Syfers wys Orania is op ’n volhoubare groeipad

orania-betonletters

Die dorp Orania het onlangs hulle 2018-sensus se syfers bekendgemaak. Foto: Verskaf.

Deur Frans de Klerk

Indien Afrikaners vir hulself ’n volhoubare toekoms aan die suidpunt van Afrika wil bou, sal hulle baie skeppend moet wees. Suid-Afrika is ’n land met groeiende uitdagings en oorlewing vir Afrikaners as kultuurgemeenskap word al hoe moeiliker. Die huidige geslag het die verantwoordelikheid om binne die bestaande werklikhede ’n realistiese plan in werking te stel wat aan mense weer hoop bied. Indien dit nie gedoen word nie, loop Afrikaners die risiko om deur emigrasie en verswelging as kultuurgemeenskap te verdwyn.

Selfstandige handeling

Vir oorlewing en om as kultuurgemeenskap te gedy, het die Afrikaners van Orania die pad gekies van selfstandige handeling. Orania het aangesluit by ’n groeiende beweging van instellings en mense wat besef dat Afrikaners nie meer van die regering afhanklik moet wees vir hul lot nie, maar binne die ruimte wat die Grondwet bied, beheer oor hul omstandighede moet neem en vooruit beweeg.

Met hierdie uitgangspunt voor oë het Orania tot stand gekom as dorp en gemeenskap om as vestigings- en konsentrasiepunt te dien vir Afrikaners wat streef na groter vlakke van selfstandigheid. Die keuse van Orania het die demografiese werklikhede van Suid-Afrika in ag geneem toe daar besluit is dat ’n ontwikkelingspunt in die Noord-Kaap gevestig moet word. Die gevolg hiervan sal wees dat, indien Afrikaners hulle in groter getalle in Orania en omgewing vestig, hulle ’n positiewe impak op die omgewing sal hê en in ’n baie sterker demografiese posisie sal wees.

orania-konstruksie-van-studentekoshuis

Orania is ook besig om ‘n koshuis vir studente te bou. Foto: Verskaf.

Orania Sensus 2018

Om ’n nuwe dorp en ekonomie tot stand te bring is egter makliker gesê as gedaan en dit verg besonderse deursettingsvermoë en ondernemerskap. Orania het egter nie hiervoor teruggedeins nie en oor die afgelope jare het die dorp stelselmatig ontwikkel en begin groei. Om ’n betroubare maatstaf te kry om Orania se groei te meet het die Dorpsraad van Orania (Dorpsraad) in 2016 besluit om jaarliks ’n sensus te onderneem en sekere sosio-ekonomiese aanwysers te meet om die tempo en volhoubaarheid van Orania se groei te bepaal. Die sensus dien as ’n maatstaf vir die bepaling van Orania se sukses met die Orania Ekonomiese Ontwikkelingsplan van 2016 en bied die nodige inligting aan die Orania-owerheid, -ondernemers en -mense om besluite rakende belegging en vestiging te neem.

Die Orania Sensus 2018 is pas bekendgestel (lees die volledige sensus) en bied interessante leesstof. Uit die sensus blyk dit dat Orania waarskynlik een van die snelgroeiendste dorpe in die land is met ’n groei in inwonertal van 10,8 % die afgelope drie jaar tot meer as 1 600 inwoners. Indien slegs Afrikanergetalle in ag geneem word, het Orania gegroei tot die tweede grootste Afrikanergemeenskap in die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit, met slegs De Aar wat Orania oortref met sy inwonertal van 2 385 Afrikaners.

lugfoto-van-orania

‘n Lugfoto van Orania. Foto: Verskaf.

