Universiteitswese, transformasie en dekolonisasie: Wat kan ons verwag?

kaapstad universiteit

Argieffoto.

Deur Christoff van Wyk

Studente-organisasies dreig opnuut om kampusse onbegaanbaar te maak deur massaprotes. In weerwil hiervan, swyg die minister van hoër onderwys en faal klaaglik om die kritieke leierskap te gee wat nou nodig is in dié verband. Intussen dreig ʼn groeiende fiskale krisis by verskeie universiteite, waar sommige reeds aangedui het hul finansies is in die rooi of op pad soontoe. Die vraag kan tereg gevra word: ‘Waarheen is ons universiteitswese op pad in Suid-Afrika?’

Die hoëronderwysbedeling sedert 1994 – is ons beter of slegter af?

Suid-Afrika se hoër onderwys het ʼn omwenteling van enorme proporsies ondergaan in die afgelope 15 jaar. In 1994 was daar 21 openbare universiteite, 15 sogenaamde ‘polytechnics’, 120 kolleges, 24 verpleeg- en 11 landboukolleges. Teen 2001 het die opleidingskolleges heeltemal weggeval en is die meeste van hulle geïnkorporeer in verskeie universiteite. Uit die 36 universiteite en technikons wat daarna nog bestaan het, het verskeie weer saamgesmelt, terwyl party ontbind is om by ander geïnkorporeer te word om sodoende ʼn universiteitslandskap te skep met:

  • 11 tradisionele universiteite wat grade toeken;
  • 6 universiteite wat grade, diplomas en sertifikate toeken; en
  • 6 universiteite van tegnologie. Daar is ook verder besluit om 2 nuwe universiteite te stig in provinsies waar geen universiteite was nie.

Tans is daar 26 universiteite in Suid-Afrika, met drie nuwe universiteite van tegnologie wat sedertdien bygevoeg is. Die verhoging in studentegetalle in die afgelope 22 jaar is verstommend. In 1993 was daar ʼn geskatte 473 000 studente in Suid-Afrika. Volgens statistiek verskaf deur die Raad vir Hoër Onderwys in Suid-Afrika, het daardie getal in 2013 reeds toegeneem tot 983 698. Ten spyte van hierdie vergrote inname, is slegs drie nuwe universiteite in die tyd gebou.

Suid-Afrika het dus oorgegaan van ʼn stelsel waar 191 hoëronderwysinstellings wat deur die staat bedryf is, in 1994 bestaan het, tot slegs 26 instellings vandag.

Private universiteite verteenwoordig nog ʼn relatiewe klein gedeelte van die totale studentegetalle in Suid-Afrika en daar kan nie aanvaar word hierdie instansies kon die toename help absorbeer nie. Die regverdige aanname wat dus gemaak kan word, is dat bestaande universiteite tot ʼn groot mate self planne moes maak om die toename in studentegetalle te akkommodeer. Die befondsing hiervan moes dikwels op kreatiewe maniere gebeur, wat meer getuig het van goeie bestuur deur rade as regeringsbeleid.

Finansiële uitdagings

Oor die huidige finansiële probleme wat die universiteite moet hanteer, skryf Karen Macgregor in haar artikel Higher education in the 20th year of democracy: “Three other factors were likely to compound the funding challenge (in die toekoms): the target of raising participation to 25% and student numbers from a current 950,000 to 1.6 million; the decline in funding for higher education as a proportion of GDP from 0.76% in 2000 to 0.69% in 2009 with no target for increased funding; and a rising school-leaving exam pass rate, resulting in increasing numbers of students qualifying for university.”

Die prentjie wat geskets word, is van eenvoudig te veel jongmense wat tans met universiteitstoelating matriek slaag, maar wat dit nie kan bekostig om by ʼn tradisionele universiteit te studeer nie. Jongmense wat uit veral arm agtergronde kom, sien ʼn universiteitsgraad as die enigste manier om uit die greep van armoede te ontsnap. Hierdie jongmense word egter ontmoedig wanneer hulle nie die fooie kan bekostig nie, wat hulle dan noop om lenings te probeer kry. Die lenings dek meestal nie alle onkoste nie en sommige staak hul studies bloot omdat hulle nie meer die hoë koste kan dek nie. Die regering se studenteleningsfonds, die National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) wat veronderstel is om arm studente by te staan, gaan tans gebuk onder erge finansiële druk weens wanadministrasie en die versuim van studente om lenings terug te betaal. Navorsing wat deur die NSFAS gedoen is, het onder meer die volgende skokkende syfers onthul: “An analysis of the NSFAS Annual Reports from 2011 to 2015 shows that the percentage of NSFAS debtors paying has dropped from 35% to 12%, resulting in a 61% drop in loan recoveries in this time. For NSFAS, student default is currently measured in respect to the number of NSFAS loans held by debtors who are no longer studying, but which are not being paid. Since 2011, the number of debtors has increased from 776 239 to 851 116 (2014), but the number paying has dropped from 275 429 to 100 419 in the same time. This represents a drop from 35% to 12%.”

