Waar het sake vir Ramaphosa verkeerd geloop?

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane.

Baie kan in die politiek verander in ‘n maand en ‘n half se tyd, soos die tanende statuur van pres. Cyril Ramaphosa al te duidelik toon.

Twee meesterlike toesprake en een uitstekende mondelinge antwoordsessie, beide in die parlement, het tot ongekende positiwiteit in die land gelei ná nege jaar van die Jacob Zuma-bewind.

Sedertdien is daar drie groot beletsels wat al daardie hoop laat beskaam het. Eerstens was daar die kabinetskommeling, waarin hy verskeie swak ministers behou en die kabinet nie verklein het nie. Tweedens was daar die hoogs kommerwekkende parlementsproses oor onteiening sonder vergoeding wat begin is. En derdens is daar Ramaphosa se onlangse appellering teen die Noord-Gautengse hooggeregshof se bevinding dat Zuma onregmatig en ongrondwetlik opgetree het betreffende die ontbinding van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Menseregtehof.

Soos Olga Kirsch in haar gedig “Die afdraand van die dag is kil”, sou mens kon vra: Hoe het dit skielik so laat geraak? Waar het Ramaphosa beheer verloor?

Baie mense mag daaroor baie menings hê, maar laat ek hier my stuiwer in die armbeurs gooi op grond van wat ek in die parlementêre wandelgange gesien en gehoor het.

In kort het hy eerstens ‘n Faustiaanse pakt met adjunkpres. David Mabuza gesluit om homself tot ANC-leier verkies te kry, en toe tweedens, kort ná Nuwejaar, te haastig en te gulsig geraak.

Die aanvanklike plan voor en ná Ramaphosa se verkiesing tot ANC-leier was dat daar ‘n instaan-president sou wees. Die naam van Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, is in daardie verband genoem.

Maar toe raak Ramaphosa en sy meelopers haastig, gulsig en meegevoer. Toe hulle van Zuma ontslae is, maak hulle Ramaphosa president, met die voorkeur van Naledi Pandor as sy adjunk.

Maar dis toe net daar waar Mabuza hulle koud sit. Nadat hy aanvanklik – asof botter nie in sy mond sal smelt nie – vir hulle verseker het dat hy net premier van Mpumalanga wil bly. En hulle maak toe die fout om hom te glo. Maar die oomblik toe Ramaphosa president word, val die adjunkpresidentskap oop, en daar verander Mabuza van plan – hy eis die adjunkpresidentskap op wat hom danksy sy onderleierskap van die ANC beskore is, en Ramaphosa is gesystap.

Dis nou die gevolge van sy ooreenkoms om Mabuza se hulp in te roep sodat hy ANC-leier kon word.

Met die skielike haastigheid vir die presidentskap het Ramaphosa dus die agtien maande wat hy sou moes wag om by die presidentswoning in te trek oorgeslaan – maar dit was agtien maande waarin ‘n ondersoek na provinsiale wanbestuur in Mpumalanga onder Mabuza, soortgelyk aan die een wat tans na die Vrystaat onder Ace Magashule ingestel word, dalk belangrike feite oor Mabuza aan die lig sou kon bring.

Nou sit Ramaphosa se turf. Eerstens kon hy nie die kabinet verander soos hy wou nie, weens druk deur Mabuza om sekere Zuma-oudgediendes soos Bathabile Dlamini en Nomvula Mokonyane te behou.

Toe kom die mosie oor grondonteiening. Ramaphosa is tog darem te ekonomies op en wakker om te dink dis ‘n goeie idee. En nou appelleer Ramaphosa dat dit in die haak was om die SAOG se menseregtetribunaal te ontbind.

Die BBC-joernalis Jeremy Thompson het ‘n paar weke gelede op Stellenbosch gesê ons weet almal Ramaphosa was ‘n goeie onderhandelaar, maar nou sal ons moet sien of hy ‘n goeie leier is.

Die huidige aanduidings lyk nie baie goed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Alwyn ·

Kry ‘n mens so half en half die indruk dat die lewe altevol soos ‘n potjie skaak is. Mens kan nie net die volgende stap oorweeg nie, jy moet ‘n hele reeks stappe vooruit gereed hê voordat jy ‘n skuif maak. Lyk my nie almal verstaan skaak nie.

Pieter ·

Onthou, ‘n nuwe logo gaan nie die produk verbeter nie. Tyd sal leer.

