Vuilspel met Trump-verkiesingsveldtog

vsa-vlag-amerika-amerikaans

Foto: Samuel Branch/Unsplash.com

Gedurende die 2016 Amerikaanse presidensiële veldtog is ek genooi na ’n dinee wat deur die Friedrich Naumann Foundation for Freedom (FNF) gehou is. Die eregas was ’n minister van die Duitse regering. Tydens ’n gesprek oor politiek, het ek genoem dat ek van mening was dat Donald J. Trump die verkiesing sou wen. Haar innemende houding het handomkeer verander en sy het met ’n soort vyandigheid geantwoord dat Trump nooit sal wen nie. Terselfdertyd en op soortgelyke trant het ’n reeks video’s op die internet die rondtes gedoen – video’s waarin met minagting gespot is oor die moontlikheid van Trump as president. Komediante soos Bill Maher, John Oliver, Jimmy Kimmel, Trevor Noah, Seth Myers en Stephen Colbert, en politici soos Barack Obama, Hillary Clinton en Nancy Pelosi het met oorgawe hieraan deelgeneem.

By nabetragting onthul die sekerheid waarmee hierdie uitlatings gemaak is, dat die misleidende voorspellings van die Clinton/Obama Demokratiese masjien, Hollywood, en die hoofstroommedia kliphard aan die werk was om te verseker dat die politieke neofiet nié die presidensiële troon sal bestyg nie. ’n Grootskaalse geknoeiery was aan die gang, onderteken en geseël deur die regering op die hoogste vlakke – onder meer die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI), die Amerikaanse Intelligensiediens (CIA) en die Departement van Justisie (DOJ) – om Hillary Clinton se oorwinning te verseker.

Die politieke establishment was stomgeslaan oor Trump se massale oorwinning. Die nuuskanale CNN, MSNBC, ABC, CBS, The Washington Post en The New York Times, om ’n paar te noem, het in ongeloof “ontplof”.

In Suid-Afrika het die toonaangewende nuusnetwerke op dieselfde manier ’n bespotting van Trump se oorwinning gemaak – met inligting wat hulle van die stompsinnige CNN-nuuskanaal verkry het.

As rubriekskrywer was ek nie skaam om my mening (dat Trump sal wen) op sosialemediaplatforms bekend te maak nie. Sonder om ag te slaan op die verkiesingstendense oor die hele Amerika, het die Suid-Afrikaanse media my afgeskryf as konserwatief en beïnvloed deur my skoonseun (ten spyte daarvan dat hy nie geglo het Trump sal wen nie) – net om my agterna om kommentaar te nader toe dié Amerikaanse sakeman in volle vaart die verkiesingsveldtog gestoomroller het. Terloops, die eerbare Suid-Afrikaanse ambassadeur Tony Leon het ʼn weddenskap van ʼn R1 000 met my aangegaan dat Trump beslis nie sal wen nie. Nodeloos om te sê skuld hy my nog.

Die Amerikaanse politieke establishment was oortuig daarvan dat dit Hillary Clinton se beurt was om die troon te bestyg – nie slegs as die eerste vroulike president nie, maar ook weens haar bereidwilligheid om destyds terug te staan sodat Barack Obama die eerste swart president van Amerika kon wees. Hulle het gevoel dat hulle haar dit verskuldig was. Totaal onbewus van wat in Middel-Amerika aan die gebeur was, het die VSA se hoofstroommedia flikflooierig gedruk vir ’n Clinton-presidensie wie se agenda hulle skaamteloos gevolg het.

Dog, Trump se toenemende gewildheid het die Democratic National Committee (DNC) en die Clinton-veldtog so omvergewerp dat die establishment planne beraam het om sy verkiesing te saboteer en sou hy dalk wen, sou hy van sameswering met Rusland beskuldig word om sy presidentskap ongeldig te verklaar om ’n Clinton-verkiesingsoorwinning te verseker.

Die komplot teen hom is op die hoogste vlakke van die regering gesmee en het die FBI, DOJ, Britse en Australiese spioene, die Hillary Clinton-veldtog en die DNC ingesluit. Die komplot is in 2016 van stapel gestuur en James Comey, destydse hoof van die FBI, het die Withuis se veiligheidsraad en Obama se senior politieke span verwittig dat hy kontraspioenasie ten opsigte van Trump se verkiesingsveldtog en beweerde verbintenis met Rusland vermoed.

Perkins Cole, die regsfirma van die Clinton-veldtog, het Fusion GPS (’n liberale opposisienavorsingsfirma en strategiese intelligensiediens in Washington DC) gehuur om die beweerde verbintenis met Rusland te ondersoek. Om die sameswering teen kandidaat Trump verder te bekook, het die twyfelagtige Fusion GPS ’n netwerk van

spioene bymekaar gekry om Trump se veldtogbedrywighede te beswadder en selfs ’n Britse spioen en voormalige M16-agent, Christopher Steele (wat Trump nie voor sy oë kon verdra nie) gehuur om ’n dossier met inhoud van wellustige aard saam te stel om Trump se openbare beeld te skaad.

Daar is boonop gepoog om lede van die Trump-verkiesingsveldtog, onder andere generaal Michael Flynn, Carter Page, Paul Manafort, George Papadopoulos en ander, in ʼn lokval te lei om te bewys dat hulle op die een of ander manier Russiese konneksies het.

