Vraagstelling vir gesprekreeks: Nuwe SA se verlede en toekoms

In 1990, skaars meer as twee dekades gelede, was daar ernstige vrae oor die pad vorentoe in Suid-Afrika. Die tekens van verandering was in die lug, maar wat sou ‘n nuwe Suid-Afrika inhou? Binne enkele jare het sake ingrypend verander.

Vandag, in 2012 is daar weer uiteenlopende menings oor die vooruitsigte op vrede en voorspoed in Suid-Afrika. Ten einde uit die verlede te neem die lesse wat daar is, wil Die Groot Debat sy lesers en bydraers uitnooi vir ‘n gesprekreeks – “1990 tot 2012: Die Nuwe Suid-Afrika se verlede en toekoms in oënskou.” Bydraes reeds geplaas, insluitende Flip Buys se inleidende “Van Eerste na Derde Wêreld – Suid-Afrika onder die ANC”  is hier beskikbaar.

Ons vra drie vrae:

1. Wat was jou verwagtinge van ‘n nuwe Suid-Afrika in 1990?
2. Hoe oordeel jy oor wat toe in der waarheid plaasgevind het in die 22 jaar sedert 1990 en 2012?
3. Wat is vandag jou vooruitsigte vir Suid-Afrika?

*Dit is vandag presies 22 jaar sedert oud-president FW de Klerk op 2 Februarie 1990 sy toespraak tydens die parlementsopening gelewer het, waarin hy ingrypende veranderinge aan die Nasionale Party-regering se beleid aangekondig het – waarmee ‘n beduidende stap geneem is in die rigting van ‘n nuwe Suid-Afrika van algemene stemreg in terme van ‘n nuwe grondwet. Die toespraak is hier beskikbaar.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Piet le Roux

Meer oor die skrywer: Piet le Roux

Piet le Roux is die uitvoerende hoof en direkteur van die sakeregte-organisasie Sakeliga.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Johan ·

Terwyl ek skryf, is Mnr Zuma besig met sy Staatsrede. Ek is seker ons het die mees ongeletterde President in Afrika (dit vat nogal iets). Ek het in die Pretoria News gelees (verlede maand) dat n staatsoudit gewys het dat R20 biljoen deur die regering vermors, gesteel en verkeerdelik aangewend is vir die boekjaar 2011.

Die vraag is, hoe lank kan enige ekonomie sulke swak administrasie hanteer? Dit vat nie n genie om dit uit te werk nie. n Baie ernstige probleem wat niemand aanspreek nie, is die immigrasie na Suid Afrika. Die oorgrote meerderheid is onwettig, en die regering het nie n idee hoeveel daar is nie. Baie van hulle is onwettige Nigeriers wat die dwelmhandel en prostitusie beheer en die morele standaarde van die land in die aarde in dryf. Hulle maak biljoene rande en betaal uit die aard van die saak, nie belasting nie. Ry in duur karre rond, en koop in sommige gevalle hele woonstelblokke kontant. In baie gevalle is Polisielede op hulle ‘pay roll’. Nou ja, sulke voetsoolvlak sake is Mnr de Klerk nie by betrokke nie – hy leef ver bo sulke onbenullighede.
Die hoogeplaasdes in die ANC gee ook nie veel om nie, want hulle leef in obsolute luuksheid

Paul ·

Op die punt van ongeletterdheid: Na die beste van my wete kan Zuma minstens vier tale praat – Zoeloe, Xhosa, Engels en Portugees. Waarskynlik ook nog Swahili, Russies en Frans ook.
Daar is verskillende dimensies van ongeletterdheid.

Piet ·

In ‘n neutedop, gaan kyk in diep en noukeurig na ons pragtige land 50jaar gelede en volg die tydlyn tot in die vroee 90’s. Ten spyte van sanksies, was daar vooruitgang op landbou gebied(S.A was ‘n netto uitvoerder), ekonomie(die rand:pond was op ‘n stadium 2:1), militere wapentuig(Rooivalk, G6), veiligheid en sekuriteit (ons grense het iets beteken en daar was nie sprake van 18000 moorde/jaar nie!), tegnologie en uitvindings (S.A het selfs sy eie klein “silicone valley” gehad in die vorm van SAMES)…pad-en spoorvervoer, polisiediens, munisipale dienste..ag die lys kan aan en aan gaan.

Ekstrapoleer nou daardie tydlyn met sy vooruitgang tot in 2012. Hoe kon ons land nou gelyk het met liniêre groei!!?? Verbeel jou die bg voorbeelde tienvoudig! En instede van apartheid (wat deur die laaste jare totaal buite verband geruk, gemanupileer, indoktroneer en verkrag is tot skel-woord) afskaf, net beter beheer en toepas, sou die sanksies wat teen S.A ingestel was van korte duur gewees het. Inteendeel, S.A moes die sanksies verwelkom het, want so kon die land op eie stoom, soos bo genoem, kern-gesond aanhou groei, en die buiteland sou teen vandag op sy knieë gestaan het en top pryse betaal het vir ons gronsdstowwe, landbouprodukte en tegnologie. Dink daaraan, terwyl jy rondom jou kyk na die totale verval van S.A onder sy nuwe bestuur :..(

