Theuns Eloff se ope brief aan Blade Nzimande

Theuns Eloff, voormalige vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, se ope brief aan Blade Nzimande, minister van hoër onderwys:

Minister Nzimande. Foto: GCIS

Minister Nzimande. Foto: GCIS

Agbare minister Nzimande, ek was verbaas om van u aanvalle op die NWU, die Raad van die NWU, die bestuur van die Potchefstroomkampus en die vorige visekanselier, te lees. Sover ek weet, is dit die eerste keer in u termyn as minister dat u een instelling en een persoon so aanval – al was (en is) daar universiteite en visekanseliers wat nie hulle bestuursplig nakom nie, waar ernstige finansiële wanbestuur plaasvind en waar daar nie oorsig is nie. U het selfs nie een van die universiteite wat u onder administrasie geplaas het, en waar onrus nog lustig voortgaan, so aangeval nie.

En daarom voel ek geroepe om op hierdie aanvalle te reageer – nie om myself te verdedig nie, maar om die NWU, sy raad en sy bestuur te verdedig.
Maar miskien net eers ʼn opmerking oor die merkwaardige “sameloop” van omstandighede van laasweek. In ʼn week met ʼn vakansiedag in die middel daarvan, besoek die Parlementêre Portefeuljekomitee die NWU Dinsdag, u ontbied die uitvoerende komitee van die Raad vir ʼn skrobbering Donderdag, u hou dieselfde dag ʼn mediakonferensie oor ʼn verslag wat u reeds maande gelede ontvang het en – die kersie op die koek – die nuwe visekanselier word Vrydag ingehuldig. Amper te goed om toevallig of waar te wees, nie waar nie? Ek meen die rewolusionêre term sal wees “stemming maak”?

Uit die media-aanhalings word dit duidelik dat u die sogenaamde Wessels-verslag as basis vir u aanvalle gebruik. U meld egter nie aan die media nie dat u op die versoek van die Raad onderneem het om dit nie bekend te maak nie, omdat die verslag moontlik lasterlike bewerings maak waarvoor die universiteit aanspreeklik gehou kan word indien dit gepubliseer word. U meld nie aan die media dat die verslag nie deur die Raad aanvaar is nie, vanweë ernstige gebreke daarin ten opsigte van metodologie en “hoor die ander kant”. U weet dat die verslag bevindings maak op grond van klagtes asof dit feite is, maar dat die persone wat aangeval word, nie geleentheid gegun is om hulle kant van die saak te stel nie.

En tog sê u in die openbaar, sonder om ʼn oog te knip, dat die Raad die publikasie van die verslag probeer verhinder het omdat die verslag “diep morele korrupsie” by die universiteit blootlê. Op grond waarvan maak u hierdie ysingwekkende beskuldiging? Op grond van ʼn verslag waarvan u weet dat dit ernstige gebreke het? Hoe onverantwoordelik kan dit wees?

Maar dit gaan verder. Selfs al bevind hierdie gebrekkige verslag self dat daar nie ʼn Nazi- of facistiese kultuur op die Potchkampus heers nie, gaan u lustig voort om die bestuur van “stilswyende” goedkeuring van so ʼn kultuur te beskuldig. U sê nie dat u die videogreep gewys is waarop die hele Beeld “exposè” berus het en dat u self kon sien dat dit glad nie ʼn nazisaluut was nie, maar ʼn liedjie van eerstejaars vir hulle koshuisleier.

Ek wil dit op rekord stel dat nie alles wat by die NWU gebeur en gebeur het, ʼn model vir die hiernamaals is nie. Daar is steeds baie gebreke en foute word gemaak. Die vraag is eerder: was en is die raad en bestuur vasbeslote om hard daaraan te werk om dit te verbeter? En my antwoord was en is “ja”…

U beskou dit as “verfrissend” dat die gebrekkige Wessels-verslag die NWU-bestuursmodel die skuld vir alles gee. Maar u het die afgelope 5 jaar elke jaar ‘n volledige jaarverslag van die NWU ontvang, waarin die prestasies van onderrigleer en navorsing, en die positiewe rol wat die bestuursmodel daarin gespeel het, duidelik aangetoon is. U het nooit kritiek gehad nie. U het toestemming gegee dat vele elemente van die NWU-bestuursmodel in die nuwe statuut van die Walter Sisulu Universiteit ingeskryf kan word, om die multikampus opset daar te probeer bestuur.