Fusion GPS het die FBI in kennis gestel van hul speurwerk op grond van “nasionale veiligheid” en die departement van justisie genoop om op voorgenoemde kontakte te spioeneer. ’n Lasbrief deur Fisa (Foreign Intelligence Surveillance Act) is aangevra om op Carter Page te spioeneer, maar die FBI het nagelaat om aan die hof te sê dat die inligting van die Clinton-veldtog kom. Met ander woorde, sonder om die hof in kennis te stel van die inhoud van die dossier, is die lasbrief aan die FBI toegestaan om op Amerikaanse burgers wat by die Trump-veldtog betrokke was, te spioeneer – buitelandse spioene is selfs betaal om lede van die politieke veldtog te teiken.

Om John Solomons van The Hill aan te haal: “the nation’s intelligence court… approved an extraordinary surveillance intrusion into an American presidential nominee’s campaign just weeks before Election Day.”

Toe die Republikeine onder leiding van Devin Nunes, voorsitter van die The United States House Permanent Select Committee on Intelligence (HPSCI), die aantygings ondersoek het, is voldoende bewys gevind dat FBI-amptenare reeds voor Julie 2016, toe die veldtog van stapel gestuur sou word, kop in een mus teen Trump was.

Die betrokke samesweerders was James Comey, voormalige direkteur van die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) wat meineed gepleeg en beweer het dat Trump nie ondersoek word nie; sy adjunk, Andrew McCabe (skuldig daaraan dat hy verskeie kere meineed gepleeg het en FBI-amptenare gemagtig het om met The Wall Street Journal te kommunikeer); FBI-agent Peter Strzok en sy minnares, Lisa Page, voormalige FBI-advokaat, wie se teksboodskappe plofbare erkennings bevat het dat hulle die president gaan ondermyn: “[Trump’s] not ever going to become president, right? Right?!” waarop Strzok geantwoord het: “No. No he won’t. We’ll stop it”.

Daar moet onthou word dat Lisa Page nie slegs die minnaar van ’n FBI-agent was nie – sy was ook een van die hoofspelers in die Rusland-saak van 2016. Oor die klag van kollusie met verwysing na haar Mei 2017-teksboodskap, het sy aan John Ratcliffe, Amerikaanse kongreslid, die volgende gesê: “It’s a reflection of us still not knowing. [I]t still existed in the scope of possibility that there would be literally nothing…”

John Solomons, bekroonde joernalis van The Hill, se kommentaar hierop was heel leersaam: “With that statement, Page acknowledged a momentous fact: After nine months of using some of the most awesome surveillance powers afforded to U.S. intelligence, the FBI still had not made a case connecting Trump or his campaign to Russia’s election meddling.

“… Strzok added that, while he raised the idea of impeachment in some of his texts to Page, ‘I am, again, was not, am not convinced or certain that it will, he told the inspector general.

“So, by the words of Comey, Strzok and Page, we now know that the Trump Justice Department — through Deputy Attorney General Rod Rosenstein — unleashed the Mueller special counsel probe before the FBI could validate a connection between Trump and Russia. Shortly after he was fired, ex-FBI Director James Comey told the Senate there was not yet evidence to justify investigating Trump for colluding with Russia. ‘When I left, we did not have an investigation focused on President Trump,’ Comey testified.”

Die partydigheid en bereidwilligheid om met die verkiesingsveldtog in te meng, was baie duidelik. Selfvoldane FBI-beamptes het dit hul morele en verdragsplig geag om die land van ʼn politieke monster te red – ʼn bullebak wat die hele politieke establishment sou ontspoor.

Al hierdie onbetroubare FBI-beamptes (waaronder baie se verbintenis met Hillary Clinton wonderlik vreemd was), is intussen afgedank weens vals getuienis wat onder eed afgelê is. Ook Christopher Steele moes die pad vat vir inligting wat hy aan die pers uitgelek het. Rod Rosenstein, adjunkdirekteur van die FBI (en ook kniediep in hierdie hele gemors), het ná die afdanking van Comey, ʼn spesiale raad onder voorsitterskap van Robert Mueller en sy span pro-Clinton-speurders, bymekaar geroep om die beweerde kollusie tussen Trump en Rusland te ondersoek.

Dat die ondersoek gebaseer is op ʼn vals dossier wat opgestel is deur Trump se opposisie, is eintlik van min belang. Trump moes verwyder word, hetsy op die regte manier of deur middel van vuilspel – en om sy verwydering te “regverdig”, het sy opposisie ʼn “weerstandsmag” gebruik om die president af te takel en as die vyand te sien.

Hierdie weerstandsgroep het die hoofstroommedia ingesluit (ja, FBI-agente het alles wat kon skaad, aan The Washington Post, The Associated Press en The New York Times uitgelek) asook die linkses, Demokrate en ʼn klompie Hollywood-haters wat openlik ʼn sluipmoord op die president voorgestel het.

Madonna het blatant by ʼn byeenkoms die volgende kwytgeraak: “I have thought an awful lot of blowing up the White House.” Kathy Griffin het op haar beurt rondgestap met voorstellings van ’n bebloede, onthoofde kop van Trump. Robert de Niro het die president herhaaldelik sleggesê. Alec Baldwin het kort-kort op Saturday Night Live haatdraend teenoor die president tekere gegaan.

