Suid-Afrikaners sal ’n kopskuif moet maak oor China

pres-xi-jinping-2018-07

Pres. Xi Jinping van China stel ‘n heildronk in tydens ‘n staatsbanket in sy eer tydens sy besoek aan Suid-Afrika. Die geleentheid het op Donderdag 24 Julie by die Sefako Makgatho presidentiële gastehuis in Pretoria plaasgevind. Foto: Kopano Tlape/GCIS.

Die jaar 1421 was volgens geskiedkundige navorsing vir sowel China as Afrika van groot belang. Dit was die jaar wat die grootste enkele armada skepe wat die wêreld nog ooit gesien het, uit China op ’n reis om die wêreld vertrek het. Sy opdrag was om die wereld te karteer en vir Chinese handel toeganklik te maak.

Die skepe was onder die bevel van die Chinese keiser Zhu Di se lojale gekastreerde admiraals en in die twee jaar wat hulle om die wêreld geseil het, het hulle die volgende vermag: hulle het in Tafelbaai vasgemeer sestig jaar voor enige Europeër daar voet aan wal gesit het, Noord-Amerika sewentig jaar voor Columbus  “ontdek” en Australië 350 jaar voor Thomas Cook bereik.

Die Chinese vloot se opdrag was om tot by die “einde van die aarde te vaar” en hulle het ’n eeu voor Magellaan rondom die aarde geseil. Die verskil is dat die Chinese nie gebly het om die lande te koloniseer nie in teenstelling met Europeërs wat oorloë teen die bevolkings gevoer het om die minerale rykdom in die hande te kry. Dink aan diesulkes soos Cecil John Rhodes, koning Leopold van België, die Duitsers in Namibië en baie ander.

Maar die Chinese is terug, en die staatsbesoek van Xi Jinping, die Chinese president, wat vandag in Suid-Afrika aankom en later vandeesweek saam met leiers soos president Putin van Rusland aan die Brics-beraad in Johannesburg kom deelneem, is ’n goeie bewys daarvan. Hulle kom egter nie met soldate nie, maar met honderde sakelui wat glo van plan is om miljarde roebel en yuan in Suid-Afrika te belê.

Nie dat albei se besoeke, maar veral dié van Xi Jinping sonder teenstand sal verbygaan nie. Verwag maar dat sake soos die Dalai Lama en Tibet, ivoor-, renosterhoring- en skulpvissmokkelary, die ontbossing van Afrika en tientalle ander sake voor China se kop gegooi word.

Suid-Afrika, ondanks sy koloniale verlede, is steeds Westersgesind en hou niks van Chinese nie. Hulle is glo hier om Afrika oor te neem of leeg te melk. Hulle maak om elke hoek en draai ʼn winkel oop en (is dit nie verskriklik nie) werk hard om hul brood te verdien.

Meeste Suid-Afrikaners is in hul harte xenofobies en selfs rassisties. Selfs al is ons van dieselfde kleur, kap ons mekaar. Al gehoor van die krewe wat in die Kaap uit ’n emmer probeer ontsnap, maar net voor een dit regkry, trek die ander hom af?

Nietemin, dis tyd dat Suid-Afrikaners hul koppe regkry of laat lees. Xi Jinping kom hier aan as leier van die land met die tweede grootste ekonomie ter wêreld. Xi het die plan dat China teen 2025 op alle gebiede selfversorgend moet wees en het onlangs die sogenaamde Belt and Road- inisiatief geloods. Dis ’n nabootsing van die Syroete wat in die ou dae deur Marco Polo verken is. Sien, China wil die grootste handelsnasie op aarde wees, en voorspellings is dat hy teen 2032 Amerika sal verbysteek.

Dis waarom Amerika ’n handelsoorlog teen China begin het, maar ook besig is om terselfdertyd sy Europese en Kanadese bondgenote te vervreem. Amerika skuld te veel geld aan China vir Trump om snags rustig te slaap.

Dis dus ook geen wonder nie dat die Amerikaanse handelsoorlog een van die vernaamste besprekingspunte op die komende Brics-beraad gaan wees. Die Brics-lande Rusland, Indië, Brasilië en Suid-Afrika het juis reeds al hul hulp aan China (wat ook deel van die Brics-lande vorm) toegesê in die stryd wat kom.

