Trump: Die begin van die einde van die Nuwe Wêreldorde?

Donald Trump

Foto: AP Photo/Paul Sancya

Teen hierdie tyd weet almal dat Donald Trump toe wel die presidensiële verkiesing in die VSA gewen het. Trump het Hillary Clinton verslaan in seker een van die belangrikste verkiesings in die VSA in die afgelope klompie dekades. Die verkiesing het basies nasionalisme voor globalisme verkies en die bestaande wêreldorde erg versteur. Hierdie rubriek op Maroela Media het reeds in Julie daarop verwys dat Trump gaan wen: “Hoekom Donald Trump die verkiesing in die VSA gaan wen”.

Tog gaan ons nie stilstaan by die verkiesing en wat nou in die VSA gaan gebeur nie. Daar is genoeg kenners, ook hier op Maroela Media se webtuiste, wat in die volgende paar weke uitstekende kommentaar daaroor gaan lewer.

Miskien net een kommentaar: dis eintlik ongelooflik dat Trump gewen het, aangesien hy ʼn veldtog teen “almal” gevoer het. Hy het teen beide die Demokrate en die Republikeine (se leierskorps) gewen, wat beide die bestaande orde in Washington wou behou. Hy het ook teen die magtigste nuusmedia geseëvier. Maak geen fout nie, die nuusmedia in die VSA is allermins onafhanklik. Hulle bedien beslis sekere belange in die Amerikaanse stelsel en hul eenogige beriggewing en openlike afkeur aan Trump het hom byna die presidentskap gekos. Trump het selfs die meningspeilings geklop!

Kom ons kyk eerder wat die hele veldtog van Trump beteken en wat sy oorwinning dalk vir die bestaande wêreldorde beteken.

Trump bevorder ses beginsels

Hier verwys ek graag ʼn uitstekende artikel wat so paar weke terug verskyn het (toe almal nog voorspel het Hillary Clinton gaan wen) deur ʼn Amerikaanse professor by Georgetown Universiteit, Joshua Mitchell, genaamd “Donald Trump Does Have Ideas—and We’d Better Pay Attention to Them”.

Die artikel sit uiteen dat daar ʼn sterk tendens wêreldwyd is om die Nuwe Wêreldorde, wat na die val van kommunisme in 1989 posgevat het, vaarwel toe te roep. Trump het hierdie wêreldorde met sy idees verwerp. Hy het ses idees gepropageer om hierdie orde te vervang:

  • Eerstens maak landsgrense wel saak (met ander woorde, jy is nie ʼn wêreldburger nie – globalisme, maar behoort aan ʼn staat – nasionale burger)
  • Tweedens ʼn roekelose immigrasiebeleid raak die inwoners van die gasheerland erg.
  • Derdens nasionale belange is belangriker as sogenaamde universele belange.
  • Vierdens entrepreneurskap stimuleer ekonomiese groei.
  • Vyfdens desentralisasie (oftewel selfbestuur) is belangrik.
  • Sesdens politieke korrektheid verwerp moet word.

As jy raakpunte hiermee in Suid-Afrika sien of almal (of meeste) van hierdie idees aanhang, is jy dalk niks anders as ʼn Trump-ondersteuner nie.

Die media in die VSA het hierdie soort nasionalebelangepolitiek as “populisme” voorgehou. Ondersteuners van nasionalebelangpolitiek in Europa word ook gereeld “verregses” of “populiste” genoem. Voorheen was populiste eerder ʼn woord wat vir kommuniste of “linkses” gebruik is. Populiste staan idees voor wat op onwerkbare utopia gerig is en kry so populêre steun. In die ou dae sou Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) byvoorbeeld populiste genoem word met soms absurde beloftes.

Ewenwel, terug by Trump se ses idees of boodskappe. Hierdie is nie idees wat skielik posgevat het nie. Trump het dit net op sy eiesoortige manier oorgedra en eintlik ʼn rewolusie in die VSA begin teen die bestaande orde. Dis hoekom die Demokrate, die Republikeine (wel, baie van hul senior leiers)  en die mediahuise hom so graag wou sien verloor.