U vergeet gerieflikheidshalwe dat die huidige visekanselier, prof. Dan Kgwadi, oor ʼn tydperk van nege jaar hierdie selfde bestuursmodel effektief (en sonder enige besware) gebruik het om die Mafikengkampus van ʼn onbestuurbare en akademies swak kampus te transformeer na ʼn volwaardige NWU-kampus. Mafikengkampus kan vandag wat navorsing betref kers vashou met van die bestes in die land. U het tog toegang tot hierdie inligting, dan nie?

U vergeet ook dat die NWU vir vyf agtereenvolgende jare die PriceWaterhouseCoopers prys ontvang het vir die bes korporatief-bestuurde universiteit in die land.

Oor Potchefstroom en Afrikaans maak u die ontstellende naïewe (alternatiewelik moedswillige) stelling dat dit die bestuursmodel is wat Afrikaans op Potchefstroom “afdruk”. Nee, Minister, dis artikel 29(2) van ons Grondwet wat swaar onderhandel is en waarvan u ʼn kampioen behoort te wees, wat Afrikaans ʼn plek op Potchefstroom gee.

En dan maak u die reuse denksprong dat hierdie toedrag van sake sommer van Potchefstroom ʼn “apartheidenklawe” maak. As u die gebrekkige Wessels-verslag noukeurig gelees het, asook al die mediaberigte wat Beeld oor hierdie kwessie gegenereer het, sou u die verstommende ontdekking gemaak het dat daar nie een geval van rassisme uitgewys is nie. Selfs ʼn hele span Beeld-joernaliste kon oor ʼn naweek van intensiewe ondersoek, geen rassistiese voorvalle op Potchefstroom vind nie. ʼn Apartheidsenklawe? Dis mos nie naastenby die waarheid nie?

Uit die universiteitsbestuur se antwoord aan u oor die sogenaamde saluut, kom u luidens mediaberigte tot die gevolgtrekking dat ek vir u gelieg het. Ten minste twee van die verslae waarna u verwys, was net so gebrekkig soos die Wessels-verslag, en die ander een het ten spyte van die ooglopende kwaliteit van die NWU, net fout gevind op grond van ʼn gewaande gebrek aan “transformasie”.

Soos enige selfrespekterende uitvoerende hoof van ʼn organisasasie gaan ek nie die instelling waaraan ek verbonde is, op grond van sulke gebrekkige en duidelik eensydige verslae afkraak net vir politieke punte nie. Ek staan dus by daardie antwoord aan u. U kan my as ʼn leuenaar probeer afmaak – oudpresident PW Botha het dit ook in 1987 ná die Dakarsafari gedoen. En dit het ook nie water gehou nie.

Oor u oningeligte bewering dat ek nie ʼn kultuur van menseregte by die NWU wou vestig en bevorder nie, gaan ek u nie eers antwoord nie. My geskiedenis en wat by die NWU vermag is, spreek duideliker as enige woorde.

Die rede vir u aanvalle op die NWU is vir my duidelik. Dit irriteer u dat daar ʼn universiteit kan wees wat nie in die ANC-keurslyf van eensydige transformasie inglip nie, maar vir hulleself dink en die beste vir die land en al sy mense probeer doen. U sien ʼn nuwe visekanselier wat blykbaar ingrypende veranderings wil maak en u dink: “Kom ons steun hom”. Maar dan doen u dit deur die universiteit waarvan hy die hoof is en waarvoor hy reeds nege jaar gewerk het, saam met sy huidige en eertydse kollegas af te kraak. Dit spreek nie van integriteit nie.

U is nie bekend vir u verdraagsaamheid ten opsigte van meningsverskille nie. Daarvan kan baie ander universiteite getuig. Maar om ʼn goeie universiteit soos die NWU, die tweede grootste volgens studentekoppe in die land, en onder die top ses wat navorsings- en onderriguitsette tel, so aan te val en af te kraak in die hoop dat ʼn nuwe visekanselier na u pype gaan dans, is nóg eerbaar, nóg realisties. Kierangs braai, lui die Afrikaanse spreekwoord.

Ek wens u opreg sterkte toe met u groot taak om al die universiteite in die land te ondersteun, te bemagtig en beter te befonds. Vir u en die demokrasie se part, hoop ek die universiteitsektor bly outonoom en krities.