Nie dat Suid-Afrika nie ook sy pond vleis sal soek vir die steun wat hy aan China gaan bied nie. Na verwagting sal letterlik honderde Chinese sakeleiers deel van Xi se afvaardiging wees met die uitsluitlike en verklaarde doel om industralisasie in Suid-Afrika aan te help. Daar is reeds talle Chinese nywerhede in Suid-Afrika gevestig (dink maar aan Hisense in Atlantis, Great Wall Motors in Port Elizabeth en Huawei in Johannesburg).

Daar is selfs Suid Afrikaners wat miljoenêrs in China is. Koos Bekker van Media24 het sy miljoene te danke aan ’n aandeelhouding in Tencent, die Chinese kommunikasiemaatskappy. Daar is letterlik honderde Suid-Afrikaners wat deesdae in China woon en werk en die Facebook-groep South Africans living in China is nou bykans 200 lede sterk.

Hulle steur hulle nie daaraan dat China ’n sosialistiese land is nie, of dat Xi ’n kommunistiese diktator is nie. Om die waarheid te sê, Xi se “sosialisme met Chinese karaktertrekke” is meer kapitalisties as Amerika. Xi se doelwit is om sy meer as 1,4 miljard mense teen 2025 almal uit eeue lange armoede te help en daarom wil hy soveel moontlik handel dryf.

Xi se Kommunistiese Party het ook die groen lig gegee dat hy so lank hy wil China se president sal wees. Amerikaners en andere skree blou moord dat dit ongehoord is en nooit sal werk nie. Die Chinese psige is egter gewoond aan keisers wat lewenslank regeer. Hulle wys tereg die vinger na Donald Trump as bewys dat Amerikaanse demokrasie ook nie werk nie. Xi, sê hulle, doen wat goed is vir die land; Amerikaanse presidente werk net om weer verkies te word. Hulle sê ook tereg dat Westerse demokrasie nie vir alle lande werk nie. Dit is ’n siening waarmee veral baie lande in Afrika sal saamstem.

Of ’n mens Suid-Afrikaners sover gaan kry om Xi te vertrou, is ’n ander saak. Veral diegene wat elke keer swymel as die Britse koningin haar wit handskoene wuif, sal moeilik aan so iets byt. Hulle is dalk te gewoond om onderdane van die eens magtige Britse Ryk te wees.

Intussen: moet almal in Suid-Afrika uitsluitlik Westersgesind bly? Of is dit wys om nou ook na die Verre Ooste te kyk? Ek stem vir die tweede opsie, maar daar sal eers ’n kopskuif onder Suid-Afrikaners moet kom. Dié wat dit kan regkry, mag die geleentheid kry om baie geld te maak; diegene wat aan hul verkrampte koloniale idees vashou, gaan tweede kom.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Tienie Fourie

Tienie Fourie is ʼn oud-joernalis wat Suid-Afrika ook as diplomaat in Londen, New York en Wene verteenwoordig het. Hy het ook in Zimbabwe en China gewerk.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Peet Schabort ·

Al wat ek in hierdie land verlang is vryheid van my godsdiens, my blyplek sonder om daar doodgemaak te word, om dag en nag sonder vrees rond te kan beweeg, wedersydse respek van andere, misdaad ‘n absolute NUL (????), vry van intimidasie, die regstelsel wat korrek werk ongesiens invloede van die gemeenskap, die SAPD wat hulle werk doen . . . Ek dink ek vra té veel, né Ramaphosa??

marco polo ·

Dalk moet jy China toe kom, of n kopskuif maak oor China, soos Tienie voorstel. Hier in China het ek al daai voorregte waaroor jy droom. Dis lankal nie meer n agterlike kommunistiese land sonder vryhede nie.

Faan Bothma ·

Peet, kom bly in Sjina. Hier kry jy alles wat jy hierbo noem waarna jy verlang – en bekostigbaar. Hier is absolute godsdiensvryheid. Daar is ‘n Buhdiste tempel ongeveer 2 km van my huis, ‘n katolieke kerk ongeveer 4 km, 9 Protestantekerke in Shanghai, ‘n paar Moslem-moskees en ‘n Hindo tempel of 2. Hier is ‘n reuse begraafplaas naby my huis wat opgedeel is in die geloofsgroepe hierbo genoem plus dele vir Tao-isme, Confusio-isme en selfs atiiste. MAAR, alles onder die wakende oog van ‘n reuse Buhdda beeld!
Terloops, ek bly op wat ons sal noem die Landbou-hoewes van Shanghai Munisipaliteit.

marco polo ·

Lekker Faan. Groete uit die pragtige, skoon, veilige en besoedelingvrye stad Huzhou, nie ver van jou af nie?

