Strooipoppe, korrelkoppe en die nuwe fopnuus

Pres. Donald Trump se twiet.

Die afgelope week het die vlak van beriggewing en debatvoering in Suid-Afrika ʼn laagtepunt bereik. Dit het alles begin met ’n twiet deur die Amerikaanse president, Donald Trump. In die twiet sê Trump dat hy sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, opdrag gegee het om die hoë voorkoms van plaasmoorde en berigte van onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika dop te hou.

Die plasing het skaars die Twittersfeer getref en joernaliste en sogenaamde meningsvormers in die hoofstroom het teen Trump uitgevaar en hom daarvan beskuldig dat hy op vals inligting reageer. En die skuld vir die sogenaamde vals inligting word voor AfriForum se kop gegooi.

Die betrokke joernaliste en meningsvormers sal aan woordvoerders van AfriForum vra waarom hulle vals inligting versprei, soos byvoorbeeld dat daar ʼn volksmoord teen Afrikaners gepleeg word. Hulle sal ook aan AfriForum vra waarom hulle ʼn lys met plaasname versprei en aanvoer dat dit die lys plase is wat deur die regering onteien gaan word.

Die waarheid is egter dat AfriForum nie een van daardie stellings ingeneem het nie. AfriForum het daarop gewys dat ʼn lys met plaasname binne ʼn regeringsdepartement in hul besit gekom het en dat hulle dit openbaar gaan maak sodat boere voorbereid sal wees indien dit wel die lys is wat die regering vir onteiening gaan gebruik.

Verder wys AfriForum gereeld op die feit dat boere baie groter teikens is as wat persone in ander beroepe is en dat Suid-Afrika ʼn hoë voorkoms van plaasmoorde het. Die woord “volksmoord” is nog nie een keer deur AfriForum gebruik nie. Die sogenaamde joernaliste en meningsvormers stel dus hul eie strooipoppe op, dig die standpunte aan AfriForum toe en val die strooipoppe met bloeddorstige aggressie aan.

Tydens ʼn onderhoud met die 702-omroeper, Bongani Bingwa het die adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Ernst Roets, herhaaldelik verduidelik dat Bingwa se feite verkeerd is wanneer hy aanvoer dat AfriForum ʼn volksmoord verkondig. En hoe meer Roets hom tot die bewys daarvan daag, hoe meer het Bingwa aangevoer dat dit ʼn feit is dat AfriForum daardie uitlatings gemaak het en dat dit op rekord is.

Bingwa het ook na AfriForum as ʼn regse organisasie verwys en gesê dat Adam Habib korrek is om na hulle as fasciste te verwys omdat hulle van vals inligting gebruik maak. ʼn Bewering wat hy nie kan staaf nie. Bingwa is egter nie die enigste joernalis wat hom die laaste tyd aan strooipop-argumentering skuldig gemaak het. Ander publikasies het sedert Trump se twiet lustig meegedoen aan die praktyk.

Wat selfs meer tragies is as die feitelik foutiewe bewerings wat die joernaliste en meningsvormers maak, is die hardkoppige wyse waarop hulle dit verdedig. In plaas daarvan om organisasies soos AfriForum, wat eiendomsreg wil beskerm, aan te val, behoort hulle eerder diegene wat dit bedreig, in die spreekwoordelike visier te kry.

Daar is twee moontlike redes waarom hulle die feite ignoreer en veel eerder met AfriForum as die regering baklei:

  • Hulle glo werklik dat die regering, en meer spesifiek president Cyril Ramaphosa, nooit so ver sal gaan as om eiendom sonder vergoeding te onteien nie
  • Hulle het reeds vir te lank die sogenaamde Ramaforie verkondig en sy uitsprake (ook oor onteiening sonder vergoeding) verdedig dat dit té vernederend sal wees om nou van standpunt te verander

Wat ook al die rede vir die laaste week se strooipop-argumentering mag wees, daar is een feit wat nie ontken kan word nie: Fopnuus is nie meer beperk tot obskure webpublikasies  nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Eish ·

Genadiglik weet ons hoe die wind waai.
Mag die aktivisme met nuwe ywer en feite die helhool se mistroostigheid deel met die wêreld.

Willie ·

So snaaks dat die staat dit ontken, maar sosiale media vol van grndgrype en die brutale moorde in SA

Twakkie ·

Fopnuus was nog nooit tot obskure publikasies beperk nie. Dit het begin met die links-liberale hoofstroommedia in die VSA wat Hillary in die presidentsverkiesing ondersteun het en persoonlike aanvalle en fopnuus ingespan het om kandidaat Trump te diskrediteer. En dit gaan steeds voort. Dit fop nie Amerikaners nie, omdat hulle groot alternatiewe media ook het. In SA herhaal ons eie links-liberale hoofstroommedia net hulle eendersdenkendes in die VSA se fopnuus. SAners wat nie spesifiek soek na dia ander kant van die saak nie, ken dit nie.