Voortdurende verset het teenoor elke liewe ding wat Trump kwytgeraak het, opgehoop – iets waarvoor Obama dikwels as held geprys is. Die redes agter hierdie gemene kwaadstokery is dat die beleidstandpunte van Trump se anti-politiese establishment diepdreigend is vir ʼn politiese elite wat soos klokslag die begunstigdes is van die “moeras” van donateurs, stemwerwers, belangstellende partye, Wall Street, en natuurlik The Big Tech en mediamaatskappye soos Facebook, Twitter en Google.

Die sameswering teen Trump kom, so te sê, woord vir woord uit Saul Alinsky se boek Rules for Radicals, van wie Barack Obama ʼn groot aanhanger is en Hillary Clinton ʼn bewonderaar – sy het haar kollege-tesis op sy idees van konstruktiewe sosiale verandering gegrond. Een van sy hoofleerstellings, volgens Wikipedia, was “to find an external antagonist to turn into a ‘common enemy’ for the community within which he was operating. Often, this would be a local politician or agency…  Once the enemy was established, the community would come together in opposition of it. This management of conflict heightened awareness within the community as to the similarities its members shared as well as what differentiated them from those outside of their organization. The use of conflict also allowed for the goal of the group to be clearly defined. With an established external antagonist, the community’s goal would be to defeat that enemy.

Daarom het die opposisiegroep die woord “weerstand” gebruik om hul meedoënlose opstandigheid en verraderlike aanvalle op Trump (as kandidaat) beter en regverdig te laat klink. Alinsky se leerstellings het dit tog duidelik gestel: “The major premise for tactics is the development of operations that will maintain a constant pressure upon the opposition. If you push a negative hard and deep enough it will break through into its counter side. The price of a successful attack is a constructive alternative. Pick the target, freeze it, personalize it, and polarize it.”

Alinsky se filosofie som die kolossale “fees” van haat en vyandigheid kort en kragtig op.

Op 12 Februarie 2019 het ʼn nasionale veiligheidsverslaggewer van die NBC News Investigative Unit beweer: “After two years and 200 interviews, the Senate Intelligence Committee is approaching the end of its investigation into the 2016 election, having uncovered no direct evidence of a conspiracy between the Trump campaign and Russia, according to both Democrats and Republicans  on the committee.”

Victor Davis Hanson, ʼn briljante kenner en analis lewer in sy artikel “Autopsy of a Dead Coup” (17/2/19) snydende kritiek op die mees wrede gekoördineerde poging om Trump uit sy presidensiële stoel te skop: “No palace coup can take place without the perception of popular anger at a president.

“… In candidate and President Trump’s case that prepping of the battlefield translated into a coordinated effort among the media, political progressives and celebrities to so demonize Trump that his imminent removal likely would appear a relief to the people. Anything was justified that led to that end”.

“… Both politicos and celebrities tried to drive Trump’s numbers down to facilitate some sort of popular ratification for his removal. Hollywood and the coastal corridor punditry exhausted public expressions of assassinating or injuring the president, as the likes of Jim Carrey, Johnny Depp, Robert de Niro, Peter Fonda, Kathy Griffin, Madonna, Snoop Dogg, and a host of others vied rhetorically to slice apart, shoot, beat up, cage, behead, and blow up the president.”

“… At the same time, liberal attorneys, foundations, Democratic politicians, and progressive activists variously sued to overturn the election on false charges of rigged voting machines. They sought to subvert the Electoral College. They introduced articles of impeachment. They sued to remove Trump under the Emoluments Clause. They attempted to invoke the 25th Amendment. And they even resurrected the ossified Logan Act—before focusing on the appointment of a special counsel to discredit the Trump presidency.”

In ’n neutedop is dít hoe die Binnekring (Deep State) in die magtigste demokrasie in die Westerse wêreld sake doen. Net soos die staatskaping deur die linkses geheel en al verantwoordelik was vir die ondergang van Suid-Afrika, so het die linkses se manipulasies van die Binnekring van die Amerikaanse regering die potensiaal om die sterkste supermag ter wêreld te vernietig.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Blaarman ·

Goed geskryf, Rhoda!

Trump, uiters faalbare persoon wat hy is, is ‘n massiewe bedreiging vir die deep state. Die vlakke van massa-histerie wat teenoor hom aangeblaas word kan enige nugter waarnemer net in verwondering laat. Maar dit is gewis so dat dit dreig om sosiale kohesie in die VSA onherstelvaar te vernietig. My vermoede is dat daai skepie reeds lankal vertrek het.

Daniel Rossouw ·

baie goeie artikel min mense besef as Hillary gewen het was alles onder die mat gevee

Allan ·

@ Herman Toerien – Neem kennis, dit is hoe ‘n goeie artikel met deeglike navorsing geskryf word met verwysings. Pragtige artikel. Dit is 100% die teenoorgestel as wat jy skryf en jou opinie van Trump. Dit wys die meeste lesers is ingelig en nie heeltemal onder kalkoene uitgebroei nie.

Tant Ralie ·

Ag nee Allan, nou is jy baie naar. Herman se artikels is van hoogstaande gehalte. Hy plaas elke dag artikels, terwyl Rhoda so af en toe een plaas. Sy het meer tyd vir voorbereiding en dikwels vertaal sy dit dan in Afrikaans sodat ons almal dit verstaan.

