Trump teen Merkel en die einde van Westerse eenheid

angela-merkel-en-donald-trump

Die Duitse bondskanselier, Angela Merkel, se frustrasie met Trump is dus verstaanbaar. Die twee leiers verteenwoordig totaal verskillende maniere van dink en doen.

Duitsland het gedurende die 12 maande van 2016 sowat 65 miljard dollar se handelsoorskot met die VSA getoon. Slegs China en Japan toon groter handelsoorskotte met die Amerikaners. Terwyl die Duitsers verlede jaar 114 miljard dollar se produkte na die VSA uitgevoer het, kon die Amerikaners slegs 49 miljard dollar se uitvoere realiseer.

Dit behoort dus nie verrassend te wees nie dat pres. Donald Trump omgekrap is nie. Reeds tydens sy verkiesingsveldtog verlede jaar het dit duidelik geblyk dat hy ’n meer proteksionistiese ingesteldheid gaan hê. Sy talle aanvalle op Chinese handelspraktyke en geldeenheidmanipulasie het dit ook beaam.

Ná ’n rustige wegspring in Saoedi-Arabië tydens sy eerste oorsese besoek het Trump egter vuur onder die Europeërs gemaak toe hy Europese leiers aangespreek het oor hul onvermoë om die gedeelde Navo-doelwit, wat bepaal dat lidlande 3% van hul bruto-binnelandse produk aan verdediging moet bestee, na te kom. Terwyl die VSA 3,6% van sy BBP aan verdediging bestee staan Duitsland s’n maar op 1,2%.

Trump werk nie met ongetoetste ou lojaliteite nie. Die Transatlantiese pakt wat reeds na die Tweede Wêreldoorlog tussen die VSA en Europa ontstaan het, beteken nie veel vir hom nie. Trump het sy oorwinning in verlede jaar se Amerikaanse presidentsverkiesing te danke aan die stemme van Amerikaners wat voel dat dit juis die handelspraktyke van lande soos China en Duitsland is wat veroorsaak het dat die vervaardigingsektor in die VSA oor die afgelope paar jaar miljoene werkgeleenthede prysgegee het.

Kiesers wat verlede jaar vir Trump gestem het, is mense wat wil sien dat die VSA sterk staan. Trump se positiewe uitsprake oor Poetin van Rusland, El-Sissi van Egipte, Salman van Saoedi-Arabi, Duterte van die Filippyne en Jinping van China spreek van ’n leier wat gemakliker harde taal met outokratiese politici praat as om politiek-korrekte sagte gesprekkies met leiers wat gevestigde belange wil beskerm, wil voer.

Die Duitse bondskanselier, Angela Merkel, se frustrasie met Trump is dus verstaanbaar. Die twee leiers verteenwoordig totaal verskillende maniere van dink en doen. Merkel is ʼn globalis wat die liberale orde van die afgelope paar dekades in stand wil hou. Sy hou Duitse kiesers gelukkig deur te verseker dat Duitse uitvoere nie spoedwalle tref nie. Die invloei van meer as ’n miljoen laaggeskoolde meestal Moslem-mans oor die afgelope paar jaar help natuurlik om te verseker dat daar bekostigbare arbeid vir die Duitse vervaardigingsektor beskikbaar is.

Trump daarteenoor is ’n nasionalis wat sy eie land se belange eerste wil stel. Hy moet verantwoording doen aan die werkersklaskiesers wat smag na proteksionisme. Trump-kiesers is min gepla oor wat die hoof van Navo of selfs die bondskanselier van Duitsland van die VSA dink.

Merkel se uitsprake onlangs dat Europa moontlik voortaan op sy eie sal moet staan en haar kritiek op Trump sluit aan by Martin Schulz, leier van die Sosialistiese Party in Duitsland, se opmerking dat Trump die vernietiger van alle Westerse waardes is. Merkel se minister van buitelandse sake, Sigmar Gabriel, het ook onlangs gesê dat die Weste kleiner geraak het.

Die vraag is nie of die Weste kleiner raak nie, maar eerder of die Weste nie besig is om heeltemal uitmekaar te spat nie. Demografiese veranderinge en ekonomiese druk gaan die ou ordes van die afgelope dekades op die proef stel.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kom Ons Boks ·

Sterk leiers het die vermoee om onpopulere besluite te neem vanuit ‘n posisie van mag. Sy verantwoordelikheid staan teenoor sy kieserskorps en nie teenoor Merkel/Europa nie (wat duidelik nie hul deel volstaan nie). Trump stel telkemale dat sy administrasie bereid is om te onderhandel oor hierdie kwessies waarop Europese leiers sonder skramming dan Nee op antwoord. Sy besluite tot dusver het reeds die ekonomie gebolster en verbruikers vertroue is deur die dak. Dit is plekke soos Duitsland wat hul sokkies moet optrek as hul ekonomiese voordeel wil trek uit grootste ekonomie op aarde. As die status qou gehandhaaf word sal Trump nie ‘n kat se kans staan om die volgende eleksie te wen nie. Soos die manne wat weet se “It’s the economy, stupid”.

