Volk-staatbetoog vir 2014

Carel2

Carel Boshoff

Geagte mede-Afrikaner

Vanuit Orania hoop ons dat hierdie skrywe u, uitgerus en versterk, gereed vir die eise van ’n nuwe jaar, bereik. Ons vra u aandag vir die onderstaande gedagtes omdat dit vir ons, deels as individuele Afrikaners, maar veral as lede van ’n volk, of nasionale kultuurgemeenskap, van belang is om daaroor te besin. Sake word hieronder meer oorsigtelik eerder as gedetailleerd behandel en word as aanleiding tot gesprek en agtergrond tot besluite wat u gedurende die jaar mag neem, aangebied.

Verduideliking

In demokratiese state is dit gebruiklik dat die staatshoof jaarliks, gewoonlik by die Parlementsopening, ’n “state of the nation”-toespraak lewer. Ook in Suid-Afrika word dit gedoen. Daarin word die stand van sake vir die staat en sy burgers, sowel as voortspruitende uitdagings en prioriteite as’t ware namens die nasie aan die besluitnemers gestel en word die politieke toon vir die jaar aangegee.

As Afrikaners beskik ons al vir ’n geruime tyd nie meer oor ’n staat wat aan ons besondere belange en strewes uitdrukking gee nie en ontbeer ons gevolglik ook die geleentheid om op so ’n manier sy stand en status in oënskou te neem en antwoorde daarop te probeer gee. In hierdie geval is dit nie die behandeling van die “staat van die nasie” nie, maar die “staat van die volk”, die “volk-staat” in ’n ander sin as wat die woord meestal gebruik word, wat ter sprake is.

In Orania lê ons die grondslag van ’n Afrikanergebied waarin ons, onder Gods hand, oor ons eie lot en toekoms kan beskik en nie na vreemde heersers hoef op te sien nie. Aan die hand daarvan neem ek as president van die Orania Beweging aan die begin van 2014 die vrymoedigheid en verantwoordelikheid om ’n volk-staatbetoog, nie by wyse van ’n rede voor ’n parlemet nie, maar as ’n ope brief aan Afrikanerbesluitnemers te rig.

Daarmee word nie voorgegee om die plek van ’n staatshoof in te neem nie, maar om ’n lewensnoodsaaklike behandeling van die stand en status van ons volk, die uitdagings waarvoor ons te staan kom en ons antwoorde daarop, aan te bied. Die besluitnemers wat ons in die oog het, is natuurlik die lede van ons Beweging se Burgerraad, maar net so die besture van ander Afrikanerorganisasies en selfs individuele Afrikaners wat op die vooraand van lotsbestemmende besluite staan.

Die Orania Beweging hoop dat hierdie inisiatief deelname en besinning sal uitlok en selfs tot meer soortgelyke standpuntinnames aanleiding sal gee.

Teen die agtergrond van 2013

Die jaar 2013 het afgesluit met die allesoorheersende dood, begrafnis en huldiging van die vader van die nuwe Suid-Afrika, mnr. Nelson Mandela. Wat hier belangrik is, is nie die meriete van die manier waarop ’n gewone sterfling verhef is tot iemand wat hyself kwalik sou herken nie, maar die feit dat ’n era in Suid-Afrika se geskiedenis daarmee simbolies afgesluit is.

Dat dit nie tot die grootskaalse geweld en wanorde gelei het wat baie mense gevrees het nie, is natuurlik rede tot dankbaarheid. Ons moet ons oë egter nie sluit vir die verhoogde risiko van ons mense wat verspreid en weerloos oor Suid-Afrika gevestig is, beide in landelike en stedelike gebiede, nie. Afrikaners bly ’n sigbare, weerlose en voorheen bevoorregte minderheid in ’n toenemend vyandige omgewing en moet dringend aan ’n omvattende strategie vir volhoubare beveiliging en oorlewing aandag gee.

As mnr. Mandela sy oorwinning oor die politieke orde waarin Afrikaners ’n oorheersende rol gespeel het, op ’n versoenende wyse toegeëien het, beteken dit nie dat al sy ondersteuners dié benadering vandag nog deel nie. Dit is toenemend duidelik dat dit sy opvolgers, veral in die laer ordes van die breë swart politieke beweging, die betreklik gunstige posisie waarin dit Afrikaners gelaat het, dikwels met afguns en wrewel vervul.

Een beskrywing van die nuwe klem op die grondkwessie in Suid-Afrika is byvoorbeeld dat arm swart Suid-Afrikaners geen rede sien waarom die land aan hulle behoort, maar nie die grond nie. Dit geld baie gou ook vir ander vorme van rykdom wat ingevolge die Vryheidshandves in algemene besit behoort te wees, maar in werklikheid net in die hande van ’n nuwe swart elite oorgegaan het.

Die swart menigte vir wie sake die afgelope 20 jaar nie verbeter het nie, sal eerder die “ryk wit elite” as hulle leiers daarvoor verwyt, en die persepsie van wit bevoorregting sal deur die nuwe elite eerder versterk word as om dit in realistiese perspektief te stel. Lae ekonomiese groei, Suid-Afrika se verswakkende geldeenheid en die opkoms van ’n jong en gefrustreerde kieserskorps, is van die faktore wat spanning kan verhoog.

Daarteenoor is die Orania Beweging se waarneming dat 2013 onder Afrikaners in die teken van groter realisme oor Suid-Afrika as tuiste vir ons volk gestaan het. Ons mense is toenemend bewus van die tekortkomings wat die Suid-Afrikaanse staat kenmerk, maar veral van die feit dat ons onder sulke omstandighede al minder ons heil van dié staat moet verwag. Inteendeel, die sin vir selfstandigheid waarvoor ons ons al só lank beywer, is besig om oor ’n breë front inslag te vind en moet bevorder word.

Vooruitsigte vir 2014

Die jaar 2014 sal polities gesproke na verwagting deur die nasionale en provinsiale verkiesings oorheers word. Hierbo is verwys na die opkoms van ’n gefrustreerde swart jeug wat hulle stem reeds gedeeltelik gaan laat hoor. Tydens die volgende verkiesings (2019) sal dit nog meer so wees. Onder sulke omstandighede mag die verlies van steun deur die ANC dalk minder gunstig wees as wat dit met die eerste oogopslag lyk omdat die leemte deur sosialistiese ekstremiste en nabootsers van die ANC gevul gaan word. Dit sal die ANC ook aan sy radikale wortels herinner.Stembus2

Die Orania Beweging was in die verlede, en is nog steeds van mening dat sy lede hul Suid-Afrikaanse stemreg moet gebruik om ons selfbeskikkingstrewe op die Suid-Afrikaanse politieke forums te bevorder. Ons moedig Afrikaners dus nie net aan om aan die verkiesings deel te neem nie, maar om dit met ons vryheidstrewe in gedagte te doen.

’n Klein minderheid se impak op die steun van dominante partye in ’n vreemde bedeling is klein en laat ‘n mens maklik verydel voel, maar die proporsionele stelsel maak dit moontlik om met betreklik min kiesers doelgerigte verteenwoordigers met ’n spesifieke mandaat tot die parlement en provinsiale wetgewers te verkies. Met die oog daarop kan ’n mens sê dat elke bietjie help.

Wat egter sedert 1994 vir Afrikaners na ’n redelik tegemoetkomende politieke omgewing gelyk het, kan gedurende 2014 aansienlik onvriendeliker word. Die Orania Beweging het iets daarvan ervaar toe ons reaksie op mnr. Mandela se dood heel billik deur ’n joernalis opgesom is as “with dry eyes and due respect” en dit ’n stroom van rassistiese haatpos uit jong swart geledere op die sosiale media tot gevolg gehad het.

Hoewel ons nie met die verwagting van ’n enkele, kataklismiese “nag van die lang messe” werk nie, is ons bekommerd dat soveel van ons mense die slagoffers van haatmisdaad word. Elke nag waarop mense aangeval word, op hulle plase of in dorpe en stede, is ’n “nag van die lang messe” in die kleine. Ons is bekommerd dat Afrikaners dié gebeure nie in die lig van politieke wedywering beskou nie en daarom bloot individueel of in die kleiner kring benader.

Maar selfs as ‘n mens die fisiese bedreiging waaronder ons mense leef buite rekening laat, kan verwag word dat die verhoogde verwagtings en verhitte retoriek wat met die verkiesings gepaard sal gaan, die speelveld met betrekking tot die transformasie van die Suid-Afrikaanse samelewing sal verskuif. Grond en die landboubedryf, mynbouregte en die mynbedryf, die industriële en korporatiewe sektore sal almal die toenemende druk daarvan voel, selfs al is dit eerder eienaarskap as werklike breëbasis swart bemagtiging waaroor dit gaan.

Die punt is dat die eksterne omgewing vir Afrikaners moeiliker eerder as makliker sal word en dat dit net groter eise aan ons sin vir selfstandigheid sal stel. Meer Afrikaners sal sekerlik oorweeg om Suid-Afrika te verlaat en ’n blote beroep op hulle lojaliteit aan die Suid-Afrikaanse staat sal al minder gewig dra.

Ons strategiese fokus vir 2014

Teen die agtergrond van die volk-staat wat hierbo geskets is, is die Orania Beweging van oordeel dat ons ’n drieledige strategie moet volg, nie net gedurende 2014 nie, maar ook in die jare wat nog kom. Hoewel dit baie kortliks aangemeld word, sal u besef dat dit in elke geval ’n mondvol is wat ter sprake gebring word.

Die eerste deel van die strategie is dat die Orania Beweging ’n sterker uitwaartse aksie moet loods. Ervaring het ons geleer dat ‘n mens nie steun vir Orania kan forseer nie, maar dat mens tegelyk nie kan swyg oor ’n saak wat jou so na aan die hart lê nie. Ondersteuning vir ons saak kan baie vorme aanneem en bestaan nie net uit diegene wat hulle in die Oraniagebied hervestig nie.Carel3

Belangrik soos vestiging mag wees, is die uitbreiding van ons lidmaatskap en ondersteuningsbasis, asook die groei van instellings soos die Helpsaamfonds en die Groeifonds, albei filiale van die Orania Beweging, voorwaardes vir ons toekomstige sukses. Lede en ondersteuners kan ons help om plaaslike bekendstellingsgeleenthede aan te bied en mede-Afrikaners te betrek.

