Trump lewer belangrikste toespraak van sy presidentskap tot dusver

Donald Trump

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

Verlede Donderdag, voor duisende ondersteuners in die Poolse hoofstad, Warskou, het die Amerikaanse president, Donald Trump, seker die belangrikste toespraak van sy eerste paar maande in die Withuis gelewer. Die redaksie van die grootste Amerikaanse koerant, The Wall Street Journal, het tereg na afloop van die toespraak gevra waarom Trump meer as ses maande gewag het om sóo ’n bepalende toespraak te lewer.

Die kern van Trump se toespraak, waarin hy talle kere na die Weste en na Westerse beskawing verwys het, is die vraag of Westerse volkere nog die wil het om te bly voortbestaan. Hierdie vraag lê natuurlik ten grondslag van die meeste uitdagings wat Westerse lande vandag moet hanteer, maar is een wat moeilik in wêreldstede soos New York, Parys, Londen of Berlyn gevra sou kon word.

Warskou is egter anders. Pole is soos die meeste lande in Oos-Europa meer konserwatief, minder politiek korrek en sekerlik dieper bewus van die waarde van ’n stryd vir die behoud van die goeie. Trump se verwysing na die wyse waarop een miljoen Pole in 1979 saam met pous Johannes Paulus II in Warskou bymekaargekom het om te skree: Ons soek God!, was ’n perfekte vertrekpunt vir sy argument dat min volkere beter as die Pole weet wat soms nodig is om die Westerse beskawing lewend te hou.

Hierdeur sluit Trump aan by pous Benedictus XVI wat ook ’n paar jaar gelede Europa gewaarsku het dat die sekularisering van die vasteland tot ’n bestaanskrisis vir sy mense aanleiding sal gee. In sy toespraak verlede week sê Trump dat die voorbestaan van die Weste nie sal afhang van Westerse lande se finansiële en militêre vermoëns nie, maar wel van Westerlinge se wil om hul waardes te alle koste te beskerm. Die beskerming van grense, sterk gesinne en gedeelde Christelike waardes was van die punte waarop Trump gefokus het.

Drie verdere bedreigings vir die voortbestaan van die Weste wat Trump in sy toespraak uitgelig het, is die opkoms van radikale Islam in Europa, die kruipende burokrasie wat mense van hul dryfkrag en welvaart beroof en derdens magte van buite die Weste wat Westerse waardes uittart en bedreig.

Trump was reguit en eerlik dat hy glo dat die voortbestaan van die Westerse beskawing van sy eie mense se wil om te oorleef, eerder as van bedreigings van buite, sal afhang. Terwyl Warskou ’n veilige keuse vir die lewering van hierdie toespraak was, het die woorde van sy toespraak in elke dorp en stad van die Westerse wêreld weergalm. Globalistiese, nieuliberale koerante en televisiekommentators het dit as gevaarlike nasionalisme afgemaak.

Dit is egter gewone Westerlinge wat toenemend by die boodskap van Trump aansluiting vind. Dit is die miljoene mense wat oor die afgelope paar jaar vir Marine le Pen in Frankryk, Nigel Farage in Brittanje, Norbert Hofer in Oostenryk, Viktor Orban in Hongarye en natuurlik vir Trump self in die VSA gestem het wat besef dat die toekoms van die Weste bedreig word, dat Westerse waardes beskerm moet word en dat nuwe leiers nodig is om Westerse volkere hierin te lei.

Trump het met verlede week se toespraak nuwe fokus op sy presidentskap geplaas. Die vraag is of hy die geleentheid sal aangryp om ’n projek van Westerse herophou, wat hy begin het, met ywer voort te sit.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

VanAfrika ·

Het my vote enige dag. Hy verstaan die mens op straat se frustrasie.

Ampie ·

Baie insiggewend. Jammer die meeste Westerlinge is anti-Trump, anti-Europa en …anti-Westers.

Santie ·

Ampie, ek dink heelwat meer Westerlinge stem met hom saam as wat ons dink. Dis net dat sy teenstanders die luidrugtigste is en almal wat van hulle verskil, doodskree of aanval. Suid-Afrikaners is heeltemal oningelig oor wie en wat Trump is omdat hulle NET nuus uit die Demokraties-gesinde liberale VSA-media kry en nie genoeg belangstel om die ander kant van die saak te gaan soek nie.

