Afrikaans: wat is die probleem, wat is die antwoord?

Foto: papa'rocket

Daar is twee bepalende vrae wanneer ons die meen dat ons iets vir Afrikaans doen: wat is die probleem; en hoe gaan ons dit oplos?

As ‘n mens, argumentsonthalwe, die probleem verkeerd sou definieer, verlaag dit die waarskynlikheid van ʼn geslaagde oplossing – al werk jy hóé hard daaraan. En as jy tog die probleem reg omskryf, dan is daar nog altyd die uitdaging om die regte medisyne te ontwikkel. Ons praat dus hier van ʼn ingewikkelde uitdaging vir ʼn gewigtige saak.

Daarom nooi Maroela Media se Die Groot Debat verteenwoordigers van ʼn verskeidenheid Afrikaanse belange-organisasies om hierdie twee vrae aan te raak. Die gespreksreeks heet Probleme en Oplossings vir Afrikaans. ‘n Ope uitnodiging is aan verskillende organisasies gestuur en bydraes word tans ingewag.

Waar daar onder Afrikaanse belange-organisasies onderling dikwels goeie kommunikasie is, hoop ons om by Maroela Media die vrugbare gesprekke toeganklik te maak vir ʼn breë leserspubliek. Laat ons kyk na die verskillende benaderings en vergelyk en hersien en kombineer soos toepaslik.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Piet le Roux

Piet le Roux is die uitvoerende hoof en direkteur van die sakeregte-organisasie Sakeliga.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.