Stiksienig of onverskillig?

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Deur Jeannette Gnade

Die Pan Afrikaanse Parlement (PAP) hou vandeesweek sy soveelste sitting by die Gallagher-landgoed in Midrand. Suid-Afrika is die hoofkwartier van die PAP, wat met soveel trots en verwagting in 2004 tot stand gekom het.

Een van die hooftemas op vanjaar se sitting is die uitreiking van die spesiale Afrika-paspoort. Dit sal nie alleen oor-grens besoeke vergemaklik nie, maar kan ook tot ʼn opbloei in handel lei.

Ongelukkig is die normaalweg skouspelagtige opening van die parlement ontsier deur talle klagtes van afgevaardigdes oor die misdaad in Suid-Afrika. Verskeie vooraanstaande burgers van die vasteland is tussen die lughawe en die landgoed agtervolg, oorrompel en van hul besittings beroof. Dit is ook nie die eerste keer dat dit gebeur nie.

Die regering het een of twee keer spesiale polisie-beskerming vir die buitelandse besoekers aangevra, maar vanjaar lyk dit asof die pleidooie op dowe ore val; in so ’n mate dat ʼn groot groep afgevaardigdes ʼn mosie wou afdwing dat die PAP se hoofkantoor na ʼn ander land verskuif word.  Dit is ʼn klad op Suid-Afrika se naam.

Die vorige ANC-presidente, Nelson Mandela en Thabo Mbeki, het groot gewag gemaak van ʼn enkele parlement vir Afrika. Dit sou eenheid en selfstandigheid bevorder en ʼn handelsklimaat skep.

Op die oog af lyk dit asof die Zuma-regering belangstelling in die Afrika-parlement verloor het. Geen vooraf publisiteit is gekry nie en geen hoëvlak amptenare is gevra om die opening by te woon nie.

Dit staan is skrille kontras met die Afrika Unie se beraad in 2015, toe president Omar al-Basjir van Soedan nie alleen strydig met ʼn bevel van die Internasionale Strafhof genooi is nie, maar deur die Suid-Afrikaanse regering gehelp is om te ontsnap. Dit was in in weerwil van ʼn hooggeregshofbevel dat hy nie die land mag verlaat nie.

Die Zuma-administrasie het daarna openlik kant gekies vir al-Basjir en baie gou is  met planne begin om Suid-Afrika aan die Strafhof te onttrek. Al wil die ANC dit nie erken nie, was dit moontlik een van die oorsake van sy kwynende steun in verlede jaar se munisipale verkiesing.

Die man op straat het begin wonder hoe die regering ooit misdaad op eie bodem gaan uitroei as hy nie eens skroom om die wêreld te tart met sy bewondering en steun vir ʼn vermeende oorlogsmisdadiger nie. ʼn Regering wat ongehoorsaam is, kan seker nie wetsgehooraamheid van sy burgers verwag nie?

Dit is verstommend dat ʼn regering nie eers besef dat hy nie konsekwent optree nie. Of is dit na aanleiding van die Suid-Afrikaanse staatshoof se dubbelpratery? Hy ontken dat daar iets soos vreemdelinge-haat in die land bestaan, maar bly doodstil oor die feit dat 12 Somaliese winkeleienaars binne twee maande in Khayelitsha vermoor is.

Binne die ANC-strukture sê hy niks oor grondonteiening sonder vergoeding nie, maar wag net tot hy alleen is of voor ʼn groep bondgenote praat. Is die ANC en sy leier stiksienig, onverskillig of bloot domastrant?