Die tweede deel van ons strategie is dat ’n verspreide en kwesbare minderheidsbevolking met ’n gevestigde sin vir selfstandigheid die volgende eenvoudige stap moet oorweeg. Dit is naamlik konsentrasie. Selfs ’n minderheid wat gekonsentreerd woon en daardeur beheer oor sy eie instellings uitoefen sonder om daarvoor van ’n onvriendelike of vyandige staat afhanklik te wees, kan tot ’n hoë mate oor sy eie toekoms beskik.

Op ’n wêreldwye skaal is selfs ‘n groot volk ’n minderheid, maar is dit sy onbetwiste beheer oor ’n eie gebied wat van hom iets groot eerder as iets klein maak. Dieselfde geld vir middelslag- en klein volke, ook vir die Afrikaner. Daarom moet Afrikaners hulle nie teen die huidige Orania en sy beperkings vasstaar nie, maar by ’n verbeeldingryke uitbou daarvan betrokke raak. Klein soos hy is, toon Orania reeds watter krag daar in konsentrasie lê. Dink net wat ons met tien maal of honderd maal sy huidige bevolking en gebied kan vermag!

Dit bring ons by die derde deel van ons noodsaaklike strategie vir die nuwe era wat in 2014 ingelei word, naamlik die noodsaak vir versnelde groei. Orania het vir baie Afrikaners ’n simboliese sentrum geword en meer is besig om dit as sodanig toe te eien. Daarvan spreek byvoorbeeld die troue vroeg vanjaar op Orania van twee jongmense wat in London woon, maar dié groot stap in ’n tuistelike omgewing wou neem. Dit het ’n groot kring van familie en vriende ook na Orania aangetrek en aan Orania ’n plek in hulle gemoed toegeken.

Orania kan egter nie verseker dat die Afrikanervolk in die toekoms sal floreer as hy net ’n simboliese sentrum bly nie. Orania moet ook ’n fisiese sentrum word, en dit sal hy net regkry as daar wesenlike groei plaasvind. Nie net die voorgaande twee punte nie, maar elkeen van ’n veeltal handelinge, groot en klein, moet daarop afgestem wees. Elke belegging en bydrae, elke nuwe besigheid, elke gebou wat verrys, elke gesin wat vestig dra daartoe by – en elke Afrikaner moet hom- en haarself afvra wat hulle kan doen om dit te bevorder.

Slegs as ons saam doen wat ons elkeen apart nie kan regkry nie, sal ons volk gedy en ons elkeen die voordeel daarvan geniet. Dan vind ons wat vryheid beteken, nie vryheid van iets slegs nie, maar vryheid vir iets groots. Dit is ’n roeping wat tot ons elkeen spreek. Ons is immers nie vir onderhorigheid gebore nie!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Carel Boshoff

Carel Boshoff is hoof van die Vryheidstigting.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Deon ·

Hoor, hoor ! Puik status van die Volk uiteensetting en puik strategie vorentoe Carel.

Shannon ·

Carel ek beaam die moeite wat die Orania beweging aan die dag lê. Ek dink die feit dat julle sin die enigste organisasie is wat daad by woord voeg maak van julle (waarskynlik die enigste) geloofwaardige groep wat aanspraak maak op die leiers rol in die Afrikaner vryheid strewe.

Ek het egter twee punte waarmee ek met jou (en ek neem aan, die Orania beweging as sulks) verskil.

1. Godsdienstigheid.
Weereens word die Afrikaner vryheid strewe onder die mantel van godsdienstigheid ingetrek in jou State of the Nation toespraak. Stel dit onomwonde Carel. As `n individu nie godsdienstig is nie dan is hy nie `n Afrikaner nie ? Indien dit nie die geval is nie dan moet jy jou godsdiens klousule uithaal uit jou toespraak sodat julle kan ophou om Afrikaners te vervreem. Daar is `n denk rigting wat meen dat `n volk – insluitende die wat oorbly van die Afrikaners – hoogstens `n politieke cum kulturele entiteit is en nie `n godsdienstige een nie.
As `n afsonderlike saak meen ek dat jou spesifieke godsdiens – Christenskap ? – homself by wyse van die skepper daarvan duidelik aandui as `n privaat aangeleentheid (Mattheus 6:6) en dat dit juis nie `n publieke aangeleentheid moet wees nie. Dit moet beslis nie enige simbiotiese bestaan voer nie. Dus moet dit nie een wees met die gesag van die dag nie maar eerder onderdanig daaraan wees. Weereens, ek meen dit is ten minste tot `n mate wat die Christus bedoel as hy sê “Gee aan Caesar wat Caesar toekom en gee aan God wat God toekom”.
Ek vrees enige gesag, soos die een wat jy impliseer vir die Volkstaat, sonder hierdie duidelike onderskeid basies `n teokrasie is.
Wil julle `n handjie vol Afrikaners tevrede stel of soek jy daadwerklik na `n oplossing vir Afrikaners in die geheel ?

2. Deelname aan die RNE.
Ten eerstens, deelname aan die A.N.C. se (al meer) mislukte staat geskied nou al vir amper 20 jaar by wyse van Doktor Pieter Mulder se mikro party. Wat het hy bereik ? Ek glo die logiese antwoord is aanduidend van die on-effektiwiteit van samesprekings en samewerking tussen minderhede en massas reg oor die wêreld. Dit is `n mors van tyd, geld en meeste van al, geleentheid en volks optimisme.
Een van Doktor Pieter se grootste gevegte sedert sy toetrede tot die SA regering was seer sekerlik die een vir die behoud vir die naam van Pretoria. Een waaruit hy in sy mening as oorwinnaar gestap het saam met die ander besorgdes. U is bewus van wat die A.N.C. hierdie jaar op die agenda het vir Tswane ?
Tweedens, indien die V.N., die A.N.C. en die Wêreld Bank more aankondig dat volle onafhanklikheid en geografiese afskeid vir “Die Afrikaners” onmiddellik toegestaan moet word, wat dan ? Is “Die Afrikaners” in staat om `n streek effektief te beset ? Het hulle lus daarvoor ? Het hulle die nodige finansies en logistiek daarvoor ? Trouens, indien die proklamasie vir 50 jaar lank geldig bly, gaan enige noemenswaardige hervestiging hoegenaamd plaasvind ?!
Die punt wat ek wil maak is nie dat dit nie moontlik is vir die Afrikaner om in sy eie land te bestaan nie, dit is die wyse waarop dit blykbaar teweeggebring wil word wat agterstevoor is.

Indien Afrikaners `n volkstaat wil beklink moet hulle nie begin deur deelname in ander projekte nie. Trouens geen “volk” het toestemming nodig om as volk te bestaan in `n eie gebied nie. Hulle doen dit bloot.

Julle prioriteite moet wees om :
– Afrikaner kultuur te hervestig. Dit is dan juis die rede waarom mense hul self onderskei as afsonderlike volk.
– ekonomiese vatbaarheid te kweek vir julle volk. Dit gebeur nie noodwendig deur nartjies uit te voer uit Orania na die aanliggende koöperatiewe toe nie, die prentjie strek verder as die grense van Suid Afrika.
– maatskaplike sorg en ondersteuning te bied aan Afrikaners wie dit nodig het – ou mense, werkloses, wees kinders – en minder aandring by die A.N.C. regering op finansies vir iets wat in wese `n persoonlike Afrikaner aangeleentheid is.
– veiligheid en sekerheid te bied vir inwoners en minder aan te dring by die A.N.C. regering vir beskerming deur hulle S.A.P.S. ten koste van ander Suid Afrikaanse belasting betalers.

Eers wanneer die bg. onafhanklikheid inherent deur Afrikaners behaal word kan hulle as soewereine volk bestaan. Tot en met dan sal Orania as `n soort Amish gemeenskap as `n sub kultuur binne `n onerkende reservaat voort leef.

Frik Lotz ·

n Baie goeie stuk geskryf deur Carel. Daar moet op elke vlak en deur elke organisasie geveg word vir die Afrikaner. Binne die parlement en buiteparlementêr. Die VF Plus is die vaandeldraer van selfbeskikking en minderheidsregte. Laat ons as Afrikaners uitgaan in ons duisende en gaan stem,sodat die VF Plus sterker gemaak kan word. Eendrag maak mag!

Danie ·

Mnr Frik Lotz,volgens jou is die VF+ die vaandeldraer van minderheidsregte en selfbeskikking,maar hoe moet selfbeskikking presies gebeur.?Ons wag nou al van 1994 vir konkrete voorstelle van jul kant om selfbeskikking te bereik,en ek dink ook nie ons gaan daardie konkrete voorstelle uit julle kry nie,ten minste maak mnr Carel Boshoff konkrete voorstelle,maar die VF+ se retoriek is vaag en so holrug gery,daardie perd kan nie nou meer loop nie.Die VF+ is verby sy vervaldatum,wat wil julle nou eintlik bereik?Julle het in die laaste verkiesing 0.8% van die stemme gekry,dink julle dat julle die keer meer gaan kry?Ek behoort aan Afriforum en Solidariteit want hulle is doeners en nie praters,soos die VF+ nie.My stem in die politiek gaan na die DA want hulle is n goed georganiseerde en groeiende opposisie party wat die korrupsie van die ANC elke dag beveg.Hulle sal die Grondwet met hand en tand verdedig ,en die Grondwet beskerm elke indivudu se regte,dis n baie belangrike dokument.Jacob Zuma het so pas gese hy wil die Grondwet verander,die DA is die enigste party wat hom kan keer.

Frik Lotz ·

Die DA se slagspreuk in 2009 verkiesing was Stop Zuma! Kon hul hom stop? NEE! Hoe gaan die DA hom nou stop? Droom maar voort.

Danie ·

Mnr Frik Lotz,wil jy nie asb vir ons se watter konkrete voorstelle die VF+ het oor selfbeskikking nie,aangesien ons nou al van 1994 daarvoor wag.Of geniet die 4 parlementslede hul joppies te veel dat hulle tyd kan afstaan om dit vir ons te se?