BusinessTech berig verder op 25 Oktober 2015 in ʼn artikel, getiteld SA universities owed R4.1 billion, oor die enorme skuldlas waarmee baie universiteite reeds sit. Volgens die Sunday Times-artikel wat hulle aanhaal, sou die aankondiging deur pres. Zuma, dat daar geen klasgeldverhogings in 2016 gaan wees nie, ʼn verdere R3 biljoen-gaping in universiteite se begrotings meebring.

Akademiese agterstand

Baie kritiek is ook al uitgespreek oor die kolleges wat weggeval het en die gevoel onder baie kenners is dat weggedoen is met eersterangse technikons om plek te maak vir tweederangse universiteite.

Maar ʼn ander faktor is die akademiese agterstand waarmee ʼn groot gedeelte van die studentekorps by die universiteit aankom, wat dan ook veroorsaak dat hulle nie vorder nie en na ʼn jaar of twee opskop. Prof. Theodorus du Plessis skryf in sy artikel Ongelykhede in taal en onderwys – perspektiewe op moedertaalonderrig in Suid-Afrika, die volgende oor akademiese agterstande onder nuwe studente: “Hierdie krisis het te make met die onvoorstelbare onderprestasie op skool van Suid-Afrikaanse leerders. Volgens die Children’s Institute aan die Universiteit van Kaapstad se jongste Child Gauge-verslag (Volksblad het in 2015 ʼn berig hieroor gedra), is die onderprestasie van veral swart skoolgangers so groot dat hulle teen die einde van die sekondêre skoolfase minstens vyf jaar agter hulle ‘bevoorregte’ eweknieë is. Ons praat dus hier van ʼn soort sistemiese ongelykheid wat universiteite in werklikheid erf.”

ʼn Regeringsverslag wat onlangs vrygestel is, beweer soveel as 47.9% van studente voltooi nie hul grade nie. Hierdie studente sit dan met ʼn geweldige bedrag skuld om af te betaal en geen wesenlike werksvooruitsigte nie.

Dekolonisasie

Ten spyte van al die bogenoemde kopsere wat dringend aandag nodig het, is daar ʼn algehele aanslag deur die regering, onder leiding van minister Blade Nzimande, asook verskeie rade, universiteitsbesture en studentedrukgroepe om universiteitskampusse en kurrikulums te dekolonialiseer. In die Britse koerant The Guardian word die studentegroepe verantwoordelik vir die chaos en vandalisme op kampusse as volg beskryf: “This protesters include both students dependent on financial aid and those from the insurgent black middle class. Their intellectual inspiration comes from the anti-colonialism of Franz Fanon, the black consciousness of Steve Biko. Their focus is on a curriculum that they see as narrow and unreformed and on cultures and practices that position them as unwelcome outsiders in public universities in their own country.”

Volgens Nzimande moet Suid-Afrika se universiteite verander om Afrika-universiteite te word: “We want our universities to become African universities in a developing country that has a history of racist and gender-based, class exploitation. These universities, all of them, must shed all the problematic features of their apartheid and colonial past.”

Wat hy hier bedoel, kan dalk beter verstaan word as daar gekyk word na die voorgestelde raamwerk vir kurrikulumverandering wat onlangs vanuit ʼn werksgroep by die Universiteit van Pretoria ontstaan het. Die volgende aanhalings uit hierdie dokument is insiggewend.

Oor epistemologiese diversiteit: “Excavating and recuperating African, Latin American and Asian knowledges and practices that have been devalued and marginalised and, in some cases, decimated and distorted by Eurocentrism and epistemic racism and sexism.”

“Diversifying epistemology means bringing marginalised groups, experiences, knowledges and worldviews emanating from Africa and the Global South to the centre of the curriculum. It involves challenging the hegemony of Western ideas and paradigms and foregrounding local and indigenous conceptions and narratives, …”

Wat hiermee bedoel word, is dat weggedoen moet word met die Westerse akademiese denkraamwerk en dat Afrika-akademie en ander alternatiewe denkraamwerke in plek daarvan gestel moet word.

Met betrekking tot die institusionele kultuur van die universiteit, moet die volgende aangespreek word volgens die werkgroep:

Accelerating transformation of academic staff through the hiring, support and promotion of black South Africans, women, disabled and gender non-conforming academics …”

Reviewing and redefining the identity of the university, including its dominant subjectivities, its historically entrenched narratives and ways of doing, …”

Dismantling institutional hierarchies …”

“Interrogating and reimagining spaces and symbols …”

Die volledige dokument kan hier in pdf-formaat verkry word.

