Trump-sege bewys linkses se skynheiligheid (en ander ondeugde)

Germany 2016 US Election Financial Markets

Foto: AP Photo/Michael Probst

Donald Trump is skaars verkies as volgende president van die VSA en die “social justice warriors” – met ander woorde Hillary Clinton se deursnit-ondersteuner – saai totale amok in Amerikaanse stede. Dis amper soos die tipiese rouproses om van skok en ongeloof na woede te beweeg.

Terwyl pres. Barack Obama en Clinton albei toegegee het dat Trump regmatig die volgende leier van die vrye wêreld gaan word, skree hulle ondersteuners regoor die land so hard as wat hulle kan: “Not my president!” Ander verbrand poppe met oranje hare om hul afkeur te wys.

Vyftien mense is gearresteer in New York by ’n betoging naby die Trump Towers. In Kalifornië, nog ’n politiek linkse bastion in die VSA, het betogers na hartelus winkels begin plunder en voorwerpe na die polisie geslinger. ’n Betoging het een van die hoofsnelweë in Los Angeles versper. Genugtig, en hulle noem Trump roekeloos en gewelddadig.

Ander betogings het ook grootskaalse ontwrigting in Philadelphia, Boston, Seattle en San Francisco – almal bekend vir hul groot konsentrasie van linkse kiesers – veroorsaak.

Die vraag is nou net of hulle tot die laaste stadium van die rouproses, naamlik aanvaarding, gaan beweeg. Ek glo so, maar teen watter koste?

Dit is werklik vreemd hoe konserwatiewes en enige gematigde persoon (hetsy liberaal of konserwatief) altyd bereid is om die uitslag van ’n regverdige verkiesing of proses te aanvaar en aan te gaan met hul lewens, terwyl dit op enkele uitsonderings na konsekwent die linkses is wat onwettig optree teen iets wat hulle as onwettig beskou (maar wat nie werklik onwettig is nie). Dink net as Afrikaners al op plundertogte moes gaan en ander vergrype moes pleeg oor ’n president wat ons as onaanvaarbaar en rassisties jeens ons beskou het? Of prosesse wat onbillik hanteer is? Het wit mans met bakkies die strate van Lincoln, Nebraska, of Irving, Texas, ingevaar om geweld te pleeg toe Obama die eerste swart president van die land geword het?

Die probleem met linkse bewegings is dat hulle die demokrasie en regverdigheid vertolk as iets wat hulle altyd en op enige plek hulle hul sin moet gee. Indien nie, dan is enige middele geregverdig om die natuurlike orde – uiteraard volgens hul eie definisie – te herstel. Trump se oorwinning is dus volgens hulle iets onwettigs wat deur ’n laevlak-rewolusie ongedaan gemaak moet word. Hoe kon hy dan wen? Hy het mense se gevoelens seergemaak en lelike goed gesê en hy is nie so regverdig en simpatiek soos Hillary nie.

Die linkse skynheiligheid is totaal en al skreiend. Baie van ons eie politiek korrekte joernaliste in Suid-Afrika, wat politieke korrektheid as ’n saak van geloof sien, braak nou gal oor hoe onbillik alles is, hoe groot rassis Trump glo is en hoe hulle nie met die uitkoms saamstem nie. Blykbaar het die gewone mense nou verloor en alles is net onregverdig.

Dis dieselfde joernaliste wat die tirannie van die meerderheid en al sy onverkwiklike aanhangsels goedpraat en kritiek teen pres. Jacob Zuma se korrupsie en wanregering gerieflik omseil of dit selfs verdedig. Dis hulle wat Julius Malema se haatlike spraak (wat onderskei word van haatspraak) ignoreer, onderspeel en te bang is om dit te kritiseer. Dis hulle wat nooit durf waag om vergelykings tussen Trump en werklike diktators te tref nie. Dis hulle wat nie eens genoeg skeptisisme of kennis (of albei) het om tussen die gedrag van ’n kandidaat in ’n verkiesing en ’n dienende president te onderskei nie. Dis hulle wat nie wil erken nie dat gewone mense juis hierdie verkiesingsuitslag bepaal het.