Trump gee eintlik vir ons ʼn sterk boodskap: die nasiestaat is belangrik. Mitchell skryf Trump se opgang beteken landsburgers het regte en hulle kan saamwerk om daardie regte te gebruik om hulself en hul staat te bevoordeel.

Ons het natuurlik oor die laaste paar jaar gesien hoe mense, veral in die VSA en Europa, teenstand begin bied teen die heersende wêreldorde. Die invloei van miljoene vreemde immigrante uit die Midde-Ooste en Afrika het die pot laat oorkook. Die hele Brexit-gedoente, waar die Britte besluit het om die Europese Unie te verlaat, is deel van hierdie verskynsel. Ook die opgang van “populiste” in Frankryk, Nederland en Duitsland, om maar ʼn paar te noem.

Die politiek waar die nasiestaat ʼn sterk rol speel, is natuurlik in openlike opposisie teen die heersende wêreldpolitiek, naamlik die afbreek van grense van die staat (globalisme) en sogenaamde identiteitspolitiek.

Die afbreek van grense en state word reeds vir 20 jaar deur die EU, vryehandelsooreenkomste en streeksorganisasies bevorder. In praktyk maak dit ʼn paar rykes ryker, verseker dat groot multinasionale maatskappye verder uitbrei, ontneem ontwikkelende state van hul beste breinkrag (want hulle gaan werk eerder in ontwikkelde ekonomieë) en benodig hande-, wat weer deur grootliks onwettige immigrasie na die ontwikkelde wêreld plaasvind. Baie beloftes word gemaak oor werk wat geskep gaan word, ensovoorts, maar daar is eintlik nie veel voordeel vir die spreekwoordelike man op straat nie.

Identiteitspolitiek en globalisme

Identiteitspolitiek het die laaste 25 jaar die wêreldorde oorheers en ons, ook hier in Suid-Afrika, word gereeld hieraan herinner deur soms absurde en politiek-korrekte optredes en gebeure.

Maar wat is identiteitspolitiek? Dit verwys na die neem van politieke posisies gegrond op die belange en perspektiewe van sosiale groepe met wie mense identifiseer. ʼn Hele mondvol. Voorbeelde hiervan is sosiale en identiteitspolitiek gebaseer op ras, klas, geslagsidentiteit, etnisiteit, nasionaliteit, seksuele oriëntasie, gestremdheid, godsdiens, kultuur, taal en dialek.

Ons word toenemend gestoomroller deur sogenaamde aktiviste (hulle staan ook bekend as sosialegeregtigheidstryders, wat op sigself nie polities korrek is nie) wat sulke identiteitspolitiek “speel”.

Die verskynsel is natuurlik ook baie sterk aanwesig in Suid-Afrika. Sogenaamde rassisme van wit mense, transformasie van bestaande sosiale en ekonomiese strukture, wettige diskriminasie teen wit mense, dekolonialisering van universiteite, wit simbole wat nie welkom is in die land nie, grondhervorming en grondgryp, ensovoorts, is almal voorbeelde van identiteitspolitiek wat aanvaarbaar geword het.

Ongelukkig sluit die identiteitspolitiek sekere mense uit. Ons sien toenemend dat groepe wat die ekonomie en politiek die afgelope paar eeue oorheers het, nie deel kan hê aan hierdie identiteitspolitiek nie. Dit is veral mans, wit mense, Christene en dalk moet ons byvoeg, heteroseksueles.

Deur hierdie argument kan mans, wit mense, Afrikaners, Christene en gesinne byvoorbeeld nie aandring op identiteitsregte in Suid-Afrika nie. Daarteenoor is swart sakeforums, Moslems, gays, daggarokers, armes, mense sonder grond, Engelstaliges en selfs vroue of gestremdes byvoorbeeld “aangewese” groepe wat wel identiteitspolitiek kan bedryf.