Jerry ·

CR voer ANC se opdragte uit wat kom vanaf ANC Hoofkwartier. Al waaroor hy regtig beheer het is hoe dit uitgevoer word. Is dit die Zuma slegte intensies manier of CR se goeie intensies manier en dit is hier waar die maak of breek vir die ekonomie, SA en ANC einddoel van n gelyke sosialistiese samelewing of anargie in die geheel le. Met CR se manier sal die ANC oorgang na gelykmaking bewerkstellig met die minste bloedvergieting as moontlik en minste kritiek en slegte gevolge vanuit die buiteland. Die wenstreep vir die ANC is in sig met die ANC se fokus wat danksy CR, sterk op die einddoel gerig bly. Dit is ook eerder n geval dat die ANC heel moontlike anargie voorkom het deur nie n Zuma lojalis as interim president aan te stel nie as wat dit n geval is van CR en sy volgelinge wat gulsig is.

Boerboel ·

CR het nie goeie intensies nie, hy is net so korrup soos die res van die cANCer en het gedurende Kodesa erken dat die ANC se plan is om wittes stadig soos paddas in n pot lewendig te kook. Word wakker Jerry!

Lynette Schultz ·

Miskien kan die ‘Suid-Afrikaanse-Vroue-bidkomitee’ nog die saak regbid. Ek onthou nog hoe kwaad hulle was vir die wat nie wou saambid nie.

ChristaT ·

Spotters se huise brand af. Spot maar, jy sal nog op jou kniee staan en smeek vir genade en verlossing.

alwyn burger ·

Gee die man kans Jan-Jan. Ons het geen idee wat sy lang termyn visie is nie. Soms moet jy ñ veldslag prysgee om die oorlog te wen.
Alwyn Burger

Bert ·

Ag nee regtig Alwyn Burger, die ANC se langtermyn visie is mos voor die hand liggend: die witmens moet boet. Lees tog net die ANC se uitsprake, beleid, wat in die praktyk gebeur, wetgewing en dies meer. Laat ons nou nie naief wees nie; die ‘struggle’ woed nog steeds, nou net met politieke mag. Ramaphosa het na my wete nog nooit Ambrosini se ‘padda in warm water’ bewering betwis nie. Daar kan jy CR se beleid vind.

White Rhino ·

Ramaposa het ‘n droom – dit sluit ons uit.
Dis die probleem.

Rynhardt ·

Uitgeslape Tienie Groenewald het destyds gese dat as Ramaphosa aanbewind gaan kom,is dit verby vir SA!Die geld-mag-gogga het Ramaphosa en Anc lelik gebyt!So waar het dinge verkeerd gegaan?SA word opsetlik verkeerd regeer terwyl Ramaphosa se Anc nog steeds hul diskriminerende beleid van radikale transformasie/regstellende aksie toepas teen blankes.Ramaphosa se staatsrede van skok op 16 Feb. vanjaar van grondonteiening sonder vergoeding het wereldwyd opslae gemaak.Net dapper beleggers sal bele in n chaotiese SA!SA is lankal nie n land waar wettige burgers hul ideale en drome kan uitleef nie! Verder weet Ramaphosa en sy getroue adjudant,Malema dat dit maklik is om die massas te speel met breinspoeling en op te sweep.Verder is raswetgewing aan die orde van die dag om Anc en sy kamerade ekstra te beskerm! SA word gevangene gehou vir sy goud,diamante en minerale rykdom vir jare,daarom kon die land nog nooit ekonomiese groei van 10%ervaar nie.Saam met grondonteienig word die probleme vererger met oopgrense wat SA met mening onderdruk plaas m.b.t. sy natuurlike hulpbronne!Algehele chaos.Die nuwe wereldorde,SAKP en Anc hou land vir jare al gevangene!Hierdie is die antwoorde wat politici nie wil opper in parlement nie.Ek glo nie dat Ramaphosa sy presidentskap gaan voltooi met bogenoemde probleme wat net erger en erger gaan raak nie!

Piet Snot ·

So wat sal dié mense se einddoel nou wees met die verkeerd regeerdery?

Francis ·

Piet Snot. Doen jouself die guns en kyk Tainted Heros. Die plan en redes sal dan so duidelik soos daglig word.