Ettienne ·

Ja Peet, gaan bly gerus in China. Lekker veilig in ‘n 25 vk meter voëlhokkie. Jy gaan waarskynlik ook nie ‘n kar besit nie, of as jy een gaan hê, sal dit so klein poefter dingetjie wees. Nie vir my nie , dankie. Dan bly ek eerder hier in Cowboystan waar ek vakansies met my motorfiets of Landcruiser kan gaan toer en elke nou en dan met my vliegtuig kan gaan vlieg. Ek slaap baie lekker met my vuurwapen onder my bed agter my hoë heining.

Oupa Wilde Vlakvark@QuoVadis? ·

Geagte mnr Fourie, ‘n uiters interessante artikel. Dankie.

Nou my vraag aan alle Suid-Afrikaners: “Wat is Suid-Afrikaners se NASIE-VISIE?”

Eish ·

Nie n idee nie.
Maar ek het wel nagvisie agv die misdaadsituasie.

Askies? ·

As dit nou nie die mees eensydigste stuk is wat ek in my lewe gelees het nie is dit nou die ou artikeltjie. Erens het hierdie man ook ‘n linkse klap weg. WAT U nie verstaan nie is die AFrikaan word omgekoop deur ENIGIETS .. maak nie saak of dit deur ‘n CHinees of Kubaan of Rus is nie .. SA is ALTYD te koop .. HOEKOM moet die hele AFRIKA ook aan China behoort, kyk hoe groot is hulle land, hoekom bly hulle nie daar nie? Ek verstaan nie dat almal kopskuiwe moet maak oor ANDER nasies wat AFrika wil kom inneem nie? Sou CHINA die AFRIKANERS toelaat om daar te kom winkels oprig en hulle grootwild en donkies te kom slag en perlemoen te oes? Agv swak leierskap in Afrika sal die hele AFrika een van die dae aan die CHinese behoort . ek lag maar net daarvoor want alhoewel dit nie REG is nie .. verdien die AFrikane die oorname …

Albaster ·

Stem saam. Waarom Trump slegse nadat hy homself nou so sterk ekonomies bewys? Neewat.

Snowball ·

Stem saam, baie eensydig! Soos dié een China se glorie beskryf is ek nou skoon skaam ek praat nog my uitgediende taal Afrikaans en het nog nie Mandarin aangeleer nie! Wat ‘n skande dat ons durf Afrikaners wees wanneer ons kan geldmaak as Chinese handperde!

nico k ·

Ek is maar skepties oor die mening dat demokrasie nie vir alle volke werk nie. Ek het nog nooit van ‘n goeie diktator gehoor nie. Diktators werk altyd net vir hulself. En om te sê dat die Sjinese gewoond is om deur diktators te regeer te word tel ook nie. Europa was ook gewoond aan konings vir eeue. En die stelling dat Sjina nie kolonisties soos Europa was nie, is ook verkeerd. Wat van Tibet? Nie dat ek konsekwent teen Sjina is nie, maar hulle is niks beter as die Weste nie. Die rede hoekom hulle vooruitgaan is omdat hulle kapitalisties geword het. Die artikel praat van die Kommunistiese leier. Lankal nie meer nie. Die SA maatskappye wat so ryk word daar is juis omdat die land kapitalisties geword het. En natuurlik is hulle hardwerkend. Daar kan die Weste gaan leer.

Andre ·

Julle moet bly wees Trump red Amerika se ekonomie. As Amerika finansieel onderdeur gaan, sal ons almal, die hele wereld, bitter duur betaal vir die ergste ressesie ooit. Die Ooste het duidelik goeie werks etiek, maar nie naasteby die skeppingsvermoe van die weste nie. Trump het ook n baie meer Christen sosiale uitgangspunt ( van Norman Vincent Peale geleer) as meeste ander van vandag se leiers. Dit is tog die kern waarop die westerse beskawing gefundeer is, waarvan byna die hele wereld vandag die voordeel in verskillende mate beleef. Die Chinese vervaardig meestal net wat die weste geskep het. Hulle hoort egte goed te wees vir werkskepping in Afrika, maar gee nie n snert om vir die ekologie nie. Die vraag is of Afrika hulle sal kan reguleer. Dink mooi voor julle sulke nonsens skryf.