Henry ·

Dankie Allen.
Stem allie pad saam.
Rhoda Kadalie se skryfstuk sweef soos ‘n welriekende, fris en vars briesie deur ‘n bedompige broeikas, waar talle eiers weier om deur ‘n paar arrogante kalkoene uit gebroei te word.

Piet Snot ·

Ag neewat Allan. Nou praat jy deur jou nek. Wat my bangmaak, is dat jy skynbaar nie besef wat ‘n aap jy van jouself maak nie.
Herman se artikels is heerlik (hou asb so aan, Herman!)

Stephan de S ·

Dankie vir hierdie epogmakende artikel. Epogmakend…..in die ontbloting vd hart vd denkprosesse en strategieë wat ons moderne wêreld in sy mag hou onder die naam van progressief-wees. So baie mense val vir hierdie spookasem en is tog so bang om buite hierdie kategorie betrap te word. Mag hierdie reeks baie feite aangaande die stille misleiding (fopnuus) oopbreek. n Pragtige afrikaanse woord vir deep state, wat Rhoda gebruik: die Binnekring. Dankie vir die pragtige Afrikaanse tegniese terme.

Gert ·

Dankie Rhoda vir ‘n uitstekende, goed nagevorste artikel met baie feite. Dankie ook vir die moed om die massamedia en al hulle slaafse navolgers in die publiek direk teen te staan met hierdie inligting.
Ek droom van die dag waar alle artikels so goed opgestel word.

Leon ·

Dit neem maar tyd en baie navorsing om so ‘n artikel te skryf. Nie almal het daardie luukse nie, en skrywers is dikwels onder druk om artikels te plaas.

Afrikaner ·

Leon, niks teen Herman gemik nie, maar soos jy dit uit druk ‘te min tyd’ as die rede vir ‘n verskoning of ‘luukse’, kan ek vir jou waarborg, sal geen, maar geen professionele skrywer of analis gebruik nie. As die analis daarmee ‘n probleem sou hê, los hy dit liewer uit, of handig die artikel in na hy tevrede daarmee is.

Charles ·

Hierdie is GOUD, dankie Rhoda. Geen sprake van “doublethink” en “face crime” hier nie!

Elke woord is DIE ONVERDUNDE WAARHEID EN ‘N DRUPPELTJIE TONIKUM VIR DIE ARME GEMOED, IN HIERDIE SIEKLIKE WERELD.

DANKIE, DANKIE, DANKIE! Doe zo voort!

Wat het van “demokrasie” geword?- die VSA, die magtigste nasiestaat ter wereld, en supermoondheid – hou hom besig met “palace coups” ? Brexit – 2de referendum !! – soos voorgestel deur die linkse arbeidersparty? Rerig? Is die bg. ‘n erkenning dat “demokrasie”; of in elk geval die verdraaide en afstootlike een-man-een-stem weergawe waarteen Socrates ons gewaarsku het, gefaal het; en dus die Weste?
DAAR IS NET EEN GEVOLG WAT OP DIE BESKRYFDE LAAKBARE EN VERRADERLIKE OPTREDE VAN DIE politiese establishment in die VSA kan volg naamlik: die herverkiesing van Donald John Trump aan die einde van 2020.

KEEP AMERICA GREAT

Dup ·

Dankie Rhoda vir ‘n goeie artikel. Kan nie wag vir die volgende een van jou af nie!

Hoop Herman Toerien, Leopold Scholtz en Jerry lees dit en leer iets daaruit.

Jy kan gerus dit aanstuur vir Dr Steve Turley in Amerika. Hy sal die stuk baie wardeer.

Dup ·

Dankie Rhoda vir ‘n goeie stuk werk. Kan nie wag vir jou volgende artikel nie!

Buite Stander ·

Dup, baie interresant ja, maar is dit regtig so relevant vir ons. Ek is meer bekommerd oor SA as die spulletjie in Washington.

Afrikaner ·

Buite Stander, as die papaja in Washington die hek tref, sal dit tot teen jou kar se voorruit spat.

Annie Webb ·

Buite Stander, dit is 100% relevant vir ons. Die Demokratiese Party in die VSA is besig om heeltemal “sosialisties te draai”, met presies dieselfde “issues” om soveel as moontlik waarde uit die kapitaliste te suig. Hulle praat van “reparations” vir eertydse slawe en noem selfs die onwettige migrante uit Suid-Amerika die “oorspronklike inwoners” van die VSA. Die hele wêreld is tans ‘n stryd tussen kapitalisme en sosialisme.

Buite Stander ·

Nou Annie, watis verkeerd met sosialisme? Die VSA het probleme en net die demokrate kan dit oplos.

Buite Stander ·

Afrikaner, die Yanks het meganismes om hul verskille uit te sorteer. Die kiesers daar is goed ingelig en sal daarvoor sorg, want hulle het wigte en teenwigte. Die Chinese het ‘n groot aandeel in die VSA ekonomie d.m.v. staatseffekte en is al reeds besig om Washington tot bedaring te roep. Goldman Sachs verwag stewige ekonomiese vir beide hierdie jaar. Alles wat Rhoda aanspreek is ‘n storm in ‘n teekoppie.

Karin ·

Ek stem saam Buite Stander. ‘n Sosialistiese wêreld sal regverdig en veilige hawe vir almal wees.