Ook in Europa sien ons talle voorbeelde van identiteitspolitiek. Die nuwe immigrante uit die Midde-Ooste en Afrika, Arabiere of mense wat Arabies praat, transseksueles, armes, Afrika of Moslem kulturele gebruike, ensovoorts, speel identiteitspolitiek, maar die Duitse nasionalis in Duitsland, wat Duits praat en trots is oor sy Duitse herkoms, word gesien as a bekrompe, verregs of ʼn populis.

Michell verwys daarna dat die idees wat Trump, Brexit en ander vir ons gebring het, die begin kan wees van ʼn nuwe wêreldorde. ʼn Wêreldorde met sy eerste verpligting teenoor strukture in die gemeenskap (soos die gesin, familie en gemeenskapsorganisasies), tweedens teenoor die vryemarkstelsel en derdens teenoor die staat. Van laasgenoemde word eerder verwag om die burgers te beskerm en nie om identiteitsbelange te bevorder nie. Die staat word nie gesien as ʼn middel om armes deur die staatskas te voed deur sosiale hulpskemas nie en heeltyd “sosiale ongeregtighede” uit te wys en te beveg nie.

Trump se oorwinning in die VSA bewys daar is wel ʼn alternatief tot die nuwe wêreldorde.

ʼn Nuwe wêreldorde

Dit beteken politieke partye sal wêreldwyd moet aanpas by die wêreldorde wat stadig maar seker besig is om te verander. Baie waarnemers wys reeds daarop dat daar nie veel sprake van identiteitspolitiek in groeiende ontwikkelende lande is wat al hoe meer na vore kom as wêreldleiers nie. Dit is dalk deel van hul sukses.

Hoewel sommige nou nie juis demokraties van aard is nie, is die aandrang eerder op nasionale belange as identiteitsbelange. Voorbeelde hiervan is China, Rusland (onder Poetin) en Japan. Die meeste groeiende ekonomieë in Asië bevorder glad nie identiteitspolitiek nie. Selfs Afrika het nie ʼn groot voorkeur vir identiteitspolitiek nie, maar die magsgreep van die elite en korrupsie veroorsaak dat daar nie juis voordele vir die gemeenskap is nie.

Daar is wel ʼn teenstrydigheid. Hoewel identiteitspolitiek nie deel van hierdie lande se eie beleidsraamwerk is nie, bevorder hul burgers wel identiteitspolitiek as hulle emigreer na ontwikkelde ekonomieë. Hulle gebruik dus eerder identiteitspolitiek teen die Westerse state om voordele te verkry.

Dit is nog te vroeg om te sê dat die bestaande globalistiese wêreldorde, wat ons reeds vir 25 jaar ken, gaan verander. Baie moet nog gebeur om identiteitspolitiek eerder in nasionale belange te laat verander. In Suid-Afrika voel dit soms of ons altyd ʼn dekade of twee agter wêreldnorme is en identiteitspolitiek word nou eers daadwerklik werklik deur belangegroepe en die media bevorder, al is die tendens dat die wêreldpolitiek juis verander.

Nietemin is dit ʼn tendens wat ons moet dophou. Sou Brittanje suksesvol afstig van die EU, kan ander volg. Trump se verkiesing kan nasionale belange voorrang laat geniet in die VSA en soos die identiteitspolitiek minder aantreklik raak vir Europese nasies, kan hulle ook wegbeweeg van die bestaande orde.

Trump se verkiesing kan nietemin ʼn rewolusie veroorsaak.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Nico Stegmann

Nico Stegman is ’n onafhanklike skrywer met 30 jaar ondervinding in navorsing en analise oor diplomatieke en internasionale aangeleenthede.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Johann ·

100 vir jou. Het dit sien kom, die volk het gepraat, ongeag die oormag, mag die media volg.

Rens Roodt ·

stem saam – kan nie wag vir die dag wat ons Blanke Boerevolk weer oor onsself gaan regeer nie – siek en sat vir demokrasie wat die regte skend van die earlike en wetsgehoorsame persone maar eerder die korruptes, moordenaars, diewe, leuenaars ens. beskerm – demokrasie stink!!!

