Trump se ommeswaai in internasionale beleid kry net nie end

2016 Election Trump

Pres Donald Trump Foto: AP Photo/John Locher

Verlede jaar tydens die Amerikaanse verkiesingsveldtog het Donald Trump die dapper stap gewaag om teen die grootste deel van sy party se standpunt in te gaan en die Amerikaanse oorlog in Irak as ’n sinnelose oorsese avontuur wat tot voortslepende skade vir Amerika lei, te beskryf.

Trump het verder gegaan deur te sê dat enige poging van Amerika om pres. Basjar al-Assad van Sirië uit die kussings te lig in die hand van terroristegroepe soos die Islamitiese Staat sal speel.

Trump se standpunt het vir hom sterk steun gewen onder miljoene Amerikaners wat moeg was vir die oorlogsmal, intervensionistiese konsensus wat gans te lank die Republikeinse Party oorheers het. Soveel Amerikaners was en is steeds teen duur oorsese oorloë gekant dat Trump se standpunt oor Amerikaanse militêre betrokkenheid in die Midde-Ooste en Asië baie stemme vir hom kon wen.

Die afgelope paar weke het Trump en sy administrasie egter totaal van standpunt verander. Eers het die Trump-administrasie ʼn verbintenis tot die verdediging van Suid-Korea en selfs Japan teen Noord-Koreaanse aggressie bevestig. Sowat 30 000 Amerikaanse soldate en ’n groot verskeidenheid van die beste wapentuig waaroor die Amerikaanse weermag beskik, word teen ’n enorme koste in Suid-Korea en Japan gereed gehou.

Waar Trump aanvanklik, heeltemal korrek, krities was oor die uitgediende idees van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie en veral die groot koste van dié naoorlogse verdedigingsburokrasie, het Trump intussen kritiek teen Rusland se betrokkenheid in die Oekraïne uitgespreek en voortgegaan om Amerika se betrokkenheid in Oos-Europa te bevestig, alles teen die wil van Rusland.

Die grootste ommeswaai deur die Trump-administrasie het egter verlede week gekom met die skielike besluit om ’n lugmagbasis van die Siriese weermag gedurende die nag met dosyne missiele te bombardeer. Die konflik in Sirië is uiters ingewikkeld en talle Westerse leiers het al bevestig dat dit onmoontlik is om tussen ’n goeie en slegte rolspeler te kies. Eerstens is die konflik tussen ’n wye reeks partye van oor die hele spektrum tussen goed en baie boos.

Deur Basjar al-Assad uit die kussings te lig sal ’n leierskapsvakuum geskep word wat – soos vroeër in Irak en Libië, nadat Saddam Hoesein en Moeammar al-Ghaddafi se tande deur Westerse magte getrek is – tot ’n teelaarde vir ekstremistiese groepe sal lei. Talle groepe soos die Islamitiese Staat en Al-Kaïda droom van ’n situasie waar Al-Assad se regering deur Westerse magte uit die kussings gelig word.

Trump se ommeswaai in Sirië word gemotiveer deur die gifgasaanval in ’n stad wat tans deur rebellemagte beheer word. Daar bestaan eerstens geen bewyse dat die Siriese regering vir die aanval verantwoordelik was nie en tweedens kan een enkele, hoewel bose aanval, tog nie die beleid van die magtigste land in die wêreld bepaal nie. Hierdie gifgasaanval was in elk geval nie die eerste van sy soort in die Siriese oorlog nie.

Trump se toenemend aggressiewe internasionale beleid vernietig enige kanse op ’n beter verhouding met Rusland, Iran, Turkye en ander belangrike moondhede. Dit laat ook vrae oor Trump se blykbaar maklike ommeswaai in standpunte en sy vermoë om deur die neo-konserwatiewe oorlogsmal groepering binne die Republikeinse Party by onnodige konflik in lande soos Sirië en Noord-Korea ingesleep te word. Intussen verloor hy van sy grootste ondersteuners.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Rynhardt ·

Trump het reeds sy woord verbreek teenoor amerikaanse kiesers deurdat hy Sirie aangeval het.In die Wit Huis sit Trump met nog baie van Obama en “Hitlary” Clinton se demokratiese begasie.Talle geheime agentskappe (dienaars van Demokrate en nuwe wereldorde) is ook nog nie deur Trump verander nie.Die gifgasaanval was nie gepleeg deur Basjar al-Assad (wat n Christen) is nie, maar dit was n valsvlag gewees! Die vermoede was dat Saudie-Arabie betrokke was.Trump het sy mag misbruik en bo oor die Amerikaanse kongres gegaan om Sirie te gaan aanval.Nou grom hy en kommunistiese Noord-Korea vir mekaar! Trump gaan net volg in die tradisie van Bush en Obama-m.a.w.oorlogvoering le voor! Wereld en VSA gaan nou n baie donker tydperk binne, terwyl die wereld nie met goeie leiers sit nie, maar wel met hansworse wat baie groot ego’s het.Trump se eie party is besig om hom van binne te kaap.

