Stop die kriminalisering van ons geskiedenis!

Oudpresident Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria. Foto: Argief.

Oudpresident Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria. Foto: Argief.

Wie’t nou ooit kon dink dat nie eers meer ons verlede veilig sou wees in die nuwe Suid-Afrika nie! Die ANC gebruik die monument-krisis nou as ’n gulde geleentheid om die Afrikaner se verlede te kriminaliseer.

Die strategie is om hulle weergawe van die geskiedenis as die amptelike en enigste waarheid oor die verlede op te dis. Die rede hiervoor is baie eenvoudig: As almal oortuig kan word dat al die landsprobleme uit die kriminele verlede spruit, dan regverdig dit die ANC se radikale beleid om teen die Afrikaner te regeer. Dis hoekom pres. Jacob Zuma nou weer gesê het die Afrikaner-standbeelde moet op ’n plek bewaar word waar vertel kan word wie hierdie mense was wat vir apartheid as misdaad teen die mensdom verantwoordelik was.

Maar was apartheid werklik ’n misdaad teen die mensdom? Beteken dit dat ons voorouers misdadigers was? Maar die belangrikste vraag is: Moet ons en ons kinders nou permanent vir hierdie “misdaad” gestraf word? Kom ons kyk na die feite.

Koue Oorlog

Tydens die Koue Oorlog het die VSA en die Sowjet-unie deurlopend probeer om mekaar in die verleentheid te stel en om die onverbonde en Derdewêreld-lande aan hulle kant te kry. Elke moontlike tegniek is gebruik en misbruik om mekaar in die verleentheid te stel en steun vir hulle onderskeie magsblokke te werf. Die troefkaart van die Kommunistiese blok was dat die Oosblok nooit kolonies in Afrika gehad het nie, maar slegs Westerse lande. Die Kommuniste se “satellietstate” was in Oos-Europa, Asië en Suid-Amerika. Die Westerse lande het gevolglik met die probleem gesit dat die Sowjet-unie hulself met redelike geloofwaardigheid kon aanbied as die “bevryder” van koloniale Afrika. Die Oosblok het die steun van Afrika-state baie nodig gehad as ’n blokstem in die Verenigde Nasies, om grondstowwe in Afrika te kry en om die Weste van steun en grondstowwe te ontneem. Hierdie mededinging tussen die Ooste en die Weste het tydens die Koue Oorlog gereeld vuurwarm geword. Die Sowjet-unie en die Oosblok het daarom die feit dat die Suid-Afrika van die sestigers pro-Westers en anti-Kommunisties was, gebruik om die steun van Afrika-lande te verkry. Die strategie was om apartheid as die beleid van Suid-Afrika as ’n misdaad teen die mensdom verklaar te kry. Hierdie projek was deurspek van politieke skynheiligheid, omdat die Kommunistiese lande aan veel erger misdade skuldig was as waarvan hulle Suid-Afrika beskuldig het. Dieselfde kan van talle Afrika-lande wat hulle gesteun het gesê word.

Apartheid as misdaad

In 1973 is apartheid as ’n misdaad teen die mensdom verklaar deur die algemene vergadering van die VN en is die voortspruitende internasionale konvensie oor die onderdrukking van apartheid opgestel. Die ondersteuners van hierdie inisiatief was almal lede of ondersteuners van die Sowjet-blok, al het hulle self nie ’n rekord van die beskerming van menseregte gehad nie. In talle van hierdie lande is miljoene mense weens Kommunisme dood, ’n ideologie wat weens die magsverhoudinge van lande soos die Sowjet-unie en China nooit as ’n misdaad teen die mensdom verklaar is nie.

VSA teenstem

Hierdie verklaring is nie deur lande soos Amerika en Brittanje gesteun nie. Die VSA het so ver gegaan as om die volgende te laat notuleer: “We cannot accept that apartheid can be made a crime against humanity. Crimes against humanity are so grave in nature that they must be meticulously elaborated and strictly constructed under existing international law.” Daarom het die VSA en die voorste Westerse lande openlik geweier om die resolusie te steun of te bekragtig. Hierdie konvensie, wat ’n duidelike poging van die Sowjet-blok was om die VSA te isoleer, was ’n groot propaganda deurbraak vir die ANC, wat deur vernuftige propaganda die indruk geskep het dat die hele wêreld apartheid as ’n misdaad teen die mensdom beskou.