Ekonomiese ontwikkeling

Die grondslag vir groeiende vestiging in Orania is afhanklik van suksesvolle ekonomiese ontwikkeling. In hierdie verband is die aanwysers positief en veral die volgende staan die afgelope drie jaar uit:

  • Die aantal geregistreerde besighede het gegroei met 25,4% per jaar;
  • die groei in permanente werksgeleenthede was 12,6% per jaar;
  • openbare kapitaalvorming het met 29,5% per jaar gegroei en besigheidsvertroue is oor die algemeen baie sterk; en
  • verder is dit interessant om te sien dat die Dorpsraad se munisipale inkomste die afgelope drie jaar met 13,3% per jaar gegroei het.

As in ag geneem word dat Orania se verhogings in munisipale tariewe in die vergelykbare tydperk ongeveer 6% per jaar was, verteenwoordig die syfers ’n reële groei van 7,3% per jaar in Orania se belastinginkomste. Hierdie gesonde groei versterk die Dorpsraad se vermoë om dienste in stand te hou en uit te brei om in die groeiende vraag na gedienste erwe te voorsien.

Onderwys en opleiding

’n Aangeleentheid wat in Orania se ekonomiese ontwikkelingsplan aangedui is as ’n belangrike groeisektor waarop daar gefokus moet word en waarin daar belê moet word, is onderwys en opleiding. Dit is verblydend om te sien dat die aantal studente (waarby skoliere ingesluit is) in Orania die afgelope drie jaar met 17,9% per jaar gegroei het.

Wat veral belangrik is, is dat Orania nou die naskoolse opleidingsmark betree. ’n Instelling soos Bo-Karoo Opleiding wat fokus op beroeps- en ambagsopleiding het stewige groei getoon. In hierdie verband kan gemeld word dat die bou van ’n koshuis vir naskoolse studente aan die begin van 2020 gereed sal wees om in die groeiende vraag na studenteverblyf te voorsien.

Gekonsentreerde vestiging

Orania volg ’n strategie van gekonsentreerde vestiging. Nie alleen is die uitkoms van hierdie strategie dat Orania ’n veilige omgewing vir sy inwoners skep nie, maar ook dat ’n ekonomie van skaal geskep word. Waar daar ’n ekonomie van skaal teenwoordig is, kan spesialisasie plaasvind en werk geskep word. Werkskepping lei tot vestiging wat weer lei na die vraag vir goedere en dienste. Op hierdie manier kry Orania dit reg om die ekonomiese vermenigvuldiger te versterk wat lei tot die skepping van welvaart. So word daar vir Afrikaners hoop en ’n volhoubare toekoms geskep.

Orania het vir die oorlewing van Afrikaners aan die suidpunt van Afrika nie vir ’n konflikmodel gekies nie, maar ’n ontwikkelingsmodel. ’n Model van selfwerksaamheid, selfstandigheid en groeiende selfbeskikking. Die Orania-model van selfstandige ontwikkeling behoort deur die regering en elke gemeenskap in die land aangegryp te word as die enigste volhoubare model vir armoedeverligting en werkskepping.

Orania sal sy kundigheid en ervaring deel met enige een wat graag die pad van selfstandigheid wil loop. Orania is nie daar om homself te isoleer nie, maar wil ook ’n bydrae lewer tot die heil en sukses van Suid-Afrika en sy mense.

kinders-langs-die-oranjerivier-by-orania

Kinders speel langs die Oranjerivier by Orania. Foto: Verskaf.

Droom groot

Orania is nie die eindpunt nie. Wat reeds bereik is, kan sekerlik beskryf word as ’n goeie wegspring. Baie moet nog gedoen word, harde werk lê voor en groot beleggings moet gemaak word. Orania het egter gewys dat met die nodige wilskrag en vindingrykheid ideale ʼn werklikheid kan word. Die taak is nou om Orania uit te bou en te neem van ’n dorp na ’n stad. Om dit reg te kry, sal die reeds groeiende betrokkenheid van baie Afrikaners vermeerder moet word.

Shimon Peres, ’n voormalige eerste minister van Israel, skryf in sy biografie: “There is no room for small dreams”.

Deur geloof, genade en in die sweet van hul aanskyn het Afrikaners al groot dinge in die geskiedenis reggekry. Ons kan dit weer doen!