Gert ·

Buite Stander en Karin, julle onkunde verstom my. Gaan kyk asb na al die sosialistiese lande en watter onregverdige, wrede plekke hulle is. Paar voorbeelde: Venezuela, Kuba, Noord-Korea, Zimbabwe, ens. ens. Onthou, sosialisme is die stelsel van afguns en haat waar alles by hardwerkende ryk mense gevat word en gratis gegee word vir slegte lui mense. Die gevolg is altyd ‘n ineenstorting van die hele samelewing met gepaardgaande hongersnood en anargie.

Karin ·

Regtig Gert? China, Swede, Hongarye en baie ander voortuitstrewende lande is ook sosialisties en hul burgers is beslis nie lui en afgunstig nie. Dit is regverdig, en almal is gelukkig en gelyk. Jy verwar dalk sosialisme met kommunisme. Suid Afrika beweeg in elk geval in ‘n sosialistiese rigting, of jy daarvan hou of nie.

DewaldS ·

Maroela Media – in hierdie vrou het het julle ‘n wenner.

Skitterend Rhoda!! Dis mos nou joernalistiek.

Jy, Eva Karene Bartlett, Matt Lee en ‘n paar ander laat mens nog bietjie in die vermoë van die media glo om dinge te ondersoek en darem af en toe eerlik te wees.

Ek sit nou net en dink – veronderstel Trump se veldtog het 1% van die ongeruimdhede aangejaag wat hierbo genoem word – dink net hoe sou die linkse hoofstroom-media mal geword het. Maar nou – of niksseggende berigte wat niks van die belangrike gebeurtenisse hierbo aanmekaar koppel nie of dawerende stilte.

Nogmaals dankie, Rhoda.

Hendrik UAE ·

Puik gedoen en ek hoop jy kry jou R1000 met rente, welverdiend.

Dup ·

@ Buite Stander,

Ons raak moeg vir die hoofstroommedia wat mense reg oor die wêreld belieg en vir mense wil voorskryf wat hulle moet glo en wat nie. Duidelik laat Rhoda haar nie voorskryf nie.

MTSteyn ·

Blink, feitlik-korrekte skryfwerk! Ek waardeer dit baie, Rhoda.

Jerry ·

Ek kan nie anders as om saam te stem dat Rhoda die artikel uitstekend nagevors het en sodoende onbeskaamde hoop gebring het aan sommige medekommentators, maar en daar is rondom Trump altyd n maar! maar as Rhoda mooi kyk en oplet dan sal sy sien dat n muntstuk het twee kante. Die een kant is republikeine kant en die ander kant is demokrate kant. Rhoda dek net die een kant se vuil, agteraf en gemene spel. Die vuil, agteraf en gemene spel word gespeel deur beide kante van die muntstuk, so ek sien regtig daarna uit om te sien of iemand ook vir ons die anderkant van die muntstuk deur net sulke deeglike navorsing gaan dek! Ek is bereid om n voorspelling te waag dat Trump nie deur vuilspel van sy pos onthef gaan word nie, maar en hier is daardie maar alweer, maar op die regte manier, want dit is wat dit sal verg agv Trump en die republikeine se vuil, agteraf en gemene spel. Miskien moet ons vir Tienie versoek om die ander kant
van die muntstuk se vuil, agteraf en gemene spel te dek, so kan ons doodseker maak dat ons darem n mate van objektiwiteit behou!

Afrikaner ·

Omdat die een kant van die mutstuk vuil is, glo jy die anderkant moet ook vuil wees? En wat laat jou so dink?

Deon ·

Jerry, Trump is alles behalwe ‘n engel. Hy het nie ‘n benul waarvoor die Republikeine staan nie. Sy persoonlike lewe en gedrag is afstootlik om die minste te sê. Die ander kant van die munt moet inderdaad ook gestel word.

Afrikaner ·

Deon, ons weet al daai goed, dis vandat Trump deur almal wat hom afkraak al breedvoerig oor vertel, ook het ons eie pers nie op hulle laat wag nie, so wat daar nog is wat die man kan sink weet nugter. Maar vuil baklei? As dit so is het niemand dit nog raakgesien of opgetel om oor te berig nie. Mens het nie ‘n spesifieke persoon nodig om oor Trump te skryf nie, hy verskaf al die inligting sommer self.

Merkur ·

Ek twyfel of Tienie Fourie ´n artikel sal skryf oor die kriminele „Republikeine“ soos bv John McCaine wat almal ook teen Trump gekonkel het.

Afrikaner ·

Merkur, ja natuurlik, en het Trump se eie mense nie ook teen hom na die tyd gekonkel nie, ek het al daarvan vergeet. Dis sekerlik die eerste in die geskiedenis dat ‘n party saam met die opposisie konkel om van hul eie man ontslae te raak.