Paul ·

Piet, Suid-Afrika is steeds ‘n netto-uitvoerder van landbouprodukte. Die algemene obsessie met of SA nou eintlik ‘n netto-invoerder of netto-uitvoerder van landbouprodukte is, is in elk geval feitlik irrelevant tot enige praktiese beoordeling van vooruitgang of agteruitgang in Suid-Afrika. Invoere en uitvoere is relatief klein teenoor die groot deel van binnelandse landbouproduksie wat binnelands verbruik word. Onthou ook, gestel die volume of waarde van SA se lanbdouverwante uitvoere bly konstant, maar omdat Suid-Afrikaners meer welvarend word, wil hulle allerhande eksotiese kosse en drank gebruik, wat slegs ingevoer kan word, byvoorbeeld Franse wyn en Skotse whisky, Russiese kaviaar, Oos-Asiese tuna, Noorweegse salm, en buite-seisoen vrugte uit die Noordelike Halfrond. Dan kan Suid-Afrika ‘n netto-invoerder van landbouprodukte wees, maar juis a.g.v. welvarendheid van SA, nie a.g.v. enige agteruitgang nie.

Selfs al maak dit dus nie werklik saak nie – net ter interessantheid: Dit was in 2008, op grond van voorlopige statistieke oor die 2007-jaar, wat almal so op hol gegaan het oor hoe SA ‘n “netto invoerder van kos” geword het. Die finale statistieke het egter gewys dat dit nie die geval was nie. In daardie jaar was invoere van landbouprodukte sowat R29,3 miljard en uitvoere was R30,7 miljard. Intussen het die gaping weer baie vergroot. In 2008 was invoere R38,4 miljard en uitvoere was R46,9 miljard. In 2010 was invoere R34,6 miljard en uitvoere was R46,1 miljard. Dit verteenwoordig ‘n massiewe oorwig na uitvoer se kant.

Wat eintlik saak maak, is gewoon of Suid-Afrika se landbouproduksie styg of daal, waarvan die belangrikste eintlik die produksie in terme van waarde is, maar produksievolume is ook tog belangrik. Om dit in perspektief te stel. Suid-Afrika se landbouproduksie het sedert 1975 in volume-terme elke nou en dan tog gedaal – wat te verstane is, aangesien die weer ‘n groot rol speel in landbou. Sedert 2000/01 was volume van produksie slegs in 2002/03 marginaal laer as wat dit in die voorafgaande jaar was.
Dit wil nie sê dat dit as gevolg van die regering se beleid die geval was nie, maar ten spyte daarvan.

Op die tweede punt:
Die spesifieke wisselkoers van die rand in ‘n sekere tydstip sê nie veel oor ekonomiese prestasie nie.

Op die derde punt:
Suid-Afrika is steeds ‘n leier in wapentuig op talle terreine. Private maatskappye wat wapentuig hier vervaardig, asook veral Denel met hul ammunisie, verkoop dit die wêreld oor.
SAMES bestaan steeds – dit word deur Labat besit. Hulle produseer steeds geïntegreerde stroombane, hoofsaaklik vir die uitvoermark. Dit is egter onakkuraat om SAMES met die Amerikaanse “Silicon Valley” te vergelyk, aangesien Silicon Valley juis verwys na die maatskappye wat hoofsaaklik op sagteware-gebied geinnoveer het, nie na maatskappye soos SAMES wat fisiese silikonskyfgebaseerde hardeware vervaardig nie.

Mens verswak jou kritiek deur dit te ondersteun deur onakkurate data en inligting.

Christo Pretorius ·

As student in die 1990’s het ek kennis geneem van Bertus de Villiers se proefskrif, onder leiding van prof G N Barrie, ‘ Die Staatsregtelike Beskerming van Outonome Besluitneming van Minderheidsgroepe’ en was beïndruk deur die verskeidenheid van staatsmodelle en gehoop dat vir die Afrikaner as etniese minderheidsgroep ruimte gebied kan word deur artikel 235 en ander toepaslike ooreenkomste. Die deelnemers aan die Kodesa-monoloog was egter ideologies gekompromiteer, soos steeds die geval. Ideologie bly die meester-skrywer en ‘n komplekse werklikheid word simplisties benader. By meer as een geleentheid het ek gedroom oor ‘n uitslag wat nie deur die uiterste pole bepaal is nie, maar deur ‘n ander groep soos Genl Constand Viljoen, dr Lucas Mangope, mnr Buthelezi, mnr Matanzima et al.
Ek is hiervan oortuig: Die ANC se ideologiese pakaas is die grootste struikelblok vir ‘n vooruitstrewende Republiek en is reeds gedoem. Dit is net ‘n kwessie van tyd. Die kloof tussen Afrikaners en ander etnisiteite is besig om met rasseskrede te vergroot en die poging om konstitusionele patriotisme te vestig het misluk. Maar wat wag anderkant die ANC? ‘n Konfederale model wat nie aftakel en stroop nie, maar ruimte skep , waarin die Afrikaner aan die Zoeloe verklaar – ek sal jou waardigheid, taal, kultuur respekteer, selfs daarvoor opstaan en die Afrikaan vir die Afrikaner die hand reik : Ek gun jou ‘n eiesoortige geskiedenis, taal, etnistiteit en ruimte op alle vlakke en alles in ons vermoë doen om mag aan gemeenskappe a’la Politokrasie te skenk.

Ek sien ‘n ander toekoms anderkant die ANC. ‘n Toekoms wat deur ‘n ander gesindheid onderhandel sal word.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.