Vrae oor Ramaphosa se aankondiging oor grond

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het die land en die ekonomie tot stilstand geskok met sy aankondiging dat die ANC nou ten gunste daarvan is om die Grondwet te wysig ten einde onteiening sonder vergoeding te vergemaklik.

Dit is sekerlik Ramaphosa se onverantwoordelikste aankondiging tot nog toe, veral om vier redes.

Eerstens bevat dit geen besonderhede oor wat die ANC in gedagte het met die verandering in die Grondwet nie. Om so iets aan te kondig sonder om aan te dui wat jy bedoel, is sekerlik die onverantwoordelikste ding wat ’n staatshoof kan doen.

Die gevolge was vir enige denkende mens voorspelbaar. Die rand het geval en die ekonomie steier. Niemand weet wat aangaan nie, want die staatshoof hou die bevolking in die duister. Is dit werklik net ’n geval van uitklaar wanneer onteiening gedoen kan word, soos Ramaphosa beweer? Glo enigeen werklik die mislukking van die grondbeleid setel meer in onduidelike formulerings binne die Grondwet as in die onbeholpenheid en korrupsie van die ANC-regering?

Vanoggend loop ek een van die voorste Wes-Kaapse ANC-leiers raak in die Kaapse middestad. Nee, weet hy te vertel, dis sommer bangmaakpraatjies hierdie van eiendom afneem. Ramaphosa het ’n plan – hy weet wat hy doen. Toe ek vra wat is die plan en waarom word dit dan verswyg, word ek uit die hoogte en bejammerend aangestaar soos ’n swaksinnige, maar die antwoord bly weg. Dit sal miskien vir sommiges genoeg wees, maar sowaar nie vir almal nie.

Tweedens toon dit dat die ANC nie die nodige respek het vir openbare deelname en parlementêre proses nie. Die openbare deelnameproses in die Wes-Kaap is nog aan die gang, maar die ANC ignoreer dit en maak reeds ’n besluit. Hiervan het Wes-Kapenaars reeds kennis geneem – dat die ANC oudergewoonte vere voel vir die Wes-Kaap se mening. Afrekeningsdag is verkiesingsdag, 2019.

Derdens toon die gebeure dat Ramaphosa geen onderskeid tref tussen die ANC en die staat nie, en dat die SAUK ’n staatsuitsaaier bly; nie ’n openbare uitsaaier nie. Dis ’n partypolitieke aankondiging, maar Ramaphosa kry ’n spesiaal opgeneemde, eksklusiewe tydgleuf? Ja, nè.

En laastens toon dit dat die ANC nie konsekwent is oor grondbeleid nie. In Mei het die regerende party by sy grondberaad besluit geen verandering aan die Grondwet is nodig nie. Nou swaai hy om. Watter tipe leierskap is dit?

Dit mag wees dat die Wes-Kaapse leiersfiguur reg is, en dat Ramaphosa se aankondiging sommer koue pampoen is. Mag dit so wees. Maar die manier waarop dit gedoen is, sal min vertroue inboesem.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Anti Paddapot ·

Jammer wil niks vir Paddapot vra nie, ek weet wat sy plan is.
Hy maak mense gewoond aan die gedagte en dan gaan hy net eendag se – hier gaat ons!
Dan is dit te laat.

Paul ·

Die rooi ligte is flikker verby, die speletjies is verby, hoe gouer dit finaal tot ons deurdring dat die ANC sal enigiets doen om aan die bewind te bly, al beteken dit selfs om die land se ekonomie in gevaar te stel, al is dit ten koste van ALLE mense in die land.

Vir vryheid en vir reg ·

Dit is nou hoog tyd dat Afrikaners ‘n deel van Suid-Afrika onteien sonder vergoeding en ‘n volkstaat uitroep. Dit is ons enigste behoud in hierdie helhool. Ons volk is nog altyd bekend vir ons vryheidstrewe en ons teenkanting teen oorheersing deur ander volke. Daardie strewe moet nou herleef, anders is dit neusie verby vir ons volk!

