Video: ontledings van die driepartyalliansie

Wat gaan aan in die droomland van die ANC, SAKP en hul verwante vakbonde? Die Solidariteit Beweging het ‘n gesprek gehou om onlangse ontwikkelinge binne die driepartyalliansie te ontleed met ‘n fokus op die implikasies daarvan. Videogrepe daaruit volg hieronder.

Dit volg op die ANC se besprekingsdokument: “The second transition? Building a national democratic society and the balance of forces in 2012”, Jeremy Cronin van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se “Civil Society or Democratic Popular Power” en Irvin Jim van die Nasionale Metaalwerkersvakbond (NUMSA) se “White economic dominance must be broken”. Deelnemers aan die gesprek is prof. Koos Malan, prof. Danie Goosen, Piet le Roux, Eugene Brink, Kallie Kriel, Gideon du Plessis en Ernst Roets.

Prof. Koos Malan bespreek die ANC se dokument: “The second transition? Building a national democratic society and the balance of forces in 2012

Kallie Kriel reageer na aanleiding van prof. Koos Malan se bespreking van die ANC se dokument: “The second transition? Building a national democratic society and the balance of forces in 2012“. Kriel bespreek die sentralisering van die magsbalans.

Eugene Brink bespreek Cronin se standpunt: “Civil society… or democratic popular power?” Brink beskryf Cronin se standpunt as “ongrondwetlik, outoritêr en ondemokraties”.

Prof. Danie Goosen reageer na Eugene Brink se toespraak rakende Cronin se standpunt: “Civil society… or democratic popular power?” Goosen verduidelik wat is “ware kommunisme”.

Piet le Roux bespreek Irvin Jim van NUMSA se standpunt: “White economic dominance must be broken“. Le Roux bespreek ook Jim se eng uitkyk oor vooruitgang in werksgeleenthede.

Gideon du Plessis reageer na aanleiding van Piet le Roux se toespraak rakende Irvin Jim van NUMSA se standpunt: “White economic dominance must be broken“. Du Plessis bespreek Jim se siening oor kapitalisme.

Ernst Roets bespiegel oor die pad vorentoe en bespreek studente uit Amerika se gevoel jeens AfriForum se haatspraaksaak teen Julius Malema.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.