JC ·

Dankie vir jou artikel Nico.
Mag identiteitspolitiek by die deur uitwaai asook die linkses, polities korrekte (wat seker nou erg gefrustreerd is, hehe!) en globalistiese wereldorde!!
Ek is ‘n Afrikaner (Boer) en ek is trots daarop, en is ek NIE ‘n identiteitlose, wortellose, rigtinglose kamtige wereldburger NIE!!!!!!!!! Ek KEN my geskiedenis en erfenis en is trots daarop, en niemand sal my anders vertel NIE.

Joh. 3:16 ·

Stem saam. Dit maak nou sin. In post-modernisme samelewing kan mense woorde skep en misbruik. Die woord “populiste” is so ‘n woord. Ek hou van jou beskrywing en gebruik van die woord.

Jan van Riebeeck ·

Nico, jy was in die kol met die uitslag voorspelling, en waarskynlik met hierdie stuk ook. Die gewone mens aanvaar nie meer die media manipulasie nie (is identiteitspolitiek nie maar in ‘n groot mate ‘n produk van die media nie?) Baie goed geskryf, dit laat my met hoop en meer duidelikheid oor die pad vorentoe.
Is identiteitspolitiek nie presies wat toegepas is deur die media teen die Apartheidsregering nie? Die “struggle” wat so aktief in die media bevorder is was so ‘n geidentifiseerde groep.

Johann ·

Jy praat tereg hier bo van die media, ek het amper in my kommentaar ‘n paar van die name genoem.

Marius ·

Kom ons hoop dat die Afrikane wat eeue voor blankes hier was nie begin om ons uit die land te dryf met wetgewing wat sê ons hoort nie hier nie. Die geluide word reeds gemaak en die Trump oorwinning gaan dalk net stukrag aan so sentiment gee. Ons kan dalk as die indringers gesien word wat swart mense se werksgeleenthede weg kom vat het. Op ‘n skeefgetrekte manier kan dit dalk gebeur.

chrisp ·

Ja, sal jy asb jou bronne in die eerste sin hier plaas ek sal dit ook graag eers wil sien.

Feite ·

Mmmm… Daar is baie groot dele van SA (en van Namibie) waar die sogenaamde Swart Afrikane nooit gebly het nie, en hulle geen historiese eiese op kan maak nie. Hierdie gebiede sluit in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en dele van die Oos-Kaap. Die oorspronklike inwoners was die Khoi en San Groepe, en daarna die Europeers (met wie hulle reeds meer as 350 jaar lank ondertrou).

Al hierdie groepe praat nou Afrikaans, deel Christelike waardes en het saam ‘n lang geskiedenis. Dis waar ons toekoms is…

Google “Ethnic Groups of South Africa”.

JC ·

Dankie tog Feite!! Help tog vir Marius mooi. Ek dink dit is presies wat ons so uniek maak en ons besef dit nie, die feit dat ons die enigste blanke etniese groep van Afrika (lees: Suid-Afrika) is met ‘n eie unieke Afrika (lees: Suid-Afrikaanse taal) taal wat ons deel met die bruin ouens, wow!! ek is SO SO trots!! Ek is reg vir enigiemand wat my, my VADERLAND wil verbied en se ek is nie welkom hier nie, ook Marius hierbo wat dit insinueer:-) RSA IS BOERELAND !!(AFRIKANERLAND)

Jan ·

Marius, hier onder by die skakel is so ‘n klein gedeelte van die geskiedenis van waar die swart mense aanvanklik van die noorde af gekom het en daar noord van Pafuri in Rhodesie gewoon het. As jy daar in die noorde in Die Wildtuin by die twee erfenis plekke besoek af lê, sal jy groot kaarte op kennisgewingborde sien wat daar aangebring is met die volledige geskiedenis op aangeteken. Die regte naam van die plek is eintlik Thulamila.