Apartheid en Nazisme

Apartheid was nie gegrond op die mislukte rasse-ideologie van Hitler se Duitsland nie, maar op die hoofstroom in die Westerse denke oor ras tot ongeveer die einde van die vyftigerjare. Dr. H.F. Verwoerd het Duitsland besoek voordat die Nazi-party ’n beduidende faktor was, maar in sy klasnotas ná sy terugkeer het hy die idee van biologiese verskille tussen die “groot rasse” verwerp. Daarmee saam het hy die idee dat rasse se innerlike vermoëns verskil afgewys, en opgemerk dat wat na vaardigheidsverskille tussen wit en swart gelyk het, bloot kultuurverskille weens historiese ervaring was. Prof. David Welsh van die Universiteit van Kaapstad bevestig ook dat nieteenstaande sulke beskuldigings, min Afrikaners tydens die Tweede Wêreldoorlog Nazi’s geword het. Baie Afrikaners was daarteen gekant om aan Britse kant aan die oorlog deel te neem, en hulle skynbare simpatie vir die Duitsers en weerstand teen die Smuts-regering se oorlogspoging het eerder neergekom op die beginsel van “my vyand se vyand is my vriend” as steun vir Hitler.

Die invloedryke Potchefstroomse filosoof prof. H.G. Stoker het Nazisme reeds voor die Tweede Wêreldoorlog as ’n “goddelose” ideologie beskryf wat deur geen Calvinis gesteun kon word nie. Verder het die liberale skrywer Alan Paton ’n vergelyking tussen Nazisme en apartheid selfs as ’n “prostitusie van taal” beskryf.

Hoewel Verwoerd nie met die rassistiese aanname saamgestem het dat wit mense biologies of geneties meerderwaardig is nie, het hy soos die meeste wit meningsleiers in die wêreld van die tyd geglo dat biologiese herkoms saam met kultuur onveranderlike eienskappe van sosiale identiteit is. Verwoerd het juis geglo dat die ontbondeling van Suider Afrika, op die Europese model, sou kon lei tot vryheid vir alle groepe in hulle eie land. Hoewel die beleid uiteindelik nie daarin geslaag het nie, tot groot konflik en veroordeling gelei het en teen die tagtigerjare op ’n onderdrukkende noodtoestand uitgeloop het, kan dit nie met misdadige ideologieë soos Nazisme en Kommunisme vergelyk word nie.

Diskriminasie

Die probleem is dat die algemene beoordeling van apartheid gewoonlik nie rekening hou met die algemene denkklimaat oor die kwessie van ras gedurende veral die eerste helfte van die vorige eeu nie. Toe die Wetsontwerp op die Verbod op Gemengde Huwelike in 1949 voorgestel is, het meer as 30 state in die VSA byvoorbeeld nog sulke wetgewing gehad. Die VSA het eers in 1965 rassediskriminasie landswyd afgeskaf.

Eers teen die einde van die 1950’s het daar in die Weste ’n ommekeer in rassebetrekkinge gekom, en het Europa vinnig van sy kolonies ontslae begin raak en het die Amerikaners integrasie begin versnel. Die druk teen rasseoorheersing het ook begin opbou en die algemene afgryse in Europa oor die Nazi-gruweldade het ’n rasse-ideologie grondig diskrediteer. Die winde van verandering het sterk oor die wêreld begin waai, en apartheid het die teiken van die nuwe onafhanklike state in die Verenigde Nasies geword.

Kommunisme as misdaad

Terwyl die ANC gereeld kragdadige uitsprake maak oor apartheid en kolonialisme, rep dié party nie ’n woord oor die bloedige geskiedenis van die Kommunistiese ideologie waarmee hulle al die jare intiem verbind is nie.