Anton ·

…begin liefdadigheid nie by die huis nie…dit is wat Trump doen…en wat is fout daarmee…

Ivor ·

Go Trump go. God self het jou gekies vir ‘n tyd soos nou…
Skuif nou die Amerikaanse ambasade Jerusalem toe. Jerusalem is God se eewigge stad en ook Sy voetstoel… Go Trump Go….!

John ·

Merkel en die Pentagon $ kie is diep teleurgesteld dat Hillary toe nie president geword het nie, want hulle kon haar stoomroller en die EU, lees Duitsland, tot binne in die Withuis uitgebou het. Die Duitsers haat Rusland na sy oorwinning oor Hitler en probeer nou ‘n nuwe tipe oorlog wen via die eter met behulp van oorywerige gratis vegters soos CNN, die New York Times en BBC en natuurlik hardop vryskut-joernaliste en politici wat hulself lief of geld kort soos die baby-tjoklits-Ukraine-prez.

Kom Ons Boks ·

Aan MM. Soos daar duidelik gesien kan word in die kommentaar van meeste van jul leserskorps, is daar ‘n smag na politieke ontleders wat meer objektief is. Die agtergrond van sommige ontleders is wel indrukwekkend maar hul selektiewe en oneerlike opinies oor wereld kwessies is besig om lesers te vevreem. Ons almal glo in ewewig maar dit is ongelukkig nie hier te bespeur nie. MM is meer as nuus, dis ons tuiste.

Anoniem ·

Merkel het Duitsland se deure waweid oop gegooi vir die “Trojan Horses”, maar kan mens meer verwag van ‘n persoon wat in kommunistiese Duitsland groot geword het. Al die “Politically Correct” leiers gaan nog ‘n bittere ontwaking beleef wanneer hulle lande brand. Die bloed van die onskuldiges is op hul hande.

Henk ·

Anoniem; jij sla de spijker op zijn kop. [1 miljoen en hoeveel % bomgordels zitten daar tussen]

Gideon ·

Die Duitse psige word nog oorheers deur Duitsland se rol in die tweede wereldoorlog, die Joodse volksmoord en Nazisme. Daarby die totstandkoming van kommunistiese Oos-Duitsland en die uiteindelike reunifikasie van Oos- en Wes Duitsland. Ek is oortuig dat die Duitsers in wese baie meer nasionalisties en konserwatief is as wat hul nasionale politiek weerspieel. Die wonde is nog te diep, maar dit is besig om te verander. Duitsland gaan Brexit nog na ‘n vulletjie laat lyk. Die Duitsers kan in wese nie die Engelse vedra nie, en die twee lande sal altyd mekaar beloer en wantrou. Merkel is tans die regte leier vir Duitsland, maar dit sal ook eindig. Die ironie is dat die Duitsers nog altyd van ‘n “Trumpagtige” leier gehou het, en waarskynlik weer sal hou, die tyd is nog net nie reg nie.

Nico K ·

Daar is ‘n paar van Jaco se stellings waarmee ek nie kan saam stem nie. Om te sê Merkel is van die liberale orde, is nie korrek nie. Haar party is aan die konserwatiewe kant van die politieke spektrum. En ek dog dat Trump vriende met Poetin is. Nou skielik hoor ek dat hy harde woorde oor Poetin uitspreek. As die Duitsers soveel meer uitvoer as die Amerikaners, dan is dit dalk omdat die Duitsers meer effektief is as die VSA. En om die laagskoolde Moslems as die rede vir Duisland se effektiwiteit aan te voer, wat dan van die miljoene Meksikane wat die VSA instroom. Ek dink die algemene lewensstandaard in die VSA is baie laer as Duisland en daar is baie meer armes so die arbeid behoort goedkoper in Amerika te wees.

Loeis ·

Wanneer mens na Trump inhuldigingstoespraak luister, sou mens reken dat hy dalk die beste Amerikaanse president nog sou wees. Hy het egter taamlik omgeswaai wat buitelandse beleid aanbetref, en voel blykbaar niks vir die omgewing nie. Die rooi ligte begin te flits.

Wat Merkel aanbetref lyk dit of die vrou wil verseker dat Duitsland ‘n generasie verder nie meer oorwegend Duits gaan wees nie.

Die twee verskil maar die een is nie beter as die ander nie.

Genn Baard ·

Die Liberale Westerse leiers met hulle politieke korrekte beheptheid het die Westerse waardes vewoes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.