  • Frans de Klerk is die munisipale bestuurder van Orania.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

George in Bloem. ·

Orania se voortbestaan hang van die wil van die ANC regering af.Punt.

Sarel Roets ·

George, jy is grootliks reg. Maar dit 1600 keer moeiliker om Orania te teiken as ‘n enkel persoon in sy huis in Bloemfontein.

Ons verreken daagliks ons risikos en berei voor vir verskeie scenarios. Politiek is maar een risiko. Wanneer die vrees vir risikos jou waagmoed stuit, word niks wat die moeite werd is ooit bereik nie.

Orania is nie bang nie. Ons glo in onsself.

D Meyer ·

Indien daar n miljoen of meer enersdenkende mense van homogene kultuur, kenmerke en karakter gewoon het, dink jy werklik die ANC sou dit steeds so maklik vind om hulle te teer en te veer? Ek kom onder die indruk dat n groot deel van die Afrikanervolk reeds so teneurgedruk geraak het in sy somber omstandighede wat deur De Klerk en Kie veroorsaak is, dat hy/sy nie meer helder kan dink oor hoe om te oorleef nie. Dis soos iemand wat hom met alkohol verdrink in sy sorge….

Henry ·

Aan D Meyer
Met die hulp en bystand van die res van hierdie planeet se state en regerings het die ANC sonder veel moeite daarin geslaag om hierdie droewe land te ‘teer en veer’, soos jy dit stel.
Waarom sou die kleine Orania en hul inwoners vir wie se idealisme ek heelwat respek het, nie ‘ge-teer en veer’ word, wanneer so ‘n behoefte by die 58 miljoen inwoners van groter SA sou ontstaan?
Terloops, my familie en ek is gereëlde besoekers aan Orania en hul gastehuise.

Rasper ·

Ek het al gewonder hoe sal dit wees as ek vroeer gebore was? ‘n Mens hoor maar altyd die stories van hoe ons ouers in die aande in Sunnyside geloop het. My pa-hulle wat met die fietse, alleen, sommer na die volgende dorp toe gery het. As ek na hierdie artikel lees, dan kan ‘n mens ook wonder hoe sou dit gewees het as ek ‘n paar jaar later gebore sou wees? ‘n Orania met 10,000 inwoners. ‘n Universiteit met wêreldklas onderrig. ‘n Laerskool waar die fietsloots vol is. Kinders wat laat in die aand in die strate speel…. Maar ons is nou gebore in Suid-Afrika soos dit tans staan. Ons as skakel en die Afrikaner ketting word getoets. As ons nie breek nie, dan kan ons kinders wel eendag deel in hierdie Orania droom.

Sarel Roets ·

Kom bou ‘n huis en kom doen jou werk, dan is hier vir jou plek.

Niks wat die moeite werd is, is verniet nie. Die beste beloning volg die hardste werk.

D Meyer ·

A nee a ! Ons is mos nou nie soos die res van die landgenote wat net wil he nie. Jy skep werk. Jy bou jou huis. Jy bepaal jou eie toekoms. Orania is nie n plesierbootrit of n welsyngebied nie.

John ·

Israel se reg op bestaan word steeds in twyfel getrek… te meer… soos begeerlike oè op die grense die ontwikkelings gade slaan. Die vraag is, hoe ver kan Orania groei en ontwikkel voor die grense sal moet val voor gieriges en jaloerses oorkant die grens. Daar word te graag voor sekere besoekers gespog oor wat reeds bereik is. Dis nie vriendelike besoeke nie, maar spioenasie. ‘n Sukkelspul en die begeerte koel af. Sodra julle kook, kook die woede oor. Die bestaansreg van die gebied moet deur die buiteland onderskryf word, maar die eksklusiwiteit sal die bootjie kelder.

Jan ·

Eksklusiwiteit op privaat grond is ń absolute reg, onderskryf deer die Verenigde Nasies.