Die bom bars

Hoewel Kommunistiese gruweldade vir dekades verswyg is, het die bom uiteindelik in 1997 gebars met die verskyning van ’n opspraakwekkende boek oor die Kommuniste se bloedige geskiedenis. Die boek se gepaste naam is The Black Book of Communism, en is deur verskeie gesaghebbende akademici geskryf. Hierin is die misdade van Kommunistiese regerings uiteindelik blootgelê nadat Kommunistiese argiewe na die Koue Oorlog oopgestel is. Hoewel linkse apologete dadelik probeer het om die boek verdag te maak, het die feite vanself gespreek. In die Duitse uitgawe het Joachim Gauck, die latere Duitse president, byvoorbeeld self ’n  hoofstuk geskryf, en in die VSA is die boek deur Harvard Universiteit uitgegee.

Misdadige regeringstelsel

Die redakteur het in hierdie boek nie doekies omgedraai nie. Hy sê dat Kommunistiese state massamisdaad in ’n volledige regeringstelsel omskep het, en dat bykans honderd miljoen mense slagoffers van hierdie ideologie was. Daarvan het 65 miljoen mense in China gesterf, 20 miljoen in die Sowjet-unie, 2 miljoen elk in Kambodja en Noord-Korea, bykans 2 miljoen in Afrika, en 1 miljoen in Oos-Europa. Die boek se gevolgtrekking is dat Kommunistiese regimes verantwoordelik is vir ’n groter getal dooies as enige ander ideologie in die geskiedenis. Die redakteur beweer ook dat die Nazi-konsentrasiekampe volgens die voorbeeld van Kommunistiese kampe ingerig is.

Kriminele Kommuniste

Ten spyte van linkse pogings om die boek se geloofwaardigheid in twyfel te trek, word die Black Book of Communism vandag wêreldwyd as gesaghebbend aanvaar. Die New York Times het verklaar dat daar nou geen onsekerheid meer bestaan oor die kriminele aard van die Kommunisme nie. Die Raad van Europa het die feite en syfers in die boek gebruik om in hulle Resolusie 1481 totalitêre Kommunistiese regimes te verdoem.

Daarom is dit so skokkend dat die regerende party in Suid-Afrika nog in vennootskap met die Kommunistiese party is, en dat hulle hoof boonop nog minister van hoër onderwys ook is. Dit het inderdaad tyd geword dat die kriminele aard van die Kommunisme aan die kaak gestel word.

Apartheid

Dit is so dat daar onder apartheid talle menseregtevergrype plaasgevind het, en dat daar volgens A.J. Christopher se Atlas van apartheid 76 politieke gevangenes vanaf 1960 tot 1991 in aanhouding gesterf het. Daarbenewens het daar ook ongeveer 20 000 mense in politieke geweld gesterf, waarvan ’n groot deel in gewelddadige konflik tussen die ANC en IVP was. Hoe tragies hierdie sterftes en vergrype ook al was, kan dit nie vergelyk word met die volksmoorde onder Kommunistiese bedelings nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Ampie ·

Dankie vir die skrywe, soos gewoonlik is die leuen weereens besig om die debat the verorber, tipies in die styl van die rewolusie wat om ons afspeel. Ten minste plaas Flip Buys dit in perspektief. Natuurlik is meer geweld deur die ANC gepleeg in terme van bomme, gewone misdaad of aanvalle op swartes wat nie die ANC gesteun het nie. Op tipiese Afrika wyse word hierdie vergrype onder die mat ingevee. Dalk moet Flip ‘n geskiedkundige vra om die ou polisie rekords af te stof. Hoeveel bomme is geplant, mense vermink en vermoor, hoeveel swartes wat teen die ANC was, is vermoor deur die ANC en sy UDF maatjies. Dit is natuurlik ook so dat meer Boere elke jaar of wat vermoor word as al die verhoorafwagte ANC kaders wat in 31 jaar in aanhouding dood is. Ek dink ons moet hierdie syfers en die feit dat die “misdaad teen die mensdom” net van die kommuniste en hul Afrika meelopers gekom het, oor en oor herhaal.