Die linkses in die VSA, Suid-Afrika en elders besef nouliks of glad nie dat wat hulle tans besig is om te doen hulle diep in die tronk of in die begraafplaas sal laat beland in baie ander lande. Geen betogings word in plekke soos China en Noord-Korea toegelaat nie. In Iran en Saoedi-Arabië kan jy agter tralies beland omdat jy te gelukkig voorkom en dans. Vryheid van spraak is in wese verbode in meeste Afrika- en Midde-Oosterse state asook in Rusland. Hulle dink Trump is anti-gay, maar rep nie ’n woord oor wat in lande soos Uganda en Egipte gebeur nie.

Hulle dig nou alles wat sleg is aan Trump toe: Hy is anti-gay, anti-immigrasie en hy gaan oorloë begin. Hy het ’n vurige humeur. Hy is ’n rokjagter. Ensovoorts, ensovoorts. Eerstens het hy toegegee dat gay huwelike wet geword het en dat Amerikaners dit só moet aanvaar. Hy het nooit homofobiese uitlatings gemaak of die indruk geskep dat hy die huidige wetgewing gaan verander nie. Hy is in der waarheid pro-immigrasie, maar wettige eerder as onwettige immigrasie. As jy onwettig in die land is, hoekom het jy nog nie die prosesse gevolg om ’n burger te probeer word nie? Hy het ook geen – en ek bedoel géén – aanduiding gegee dat hy oorloë gaan begin nie. Inteendeel. As jy sy vurigheid in sommige toesprake as woede vertolk het, begaan jy groot foute. Dalk het hy ’n wispelturige en slegte humeur, maar Bill Clinton, Lyndon B. Johnson, Henry Kissinger en Richard Nixon was almal bekend daarvoor. En hulle was almal suksesvol in hul onderskeie rolle en was uiters doeltreffend. En dan die rokjagter-argument: Gaan kyk gerus na hoe Demokratiese (en dus linkse) presidente soos John F. Kennedy en Lyndon B. Johnson geleef en wat hulle oor vroue kwytgeraak het. ’n Uitstekende boek daaroor is Nigel Hamilton se American Caesers. Ek gaan nie eers uitwei daaroor nie want Maroela Media is gesinsvriendelik.

Maar volgens die linkses gaan alles vandag eindig want Trump is Amerika se volgende president! En Brittanje het ge-Brexit! Die oorgrote linkse beweging wêreldwyd (let wel, nié die klassieke liberales nie) is ondemokraties, vernielsugtig, asook ekonomies en histories ongeletterd. Hulle lewer genoeg empiriese bewyse daarvan.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Eugene Brink

Dr. Eugene Brink is ʼn entrepreneur, sake-konsultant en onafhanklike politieke kommentator.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Loeis ·

Eugene, jy moet oppas. Die waar heid is nie polities korrek nie. Ek hoop ons gaan nog baie meer van jou hoor!

Chrisjan ·

100% Die vuil onderrok hang nie net uit nie, die rompie is sommer oor die kop getrek!

Uiltjie ·

When the TRUMPet of America shall sound, Hillary shall be no more!

A ·

Laat my dink aan ons eie kleuters wat tantrums gooi hier in Suid-Afrika (feesmustfall ens ens). Ek, ek en ek!!!
Word groot mense in Amerika. Werk met die kaarte wat jou gedeel is en maak dit beter.

Trek Ferreira ·

Dis so tipies, slegte verloorder, sou die Trump ondersteuners ook so aangegaan het of is dit die ‘demokrate’ . wonder hoeveel mense weet vanadg nog wat demokrasie beteken? Gun hom sy Presidensie, julle is net jaloers. Julle kan niks daaraan doen nie, leef maar daarmee saam of TREK! Julle wil mos Kanada en Afrika toe kom . gaan vir goud! Trump gaan julle NIE mis nie, veral nie amokmakers nie.