Frik Lotz ·

Ag,ou Danie,ons almal weet jy is n groot DA ondersteuner en jy steur jou nie aan wat gesê word nie en ongelukkig kan of wil jy nie sien dat die DA maar n ANC-lite is nie. Gaan kyk bietjie na die VF PLUS se webwerf,dan sal jou oë dalk oopgaan en sien wat die VF Plus al gedoen het. Die VF Plus is ander partye,soos die DA,jare vooruit.

Danie ·

Frik,ek wag nog steeds vir n antwoord.Maar dis duidelik jy het nie n antwoord op my vraag nie,so ek sal nie my asem ophou terwyl ek wag vir jou antwoord nie.

Richard ·

Carel die Afrikanervolk is al lank nie meer die “inklusiewe Christelike Calivinistiese” volk nie. Net die naweek in die Rapport is daar ‘n berig oor die kerk wat leegloop. ‘n Tendens wat die Afrikaner ook navolg net soos in Europa. Kerke daar vandag is eerder museums as plekke van aanbidding deesdae.

Die oorgrote meerderheid Afrikaner het ontpop in ‘n moderne Westerse volk. Nie die een wat jy aanhang, as ek so kyk na jou skrywe nie.

Vandag se Afrikaners is meer divers as ooit voor 1994. Ons was kunsmatig aanmekaar gehou, deur grootliks die kerk en die politiek van daardie tyd.

Niks verkeerd daarmee om te strewe na onafhanklikheid nie, maar die tipe strewe wat jy het sê vir my eerder daar is ‘n hunkering na daardie vervloë dae van absolute konserwatisme, inmenging deur die “staat” wat jy mag lees, skryf, sing, kyk, en wie jy mee slaap.

Raak ontslae van daardie juk, wat jou ettikeer as ‘n “regse” Ongelukkig kaap baie weerbarsige Afrikaners die hele selfbeskikking kwessie. Selfs Le Pen en Geert lyk na vulletjies wanneer dit kom by sommige van ons volksgenote…………….

Carel Boshoff ·

Shannon

Dankie vir jou opbouende kommentaar. Hoewel ek inderdaad van beide jou eerste punte verskil, is dit dalk nie heeltemaal op die manier wat jy veronderstel nie.

Eerstens rakende geloof dink ek nie dat jy spore van ‘n dogmatiese voorskrif oor die presiese leer wat ek sou wou sien dat jy aanhang, in die stuk sal vind nie. Die enigste verwysing is dat ons, “onder Gods hand” oor ons eie lot wil beslis. Dit is wel ‘n besliste relativering van ons vermoë om volkome en eiemagtig oor ons lot te beskik, iets wat nie net van ervaringswysheid spreek nie, maar ook ons gemoed vir die transendente probeer open.

Selfs onder Christene is daar verskillende beelde van God se beskikking en ons hoef nie in ‘n debat oor die regte of die populêrste daarvan vas te val nie, maar ons sal by die soort miskenning daarvan wat volg op die afskaling van ons Christelike erfenis tot ‘n private geloofservaring, onherstelbare kulturele skade ly. Persoonlik is ek oortuig dat geloof in die hiper-individualistiese sin juis ons begrip daarvan verwar terwyl geloofsgemeenskap beide aan die gemeenskap én die geloof betekenis gee. Dat dit nie verder of meer uitdrulkik geformuleer is nie, spreek van erkenning vir die feit dat die Afrikaners van ons tyd min ooreenstemming oor die besonderhede vertoon, maar steeds ‘n sin vir meer as net onsself nodig het.

Rakende deelname aan die verkiesings praat ek as iemand wat nie net ‘n lid van die Vryheidsfront is nie, maar ook as verteenwoordiger in die Noord-Kaapse Wetgewer gedien het. Ek is bekend met die voordele en frustrasies van daardie strategie en sal nie weer méér as ‘n lid wees van die enigste party wat Afrikanerselfbeskikking minder of meer suksesvol probeer verteenwoordig nie. Ek probeer egter niemand oortuig om soos ek oor die detail te dink nie.

My punt is eerder dat politieke deelname (stem tydens ‘n verkiesing) vir die gewone kieser ‘n lae drumpel het, dus min tyd en hulpbronne in beslag hoef te neem. Nietemin kan dit steeds met ‘n sin vir vryheid benader word. Ek probeer nie sê watter keuse mens aan die hand daarvan moet maak nie, daaroor moet elkeen self en onder eie omstandighede besluit en die onus rus op die politici om die kiesers van hulle meriete te oortuig. Ek glo egter dat dit meer help om, volgens eie oordeel, deel te neem as om nie deel te neem nie.

Sover dit Orania aangaan, is deelname al dan nie ‘n gedabatteerde en debatteerbare punt waaroor inwoners sedert 1994 nie juis konsensus het nie. Dit spreek egter daarvan dat ons nie voorgee om in een of ander denkbeeldige kapsule buite of voor die 1994-werklikhede te skuil nie. Inteendeel, ons verreken die gegewe werklikheid en verander dit deur ons optrede; ons ignoreer dit nie en verbeel ons dat ons op ‘n skoon bladsy begin skrywe nie.

Oor die res dink ek is ons dit redelik eens.

Carel Boshoff

Carel Boshoff ·

Shannon

Tot my ontnugtering het ‘n redelik volledige antwoord wat ek gisteraand opgestel het, êrens in die kuberruim verlore geraak. Dalk goed, want ek gaan nou korter wees.

Ek stem saam met die meeste van wat jy sê, hoewel ons oor die eerste twee punte verskil – dalk bietjie anders as wat jy dink.

Eerstens het die enkele stelling met ‘n geloofsinhoud, naamlik dat ons “onder Gods hand” oor ons eie lot en toekoms wil beskik, nie ‘n té voorskriftelike toon nie. Dis natuurlik ‘n sentrale klein punt om te maak, gebaseer op ervaringswysheid én oortuiging; die alternatief sou ‘n moderne fiksie, naamlik die outonome individu wees – ‘n voorskriftelike geloof as jy al een gesien het.

In dieselfde gees en met al die onderlinge verskil wat dit meebring: dit is ‘n terugwaartse eerder as voorwaartse stap om geloof tot die private domein te beperk; geloofsgemeenskap gee inhoud aan beide geloof en gemeenskap. Die oorbeklemtoonde, innerlike gevoelslewe (groot bron van verwarring in ons tyd) buite rekening gelaat, is die Christelike geloof vir ons Afrikaners netso onontwykbaar as die res van ons Westerse tradisie. My stelling roep dus niemand op tot nuwe peïtisme nie, maar tot ‘n bewussyn van die transendente; ‘n bewussyn waarsonder ons onmeetlik armer sou wees.

Tweedens oor deelname aan die verkiesings. Ek was ‘n lid van die Noord-Kaapse Wetgewer en ken die voordele en frustrasies van parlementêre politiek onder ons omstandighede uit ervaring. Al beplan ek nie om my weer daarop in te laat nie, behou ek my lidmaatskap van die een party wat Afrikanerselfbeskikking openlik propageer, met hoeveel of -min sukses dan ookal. Ek wens egter nie om die besonderhede van my keuses aan enigiemand anders op te dring nie, ek beklemtoon bloot die feit dat die drumpel van verkiesingsdeelname laag is, met ander woorde, dis min moeite om te gaan stem en elke bietjie help. Die voorwaarde is net dat elkeen wat sy stemme gebruik, dit met oorleg moet doen.

Self is ek te jaloers op tyd en hulpbronne om te veel daarvan op verkiesings in ‘n vreemde bestel te bestee, maar ons diplomatieke inisiatiewe kan kwalik op beter forums as dié wat vir gemandateerde, verkose verteenwoordigers beskikbaar is, geloods word. Die sleutel is egter mandaat en verslag, met ander woorde die verantwoordbaarheid van openbare verteenwoordigers. Daaroor moet elke kieser self oordeel en die onus rus op kandidate en partye om hulle meriete aan te bied. Die Orania-perspektief gaan nie verder nie as om die riglyn vir beoordeling aan te bied.

Jammer as dit bietjie kripties is, maar daar het jy my kort kommentaar.

Carel Boshoff

Rosa Smit ·

Ek wil u net komplimenteer vir die keurige Afrikaans van die skrywe hierbo. Ek is tussen die boom en die bas maar het die stuk gelees as deel van my navorsing vir ‘n roman wat ek skryf.
GROETE!

Klippers ·

Die Orania-beweging, Vryheidsfront, Praag, VVK, Solidariteit en NBU sal GESAMENTLIK n strategie vir Afrikaner-selfbeskikking moet ondersoek, vestig en bemark. Die tyd is min. Die Afrikaner vertrou niemand meer nie en ek self stel ook nie meer in verkiesings belang nie.

Paul Swart ·

Goeie boodskap.

Ek stem saam met Klippers – strategie wat wyer is as Orania alleen.

Op n meer taktiese noot wil ek by die geloofkwedsie aansluit wat Shannon uitgelig het. Ek stel voor dat alle Christene wat Afrikaners is hulle verootmoedig en ook bid vir die geestelike welstand van Afrikaners. Dien voorstel vir dag van ootmoediging in by jiu kerk.

Shannon ·

Carel,

ek voel amper of ek die twee punte wat ek vorheen gemaak het aangaande [1] die verskil tussen die Christus se individu-gebasseerde geloof en die Afrikaner se publieke godsdiens en [2] die futiele – en dalk rampspoedige – gevolge van politiekery weer verbatim hier kan herhaal.

Carel, ek verstaan dat jy aangetrokke is tot groepsgodsdiens, en ek neem aan dat jy ook sal wil aandring dat die Orania House of Representatives sal moet hoofde buig in gebed direk na jou State of the Nation toespraak ? Glo my as ek sê, ek kan waarde sien in enige dogma indien dit Homogeniteit aanmoedig. Dit geld ook vir godsdiens. Sou Italië met sy huidige grense kon bestaan indien Calvinisme daar op groot skaal posgevat het ? Die Katolieke kerk is sentraal in die Italiaanse geskiedenis en karakter.
Maar, so veel as wat dit saamsnoer, vervreem dit ook. Het die twee Nederlande nie in België en Nederland op gesplit juis as gevolg van godsdiens verskille nie ?