ATLoubser ·

Wat van meer as 360 000 mense dood per jaar aan AIDS weens Mandela en Mbeki se teken van wapen kontrakte wat die geld wegehou het van ons mense? Sien Feinstein.

Petrus ·

Flip jy vergeet van die ekonomiese skade wat apartheid aangerig het en jy noem ook nie van die emosionele skade nie.Apartheid was boos finish en klaar.Onthou 2verkeerde idioligie maak nie iets reg nie.Apartheid is en sal altyd verkeerd wees in miljoene se oe.
.

Ampie ·

Petrus, ek stem saam met jou oor een ding: twee verkeerde ideologiee maak nie iets reg nie. Maar dan is jy mos besig om jou eie argument af te skiet? Ons leef dan nou in ‘n gelyke, nie-rassige, nie-seksistiese samelewing? Ek wil nie met jou redeneer oor apartheid se “boosheid” nie, want ek dink nie dis die moeite werd nie. Kom ons se maar net ek verskil van jou. Gaan vra bietjie die boer wie uitgemoor is se familie wie is boos, of die ou wat nie die werk of die kontrak kon kry omdat hy nie swart is of ‘n BBBBEEEE of watookal sertifikaat het nie.

Louise ·

Mnr Buys se nie dat dit nie verkeerd was nie, bloot nie ‘n misdaad teenndie mensdom nie. Mens sou heelwat by hierdie lys kon voeg,,by die oorloe in Korea en Vietnam. Verkeerd, met baie slegte dade, maar nie misdaad teenndie mensdom nie.

Leendert van Oostrum ·

Hmmmmm………

En die ekonomiese skade wat deur Anti-apartheid aangerig is?

Om nie te praat van die ekonomiese skade wat aangerig is in die naam van die Nuwe Demokratiese Revolusie nie.

Mariki Zwiegers ·

Die skade was aan albei kante, verseker maar Wanneer gaan daar opgehou word om Apartheid vir alles te blameer. Die dinge wat nou aangaan het mos niks met APARTHEID te doen nie. Dis huidiglik die ANC Komuniste party wat regeer en die reels neerle. Wil jy nou vir my se die afbreek van ons land, ekonomie, stede, munisipaliteite en als wat daarmee gepaard gaan, os Apartheid se skuld. Ek dog Apartheid is al in 1994 tot niet gemaak. Die Jongmense wat die gemors aanvang is nie deur die Apartheids jare nie en breek net als af. Wanneer gaan julle verantwoordelikheid aanvaar en beging opbou en voruit gaan.
Apartheid was verkeerd maar as niemand dit agter die rug wil plaas en vorentoe wil gaan n ie sien ek nog baie swarigheid in hierdie land.

Juan Olivier ·

Apartheid het gegaan oor dat elke nasie oor homself moet regeer. Daar is niks vout met dit nie. Wat wel mee vout is is wanneer mense almal in een land wil indruk wat nie deel van die land wil wees nie. En mens kan ook sê die skade was gedoen deur die VN.

Muisneste ·

ja die verlede…….. die unie gebou moet ook dan gaan …………………….
hy kom ook van die verlede en al die ander historiese geboue…………

vissie ·

Hoekom gaan julle aan asof die stand beelde “gode” is wat moet beskerm word. Ja, ek weet hul is geskiedenis, maar dit is die verlede en ons kan nou niks daar aan doen nie. Los die stand beelde uit en gaan aan met jou lewe daar is meer goed belangriker as oor dom standbeelde tebekly. Maak vrede daar mee dat een ou dom was en gaan aan met jou lewe .

Ampie ·

Vissie, dit wil voorkom of jy nie die punt insien nie. Die beelde is simbole van die Afrikaners en die blankes in SA. Simbolies wil die EFF en ander ons verwoes of uitdryf uit die land, of op die beste permanent tweederangse burgers maak. Ek dink dis reeds ernstig genoeg om dit te beveg sover ons kan. As ons nou jou argument verder voer en die EFF brand jou kerk af, dan is dit mos net ‘n simpel gebou. Gaan aan met die lewe! Vreemd.

