‘Te min skole vir te min gemeenskappe’  

panyaza-lesufi

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Deur dr. Christo Pretorius

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het sedert die begin van sy ampstermyn geen geheim van sy antagonisme teen Afrikaners en Afrikaanse skole gemaak nie.

Die aanslag wat tans teen Afrikaanse skole, waaronder die hoërskole Montana en Overkruin, geloods word, illustreer dit. Lesufi maak ook geen geheim daarvan dat hy Afrikaans- enkelmedium skole as Verwoerdiaanse nalatenskap beskou nie en dié erfenis met mening wil vernietig nie.

Ander skoolmodelle of opvoedkundige instellings, of dit nou godsdienstige, gemeenskaps- of korporatiewe skole is, sal mettertyd seker ook Lesufi se argwaan wek.

Dit is vir Lesufi en ANC-kaders maklik om gemeenskapsinstellings te teiken en met belastinggeld tot hulle beskikking transformasie af te dwing. Nietemin moet hulle egter kennis neem dat dinge verander.

Die opvoedkundige prof. Richard Bates bespreek van die veranderinge in ʼn artikel “The Politics of Civil Society and the Possibility of Change”.

Die opkoms van die burgerlike samelewing blyk volgens hom een van die veranderinge in die wêreld te wees. Volgens Bates is die burgerlike samelewing daardie lewensruimte tussen die gesin en familie aan die een kant en die oral indringende staat en korporatiewe wêreld aan die ander kant.

Dat die burgerlike samelewing as tussenruimte gewild raak, word toegeskryf aan drie oorsake:
Eerstens, dat gemeenskappe self verantwoordelikheid wil neem en self wil organiseer en dat die staat op dié manier begrens word;
Tweedens leef die burgerlike samelewing nie met ʼn kompetisie- en heersersmotief voor oë nie, maar plaas die burgerlike samelewing of gemeenskappe die klem op gesprek, onderhandeling en begrip vir die meervlakkigheid van die samelewing;
Derdens streef die burgerlike samelewing na samewerking in die gemeenskap in plaas van die versplintering van die individu of oorheersing deur die staat.

Boonop bevind die burgerlike gemeenskap haar tussen die regse poging, wat die invloed van politiek wil inkrimp en die vrye mark bevorder, en aan die ander kant die linkse en liberalistiese benadering wat onderwys wil gebruik om sosiale transformasie te bevorder ter wille van sogenaamde sosiale geregtigheid.

Of Lesufi ʼn ingeligte gesprek oor diversiteit van die werklikheid wil voer of wil onderhandel ter wille van die voorspoed van Suid-Afrika, haar mense en ál haar gemeenskappe, is te betwyfel. En of hy hom aan statistiek en deeglike berekening sal steur is ook te betwyfel.

Dalk moet Lesufi en ANC-ideoloë weer kennis neem van die 2014 opvoedkundige statistiek wat in Maart 2016 gepubliseer is.

Volgens dié verslag het Gauteng in 2014 oor 2 070 skole beskik; Limpopo oor 3 929 en die Oos-Kaap en Kwa-Zulu Natal onderskeidelik oor 5 554 en 5 915 skole.

Opvallend is dat die gebrek aan skole in Gauteng geleentheid bied aan privaatskole, want in verhouding met die ander provinsies beskik Gauteng oor 650 privaatskole, KwaZulu Natal oor 236 en die Oos-Kaap 187.

Lesufi se aanslag teen Afrikaanse gemeenskappe blyk nie net uit pas te wees met ʼn diverse werklikheid nie: Dit beteken Lesufi en die ANC het eenvoudig te min skole gebou.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Alida ·

Die man is nie lekker nie. Hulle moes al in 2004 en 2010 begin skole bou het vir die groeiende massas. Geen beplanning. Hoekom het hy nie die geboorteregister nagegaan en gekyk hoe groei die getalle nie. Net soos met ‘n boerdery moet jy genoeg hokke bou dieselfde geld vir kinders.

Alida ·

Hoekom erken hy nie maar reguit dat dit hulle eie skuld is nie. Nou kom die afrikaaners weer onder skoot. Dit is tyd dat die DA die man op TV aanvat en presies hoor wat die probleem is.