Faan Bothma ·

Andre, jy beweer Sjinese vervaardig net wat deur die Weste geskep is, wel die Japanese en Indieers ook. Maar kan julle met julle se ‘rainbownation’ dit nadoen? In die ’80 het die RSA van Wet en Orde wapentuig vervaardig wat deur Janes as die beste ter wêreld bestempel was. In 1987 / 88 het ‘n bestoking van 8 x G5 kanonne ‘n tenkstormloop deur 12 X Kubaanse tenks uitgewis. Die eerste en enigste keer ter wêreld. Waar is julle vandag ? Julle kan nie eers ‘tufu’ namaak nie!
Ag nee man, dink voor jy praat.

Judge Dredd ·

Daardie Chinese ontdekkingsreise is nooit bevestig/bewys nie – hoofsaaklik kom dit van Gavin Menzies wat die boek 1421 geskryf het – iemand wat die geskiedenis probeer aanpas het om met sy eie siening te stroop – “Fake news” met ander woorde.

marco polo ·

Wel, dis dieselfde geskiedenis wat Chinese kinders in die skool leer. Dalk is dit net te ongemaklik om te aanvaar, of hoe?

Paul ·

Jip en ons het sopas die hartklop van ons land waarvan die ekonomie en ons van elektrisiteit in ons daaglikse lewe afhanklik is, Eskom, aan China verpand.

Eskom gaan ons vir die res van ons lewe in China se oë laat kyk.

Oosie ·

Netjies Tienie! Vir die negatiewes en die wat dink Trump gaan Amerika red; die wereld sal altyd bly verander (soos die geskiedenis ons wys) en niemand het die perfekte resep nie. Bid maar net vir wysheid om deur dit alles te kom en te verseker dat jou lewe Ewigheidswaarde het.

Eish ·

“Thought provoking article!”
Baie goeie, beredeneerde artikel. Laat my verseker aan die dink gaan.
Die geskiedenis oor die vloot Chinese skepe en hul ontdekkings is nuus vir my!
Altyd gedink n mens moet ” balls” hê vir sulke ontdekkingsreise. Nou blyk dit volgens die artikel nie die geval te wees nie. “… se lojale gekastreerde admiraals…”

Eish ·

Ek was onder die indruk MM se artikels is geverifieer vir feitelike korrektheid.

Faan Bothma ·

Skerp opmerking omtrent die admiraals. Ek dink hulle was beter af daarsonder want dit was darem ‘n lang tyd om weg van die huis te wees !

dr. Sakkie van der Merwe ·

Dink ek het dit al genoem. SAID inspekteurs veg ‘n verlore stryd om BTW en/of belasting te vorder by enige van die Sjinese “handelaars” wat ons dorpe oorneem. Kyk na hul produkte, ons maak ons eie vervaardigers dood as ons die goedkoop, en dikwels minderwaardige “china”, artikels te koop.

Eish ·

Ergste is, hul maak namaaksels van bekende handelsname wat hul verkoop as die ware Jakop.

Willem ·

Skoene, sandale, klere, daar is nie ‘n winkel waar dit nie oorheers nie, selfs in die winkels van die Krugerpark.

John ·

… ons sal moet want die Weste is dik vir Afrika se stories en die gee-gee-mandjie na beloftes van terugbetaal, is leeg gewag. Nou moet Arabier en Chinees weer getakel word… net hulle eis hul pond vleis terug en ons gaan betaal… net op ander wyses as met geld. O ja, en die lieflike gode wat ons by sal kry en die tempels en… en. Dit sal ‘absoluut’ seen van Bo bring die baie gode wat die Chinese onderwysers ook aan die leerders sal kom afsmeer. En weg is ons kultuur en Christelike geloof… alles net om Mammon te plesier. Die skrywer is reg soos alle joernaliste met hul ‘nuus’ oor die waarheid oor die droomland, China.