JC ·

Dit was die verfoeilike en bedrieglike “white helmets” wat die chemiese aanval bewerkstellig het.

Kobus Hattingh ·

WAS eers n aanhanger maar het intussen deur die man gesien. Mag hulle nog vinnig van hom ontslae raak want hy gaan ons almal nog in ‘n 3de Wereld oorlog laat beland.

Frans C ·

Dit is bloot wensdenkery dat Trump in ‘n kernoorlog betrokke sal raak. In so’n oorlog is daar geen wenners nie,net verloorders.Ongelukkig is daar baie boelies in die wêreld wat hul nie steur aan praatjies nie.

Noord Korea is een van hulle.Slegs ‘n magsvertoon waarin Sjina ‘n ro behoort te speel sal die vet mannetjie van sy drome laat afstand doen.Ongelukking is Noord Korea een van Sjina se ywerige handelsvennote.

Om die President van sirië as ‘n Christen te beskryf grens aan die belaglike.Die man is ‘n diktator wat met die hulp van Rusland sy land verwoes in ‘n poging om aan bewind te bly.
Tot onlangs het hy in sy waansin ook nog ‘n klomp vuurpyle op Israel afgevuur.

Noudat Iran bevry is van sanksies loop van sy generaals openlik en spog dat hul net sewe minute nodige het om Israel van die wêreldkaart te verwyder.Die enigste nasie wat nog
‘n magsewig in die wêreld kan handhaaf is Amerika.

Onder ‘n Obamaregering het Rusland ongehinderd dele geannekseer en is dit stees besig
om onrrus op sy buurman se grense te verhoog. Dit was ook redelik duidelik dat dit een van sy missiele was wat ‘n burgerlike vliegtuig afgeskiet het,omdat Rusland toegelaat het dat dit in verkeerde hande beland.

Pietman ·

Beste ding wat enige land kan doen is om kernwapens te bekom. Die VSA los lande uit wat kernwapens besit. Kernwapens het waarsknlik ‘n helse oorlog tussen die VSA en Rusland voorkom.

Rynhardt ·

Sopas op E-Tv het Korea bevestig dat hul voorbereidings tref vir n oorlog teen die VSA! VSA kan hul enige tyd aanval.Die kruitvat wag om aan die brand gesteek te word.Dit gaan jou hele wereld intrek, voordat die Vierde Reich uit Europa gaan opstaan.Nie n goeie rigting wat die wereld tans inslaanaan met dwase van die wereld nie.

Hendrik ·

Ek wonder of Zuma van ons troepe gaan stuur om die Bric’s maatjies te gaan help in die oorlog..

Dirk Breytenbach ·

My nederige voorstel is om onsself besig te hou met die krisis in SA. Die kommentaar en menings of Trump nou goed of sleg is ‘n mors van tyd. Rome brand!

marous ·

Daar bestaan ‘n onweerlegbare vermoede dat waneer ‘n politikus sy of haar mond oopmaak , net leuens uitpeul. Maak nie saak watter politieke party of waar in die wereld nie.

John ·

Breinspoeling is die grootste gevaar van ons tyd. Kyk hoe gebruik die Guptas ann7 om hul staatskaping uit te bou en die nasie se kop te draai na vergrype, weelde en geluk. Die ou resep om iemand as die swartskaap uit te maak om hom tot ‘inkeer’ te bring is deur die VSA se oorlogsmasjien op Trump gebruik. Hy is ook met vals inligting gebombardeer. Die sakeman wat hy is het gou besluit my besigheid ly onder my huidige verkoopstegniek en hy verander dit daar en dan en spel sy van nou trUmp om Hillary beter te laat slaap. En hier by ons lyk sake bedroeflik selfs sonder die bedreiging van ‘n ou verroeste 2ehandse atoombom. Selfs die armoede en ellende wat voorle, met ‘n goeie voorbeeld, ons bankkrot buurland, laat pokkels, politieke akkobate en kopdoek-anties nie slimmer dink nie… hulle wil ellende aan hul baste voel… vir seker… en dit sonder dat enige versekeraar daarna sal uitbetaal…

Nico K ·

Ek onthou so ruk terug hoe baie Afrikaners gesê het dat Amerika tog nooit sal toelaat dat die swartes ons vernietig nie. So aan die een kant hoop julle dat iemand ons sal help in SA. Maar as die VSA ander onderdrukte groepe in die wêreld help, dan is dit omdat hulle magsbehep is. Dit gaan die VSA niks help om te sê ons het niks met Noord Korea te doen nie. Noord Korea is ‘n bedreiging vir die hele wêreld. Nou kla julle almal oor die VSA wat so sleg is omdat hulle wil inmeng in ander lande. Gelukkig dat dit die VSA is wat wil inmeng. Ek wil sien hoe kla julle die dag as dit Noord Korea is. En ek stem saam met Frans C. Om die president van Sirië as ‘n Christen te beskryf?! Al wat Trump doen is om die Republiekeinse Party beleid uit te voer. (Die mense wat iets anders verwag het was bietjie naief.) En onthou dit was die Republiekeine wat ons tydens die ou SA in Angola gehelp het. En toe was ons baie bly daaroor.