Riaan ·

Dit is die GROOT probleem met vandag se Afrikaners, julle glo vas die DA gaan julle uitkoms wees. Die dag as die meerderheid Afrikaners besef die DA is net so hopeloos soos die ANC sal die dag wees dat ons weer as ‘n nasie die gemors in die land sal kan begin skoonmaak

Ek stem Riaan ·

Riaan jy is reg, alle Blankes dink die DA gaan hulle redding en uitkoms wees . dit is niks anders as ‘n nuwe opkomende swart party nie. Hulle gaan nes die NP maak, net soos hulle genoeg ondersteuners het, gaan hulle ontbind en hulle ondersteuners weer inval by die ANC .. dan is alle opposisiepartye gebreek ..want die ANC sien hier kom moeilikheid en wil nie graag die leisels oorgee nie, nou sypel hulle die DA binne, maak hulle STERK en ontbind dan net soos ons dink NOU het die ANC ‘n sterk opposisie. Die DA spreek homself selde uit teen onregverdige regsuitsprake of plaasmoorde . so na wie se belange sien hulle nou eintlik om?

Annette ·

Verlede jaar het ek met my hart gestem en dit was nie vir die DA nie. Julle kon netsowel vir die ANC gestem het. Die DA het nog nooit en sal nooit vir ons opkom nie. Kyk hoe gaan dit i n die Kaap. Selfde as al die ander ANC beheerde streke. Nee wat die ANC en EFF regeer die land terwyl die DA op die kantlyn sit en kyk.

Anoniem ·

Alida, Lesufi het nie die insig om daardie beplanning te doen nie. Dit is vir hom baie makliker om die Afrikaanse skole tot niet te laat gaan.

M'Lady ·

Pas geboorte beperking toe dan sal daar nie n probleem wees nie. Dis gratis.

Alida ·

Dan moet hulle hom afdank en iemand aanstel wat beplanning kan doen. Ek is so gatvol vir hierdie land met sy onbevoegde ministers en aanhangsels.

Hendrik ·

Is is dit nie dalk dat die demokrasie nie werk nie? Die minderheidsgroepe het feitlik geen invloed meer nie.

Afrikaner ·

Dalk moet sy volgelinge minder skole afbrand dan sal daar nie ‘n tekort aan skole wees nie. Laat hulself herbou wat hul afgebrand het en los die Afrikaner skole uit.

Johann Marx ·

Hendrik? Dis demokrasie hierdie my maat….GEEN minderheid het enige invloed nie. Selfs die meerderheid het ook GEEN invloed nie….want hierdie is nie ‘n “deelnemende demokrasie” nie, dis ‘n “verteenwoordigende demokrasie”. Jou enigste “demokratiese reg” is om een keer in 4 jaar ‘n stem uit te bring vir die party wat jou “verteenwoordig”…….en van daar af kan hulle maak NES hulle wil, en jy betaal daarvoor. Afrika demokrasie: ‘n Proses waar die blanke minderheid kan meedoen aan sy eie ondergang….en goed voel daaroor!!!

Hendrik ·

Johan ek stem saam met jou en daarom het ek elke 4 jaar ‘n goeie vakansiedag op stemdag. Ek glo dat net groot stappe verandering kan teweeg bring om die Afrikaner weer terug te bring in die demokrasie. ‘n Groot stap soos ontrekking vanuit die demokrasie (deur nie te gaan stem) en dan nuwe onderhandeling af te dwing (waar diskrimenerende wetgewing soos rassekwotas, BEE ens. teen die blanke bepreek word en afgeskaf word).

marous ·

Hulle moes een duisend twintig honderd en veertig miljoen skole bou …. toe raak hulle deurmekaar en bou niks…..

Basson ·

Dit gaan nie vir die regering oor meer skole, dit gaan oor SPESIFIEK die vernieting van Afrikaanse prestasie, kultuur, geskiedenis, ekonomiese welvaart ens.
Hy is op rekord dat hy gemeld het Afrikaanse skole GRIEF hom, meer as wat die swak presterende anders skole hom pla. Sien die strategie en die obsessie?

Lee ·

Het hy en sy ANC Regering gedink dis nie nodig om nog skole te bou nie. Kyk na die statistieke en sien hoeveel skool meisie is deesdae swanger dan praat ons weer. Hopeloos te min skole vir die groot massas. Het Lesufi ooit matriek want dan is dit tyd hy ‘n paar somme maak. Ons meng nie in met Zulu, Xhosa, ens skole nie, so los ons Afrikaans skole uit!!

