Trump vs Clinton: Die groot vraag

donald-trump-vs-hillary-clinton

Foto: Youtube.com

Sal Donald Trump die verkiesingsuitslag op 8 November aanvaar?

Vir die miljoene Amerikaners wat die laaste van drie debatte tussen Trump en Hillary Clinton vandeesweek op televisie gekyk het en die miljoene meer wat oor die radio daarna geluister of berigte daaroor in koerante gelees het, is dit amper die enigste vraag wat hulle ná die debat sal bybly.

Hoewel Trump vir die eerste halfuur van die debat sterk argumente gevoer en sy beste debatvertoning van die hele veldtog gelewer het, het hy soos vantevore vinnig sy humeur verloor en in persoonlike aanvalle en onsamehangende argumente verval. Hy het selfs een keer vir Clinton in die rede geval met die opmerking: “So ’n nare vrou!” Trump se goeie pogings om Clinton se talle swakpunte en die beeld van haar as ’n korrupte donkerkamerpolitikus weer te gee is dus vinnig deur sy eie swakpunte in aanslag en gedrag oorskadu.

Clinton was met die derde debat deeglik voorberei om Trump te uitoorlê. As voorloper in die stryd het sy daarna gestreef om geen fout te maak nie, maar ook om Trump op sy swakste punte te tref. Haar herhaaldelike verwysing na sy twyfelagtige rekord met vroue het Trump vinnig op sy perdjie gehad en toe hy sy humeur verloor, het Clinton in haar doel geslaag.

Die laagtepunt van die aand was egter toe Trump nie wou sê dat hy die verkiesingsuitslag sal aanvaar nie. Toe die moderator vir Trump hieroor vra, nadat Trump die afgelope tyd herhaaldelik op Twitter beweer het dat die verkiesingsuitslag ten gunste van Clinton bekook gaan word, het Trump gesê hy sal mense maar laat bly wonder en eers op die aand van 8 November besluit of hy die uitslag sal aanvaar.

Amerika het natuurlik ’n lang tradisie van vreedsame magsoorgawe ná verkiesings en waar verloorders die verkiesingsuitslag aanvaar. In 2000 toe Bush uiteindelik die verkiesing teen Al Gore gewen het, het Gore ten spyte van groot ongelukkigheid weens ’n hooggeregshof-uitspraak wel die uitslag aanvaar. Trump se sterk argumente aan die begin van die debat is dus eers deur sy temperament en later sy samesweringsteorie oorskadu.

Met minder as drie weke oor voor die verkiesing verkeer die Republikeinse Party in ’n enorme krisis. Dit lyk toenemend asof talle uiters bekwame Republikeine hul posisies as senatore, goewerneurs en lede van die Huis van Verteenwoordigers kan verloor omdat die kiesers wegswaai van Trump en moontlik ook toenemend op die res van hul stembrief teen Republikeine kan stem.

In die uiters konserwatiewe deelstaat Utah loop ’n konserwatiewe onafhanklike kandidaat, Evan McMullin, teen Trump en Clinton voor. Die kiesers in Utah het sedert 1964 nog in elke verkiesing vir die Republikeinse kandidaat gestem. Indien McMullin wen, sal dit ’n teken wees van die krisis waarin Trump die Republikeinse Party gedompel het. In talle konserwatiewe state wat meestal vir die Republikeinse Party se presidentskandidaat stem, soos Georgia, Arizona en Texas, is dit tans ’n kop-aan-kop-stryd tussen Trump en Clinton.

Die derde en laaste debat tussen Trump en Clinton was dus nie die deurbraak waarvoor die Trump-span gehoop het nie en hulle laaste hoop is nou dat Clinton ’n groot fout voor die verkiesing sal maak of dat daar ’n baie groot skandaal om haar kop sal losbars. Indien die verkiesing egter vandag sou plaasvind, sal Clinton baie ver wen en die Republikeinse Party en die konserwatiewe beweging in Amerika baie seerkry.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Amerikaner ·

Trump praat die warheid en verteenwoordig die vrese en doelwitte van denkende, hardwerkende burgers van alle klasse. Ongelukkig fokus alle media op onbenullige opmerkings oor ‘n opponent of ‘n verkiesingsuitslag se aanvaarding. Trump se steun word gelukkig nie bepaal deur eenvoudige opmerkings of belaglike media manipulering nie. Clinton leuens is alombekend; mense wil stem vir iemand wat nie deur superpacs beheer word nie maar wat die logiese en beste vir die VSA wil doen. Moenie deur die media mislei word nie asb!