George in Bloem. ·

Orania se voortbestaan hang van die ANC regering af. Punt.

Arend ·

As die ANC van Orania ontslae kon raak, het hulle dit lankal gedoen.

George in Bloem. ·

“Volhoubaar” solank dit die ANC regering behaag. Sodra Orania vir hulle ‘n irritasie raak sal hulle die proeflopie vinnig tot ‘n einde bring en daar is absoluut niks wat enige iemand daaraan sal kan doen nie. Hou tog op julleself bluf.

Fanie ·

En jou werkbare alternatief is?? Of is dit makliker om ander se projekte af te skiet?

Dan ·

Sjoe, maar hier is ‘n klomp siniese lesers ne..

Wat doen JY om die toekoms van ons land vir ons eie mense te verbeter..? Stof tot nadenke..

Christiaan Jooste ·

Ek en my gesin het al oor baie jare sterk bande met Orania. Oor die merite van die gemeenskap bestaan daar by my min twyfel. Soos dit maar met alles in hierdie lewe van ons is , bestaan perfeksie ongelukkig nie. Daarom het Orania ook maar sy eie uitdagings om werklike volhoubaarheid in stand te hou. Van buite lyk dit vir of die konstruksie bedryf op hierdie stadium die groot dryfveer vir die groei van die dorp is. Die vraag is vir my watter bedryf word in die vooruitsig gestel wat werk en groei sal verskaf vir al die studente wat daar gaan studeer. Watter bedryf gaan daar wees wat werk aan hulle gaan verskaf, anders gaan hulle ook maar net weer wegtrek en elders in SA of oorsee moet gaan werk?

Elred Ferreira ·

Ek bly nou net meer as 7 maande op Orania, en bedryf n baie suksesvolle gastehuis hier. My groot spyt is dat ek nie al n paar jaar terug wakker geskrik het nie. So baie groeperinge en persone droom daagliks op sosiale media van Volkstate en Selfbeskikking. Drome is gesond, maar ongelukkig is dit net aksies wat tel, soos Orania bewys. Ironies genoeg het die anti Orania brigade niks om te wys nie, aangesien drome op Facebook niks bereik nie…..

Kobus ·

Oranje se groei sal beperk word as gevolg van beperkte grondgebied. Dit is ‘land locked’ gebied. Goeie landbou grond sal ten duurste gekoop moet om mense te huisves langs die Oranje. Orania sal ‘n punt bereik waar dit net ‘n groot wit plakkerkamp gaan word, ten spyte van die goeie voornemes.

Kobus ·

Ryk mense in die Oranje gemeenskap het klaar landbougrond gekoop op die rand van die dorpie. Die arm siele wat na die dorpie stroom sal as arbeiders werk vir die rykes en in wendy huisies woon. Dit is nie volhoubaar nie.

Dirk Breytenbach ·

Dis ‘n uitgediende holruggeryde uitspraak om dit “land locked” te noem en dus aan te voer dat dit nie bestaansreg het nie. Gaan kyk op die internet hoe suksesvol van die kleinste lande in die wereld is wat wel “landlocked is”. Gaan lees hoe die besigheid van die toekoms gaan lyk volgens die 4IR profete. Dit gaan nie saakmaak waar jy bly nie dit sal wel ‘n bonus wees as jy bly waar dit veilig is en waar goeie waardes geld. As jy nooit waag nie sal jy nooit weet nie.
Wat ‘n misrabele lewe sal dit nie wees as mens vir elke oplossing ‘n probleem vind en eenkant gaan sit en jouself bejammer oor wat jy nie het nie. Orania se syfers klop op verskeie terreine. Om iets te bereik moet ons hand aan die ploeg slaan en ophou om leunstoel kommentators te wees.

Petrus ·

Ja Dirk, daardie suksesvolle “land locked” lande is ontwikkelde lande met ryk ontwikkelde bure, of ten minste vriendelike bure soos Switzerland en Oostenryk. SA is gaan nie vriendelik wees nie. Selfs Botswana raak bekommerd, maar hulle raak nou goeie vriende met Namibia.