Paul ·

Ek sien Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC beduie hulle dink aan ‘n model om Eskom wie se skuldlas by die R386 miljard bedra in drie te verdeel om dit meer beheerbaar te maak, dan het Dr Rob Davies minister van handel en nywerheid ook nou en dan iets te sê. Mashatile sê die top ses in die ANC gesels elk Maandag in hul weeklikse vergadering oor hoe om die ekonomie aan die gang te kry.

Ek sal vertroue in hulle begin kry as hulle liewer ekonome soos bv Mike Schussler en Dawie Roodt nader om advies, as wat hulle, die top ses, ekonomiese sake en die Regerings entiteite se probleme op hul eie probeer oplos. Hulle het net een ding waarna hulle kyk en dit is ANC ideologie. Ek glo ook hulle het nie naastenby genoegsame kennis oor die ekonomie nie.

Rynhardt ·

Tienie Fourie,Suid-Afrikaners moet n kopskuif maak oor China??Werklik Tienie??Die SAKP en Anc het lankal die kopskuif gemaak tot hul groot finansiele voordeel,Tienie!Die gebreinspoelde Anc ondersteuners en Afrikanertjies kan nie sien wat aan die ontwikkel is nie.Meeste verstaan nog steeds nie die SA politiek nie. Chinese winkels skiet op soos paddastoele!In 2016 het 60,5% Chinese werkspermitte gekry,dit wys hoe diep die kommunistiese invloed van china klaar strek in SA!.Gistraand op SABC2 nuus het China dit in n stap verder duidelik gestel,hy wil nog meer geheime ooreenkomste met Anc aangaan.Wat gaan daardie geheime ooreenkomste behels??Tienie,u en talle afrikanertjies het lankal geen mag nie!China swaai die septer! Een ding is beslis duidelik.As China nie sy winste kry nie,gaan hulle hul pondvleis wil kom opeis!Hul gaan dit nie daar laat nie!Daar is niks om opgewonde te raak oor China se astronomiese belegging nie,nog minder oor die toekomstige beleggings!

Gerhard ·

Terwyl ons so besig is om kopskuiwe te maak moet ons seker maar begin glo kommunisme werk, eenpartystate is ‘n goeie dingen staatsinmening en korrupsie is nie so erg nie. As ons klaar daarmee is dan weet ons die ANC is die antwoord vir al SA se probleme!

Theo ·

Stem saam met jou Rynhardt, bo en behalwe die duisende “cheap” klere winkels waarvan baie Afrikanertjies koop vervaardig hulle ook nou n klomp voertuie in SA . Wonder hoeveel Chinese gaan nou na die beraad die land binne stroom. ANC sal verseker na Chinese Regering se pype dans na die helse lening van China om weereens Eskom te red.

Riaan Le Roux ·

Wat ‘n beledigende klomp snert!

Die Chinese het wel merkwaardige bydraes tot die mensdom gelewer, net soos die ander samelewings in die geskiedenis. Maar moet asseblief nie maak asof hulle nog altyd engeltjies was omdat hulle nie kolonies soos ander moondhede gestig het nie. Hulle het meer as genoeg geraamtes in hulle kaste. Net soos die res van die mensdom.

Die implikasie dat Suid-Afrikaners nie Chinees-goedgesind is nie omdat hulle “xenofobies en selfs rassisties” is, is verskriklik beledigend en irrasioneel.

Die Chinese is dalk besig om ‘n oorheersende ekonomie te bou, maar word dit regtig van ons verwag om al ons waardes te verkoop vir ‘n krummel van daardie sukses? Daar is belangriker dinge as geld.

Dieselfde geld vir Amerika. Dit is moontlik (en beter) om slegs die goeie eienskappe van elk na te streef en die slegtes te verwerp, in plaas daarvan om ‘n “false dichotomy” van óf 100% Amerika óf 100% China te verkondig. Albei daardie nasies is skuldig aan verskriklike misdade, selfs teen hul eie mense. Tog is dit duidelik dat die Amerikaanse staat, met al hul kwale, minder onderdrukkend as die Chinese staat is. Of hoe se die Chinese sensors?