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

william ·

Wat ek nie verstaan nie, in 1994 was die grondwerk daar sodat ons as n’ sogenaamde nuwe nasie, n’ “superpower” kon word. MAAR met ELKE wet, met ELKE uitspraak, met Grants, Afbreek van ekonomie was dit duidelik dat nie EEN ding vir SA sou beter gaan nie.
ELKE ding wat hulle aanpak is tot niet .
Die “midas touch” omgekeer!.
Mense word gebore om te haat en vermoor. Ja ANC , julle het n’ “goeie ” storie om te vertel!.. Die Korrupte en walglike kriminele SA word nou ook ervaar deur ons besoekers.
KRY die govt. nie skaam nie?.. Of gaan hulle die witmense ook die blaam gee.
JONG mense moor op die plase-hoekom?, hulle is gebore sonder heenkome, ANC kan nie werk skep nie, en die govt. leer hulle dan elke dag dat al hulle swaar kry is deur wittes veroorsaak!.. Daai stukkie grond is jou saligheid!..NEE mense , barbaars is n’ ligte woord.
Die hele klugspul van die ANC kan ek nie kleinkry nie–dit gaan my verstand heeltemal te bowe. NOU 23 jaar later, ons kon 10000% beter af gewees het.. Daar is net nie hoop vir Afrika “demokrasie ” nie.
Waar is die “non-racial” SA waarvan hulle die hele wereld so rat voor die oe gedraai het?.

Hendrik ·

William om deel te neem aan die demokrasie (stem) beteken dat jy erkenning gee aan die demokrasie. Hierdie demokrasie gebruik die wette om die minderheidsgroepering uit te buit en te maginaliseer. Soos Prof Koos Malan se dat Suid-Afrika die mees ongrondwetlike wettige grondwet is in die wereld. Wat nou gemaak…….? Onthou oogklappe af en begin mooi wyd dink.

Heinrich ·

Die enigste rede waarom Zupta nog nie te veel aandag gegee het aan die PAP nie, is dat SA nog ten spyte van die cANCer se pogings bly funksioneer (hoe wankelrig ook!). Hier is nog te veel hofsake wat keer dat hulle teen die land breek; so hulle kon daarom nog nie genoeg tyd afstaan om aandag aan die res van Afrika te skenk nie. Johannesburg word mos ge-adverteer as “A World Class African City”; hy is nou al so mooi ver-Afrika deur die cANCer dat die res van Afrika nie eers meer hier wil kom uithang nie!

zahn ·

Ek sal baie graag wou gehad het dat mense soos kortbroek of Pierre Uys hierdie een vir ons moet antwoord. Die anc ismos destyds as DIE ANTWOORD vir alles verkondig.

jean ·

“Eenheid en selfstandigheid”……………..Whahahaha!.. Hulle sal nooit weet wat dit beteken nie.

Leendert ·

Jip, mens kan die vraag vra, ook aan Cyril Ramaphosa, want ek sien hy het nou, in die dae, in die parlement vir die ministers gesê daar kom radikale ekonomiese transformasie, want die ekonomie is nog in wit besit.

Ons weet natuurlik dat dit nie die waarheid is nie, maar ‘n rede soek en voorbrand maak om daardie wittes wat nog ekonomies bedrywig is, ook uit te skakel, dan sal ons sien waar hulle sit – Zimbabwe, hier kom ons.

Dit moet natuurlik vir diegene wat so hoop en voorbrand maak dat Cyril by Zuma oorneem, ‘n kollosale gemoedsrus wees dat hy ons op die regte pad sal sit. Vir daardie pesone sê ek graag, Menere en hy wag nie eens vir die dag as hy oorneem nie, nee hy is al klaar besig om ‘n nalatenskap vir hom uit te kalwe.

andrea van vuren ·

Pasop vir Cyril. Hy volg altyd die goue middeweg. Mantelswaaier.

John ·

Gaan Omar weer opdaag? Die wonder-paspoort gaan die lekkerste paspoort wees wat die wereld nog ooit gesien het. Geen beheer nie. ISIL en Siriers of Egiptenare en… en… gaan lekker kuier op ons Kaapse strande en huis-huis speel in ons rykmansbuurte.

Lewies ·

Die moord op Piet Retief en sy manskappe begin nou vir my duidelik word. Dit lyk vir my na ‘n genetiese fenomeen te wees.