PvZ ·

Dit is vir my altyd vreemd as ek Afrikaners, en westerse politieke kommentators se skrywes lees. So asof dit vreemd is dat Afrika politiek nie afspeel soos ons dit meet teenoor westerse standaarde nie. Ons verstaan nie Afrika politiek nie, en dan skryf ons oor dit. Teen die einde is elke skrywe oor wat MOES gebeur het, sou alles afloop soos dit in enige Noord Amerikaanse of westelike Europese demokrasie sou afloop. Die meeste slot paragrawe is…”ons sal maar moet sien”, of “kom ons hoop hulle maak die regte besluite”. Ek kry Cyril jammer. Dit gaan onmoontlik wees vir hom om die ANC kultuur te verander. Ek voorspel die volgende: As Ramaphosa dit maak tot die 2019 verkiesing, gaan hy nie sy termyn uitdien nie.

tamboti ·

Kom ek waag ‘n menig:
Die probleem is die ANC wat ‘n baie eenvoudige beginsel van “Alles Oorheers” verskriklik ingewikkeld maak met tradisie en prosesse en beleide en pakte, en dan waag hul nog op die politieke front ook.
Hul eindoel om alles oor te neem en herverdeel dat almal ryk en gelukkig is, en niemand te hard werk nie, begin nou vir hul as onmoontlik duidelik te word. Daarby besef hul dat om so baie magtige rolspelers aan die stuur te he, stuur af op die ou Afrika werklikheid:
Strydende etniese groepe teenoor enkele diktatuur, middel grond (ware demokrasie) werk nie in Afrika!
Op die oomblik werk hierdie ingewikkelde stelsel van meerderheid oorheersing in NSA – solank die minderheid aanhou betaal.

dr Sakkie van der Merwe ·

Jan-Jan. Insiggewend jou opsomming van Ramaphosa. Hy is en bly in die ANC/SAKP drukgang en sal politiek speel waar die kiesers is, nl. die massas. Wynand noem die Padda verskynsel wat uit CR se mond kom. PVZ kry die bulti-miljoener CR jammer – hy voel vir my en ons mede-blankes vere maar sal “ons” gebruik sover en solank ons die wet van Transvaal nakom. Afrika realiteit het tot oor die Limpopo Rivier gespoel – ek sal graag net wil hoor van diegene wat in 1994 gese het: “Ons sal NOOIT ‘n tweede Zimbabwe word nie.”

chrisp ·

Baie het hierdie situasie voorspel maar is as verkramte regses uitgekryt.
Jy kan enige naam aan die hoof van hierdie reenboog hersenskim plaas en die uitslag sal lyk soos die res van Afrika. Maar nou ja die “skrywers”en “denkers” in veral die hoofstroommedia(waaruit hierdie skrywer kom) sal nog steeds nie verstaan nie.
Mugabe was ook as die regte man voorgehou soos vele ander.Nou is sy opvolger die ridder.

Alles loop nog reg volgens die A.N.C plan.Niks het verkeerd geloop nie. As jy te blind was om dit 20 jaar terug te sien en dit ook nie nou kan insien nie is die kans redelik goed dat jy dit nooit gaan sien nie.

Ai tog

Gerhard ·

C.R. is seker een van die slinkste ANC kaders. Hy is die een wat die Afrikaner sal assimileer in die groter Suid-Afrika sonder dat hy dit agterkom. Dit is eerder ‘n gelukskoot dat sy minder intelegente kamerade droog maak. Die Afrikaner kry selfs nog ‘n eie-doel van die ANC. Die vraag is sal self daardie kans verbygaan sonder dat dit gebruik word.

Casper Labuschagne ·

St Cyril, die heilige, maak al die regte skuiwe, hy probeer skoonvee, alhoewel die besem bra gehawend is en hy maak al die soort geluide wat internasionale beleggers van hou. Maar binnelands is ‘n honger luiperd op vrye voet wat smag na vergelding en Cyril het beloftes gemaak van grondoffers om die aptyt na bloed vir nou te stil. Maar kan daardie luiperd se dors hoegenaamd geles word of sal daardie luiperd se bloedlus net soveel erger word?

Dit is wat ek dink sal gebeur: Ramaphosa sal in die geskiedenis gesien word as die man wat al die regte dinge gedoen het en waarvan nie een van daardie dinge regtig gehelp het nie – amper iets soos Kerensky se regering wat die Bolsjeviste in 1917 probeer paai het.

Jacobus ·

Cyril Ramaphosa en grondonteiening; die groter prentjie of al dan nie kommunisme.

Het vandag weer oor die radio deur al die geraas gehoor van hidro breking of “fracking” soos dit
beter bekend is.

