Suid-Afrika se probleem is geen lone, nie laer lone

Cyril_Ramaphosa_1

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa. Foto: ANA

Adjunk-president Cyril Ramaphosa het die afgelope naweek die voorgestelde nasionale minimumloon aangekondig vir die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad in ʼn verslag aan dié ligaam. Die nuwe voorgestelde nasionale minimumloon is vasgestel op R3,500 per maand of R20 per uur. Hierdie getal is voorgestel deur ʼn paneel raadgewers met ʼn gepaardgaande tentatiewe tydsraamwerk om die landswye beleid in werking te stel.

Ramaphosa het ʼn beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners om hierdie verslag en voorstelle te debatteer en bespreek. Juis met hierdie gees van robuuste redevoering in gedagte, is hierdie opiniestuk gepen.

Daar word aangevoer die voorgestelde minimumloon is daarop gemik om die kwessies van armoede en ongelykheid te hanteer. Daar is egter ʼn groot leemte gelaat in hierdie verband.

Eerstens is ʼn nasionale minimumloon veronderstel om te sorg vir meer geld in die sakke van werkende Suid-Afrikaners. Die Suid-Afrikaanse werkloosheidsyfer staan tans, volgens die nuutste ontstellende data, by 27.1%, die hoogste werkloosheidsyfer sedert 2003.

Die skokkende werklikheid is dat die minimumloon, wat juis gemik is op die verligting van armoede, meer as ʼn kwart van die land se burgers eenvoudig ignoreer. Ongeag waar ʼn mens persoonlik staan in terme van die debat oor die gevolge van ʼn breë nasionale minimumloon, is dit nie juis moeilik om te sien dat grootse probleem wat ons land se ekonomie het, nie voldoende en effektief opgelos word deur so ʼn loonstruktuur nie. Dit blyk dat die Suid-Afrikaanse regering nie in staat is om ʼn gunstige en volhoubare omgewing vir werkskepping te verseker nie en dwaal juis daarom by ander alternatiewe rond om oor die korttermyn opportunistiese guns te wen by voorheen lojale politieke bondgenote.

Ons land se enkele grootste kwessie oor die ekonomie is die feit dat Suid-Afrika een van die hoogste werkloosheidsyfers ter wêreld het. Ons fokus moet dus nie op moontlik impotente loonbepalings wees nie, maar eerder op hoe die die ekonomie gegroei en ontwikkel kan word om meer werksgeleenthede te skep vir die miljoene Suid-Afrikaners wat werkloos is.

Vanuit die meerderheid studies wat gedoen is oor die gevolge van ʼn minimumloon op die nasionale indiensnemingskoers, bly een aspek duidelik: ʼn verandering in die loonstruktuur van ʼn land is ʼn sekondêre faktor tot die nasionale arbeidsmark se ontwikkeling, met vraag na indiensneming as die enkel grootste oorwegende faktor.

Dit is glashelder duidelik in verskeie gevallestudies. Werkloosheid het in die 1920’s in die VSA nie skielik gedaal weens ʼn verandering in die lone van Amerikaners nie, maar weens ʼn groeiende en gesonde ekonomie waarin meer werksgeleenthede geskep is. Die Groot Depressie wat daarop gevolg het, was nie die gevolg van hoër of laer lone nie maar eerder ekonomiese wanbestuur (soortgelyk aan die gevaarlike gedrag wat tot die 2008 wêreldwye ineenstorting gelei het) en beleggingsbesteding wat as gevolg daarvan getuimel het.

Suid-Afrika moet dus nie kyk hoe die regering ons armoedeprobleem kan oplos deur nasionale skemas nie, maar eerder hoe werkskepping ʼn gety kan word wat alle armoede-skepe kan lig. Tog, ten spyte van ons kommerwekkende werkloosheidsyfer wat ons grootste ekonomiese bedreiging is, ignoreer die regering die probleem deur die minimumloon as politieke en selfdienende weerligafleier te gebruik.

Die aankondiging van ʼn voorgestelde minimum loon is mynsinsiens, slegs polities gemotiveerd in ʼn poging om vakbonde te paai na die merkwaardige verlies aan ondersteuning wat die ANC-regering moet hanteer in die dorre elektorale landskap na die 2016 plaaslikeregeringsverkiesings. Die besluit om ʼn nasionale minimumloon voor te hou as die geneesmiddel vir vele ekonomiese kwale, is soos om die kraak in ʼn motorongelukslagoffer se fibula te herstel sonder om na die platgevalde longe van die pasiënt om te sien (en om behoorlik te probeer bepaal of die pasiënt dalk met insekdoder in die gesig gespuit is).

Suid-Afrika se primêre ekonomiese probleem is nie lae lone nie, maar geen lone.