Mari ·

Uiteindelik sê iemand dit presies soos dit is! Goeie artikel. Ek wens ons kon die linkse stropers in SA van daardie Uganda en Egipte medisyne gee!

John ·

Wat mens moet vra is wat Hillary die mense beloof het as sy president sou word. Volgens haar kon almal dan doen wat hulle wil, kry wat hulle wou he en kom en gaan soos hulle wil, maar wat was dit? ‘Sweet blow all.’ Sy het hulle net heuning (as daar nog bye is in die VSA) om die mond gesmeer en hulle opgesweep teen Trump. Mens vrees dat sy so woedend is vir hom dat sy nie sal ophou om hulle op te maak teen alles wat hy doen en se nie. Die VSA-pers doen so voort en die’ in Brittanje en almal wat kwaad is dat hy nie om die pinkie gedraai sal kan word soos Hillary en Obama nie.

Incogniteo ·

Plaas asb meer artikels deur Dr Brink. Dit was so lekker om feite en die waarheid te lees sonder dat daar ‘n verskuilde en verdraaide agenda is. Ek stem 100% saam met Anna.

Hendrik ·

Uitstekend!!!!!! Wat ‘n briljante artikel. Dit is presies soos baie ander mense ook voel. Ek kan nie verstaan dat almal skielik so geskok is nie. Don’t count your chickens before they have hatched. Of hoe se ek madam president.

Elizabeth ·

Skud net my kop want appels word met wortels en slaaiblare vergelyk. Regtig KSA is ‘n welsynstaat [Marx-Islam] en elders.

Mens lewe die lewe net op een manier moenie jou siel verkoop vir mens gemaak links of regs nie beide kan miljoene na hul grafte stuur.

Maddox ·

WOW, Eugene, briljante artikel. Jou tipe kaliber van skrywer/joernalis is wat ons 1000 maal meer van moet he.
Goed gebalanseerd en feitlik korrek. Wel gedaan!
Hoop om sommer nog baie van jou artikels te kan lees op Maroela.

Henry ·

Weereens ‘n Blink artikel!
Tragies hoe die demokrasie deur die politiek-korrekte hordes verkrag word. Uiteindelik sal dit ook die bitter einde van ‘n politieke stelsel beteken omdat die deelnemers nie ‘n vaagste benul of respek het, vir die regte en verpligtinge wat so ‘n stelsel vereis nie.

Elna Botha ·

Ongelooflike regverdige artikel! Wens ek kan die hele stuk in Engels aan die Amerikaners pos.

Emile ·

Uitstekend gestel Eugene

My linkse kollegas uiter almal hierdie retoriek en is dan uiters kwaad as mens uitwys hoe skynheilig en ondemokraties hulle onverdraagsaamheid eintlik is teen iemand wat durf anders dink as hulle.

Wat die linkses bedryf aan aandryf is verseker nie demokrasie nie.

carlo ·

Baie goeie berig!!! Net die wat weet sou se dat Clinton mal is. Lyk my sy het nog voor sy verloor het al klaar 620 skeepshouers vol ammunisie na Duitsland gestuur vir haar derde wereldoorlog planne.

Dawn Strydom ·

Wow!! Baie goed gesê! Ek bly al drie jaar hier in Amerika en is verseker baie gelukkig oor die oorwinning van mnr Trump. Ons lag lekker vir die hartseer mense wat gedink het hulle Hillary (reguit van duiwel af is) sou wen… ek het geleer die waarheid sal altyd uitkom en regverdigheid wen altyd!! Hulle moet lekker brand en skreeu!! Amerika se massas het gepraat!!

gatiep ·

Baie mooi geskryf en baie dankie ons mense moet reg gehelp word.

Ben Esterhuizen ·

Uitstekende artikel, net jammer die regte mense gaan dit nooit lees nie.

At Bezuidenhoudt ·

Dankie vir die briljante artikel! Dis lekker om n wel deurdagte artikel soos die te lees!