Dries du Toit ·

Aag tog Jerry. Daardie anderkant van die muntstuk word vir jare lank, dag na dag, uur na uur, deur duisende linkse politici, verslaggewers, nuuskanale in ons kele afgedruk. Tot selfs deur jou. Na hierdie artikel van Rhoda gaan hierdie lot so ontsenu wees dat hulle ons weer daagliks bombardeer met hulle skeefgetrekte en valse beriggewing

Ronnie ·

Jerry, ek stem oor die algemeen saam met jou, behalwe oor die “goeie navorsing”. Samesweringsteorieë word uitgedink, nie nagevors nie.
Breitbart is ‘n verregse “nuus” netwerk wat meestal opinies propageer. Hulle maak nie gebruik van ondersoekende joernaliste nie. Wat die Mecers motiveer om die netwerk te finansier is vir my duister. Veral soos dit nou gaan met die Republiekeinse party. Hulle is besig om uitmekaar te val en dit sal my nie verbaas as groot skenkers soos die Mecers en die Koch broers hulle kuite gaan begin styf trek nie.
Trump is vir die party ‘n groot probleem. Hulle kan nog nie mooi peil hoeveel steun hy werklik het nie en meeste van hulle is te bang om te doen wat hulle weet reg is. Hulle is bang hulle verloor steun.
Ek voorsien dat Trump ‘n geleentheid gaan kry om by die agterdeur uit te glip voor die 2020 verkiesing. Hy skimp al so effe in die rigting deur aanmerkings soos hy verloor baie geld op die oomblik. Hy weet as hy net bedank en ‘n toonnael by die WH deur uitsteek sonder ‘n ooreenkoms om nie vervolg te word nie, kry hy ‘n splinternuwe oranje oorpak.
Hy sal darem baie graag eers ‘n onverdiende Nobel prys wil kry vir nugter weet wat. Die WH het Japan versoek om hom te nomineer en ek wonder hoe motiveer hulle dit…. Poetin slaan die kitaar en Trump dans na sy pype. Dalk moet hulle die prys deel?

Merkur ·

Dit help om samesweringspraktyke nie met samesweringsteorieë te verwar nie.

Annie Webb ·

Jerry en Ronnie klou verbete aan die linkse propaganda wat ons so gereeld gevoer word. Interessant genoeg is Breitbart juis begin deur ‘n erg linkse wat besef het hoe vals die hele ideologie meestal is. En Breitbart is lank nie die enigste konserwatiewe nuusbron nie, daar is ander ook, soos Fox en One America Network. ‘n Mens kies jou politiek volgens jou behoeftes, daar is nie ‘n universele reg en verkeerd nie. Maar die arrogansie en onbeskaamde kriminaliteit van die Demokrate se Binnekring in hulle agterbakse pogings om 2016 se presidentsverkiesing te kaap, is sekerlik ongeëwenaard in die Weste. En tot dusver is daar ook nie ‘n enkele bewys van enige van die “sondes” waarvan Trump persoonlik beskuldig word nie.

Judge Dredd ·

Foeitog – so die 95% van hoofstroom media en demokrate se beswaddering/sameswering teen Trump is nie genoeg vir jou nie?
Ek stem saam met jou daar is nie eweredige joernalistiek betrekkende Trump/Republikeine, MAAR – presies die teenoorgestelde van wat jy probeer se.
Feit – daar is nie genoeg artikels wat Trump ondersteun.

gatiep ·

Jery daar is baie sulke artikkels op Maroela wat jy soek.
Gaan lees net Herman se artikels.
Ons is bly om n slaggie regte nuus te lees.

tamboti ·

Rubriek staaf my bewering; die uitgesoekte en liberale groepering verkondig vrome ideale. Maar laat jy nou net van hul verskil, wil hul jou met haat en veragting “uit die samelewing verwyder”
MM roep die regskenner voor jul delete!

John ·

Trump se gewese prokureur se getuienis is gister op Aljazeera gewys. Al die haat jeens Trump is daarin vervat. Cohen het probeer om ‘n wig tussen die Republikeine en selfs sy seun en hom in te dryf. Die ergste gruwel van een man se karakterskending van ‘n ander… en alles onbewysbaar… Die VSA gaan binnekort met ‘n minderheidsregering en sonder grense sit, waar misdrywe en doofmiddels hoogty vier… En ‘n W03 soos in Openbaring voorspel.

Annie Webb ·

John, ek dink met dié daglange vuilspuitfees het die Demokrate nou juis hulle hand oorspeel. Lanny Davis, ‘n Clinton-medewerker, het dié hele gedoente gereël om op dieselfde dag te gebeur wat pres. Trump met Kim Jong Oen in Hanoi vergader. Cohen is vooraf afgerig deur Adam Schiff en Elijah Cummings, twee gróót Trump-vyande op die komitee. Lede van die komitee is ook ingelig dat hulle net oor sekere sake mag vrae vra, spesifiek dié sake wat van geen werklike belang is nie maar die president in die verleentheid stel. Dit sou in elk geval geen doel dien om Cohen enige belangrike vrae te vra nie, hy is op pad tronk toe omdat hy reeds vir die Kongres gelieg het, belasting ontduik het en ‘n derde ding wat my nou ontgaan, maar niks daarvan het enige verband met Trump nie. Dit is bloot ‘n verdere poging om die president swart te smeer en verskeie Fox-kommentators wat gewoonlik krities is oor Trump, het beide die tydsberekening en inhoud van dié sinnelose vuilspuitfees bevraagteken. Die anti-Trump media soos CNN het dit waarskynlik met hulle gewone genieting van sugputinhoud opgedis. Maar ek het tog vertroue in gewone Amerikaners, dat hulle in 2020 weer soos in 2016 hul eie gesonde verstand sal volg en dié soort oordeelmanipulasie sal vermy. (Bron: Jim Jordan se toespraak voor die komitee.)