Hennie ·

Volkstaatroeping ja, tyd vir ‘n nuwe bedeling waar ons ook regte het.

Celtis Africana ·

Puik perspektiefskeppende artikel. (Soos altyd uit dié pen.)
Die gevolgtrekkings wat enige mens daaruit kan maak, is om solank Avbob te nader vir die ekonomie se begrafnis.
Voorwaar raak die droewige land se toekoms al hoe donkerder onder die meerderheidregering se onbeholpe ploetery in die woestynlandskap wat hul self geskep het.

Ben Spreeth ·

Iemand se vir my dat die aankondiging slegs gedoen is, op die regte tyd, om die swak werkloosheidsyfer te verbloem en in die nuus te oorskadu.

Casper Labuschagne ·

“Daar is wigte en teenwigte wat dit onmoontlik maak dat wat elders in Afrika gebeur het, hier herhaal kan word.” – F.W. de Klerk, 1992.

Willem ·

Wat noem mens “a puppet on a string?” Want ek het ‘n idee CR het nie keuse as om na die ANC se pype te dans nie, hulle het hom gekaap, daar in Desember verlede jaar al. Hy tree nou irrasioneel op en is ‘n “loose canon”.

Paul ·

Groot verlange. Waar is daai dae wat Tolla met ‘n armyjas aan op die verhoog geklim en verklaar het, “ek is ‘n recce!” Wil iemand nie weer vandag op daai verhoog klim in die naam van alle inwoners van die land nie?

Fortis ·

Jammer om jou teleur te stel, Paul, maar die inwoners van dié land was, is, en sal altyd dermate verdeeld wees dat niemand “in die naam van alle inwoners van die land” kan praat nie. Ek is al hoe meer geneig om met Vryheid en reg hierbo saam te stem – ‘n federale bestel met wesenlike selfregering oor eie sake binne ‘n geografiese gebied is al uitweg vir oorlewing en vreedsame naasbestaan.

Paul ·

… … … die bielie van die bosveld, … … … die man van staal ….

1+1 ·

Dis hoe ek die saak oor Ramaphosa se onverstaanbare aankondigings oor grond sien: “As jy ‘n plan het om Suid Afrika te red moet ‘n mens van tyd tot tyd onpopulere en onverstaanbare besluite neem en uitsprake maak wat vir een groep aanvaarbaar is en vir die ander onaanvaarbaar.

Hy het stemme nodig om sy voortgesette presidentskap te verseker en daarom speel hy sy kaarte baie naby aan sy bors. Dit is ‘n strategie wat hy nie eers met sy binnekring deel nie. Kry hy dit reg om sy presidentskap te verseker, sal hy sy aanvanklike planne om SA uit die gemors te kry ten volle kan begin implimenteer. As jy ‘n strategiese leier is gaan jy op hierdie manier te werk om jou verborge doelwitte te bereik.

DewaldS ·

Nee-wat. Die kanse op ‘n pienk eenhoring is beter. Ramaphosa sê maar net direk wat hy dink en wat sy planne is. En daar is miljoene wat net soos hy dink en wat bankvas agter hom staan.

Jy wil maar net glo dat dit nie Raka agter die masker is nie…..

Gerhard ·

C.R. kan nie die land uit enige gemors kry nie. Daarom sal dit by onteieining bly.

Albert Groenewald ·

Begraafplase…Word wittes bruines en Moslems se begraafplase ook onteien deur die Swartes in beheer? Waar moet ons nou begrawe word?

Lukie Carelsen ·

Cyril Ramparra wys nou sy ware kleure!

Hy is verseker nie die “messias” wat so baie goedgelowige Suid Afrikaners geglo het hy is nie!

Jy kan hom nie vertrou nie.

Nes die ANC is hy “bad news”

Nel Venter ·

Luister so ruk terug na ʼn radio program. ʼn Knaap met net so dubbeldoor naam soos die skrywer beskryf die huidige politiek as interresant, opwindend en niks om voor bang te wees nie.