My punt ? Vanuit `n pragmatiese perspektief sou ek `n voorstaander wees van die ontplooiing van fundamentalistiese Afrikaner gemeenskappe om diefstal en moord vanuit die nabygeleë Afrikaan plakkerskamp te stuit – Orania se eie ortodokse Wesbank Bybel broers. Maar jy maak `n fout as jy reken die vermenging van kerk en staat, op watter skaal ook al, is werkbaar.

Jou Christus is baie duidelik Carel. Jou geloof kan nie deur die staat opgepas word nie, kan nie op ander afgedwing word nie en die staat is nie onderhewig aan jou geloof nie. Dit is en bly `n persoonlike aangeleentheid vir die uitvoering deur die individu, hetsy in groepsverband of agter geslote kamer deur. Solank jy nie jou mede Afrikaners se belasting geld gebruik vir die onderhoud van jou sekte nie.

Of verstaan ek jou verkeerd ? Jy is nie gelowig nie, jy is bloot godsdienstig ? Want dan vra ek verskoning.

Stel dit tog onomwonde Carel. As `n Afrikaner nie godsdienstig is nie, is hy Afrikaner hoegenaamd ?
Wil jy werklik die horde Afrikaners wie nie belei nie uitsny uit jou betoog ? Want dan moet jy spesifiek wees.
Ek sê weer : die Afrikaner is nie `n godsdienstige entiteit nie. Met julle alewige aandrang op – en verwarring van politiek met godsdiens vervreem julle meer en meer mense elke dag. Hierdie wêreld is redelik keelvol vir groepe wie hul persoonlike waarde stelsel oor ander aan te stel, hetsy direk of by implikasie. As jy `n groep mense d.m.v. godsdienstige ooreenkomste wil saam snoer dan het jy hoogstens `n kerk, nie `n volk nie.

Ten opsigte van die politieke deelname dilemma, soos ek bo noem, ek voel of ek my vorige punt net weer kan reseteer. Wat het dit in 20 jaar gehelp ? Trouens, ek kan die stuipe kry as Dottor Piet Muller, na een van sy oorsese uitstappies terugkeer vanaf een of ander eksotiese indaba en homself dan skielik weer wend tot die Afrikaner saak en namens die Afrikaner IN DIE PARLEMENT wil praat (vir nog 20 jaar). Ek merk dat sy entosiasme vir enigiets Afrikaner gewoonlik meer borrel hier teen stembus tyd as buite seisoen. Ek merk ook day hy onlangs aangekondig het dat syne voortaan `n ‘meer verteenwoordigende’ party sal wees. Met ander woorde, sy innerlike stem het aan hom geopenbaar dat die ouer generasie Afrikaners met verkalkte verstand nou reeds amper uitgesterf of uitgemoor is en dus is daar nie meer die nodige getalle wie val vir sy uiters skrapse sigbaarheid nie. Binnekort sal hy aan Jacob moet verduidelik waarom hy hoegenaamd nog `n aanwins is vir die ANC se window dressing.

Ek stem saam met Flip Buys as hy sê “daar is wynig nut in politieke deelname” vir die Afrikaner in die huidige bestel. Ek dink hy het al meer verrig as al die politiekers saam. Op `n manier is hy `n bydraer tot die herontwerp van die Afrikaner. Hy leer die Afrikaner om saam te staan en self saam op te tree in hul eie belang op `n baie meer effektiewe manier. Hy spreek ook sake van meer dringende aard aan. Hy maak Afrikaners bewus van hul volksgenote se omstandighede en dit is waarom hy meer openlike ondersteuning geniet onder `n baie breër Afrikaner gehoor. In teenstelling hiermee word Muller – en enige ander Afrikaner politiekers – gesien as hoofsaaklik opportunisties.
Maar dan gaan staan Flip en poseer vir `n foto langs frederik de klerk en sy aansien stort in een.

Kom jong Carel. Ons Boere het nie tyd vir politiek nie. Ons moet ons volk van vooraf opbou en laat floreer. Daarvoor moet ons slim wees. Ons moet die groter prentjie in ag neem eerder as om met noue godsdienstige visie hardkoppig voort te ploeter. Ons het nie vir Jacob Zuma, die A.N.C. of die Suid Afrikaanse regering daarvoor nodig nie.

Frik Lotz ·

Die DA se verkiesingslagspreuk in 2009 was Stop Zuma. Kon die DA hom stop? Nee. Gaan die DA hom nou stop? Nee,nog minder. Geen party kan op sy eie die ANC klop nie. Sleg n koalisie van party kan dit doen daar waar ANC minder as 50% kry. Diegene wat nog DA stem en dink dié party kan die ANC wen ,leef in n droomwereld. Stem liewer vir n moderne party met realistiese doelwitte soos die VF Plus.

Frik Lotz ·

Die DA se slagspreuk op hul verkiesingsborde was Stop Zuma in 2009. Kon die DA vir Zuma stop? Nee. Die DA kan nie alleen vir Zuma of die ANC stop nie. Slegs n koalisie van partye kan na die verkiesing saamwerk en die ANC weghou vd mag daar waar ANC minder as 50% het. Stem dus liewer vir n moderne party soos die VF Plus wat realistiese en werkbare oplossings het.

Frik Lotz ·

Ek sê weer: Die DA het in 2009 gesê hul gaan Zuma stop en hul kon dit nie doen nie. Hoe gaan hul dit nou regkry? Geen enkele party kan die ANC klop nie,slegs n koalisie van opposisiepartye kan en daarom stem ek VF PLUS en nie DA nie.

Danie ·

Frik,ek sien jy het sommer 3 e-posse gestuur,in die eerste praat jy van oplosssings en in die tweede praat jy van doelwitte.Maar jy het ongelukkig nagelaat om te se wat daardie oplossings en doelwitte is.Tipies van jou het jy geen antwoorde as jy daarom gevra word nie,jy sing net dieselfde deuntjie,maar geen enkele sin oor wat die doelwitte en oplossings is nie.Dink jy nou regtig enige opposisieparty gaan jul 0,5 persent nodig kry om n koalisie te vorm?.Aan diegene wat se hulle het belangstelling in verkiesings verloor,wat is jul alternatief daarvoor?In n demokrasie bepaal die stemme wie ons gaan regeer.So om nie te gaan stem nie,bevoordeel die ANC.Die DA se grootste doelwit is om die Grondwet in stand te hou,sodat ALMAL se regte beskerm kan word,en dan is daar die doelwit om Gauteng en die Noord Kaap ook DA te maak,wat beter regering vir die mense van daardie streke sal bring.En dan is een van die grootste doelwitte ook die afskaf van e-tol.Kom ons staan almal saam en maak die DA sterk om hul doelwitte te bereik,wat almal sal bevoordeel.

Klippers ·

Danie, wat het die DA gedoen om die Grondwet in stand te hou? Kan jy vir my verduidelik waar die Afrikaner en Afrikaans se belange in die Wes-Kaap bevorder word? Ek soek duidelike antwoorde met voldoende bewyse asb.

Frik Lotz ·

Van my kommentare het vir n tyd in die kuberruim weggeraak en toe weer hul verskyning gemaak,so dis hoekom daar 3 kommentare was. Ja,ou Danie,jy en jou DA sing ook maar dieselfde deuntjie en hul vorder nie veel nie. Wat het die DA al ooit vir die Afrikaner gedoen? Wat het hul vir Transnet se pensioenarisse gedoen? Net mooi niks! Hul na-aap die VF Plus as dié veg teen die e-tol stelsel en ry dan op die VF Plus se suksesse. Hul stem teen die wet wat dit moontlik maak vir mense om in die buiteland te stem en nou rits hul skielik die wêreld vol om stemme te werf. Dit was die VF Plus wat gesorg het dat mense nou oorsee kan stem. Wat vd DA se bokspronge oor die wet op gelyke indiensneming? Wat van hul onaanvaarbare optrede teen die mense van Kleinfontein? Dis mos duidelik die DA is n ANC-LITE! Die VF Plus staan sterk op Christelike beginsels en minderheidsregte,en veg vir die Afrikaner en die Afrikaanse taal. Doen die DA dit? Nee. Weereens, die DA het in 2009 gesê hul gaan Zuma stop en hul het nie. Alles net leë beloftes en verkiesingsfoefies,dis al!

Frik Lotz ·

Terloops,die ANC en DA het die Kubane herdenk by Cuito Cuanavale onlangs in die parlement. Ja,die DA ook! Dis n klap in al ons oud SAW soldate se gesigte. Hoe kan mense nog steeds die DA ondersteun?

Danie ·

Klippers,die grondwet is n baie belangrike dokument,dis n dokument wat opgestel was in onderhandelings en wat vrede gebring het nadat daar oorlog in hierdie land was.Dis n dokument wat indivuduele regte waarborg,sodat die staat nie op mense se regte kan trap nie,en teen mense ,dus ook Afrikaners kan diskrimineer nie.
Ongelukkig is dit so dat die Grondwet verander kan word met n twee derde meerderheid.Zuma het reeds gese hy wil die Grondwet verander,sonder twyfel om dinge toe te laat soos onteiening van grond,en om diskriminasie op grond van ras verder te verstewig.
Nou vra ek jou,wie gaan die ANC weerhou van n twee derde meerderheid?Die VF+ het n beleid om net steun te soek by blanke Afrikaners.Selfs al sou elke enkele Afrikaner vir die VF+ stem,kan die VF+ nie meer as 5% van die stemme kry nie,en kan dus weens n gebrek aan getalle nooit die ANC stop om die Grondwet te verander nie.Hierdie demografie van die land is n feit,en gaan net slegter word vir Afrikaners.Kyk n bietjie na die 4 verteenwoordigers van die VF+ in die parlement,almal wit Afrikaanse mans.Dis n bewys hulle soek nie diversiteit nie.
Die VF+ wil Afrikaners dus totaal isoleer van die res van die bevolking.Die DA het n ander benadering,die benadering van die DA is om alle Suid Afrikaners wat dieselfde waardes deel saam te bring,waardes soos nie diskriminasie op grond van kleur,en taal en geslag.Dus almal wat in die waardes van die Grondwet glo.n Verdere waarde van die DA is om korrupsie te beveg en belastingbetalers se geld verantwoordelik te bestee,en om goeie regering en dienste te bied vir alle mense waar die party aan die bewind is.As jy dit nog nie besef nie,kom ek vertel jou iets.Daar is ook bruin en swart mense wat hierdie waardes deel,baie van hulle,en as ons almal vir dieselfde party stem,gaan ons nie net die Grondwet beskerm nie,maar uiteindelik van Zuma ook ontslae raak.