Therese van Schalkwyk ·

‘n Verhaal van konkel en knoei wat behoort te skok, maar nouliks verbaas en beslis deur die ‘ander’ ontken gaan word.
Toe die vooraf ‘veldslag’ nie slaag nie, is die ‘oorlog’ voortgesit.
Selfs die president se handskud-tegniek word tot in die fynste besonderheid gekritiseer.
Ou koeie (letterlik en figuurlik!) word tot vervelens toe uitgegrawe.
‘n Meedoënlose teistering deur ondemokratiese politici en linkse joernaliste wat alles in die stryd werp om te keer dat Donald Trump ‘n tweede termyn wen.

Therese ·

Merkur!
Ongeag die politieke irritasies bevind jy jou darem sowaar in ‘n plek waarheen my hart met ‘n punt trek. Geniet!

Merkur ·

Jy is reg Therese, ´n mens moet elke dag geniet terwyl dit nog moontlik is.

Etienne Prinsloo ·

Aan die vêr linkse globalist redaksie spannetjie. Sien julle ou godjie Jerry het weer sy versekerde plek gekry. Keep on throwing stones from the mob little boys and girls, you are fast becoming CNN light.

humor ·

As jy nie genoeg tyd het en voldoende navorsing kan doen nie hou jou dan uit en wees besig met iets wat eerbaar is en wat die heil en welwese van die samelewing kan dien.

Merkur ·

´n Deeglike uiteensetting.
En nét so is die staatskapings deur die links-ekstreme politici in Wes-Europa grootendeels verantwoordelik vir die vinnige val van Europa.
As ek mag, hier ´n voorbeeld: Ook die partydigheid en bereidwilligheid van die Duitse binnelandse geheimdiens (Verfassungschutz) om die enigste werklike opposisionele party in die Duitse politieke landskap (die AfD), openlik met observasie te dreig weens sogenaamde „anti-demokratiese tendense“, en sodoende die enigste teenstander van die politiese establishment onder druk te sit en teen te laster, wys in wat vir ´n onregstaat Duitsland verander het. Dit wys veral hoe laag die Duitse regerings-partye en politiese establishment bereid is om te daal, om die geheimdiens te misbruik om die enigste werklike opposisie uit die weg te ruim. Die hoof van die „Verfassungschutz“, Thomas Haldenwang, is ´n lidmaat van Merkel se CDU party.
En die AfD word natuurlik by elke geleentheid deur die hoofstroom media gedemoniseer.

Annie Webb ·

Merkur, ek volg ReAct op Facebook, wat konserwatiewe nuus van Europa deurgee. Te danke aanl skool-Duits verstaan ek bietjie Duits, maar ongelukkig min Vlaams en g’n Frans nie. En Google se vertalings nog minder. Maar dat die linkse Europese media heelwat verswyg en linkse regerings redelik diktatoriaal te werk gaan, is vir seker.

Merkur ·

Annie Webb, ek is bly dat die diktatoriale regeringstyl van die Europese linkse regerings deur julle in SA raakgesien word. Daar is naamlik baie meer om oor te berig.

Deon ·

Die AfD is ‘n klomp fassiste en met en voorspel net onheil.

Afrikaner ·

Ons lees vandag, en in hierdie tyd, die getuienis voor die Zondo kommissie oor staatskaping deur die Guptas en Bosasa, wie almal op sleeptou geneem is en wie selfs die Guptas besoek het, maar dink mens die SA kabinet en ANC ministers sou soos een man saam met die opposisie teen hul eie man en president wat die oorsaak was en in effek die hoof-orkesleier van die korrupsie-en-staatskaping drama stem om hom van sy pos te onthef?

Het SA ‘n les uit Amerika se boek geneem?

Nee, nie in SA nie, die ANC parlementslede het tydens 6 mosies van wantroue, deur die opposisie teen Zuma, opgestaan en hom staande toegejuig.

Merkur ·

Afrikaner, betreffende jou antwoord verder bo, oor die Republikeine: natuurlik nie alle Republikeine nie. Maar wel ´n hele paar. (Om misverstande te vermy)

JM ·

Baie dankie, Rhoda!

Ek het self ook dag vir dag Trump se “rallies” “live” op internet gevolg – veral via RSBN wat die geweldige groot konserwatiewe (kalm, beheersde!) skares getoon het – selfs by ‘n “rally” teen 02:00-03:00 die oggend van die verkiesing.

Net om volgende oggend wakker te word met al Suid-Afrika se gewilde radiostasies (veral RSG, 702, Cape Talk) se verdoemenis van Trump en alles waarvoor hy sou staan. Alles helder en duidelik gebaseer op wat hulle en hul politieke kommentators uit die NW- en STB-universiteite vorige paar ure op CNN, New York Times en Washington Post gesien, gehoor of gelees het.

Vir my geen verrassing dat Trump gewen het nie. Ek glo vas dit was ‘n beskikking van BO – om Amerika, Israel en die Westerse beskawing tot inkeer te roep en van ondergang te red.

Gaan lees maar net Jesaja 45:1-5. Veral vers 5: “Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. EK rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie”.

Martiens ·

JM, dit is om die rede dat ek nie meer na programme soos Praat Saam en Kommentaar op RSG luister nie.