Johannes ·

Ek stem 100% saam met jou Ampie. Ek hoop Vissie verstaan dit ook nou.

Wian ·

Visie…. het jy enigsins probeer lees? Dit gaan nie oor die kriminalisering van ons verlede deur onwaarhede die amptelike waarheid te maak…..

Frik Lotz ·

Goeie artikel deur Flip geskryf. Apartheid was beslis nie n misdaad teen die mensdom nie. Kommunisme is eerder n misdaad en ons moet die ANC aanvat hieroor en aan hul noem dat hul eerder voor hul eie deur moet vee. Die Afrikaner en sy geskiedenis sal nie vernietig word nie, want ons as Afrikaners sal ons nie laat intimideer deur die ANC of EFF nie. Dankie ook aan die VF Plus dat hul opstaan vir ons mense en ons erfenis.

Leendert van Oostrum ·

Die interessante is dit:

Die Statuut van Rome verklaar “apartheid” tot “misdaad teen die mensdom” en defnieer die elemente van daardie misdaad.

As mens kyk na die elemente van die betrokke misdryf, soos beskryf in die Statuut van Rome, twyfel ek of enige van die “apartheids” -leiers deur die internasionale strafhof in Den Haag skuldig bevind sou kon word aan dit wat die Statuut die misdaad van apartheid noem.

Daar is by my geen twyfel dat groot sonde in die naam van “apartheid” gepleeg is nie – ek weet daar is. Die propagandabeeld van “apartheid” het egter hemelsbreed verskil van wat op die grond gedoen is.

Dirk ·

Ek is regtig nie baie besorg oor standbeelde nie.
Wat wel belangrik is wanneer di Koningin van Engeland gaan veskoning vra vir die konsentrasie kampe en wanneer sy die diamand in haar kroon (die een wat sy by ons gesteel het), gaan terug gee? Just pay back the money. Die Engelse het ons land verkrag met almal daarin – waarom doen die Koningin dan niks – is sy simpel of iets?

Johan ·

Indien die Apartheidsregering SOO krimineel & gemoor het ,, Hoe verstaan ons die teenwoordigheid SOO Baaie Kaders in die Regering ?? Die “Apartheidsregering ” het Elke Volk , Taal , & Etniese groepering sy Eie Vryheid ,Grondgebied & Ontwiklelings reg verleen om dus elk sy Eie Welvaard te bevestig !

Neptunus ·

Uitstekende stuk deur meneer Buys. Darem vreemd hoe baie mense uit Afrika, selfs vanaf so ver as Malawi deur ons grense gestroom het na die wrede RSA toe, selfs toe die bose apartheidstelsel op sy hoogtepunt was. Dis so goed Jode stroom van Switserland na Duitsland circa 1943. Dit was seker die enigste misdaad teen die mensdom waartydens die onderdruktes se bevolking vinniger aangewas het as die onderdrukker s’n! G’n wonder dit was oneffektief op die einde.

Danie ·

As apartheid sleg is vir ander groepe moet dit sleg wees vir my ook. Ek kan nie sien dat apartheid so ‘n ewel is wat sekere mense dit wil afmaak nie. Hoe kan apartheid ‘n misdaad wees? Apartheid beskerm my en sy kultuur en taal. Dit respekteer eerder as onderdruk. Ek dink dit is iets anders wat mense as ‘n ewel beskou soos om al die land se reserwes op ‘n manier te skaak maar is dit apartheid? Apartheid kom op afsonderlike ontwikkeling neer wat elke volk kan kies. In Suid Afrika se geval was ander dinge verkeerd en nie die woord apartheid nie. Dit het ook die agterstand van ander uitgewys wat nooit kon verander as apartheid nie verwyder word nie. Ek dink waaraan ons moet werk, is hoe ‘n mens te werk moet gaan om ander te help wat sleg voel oor hulle eie geskiedenis. As jy duisende jare terug kyk en jy sien niks nie gaan enige mens, geskiedenis van ander wil uitvee en ‘n land kaap om hulle self te bewys en alles behalwe die waarheid die skuld gee. My vraag: het die weste ons nie aangespoor om ontslae te raak van apatheid nie om Suid Afrika te gebruik as ‘n buffer tussen Afrika en die Weste nie.