D Meyer ·

Switzerland is ook “landlocked”, so wat is jou punt ? Maar nouja, soos met alles moet n mens seker aanvaar dat daar denkers en doeners is aan die een kant en dan lamsakke aan die ander kant wat oor geen inisiatief, ambisie, entrepeneurs- en innovasie vermoe beskik nie en net kritiseer. Dit is amper soos die mense wat altyd vra “wat doen die kerk/skool vir my?” in plaas van dat hulle vra” wat doen ek vir die kerk/skool”. Aan diegene wat negatief teenoor Orania is – demografies sal julle so n minderheid later in die breere RSA word, dat jy net 3 keuses sal he. 1) Trek na Orania of na n gebied bv Suidland waar jou minderheidsgroep n bestaansreg het. 2) Verlaat Suid Afrika 3) Word sosiaal, kultureel, biologies, ekonomies/finansieel verswelg deur die endemiese massas.

Kobus ·

Switzerland is ‘n ontwikkelde land met ordentelike bure, soos wat Petrus hierbo uitlig. Dit kan nie met Orania vergelyk word nie. Wat is Orania se uiteindelike mikpunt? Om ‘n republiek te word? Indien so, sal hulle vinnig moet uitbrei deur die Karoo tot by die Weskus en dan iets groots en nie-rassisties vestig. Tans is Orania net ‘n dorpie in SA waar die realiteite die kinders sal inhaal.

Petrus ·

Jaco, Tel Aviv is in Israel, ‘n onafhanklike republiek met ‘n sterk weermag en atoombomme.

Elred Ferreira ·

Ek bly nou net minder as 7 maande op Orania en bedryf n suksesvolle akkomodasie plek. Ek wens dat ek al n hele paar jaar terug wakker geskrik het. Daar is baie Afrikaner groeperinge en persone wat daagliks op Facebook droom van Selfbeskikking en Volkstate, daar is selfs die wat naief genoeg is om te dink hulle gaan die land terugkry. In die regte wereld beteken drome ongelukkig niks, dis aksies wat tel. Orania bewys dat aksies is al wat saak maak……

Louis ·

Ons het Orania al by 2 geleenthede besoek, alles is in sy plek.
Kan iemand wat ingelig is miskien net hier help. Orania is in Suid Afrika se grondgebied en wat keer dat grondhervorming sonder vergoeding hier sal plaas vind. Verskoon my onkunde asb

skurweberg ·

Die regering “plant” ooral mense om die politieke korrektheid waarmee dinge gedoen word te monitor. Baie onopsigtelik en moeilik om die rede vir hulle teenwoordigheid te bepaal. Dit was en sal altyd deel van die hulle strategie wees. As jou doel is om voor te bly sorg net dat jou metodiek onkreukbaar is.

Deon ·

Ek het in 2017 deur die dorpie gery. Moet sê die mense was ordentlik, maar het depressief gelyk. Nie veel geglimlag nie.

KrokodilBotha ·

Mooi so Orania. Sterkte vorentoe. Goeie voorbeeld wat kan gedoen word sonder n tuin tegnikus of of of

Viss ·

Is daar dalk ‘n karavaanpark,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Merie Perd ·

Viss, en watse karavaan park is daar nie! Het al daar gestaan en dit baie geniet.

Elna ·

Kan iemand asb vir ons sê wat die vereistes is om in Orania te woon en is dit maklik bekombaar om n lewe daar te maak? Vertel ons asb die waarheid van Orania.

D Meyer ·

Die waarheid van Orania – dis n mooi, skoon, grootliks misdaadvrye plek.

Merie Perd ·

Kolla, n Afrikaner plak nooit. Afrikaners, moenie bevooroordeeld wees nie, Ons voorgeslagte het altyd alle probleme oorkom omdat hulle saam gestaan het, en voordat hulle uitverkoop is.