Zuma Eleventy ·

Die klein bietjie vertroue wat ek in die man gehad het het hy beslis weg gegooi.

Ja, hy was nie van ou establishment nie, maar hy het vinnig ‘n nuwe establishment gevorm van baantjies vir nuwe broertjies . Weinig verskil tussen hom en my.

Dirk Breytenbach ·

Ons het nie nodig om Trump te vertrou nie, wat van ons president in ons eie land?

President ·

“He is a clear indication that stupidity is winning.”

Mariki van heerden ·

Daar steek meer agter dit alles as wat ons oop die oog af sien. Vermoed dis n truuk om die Democrats aan sy kant te kry. Lyk nie na veel skade nie. Meer blaf as byt. Goeie gesprek tussen Tillerson en Putin al se hulle nie veel nie. maak ook China en N Korea skrik. Hy is nie regtig vir oorlog nie.

Disselboom ·

So dekade of wat gelede het die term “kortbroekpolitikus” met Marthinus van Schalkwyk in gedagte herleef. Kleynhansie tender daarvoor, met naïewe napraat van die propagandastroom teen Trump, en kamtige sterk standpunte wat nie eens ‘n halwe poging aanwend om te toon dat hy (Klein Hansie) enige idee het van magspolitiek en moontlike buite die liberale internasionale media. Mnr Kleynhansie is geregtig op sy standpunte, maar as PretoriaFM et al so napraterige meningtjie uitsaai as sy eie, is daar fout. Dis nie noodwendig ‘n vir of teen Trump-standpunt wat Disselboom hier stel nie, allermins. Maar verdiskonteer bv dan die uitgespoke Christen, Pence, se aktiewe rol saam met Trump in al hierdie dinge, en die bietjie meer wetenskaplike benadering laat vrae ontstaan hoekom al die propaganda so presies heeltyd teent Trump, Trump, Trump skree. Probeer ou Jacotjie. Jy sal dalk daar kom; maar ai, die Afrikanervolk is maar maklik vatbaar vir elke windjie van die media wat net effens hard waai sonder om self verder te dink.

Paul dB ·

Disselboom, ek hou vanwat jy sê en stem heelhartig saam.
Trump ondersteuner of nie, hy het nog niks anders gedoen as wat hy gesê het hy gaan doen nie. Amerika eerste het verseker nie beteken dat Hy nie by internasionale sake betrokke gaan raak nie! Wanneer internasionale dinge tot nadeel of voordeel van VSA is sal Hy verseker dienooreenkomstig betrokke raak. Wat my meer pla vam die berig en paar van die kommetare, is hoe maklik mense deur “hoofstroom” media en liberale media beïnvloed word. Dit is ook veregaande om Assad as christen voor te doen! Indien dit waar sou wees dan is Zuma seker ook? Ag nee wat. Ek dink meeste van ons het te min inligting om oordentlike gevolgtrekkings oor hierdie dinge te vorm. Ons moet ons eerder oor die lokale poletieke pannarie bekommer as oor Trump en brixit…..

Frans C ·

Omdat die wêreldsituasie so vloeibaar is is dit te verwagte dat politici hul beleid sal aanpas by die steeds veranderde omstandighede.Net nou die dag het die eerste minister May van Engeland dit duidelik gestel ‘geen verkiesing nie’. Noudat meningspeilings aantoon dat sy met 21 punte voorsprong haar meerderheid kan verhoog,kondig sy ‘n verkiesing op 8 Junie aan.

Die motivering daarvoor is om ‘n groter meerderheid te verkry om haar Brexit-beleid uit te voer en die wat haar teenstaan vir eens en altyd op haar plek te sit, en monde in haar eie party te snoer.

In die proses deel sy ook ‘n paar dwarsklappe uit na die Skotse eerste minister,wat glad nie so gelukkig oor Brexit is nie. Die dame is ook nie op haar mond geval nie en het teruggekap
met dat May net die verdeeldheid onder ‘Labour’ wil uitbuit en dit terwille van haar party doen en nie die mense nie.

Ook het vorige Presidente met De Klerk aan die voorpunt ook in Suid Afrika redelik vinnig
van standpunt verander soos die politieke toneel ontvou het en druk van die buiteland vermeerder het.

Van eie skole ,distrikte en taalbehoud het daar niks van gekom nie.Noudat Suid Afrika tot
rommelstatus gedaal het is die De Klerk-stigting ook maar redelik stil.

Boerseun ·

Klaar te laat, sy grootste ondersteuners het hom klaar gelos.

My vraag is wat het die 360 van Trump bewerkstellig?

Hannes ·

Duidelik het meeste mense vergeet watse nikswerd gemors tussen ons eie mense was en is. Ongelukkig sukkel hulle te sien waarheen die wêreld oppad is. Ons behoort dankbaar te wees vir ‘n ware man soos Donald Trump. Was dit nie dat hy nou verkies was nie was ons almal binnekort in erge ellende gedompel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.