Martin Pretorius ·

Sover ek dit het is Warschau die Duitse en Nederlandse naam vir die Poolse hoofstad. In Afrikaans is dit Warskou. :)

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Martin

Baie dankie vir jou valkoog, ons het die stad se naam in die artikel reggestel.

Groetnis

Esté
names
Maroela Media

Magriet ·

Drie hoera’s vir Trump. Ons moet ons Christelike waardes beskerm. Terug draai na God toe.

Eish ·

Laat die media sê van die perd wat hul wil, hoe meer ek sien wie nie van hom hou nie, hoe meer hou ek van hom. Waar op aarde sal n liberalis die Weste se kernprobleem so onbeskaamd verwoord in n toespraak as Trump! Daar het maar min Westerlinge in die mees Suidelike donker kol van donker Afrika oorgebly wat die drie waardes aanhang. Jy tel die verdeeldheid baie vinnig op deur net die kommentare op berigte te lees. Sterk gesinne is hier so skaars soos wors in n hondehok. Ons grensdrade is platgetrap en hier is n konkoksie van karrikature aanwesig wat New York sal laat skaamkry. Christelike gedeelde waardes? Dis iets wat nog net by Burgerregte organisasies te siene is. Die kerk is lankal met stomheid geslaan en sy profetiese taak lê in die verre verlede. Die Westerse oorlewingsdrang is in die helhool lankal lankal vir die honde gegooi ter wille van ” inpas, politieke korrektheid en plein oorlewing” Die plek se pelle is internasionaal gesoekte misdadigers. Ja, Trump is reg, die wil daartoe begin vinnig taan.

Kannaland ·

Dankie Maroela vir hierdie platform. My probleem nou is dat daar vandag soveel uitstekende leesstof soos hierdie onder “Nou praat jy” geplaas is dat ek nie kan bybly tussen my ander verpligtinge nie. Probeer indien julle kan om die uitstoot van skryfstukke onder hierdie afdeling so te skeduleer dat daar nie te veel op een slag en te min op ander dae is nie. Ek het nognie eers by my groot held Herman se skrywe uitgekom nie. Dis net n vriendelike voorstel.

Eish ·

Née a! Wat moet ek op my oudag doen indien die berigte so drup drup deurkom? Dis oor as genoeg dat ons internet spoed trapsuutjies is. Gaan eenvoudig na die skakel” vorige berigte” en kliek dit. Dan het jy niks misgeloop nie. Née a, laat die mense op datum bly! Keep em rollin Maroela!

Denise du Toit ·

Ek is verbaas en bemoedig oor Donald Trump se makro-insig oor die Westerse lande, asook sy siening van waardes soos sterk gesinne, grensbeskerming en Christelike waardes, asook verskynsels soos burokrasie. Hoe meer hy hom uitspreek in sy groei in die presidensie hoe meer positief ervaar ek hom (ek het altyd van sy uitgesprokenheid gehou). Hy blyk ‘n ervare (besigheids-gebaseerde) strateeg te wees en kry definitief goeie insette van sy raadgewende span. Sy verwysing na die twee pouse was vir my ook baie interessant en strategies. Ek hoop hy groei nog meer as wêreldleier (wat die VSA eintlik maar is) en dat dit sal deurfiltreer na die res van die wêreld.

VanAfrika ·

Trump moet net die kant toe kyk, dan sal hy sien hier is baie van ons christene wat sy sieninge deel en hom al ons ondersteuning sal gee. Die wat hom gekant is, is kwaad omdat hulle nie meer in sonde mag lewe nie met kulture wat nie eens ons eie is nie, moord en verkragting is aan die orde van die dag, local besighede word ondermyn en aan uitheemses gegee, die christen geloof word vertrap en bespot en verbied in anti-christilike lande, maar hul gelowe word onder ons neuse gevryf en in christelike lande gewettig en ons moet dit respekteur en maak jy n bespotting van hulle gelowe word jy met suicide-bombers uitmekaar geskiet. Tyd dat Jesus kom voet neersit en Donald Trump as plarvorm gebruik om by sy kinders uit te kom. Ons monde word vir te lank gesnoer omdat ons ander kastig bevooroordeel het. Ons het n opening soos Donald Trump nodig om ons stemme te laat hoor. My gebed is dat die Heer Donald Trump sal ly en sy oe op ons nasie sal rig in die belang van ons redding. Dalk is Donald Trump die instrument wat God gaan gebruik om ons te help.