Chris ·

Sou elke persoon wat die Orania model goedgesind is net R100 n maand betaal aan Orania soos wat die Jode doen in die buiteland aan Israel kan die plek vinnig groei tot die stad en gebied soos wat ons wil hé dit moet wees. Ek doen dit alreeds.

Dirk Breytenbach ·

Dis ‘n uitgediende holruggeryde uitspraak om dit “land locked” te noem en dus aan te voer dat dit nie bestaansreg het nie. Gaan kyk op die internet hoe suksesvol van die kleinste lande in die wereld is wat wel “landlocked is”. Gaan lees hoe die besigheid van die toekoms gaan lyk volgens die 4IR profete. Dit gaan nie saakmaak waar jy bly nie dit sal wel ‘n bonus wees as jy bly waar dit veilig is en waar goeie waardes geld. As jy nooit waag nie sal jy nooit weet nie.
Wat ‘n misrabele lewe sal dit nie wees as mens vir elke oplossing ‘n probleem vind en eenkant gaan sit en jouself bejammer oor wat jy nie het nie. Orania se syfers klop op verskeie terreine. Om iets te bereik moet ons hand aan die ploeg slaan en ophou om leunstoel kommentators te wees.

Deon ·

Dirk, Orania is ongeveer nege vierkante km. Dit is die grootte van ‘n gemiddelde woonbuurt in Johannesburg. Waar gaan die duisende mense woon? Rondom Orania het ‘n paar ryker mense reeds landbougrond gekoop. Die syfers klop nie. Iemand is besig om ‘n paar hoopvolle mense ‘n rat voor die oë te draai.

Dries du Toit ·

George van Bloem. Agter jou palesades en elektriese heining en loeiende alarms is jy darem vreeslik haatdraend teenoor n Afrikaner dorpie wat al meer as 20 jaar vreedsaam bestaan. Jy moet lekker bly in Bloem. Ek bid dat jy sal oorleef en Orania sal sien in die nabye toekoms

JAN ·

Ek sien blonde Boris wil Brexit globaliseer.? hummm.? Dan is dit mos niks anders as 50 jaar gelede kaskenades nie?
EN
Trump die Brexiter word histeries psigoties beskuldig van globalisaie met Rusland? hmm?
Hier is ons deur Oorle Pik met burgeroorlog af gepers gedwing in globalisaie in .
ANC is nog steeds slawe van die Wit base.

chris ·

Deon, die 9 vkm waarna jy verwys, is die grens wat die SA-sensus in 2001 en 2011 gebruik het. Daar is egter meer belangrike afbakenings.

Die aaneengeslote gebied rond Orania bedra ongeveer 33 vkm. Die gebied het al klaar sakebestuur, omdat dit nie onder die Thembelihle-munisipaliteit val nie. Die erkende munisipale raad vir Orania is die (ou) Orania Verteenwoordigende Raad. Die OVR is by die oprigting van die nuwe munisipale stelsel in 2000 nie ontbind nie, in teenstelling tot al die ander plaaslike (stads)rade. Daarbuite het Orania na 2000 nog ongeveer 60 vkm aangekoop, in die gebied wat tans onder die Renosterberg-munisipaliteit val.

Deon ·

Ek neem kennis dankie. Ek weet nie wat is Orania se groter planne nie, maar indien hulle wil afstig en ‘n republiek word benodig Orania ten minste 20 000 vierkante km. Anders sal Orania nie ontsnap uit SA se realeite nie. Wat my wel pla is dat die grond wat aangekoop is rondom die oorspronklike vesting primêr gebruik word vir landbou doeleindes, veral neute, katoen, gars en lusern. So, waar gaan die wat nie grond kan bekostig nie eendag woon? ‘n Dorp moet tog kan uitbrei om die hoopvolle migrante te huisves. Dit lyk my meer na ‘n tipiese feudale stelsel.