Rupert Ashford ·

Martiens, ek het “kommentaar ” en “praat saam” ophou luister toe ‘n sekere joernalis wat nogal deesdae hier gelees kan word en sy trawante vir Niekie en Tim (en Johann Botha en “Dis Opera”) uitgewerk het. Dit is daar waar kwaliteit op die altaar van “verligtheid” geoffer is.

Viv ·

JM, jy het geen reg om God en Trump bymekaar te voeg nie. Maak jou eie politieke keuses, maar los God daaruit. Donald Trump se gedrag sal beslis nie goedgekeur of word deur God of enige Godvresende mens nie. En as jy dink dat Trump enige positiewe uitwerking op die Weste sal he is jy verkeerd. Trump het die Weste lagwekkend gemaak, die swakplekke oopgemask vir ander om te sien, en die verval van die Weste verseker. Hy het geen begeerte om enigiets anders te doen as homself te verryk nie

Karin ·

JM, Trump is ‘n nar en verstaan nie eers sy eie party se beleid nie. Met hom in beheer is die VSA gedoem.

Sam ·

Goeie opsomming, Rhoda!
Die eintlike geveg is tussen globaliste en nasionaliste. Eersgenoemde se politieke korrektheid neig noodwendig na afgewaterde wette en uiteindelik anargisme, terwyl behoudende nasionaliste nie hiervoor kans sien nie. Wetsorde is ‘n belangrike onderdeel van sinvolle ontwikkeling en vooruitgang. Ongelukkig is die globaliste volop in ons tyd – meeste van hulle soek vry toegang tot ontwikkelde en vooruitstrewende Westerse lande om te ontsnap uit hul bekrompe tuislande. Die meerderheid van die hoofstroommedia probeer politiek korrek wees bloot omdat hulle wins najaag en waar wins die leimotief word, is daar min objektiewe waarhede oor nie.

OM BILLIK TE WEES ·

Dit sou seker net billik van Maroela wees om te noem dat die keurige Afrikaans nie van die skrywer van die artikel kom nie.

Iewers is daar tog seker ‘n persoon wat die vertaling en/of taalversorging behartig het?

Fanie ·

Jy’s onbillik! Wat laat jou dink Rhoda skryf nie Afrikaans nie? Omdat sy swart is? Sy ís Afrikaans!

Henry ·

Jis antie Ralie
Die Engelse sê hoeka ‘jealousy makes you nasty’.

Gys ·

Kan jy nou meer!
Tony Leon eerbiedig nie sy weddenskappe nie.
Klink asof hy ‘n slegte verloorder is.
Komaan Tony, “man it up” en betaal.

bolla ·

Trump is op pad uit en ‘n groot deel van sy teenkanting kom vanuit die binnekring van sy eie party.

Judge Dredd ·

Dit weet ons alreeds.
Beide die Demokrate asook die Republikeine is deel van die “establishment”.
Trump is ‘n buitestaander en gevaar vir die “establishment” , daarom probeer hulle van hom ontslae raak.

Pieter ·

Judge, ek sien vanoggend onderaan die berig oor die video wat opgevoer is met die paal in die pad, laat hulle geen realistiese kommentaar toe nie.

Danny ·

Ja nee Bolla jy klink nog steeds soos die lingses in 2016 sit en suig n klomp bollie uit jou duim net soos Ronnie. Wil jy nie maar eerder stil bly dan hang jou onderrok nie so ver uit nie

JAN ·

Skitterende artikel. Dankie Rhoda.
Duidelik het hulle die 50 jarige eksperiment in SA toegepas in VS.
MM kan baat om te volg met die nuwe tendens van verstandige selfbehoud pleks van psigotiese satanisme.

gatiep ·

Jy is heeltemal reg.
CCN en die nuusmedia wat hulle volg het geen skaamte nie.
Hulle mislei die mense doelbewus.
Almal wat in hulle pad staan se lewe verwoes hulle soos niks met leuns.
Hulle is koubloedige mense lyk dit my.
Geen gevoel vir mens,dier of natuur nie.

JAN ·

Ek was absoluut verstom om die Cohen sirkus op CNN te vergaap.
Stem presies ooreen met Rhoda se beskrywing. Kostelike waarheid
Veral met haar slot paragraaf. Dat dit alles op SA van toepassing isvir 50 jaar al.
“What Fake News religion is all about – what it looks like”
Breitbart doen dieselfde balanseer toertjie .
Mag MM krag kry en moed kry om te volg in die grootste reddingsdaad ooit.
Hmmm ?

Judge Dredd ·

@Pieter – ja deesdae word alles waarvan nie gehou word mos gesensor –
Dis ‘n “Fools Paradise”.

Henning ·

Dankie vir die ingeligte artikel. Die hoofstroom media in die VSA is net so ‘n ongeloofwaardige sirkus as hier in SA. Al hoe minder mense steur hulle aan die media, soos hulle verkoopssyfers ook bevestig, maar dit het blykbaar nognie tot die arrogante verslaggewers/joernaliste deur gedring nie. Ek koop al vir jare nie meer Snert 24 se koerante nie.

Viv ·

Is dit moontlik, na alles, dat n mens so oningelig kan wees? En dit so openlik propageer. Skrikwekkend. Massaal skrikwekkend

Therese ·

Stem saam … wat in die VSA aan die gang is op die oomblik is “massaal skrikwekkend”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.