Het die skielike grondonteiening nie dalk te doen om hidro breking in Suid Afrika te bespoedig nie, die howe staan in die pad, die mense staan in die pad en die omgewings bewaarders staan ook in die pad.

Met onteiening kan niemand teë praat en die nuwe wetgewing oor wie wat kan publiseer nadat dit deur die regering goedgekeur is, in die media, sosiale webwerwe, YouTube ens. kan dit ook enige aksies om hidro breking te voorkom buite aksie stel.

Dalk het die “SHELL’s, MOBIL’s, CHEVRON’s” ens. van die wêreld wat groot belang toon in hidro breking die skroef begin aandraai deur politieke druk vanaf Amerika en Europa uit te oefen om hidro breking toe te laat en vir oorlewing van die ANC en sy lede is besluit om liewer grond te onteien vir hidro breking en nie die selfde pad te loop as Irak en Sirië nie.

Dalk is bogenoemde stelling dalk net wensdenkery en die werklike rede is om kommunisme in sy volle glorie in Suid Afrika tot uitvoering te bring wat niks goed voorspel as ons die geskiedenis van kommunisme herroep.

Dalk kan Maroela Media, Afriforum, Afrisake, Vryheids Front, DA, Solidariteit en alle ander belanghebbendes wat grondonteiening teenstaan miskien ‘n bietjie hieroor navraag en navorsing doen.

chrisp ·

Jacobus ek dink nie so nie.Die skaliegas is maar net ‘n bonus soos die res mynbou ,landbou ens.
Ons stap die Afrika pad niks meer en niks minder nie. Die Afrika-kultuur is so naby aan sosialisme dat die mense wat dit nie kon voorsien wat nou in Suid-Afrika gebeur nie ,absoluut geen kennis van Afrika en sy mense het nie. Die wat nog steeds “glo”aan regte van die individu in Afrika deel in die onkunde,vandag nog.
Wie hieragter sit is natuurlik nie die “Vryheidsvegters” nie. Die anc was voor hulle oorname nie veel meer as ‘n fax masjien in Londen om nie te praat van hul gebrek op bykans alle velde nie.
Wie het hulle befonds en opgelei en waarom?
Dit was verseker nie omdat hulle sulke goeie mense was nie en ook nie oor apartheid nie.

Gestremde ·

Mense wil weet waar het sake vir Ramaphosa verkeerd gegaan…dus maklik…party mense maak net hul mond oop en dan verander jou siening onmiddelik omtrent die persoon.

Dada ·

Wil graag Jan Jan se storie verkort.
Hierdie week mees ontstuimige tyd sedert 1994 . Zuma se onwetende bendes kan Vrydag chaos saai. Ons Spar se rakke reeds leeg!
Cyril se probleem: Het self baie geraamtes in die kas en kan dus nie doen wat hy wil nie. Sy kabinet is 80% korrup asook meeste staatsinstellings en ongelukkig die SAP wat ons moet beskerm.
Wat nou? Ons mag BID. As Anc 49% in 2019 kry is ons deur. Doen en bid is beter en ons moet meng en uitdeel aan die onwetendes!

Veritas ·

Dada, jy sê ‘as die ANC 49% in 2019 kry, is ons deur’. Waardeur? Onderdeur? Ons moet aanvaar dat daar weinig verskil is tussen kommunisme en die tradisionele Afrika manier van regeer. Die Hoofman of Koning besit alles en die stamlede word slegs toegelaat tot beheerde vruggebruik daarvan. Netso by kommunisme, net op ‘n groter skaal. Dít is waarom kommunisme aanklank vind by die Afrikane en meeste mense van Europese afkoms, daarteen stry.

Jean ·

Hy Cyril het nog nooit beheer verloor nie,hy voer dieselfde planne wat hy van dag een af gehad het net nou uit! Dis net die mense wat graag wou glo hy sou goed wees wat nou n koue ontnugtering kry en hom vir sy ware verwronge beeld en kleure begin sien deur sy dade…ai…

Eddie ·

Dis regtig nog net die begin van die sirkus , daar wag nog baie lag , trane en ontnugtering vir ons , ongeag die kaarte wat CR het om te speel. Hy bly steeds ‘n pion van die ANC en moet uiteindelik doen wat die Party van hom verwag !

Joe Hall ·

Jan_Jan
Dankie vir jou insigte wat die werklikhede van ons droewe land in perspektief plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.