https://www.sanparks.org/parks/kruger/people/heritage/thulamela.php

Dion ·

Is ons volk nie lagwekkend nie! Nou vat almal vir Marius aan oor ‘n stelling wat hy gemaak het en nou wil almal weet waar hy sy inligting kry. Maak dit nou saak of die mense nie by die punt van Afrika gebly het nie maar wel by Malmesbury of Cradock of waar ook al die naaste mense gebly het. Die punt is dat hier nie Blankes was voor Van Riebeeck hier gekom het nie. Die hele Afrika het Blankes/Europeërs gehad, want dit was hoe die ontwikkeling in die lande plaasgevind het. Die enigste verskil is dat hierdie Europeërs op ‘n stadium weer die lande terug gegee het, maar ons het vasgebyt. Met al ons uitbreidings en ontwikkelings het dit die mense getrek na die areas waar daar werk is. JC, jy sê jy’s reg vir enige-iemand wat jou vaderland wil verbied, maar Marius het jou nie verbied nie, hy is net realisties, want hy lees die tekens van die tyd? Dink julle nie dat Julius Malema se woorde oor Blankes wat nie grond mag besit nie, gaan uitkring nie?JC, verder maak jy my nuuskierig met wat jy bedoel met “jy’s reg”?

Jan ·

Dankie Dion, dit is grotendeels agv die verdraaiing, of onverskillig met die geskiedenis en die feite omgaan, soos per die ANC propageer, dat ons sit waar ons sit. Ons kan hare kloof soos Marius dit heel bo gedoen het, ons kan dit regstel, ook sommer vir interessantheidshalwe, want dit gaan ook oor ons erfenis, ons kan onverskillg daarteenoor staan, dit bly jou keuse, maar dan raak dit die norm van wat mense glo en dan gaan die ANC en diesulke mense jou looi.

Ystervuis ·

Trump sal sy persoonlike sekuriteit behoorlik moet opknap. Indien hy regtig ‘n teenstander van die nuwe wêreld orde en globalisme en die malle dryf na ‘n eenwêreld regering is dan is sy lewe in doodsgevaar. Dink maar aan leiers soos Hendrik Verwoerd, Abraham Lincoln, John F Kennedy. Hierdie was gewilde leiers wat nie by die stembus of met ‘n skandaal uit die kussings gelig sou kon word nie.

Johan ·

Die Amerkaanse Secret Service se bestaan is om die VSA president te beskerm.
Ook die nuwe aangewese Trump.
Hulle is so 2000 elite hoogs opgeleide personeel.
Behoort goed genoeg te wees dink ek.

DVL ·

Afrikan is wel al lank in Afrika maar nie Suid – Afrika nie hulle het ook maar min of meer selfde tyd as Van Riebeeck hier uitgekom as ek reg onthou, ook gevlug vir hulle mede broers. Hulle was meer in SA binneland en die enigste inheemse “swart” bevolking in SA was die Khoi – San die res is almal “ingevoerdes” so het maar net so min reg op die land. Ongelukkig het hulle die geskiedenis verdraai om hulle te pas. Maar grond en water en diere behoor aan niemand nie dit behoort net aan EEN wat dit alles geskep het die mens het homself dit toegeien. Trump se oorwinning moes gebeur dinge moet begin verander in die wereld en hy mag dalk nie n goeie mens wees nie volgens ander maar dit moes gebeur.

Ben Prinsloo ·

Dankie Nico dat jy altyd die perspektief kon raaksien en jou nie net blind gestaar het en jou aan jou neus laat rondlei het deur n klomp niksseggende liberale pers nie.

Therese van Schalkwyk ·

Skitterende stuk! Nico Stegmann, jou doring!

Identiteitspolitiek is ‘n euwel en die Weste se Achilles-hiel.

As daar nou één man is wat homself op die skouer mag klop vandag, saam met Donald Trump, is dit jy. Jou Julie-artikel weer gelees en sy gelyke sal nêrens ter wêreld gevind word nie; sal sowaar my kop op ‘n blok sit.

Johan ·

Stem saam.
Baie beter beredeneerd as Leopold Scholtz s’n.

Marius ·

Probeer asb tog by enigiemand in die wêreld te verduidelik die blanke man was voor die swart man aan die suidpunt van Afrika. Veral aan enigiemand in Afrika. Sterkte

JC ·

Sterkte aan jou ook, dit lyk of jy dit nodig het en in ‘n staat van self-ontkenning is.

