Vergroot die sake-koek

Afrikaanse en swart sakemanne is in dieselfde bootjie, al verskil is 46 jaar! Tot en met 1948 was Afrikaners deur die Engelse en Joodse besigheidsmanne uit besigheid gehou en basies onderdruk.

Die regering het na 1948 grootliks op werkskepping en onderwys gefokus, dit was genoeg vir die Afrikaners om hulself te bekwaam. ‘n Groot middelklas is geskep waaruit – met harde werk en entrepreneurskap – ‘n Afrikaanse bestuurs- en besigheidsgemeenskap gebou is sonder om iets by iemand anders te kry of weg te vat.

Dit gaan dus alles oor opleiding en werkskepping waar mense produktief ‘n diens, van watter aard ook al, lewer en nie oor onbekwame kaderontplooiing nie. Die huidige regering was ook te haastig met hulle regstellende aksie en het waardevolle (Afrikaanse) kundigheid verloor wat oorgedra kon gewees het aan ‘n nuwe geslag mense met gelyke indiensnemingsvoorwaardes. Dis egter nie te laat, baie kundigheid is nog beskikbaar: alles moet net nie oornag ryp gedruk word nie. Met tyd, geduld en harde werk kan elke swart burger homself nou opbou om produktief in die gemeenskap te kan handel en die koek liewer te vergroot as te verdeel.

‘n Tweede vlaag swart bemagtiging kan dus katastrofies wees vir die land as die huidige (Afrikaanse) produksieleweraars onder meer druk geplaas word om produksiefasiliteite, hetsy banke, myne, plase, ens. “gratis” te vervreem.

Is dit nie juis nou tyd om swart bemagtiging af te skaf en op opleiding te fokus deur ‘n “zero toleransie”-houding te hê oor die vermorsing en wanbestuur van die onderwysstelsel in ons skole nie? Daar is soveel ander gebiede wat ons regering goed doen, wat van ons kinders se opleiding, elkeen in sy moedertaal naby sy woonplek, of droom ek?

As meer as 80% van geoktrooieerde rekenmeesters tans wit is, hoe kan ‘n regering in sy wildste drome dink of verwag dat bestuur binnekort in so mate kan verander dat die meerderheid swart moet wees, veral op die JSE en met die nuwe maatskappywet se vereistes?!

As jy prakties ‘n swart geoktrooieerde rekenmeester in bestuur wil aanstel, moet jy hom/haar dubbel die salaris betaal as ‘n wit persoon met baie meer ondervinding, bloot omdat swart geoktrooieerde rekenmeesters so skaars is. Dit kan mos nie reg wees nie, mnr. Zuma?

Die London Times se stelling dat wetgewing in Suid-Afrika sowat 90% van die bevolking moet “beskerm” teenoor die minder as 10%, en dat ons die enigste land ter wêreld is wat dit doen, is korrek en absurd!

Die laaste “politieke” opmerking is dat wittes onder 36 jaar oud niks direk met apartheid te doen gehad het nie en moet hulle dus totaal vry wees van enige diskriminasie, hetsy kwotastelsel, regstellende aksies ens. (Onthou, selfs hulle ouers het “Ja” gestem vir verandering).

Vir wit Afrikaners is dit nou tyd om vas te staan en ook ons produktiewe gemeenskap te beskerm!

Ons sal moet sorg dat;
1. Skoolonderrig in Afrikaans voortbestaan en ons Christelike beginsels behou;
2. omsien na ons eie veiligheid deur by polisieforums aan te sluit, in stede en op die platteland;
3. wit Afrikaners in finansiële nood by te staan want dit wil voorkom of daar min simpatie van regering se kant af kom;
4. opstaan vir die behoud van die vryemarkstelsel;
5. die behoud van ons grondwet soos dit is;
6. ons regtens opstaan waar regeringsdepartemente nasionale beleid of wetgewing nie streng toepas nie en/of hulle eie reëls maak; en
7. ons opstaan teen bedrog en korrupsie op all vlakke.

Ten slotte is die geleenthede vir almal in Suid-Afrika nog fenominaal en as ons regtig hande vat (nie met die Malema’s nie) kan ons nog steeds ‘n beter toekoms bou vir ons almal. Die alternatief is altyd konfrontasie waar almal negatiewe en onproduktiewe energie verbrand.

Kom ons stap liewer die pad saam.

Afrisake staan vir geregtigheid en billikheid in die sakewêreld vir almal, die beskerming van ons grondwet vir almal, die vryemarkstelsel en laastens die welsyn en opleiding van Afrikaners wat nou bedreig word.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nicolaas van wyk ·

Kan daar in een asem gepraat word van regstellende aksie en die vrye mark ? Of die staat se plig tot werkskepping/opleiding en die vrye mark? Die vrye mark is tog direk teenoorgesteld tot staatsinmenging op alle vlakke. Wat 1948 en verder betref is dasr min lesse te leer wat die vrye mark betref. Die nasionale party beleid was een van korporatisme en staatisme waar groot maatskappye floreer ten koste van die vrye mark en individuele regte. Slegs n ware vrye mark geskoei op individuele regte, eiendomsreg en vryheid van assosiasie kan regverdige en langdurige werkskepping bewerkstellig waar.
Die stelling dat persone 36 en jonger vrygestel mort word is dan ook tipiese van n linkse, kollektiewe en groeps benadering tot ekonomiese en politieke beleid. Met een groot Maoistiese opdrag word die stelsel weer op die regte baan gesit oonskynlik tot voordeel van almal. Maar ons almal ken die verloop. Dalk is dit tyd dat ons die vrye mark n kans gee en ophou hunker na dir groot plan wat mense se lewens wil bepaal en reel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.