Danie ·

Klippers,ek wil net kortliks uitlig wat die DA al gedoen het deur tot in die Konstitusionele hof te veg om die Grondwet en die mense van Suid Afrika se regte te verdedig.
In 2009 al het die DA begin met n uitgerekte hofstryd om die besluit ter syde te stel deur die waarnemende Nasionale Direkteur van Vervolging om Zuma nie te vervolg op korrupsie klagte nie.Zuma kruip mos weg agter die sogenaamde spioenasie bande en op grond daarvan is besluit Zuma moenie vervolg word nie.Die DA is van daardie jaar al besig met daardie saak,maar Zuma maak gebruik van die staat se diep sakke om die saak te vertraag,maar die DA is vasbeslote die waarheid moet uit,en sal aanhou veg in die howe,al duur dit hoe lank.
In 2009 wen die DA n saak in die Konstitusionele hof dat Zuma se aanstelling van Menzi Simelane as Nasionale Direkteur van Vervolging ongrondwetlik is,omdat hy nie oor die nodige integriteit vir die werk beskik nie.Simelane was n lojale ANC kader en lojale Zuma man.
In 2013 wen die DA n saak in die Konstitusionele hof dat die provinsiale kommissie van ondersoek wat mev Helen Zille aangestel het om polisiering in Khayelitsha te ondersoek grondwetlik is.Dit is belangrik,want Nathi Mthetwa,minister van polisie,wou haar keer.Dis n oorwinning van die provinsie oor die Nasionale regering,en daarom belangrik want dit skep n presedent.
Die DA het baie hard in die parlement geveg om die sogenaamde Wet op Informasie te keer,of anders die muilbandwet gedoop.Die ANC het dit deurgeforseer agv getalle,maar danksy die DA se getalle in die parlement en hul hewige teenstand is dit baie verwater.Dit is nou op die wetboeke en kan nog steeds gebruik word om korrupsie toe te smeer.Die DA is verbind om dit tot in die Konstitusionele hof te beveg.
Laastens dit was ook Lindiwe Mazibuko van die DA wie die klaer is oor die Nkandla woning van Zuma.Dit was sy wat die Openbate Beskermer genader het.
Die DA is absoluut verbind om die regte van minderhede ook te beskerm,en dis n party wat glo in die waardes van die Grondwet,wat alle Suid Afrikaners,ook minderhede beskerm.

Danie ·

Frik,jy vra wat het die DA al ooit vir Afrikaners gedoen,kyk bietjie na my bogenoemde kommentaar,en dan sal jy sien wat het die DA al vir ALLE Suid Afrikaners,dus ook Afrikaners gedoen.Die DA is n party vir ALLE Suid Afrikaners en veg ewe hard vir die regte van alle Suid Afrikaners,wit,bruin,swart,afrikaans of engelssprekend,vroulik of manlik,die wat genoeg het en die armes wat nie n werk het nie.
Die DA glo egter in n ordelike regstaat,waar jy nie voorheen benadeeldes kan help deur van ander te vat nie.Die DA glo die ekonomie moet groei en werk moet geskep word,sodat mense hulself kan help.
Jy het my al beskuldig dat ek n stoere DA ondersteuner is,ek is nou wel nie n ingeskrewe lid nie,maar hulle het beslis my stem.Ek glo dit is die enigste party wat alle Suid Afrikaners kan saambind rondom gedeelde waardes.Jy praat van die christelike waardes van die VF+.Dink jy regtig as n christen dat daar geen bruin en swart mense is wat ook in demokratiese en christelike waardes glo nie?
Ek dink regtig dat jy by die DA moet aansluit en soveel as moontlik VF+ mense met jou moet saambring.Dan sal jou oe oopgaan en sal jy agterkom dat jy nou deel is van n groter geheel,wat sterker teenstand teen Zuma kan bied,en dat jy nog net so n Afrikaner kan wees,as wat jy altyd was.
Ons is nie vyande nie,ek glo net passievol dat die DA die beste oplossing is vir die mense vir wie ek omgee.Ek gaan jou elke keer aanvat wat jy se die DA is n ANC lite.Vir jou en enigiemand wat se die DA is n ANC lite.Dis eenvoudig onwaar,die DA veg elke dag teen die ANC,in die parlement,in verkiesings,in die howe en in openbare media.
Die VF+ is n doodloopstraat,hulle het in die laaste verkiesing 0,8% van die verkiesing gekry,met geen vooruitsig om ooit beter te doen nie.Jul leier sit lekker knus in die regering as n adjunk minister.Die ANC hoef hom nie aan die VF+ te steur nie,n olifant hoef hom mos nie aan n vlieg te steur nie.Let wel,ek noem nie VF+ mense vliee nie,dis net n vergelyking oor die grootte van die onderskeie partye.
Die VF+ het nou in koalisie gegaan met COPE,en die VF+ het COPE ook voorheen ANC lite genoem.Ook in die koalisie is die ACDP ,en beide ACDP en COPE het vir daardie wet gestem wat ek sommer die rasse kwota wet noem,en wat voorsiening maak vir rasse kwotas in mense se private besighede.Die DA het in die Nasionale Raad van Provinsies teen daardie wet gestem.Soos jy weet het mev Helen Zille dit as n treinramp bestempel dat die DA die wet gesteun het in die Nasionale Vergadering.Sy het die posisie van die DA daarna duidelik uitgespel,en gese die DA is daarteen.
Dis duidelik dat die VF+ n verloorder is in die politiek,en in koalisie gegaan het met n klomp verloorders.Ons almal weet hoe verdeeld en bankkrot jul koalisie genoot COPE is.Die komende verkiesing gaan bewys watse verloorders julle almal werklik is.
Ek raai die kiesers aan om eerder vir n dinamiese en groeiende party soos die DA te stem,sodat ons gesamentlik die doel kan bereik om die ANC in Gauteng en die Noord Kaap ook uit te skop.En vordering te maak op alle ander gebiede,
Terloops,net so entoesiasties as wat ek is oor die DA,is ek entoesiasties oor Solidariteit,en Afriforum.Hulle doen absoluut uitstaande werk,en ek is n ingeskrewe en betalende lid van beide Solidariteit en Afriforum.Hulle doen uitstaande werk vir hul mense,maar sonder om politiek te betree,want so kan hulle almal verenig.Asseblief Solidariteit en Afriforum,doen so voort,maar moenie politiek betree nie,los die politiek vir die DA.
Ten laaste,my pa is ook n transnet pensionaris,en ek weet vir n feit dat niks nog vir hom verander het nie,hy kry nou al seker 20 jaar net 2% verhoging per jaar.Niks het nog verander nie,ek hoop dit sal.Maar ek weet vir n feit die DA steun ook die Transnet pensionarisse.
Waar kom jy aan die storie die DA het die Kubane in die parlement herdenk?Dit klink na pure duimsuiery omdat jy uit argumente is.

Frik Lotz ·

Danie,weet jy dan niks vd hofsaak wat teen Transnet gemaak word nie? Dis n inisiatief vd VF Plus! Wat het DA nogal vir Transnet pensioenarisse gedoen? Jy weet ook niks vd Cuito Cuanavale storie nie? Ongelooflik! Niks word uit die duim gesuig nie. Gaan kyk bietjie by http://www.vfplus.org.za Hopelik sal JOU oë dan oopgaan.

Klippers ·

Frik en Danie, nie een van julle twee oortuig my nie. Die Afrikaner en Afrikaans verloor by die dag al hoe meer veld en ons sal nooit binne n verenigde (Engelse) land oorleef nie. Geen party kon dit die afgelope 20 jaar regkry om ons belange te beskerm en uit te bou nie. Die idee van selfbeskikking is al wat ons uit hierdie penarie kan red. Front Nasionaal Suid-Afrika gryp nogal die verbeelding aan. Ons sal heeltemal nuut en uit die boks moet dink.

Frik Lotz ·

Om nog politieke partye te stig gaan absoluut niks help nie. Dit bring net meer verwarring en verdeeldheid onder Afrikaners.Laat ons verenig en saamstaan en in ons duisende gaan stem vir die VF Plus,die vaandeldraer van minderheidsregte en selfbeskikking. Eendrag maak mag!

Danie ·

Klippers,so kort voor die verkiesing gaan ek nie doekies omdraai nie.Jy leef ongelukkig in n absolute droom wereld as jy dink dat nog n Afrikaner party enige verskil gaan maak.Dis tyd om wakker te skrik.Die VF+ het in die laaste verkiesing 0,8% van die stemme getrek,en hulle bestaan al 20 jaar.Enige party wat nou in die VF+ se waters wil kom visvang gaan net n gedeelte van die 0,8% kry.Daar is geen rede waarom Afrikaners nie vir die DA kan stem nie,dis n party vir alle Suid Afrikaners,n party wat nie glo in diskriminasie op grond van kleur nie,wat bewys het hy kan die ANC in die Wes Kaap uitskop en n party wat die Grondwet verdedig.

lieven ·

Danie en kie……ken jou DA…….
1regstelinde aksie ?
2Taal ? al midvaal se borde(advetensies vir midvaal) engels
3afrikaanse herkoms? verander straat name ,skool name in midvaal en bly buite steming vir straat name in pretoria.
4dryf afrikaans sprekende lede uit voorbeeld Niekie(wat ookal)
my vriende as n afrikaanse vlaaming weet ek van my ouers dat n man opstaan vir wat reg is al is dit vir n verlore saak 0.0008% jy staan op vir wie jy is .want ander is jy ?
5aborsie?
6agang?ken jy hul standpunt en hul gevoel teen oor afrikaaners
ooral in die wereld wil volke oor hul self regeer dis die mees natuurlike ding dit het niks te doen met rasisme nie ! Staan op en wees trots al staan jy aleen!