Vriendelike groete,
Theuns Eloff

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Theuns Eloff

Theuns Eloff is ʼn onafhanklike kommentator.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

gert ·

Pragtig, pragtig en weereens pragtig. Maar sal die boodskap uitkom aan wie dit geskryf is?

Korrupte gemors, hy en sy Kommunistiese trawante. Besef ons denkende mense dat die verkiesing niks minder was as ‘n ondemokratiese staatsgreep deur die kommuniste, sonder dat een enkele stem vir hulle uitgebring is.

Theuns Eloff, ek salueer u met die hoogste agting.

Gert Strydom

dirk bosman ·

Theunsbaie dankie dat jy in die bresse tree vir die puk.,

Alwyn Beetge ·

Ongelukkig het die minister geen integriteit nie. Om te lieg en bedrieg is vir die minister en sy party so natuurlik so as om brood te eet. So moet nie veel verwag van die ANC en sy Afrikaner werff- bobbejane nie.

Pieter Coetzee ·

Theuns ,, ek dink dit val ongelukkig op dooie ore! Die probleem is, hulle is so dikvellig (en arogant), dat dit maak nie saak hoe polities korrek u is, of dat u Blade sleg sê op so n mooi manier, dat hy eintlik goed voel daaroor nie, dit bly dooie ore!
En om te dink ,, alles het weereens begin deur die naiwiteit van die Afrikaner gemeenskap (Beeld) wat nie bereid was om, ipv om vir sy gemeenskap op te staan, besluit het om dit eerder af te breek ( en dit vir n storie!) ,, nou is die kollig op die NWU geplaas!
Sterkte met die debat ,, wens ons as Afrikaner volk kan vir eens bietjie saamstaan in die lewe!!!

Rudi Jansen ·

Goed gese! Bietjie vir bietjie word ons kultuur afgebreek tot daar niks oor gaan bly nie tensy ons gaan terug begin veg soos Theuns. Ons moet nie meer hul leuns dult nie.

Reinette ·

Baie dankie prof Theuns, soos gewoonlik slaan u die spyker op die kop.

Lorraine Botha ·

Ek stem heelhartig saam en weier om ooit skuldig te voel dat ek self aan die destydse PU vir CHO (nou NWU) studeer het. Die PUK was en is en sal hopelik nog vir dekades ‘n eerbare instelling wees wat volronde landsburgers produseer wat vir hulleself kan dink. Ons kan nie almal met oogklappe aan agter ‘n groepie ‘leiers’ aan strompel en glo dat ons oppad na utopia toe is terwyl miljoene weerloses rondom ons van honger en ellende vergaan nie. Dis tyd dat ons by die vel-ding verby kom en ALLE Suid-Afrikaners as Suid-Afrikaners aansien en dienooreenkomstig behandel. Die agbare minister behoort heel voor aan so ‘n beweging te staan!

Marlene ·

Puik gestel. Dis jammer dat hulle deur korrupte politieke mag alles wil afbreek wat goed en opbouend is. Sterkte met die werk wat jy doen en dankie dat jy nie maar net toegee aan die politieke druk nie. Wens ons volkie kan saamstaan en almal begin standpunt inneem vir dit wat reg is.

Boer boetie ·

Meeste van ons het verwag die regerende party sal darem sommige van Nelson Mandela se waardes behou. Maar ek dink meeste van ons is teen hierdie tyd al wakker.

Snaaks dat die Nazi’s van ouds ook bedreigd gevoel het teen ‘n minderheids kultuur. Ek is seker as daar ‘n Hebreeuse universiteit in Duitsland was op daardie stadium, sou sy taalbeleid verander het. Maar die Nazi’s was darem nie hipokrities genoeg om die Jode van Nazisme te besluldig nie….anders as wat mens van die ANC kan se.

Leon Gouws ·

Dankie aan prof. Theuns dat hy bereid is om Blade aan te vat. Ek glo die hele PUK en gemeenskap ondersteun jou 100%. Blade is te dom om agter te kom dat die PUK 100% werk in die nuwe SA. Bepaal jou by instansies en skole waar dinge nie werk nie, maar dit wil vir my voorkom of jy en jou department te DOM is om enige vordering te maak en te bewerkstellig in skole en instansies waar daar gesukkel word- veral as jy kyk na die stakings, brand en klipgooi deur student wat net so DOM soos jy is wat dink alles kan verander word deur bg onaanvaarbare gedrag. Doen jou werk en hou op om af te breek aan dit wat werk. HOOP JY VERSTAAN- AS JY NIE, MAAK AFSPRAAK SODAT EK MOOI AAN JOU KAN VERDUIDELIK.