Johann ·

Na ek die berig oor Trump gelees het, is ek sommer lus en pak my goed en trek met my hele gesin VSA toe. Hoekom moet mens onder ‘n regering leef wat Suid Afrika aan die duiwel oor gegee het met hulle okkultiese bedrywighede en alles wat verkeerd en goddeloos is aan moedig? Dan sit nog mens nog met kerke wat net vol duiwels is en hier en daar ‘n ware Christen!

Andre van der bank. ·

Nie so maklik om hierheen te “trek” nie Johann. Gaan jou 16 jaar van sukkel kos. Maar hel, sou jou graag hier wil he.

John ·

?.. as hy in sy eie land toegelaat sal word om hierdie waardes te laat voortleef. Pole is ongelukkig nie die ‘droom’ land wat hulle nou voorhou nie. Gedurende WOII was die ergste van strafkampe vir Jode hier. Een van Trump se grootste vyande is die hedendaagse Jesuite-pous wat uiters liberaal is en menseregte predik, daarby die evolusieleer aanhang en aanvoer dat die Hemelvader nie ‘n Wonderwerker is wat die heelal in ‘n japtrap kon gemaak het nie. Hy is ‘n voorstander vir migrasie vandaar Italie se groot influx van vreemdes en hy is natuurlik veral teen die muur tussem Mexiko en die VSA. Voeg die pous by die CNN, Die New York Times, die FBI, Pentagon & $, Clinton, Merkel & kie en die massas Nuwe Wereldorde-aanhangers… en… en Trump is ‘n eensame figuur teen die dreigende aandskermer.

Twakkie ·

Trump word deur die helfte van Amerikaners gesteun en wen al meer veld soos hy sy beloftes gestand doen. Dit klink asof hy alleen staan omdat 99% van die VSA-media, insluitende Reuters en AP, nog die liberale filosofie aanhang en die Demokratiese party steun. En nie skroom om stories uit hul duim te suig of selektief of verdraaid te berig om Trump by te kom nie. Om ‘n duidelike beeld te kry van waar Trump staan, moet ‘n mens Fox News op die internet of Facebook volg. Puik beriggewing en menings.

Paul ·

Jy blameer die Poolse mense vir wat die Duitsers op Poolse grondgebied gedoen het tydens WO2, meer as 70 jaar gelede?

Is dit nou “reken kinders die sondes van andere se vaders toe”?

Johan van Drimmelen ·

Skitterend vanaf dag-een !! Doen so voort !! Almal moet verstaan. Dit is n multi-dimensionele komplekse omgewing. Daar is groot risiko om hier en daar n foutjie te begaan veral in terme van woordkeuses wat nie noodwendig wereldwyd dieselfde verstaan word nie, of om dalk hier en daar effens sub-optimale stellings te wees. MAAAAR !! WERKLIK !! Oorwegend is Trump myle voor die res, en mens is redelik seker presies waar mens met hom staan. Nogmaals. Skitterend !!

Gerda ·

Mense wat so komentaar lewer oor ons regering ensv het jul al daaraan gedink om eerder vir ons regering se leiers te bid soos die Woord ons versoek?

Chris du Plessis ·

Ja ons bid al 25 jaar ….
dis tyd om iets te doen aan die saak.

Eish ·

Die oomblik toe die Israeliete die beloofde land binnegaan, toe hou die kwartels en manna op. Wat beteken hul moes werk (Adam se vloek) om te kon eet. Die Afrikaanse Afrikaner staan voor sy grootste uitdaging ooit. Verseker bid ons, daagliks, uur like, by die minuut, voortdurend. Vir bewaring te midde van n verdraaide en ontaarde geslag.

