geballanseerde opsomming. Hierdie is allereers ‘n beginsel saak

Annamarie Olivier ·

Jan en Kolla verbeel ek my of is julle bietjie jaloers op Steve?
Hy het meer guts as baie van julle.

phillip van dyk ·

Ek het reeds 4 sponsor kaartjies gekoop. Hoop al die Afrikaners wat egte boere is sal dit doen want dit gaan nie oor Steve persy nie maar oor die onderdrukking van elke ding wat wit Afrikaans en opreg is.

kolla ·

Wel, hierdie groot borge was bereid om die skouspel vir jare te borg so daar kan nie gesê word dat hul onttrekking nou iets te doen het met Afrikaanse of wit onderdrukking nie. Nee, hierdie is juis as gevolg van grootprater Steve se optrede wat die borge in die verleentheid gestel het. Dis juis Afrikaans wat vir jare gebaat het by hiedie borge se finansiering maar een vrot pampoen het dit nou vir almal bederf.

Annamarie Olivier ·

Thinus – En wat probeer jy nou eintlik se. Jy wil Solidariteit bykom om jou eie saak te versterk.
Jou saak het niks met hierdie gesprek te doen.

Gideon ·

Ek het Toyota oorweeg as my volgende ryding, nou nie meer nie. Uitstekende artikel mnr Buys. Jan – deur Hofmeyr met Malema te vergelyk se iets oor jou. As mens iets skryf, spel tog reg , dit se ook iets.

Attie. ·

Steve, lyk my hulle soek ‘n klip om jou mee te gooi en hulle gaan die die klip kry en die klip gaan ons almal tref. Sit ‘n wag voor jou mond as jy wil praat, sing liewers of begin jou eie party. Die politriek is ‘n harde plek want daar kry jy niks op ‘n skinkbord nie. Wys ons regtig hoeveel steun jy het en as jy een setel wen trek ek my woorde terug. Al die firmas wat AIG nou boikot is groter as jy en hulle is meer werd vir die land as jy. Jy word nou oud en ou manne sterf uit agter die mikrofoon.

Wa ·

Ou Flippie…….daar slaan jy die spyker op sy kop. Goed geskryf!

Dries du Toit ·

Steve byt vas. Jy sal in die Afrikaner se geskiedenis opgeteken word

Barries ·

Mnr Buys, as jy nie saamstem met Hofmeyr nie, dan bly jy weg van sy konserte. As AiG nie jou beginsels deel nie, dan bly jy weg van AiG. Dit is wat beginselvas beteken. Die borge wat onttrek het, boikot nie die hele Afrikaanse gemeenskap soos jy dit stel nie. Hulle boikot ‘n “organisasie” nl. AiG wat nie ‘n problem het met die uitsprake van een van die kunstenaar nie. Dis so eenvouding soos dit. En die teenargument is nie weer die tipiese “maarwatvanisme” van so baie kommentators nie, m.a.w. maar wat van Malema of Lesufie. As jy dan voel die borge is nie beginselvas en konsekwent nie, dan geld dieselde behandeling vir hulle, bly weg van MTN of Toyota of wie ookal. As jy by jou beginsels staan, dan staan jy daarby. Jy buig dit nie so ‘n bietjie omdat jy van die res van die kunstenaars hou nie. Dit gaan oor jou integriteit.

Johann ·

Mense, dis eenvoudig. Steve, en ek het baie respek vir hom, moet besluit of hy n politikus of a vermaaklikheids persoon wil wees. Daars n ” verhoog” vir altwee. Jy hoor nooit n politikus begin sing of vermaak nie ( wel…Zuma en Malema probeer maar gaan beslis nie n konsert saal vomaak nie. LOL)……maar julle sien my punt.

peet ·

Volgens al die berigte wat ek tot sover gelees het, het Steve aangebied om uit te staan. Die organiseerders het egter standpunt ingeneem dat die Lesufis van die wereld nie aan hulle sal voorskryf wie hulle in AIG sal insluit of uitsluit nie. En wat Steve se uitsprake betref het baie min mense “ge-figure”

Lou ·

Mnr Buys, wil jy nie asb. die politiek betree nie, ons het Afrikaner leiers met integriteit en intelek dringend nodig in die land.
Die meeste politici is net ‘n klomp raasbekke wat geen idee het wat die werklike probleme is nie of hulle is net daar om hulle eie sakke vol te maak.
Dit is nie nodig om ‘n nuwe party te stig nie maar gaan voeg jou talente toe by ‘n party wat ‘n hart het vir die blankes en meer spesifiek die Afrikaners.