Maritza Boucher ·

BAIE dankie! Dit is voorwaar tyd dat mense begin opstaan vir wat reg is en ons ons eie kultuur begin verdedig. Ons het ook ‘n plek in die land net soos enige ander nasionaliteit. Ek is trots om te se ek het aan die NWU – PUK gestudeer en my graad verwerf. Heil PUK!!! Dit is wel vir my skokkend dat ‘n “geleerde politikus” soos minister Nzimande homself so kan verneder deur sy eie optrede en so sy onkunde ten toonstel.

Nico Labuschagne ·

Net so jammer die agbare minister sal nie ‘n woord hiervan verstaan nie!

nicolette ·

Goed gese prof Eloff.Ja die agbare minister sal niks hiervan verstaan nie, so dan moet hy nie sy monduitwas ninie.Hy kan in elk geval geen besluite neem wat positief is nie.Pukke is in die kollig omdat die agbare minister te vlak is om te dink en goeie besluite te neem.LOS DIE PUKKE UIT DIT IS n GOEIE INSTELLING MET STERK WAARDES EN BESLIS TROTS AFRIKAANS.

EENMAL n PUK, ALTYD n PUK!!!!!!!!!!!!!!

Willem Pienaar ·

Soos ons, ek jou ken en al die jare beleef – n antwoord of brief so sprekend van iemand met opregtheid, eerlikheid en integriteit!

Theuns jou gawes en talente van versiendheid en realisme het van die samesmelting van die NWU n reuse sukses gemaak, myns insiens die mees suksesvolste van alle samesmeltings – waar was Mahikeng en waar is dit vandag – jy het dit in jou brief bevestig.

Ongelukkig soos alle instellings wat 1994 suksesvol gefunksioneer het moes alles eers afgebreek word net om later te besef dit was n oorsig maar regering vd dag sal dit nooit erken nie. Deur onderwys- , verpleeg- , tegniesekolleges ens af te skaf was n geweldige terugslag/ontneming van opleiding vir baie van ons jongmense. Nou word daar weer teruggekrabbel om dit weer oop te maak.

Die optrede vd minister bevestig maar net dat hulle nog steeds na 20 jaar nie kan aanvaar dat die NWU se samesmelting n suksesverhaal vir die gemeenskap en vir n universiteit se kernbesigheid was/is nie. Daarom het ek groot waardering vir jou kommentaar

DVZ ·

Theuns dankie dat jy in 1977, saam met Markgraaff, deel was van die PUKKE wie die SHIMLAS geklop het. Dit sal waarskynlik nooit weer gebeur nie.

Theuns nee dankie dat jy in ’87 jou tyd in Dakar gaan mors het. Daar skop een van jou ANC gespreksgenote jou jou nou in die tande. Ek vertrou dat jy nou jou les geleer het. Leon Wessels se beurt kom nog.

FW jy het “law” op die PUK ge “cum laude” – ek ook. Kom ons gaan gee ons sertifikate terug. Binnekort is dit niks meer werd nie – danksy prokureurs Meyer, Coetsee, Wessels, Pik, Schutte, Scheepers en andere wie jy om jou versamel het om namens jou te moes onderhandel. Julle “wigte en teenwigte” was al die tyd ‘n bol wind. Dis tyd dat jy opstaan en iets se anders sal die geskiedenis met jou spot.

Blade Nzimande, jy lyk vir my na ‘n top wetenskaplike. Jy slaag daarin om vinnig ‘n “boggerop” van goeie instansies te maak. Jy en jou maters “transformeer” die land in die afgrond in pleks van net kalm bly en die evolusionere prosess hul gang te laat gaan. Jy sal ook jou agterwereld sien in die anale van die geskiedenis.

Zimbabwe hier kom ons!!!

Dis miskien nodig dat die PUK weer terugkeer na sy bakermat en in Burgersdorp as ‘n private instelling van onder begin.

Adriaan Basson, jy is nog nat agter jou ore – wat wou jy bereik? Moet nie die publiek probeer opvoed nie – dis mos wat jy aan jou redaksie vertel as hulle jou waarsku. Die Beeld verkoop maar deesdae min koerante want die lesers het agtergekom jy praat snert en probeer polities korrek skryf – al is baie daarvan, soos in die geval van die PUK, op on onwaarhede gebasseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.