Klippers ·

In die Wes-Kaap kon die DA nie eers tradisioneel Afrikaanse instellings red nie, wat nog te sê die Afrikaner red?! Die DA is niks anders as ANC lite nie!

Nasionaal kon die Vryheidsfront oor 20 jaar niks bereik tov selfbeskikking vir die Afrikaner nie. Waarom moet ons hulle nog vertrou?!

Danie ·

Klippers,jy is verward.Die provinsiale regering het baie min magte,dit kan bv nie self belasting invorder nie.n Provinsiale regering kry sy geld van die nasionale regering,en moet dit dan spandeer op al die mense wat in die provinsie woon,op goed soos onderwys.Die provinsiale regering hou slegs die beursie vas.Die magte van n provinsiale regering is streng omskryf in die Grondwet.Die voordeel dat die DA n provinsie regeer is dat hulle streng beheer toepas en korrupsie keer.
Klippers,groot asseblief.Van watter tradisionele Afrikaanse instellings praat jy wat die DA nie in die Wes Kaap kon red nie.?Ek wag vir jou antwoord.
Ek stem saam met jou dat die VF+ oor 20 jaar niks kon bereik nie.
Lieven.n mens kan bly wie jy is ,en trots wees op jou eie kultuur en die kultuur van jou voorvaders,maar nog steeds met Suid Afrikaners van ander kulture saamwerk in n politieke party,solank hulle in dieselfde waardes as jy glo.Waardes soos geen diskriminasie op grond van kleur of geslag,n regstaat,en die oppergesag van die reg.Dis waardes waarin die DA glo,en baie Suid Afrikaners glo in dieselfde waardes.
By die huis kan jy nog steeds wees wie jy is,en dit hoef nooit te verander nie.Afrikaners kan ook saamwerk binne organisasies soos Afriforum en Solidariteit,en daar saamkom om hul regte te beskerm,en hul kultuur te behou.Ek is baie lief vir my eie mense,en dis waarom ek behoort aan Solidariteit en Afriforum,en my ledegeld elke maand betaal.Die leiers wie hierdie organisasie opgebou het,en nog steeds opbou is visionere,as die regering Afrikaners afskeep,binne hierdie organisasies kan ons mekaar help.Alles binne die wet,en regsgeleerdes binne hierdie organisasies gebruik die Grondwet om hul lede se regte te beskerm.Die grondwet verbied nie vryheid van assosiasie nie.
Op die politieke terrein het die DA egter my stem.Die ANC,met Zuma as sy leier,gaan die land totaal vernietig met sy korrupsie.Daar is baie Suid Afrikaners van ander kleure wat dit ook sien,en ons almal wie die ANC teenstaan,en glo aan dieselfde basiese waardes,behoort saam te staan in een politieke party,om die ANC teen te staan,en daardie party is die DA.Binne die DA kan Afrikaners en ander blankes hul doelwitte nastreef en praat met ander Suid Afrikaners ,sodoende kry mens politieke invloed,en kan mens beleid beinvloed.
Dit gaan nie help om jou kop in die sand te steek soos n volstruis en jouself te isoleer nie.Dit is wat die VF+ doen.Die VF+ soek net die steun van blanke Afrikaners,al het hulle n retoriek van minderhede.Dis waarom hul steun nooit sal groei nie.
Afrikaners is n klein minderheid in n multi kulturele land,dis feite,en daardie feite gaan nooit verander nie.Ons moet binne hierdie werklikhede n manier vind om te oorleef.Die manier wat ek hier uiteengesit het is die manier wat ek glo die beste sal werk.

Klippers ·

Nee Danie, daar is nie n manier wat n klein minderheid soos die Afrikaners (en die Afrikaanse taal!) in n multikulturele land soos SA gaan oorleef nie. Die Wes-Kaap is tans in n oorgangsfase en verteenwoordig niks trots Afrikaner/Afrikaans meer nie. Dit is juis bruin “Afrikaanses” wat hierdie proses van vervreemding aangemoedig het. Glo my, ek is van die Wes-Kaap en weet presies waarvan ek praat. Jy behoort ook te weet na watter instellings ek verwys. Dalk moet jy beter ingelig raak.

Danie ·

Klippers,watter instellings?Jy antwoord nie my vraag nie.Aangesien ek so oningelig is,dink ek jy moet my en die ander lesers inlig.

Gemsbok ·

Die Stellenbosch Universiteit is een prominente voorbeeld waar die DA geen druk uitoefen om toe te sien dat daar darem een Universiteit is wat die meerderheid van sy inwoners en kiesers in hul eerste taal van tersiêre onderrig kan voorsien nie.

Danie ·

Klippers,jy hou van kritiseer en afkraak,maar wat is jou oplossings?.Bly eerder stil as jy niks positief het om te se nie.Al wat jy kan doen is om te kritiseer,maar jy het geen oplossings van jou eie nie.Miskien is jy net een groot rassis en niks anders nie.

Klippers ·

Danie, ek sal debatteer en kritiseer, maar etiketteer nie mense nie. Jy gebruik die verkeerde taktiek en skuld my n verskoning. Die oplossing lê voor die hand… SELFBESKIKKING! Dit is tyd vir nuwe bloed, nuwe idees en nuwe denke. Niks omtrent die formele politieke strukture gryp meer die verbeelding aan nie.

Danie ·

Klippers,ek glo ook aan debat.Maar jy het n stelling gemaak,jy het verwys na tradisionele Afrikaanse instellings wat die Wes Kaapse regering onder die DA na bewering nie kon red nie.Ek het jou gevra na watter instellings jy verwys.Jy het nagelaat om my vraag te beantwoord,en noem my toe boonop oningelig.En ek moet jou om verskoning vra?
Jy noem selfbekikking wat die oplossing is wat voor die hand le?Enige konkrete voorstelle in die verband?Ek het ook hierdie vraag gevra vir Frik Lotz,en ek wag ook nou nog vir sy antwoord.Dis darem lagwekkend.Jy noem dat jy geen vertroue het in die VF+ nie,omdat hulle in 20 jaar niks kon bereik nie.Maar jy het net so min konkrete voorstelle as wat die VF+ het.
As jy nie n rassis is nie,se dit net reguit,dan sal ek dit so aanvaar.
Nog n vraag.Behoort jy aan Afriforum en Solidariteit soos ek?Ek stel voor,kyk na hulle as jy Afrikaners soek,wat doeners is,en nie net praters nie.

Danie ·

@Gemsbok.Ek het jou kommentaar gelees,en ek stem met jou saam,die universiteit van Stellenbosch mag onder geen omstandighede verengels nie.Die DA beheerde provinsiale regering beheer egter nie die raad van die universiteit nie.Die DA is ook nie ten gunste van die verengelsing van die US nie.Ons almal moet saam veg om die US afrikaans te hou.

Cronje ·

Danie

Danie dit is sekerlik waar dat die DA beheerde provinsiale regering nie die raad van die universiteit beheer nie. ‘n Mens wonder nou net wie beheer die raad van die universiteit – dalk die ANC dat dindien die DA die Tim du Plessis doen dit toe sommer vir jou in Rapport van 9 Februarie 2014

Cronje ·

Danie

Jammer ek weet nie waarom bogenoemde gepubliseer is nie. Ek het die rekenaar verlaat en is die onsamehangende stuk gepubliseer.

Ek besef ons dwaal bietjie van die punt af maar wil graag reageer op jou antwoord aan Gemsbok.

Jy oortuig ons dat die DA beheerde provinsiale regering nie ook die raad van die US beheer nie. Interessante woordspeling, is dit nie.

Ons weet maar al te goed dat die provinsiale regering nie die raad van die US kan beheer nie. Dit beteken egter nie dat die DA nie die raad van die US beheer nie.

Indien die DA nie die raad van die US beheer nie sal ek graag wil weet wat die politieke affiliasies is van diegene wat so onvriendelik is teenoor Afrikaans.

Indien jy so oortuig is dat die DA die Afrikaanssprekende se belange sal beskerm, waarom die histerie dat ons by Afriforum en/of Solidariteit moet aansluit.

Die waarheid is meer te vind in die artikel van Tim du Plessis wat in Rapport verskyn het. Hy verwys soos volg na die posisie van die Afrikaner binne die DA: “Die heil van hulle taal en kultuur sal so by so nie in die politieke arena beslis word nie. In sy hart der harte voel die DA eintlik maar vere vir Afrikaans…”

Tim gaan voort deur die volgende te opper: “Jy’t kwalik tien breinselle nodig om uit te werk “party in regering” kan net gebeur as die DA hom nader aan die ANC posisioneer. ANC Lite word , soos iemand dit genoem het.”

Danie wanneer een van jou bedmaats(Tim du Plessis) die Afrikaner se posisie binne die DA soos hierbo verwoord, is die Afrikaner se posisie gereduseer tot die van ‘n nuttige idioot. Ek onthou hoe Niekie van den Bergh die Aftree-oorde besoek het met die vorige verkiesing om die oues te oortuig om vir die DA te stem. “Nuttige Idiote”

Die DA het die stem van die Afrikaner nodig,maar vir die res van sy behoeftes jaag julle ons na Afri-forum en Solidariteit om ons kultuur-belange te verteenwoordig.

In beginsel het ek nog nooit ‘n probleem met Afri-forum en Solidariteit gehad nie, jou betoog laat my egter nou wonder of Afri-forum en Solidariteit nie die breinkind van die DA is nie. Ook swartmense gaan hierdie strategie met skeptisisme begroet.

Cronje ·

Danie verseker vang die VF+ en die Volkstaters nie in dieselfde dam vis as die DA nie. Die mikpunt is inderdaad om soveel moontlik steun van die 5% Afrikaners te bekom om stugkrag aan die ideaal van minderhede te gee.

Waardes
Jy benadruk die DA waardes wat betref diskriminasie op grond van kleur,taal en geslag. Hiermee het ons nie ‘n probleem nie, maar waarom onderspeel jy die DA stanpunt ten opsigte van homoseksualiteit, aborsie en voorvadergeeste.