Gevolgtrekking

ʼn Groep Namibiërs, waaronder verteenwoordigers van ʼn privaatskool-netwerk, het onlangs besoek afgelê by die Solidariteit Beweging. Die bogenoemde verwikkelinge rondom die universiteitswese is bespreek en een van die besoekers het grappenderwys opgemerk die tendens van Namibiërs, wat in Suid-Afrika kom studeer, gaan dalk binnekort omgekeer word (maar darem ook bygevoeg dat ons welkom is daar!). Hoe ver van die waarheid is hierdie opmerking? Frans Cronje het al by geleentheid gesê dit is eintlik nie baie moeilik om te voorspel wat die regering volgende gaan doen nie, want hulle vir jou. Dis net gewoonlik goedgelowige mense wat hulle dikwels nie wil glo nie.

Indien bogenoemde in ag geneem moet word, stuur ons staatsbedryfde universiteitswese op ʼn ramp af. Die behoefte om universiteite te Afrikaniseer, beteken enige sweempie van Westerse kultuur, waardes en taal (behalwe Engels), wat vandag nog op enige kampus in Suid-Afrika bestaan, moet afgebreek en omvorm word. Ten opsigte van Afrikaner, of selfs Christelike kultuur of erfenis, is daar nie eers twyfel dat dit totaal verwyder moet word nie. Verder word die legitieme eise van arm studente gekaap vir politieke redes om die Afrikaniseringsagenda verder te dryf.

Dit voorspel ʼn universiteitswese wat totaal anders is as enigiets wat nog ooit in Suid-Afrika gesien is en heel moontlik enige plek in die wêreld, want die feit van die saak is, daar bestaan tans geen ‘ware’ Afrika-universiteite nie.

  • Indien u belangstel in hierdie onderwerp, kan u gerus die konferensie bywoon wat deur die FAK se NP van Wyk Louw-sentrum vir Gemeenskapstudies aangebied word. Die tema sal wees: ‘Universiteitswese, transformasie en dekolonisasie – Wat kan ons verwag?’. Dit vind plaas op 8 September 2016 by De Kroon Kamer, Fort Schanskop op die Voortrekkermonumentterrein. Die konferensie is gratis, maar plek moet vooraf bespreek word deur ʼn e-pos te stuur na [email protected] of bel 012 301 1777.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: NP van Wyk Louw-sentrum

Die NP van Wyk Louw-sentrum vir Gemeenskapstudies is ‘n toekomsgerigte ideesentrum wat fokus op die voorwaardes vir selfstandige en suksesvolle gemeenskappe.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JC ·

In bree trekke, en sonder om in detail daarop in te gaan, lyk dit vir my na ‘n SIEK SPUL. Dis betreurenswaardig dat ons NOG TANS WERELDKLAS universiteite wat opgebou is deur Afrikaners EN Afrikaans, in ashope en hole gaan verander en DAARDIE TIPE PLEKKE GAAN WORD WAT ‘N PERSOON NET ten alle koste SAL WIL VERHOED. Gelukkig het ons AROS en AKADEMIA EN KAN ONS DAARAAN BOU YIPPEE! Vaarwel Tuks, vaarwel Kovsies. Hulle moet dit NET WAAG OM AAN PUKKE OOK TE RAAK die duiwel sal los wees! Hulle sal hul moses teekom. Dit is interessant dat die 2003 ministeriele beleid dit as doelwit stel dat Afrikaans en Afrikaners nie moet laer vorm by spesifieke universiteite en in isolasie moet wees nie ten einde “narrow cultural views” te voorkom; maar tog is dit wat die vieslike en belaglike goed nou wil bereik. Hoe siek!!Ek braak sommer daarvan. Die VRAAG is: waar gaan die skepsels wat gradueer vanuit hierdie “minderwaardige” universiteite, en wie dus ook minderwaardig is, werk kry?Wie gaan hulle werk gee? Mens moet eintlik eerder net LAG want ek dink indien nie sal jy MAL RAAK!

Disselboom ·

Destyds toe die “CHO” op Potchefstroom in gedrang was, het die GKSA se deputate onderwys en paar ander mense in die sinode-sittings gerapporteer dat die wegneem van die ” CHO” nie toegelaat sal word nie, ononderhandelbaar is, nie met saamgeleef kan word nie, met alles teengestaan sal word, ens ens. Studentepeiling het oorweldigend ten gunste van behoud van “CHO” gestem. Toe word dit weggevat (en dis interessant wie die rektor en betrokkenes in bestuur daardie tyd was) en…. toe gebeur daar niks. Jammer, maar die “PUK” is maar net nog ‘n tak van Staatsuniversiteit SA en gaan ook vernietig word. En behalwe rook en lawaai gaan dit nie gekeer word nie – tensy bewindsverandering en nog baie dinge op die groter politieke front verander. Dis waar die stryd lê, nie om hierdie of daardie instelling te probeer behou nie.