Merkur ·

Die sterkte wens is glad nie nodig nie. Baie Europeërs sal dit vir jou ook so verduidelik dat die wit man voor die swart man an die suide punt van Afrika was.

John ·

Julle vergeet van Arabiese volke en veral die Egitenare wat noord woon. Die swartes van Afrika het in die tyd van Vasco da Gama net in sekere dele noord voorgekom en die San in die suide. Die koms van die witman het eintlik die swartes nader gelok soos elke wit nedersetting nou ook doen. Sowat 25 jaar gelede was swart woonbuurtes in die Kaap skaars. Zimbabwiese burgers het uitgewyk en die eerste plakkerkampe aan die Kaap gevestig.

Ring ·

Is dit waarom Rian van jacaranda heel tyd tradisionele waardes afbreek?

Kom Ons Staan Saam ·

Kom ons almal staan saam met ander lande se mense wie se oe ook oopgaan. As die sogenaamde “populuste” hier en in Amerika, europa, australie en ander lande saam staan kan ons BAIE sterk word!

Selfbeskikking ·

Ons moet die wiele aan die rol kry vir selfbeskikking, die wereldorde gaan in ons guns draai en ons kan onsself red van die land wie se mense almeer aggressief teenoor ons raak.

Dion ·

Marius, ek stem 100% saam met jou! Nie seker wat bedoel word met “selfontkenning” nie?

Marius ·

Ek dink die mense hier begryp nie mooi wat ek bedoel nie. Jy kan geskiedenis probeer uitlê tot jy blou is. Niemand maar niemand in die wêreld neem jou ernstig op as jy probeer verduidelik dat blankes eerste hier was nie. Dis al wat ek sê. Dis ‘n tipiese braaivleis laat-jou -goed -voel-wie-was-eerste-hier storie. Dit het egter geen invloed op die opinie van enige swart Afrikaan nie, veral nie rooi berets of ANC ondersteuners nie. Tensy jy dit nie regkry om op ‘n obskure stukkie grond by die regering kry nie, waar jy afhanklik is vir water uit ‘n rivier wat van elders kom, gaan jy dit op ‘n ander manier moet doen doen. Europa en Amerika het te veel probleme om om te gee oor wat hier gebeur.

Jan ·

Gaan lees ‘n biedjie wat nou in hierdie dae in die politiek gebeur, selfs die ANC is besig om vir Julius daaroor en sy propaganda aan te vat. Dit gaan vir my nie om wie eerste was of wie nie eerste was nie, (terloops die swart mense het al om en by 400 jaar gelede in die suide van Rhodesie aangekom waar hulle goud gemyn het). As jy in ontkenning van die geskiedenis en jou herkoms leef, kan jy net sowel nou al boedel oorgee.

Renier ·

Ek glo mense onderskat die mag van die mense wat uit die skadu’s regeer. Mense het geen idee hoeveel mag mense wat “geld” na willekeur kan druk het nie, en hoe subtiel hulle te werk gaan om die massas te manipuleer nie. Hulle het 8 jaar gelede die mense getrakteer op die groot swart hoop. Hierdie keer gee hulle die Amerikaners die groot wit hoop. Ek voorspel dieselfde resultate.

Otter ·

Dankie, goeie artikel.
So stadig soos die pendulum swaai, so onstuitbaar is hy. Ons moet bly glo en bydra om die verwarde denke van die massas te rig na wysheid, elkeen in ons eie invloedsfeer.

Gatiep ·

Wens ons kon Trump gehad het pleks van FW De Klerk…

Dan was ek nie nou in die buiteland om kos op my gesin se tafel te sit (in S.A) nie…
Liberalisme is n siekte wat tot die dood van alles goed lei…ek verafsku dit

Buks ·

Baie goeie artikel, verandering is dalk die regte ding om alles weer in perspektief te kry.

Merkur ·

Is baie bly om te lees hoe talentvol en uitstekend Afrikaners soos Nico Stegmann kan aniliseer en opsom en artikuleer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.