Julle is prominente vaandeldraers in hierdie verband terwyl die susterskerke en vele ander kerk-denominasies hierdie beginsels en waardes van julle as sonde beskou. Ek sal werklik nie verbaas wees indien die DA ook eersdaags hier sy invloed gaan laat geld met ‘n herinterpretasie van die Woord nie.

Sien Danie, Christelike waardes word onderspeel om nie aanstoot te gee nie – soveel stemme moontlik om die ANC te troef. Dit is die hoogste ideaal. Jammer Danie, dan bevind ek my eerder in die Gideonsbende.

Diskriminasie
Die karakter van Carel Boshof en Pieter Mulder is die beeld van die VF+ en die Volkstaat-gedagte. Dit staan jou vry om hulle as rassiste te brandmerk. Ek is gemaklik om my met hulle te vereenselwig.
Die DA het dalk ‘n erger probleem met rassiste in sy geledere. Max du Preez het al by herhaling ‘n beroep op die DA gedoen om van hierdie sterk element ontslae te raak. Piet Croucamp sluit ook nogal in ‘n mate hierby aan. Hein Toerien het self ‘n interresante ondervinding in die verband gehad.

Afrikaans
Jy gee ons die versekering dat die DA gee geweldig om vir Afrikaans. Kom ek haal vir jou aan wat Tim du Plessis van Media 24 hierdie naweek in Rapport te sê gehad het: “In sy hart der harte voel die DA eintlik maar vere vir Afrikaans….” Wie moet ons glo Danie! Jou of vir Tim.

Ek is nogal geneig om Tim te glo omdat hy vanweë sy werk midde in die situasie is waar hy bleef dat die DA vere voel vir Afrikaans en ons daarom aanmoedig om om by Solidariteit en Afri-Forum aan te sluit. Daarmee gaan ek akkoord en daarom ondersteun ek Afri-Forum en Solidariteit.

Jou byna histeriese motivering oor waarom ons Afri-Forum en Solidariteit moet ondersteun beindruk nie. Afri-Forum het Afrikaanssprekende se platvorm geword a.g.v. die DA. Moet tog nie die indruk probeer skep dat die DA goeie werk vir die Afrikaanssprekende doen en dat Afri-Forum en Solidariteit ‘n ideale verlengstuk is om die goeie werk voort te sit nie.

Die DA moet ANC LITE word

Ek haal graag weer vir Tim aan : “Deesdae kom daar boonop nuwe geluide uit hul party. Nou die oggend op Dagbreek op kyk¬NET sê die DA-leier, Helen Zille: Die party wil ophou om “’n party van opposisie” te wees. Hy wil nou “’n party van regering” wees. Dis iets anders as in 1999, toe hulle in weerwil van Tony se sjarmante skewe en krom Afrikaans opgesaain het.

Jy’t kwalik tien breinselle nodig om uit te werk “party van regering” kan net gebeur as die DA hom nader aan die ANC posisioneer. ANC Lite word, soos iemand dit genoem het. “

Danie, ons het nie ‘n probleem indien dit die roete is wat julle wil volg nie. Meer nog, indien julle nie genoeg stemme kry om Zuma te ontsetel nie, kan jy reken dat die 4 stemme van die VF+ waarna jy so smalend verwys, in die hoed sal val om by die van die DA getel te word. Dalk net benodig julle die 4 stemme.

Kortom ons hoef nie DA te stem om Zuma te ontsetel nie.

Jan Venter ·

Beste Neef Carel

Soos die jare al aan my gekou het, het ek ook tipies soos ʼn verligte stadsbewoner my eers nie aan die Orania ideologie gesteur nie. Dit maar heel neus optrekkerig bejeën en afgemaak as iets wat net nooit sal werk nie.

Met die gekouery aan my lyf en siel is daar nou letsels en as troos prys het die Vader nou vir my wysheid gegee wat net tyd vir jou kan gee. Nou besef ek dat daar beslis ʼn plek in die son moet wees vir die mense van die Orania beweging. Ons sal dalk nie nou almal die lig sien nie maar wel eendag soos dit die geval is met die Voortrekkermonument.

Ek gebruik die bou van die Voortrekkermonument as ʼn voorbeeld tot ondersteuning van my argument: Die gedagte en totstandkoming van die monument was van die begin af omstrede soos dit maar met alles rondom Afrikaner wees gaan. Daar was die skool wat geglo het die monument moet nie gebou word nie en ander het weer sterk daarvoor gestaan. Hierdie argumente was noodsaaklik en ook vanuit alle vlakke van die Afrikaner samelewing. Nieteenstaande is die monument tog gebou.

Vandag is ek ongelooflik dankbaar dat daar ʼn monument van my volk staan. Ek besoek die monument gereeld en voel altyd goed daaroor. Ek is die Vader baie dankbaar oor hierdie monument wat ʼn verhaal vertel van ʼn volk wat vas gestaan het in geloof en geglo het dat vryheid verwesenlik kan word en drome waar kan word.

Daarom is ek oortuig dat die vestiging van ʼn klein plekkie soos Orania hemels vir die Afrikaner volk kan wees, ʼn plek in die son wat ons nageslagte sal herinner dat hierdie volk ʼn realiteit in hierdie land is en nog steeds drome het na vryheid. Die kersie op die koek sal wees as ons dan nog soos tans die pas sal aangee vir andere volkere in ons land wat ekonomiese vryheid is en hoe jy jou bestaansreg kan verseker.

Die monument staan dalk klaar statig op sy plek, maar dit beteken nie die verhaal van hierdie volk is klaar geskryf nie. Dus behoort Orania deel hiervan te wees.

Ten spyte van ons verskille is ons ʼn volk met wie jy rekening moet hou!

Mag julle drome waar word.

Groetnis

Jannaman

Danie ·

Hallo Cronje
Die Groot Debat hier op Maroela het so stil geword,ek het gedink my argumente het uiteindelik geseevier,maar ek is bly vir jou kommentaar en geleentheid om n bietjie debat te voer.
Ten eerste,ek is geen lid van die DA nie,net n gewone salaristrekker,maar ek stem tans vir hulle omdat ek hul beleid as die beste nou vir die land beskou.Ook vir Afrikaners,want ons is onlosmaaklik deel van die land,van Messina tot in die Kaap.As die land dus agteruitgaan,gaan Afrikaners ook swaarkry.Ek beskou die situasie op die oomblik in die land as die gevaarlikste sedert 1994.Veral met die swak leierskap van Zuma en die opkoms van Malema.Wat gaan hulle bv verhinder om na die verkiesing hande te vat,en die grondwet verander om verdeling van grond maklik te maak.Ook het Zuma laas jaar die snoerwet deurgevoer,besef jy hoe gevaarlik dit is?Mense sal tronk toe gestuur word as hulle bv korrupsie uitlap.Die ANC is besig om soos Zanu te word,absolute mag korrupteeer absoluut.
Dit maak die noodsaaklikheid van n sterk opposisie party wat die waardes van die Grondwet onderskryf absoluut noodsaaklik om die ANC van twee derdes te weerhou.Net die DA kan daardie party wees,daar is geen ander party sterk genoeg nie.Beslis nie die VF+ nie.
Geen minderheid is sterk genoeg om die hegemonie van die ANC te keer nie.Dit is waarom minderhede in die DA saamkom,wit,bruin en Indier,maar daar word ook na swart Suid Afrikaners uitgereik wat die DA se waardes onderskryf.Die DA kan nie n suksesvolle opposisie party wees,sterk genoeg om die korrupsie van die ANC te keer, sonder dat ALLE Suid Afrikaners wat dieselfde waardes onderskryf daaraan behoort nie.
Die DA gaan oor waardes,van demokrasie,bestryding van korrupsie,beskerming van die Grondwet,deursigtigheid van die regering en goeie regering.Dit is tog n feit.
Dit is dus n “broad church”maar daar is waardes wat ononderhandelbaar is.n Mens hoef nie jou identiteit op te gee om vir hulle te stem,of aan hulle te behoort nie.Wil jy bv vir my se daar is geen christene in die DA nie?Die groot doel is die beskerming van die Grondwet,daarom kan die DA nie n party net vir Afrikaners wees nie.En ek se dit vir jou as iemand wat regstellende aksie aan my eie bas voel.Verder is my pa n Transnet pensionaris,met verhoging van2% per jaar.My stem behoort nie vir altyd aan die DA nie,as hulle van hul waardes afwyk,dan is my stem ook weg.Ek sal nie wees soos n kalkoen wat vir Kersfees stem nie,maar op die oomblik is hulle noodsaaklik om die Grondwet te red.Ek het geen probleem met VF+ ondersteuners nie,ons deel dieselfde kultuur,verlede en geskiedenis.Die probleem is egter julle beleid,en ek bedoel nie christenskap nie,ek is ook n christen.En ek weet julle is nie rassiste nie,ek het nie so gese nie.Kom ons keer egter terug na die kwessie van beleid,Cronje,jy praat van n volkstaat.My vraag is waar?In 20 jaar het julle geen duidelike beleid uitgestippel nie.Om teen iets te wees,is nie beleid nie.Om VIR iets te wees,is beleid.Wat is die konkrete voorstelle itv selfbeskikking?Jy weet goed,julle het geen konkrete voorstelle nie.Jy haal die regeringskwessie aan,dit is n feit dat die ANC nog te sterk is om op nasionale vlak uit te skop,so n sterk opposisie is daar nodig,maar wat maak die VF+,julle is saam met die ANC in die regering.
My vraag is hoekom val die VF+ heeltyd die DA aan,is die DA n groter vyand as die ANC?Julle val die DA aan om stemme te kry,maar wat gebeur nou?Nou kom daar nog n Afrikaner party wat die VF+ gaan aanval om stemme te kry,die Front Nasionaal.
Daarom is ek so pro Solidariteit,hulle kan vir alle Afrikaners werk,ongeag vir wie hulle stem.Solidariteit is n samebinder,n nuwe reddingsdaadbond.Die beste ding wat met Afrikaners gebeur het sedert 1994.Ek het aftrek orders vir Solidariteit,Afriforum en Helpende Hand.Ek is absoluut trots om aan hulle te behoort,hulle doen ongelooflike werk.