Jerry ·

Johann daar is nie n manier wat mense wat Paul Kruger se eenpersoonbeginsel slaafs navolg jou punt sal insien nie, nie in n duisend jaar nie. Om die Afrikaner jou hoofborg te maak agv n eenpersoonbeginsel is n misleidingsfoefie vir die selfbeskikkingsbeginsel. Op die einde van die dag gaan die Afrikaner (vir die gelag) betaal vir die selfbeskikkingsakeryk van n konsortium van n paar projekbestuurders, hulle families, vriende en akteursangers. Ruiklont, vir jou wil ek se ek ruik n muishond!

Johanb ·

1. Die maatskappye wat AIG boikot handhaaf hopelik dieselfde waardes as dit by soortgelyke geleenthede kom waar swart rassiste betrokke is.
2. Wanneer Steve uitsprake maak is dit nie rasisties nie, wanneer dit gemeet word teen die uitspraak van MRK oor Malema se manewallis.

Glenn Oosthuizen ·

Stel vir ons n lys saam van al die besighede wat teen ons taal en volk is. Se ook waarom julle so se.Ek sal dit print en teen my deur,in my motor en in my beursie hou. Dan kan ek voordat n produk wil koop eers besluit of ek bereid is om so laag te daal om hulle te ondersteun. In sekere gevalle sal ons seker nie n alternatief he nie. Maar dan is daar n geleentheid vir n Afrikaanse intrepeneur.

FJ ·

Woorde ontgaan my vir die borge….ek kan leef en lief he sonder julle. Julle kan nie n dag leef sonder ons en jul liefde vir ons geld.

Jerry ·

Ons word reeds uitgesluit van die ekonomiese koek deur julle strategiese optredes, wat beteken dat al die geld na die ANC revolusioneres gaan. Nou jaag julle tot ons borge ook weg wie se geld ook nou net na die ANC revolusioneres gaan, geld wat na helpende hand kon gaan. Ons mense eindig op in plakkerskampe terwyl die Afrikaner wat nog iets het julle beursies moet volhou, dit alles oor beginsels. Gesonde verstand se dat julle dade agv julle beginsels besig is om te help om die meerderheid Afrikaners te isoleer, uit te sluit en te verarm en slegs n paar Afrikaners te verryk met julle eenpersoonbeginsel wat nou met AIG se storie dien as dekmantel vir julle selfbeskikkingsbeginsels! Julle gaan kort voor lank veroorsaak dat Afrikaners die laaste bietjie beginsels wat hulle nog oor het, oorboord gooi en hulle gesonde verstand begin gebruik om julle in totaliteit te begin boikot ten einde vrede te bewerkstellig en kos op die tafel te sit! Julle moet pasop dat julle nie julle strategie te ver voer wat sal veroorsaak dat Afrikaners begin om die ANC te join net om werk te kan kry, want julle gaan nooit vir almal kan werk skep nie, want nie almal wer met hulle hande nie! Toe Mulder vir Ernst oor die vingers getik het, het hy julle almal eintlik oor die vingers getik!

sons ·

Dankie Filp,ons is nie almal welsprekend om ons frustrasies in woorde uit te druk nie.Jy se alles wat ons wil se!Ons wil net Afrikaans wees en ons taal en kultuur uitleef,los ons in vrede dan sal ons niemand pla en “rassisties”wees nie.

Jerry ·

Doen wat julle doen nie ten koste van alle Afrikaners nie, doen dit net ten koste van julle lede anders gaan ons julle daadwerklik moet begin vasvat! Wat julle doen, doen julle in elk geval net tot voordeel van julself!

Christo Conradie ·

Jerrie, ek is net Vaderdank bly Afrikaans en die Afrikaner se toekoms is nie in die hande van ouens soos jy nie.

Jerry ·

Christo Conradie julle maak n fout as julle dink die Afrikaner het julle nodig, dit is julle wat die Afrikaner nodig het, soos hierdie AIG sage wat bewys dat die Afrikaner nou vir julle moet borg staan. Dit is nie julle wat vir die Afrikaner borgstaan nie, so ek se weer, julle is nie groter as Afrikaans of as die Afrikaner nie. Hierdie is die heel laaste strooi wat julle aan die Afrikaner opdis!