Chris du Plessis ·

Dieselfde vraag kan aan Afrikaner is Suid Afrika gevra word…..
Wil Afrikaners voorbestaan met hul eie identiteit. Frans Cronje, wat self maar redelik links is, het onlangs gese in die einste Maroela media, dat wittes nie meer teen die middel van die eeu sal bestaan in RSA nie. Tog het hy self geen antwoord vir die dilema nie en net so min die res van die Afrikane establishment.
Afrikaners se eenigste kans op oorlewing is om selfbeskikking of onafhankliheid te bewerkstellig. Daar is egter geen organisasie wat tot dusver met enige planne voorendag gekom het om dit n werkliheid te maak nie. Nie Afriforum nie en ook nie die VF nie, wie beide voorgee dat hulle vir Afrikaners veg.
Dis tyd dat daar n organisasie geskep word wat spesefiek selfbeskikking vir Afrikaners bevorder en bewerkstellig.
‘Selfstandigheid’ gaan nie die koop deur haalk nie, dit stel net die onvermeidelike so bietjie verder uit.

JohanS ·

Kan enige iemand dalk vir my sê waar op aarde Westerse waardes nog werklik van staatsweë af beskerm word soos Islam in Saoedi – Arabië ? Ek kan nie aan een plek dink nie. Waarom voel ek as Westerling ernstig bekommerd daaroor? Ons ondergang sal waaragtig ons eie toedoen wees!

arno ·

In watter lig kan ons dan Trump se Staatsbesoek an Saudie Arabie sien ? 350 biljoen $ se wapentransaksie met die Wahhabitiese diktatuur wat dreifkrag agter die ISIS vernietiging van Syrie se veele volke en vele relegie, of die vernietiging van Lybie, Irak ?— is dit die nuwe maatstaf vir “Westerse Beskawing” en Christelike norme ? Flip moet sy kop laat lees.

sarel ·

dit is n vraag wat president Trump moet antwoord as hy dan die Christene wil beskerm

Kom Ons Boks ·

Goeiste Arno, klink asof jy nou soos ISIS begin dink. Die Sunni Moslems van Saudi-Arabia is geensins so bloedlustig soos die Shiites van Iran/Syrie nie en dis juis die Sunnis wat teen ISIS se doktrines staan. Om die Midde-Ooste te kry om saam Weste te staan teen radikale Islam is besonders slim en strategies van Pres. Trump. Daai $350biljoen waaroor jy gal, verseker ‘n veiliger Midde-Ooste en skep werk op die Amerikaanse vasteland.

Santie ·

Kom ons Boks, dankie vir jou ingeligte menings. Dis regtig ontstellend hoe gewillig Suid-Afrikaners is om ‘n mening oor Trump te lug sonder dat hulle die vaagste benul het wat sy (baie duidelike!) beleidspunte is, of waar hulle dit kan gaan soek. Hulle glo die twak wat die Demokraties-gesinde VSA-media opdis soos die evangelie. Of, erger, maak staat op Trevor Noah vir al hulle inligting oor Trump. Grrrr.

Kom Ons Boks ·

Ek stem ongelukkig geensins saam nie vrind. Die wolf in skaapklere is die linkse vleuel wat nie vinnig genoeg oor hulle voete kan val om multikulturalisme tegemoet te kom nie. Europese identiteit en Christelikheid is in bedwang want die wil om te bestaan is in bedwang. Volgens arno is Trump die Europieers en Christendom se vyand net omdat hy persoonlik nie van sy kuif hou nie? Ander rede kan ek nie sien nie…

Matewis ·

Maroela en PTAFM, dankie dat julle Trump se toespraak bietjie meer lug (en lig!) gegee het as die ander beweerde media plaaslik. Dit was gewis ‘n indrukwekkende toespraak – en daar is ondertone daarin wat selfs bostaande berig nog nie heeltemal uitlig nie! Vra vir Herman Toerien om die hele toespraak by die Withuis se webblad af te tap en goed te ontleed.

Kom Ons Boks ·

Hoor, hoor! Ek will ook MM bedank vir nog ‘n juweel van ‘n artikel. Dit is objektief, kundig saamgestel, en weerspieel ‘n ware blik van die wereld politiek. Ek persoonlik is ‘n groot aanhanger van Mnr. Kleyhnans se artikels en mis nie sommer een van sy skrywes op MM nie. Yster!

Rupert Ashford ·

Dankie vir die wye spektrum van menings MM. Mnr Kleynhans mag maar nog skryf.