Danie ·

Cronje,ek wil net byvoeg.Solidariteit het onmisbaar geword vir Afrikaners,Afriforum ook.Solidariteit het Renate Barnard se regte herstel,en nou ook kol Johan Roos sn.En dis maar net twee voorbeelde.Hulle is baie meer as net n vakbond,dit is n volksbeweging.Dit is n organisasie wat uiteindelik alle Afrikaners kan saambind en soos een laat praat.In getalle le beskerming.Die wereld glo ek sal uiteindelik na Solidariteit kyk met bewondering as n voorbeeld van hoe n volk homself help,en dit sal bewondering afdwing,hier en in die buiteland.
Solidariteit is n te belangrike organisasie dat party politieke lojaliteite,wat veranderbaar is,afbeek daaraan kan doen.
Laastens wil ek vra dat Afrikaners eerder in provinsies vir die DA sal stem,Afrikaners wat die VF+ ondersteun is nie altyd in alle provinsies genoeg om selfs een setel in daardie provinsie te kry nie.Op nasionale vlak kan daar altyd volgens gewete gestem word.

Danie ·

My komentaar hiebo kon dalk misleidend gewees het,ek is n salaristrekker in die staatsdiens,net vir die doel van duidelikheid.

Shannon ·

Danie, jou beredenering t.o.v. die rede waarom mense vir die D.A. moet stem herinner my nogal sterk aan die ou NP se motivering teenoor die kiesers – “stem eerder vir ons, want `n stem vir die ander ouens sal ons net verdeel”.

Glo my broer, die beste merresyne vir die land is ‘euthanasia’ (genade dood).

Hoekom ?
Want die hoeveelheid pyn en leiding (tot en met die finale stuiptrekkings) in so `n geval is aansienlik minder as wat tannie Ziller se drup en ander kunsmatige politieke oplossings nog gaan veroorsaak.

Die ander rede vir die bespoediging van ‘die einde’ is om Azania so te laat verval dat die regering – nes die kommunistiese lande reg oor die kontinent – bereid is om biljoene te betaal vir blanke kundigheid om die land te kom red.

Danie ·

Shannon,wat probeer jy nou eintlik se?Dit lyk my jy het die verkeerde medisyne gedrink,jy klink vreeslik deurmekaar.Dalk moet jy n politieke party stig,daar is nog tyd voor die verkiesing aanbreek.As jy vir jouself stem dan is jy klaar verseker vir een stem.

Danie ·

Shannon jy het nou n paragraaf of twee geskryf,maar absoluut niks gese nie.Dit klink asof jy se ons moet almal selfmoord pleeg.Enigiemand anders lus vir selfmoord?As jy in die Groot Trek was sou jy net almal teruggehou het met jou negatiwiteit.

Shannon ·

Danie, jou geld eenheid is nou so skraps oor die ‘9 cent’ merk teenoor die VSA Dollar. Jou DeeAaah kan niks daaraan doen nie. Nes die nasionale krieket span, durf niemand die bul innie oge kyk nie.

Is jy nie maar net `n ou Nasionale Party aanhanger nie ?

lieven ·

Danie ken jou DA(ANC-lite)! vandag weer hul staal getoon oor grondbesit in suid afrika …….ek staan liewers met n handjie vol mense as om my mense in die rug te steek vir n paar stemme . 3 in n ry vir die anc-lite 1 regstelinde/swart bemagtigins wet geondersteun,2 agang troue/egskyding,3 onteinings/grond besit wet …….sies vir jou en jou DA….

Danie ·

Lieven,ek stem met jou saam dat die DA foute maak,geen party is perfek nie,maar
1-Daardie kwotawet van verlede jaar,die DA het erken dat hulle n fout gemaak het met daardie wet en daarteen gestem in die Nasionale Raad van Provinsies.Tog is die VF+ in n koalisie met COPE,ACDP en UCDP wat almal vir daardie wet gestem het.
2-Die AGANG debakel is verby en Ramphele gaan nerens kom in die politiek nie.Sy het die DA genader en basies mislei,maar sy is nou weg en dis verby.
3-Laat ons eers presies sien wat die heropening van die grondeise wet gaan se en presies vir boere inhou.
Ek het nog altyd gese as die dag aanbreek wat ek voel die DA dwaal af en wette steun wat onskuldige mense benadeel,dan heroorweeg ek my stem. Ek woon in die Wes Kaap en hier kry ons wonderlike diens van die DA,van sowel die provinsiale regering as die stadsraad.Ons sypaadjies is altyd skoon,gate in die pad word reggemaak en alle dienste word stiptelik gelewer.Dit is net die DA provinsiale regering wat tussen ons en e-tol staan.Sanral sou al hier e-tol ingestel het,maar die DA provinsiale regering het hulle gekeer met n hofsaak.
Onthou ons praat hier van grondeise,laat ons eers sien of die eise miskien regmatig is,as dit is ,moet daar kompensasie wees.Te vroeg nou om verder daarop in te gaan.
Onhou mens het 2 stemme,provinsiaal en nasionaal.My provinsiale stem is egter DA,sonder twyfel.Hulle gee werklik skitterende diens,en hulle hou die korrupsie weg.
Praat van in die steek laat,jou spelling het jou lelik in die steek gelaat.

Danie ·

Frik Lotz, Cronje en ander,ek was in n harde debat met julle.Ek het my argumente gestel,en ek staan nog by van die argumente wat ek gemaak het.Maar ek het tog na jul argumente, en van leiers van die VF+, soos gestel in koerante,geluister.
Ek het nog altyd gese dat my stem nie vir altyd aan die DA behoort nie,ek sal my opsies oophou.Ek het tot dusver DA gestem weens redes soos ek verduidelik het,ek wil nie weer daarop ingaan nie.Ek dink nog steeds die DA is n belangrike party in die SA politiek.Die DA werf hard steun onder die bruin en swart bevolking,en dit is belangrik,want die DA is n gematigde party en as daardie deel van die bevolking nie bearbei word nie,sal hulle of vir die ANC of EFF stem.Wat baie sleg is vir die land.
Ek het nog altyd respek gehad vir die VF+ en sy ondersteuners,Die leiers en ondersteuners van die VF+ is ordentlike mense wat hul standpunt op n kalm en waardige wyse stel.Ek het ook gesien dat die VF+ die enigste party in die parlement was om die heropening van die grondeise teen te staan.Dit was n beginselvaste en dapper poging.Ek stem nou saam met die VF+ dat die DA die wet gesteun het omdat hy nie swart kiesers wil afskrik nie.Die DA sou inderdaad deurgeloop het onder die ANC in die verkiesing as hy die wet nie gesteun het nie.Waarheid is,selfs al het die DA teen die wet gestem,die ANC het nog steeds die getalle om die wet deur te voer.
Na aanleiding van die argumente van iemand soos Frik en Cronje en ander,het ek besef daar is nie net een enkele antwoord en oplossing nie.My stem op die nasionale stembrief is nou VF+,julle het my oorgehaal.Jul argumente het gewen.Provinsiaal gaan ek nog steeds DA stem,ek woon in die Wes Kaap,ek wil nie dat die ANC hier terugkom nie,en provinsiale kwessies het niks te doen met nasionale kwessies nie.
Ek wil net alle mede Afrikaners vra,bly weg van Dan Roodt hulle.Daar is n groot verskil tussen die VF+ en hierdie nuwe Front Nasionaal.Ek het al op die Praag site ingekyk,en die meeste kommentators daar is n uiters arrogante,ongeskikte en rassistiese spulletjie.Waarlik n spulletjie wat op n mishoop wil sit en kraai.Baie van die kommentators daar klink soos n spul dronklappe.En hulle kraak die onmisbare organisasies Afriforum en Solidariteit af.Sies ,ek skaam my vir hulle.

Danie ·

Ek wil net aansluit by bogenoemde kommentaar,deur terug te keer na die eintlike onderwerp,Oranie.Ek se weer wat ek hierbo gese het,n gevolgtreking waartoe ek gekom het deur na kommentators op hierdie forum te luister,is dat daar is geen eenvoudige oplossing nie,en daar is nie net een oplossing nie.Afrikaners bly in Oranie,hulle bly in Kleinfontein,dit is hul tuiste nou,en dit is ook hul goeie reg.Hulle is besig om iets op te bou,en daad by die woord te voeg.
Ek wil ook net weer klem le op die organisasies Solidariteit en Afriforum.Dit is visionere organisasies,hulle is besig om organisasies op te bou wat elke dag daar is om tot Afrikaners,waar hulle ook al woon en werk,se hulp te kom.Dit is organisasies wat daar is om Afrkaners se regte te beskerm,en namens ons te praat.Hoe sterker hierdie organisasies word hoe meer planne kan hulle in werking stel wat gaan verseker dat ons in hierdie land gaan oorleef.As ons nie hierdie organisasies gaan ondersteun nie,stel ons nie belang om in hierdie land te oorleef nie.Die VF+ praat ook namens Afrikaners,maar hul taak is op politieke gebied.Solidariteit is n burgerlike organisasie en is n samebinder soos min.

Shannon ·

Danie ek sou graag wou reageer op jou kommentaar maar weereens loop ek my pap teen `n oor gretige blokker koeser en keerder in die vorm van maroela media se sensor.
Ek glo dat dit nie so seer gaan oor my ‘omgangstaal’ nie maar eerder oor ek hom/haar bang maak.
Ek moet die aftog blaas.

Frik Lotz ·

Dankie Danie dat jy VF Plus stem op Nasionale stembrief. Hoop ons kan jou sover kry om ook op 7 Mei VF Plus te stem op provinsiale stembrief!

Danie ·

Frik,ek moet erken die VF+ het beginselvas gestaan oor die heropening van die grondeise.Die proses moes al in 1998 afgehandel gewees het,nou word dit weer oopgemaak vir die vekiesing.Ons het hard gedebatteer,want ons beide wil graag n toekoms verseker vir ons gesinne in die land,maar jy het my oortuig,nasionale stembrief is vir die VF+.Goed gaan .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.