Cornelia ·

Mnr. Buys, ek dink dat die term “rassisme” ‘n “oorlog” opsigself is. As die Lesufi’s, Malemas en ander aktiviste, ‘n geldige standpunt en perspektief wat deur Steve Hofmeyr as teenpool van ‘n werklikheidkonsep gestel is, as “rassisme” gekrediteer word, wat sê hulle eintlik? Dat hulle nie die teenargument verstaan, aanvaar of duld nie? Dit staan hulle vry om hul eie aandeel aan die instelling van ‘n aparte ontwikkelings beleid te systap en te ontken. Dit verander egter nie die konsep van die breë werklikheid waar rondom aparte ontwikkeling die enigste werkbare oplossing in die geskiedenis se kalendergleuf blyk te gewees het nie. En dan praat ons van ‘n tyd waar die Afrikaner in ‘n Geknelde stryd en raamwerk self uit die put van armoede, aanslae en eenvoud van ontwikkelingsgroei, van vroeg tot laat moes wroeg met die oog op ‘n Opbouende en Oorwinnende toekoms visie. As daar “rassisties” op ons gevuur word, dan moet ons “rassisties” terug vuur. Dit is die gekose ammunisie. As “rassisme” die waarheid vervang met eenrigting leuens, moet ons die leuens met ‘n twee rigting “rassisme” ontwapen.

Boet Fasie ·

Toyota het sy borgskap ontrek want hy is bang hy verkoop nie meer taxi’s nie en het iemand al opgelet hoe word die publiek lastig geval deur MTN vir lugtyd, data en om te vra of die klient tevrede is met MTN se diens , iets is besig om te gebeur.

Gehasi ·

Afrikaner, put your money where your mouth is. As daar rede is om te kla is ons maklik ʼn miljoen of twee, as iets gedoen moet word is ons net n paar.

Jerry ·

Cornelia, duidelik verstaan jy nie die skade wat nou deur AIG en Steve aangerig word nie. MTN en Toyota distansieer hulself van Steve se uitlatings, of dit rassisties is of nie, dit is verdelend en skoorsoekend. MTN en Toyota het buitelandse invloed en kan ons geloofwaardigheid en muishondstatus wat ons probeer herstel in die buiteland ongelooflik skade berokken. Ons wil juis die ANC/EFF ontbloot as rassiste en onderdrukkers, maar nou gaan die Afrikaners wat ter ondersteuning van Steve optree ook as rassiste weereens gebrandmerk word. Die ANC/EFF lok ons uit en het gewag vir iemand soos Steve wie in hul hand ingespeel het deur rassistiese uitsprake met rassistiese uitsprake te begroet. Die stigma van Steve se rassisme gaan ongetwyfeld kleef aan AIG, die ander sangers, helpende hand en die hoofborg, die Afrikaner wat doodeenvoudig en blatantweg hierby ingesleep word. Dalk moet Solidariteit/AfriForum wie die “brain child” van hierdie fiasko is, intree as hoofborg sodat die stigma van rassisme geplaas word daar waar dit hoort en dan kan al die paddatjies lekker saam gebraai word! Dit sou erg ruggraatloos wees vir Solidariteit/AfriForum om te skuil agter die Afrikaner van wie hulle verwag om n omstrede persoon soos Steve en AIG se hoofborg te wees. Hoofborg van wat, van die stigma van rassisme! Hoe onverstandig wil die Afrikaner dan nou raak?

Gert ·

Dit gaan nie help om op jou rug te gaan lê en te vra dat hulle jou nie moet skop nie, hulle gaan geen respek vir jou hê nie en hulle gaan jou skop, en sommer byt ook. Die enigste werkbare oplossing is om sterk weerstand te bied, en self ook te byt.
Onderdanigheid werk nie.

Daan ·

Die ANC/EFF haat Afrikaners, met of sonder AIG en Steve. Hulle sal aanhou met hierdie tipe aksies totdat alles wat vir die Afrikaner kosbaar is vernietig is. Indien jy glo dat die Afrikaner het nog ‘n groot rol om in SA te vervul leef jy in droomland. Die heersers stel nie belang nie.

Andreas ·

Jerry. jy moet vir die inligtingdiens gaan werk, Cyril sal wondere met jou insette verrig.

klip in die bos ·

Die sosiale media berei ons voor vir baie groter dinge as wat ons besef. Sosiale ingineurswese bestaan en is ‘n realiteit, dit vind voor ons oe plaas. Dit gaan nie oor goed of sleg nie, maar oor die integriteit van die eindproduk.

Therese van Schalkwyk ·

Die “Jerry” karakter se stroom herhalende kritiek teen Solidariteit en AfriForum herinner sterk aan Johan ‘Sloet’ de Villiers se boikot-veldtog vanuit Nederland teen Steve Hofmeyr.
Afrikaners se gedienstige paai-beleid die afgelope 25 jaar, die Jerry-strategie, het géén goeie resultate opgelewer nie. Sy vete teen twee puik Afrikaner-organisasies is voorspelbaar en herhalend, met soms ‘n onaangename persoonlike klankie.
Hoef Maroela-lesers regtig ad infinitum daaraan blootgestel te word?

Ironies, beide hierdie menere sit in die buiteland in stede van binne die nuwe Suid-Afrika waar hulle hul onderskeie ‘belangstellings’ veel beter kon dien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.