Dirk Breytenbach ·

en…….aangesien Orania nou 33 vk km is, bekende lande soos Switserland, Oostenryk, Tjeggiese Republiek, Kazakstan en Hongarye is suksesvolle lande wat omring is deur ander lande. San Marino is 37.8 vk km groot so kan ons met syfers speel om elkeen se punt te be wys. Daar is 43 sulke enklawes in die wêreld. As mens ernstig is oor jou volk, geloof, veiligheid en vryheid dan sal jy ‘n manier vind al begin jy klein. Dit staan enigiemand vry om te emigreer, assimileer of te werk/veg waarvoor jy staan. Dit help nie mens kry ‘n probleem vir elke oplossing nie! Dan stagneer jy en mors waardevolle tyd.

Jimmy ·

Dirk, ek sal graag wil weet hoeveel van daai 33 vierkante km is plaasgrond en hoeveel is ‘n woonbuurt. En wie is eienaars van die plaasgrond.

Jan ·

Die Orania debat is vergelykbaar met die NG Kerk se gay debat. Soos die mooi heilige en dogmatiese argumente gevoer word vir homoseksuele goedkeuring so praat die moderne voordeeltrekkers (in geheel anders as die voortrekkers) van Orania die aparte ontwikkeling idee goed. Sonder om na hulle lang heilige relase te luister is die som eenvoudig. Ons woon in Afrika, ook Orania is deel daarvan en die politiek sal julle opvreet. As dit goed gaan in Orania en nie in SA nie dan gaan alle landsgenote nie gestop word om ook daar te bly, sonder dat ag gegee word op die dorp se kultuur en taal gebruik, dit verander oornag, de facto. Ek weet reeds van gevalle waar wit mense in die dorp toegelaat is sonder dat hulle eers Afrikaans kan praat, as daardie toegewing reeds gemaak is dan wat is Orania se rede om nie n swart nie-Afrikaanse persoon toe te laat nie? Orania is n droom , maar n belegging is dit nie gegewe die risiko’s. Die doodskoot vir beleggings is die menslike sondige natuur, soos onlangs in die media berig waar munisipale geld onregmatig deur die vorige dorpsleier vir privaat uitgawes aangewend is. Jammer, kyk die land se realiteite in die oë, alles wat ons reeds van weet maar, ook die land se bevolkingsrealiteite en Afrikaners in besondere se apatie teen n Orania gedagte. In ons dorp wil die AfriForum tak verteenwoordiger nie n munisipale vergadering meemaak en as AfriForum verteenwoordiger identifiseer nie. Oplossings lê in samewerking.

Nonnie ·

As ons Afrikaners net saam kan staan, kan Orania ons uitkoms wees. Ek glo ons kan dit doen, onthou, niks is verniet nie.

Frm ·

Pak julle karavane ons gaan kuier bietjie daar Desember en kyk die kat self uit die boom uit. Wie is in?

Henry ·

Aan D Meyer
Met die hulp en bystand van die res van hierdie planeet se state en regerings het die ANC sonder veel moeite daarin geslaag om hierdie droewe land te ‘teer en veer’, soos jy dit stel.
Waarom sou die kleine Orania en hul inwoners vir wie se idealisme ek heelwat respek het, nie ‘ge-teer en veer’ word, wanneer so ‘n behoefte by die 58 miljoen inwoners van groter SA sou ontstaan?
Terloops, my familie en ek is gereëlde besoekers aan Orania en geniet en waardeer hul gastehuise.

Nonnie ·

As ons Afrikaners net saam kan staan, kan Orania ons uitkoms wees. Ek glo ons kan dit doen, onthou, niks is verniet nie.

Stefan ·

Die jaar is 2019. Suid-Afrika is ten volle beset deur die endemiese massas. Ten volle…? Nee, een klein dorpie ontembare Afrikaners hou steeds uit teen die besetters! En die lewe is nie maklik vir die paranoise munisipaliteite in die omliggende nedersettings van De Aar, Hopetown, Petrusville en Relehobile nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.