Francois vRvO ·

Hoeveel moorde is te veel moorde? Dit sal gedebateer word tot Piet kom.
Om dit ‘n volksmoord te noem gaan baie moeilik wees om te bewys want die boere word nie op groot getalle op een slag gemoor nie (soos gaskamers in 2de wereld oorlog).
Afriforum – hou aan met die bewusmaking veltog , trots op julle

Adriaan ·

Liberaliste se argumente is dikwels nie gebaseer op feite nie maar gerig op die verdagmaking van die persoon / organisasie wat van hulle verskil, deur die mildelike gebruik van terme soos “rasis” ens. Hulle speel eerder die man as die bal en demonstreer daardeur die intellektuele swakkelinge wat hulle is.

John ·

Volksmoorde is tog wanneer bloedige vergrype teen ‘n sekere deel van die bevolking wat anders is die meerderheid is… soos godsdiens of taal of voorkoms… deur die regering van die dag toegelaat word sonder om dit openlik af te keur of daadwerklike stappe te neem om dit te verhoed. Die kommandostelsel is plaaslik bv ook opgeskort en onderlinge hulp is nou die enigste werkswyse onder boere. Waarom nie saamstem dat te veel moorde op plase wel plaasvind nie. Die fopnuus-aanvalle teen Trump wat deur Soros, die Demokrate en die CNC & kie gevoer word maak dit vir plaaslike Afro- en ander rassiste makliker om die waarheid in eie fopnuus-berigte te verdraai. AfriForum en Trump is nou die swartskape en die plaasaanvallers/grondhongeres/-grypers die good guys.

Liberaal ·

Wanneer ons linkses nie van nuus hou nie word dit valsnuus genoem.

Thinus Erasmus ·

Ek sal graag wil weet: is daar ‘n internationale standaard wat bepaal hoeveel moorde of selfs wat die onderskeid is, tussen Volksmoord en gewone misdaad? Ek het ‘n sterk idee dat dit is wanneer een etniese? groep deur lede van ander groep op doelbewuste wyse vermoor word. In SA mag ons mos nie ras aan enigiets koppel nie tensy jy wit is, dan is jy rassis.
Tweedens sal ek graag wil weet hoekom almal vas staan by die plegtige belofte van die President en sy Adjunk dat geen grondgrype sal toegelaat word nie, MAAR daar is reeds talle voorvalle wat ongehinderd en ten spyte van hofbevele voortgaan?
Is dit fopnuus of maak bg. fop beloftes?

Paul ·

Ja, soos Stephen Friedman van Johannesburg universiteit wat mos vanoggend in ‘n artikel op Netwerk24 sê dat Trump se twiet het weinig met grond te doen, maar eintlik met wit vrees.

Kalahari Kind ·

Dit verstom my dat daar nog mense (selfs van my eie vriende en familie) wat slegs news24 of diesulks (soos kyknet verslag wat meestal net news24 as gaste het) lees/kyk.

Linkse media het geen besef dat die liberaliste onder Afrikaners verreweg die minderheid is en hulle vervreem net al meer en meer dié aan wie hul kamstig ‘n diens verskaf.

Paul ·

Kalahari Kind, wye kennis, ook die belese, gee mens perspektief om dit waaroor in die artikel geskryf is raak te sien.

Paul ·

Daar is niemand so gevaarlik soos ‘n oningeligte nie, as jy nie die vyand ken nie, sal jy nie weet hoe om hom op sy plek te sit nie.

Arak ·

Ek is van mening dat die ware rede hoekom die feite so verdraai word is omdat die eienaars van al die hoofstroom media organisasies dieselfde doelwit het, naamlik ons vernietiging. Die instansies sit ook met ‘n homogene kultuur van denke, en geen afwyking van die sosialistiese agenda word geduld nie.

Jerry ·

James, eweskielik huldig Afri-Forum nie dieselfde standpunt as Trump nie. Wel die is goeie nuus, want na Trump se tweet sou n mens kon sweer Afri-Forum het n nuwe bondgenoot gevind, maar toe nou eintlik ook nie, seker te vernederend! Afri-Forum se babbel mbt hulle politieke standpunte is besig om te bars en dit is duidellik te vernederend om ruggraat te wys en by jou standpunte te bly staan. Julle wil eiendomsreg beskerm wat reeds beskerm word deur Engeland se voorwaardelike investering. Jy gaan regtig harder moet lieg, nie almal van ons is blind of doof nie. En wanneer kry julle lede hulle beloofde eie grondgebied? nooit nie, want julle skep onrealistiese verwagtinge sodat julle die geelwortel kan aanhou uithang. Julle gee vals hoop aan julle lede deur inisiatiewe te loods op minderwaardige projekte wat ondergeskik staan aan die geelwortel verwagting. Julle streef nie geregtigheid na nie maar wraak deur gemenespel, want hoe verklaar jy geregtigheid wanneer jy drie maatskappye boikot en hulle werknemers in ellende dompel wanneer dit een persoon was wat die Afrikaner beledig het. Julle bou n sakeryk geskoei op die ellende van onskuldiges en van mense wat julle mislei oor n eie grondgebied. Die regte dinge wat julle verkeerd doen is duidellik besig om julle in te haal, dit is egter te vernederend om dit te erken en makliker om die ware feite te verdraai soos wat dit julle pas. Julle koers wat julle ingeslaan het en nie kan verander nie gaan julle babbel bars!