Johnny ·

Ek is bly om te sien daar is nog mense wat die liberales sien vir wat hulle werklik is. Solank jy met hulle saanstem is alles reg, maar boeta, as jy van my verskil het hulle die reg om jou alles toe te snou wat sleg is. Durf jy waag om die liberale aan te vat moet jy baie versigtig wees wat jy se of hulle kan jou aakla van allerhande oortredings en skending van hul regte. Ek is so bly Trump en die oorgrote meerderheid het die liberales n toffie gewys. Hopelik begin die gety nou draai teen die nuwe wereld orde.

Skerp Spioen ·

Hi Johnny,
Niks kan die nuwe wêreldorde stuit nie. Dit is so voorspel en so moet dit gebeur. Trump en Brexit gaan die orde juis oortuig dat demokrasie hulle nêrens gaan bring nie angesien die meerderheid mense hulle droom verwerp. Hulle gaan dus iets anders moet probeer waar die mense nie ‘n keuse gaan hê nie. Dit besef hulle nou finaal en dit is waarop ons moet voorbereid wees. Groete.

BenaYaHU ·

Skerp Spioen,
jy is heeltemaal korrek in jou afleiding, en vele sal daarby baat om gevolglik dus ‘n leefstyl van voorsorg te leef. Alhoewel ek geensins ‘n kenner is van die politieke speelveld nie, is dit vir my nogal heel duidelik dat Donald Trump moontlik juis die EERSTE stap in daardie denkrigting versinnebeeld.
Tyd sal leer; mens kan net vertrou dat die massas gereed is vir so ‘n moontlikheid! En, soos jy seker reeds verstaan, deur wat ek van jou antwoord aflei, is dit meer logies in perspektief vir die met oe om te sien en ore om te hoor.
Shalom!

Hannes ·

Die beste rubriek wat ek in jare gelees het, baie dankie! Die linkses is Hillary-ous!

Jan van Riebeeck ·

Baie goed gestel, Dinsdag stem die meerderheid Amerikaners vir hullle beste keuse en op Donderdag veroorsaak die minderheid Amerikaners moles omdat hulle nie hulle sin kry nie. Demokrasie (Zuma styl) in aksie…..
#protestsmustfall.

Riana71 ·

Uitstekende artikel. Beslis baie stof tot denke. RESPEK!!! Uiteindelik iemand wat die moed het om te sê wat nodig is om gesê te word.

Nel ·

Lekker Eugene – jy mag maar skryf! En aan die spul liberales ‘get over yourselves’.

Andre ·

Uitstekende artikel. Vertaal dit net asb in engels en plaas dit onderaan al die skewe linkse berigte wereldwyd as kommentaar. Ek sal help as ek toestemming het van jou.

Frans C ·

Net soos werk nie manlik of vrouluk is nie, is demokrasie nie links of regs nie.
Ongelukkig was daar wêreldwyd na die 2de wêreldoorlog ‘n beweging in die rigting en het demokrasie sinoniem geword met liberale en linkse bewegings en is dit gelykgestel aan menseregte

Die media in Amerika was oorwegend aan Hillary Clinton se kant en het hul bes probeer
omso ver as wat moontlik was in Trump se verlede rond te krap en hom te demoniseer,maar vergeet dat Hillary se man Bill ‘n nuwe gebruik vir ‘n sigaar ontwikkel het, terwyl hy president was.

Trump het iets raakgesien en gehoor wat die’establishment’ in hul arrogansie na 8 aanbewind nie raakgesien het nie en dit is dat globalisering nie die towerstaf was,wat almal gedink het en miljoene Amerikaners werkloos gelaat is ,toe veral talle staal fabrieke
gesluit is en infrastruktuur op baie plekke in duie gestort het.

Trum se slagspreuk van ‘make America great again’ overgeset synde ‘Charity begins at home’ was deurslaggewend.

Akram ·

Baie goeie artikel. Ek sal graag wil weet wat is persentasie wat NIE gestem het nie. Ek meen die meederheid gepraat en hy het gewen. Die klomp wat nou so ongelukkig is, het hulle almal vir Clintoon gestem?