Disselboom ·

Lesufi verdien die kritiek wat hy kry. Die eintlike doelwit dat hy Afrikaanse skole wil vernietig, is geïdentifiseer. Maar al die kritiek en identifikasie is rook en lawaai, maar sit nog nie een steen op die ander om Afrikaanse skole te bou waarmee die Afrikaner homself vorentoe kan vat nie. Die howe is in die hande van dieselfde meerderheids (demokratiese) gemeenskap en het reeds duidelik gemaak daar is nie meer beskerming vir Afrikaanse staatskole nie. Sien die realiteit, sit kapitaal bymekaar en bou eie skole.

Leonard van der Dussen ·

Jy is reg Disselboom, maar daar is nog ‘n traagheid by Afrikaners om hulle geld op groot skaal bymekaar te sit, en die psige is maar nog sosialisties en dat die staat moet sorg en dat “regte afgedwing moet word”. Die besef en erkenning van die werklikheid van die Afrika-massa wat oorheers en nie die Westerse kultuurreëls erken nie, gaan dalk te laat insink.

Hennie v B ·

Lesufi en kie se grootste probleem is dat hulle of nie in staat is of nie die wil het om hulle eie mense se lewensomstandighede te verbeter nie. Dus word die Afrikaner en Afrikaner instellings gedemoniseer om die aandag van hul eie onbeholpenheid af te lei. Geld en tyd was daar oorgenoeg om skole te bou en leerkragte op te lei om kinders in hul Moedertaal te onderrig, maar ongelukkig het die regering belangriker dinge wat blykbaar hul aandag verg.

Theresa B ·

Almal is mos verkeerd behalwe hulle. Nou moet ons weer die spit afbyt vir hulle nie-dink-aan-die-dag-van-môre-nie denkwyse. En weereens is ons die skuldiges en ons is die rassiste.

Anne ·

Hierdie man laat my bloed kook , sy probleem is die blanke kinders. As hy sy sin kon kry sou die wit kinders seker glad nie toelating by enige skool gekry het nie .

Johanna Botha ·

Soos met die krag soos met die water en nou met die skole skrik hulle te laat wakker …..PATETIES !

Alida ·

Ek wens Freek Robinson en die DA leier wil die vent op TV pak en hom vra hoekom het hy nie 2004 al begin beplan het nie. Maar soos ons almal weet antwoord hulle mos nie vraag direk nie. Loop altyd draaie met alles.

Lewies ·

Ons noem dit: “met jou agterwereld-beplan”. Hoe lyk dit my Lesufi begin ook nou lyf kry soos sy maters?

Verwonderd ·

Is die skole nie gebou nie, omdat daar nie ‘n wil was nie, of was dit ‘n doelbewuste plan en aanslag van die begin af…? Ek vermoed die “aanslag” word so swak uitgevoer, ek dink nie ons kom tot terme met die ware intense drif in die regering se wil nie.

Gertjie Deysel ·

Ek het gelees: “It’s easier to go from failure to success than it is to go from excuses to success”.
Lesufi en sy kaders haak almal nog agter die brug vas oor apartheid. Self sal hulle geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige gemors nie, NOOIT nie. Almal word blameer behalwe hul onbevoegde self.

Disselboom ·

Reg genoeg, Alida: Lesufi moet uit sy pos verwyder word. En wat dan? Die Afrikaner en die Afrikaanse gemeenskap moet of ‘n ander regerende party aan bewind kry wat eerliker en doeltreffender is, of besef dat die ANC-regering (met sy genote) nie Afrikaanse skole gaan duld nie en daarom betyds eie onafhanklike skole aan die gang kry. Om net op die regering en op mense soos Lesufi te skree, blaas stoom af, maar dra niks by tot die toekoms nie.

Lewies ·

Ek se mos hoeka, beheer die aanstellings van amptenare en die probleem sal opgelos word.

Ben ·

Dit sal interessant wees om te weet hoeveel skole is in die Apartheid era gebou en hoeveel deur die ANC? Die selfde geld ook vir ons damme. Ja Boet, dit is die witman se skuld.

Karin Smit ·

Onlangs is ‘n pragtige nuwe hoërskool in Jeffreysbaai gebou om dié gemeenskap se skoliere te akkommodeer sodat hulle nie meer met (te min) busse na die buurdorp moet sukkel nie. Dit is egter ‘n wit olifant. Daar is al vandat die skool geopen is ‘n probleem met boeke wat nie afgelewer word nie. Ek dink die Departement moet sy gemors regmaak en een skool REG op die been kry en nie die spulle bietjies-bietjies takel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.