Tommie ·

Mandela was lid van die Nasionale Uitvoerend Komitee van die SAKP. Die waarheid is eers na sy dood ontbloot. Die ANC is ‘n rookskerm vir die SAKP. So is die ANC gestig om die kommunisties ideologie te versteek om sodoende die simpatie te wen van Europa en Amerika teen apartheid. Baie slim!!!!!

Henry ·

Dit Tommie is die waarheid.
Jammer dat die piete wat ons belange voor 1994 moes beskerm, so deur Mandela ge-mesmeraais was, dat Slovo en sy SAKP kamerade ons moeiteloos gerangeer het tot in die posisie waar ons onsself nou bevind.

Johannes ·

Ek wil net die vraag vra: Hoe vergelyk “om iemand te necklace met ‘n brandende binneband” met die sogenaamde en beweerde misdaad teen die mensdom? Ek dink ons almal kan nog baie meer voorbeelde noem. Die idioom se “die keiser is kaal.” Lyk my die tyd het aangebreek om eerlik met mekaar te praat, as dit ooit moontlik is. Of leef ons in die tyd van die leuen?

marius swaet ·

Kommunisme van buite was nooit die Afrikaner se probleem nie,. Dit was die gemors in eie geledere, soos kerkleiers en politikusse .

Andre ·

Julle skryf die vir die verkeerde mense. Apartheid was verkeerd en die resultate daarvan is nou nog sigbaar en verstaan die wat nou nog groot word in die nalatenskap daarvan, nie dat die belasting gelde wat betaal word, nie aangewend word om hulle situasies te verbeter nie. Die “leiers” misbruik die geskiedenis en intussen stop hulle hulle eie sakke vol. Deur aggressief op te tree sonder om meegevoel te he vir hoe hulle groot word is ‘n groot fout. Ja, ek is ook elke dag skepties en neuroties oor wat om my aangaan. Ek verses ook die gebeure en dit walg my om te vrees vir my vrou en dogter se lewe elke keer as ons Faan slaap of as hulle alleen iewers heen ry. Moet ek dat dit my vreugde van wat ek is en het steel? Dan ontneem ek myself van geluk, vooruitgang, lag en sukses en dit sal ek niemand die eer gee om van my en my gesin weg te neem nie. ‘n Sagte woord, ‘n “in die oë kyk” glimlag, ‘n asseblief en dankie het my al ver gebring in situasies waar ander kwaad sou raak. Ek glo dat sagmoedigheid ons beste bate vir vooruitgang is en sal ek my daardeur laat probeer lei, en ja, ek weet dit moeilik. Vir my kan net God my help want my temprament wil die teenoorgestelde doen. Met hardekwasgeid gaan ons meer shade doen as goed en vir my is my kinders se geluk belangriker as enige standbeeld, erfenis, status, erkenning of enige ego strelende iets. Ek het elke moo t like afrikaner boek, die oorloë, die groot trek, Piet Retief, ag en veel meer en gesels ons graag daaroor wanneer die geleentheid homself voordoen. Dis intiem, dis persoonlik en dis lekker maar bowenal, dit maak niemand kwaad nie!

Wian ·

So Andre, dit is ok met jou indien daardie geskiedenis waarvan jy praat wat so mooi is nou gekriminialiseer word??? Dit strek heelwat dieper as stanbeelde…. as ons net ‘n “sagte woord of glimlig in die oe kyk” doen soos jy voorstel gaan ons geskiedenis binnekort nie meer bestaan nie….