Die beleid van enige land, insluitend China, kan rassioneel verwerp word sonder om die mense van daardie land te verafsku. Die probleme wat nou aan die Chinese toegeskryf word sou dieselfde wees as dit deur ‘n ander land veroorsaak was.

Dit is uiters verbasend dat die skrywer van sulke kortsigtigheid ‘n diplomaat kon wees.

Wouter ·

Alles behalwe verbased. Daar is GEEN minimum kwalifikasies om ‘n diplomaat te word nie. Net soos wat daar ook geen minimum kwalifikasies benodig word vir enige ander pos in die politiek nie.

Henry ·

Riaan le Roux en Wouter
Gelukkig word ‘kwalifikasies’ ook nie vereis om hier kommintaar te lewer nie.
:-)

marco polo ·

n Profeet word nooit in sy eie land geeer nie. Werklik.n goeie en tersaaklike artikel, Tienie, ek steun jou 100%

Tante Johanna Alta Wilhelmina Mathilda Erdvark ·

China het die NASIE-VISIE om die wêreld se grootste handelsnasie te wees.

Oupa Wilde Vlakvark het hierbo Suid-Afrikaners gevra: “Wat is die Suid-Afrikaanse nasie se NASIE-VISIE? ” En daar was ‘n gedreun van doodse stilte onder die kommentare oor die SA NASIE-VISIE.

Paul ·

Ek dink nie enige iemand stel daarin belang om te probeer raai was die nasie-visie van SA is nie, dit is ‘n doolhof waarin jy sal begewe om dit te probeer uitvind en verwoord, selfs die huidige ANC heersers weet nie, hulle vat dit so een mislukking na die ander op ‘n slag, al wat hulle weet is dat hulle ideologies gedryf is en dan is daar die Freedom Charter.

Paul ·

Mnr Fourie, en ons het sopas oor die nuus gehoor BRICS, dis nou eintlik Rusland en China het vir SA in die sak, hulle het vir CR as voorsitter gekies. Nuwe plaas, nuwe melkkoei.

Faan Bothma ·

Wees dankbaar dis nie die j-angelsaksiese geldmag met hul papiergod wat julle oorneem nie. Kyk na enige dollar noot. Daar is op geskrywe ‘in god we trust’. Dis hul god, die dollar.

Tom ·

Ek dink nie Chinese breek in die aande in jou huis in nie. Kan ons nie die wat hier is verruil vir Chinese? Die land sal beter werk.

Henry ·

Dankie Tienie!
Heerlike stukkie lees-en-dink vanuit ‘n ander hoek.
‘n Hoek wat by die lees daarvan ‘n skeut objektiwiteit verg, ipv ‘n klakkelose navolging van bekende en gewaande ‘waarhede’ waarmee ons geneig is om alles te be-oordeel en sommer te veroordeel, ‘wyl ons nou daarmee doenig is.
:-)
‘n Geneigdheid om nuwe insigte/realiteite as snert af te skryf, indien dit nie met ons oortuiginge wil ooreenstem nie.
Geen twyfel dat die Sjinese reeds baie ver gevorder het om binne ‘n baie kort tydsverloop daarin geslaag het om markte vir hul produkte te skep, terwyl hulle hul invloed en groeiende geldmag oor die planeet heen, hand oor hand laat geld.
Groete van ‘n ongekwalifiseerde oud kollega.
:-))

Faan Bothma ·

Mense, julle is so waningelig. Die era van Wêreldoorheersing deur die joods-angelsaksiese geldmag raak iets van die verlede, en dis ten goede!
President Sjie is beslis ook nie ‘n diktator nie. Sy huidige ‘inisiatiewe’ was al tydens sy voorganger -Pres Hu – se termyn beplan. Alle beplanning word op langtermyn gedoen en dan herhaaldelik deurgetrap en herbeplan. Daarom is hulle suksesvol in alles wat hulle aanpak. En moenie die Sjinese regering blameer vir die duisende sjinese winkeltjies in SA nie . Julle laat dit toe ! Die Sjinese regering sal beslis nie toelaat dat ‘n buitelander in Sjina ‘n ‘koekashop’ oopmaak nie, maar gee vir Sjinees ‘n ‘gap’ en hy vat hom.
Sjina is lankal nie meer kommunisties nie alhoewel die regering sê hulle is. (Dit word gesê net om nie oorle ou Mao Tzedong se gesig te verloor nie) Deesdae sê die regerings-sêgsmanne hulle is ‘kommunisties/sosialisties met Sjinese karaktertrekke’ – lees: Demokraties / kapitalisties met Sjinese karaktertrekke.