Kobus ·

Disselboom, ek het empatie met Theuns, amper, te veel mense, en dalk met reg was goedgelowig, té, toe besef hulle na die tyd, en toe dit te laat was, hulle was naief, sien ons nou, dat hulle met die broek op die knieë gevang is, die ander party was nie van dieselfde ingesteldheid nie, die haat het in die oë geflikker en die wittes het dit nie raakgesien nie.

Disselboom ·

Ons skuld dit aan onsself om minder te beoordeel wie se skuld dit is, en nou maar die gebakte pere te hanteer. Die belangrikste is om oor die skok te kom, te erken daar is reeds baie tyd verloor en die eie instellings nou met volle ywer te bou; en die energie en geld aan die staatsinstellings te onttrek. Maar Disselboom het al gesien – mense sukkel om van ou gewoontes ontslae te raak, en sal nog lank droom, en geld gee, vir “die PUK” (en ander plekke waaroor die feite dat ons hierdie instellings saam met die staatsoorgawe verbeur het, net eenvoudig nog nie in die oë gekyk word nie). Gee Dakar-Theuns dan dit ten minste toe, dat hy ten minste so bietjie begin erken daar moet na nuwe dinge beweeg word. Hom ook ‘n maar ‘n jaar of tien gevat.

Popeye ·

Die Child Guage Verslag op sigself skep klaar affronsie onder die groep wat dit impliseer en na verwys. As mens in ag neem dat die regering meer as 20 jaar gehad het om onderwys reg te “bestuur”, iets waarin hul klaaglik misluk het, kan daar eintlik net van “slagoffers-van-stelsel” gepraat word! Ek raak rerig keelvol vir hierdie jammergat geteem! Diesulkes sal nooit ,ooit vooruitgang maak nie maar het hulself in ‘n selfopgelegde lewenslange “vonnis” tot sukkelaars verdoem. Die lewe en wereld op groter skaal los sulkes agter om te vrot…..dis die lewe!

Oom Ekonoom ·

Met moderne tegnologie kan hoër onderwys maklik teen n baie laer prys aangebied word terwyl kwaliteit selfs beter is. SA universiteite moet leer by wat Amerikaanse universiteite gedoen het – kyk na Edx en Coursera. Industrie en colleges kan ook inspring, leer byvoorbeeld by wat Udacity en Canvas Network gedoen het. SA universiteite begin nou ook daarmee, insluitend WITS en UCT, maar dit moet hoofstroom, goedkoper en oor breer vakspektrum word, presies soos die Amerikaners nou alreeds doen.

Dark.O ·

As ek die artikel reg vertolk, word daar “slegs” gefokus op die dekolonalisering van die inhoudelike van kurrikula. Dit sal seker te veel gevra wees om tegnologie (van slimfone tot motorvoertuie) en al die gerief wat daarmee gepaard gaan, ook te dekolonaliseer?

Zirk ·

Afrikanisering oftewel verinheemsing, as ek Mugabe se terme moet gebruik, van ons univesiteite, sal slegs ‘n akademiese aborsie tot gevolg hê. Wys my een univeriteit op hierdie kontinent, wat totaal gedekoloniseer, geverafrikaniseer en dan bekwame graduandi oplewer wat bydraes kan lewer tot voordeel van Afrika se tegnologiese vooruitgang.
Hierdie is ‘n pypdroom van Afrika se hunkering om tog net ook vir die wêreld te wys hulle bestaan ook.
Na my mening sukkel huidige studente om net die begrip, gesinsbeplanning, ( wat nie eens ‘n vak is nie) te verstaan.

John ·

Die grootste probleem is dat dis grootste probleem nie gemeld of bespreek mag word nie. Dis taboe. Hoekom? Dis soos ‘n dokter wat handeroom keer op keer vir ‘n erge seer voorskryf en telkens sy hande saamslaan, sy mediese handleidings bestudeer en die room maar weer as die regte kuur aandui… en steeds wil die wond nie genees nie. Die pasient betaal en betaal en die bure en gemeente bid en bring tertjies maar die vriend bly siek. Waar le die probleem?

Jcwf ·

Hulle het angs dat jong swart studente vir hulself leer dink. Dis hoekom die universiteit plekke an indoktrinasie moet word.

In Iran het hulle dit ook gedoen maar dit het nie gewerk nie: jong mense het steeds geleer om te dink en het die begin vrae te stel. Nou probeer Tehran sy eie internet te skep…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.