  • Daniël Eloff is ʼn regstudent aan die Universiteit van Pretoria, met ʼn besonderse belangstelling in die Publiekreg. Hy is ʼn gereelde skrywer vir die aanlyn nuuswebtuiste The Rational Standard en ook betrokke as ʼn studenteleier in sy voormalige posisies as voorsitter van die UP Debatsvereniging sowel as die Hoof van Leierskapsontwikkeling by die Tuks Leadership and Individual Program.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Daniël Eloff

Daniël Eloff werk by Hurter Spies Ing., ʼn regsfirma wat spesialiseer in openbare belang-litigasie en is tans besig met sy meestersgraad in publiekreg. Hy is ook ʼn direkteur van AGENDA, ʼn nie-winsgewende organisasie wat hulself beywer vir die ontwikkeling van debat in Afrikaans in Suid-Afrikaanse skole en op ons land se tersiêre kampusse.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Theresa ·

Is die 27% werkloosheidsyfer dié onder wettige landsburgers of sluit dit al die oorlopers oor grense heen in? Punt een behoort die regering ordentlike grensbewaring en bewaking te doen, sodat almal wat wil nie net die land instroom nie. Dis een van die grootste geïgnoreerde feite en een wat slegs die regering kan regstel. Dan, sou dit nie dalk weer beter gaan as alle straatsitters, bedelaars en leegleêrs van die strate afgehou word nie? Met die groot opsie dat as hul regtig wil werk soek, hul by ‘n kantoor (elke voorstad kan een hê) hul name gaan aanmeld, die nodige wettige dokumente en IDs voorlê en elke vaardigheid neerpen op papier. So ‘n persoon is dan op die stelsel onder daardie tipe werke en kan opgeroep word na gelang werkgewers (privaat en instansies) navraag doen oor so moontlike kandidaat. Selfs kontrakteurs behoort deur so ‘n kanaal te werk. Hopeloos te veel “bouers”, “verwers”, allerlei vakmanne wat so op hoeke staan en “wag”vir werk. Dit lok opportunistiese misdadigers uit om saam te sit en areas te bespied, Sou so iets nie help nie? Dis nie moeilik om so iets te beplan en tot werking te bring nie, is dit??

Daniël Eloff ·

Die 27.1% is hierdie week aangekondig deur Stats SA. Hierdie is die amptelike werkloosheidsyfer wat gebruik word. M.a.w. dit behels alle persone tussen die ouderdomme van 18 – 65 jaar wat aktief opsoek is na werk.

Die definisie van werkloosheid is al vir jare ‘n bestrede onderwerp. Maar hierdie is die standaard wat meeste lande, ekonome en akademici van gebruik maak.

Jean ·

Suid Afrika se probleem van geen lone is weer die regering se onvermoe om werk te skep. Hulle het sover moontlik werk afgeneem en mense afgele om hulle met die nuwe ‘generasie’ te vervang, so ook al die staatsdiensposte, en nou is daar nie meer om net af te neem en uit te deel nie, nou moet hulle poste skep en hulle weet nie hoe nie.

Johann ·

Jean, is ‘n deel van die probleem nie ook dat, daardie mense wat, dié wat afgelê is vervang het, dus, die ‘nuwe generasie’, nie die kennis/kundigheid het nie en kan nie die ekonomie aan die gang kry nie, natuurlik is die regering hier die groot skuldige. Lees bv wat Gordhan nou die dag kwytgeraak het, hy het die mense gevra om harder te werk om die ekonomie aan die gang te kry.

Johann ·

Wat ek dus nou hier gesê het, is dat Gorhan tas rond, hy raai. Die Fin Minister kan ook nie die ekonomie aan die gang kry deur ‘n begroting nie, as hulle nie na wetgewing kyk wat remmend op die private sektor inwerk nie, gaan hulle nerens kom nie. Waar is Ebrahim Patel?

JC ·

Dankie vir jou nugtere en uitstekende ontleding van die kwessie Daniel.
Jy is sowaar ‘n Tukkie om op trots te wees!!! HOU SO AAN EN MAAK ONS TROTS!!

vossie ·

Deel van die probleem van werkloosheid is die wetgewing oor diensvoorwaardes; dit is makliker om van jou vrou te skei as om van ‘n onbevredigende werker ontslae te raak.

hans ·

SA se probleem is luigatgyt.N biljoener soos ramaposa sal nooit kan verstaan wat op die vloer aangaan nie.

Ella ·

Hans, jy is reg. MAAR die diefstal uit die staatskas is al die helfte van die probleem, bv. die dept. van gesondheid in die Noordkaap waar miljoene weg is. Hoe gebeur so iets? Nie oornag nie! En wie deel almal? Wie het nie sy oudit gedoen nie? Die gevolg is, geen dienste, geen geld, en die belastingbetaler moet van vooraf begin betaal. Ek wonder waarvoor gaan dit hierdie keer aangewend word? Is “onkunde” steeds aanvaarbaar as ‘n verskoning? Die woord “steel” beteken in alle tale: Jy vat sonder toestemming, wat nie aan jou behoort nie.

miv ·

Theresa, ek sekondeer jou kommentaar! Jy skets die probleem en verskaf ook sommer ‘n goeie oplossing. Bravo! Hoop een van ons hooggeplaastes bemoei met werkloosheid lees jou kommentaar.