Faan Bothma ·

Dis waarom ek in Sjina bly – Wet en Orde. Maar nie op hul paaie nie ! Sjinese padgebruikers, van voetgangers reg deur tot swaarvoertuigbestuurders is ongemanierd, ongedissiplineerd en uiters selfsugtig en boonop dateer baie van hul verkeersreels uit die Riksha era.

Saartjie ·

Kan die skrywer vir ons ‘n bietjie meer vertel oor die rol wat China speel in die Zimbabwiese diamantgebied Marange (naby Mutare)? En kan hy vir ons verduidelik waarom Chinese arbeiders gebruik word wanneer hulle ‘n projek in Afrika befonds?

marco polo ·

Jou laaste vraag het n logiese antwoord. Om werk te skep vir Chinese en om die geld weer terug te kry in China. Sien, die China regering kyk na hul mense, iets wat ons Suid Afrikaners nie aan gewoond is nie.

Anoniem ·

Daar sal nie ‘n grassie oorbly nie. China sal alles kom vat.

dejager ·

Ek probeer hard maar my kop kan nie skuif nie.Hy sit vas aan die res van my.

gatiep ·

Die waarheid is die weste buig voor almal vir geld.En hulle het ons ANC mooi geleer hoe mens regeer.Geen morele waardes.
Besef die mense nie die weste is verandwoordelik vir wat aangaan hier nie.
Baie dankie mooi stuk wat jy geskryf het.
Meskien gaan Brics nou meer invloed in die land he.
Ons mense wil maar swaar kry anders sou ons saam gestaan het met die kleurling mense vir Cape onafhanklik.
Ek is n Afrikaner nie n eurokaner nie.
Mense gaan kyk die mense van Europe dink ons verdien alles hier.
Die Russe het simpatie met ons omstandighede.

gatiep ·

Eerste keer dat ek sien my president Putin se naam word reg gespel op Maroela.

Willem ·

Kom ek sê nou vir julle, terwyl CR vir meer en groter handelsooreenkomste tussen die BRICS lande bepleit, gaan dit nie lank wees nie of ons as Suid-Afrikaanse nasie, gaan ons identiteit verloor, ons gaan soos huurlinge in ons eie land voel.

Katerina ·

Ek het nie n kopskuif nodig nie.Ek verklaar reguit ek wens China wil Suid Afrika annekseer en oorneem. NIKS, GEEN REGERING kan erger wees as waarmee ons op die oomblik sit nie. An alien race from outer space seizing control of South Africa would likely be more beneficial than what we have now..

Faan Bothma ·

Marco Polo: 10/10. Ek was in baie lande oor die wêreld en daar is nie nog ‘n regering wat soveel vir sy mense doen as hierdie Sjinese regering nie!

marco polo ·

Dankie Faan. Ek praat nou die dag met n paar Chinese dokters wat hul bereidwilligheid verklaar om n salarisVERLAGING te neem, indien dit vir die beswil van die land is. Dis iets wat ons nooit in SA sal sien nie, want alles is net gee en gee en gee. Ek is trots en dankbaar dat ek my klein deeltjie kan doen om van China n suksesvolle wereldmoondheid te maak. Ten minste kry ek erkenning en waardering daarvoor. Ek voel regtig jammer vir diegene wat nog in die verlede leef en nie wil besef dat die wereld verander het en nuwe verhoudings gevestig moet word nie.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Dit sal dalk goed wees as diegene wat reeds land uitgevlug het hul daarop toespits om hul eie heil uit te werk en ophou om ons voor te skryf wat ons moet doen en hoe ons moet optree.

Gerhard ·

Julle hardloop dan so vinnig oorsee as die pawpaw die fan slaan vir hulp, wie sal dan help as emigrante hul neus uit jou sake hou?

Rupert Ashford ·

He-he. Gee heel nuwe betekenis aan “wokking the dog”…

Snowball ·

Hulle verorber ook lewendige babamuise, klein lewendige vissies, aapharsings (soms rou) en donkievleis. Kopskuiwe nodig inderdaad!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.