Sebastiaan ·

Baie dankie aan Flip Buys. Dis hoogtyd dat iemand met gesag hierdie skryf. Laat ons ons self nie blinddoek deur die linkse propaganda nie. Hulle het allermins ‘n alleenreg op die morele hoërgrond net omdat hulle teen apartheid geveg het.

emiel ·

Jammer dat die artikel geen lig werp op die ANC en sy leiers se eie kriminele dade tov :

1) geweld teen burgerlikes dmv bomaanvalle, halsnoermoorde ens.
2) kriminele dade tov korrupsie en wanbesteding.
3) kriminele dade tov nalatigheid onder Mandela & Mbeki tov die VIGS epedemie wat die dood van honderde duisende van hulle eie mense gelei het.
4) kriminele nalatigheid in die bestryding van kriminele geweld. Ons kan verder gaan en aanneem dat die regime kriminele geweld bevorder om seke groep/rasse te teiken.
5) kriminele dade tov van vernietiging van enige morele waardes deur hulle “liberation before education” strategie.
6) kriminele dade tov van ekenomiese, kulturele en fisiese geweld teen minderhede.

emiel ·

Jammer dat die artikel geen lig werp op die ANC en sy leiers se eie kriminele dade tov :
1) geweld teen burgerlikes dmv bomaanvalle, halsnoermoorde ens.
2) kriminele dade tov korrupsie en wanbesteding.
3) kriminele dade tov nalatigheid onder Mandela & Mbeki tov die VIGS epedemie wat die dood van honderde duisende van hulle eie mense gelei het.
4) kriminele nalatigheid in die bestryding van kriminele geweld. Ons kan verder gaan en aanneem dat die regime kriminele geweld bevorder om seke groep/rasse te teiken.
5) kriminele dade tov van vernietiging van enige morele waardes deur hulle “liberation before education” strategie.
6) kriminele dade tov van ekenomiese, kulturele en fisiese geweld teen minderhede.

Awie ·

Dis net nog ‘n stap in ANC/SAKP en nou ook EFF se rooi rewolusie. Stemreg vir die voorheen benadeeldes, “freedom”, grondroof en ekonomiese ontmagtiging van witmense, breek af die witmense se kultuur, waardes en godsdiens tot ons netso identiteitloos word en deel is of glad nie meer ‘n faktor is in hierdie goddelose sosialistiese staat nie. Witmense is nog te apaties en staan nog nie saam nie-dit kan ons ondergang wees. Sodra ‘n paar “regses” die Stem sing en ou vlae begin rondswaai dan word hulle veroordeel ook deur hul eie mense, terwyl hulle die enigstes is wat eintlik protes aanteken en nie net ‘n paar persverklarings maak in die media en sosiale media nie. Dis goed om die geskiedenis te bewaar in terme van kuns/kultuur gedenkwaardighede en so meer. Dis beslis ‘n aanslag op die Afrikaner om ons beelde/gesiedenis aan te val, maar om te hamer op dit wat ons reeds weet v.d. geskiedenis, gaan ook niks help nie.

Dup du Plessis ·

Net ‘n paar vrae?
Is elke afsonderlike land se grens nie ‘n afbaken van apartheid nie? (bv. duitsers vs franse)
Word daar tans nie van Israel verwag om aan die palestyne grondgebied af te staan vir ‘n staat nie? – my argument is dus dat apartheid eintlik nog altyd (van die begin van dae) daar was en sal wees. Dit kan dus nie as sonde teen die mensdom geklas word nie, want dit word eintlik deur elke volk toegepas. Daar is egter dade deur mense gepleeg in hierdie tyd van afsonderlike ontwikkeling wat onaanvaarbaar was. Die toepassing van ‘n eintlike goeie beginsel is deur ‘n regering gekaap. Wat sou ons nie vandag wou gee om afsonderlik te kon wees nie. Maar net so is daar gedurende elke oorlog gruwelike dade gepleeg. Dit is egter ‘n tydperk waardeur ons moes gaan. Dit grief my egter omdat dit die heeltyd gebruik word teen die afrikaner. As afrikaners was ons eintlik baie meer onderdruk deur die engelse en was daar baie meer lewensverlies as gedurende die apartheidsperiode. Ons sou sekerlik ook “vergoeding” van die engelse kon eis tot vervelens toe. Ons het egter aanbeweeg, maar die Afrika in Suid-Afrika kan net nie daarmee vrede maak nie. Net so word ‘n demokratiese bestel beskou as die idiaal, as jy egter ‘n minderheidsgroep in ‘n meerderheid is, is dit net so goed jys onder ‘n diktatorskap. Ons kom dus maar weer tweede. Voeg goed by soos: jy sukkel om jou plaaspaaiement te betaal maar hoor jy het dit gesteel. Die geld wat vir grondhervorming gebruik word is belastinggeld, dus behoort daar geen probleem met die vrywilige koper/verkoper beginsel te wees nie – nee, grond moet onteien kan word of boere moet die helfte aan hul werkers gee. Maar nou ja, “Africa is for Africans” – alles is dus ou Jan van Riebeeck se skuld (het ten minste nou ook ‘n rede om nie van sy standbeeld te hou nie)