Sophia ·

Kan ons dan ook vra dat die pensionarisse se paar sente wat hulle per maand ontvang, ook dan aangepas word na ‘n minimum van R3,500 per maand? Baie van hulle het ook gewerk onder haglike omstandighede met geen voordele soos ‘n behoorlike pensioenfonds nie. En met die ongeveer R1,300 per maand wat hulle kry, kan geen mens ‘n bestaan voer nie!! AfriSake en Solidariteit kan daarmee help asseblief??

Simon ·

Die huidige Regerings-amptenare se behebtheid met regstellende aksie, minimumlone, maksimum wetlike werksure, vergoeding by afbetaling, dissiplinere prosesse, BEE, ABF en ander konkoksiesaamestelling van letters van die alfabet dra geensins by om werkloosheid te bekamp nie.
Al hierdie aksies bevorder die lot van hulle wat gelukkig genoeg is om na nog n bemoeienis deur die Regerings-amptenare in die werk plek, nog werk het.
n Bekende bestuurskonsultant uit VSA het op n dag aanbevelings dat bestuurslisensie eers die REGTE DINGE MOET DOEN en.daarna PROBEER OM DIE DINGE REG TE DOEN.
Die huidige Regerings het klaarblyklik nog.nooit van die begin self gehoor nie en hulle dreiging gedurig om dinge reg te doen (wat hulle BTW ook nie regkry nie) in plaas van om die regte dinge te doen.
Is die regte ding om nou te doen nie dalk om die EKONOMIE op.stewing vote te kry ongeag.moontlik ongeregtighede wat bestaan nie. As die EKONOMIE sterk staan , sal dit so veel makliker wees om dan die dinge reg te begin doen. Een van die gevolge hiervan sal verminderde werkloosheid wees.

Maria Van Dieweeck ·

Ja Therese, hul kan ook dan nuwe tronke bou en ook skole en hospitale ens.

Jef ·

Kry eers die regstelsel in SA op orde dit sluit in van bewaking tot regter en dan kan jy sorg om die ekonomie op orde te kry.
So nie dan gaan kriminaliteit gewoon sy gang en die ekonomie daal nog verder.

Marianne ·

Is die minimum loon die probleem of die (gebrek aan) produktiwiteit.

Johann ·

Marianne, twee probleme
1. Zuma, staatskaping en korrupsie wat hand aan hand loop. Dis vervuil oor die here RSA.
2. Die regering wal als oorreguleer, wetgewing wat ‘n remmende uitwerking het en dus kan ekonomiese groei nie aan die gang kom nie.

Schalk ·

Die syfers is nie akkuraat nie. Daar is baie mense wat nie eers deelneem aan enige vorm van sensus nie. MAW die onwettige immigrante wat skuiling soek as die sensus geneem word. Die ouer mense wat iewers in afgesonderde plekke woon waar geen sensus gedoen word nie. Die jongmense wat nie betrokke wil raak nie. Ek kan dit sien oor die hele spektrum van die samelewing waar mense nie meer wil opgespoor word nie. Miljoene mense is nie ge-fica nie en daar is geen rekeninge op hulle eie name nie. Duisende mense sit net by die huise want politiek en geen kwalifikasies maak hulle nie aanvaarbaar vir die arbeids mark nie. Te veel mense kry toelaes wat eintlik aktief kan werk. Sommige is net nommers in die stelsel

Gys ·

Daar is n oplossing tot al die probleme maar dit sal nooit gedoen word nie.

1. Maak die land se grense toe met gewapend potrollies op die grense .
2. Stuur all onwettige mense terug na hulle land toe.
Dan wat sal gebeur is die volgende.
1. Misdaat sal af neem.
2. Daar sal meer werks geleenthede wees vir ons eie land se mense
3. Werkloosheid sal afneem.
4. Meer woonplek vir ons eie mense.

Hou buite lande verantwoordelik vir die kostes om hulle eie mense terug te stuur.

Theuns ·

Gys. ek ondersteun jou voorstel. Ramaphosa se wiskunde werk nie. Hoe neem jy geld weg by die werk gewende bevolking, wat ook nie genoeg geld het nie, en gee dit vir n verhoging van die minimum loon? En dit terwyl die ekonomie nie groei nie en werk nie geskep word nie. Wat is die gevolg? Meer buitelanders gaan werk kry teen R500 pm en ‘n sak meel! Gys se voorstel sal werk skep vir ons eie mense as daar nie buitelanders is nie en inagenome dat dat die regering Freebies stop vir die dames wat net kinders kry om extra geld te maak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.