John ·

Hoekom hou ons aan om te twyfel aan die boodskap wat ons breine aan ons bewussyn stuur? As ‘n kind aan ‘n suurlemoen proe, trek hy ‘n gesig en se, oeee dis suuur! Maar as ons Afrikaners aan ‘n suurlemoen proe, kyk ons eers vinnig wie kyk en afhangende daarvan sal ons reageer. Die gevolge is fataal. Hoeveel boere kry kans om koffie en beskuit te bedien aan hul onverwagte ‘besoekers’ en lekker te gesels oor die weer? Wat is breinspoeling? Die meeste Jode het destyds in Duitsland aangebly voor die groot uitwissing om dieselfde redes. Hulle wou nie die waarskuwingstekens reg lees nie en kon nie glo dat mense tot sulke wreedhede in staat is nie. Beide Freud en Jung het gewaarsku dat mense wreder as die wreedse gediertes kan optree en geskiedskrywers het Afrika se verlede beskryf. Ons sien dit reeds maar…

andrea van vuren ·

Ja John jy’s heeltemal reg oor Freud en Jung en dan is daar nog die kragtige verdedigingsmeganismes soos ontkenning, vermyding en rasionalisasie. Dis die toestand waarin ons blankes tans verkeer.

Johannes Meintjes ·

Die antwoord op die vraag is waarskynlik “all of the above”. Na vermoede is die SA meerderheidsregering (die ANC) nou ten volle oortuig (d.m.v. persoonlike “borge”) om af te sien na ‘n verenigde Afrika en die NWO (Nuwe Wereld Orde) agenda te steun. Hiervoor moet SA en soveel lakei instansies as moontlik na die tromritme van NWO benaderings ingestel, uitgekoop of dan geneutraliseer word. Dit laat nasionalisties of konserwatiewe ingestelde burgers toenemend met die rug teen die muur, onder andere a.g.v. of d.m.v. ‘n gemanipuleerd internasionale ekonomiese stelsel wat werkverskaffing en kontantvloei baie selektief kanaliseer.

My tweesent bydrae ·

Dalk moet dit afgeskaal word na net die lande in die suide van Afrika . Suiderlike lande Afrika Parlement . Slap .

Vaalseun ·

Die Afrika-kultuur en politieke norme wat ANC en EFF-politici so dikwels opgee as hulle “nuwe” ideaal teenoor westerse demokrasie en veral die westerse jurisdiksie, bevat ‘n paar interessante gedragspatrone. Een is dat wat ek Saterdag twee weke gelede gesê het, vir daardie dag gegeld het. Dit geld nie noodwendig vir vandag nie, tensy ek dit vir vandag ook beaam. Tweedens geld die reëls wat die heerser maak, net vir die onderdane of klasse benede hom. Derdens, die patriargale stelsel met sy inherente onderdanigheid van die vrou. Vierdens, die klassestelsel wat handewerk aan veral die vrou van die laer klasse reserveer. Vyfdens, ek is net skuldig as ek uitgevang word. En ook ander, soos die sangoma raadpleging en beslissings in die geval van dispute en siektes.

Die argitekte van afsonderlike ontwikkeling kon nie ‘n versoenbare enkele regeringstelsel wat suksesvolle politieke en juridiese samewerking sou waarborg vir sulke uiteenlopende norme bedink nie. Ek neem hulle nie kwalik nie. Maar vandag sit ons wel in daardie situasie, en begrip vir die gemengde norme waarmee Zuma en die regering besluite neem is vir ons lewensnoodsaaklik. Hulle is vindingryk om die beste van twee wêrelde vir hulleself uit te buit. Hulle sit nie hulleself en bejammer oor die nuwe situasie nie. Ons moet ook nie. Ons moet net meer vindingryk wees.

Catryn ·

Liberaal verligtes en elite swartes het veral vir die blankes ‘n rat voor die ogies gedraai – afsonderlike ontwikkeling bestaan steeds onder TRUSTgebiede – julle bluf julself, kyk om julle daar word net van blankes verwag om afstand te doen van kultuur – 11 kultuurgroepe kraai koning op hul eie miskoeke en ondersteuners word belieg met grond titelaktes dat blankes alles besit terwyl regering 87% van die grond besit. ELKE volk het ‘n selfbeskikkingsreg, fokus op gebiede waar ons in die meerderheid is, ons is reeds honderde duisende op sekere plekke waarop ons ‘n internasionale reg het tot ‘n soewereine gebied. Elke volk het daardie reg, maak seker jy weet wat die grondwethof regters uitgespreek het met artikel 235. SELFBESKIKKING is nie rassisties nie en nog minder apartheid.

Paul ·

11 groepe? Jy bedoel seker 9.
En die regering besit nie 87% van die grond in SA nie. Wit mense besit ook nie 87% nie, maar die regering besit definitief nie 87% nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.