Martha ·

Terwyl ek die kommentaar lees kom ek agter dat elkeen van ons ‘n seer of bekommernis het oor wat in ons land aan die gang is. Net soos wat daar in die verlede nie goeie besluite geneem is of slegte gebeure plaasgevind het, is dit vandag ook so en sal die volgende geslagte die geskiedenis lees en dink dat dit erg was. Moontlik kan dit dan erger wees.
Ek het in ‘n artikel van die 1930’s gelees waar ‘n onderwyser bekommerd was oor die armblanke kinders wat blykbaar in die strate sou rondlê as daar nie aandag aan hulle gegee word nie, en vandag is daar baie kinders wat in die strate lê (nie noodwendig arm kinders nie) en baie wat nie gereed is vir die toekoms nie. So herhaal die geskiedenis homself.

Jaco Prins ·

Het julle dalk ‘n engelse weergawe hiervan? Indien nie kan julle asb. een uitreik sodat ons dit op facebook, twitter ens. kan versprei. Groete

CP ·

Daar sal nooit raaseharmonie tussen swart en wit in Suid-Afrika wees nie, altans, nie vir ten minste die volgende 40 jaar nie. Dit het ek lankal voor 1994 al geweet. Die swart regering is nie gewoond aan mag nie en ook nie aan geld nie. Dis hoekom hulle nie met een van die twee kan werk nie. Hulle is ook amateurs wat betref die doeltreffende bestuur van ‘n diverse land soos Suid-Afrika. Waar en wanneer het hulle geoefen daarvoor voor 1994? Verder is daar te veel ideologiese en kuturele verskille tussen swart en wit. Die magsbasis was nooit gebalanseerd nie. Ons blanke bevolking se getalle is hopeloos te min daarvoor. Wetgewing moet ons beskerm teen totale uitwissing, nie noodwendig letterlik bedoel nie. Dit klink dalk vergesog, maar as dinge aangaan soos nou, sal die blankes oor 40 jaar net in reservate soos die San te siene wees. Bewaar hierdie briefie iewers, want ek sal dan nie meer leef om my voorspelling te sien waar word nie.

Christoffel ·

Ek stem saam met CP. Wat betref die Kleurlingbevolking in ons land: Hulle sal oorleef, al is hulle ook min in miljoene, wat hulle het deur die eeue geleer om van “bits and pieces”
te oorleef. Hulle het “surviving skills” wat ons as blankes nie het nie.

Paulus ·

My dogter, in haar 20’s, het my nou die dag gekritiseer omdat ek ook partykeer my mening oor sekere sake lug deur briewe te plaas. Haar mening is dat dit wat ek te sê het, heeltemal waar is, maar dat dit nie by die regte mense, vir wie dit eintlik bedoel is , uitkom nie. Sy is dalk reg, maar immers voel ek beter oor sommige kwessies nadat ek my frustasies op papier neergelê het. Ek reken dis maar die eintlike rede hoekom alle gereelde briefskrywers dit ook doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.