Knikkebollen ·

Clinton vir Trump uitoorle? Die Republikeine in krisis? Die krisis is nie by die Republikeine nie- die krisis is in die Politieke Klas – daardie nuwe groep wat vir die laaste 30 jaar wereldwyd ‘state capture’ gerealiseer het. Beide die Republikeinse en Demokratiese Politieke Klas lede, is paniekerig want Trump speel nie hulle speletjie nie. Peter Oborne se briljante ontleding van die Britse Politieke Klas wys tereg hoe die PK in hulle absolute vyandigheid teenoor die publiek, ten alle koste moet saamstaan om aan beheer te bly…

Ivor ·

Make Amerika Great Again! Clinton is ‘n skelem, leanaar en nog meer sy is ‘n globalis, eenwereld, new ager. As daar net een enkele rede is waarom ek graag will he Trump moet wen is dit dat hy Jerusalem erken as Israel se hoofstad volgens die Bybel en dat hy Amerika se ambasade van Tel a Viv na Jerusalem toe wil skuif. Go Trump Go! Laat God se wil geskied! Bid vir Jerusalem! Bid vir Jesus se terugkeer! Laaste dae mense. Laaste dae. Kyk na Jerusalem! Kyk na Israel!

Rynhardt ·

Trump het dit duidelik gemaak dat hy nie verkiesingsuitslag sal aanvaar nie.Hillary Clinton oftewel “Hitlary” , soos Amerikaners haar noem is bekend daarvoor dat sy Bernie Sanders se afgevaardiges gesteel het, soos bevestig deur talle kommentators en die New York Times!”Hitlary” beskuldig Trump daarvan dat hy vroue haat, my sy beskerm haar man Bill wat nog steeds vroue verkrag en byt.Al hoe meer vroue kom navore, maar weens die egpaar se politieke mag en invloed is Bill nog nie gearresteer nie! Hillary Clinton is saam met die Obama-admininstrasie verantwoordelik vir meer as 300000 Siriese burgers se dood, waarvan talle Christene was! Die Clinton- Foundation spandeer net 10% van hul geld aan armes terwyl miljoene dollars beland in die egpaar se sakke! Beide besoek ook gereeld Afrika-lande soos Nigerie en raak betrokke in verskeie projekte wat nooit voltooi word nie.Hoekom? Van hierdie maatskappye het sterk verbintenisse met die Clinton-egpaar wat saam met Afrika-diktators groot finansiele voordeel trek! Die clinton egpaar se korrupsie kos Amerika reeds $5,100,000,000.00! Hillary Clinton het 33000 e-posse van haar rekenaar verwyder wat geklassifiseerde inligting bevat het.Kuberkrakers en Wikileaks het dokumente vrygestel wat duidelik uitspel dat sy n dienaar van die Nuwe Wereldorde is, en n kommunistiese agent van China omdat sy geheime inligting verkoop het aan China en Saudie-Arabie! Die hoof van die FBI wil haar nie vervolg vir haar misdade nie, want hy eet uit dieselfde korrupte bak as die Clintons!

Hendrik ·

Rynhardt, ek het lanklaas soveel foute in een paragraaf gesien.