Judge Dredd ·

En tog jou geliefde kommuniste en liberaliste doen dieselfde en nog meer skade. – Staak en betoog allewig as hulle die waarheid moet hoor.

Jerry ·

Willem en James, dit blyk n algemene probleem onder julle te wees om julself te oorskat en julle opponente en julle lede te onderskat. My kommentaar is feite wat julle nie kan weerle nie, die dat julle slegs sinlose kommentaar lewer met die hoop om die onderwerp te verander. Wel, dit gaan nie gebeur nie, nie deur sulke powere pogings nie. Die geelwortel gaan julle tref waar julle nie getref wil word nie en glo my vry, daarvoor het niemand tande nodig nie!

Judge Dredd ·

Ja Jerry, die kommunistiese doktrine vereis dat alle neerlae as oorwinnings uitgebeeld moet word,

Willem ·

Jerry, gee gerus die feite met aanhalings en bronne, dan kan mens daarop reageer.

Veritas ·

Jerry jy laat my dink aan die apartheidsgrappie van Jannie wat vir sy juffrou vertel het dat hul kat drie kleintjies gehad het. Op die juffrou se vraag, wat hul name was, antwoord die outjie toe FW, Pik en Roelf. Toe die ispekteur die volgende week die klas besoek, ag die juffrou dit gerade om hom te vra dat hy vir Jannie moet vra wat sy katjies se name is waarop Jannie toe antwoord, H,N en P. Juffrou is skoon uit die veld geslaan en wou by Jannie weet waarom die name verander het. Sy antwoord hierop was: ‘Juffrou, hul ogies het intussen oopgegaan’. Ten spyte van jou goeie taalgebruik, wonder ek wanneer jou ogies sal oopgaan.

Gerhard ·

Grondhervorming is iets wat nou op die ANC agenda is. Maak nie saak wat C.R. doen hy sal dit nie kan stop nie. Tot op hede het enige poging om dit te doen met vergoeding gefaal. Dit is ook so dat die bankrot SA regering nie werklik kan bekostig om al die grond wat dit moet koop kan kry as dit markwaarde betaal nie. Selfs al betaal dit ver onder markwaarde sal dit waarskynlik onmoontlik wees. Die punt is dat die momentum nou vir grondonteiening net teveel is om dit te stop. C.R. kies eintlik net tussen die president wees en nie die president wees nie. Op voetsool vlak is die verwagtinge te hoog. As jy regtig gelukkig is sal jy iets kry vir jou grond, maar ver onder markwaarde. Dit is wat die eerste toets-onteiening baie duidelik uitwys. As die mense nie kan regkom om dit nou so te onteien nie, sal die grondwet verander word om dit toe te laat. Vergeet maar daarvan dat die ding gaan weggaan. Enige ANC politikus wat dit probeer keer se dae is getel.

Jerry ·

Judge Dredd of te wel MM en Veritas, dit gaan nie hier oor kommunistiese doktrine, liberale, konserwatiewe of regse denkwyses nie, dit gaan oor Afri-Forum standpunte, halwe waarhede met net een kant van die muntstuk wat gedek word, onrealistiese verwagtinge vir duidende Afrikaners vir n eie grondgebied en oor die regte dinge wat nie altyd vir die regte redes gedoen word nie en dus van die Afrikaner n groter teiken maak as wat hy reeds is. Dit gaan daaroor dat ander geblameer word ipv selfondersoek en regmaak. Dit gaan daaroor dat wanneer die totale aanslag kom julle nie gaan reg wees nie en julle oe gaan eers oopgaan terwyl julle vir julle lewens vlug en die Afrikaner jeug julle kastaaiings uit die vuur moet krap. Dit menere, is waaroor dit gaan, doen die regte dinge reg dan praat ons dieselfde taal.

Jerry ·

Willem ek het weer die idee gekry dat jy n ja broer is, omrede jy nooit die meningsvormers se menings bevraagteken nie, maar ten alle tye met hulle saamstem. Hulle maak foute en ek wys dit uit, want foute is fopnuus en die ergste van alles is, dat jy saamstem met die foute wat hulle maak. As jy nog nat agter die ore is dan kan ek verstaan hoekom jy saam stem met alles wat hulle en die forum aan jou opdis!

Johnny Campbell ·

Jerry, the UK’s investment isn’t dependent on the protection of property rights, Theresa May said the British government supports land reform as long as the process is transparent and democratic, she never said anything about property rights. Afriforum praised Trump’s tweet so I don’t know where you get the idea that they disagree with Trump. You are quick to criticize Afrikaners seeking self determination but all you do is treat the communist Ramaphosa as some sort of savior. The ANC isn’t interested in negotiating with minorities or giving them concessions. They only care about the “National Democratic Revolution” CR the man you are so fond of wants to slowly boil whites like frogs in a pot.

Johanna Botha ·

Wel daar het ons dit nou ….presies hoe die mense maak en feite verdraai en skuld op ander te plaas as hulle self gevaal het …ou anc maniere !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.