Vleis ·

Die Libs is werklik soos babatjies. Kry hul nie hul sin nie dan kerm hulle. Hul emosies is so broos , enige-iets wat jy sê kan moontlik hulle gevoelens seermaak. En dit wil jy nie hê nie want dan word daar ‘n vloermoer gegooi. In plaas van argumente en logiese denke maak hul staat op etikette soos “rassis” en “Nazi” om debat te voer. Siestog.

Chris du Plessis ·

Wys jou maar net hoe demokraties die linkses is …… Hulle kan beslis nie meer liberaal genoem word nie of demokrate nie ….
En dan is daar groot gewag gemaak van hoe dom die gemiddelde Trump ondersteuner is. Wys jou net hoe werk sake as jy die media beheer. en dis n verskynsel oor die hele westerse wereld. dis hoekom hulle so sukkel om die migrante probleem en die moslem probleem te verstaan en te hanteer,

Van die os op die jas, ons eie Naspers is dieselfde as die Amerikaanse media. Hulle is nie in verbinding met die gemiddelde Afrikaner nie en probeer hul bes om vir afrikaners voor te skryf wat hulle moet dink. Al wat ons heeldag lees is die opinies vin linkses soos Adriaan Basson, Max, Crowcamp, Maas ….. Die gemiddelde Afrikanr ismos “Wit Gemors”. Daar gaan binnekort ook n openbaring wees vir die lot .
Dis tyd dat Afrikaners teen hul eie instansies begin betoog want dit is waar Afrikaners se grootste probleem le …. nie die ANC of EFF nie.

Koos ·

Uitstekende artikel.
Ek het al gesien, dwarsoor die wereld, dat liberale slegte demokrate is as hulle verloor.
En dan spog hulle nog dat Hillary se ondersteuners so geleerd is en Donald se ondersteuners agterlik is.

Rupert Ashford ·

Uitstekende artikel. Gaan kyk op die videokanaal na ‘n Britse satirikus genaamd Jonathan Pie se greep oor die rede vir Trump se oorwinning. Taalgebruik is bietjie rof maar hy se ‘n paar baie waar dinge.

Amerikaner ·

Wonderlike insig in ‘n Pied Piper situasie waar die media die wereld wou mislei. Baie dankie. Al loop die leuen hoe snel die waarheid agterhaal hom wel.

Nel ·

Ja Rupert, wat ‘n vieslike stortvloed van verbale diaree. Dis hoe satan moet klink as jy op sy stert trap…

JOHN ·

UISTEKEND 1
Die verkil tussen Trump en ons leiers is : Hy was reeds voor hy gekies is n biljoener ,ons leiers word biljoeners na hulle gekies word

Pietman ·

Puik!

So bly om te sien daar is rubriekskrywers wat vir hulleself kan dink en nie die wêreld mediamasjien klakkeloos navolg nie.

Robert Strauss ·

Eugene, jy het iets vergeet, dieselfde linkses wat so aangegaan het oor “Hillary, first female U.S president” is ook dieselfde linkses wat Margeret Thatcher tot met haar dood so verpes het. Thatcher was n sterk en onafhanklike leier (daarvan die linkses se haat) en Hillary n swakkeling en onder beheer van banke en die Saudi Koningsgesin.

Knikkebollen ·

Uitstekende artikel! Die ‘reaksie’ van die liberale laat my altyd dink aan Dr. Verwoerd se uitlating: hy het dit eienaardig gevind dat elke keer as hy op ‘n kommunis se ‘tone trap’, dan skree ‘n liberalis!

Merkur ·

Eugene. Sou graag meer van jou by MM wou lees.
Nog ‘n voorbeeld van Hillary se skeinheiligheid is die feit dat sy graag enorme donasies van Qatar en Saudi-Arabië aanneem terwyl hierdie lande gays van dakke afgooi of aan boukrane ophang totdat hulle dood is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.