Anoniem ·

Lukie ek stem heelhartig saam met jou, Ramaphosa is nie te vertrou nie.

Izak Boonzaier ·

Kom ons laat die President die voorbeeld stel en ons begin sy grond verdeel . Hy het 3 plase waarvan ek weet. Een het lekker baie Buffels op tussen Brits en Warmbad of een van sy 2 bees plase by Barberton en Badplaas. Laat die grondloses sommer daar begin.

Kryger ·

As hierdie net ‘n “verkiesings foefie” is of ‘n “manier was om sy presidentskap te verstewig”,
1. sou dit nie baie makliker wees om vir die MRK te se om Malema aan te kla nie?
2. Sou dit nie makliker wees om die korrupte vyande in die party aan te kla nie? Hy kan dit onder sy ander groot plan/leuen “om alle staats instellings vry van korrupsie te maak” gedoen het.

PotchStudent ·

Dit is nou al n rukkie duidelik gemaak aan ons dat ons nie meer welkom in ons eie land is nie. Wanneer gaan die Afrikaner besef dat ons n plan sal moet maak om ons voortbestaan te verseker? Ons moet wegbreuk en ons eie staat vorm of vlug na n ander land toe. Dit is op hierdie stadium volgens my ons enigste twee opsies.

Rynhardt ·

Ramaphosa moet die grond vat,anders verloor hul mag en ondersteuners!Terselfdertyd word gestreef na die groot Azanie droom waarvan nie afgewyk gaan word nie.Hieroor bly politici in parlement tjoepstil!!!Mense te blind om te sien wat aangaan.Meeste grond moet gaan aan Anc kamerade en China wat meer as die helfte van Republiek sit.China se astronomiese belegging val mooi saam met grondonteiening sonder vergoeding.Twee skaakskuiwe wat Afrikanertjies geskok en uitoorle het, deur die uitgeslape Ramaphosa!

Frank ·

Wonder waar is die “ons is nie almal so nie” Afrikaners” nou. Gaan hul bly of gly? Begin hul nou insien dat die sogenaamde “Verkramptes” toe al die tyd reg was?

Eish ·

Daar begin die eerste grondgryp toe in die middel van die Vrystaat! 2 Aug. Mense lê erwe uit op n boer se plaas aangrensend aan Monyakeng, Wesselsbron.

Marie ·

Wat kan n mens verwag van n linkse sosialistiese ex -vakbondleier wat elke geleentheid gebruik het en sy mag misbruik het om vandag die rykste politikus te wees,en die land uit te suig saam met sy swaer Patrice Motsepe.Ek het geen respek vir so n persoon nie.Ons gaan nog na Zuma terug verlang.

Gerhard ·

C.R. het geen rede om bangmaak stories te vertel nie. Die ANC het geen ander manier om te oorleef nie, nie nou nie en ook nie in die toekoms nie. Die selfde het in Zim gebeur en dit gaan 100 % verseker in SA gebeur.

Staak ·

Hierdie is nie oor volgende jaar se verkiesing alleen nie, die ANC gaan los hande weer wen want die DA het hom self oneindig baie skade gedoen.
Die geld wat SA gehad het is klaar spandeer om stemme te koop, daar is nie meer geld nie, al wat hy nou het om stemme mee te bekom volgende jaar is dit wat hy nie besit nie, jou grond en jou pensioen fonds.
Dit is die kort en lank.

1+1 ·

Ek bly steeds optimisties oor die rol wat die witman in die land gaan speel. Ek stem met Rynhardt saam dat Ramaphosa uitgeslape is, maar in ‘n positiewe sin. Hy is ‘n strateeg by uitstek. Hy ken die sielkunde van Afrika en is nie iemand wat sy kop vir ‘n tweede keer teen dieselfde klip sal stamp nie.

Zachrys ·

Eish ek sal ouens wat op my grond shacks opslaan darem lekker intimideer in die nag… Nie veel waarde in die buit nie maar hulle gaan nie lekker bly op my grond nie…. ? ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.