1) Ek woon in Amerika en “Hiltary” is beslis nie ‘n algemene naam vir Clinton soos jy voorgee nie.
2) Bernie Sanders ondersteun Clinton na sy as die Demokratiese kandidaat aangewys is. Verduidelik bietjie hoe word afgevaardigdes “gesteel”?
3) Hillary Clinton is nie verantwoordelik vir haar man se gedrag nie. Daar is geen bewyse dat Bill Clinton iemand verkrag het nie.
4) Die Russe, wat met kuberkraking vir Trump ondersteun soos bewys deur 17 Amerikaanse staats- en privaatagentskappe, is verantwoordelik vir die bombardering van Aleppo in Sirië – Rusland het self ‘n eensydige skietstaking aangekondig. Die Russe het die hospitale in Aleppo plat gebombardeer.
5) Die Clinton foundation spandeer 90% van al hulle geld op liefdadigheid en dit word gestaaf deur verskeie onafhanklike moniteringsorganisasies. Die ander 10% gaan vir administrasie. Die Clintons self se eie belastingopgawes dui aan dat hulle 10% van hulle eie inkomste aan liefdadigheid spandeer.
6) 50% van alle mense wat Vigs medisyne ontvang, ontvang dit as gevolg van die Clinton foundation. Dit is dus seker gepas dat hulle Afrika besoek.
7) As daar bewyse van korrupsie teen die Clintons was soos jy beweer, die VSA nie SA nie. Korrupsie word hier vervolg.
8) Clinton het nie self daardie eposse verwyder nie. ‘n Lae vlak werknemer het dit op eie inisiatief gedoen.
9) Daar bestaan geen bewyse vir jou samesweringsteorie oor Clinton, die FBI en ander belaglikhede nie.

Clinton is nis sonder foute nie, maar sy is 100 maal ‘n beter kandidaat as die narsissistiese Trump.

Saul Barnard ·

Hendrik, jy slaan die spyker op die kop! Woon ook self in Amerika, en die werklikheid lyk heel anders as wat Trump se skapies só gehoorsaam blêr.

Theresa ·

Sjoe maar die gesigte lyk ernstig. Wel, seker dan beter as die alewige gegiggel van die Suid-Afrikaanse president…

Rynhardt ·

Hendrik jy is n “new american!” Jy en talle van jou maatjies het nie n benul van wat aangaan in jou eie aangenome land nie.Jy het gevlug uit SA na Amerika terwyl jou aangenome land nie uit sy $20triljoen se skuld kan kom nie.Jy weet dit nie eens nie, maar dan wil jy jou mond kom rek oor my en mede Afrikaners! Vroue het op rekord bevestig dat Bill Clinton hulle verkrag.Die Clintons se mag en politieke invloed verhoed sy arrestasie.Nie net verstaan ek die amerikaanse politiek nie, maar ek skryf vir jare oor dit.Aangesien jy in Amerika sit, kontak Roger Stone wat by Trump se verkiesingsveldtogte betrokke is.Stone het al verskeie kwre in die openbaar en in boeke die Clinton-en Bush – families se misdade uitgewys! Duidelik weet jy Hendrik nie mooi wat aangaan nie, nes jy ook nie mooi weet wat in SA politiek aangaan nie! Vir die rekord.Die Clinton Foundation spandeer slegs 10% van hul gelde op armes.Dit is bevestig in dokumente deur Weakileaks! Ek staan by bogenoemde feite, soos genoem aan maroela media.Hendrik gaan bestudeer ook die dokumentere film, Clinton Cash wat die egpaar se misdade uitwys! Gewis jou van die feite, voordat jy my en mede afrikaners kom aanval.Ins neem nie “new americans” in die VSA ernstig op wat “Hitlary” Clinton aanbid nie!!

skurkeresclinton ·

Clinton is deel van die establishment en korrup verby!!Geen waardes nie. Amerika is in elk geval al bankrot. Hulle het geen meer goud in bewaring nie. Sy gaan hulle nie kan help nie. Sy wil net oorlog voer. Wil n madam tussen die manne wees. Wat n looser.

Ben Prinsloo ·

Hendrik gelukkig mag ons van mekaar verskil. Hier in SA het ons ook internet ens. Gelukkig is van ons op hoogte van die gepeupel wat in die Clinton masjien aangaan. Rakende die vigs saak kan ek maar net sê dat hulle hulle eerder by hulle eie belange moet bepaal want hulle wil die wereld van vigs red maar het nie n probleem om oorlog te maak nie. Tereg het Trump haar toe gevra of sy al in n kroeg was waar hierdie halwe mense inkom en of sy al met hulle gekuier het. Jammer ou maat ek en jy se siening verskil soos nag by dag.

