In die lig van bekommernis oor die algemene onderwyssituasie in Suid-Afrika, die druk van die regering op Afrikaanse skole en die krimpende getal Afrikaanse skole, ten spyte van gehalte onderrig en top uitslae, het die FAK Donderdag ‘n spitsberaad in Pretoria gehou. Die doel van die spitsberaad is om goeie inligting in te win oor die onderwyssituasie, maar veral om ʼn strategie te ontwikkel hoe burgerlike organisasies ʼn bydrae kan lewer tot ondersteuning van Afrikaanse skole.
Videogrepe van die beraad by die kantore van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie sal soos dit beskikbaar word op Maroela Media se Die Groot Debat gelaai word.
Die spitsberaad sal ingelei word deur ʼn verslag wat gedien het voor die Onderwyskomitee van die SA Akademie, naamlik: Onderwysvoorsiening in Suid-Afrika: op weg na ʼn misdaad teen die mensdom?
Sprekers wat tydens die geleentheid sal optree is:
- Prof. Gerrit Kamper: Onderwysvoorsiening in Suid-Afrika – op weg na ʼn misdaad teen die mensdom?
- Mnr. Chris Klopper: Perspektiewe op Afrikaanse onderwys
- Mnr. Paul Colditz: Die regering en Afrikaanse skole met ‘n spesifieke verwysing na Hoërskool Fochville
- Prof Marlene Verhoef: Strategiese rigtingwysers vir die Afrikaanse gemeenskap ter ondersteuning van Afrikaanse skole
- Dr. Pierre Edwards: Repliek