Marius ·

Trump is maar ‘n jabroer en sal die woorde spreek wat by sy gehoor pas. Net ter regstelling. As Shiïte aan bewind is plant die Sunni’s bomme en andersom. Hulle is ewe bloeddorstig. Trump se gewildheid in Amerika is laer as enige president in die geskiedenis van Amerika volgens onafhanklike peilings. Hoop dit neem toe voor die volgende verkiesing. Ek dink ware leierskap is as jy self die waardes dra wat jy verkondig en Trump doen dit beslis nie. Ek stem saam oor die wêreld se verval maar die belangrikste is dat die waardes wat ek tussen die vier mure van my huis verkondig eg moet wees. Behoede my as ek op enige regering staat moet maak om aan my huisgouding rigting te gee.

Kom Ons Boks ·

1. As Trump verkiesings beloftes nakom, dan kan niemand hom ‘n jabroer/naprater noem nie. En die man het menige beloftes stiptelik nagekom.
2. Shiites het nog altyd ‘n dieper haat vir die Weste gekoester as die Sunnis. Daar was nog altyd meer samewerking tussen die Weste en Sunnis en terloops, daar bestaan nie ‘n nasie/bevryder op hierdie groen aarde wat kan se hulle het nog nooit bom geplant/laat val nie.
3. Onafhanklike peilings het glad nie Brexit of Trump se oorwinning sien kom nie. Die “silent majority” in plekke soos die VS en VK is nou aan die stuur. As jy openlik Trump ondersteun in VS is jy moontlik jou joppie kwyt of selfs in lyn vir geweld van linkervleuel. Te danke aan “secret ballots” praat ons weer in 2020.
4. Ek verstaan sommiges wil ‘n “safe space” he tussen vier mure maar leiers wat ons persoonlike ideale nastreef en nakom verdien ons ondersteuning, anders is jy binnekort ‘n vreemdeling in jou eie land. Hoe kyk jy dan jou kinders in die oe?

Janjan ·

Die Christelike kerk het ontstaan in lande wat totaal heidens was. Die kerk het boonop floreer ook. As dit die effek is wat Jacob Zuma het dan sou Paulus verseker gejubel het oor die verval. Die begrip van liberalisme verskil ook hemelsbreed. Donald Trump sien bv nie gekleurde huwelike as verval van waardes nie terwyl die meeste mense op hierdie forum dit sekerlik so sien. Ek dink as ons appels met appels moes vergelyk sou Donald Trump se siening van liberalisme totaal en al verskil van die meeste mense hier en sou hy as ‘n uiterste liberalis gesien word. Daarom moet ons maar waak om nie sommer te aanvaar dat almal dieselfde dink nie. Dis om te vis vir iets wat naastenby strook met my siening en dit dan te gebruik ter bevestiging dat die ou dieselfde dink as ek.

Kom Ons Boks ·

Goed gese Janjan. Ek is wel die tipe vissie wat stroom opswem en daar is ‘n gejubel in my as ek ander vissies/visse langs my sien dieseldfe stroom karnuffel – al swem die bietjie anders.

Gert ·

Sadam Hussein was ‘n Sunni Moslem. Mmm? ISIS is Sunni moslems? Ek wil nie boks nie Kom Ons Boks, maar jou feite is heeltemaal verkeerd rakende Sunni Moslems. Ek glo nie die Weste sal belangstel in ‘n samewerkingsooreenkoms met ISIS nie. Saudi Arabië is die geboorteplek van elke bose terroristegroep uit Islam. Trump was baie vriendelik met hulle. Islam sal nooit verklaar kan word nie. Baie het al probeer.

Kobus ·

70% van Sirië is Sunni Moslems. 90% van Iran is Shia Moslems. Kyk maar waar word die bomme geplant. Shiïte plant bomme voor Sunni Moskees en Sunnis plant bomme voor Shiïte se moskees. Die een groep erken glad nie die ander een as ware Islam nie. Die weste sal nooit dié probleem oplos nie.

Piet ·

ISIS is Sunni Moslems mnr. Kom ons boks. Al Queda is Sunni Moslems. Jou feite is op hoorsê gebasseer.

John ·

Die Christelik kerk het in totaal heidense lande ontstaan? Was Israel ‘n heidense land? Die ewige rassevermening? Wat het dit met die prys van eiers te doen. Menseregte geld ook vir diegene wat by hul groep hou… in die diereryk kom dit natuurlik. Kunsmatigheid is net eie aan die menslike spesie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.