Thuunda ·

Ek verstaan hoekom daar sou verwag word van Trump dat hy VOOR die verkiesing dan nou moet se dat hy die uitslag sonder meer moet aanvaar terwyl daar duidelike geknoeiery aan die kant van die demokrate plaasvind.

Hoekom mag hy nie wag vir die uitslag en verslae oor moontlike geknoeiery eers oorweeg? Waarom sal enige regdenkende mens dit as negatief beskou?

Dink asseblief voordat julle kommentaar lewer en hou op naief wees en dink alle mense en instansies is eerlik, veral politici, komaan mense!?

Therese van Schalkwyk ·

Een van die lesers (hierbo) praat van “Trump se skapies wat gehoorsaam blêr”… Praat van ironie!

Natuurlik sal Trump die uitslag aanvaar. Dat mense wraggies nog nie geleer het om hom nie so letterlik op te neem nie. Net soos hy ook nie létterlik bedoel het dat Obama en Clinton “ISIL gestig” het nie. Enigeen met ‘n goeie begrip snap dat die VSA se swak buitelandse beleid wat aanleiding gegee het tot ‘n leierskap-vakuum in die Midde-Ooste hier ter sprake is. Hy het dit herhaal in die laaste debat, maar Trump-haters wat die meeste joernaliste insluit, is blind en doof.

H Clinton sal President word, maar die Trump-kamp kan met reg ingeloop voel oor die vuil veldtog teen die einde, o.a. opgestookte vrouens wat skielik, dekades later, krokkodiltrane uitforseer vir die kameras.

Boonop het die gespreksleier Clinton wéér laat wegkom sonder dat sy verduidelik het hoe sy as vroueregte aktivis kan toelaat dat Monica Lewinsky(22) en ander voor die wêreld verguis, verneder en tot leuenaar gemaak is.

Landsverraaier ·

Ja ou Saul en Hendrik, ek wonder altyd, vir wat kom bly julle liberliste van SA nou hier in Amerika? is SA dan nie vandag die “verligte” omgewing wat deur TV1 nuus en die Beeld gepropageer is nie? Gelukkig is hier in Amerika meer as een nuus bron, so dis moeiliker vir julle tipe “kripvretertjies” wat mos alles glo wat julle op MSNBC of CNN sien. Ek was by ‘n trump rally en glo daar is baie meer ondersteuing vir trump onder mense wat voorheen nooit gestem het nie, en dus nie onder die standaard “polling” gesien word nie.

kat ·

Hendrik jy se net so want jy is bang hulle skop jou iut land uit Trump is die regte man vir herstel van amerika .clintin en obama steun issis n tereur groep so doen jou huiswerk en ek het baie amerikaanse vriende in hoee posisies wat ook se clinten is n tereur helper

Thom ·

Ja, nee, lyk my as mens Amerika toe trek, dan bly goeie verstand hier agter. Dit lyk my ons “vriende” wat USA toe getrek het het ook “new world order” en “globalists” geword.

Thom ·

Dit lyk my sommige wat VSA toe trek los goeie verstand hier agter en word “new world order” en “globilists”.

Knikkebollen ·

Hillary Clinton, ‘n ervare Washington-binnekring lid van 30 of so jaar, is deur die Kongres Oorsig Komitee uitgevang op ten minste 3 leuens waarvoor enige ander staatsdiens amptenaar sou tronk toe. In die woorde van Dinesh D’Souza- ‘Trump may be insensitive, but he is not a bigot and there is a big difference between these two terms’. Geen van die beweringe teen Trump is bewys of is oortuigend krimineel nie. Dieselfde kan nie van die Clintons gese word nie en daarom is sy die swakste keuse vir President.

saartjie ·

Die VSA verdien ‘n president soos Trump. Hy is ‘n absolute weerspieëling van die Amerikaanse psige. Good luck.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.