Waar is ons plek en hoe kom ons daar?

Groot-Trek

Foto: Arnoldvosloo-tribute.com

Deur dr. Christo Pretorius

Eerskomende Vrydag vier die Afrikanergemeenskap wêreldwyd Geloftedag. Tradisioneel bied dit nie net ʼn terugkyk na die verlede nie, maar ook geleentheid om oor die toekoms te besin.

Uit die verlede klink die redes vir die Groot Trek: Konflik tussen minderheids- en meerderheidsgroepe. Die voortdurende onveiligheid van huis en haard. Strooptogte op plase, diefstal en moord, propagandaveldtogte uit liberale geledere wat van stapel gestuur is en die ontluikende gemeenskap sonder ophou in die aanklagtebank geplaas het. Dan was daar ook wanbestuur deur owerheidsliggame, die misbruik van gesagsposisies, die eensydige vertolking en toepassing van reg en geregtigheid en ʼn onsimpatieke oor.

Die uitnodiging tot gesprek, protesskrifte binne die toentertydse regsraamwerk en ooreenkomste tussen die onderskeie partye is geminag en dit lei tot die selfbeskikkingstrewe van ʼn jong volk.

Tans beleef Afrikaners soortgelyke omstandighede. Onveiligheid en onsekerheid is deel van Afrikaners se daaglikse bestaan.

Op 8 November 2016 berig Maroela Media “Aanvallers ‘vier fees’ voor hulle man doodslaan”.

Die tragiese en skokkende moord van Buks Oosthuizen langs die Vaalrivier gryp man, vrou en kind aan die hart. Afgesien van die grusaamheid van die moord, ontketen die argeloosheid van die misdadigers woede en weerstand.

Alet Rademeyer berig in Forumnuus van 9 November dat Tlou Molele se uitspraak, naamlik dat “wit mense net ʼn mutasie is” en verdryf moet word, net ʼn ligte berisping van die Menseregtekommissie tot gevolg gehad het.

Die trae reaksie van die ANC-owerheid en die flou veroordeling van rassistiese uitsprake deur Julius Malema, wat Afrikanermans hulle plek wil wys, bevestig die rasbevooroordeelde ingesteldheid teen Afrikaners.

Dit is ʼn ingesteldheid wat Afrikaans op universiteit en skole aftakel, wat die Grondwet selektief toepas en deur middel van ʼn rasgebaseerde ideologie Afrikaners ontneem van werk en van grond ontheem.

Van die huidige bestel en van opruiers kan Afrikaners niks verwag nie.

Afrikaners sal self doen, self die toekoms peil, die regte besluite neem en eie leefruimtes ontwikkel.

Dit sal leefruimtes wees waar veiligheid, orde en geregtigheid die grondslag is vir drome en ideale.

Die boustene hiervoor is burgerlike instellings, die ondersteuning van Afrikaanse skole en universiteite, lidmaatskap van kultuurinstansies, die bou aan ʼn kanton of twee en die vestiging van gemeenskapsrade en uiteindelik ʼn Afrikanergemeenskapsraad.

Die sement van die boustene is ʼn gesonde gesins- en familielewe en die eendragtige wil om as unieke gemeenskap bymekaar te staan. Dit sluit nie uit dat ʼn hand van vriendskap en samewerking na ander gemeenskappe gereik word nie.

Te midde van ʼn wêreldwye konserwatiewe swaai na regs, weg van globalisering en polities korrekte gedweep, bied die uitsprake van Julius Malema, Tlou Molele en die optrede van die ANC-owerheid opnuut aan Afrikaners die geleentheid om te vra: Waar is ons plek en hoe kom ons daar?

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Niccy ·

Onverstaanbaar om so iets te moet lees. Hoe is dit moontlik dat die Afrikaner volk so uit alles uitgedruk kan word. Ek wonder wat sou my oupa Grootjie daarvan sê. ‘n Land waarvoor hul moes veg, sy vrou doodgemaak deur die engelse en hy gevange geneem was, ontsnap het, en net om terug te kom om van voor af sy afgebrande plaas deur die kakies weer op te bou! Dis om van te huil. Kan daar dan nie iemand opstaan en ons leier word nie? Ek weet ons moet op God vertrou maar ongelukkig moet die boere nasie se ogies eers oopgaan voordat hul kan saamstaan.

Onthou net ·

Onthou net Niccy, die Boere het vir amper 50 jaar onder Britse beset gewoon in die Kaap en is net soos nou onderdruk. Dis eers 50 jaar later dat hulle dit nie meer kon uitstaan nie en die Groot Trek begin het. Selfs toe het hulle die vreedsame opsie gekies. Toe die Britte daarna die Boere republieke ook wou oorneem het die Boere besluit dis nou genoeg en het die 1ste Boere oorlog begin.

So om te dink hulle het net op hulle perde gespring en begin oorlog maak toe dinge ongemaklik raak is ‘n misinterpretasie.

Ben Prinsloo ·

Dankie Dr. Pretorius. Dit was kort en kragtig. Witman dit het tyd geword om te besin en te mobiliseer ter wille van oorlewing. Ons word uitgemoor want ons het ons Volk, Skepper en Vaderland agterwee gelaat. Kom ons kyk weer na die woorde van ons Volkslied en begin daarna streef. Dit is nie verkeerd nie alhoewel die teendeel daagliks voor ons afgespeel word. Moet nie na hulle luister nie.

Harry ·

Volgens my is daar net een oplossing vir die Afrikaner volk en dit is dat ons as volk sal terug kom op ons knie in verootmoediging voor God Almagtig.
Die gelofte wat afgele is deur ons voorvaders het ons verseker van n plek in hierdie land maar hoeveel van ons woon nog die gelofte feeste by. Onthou ons het n gelofte afgele.
Verder het ons as volk die Sabbat ontheilig. Hoeveel van ons bring nog die Sabbat deur as n dag van God.
Hoe kan ons van God verwag om ons te red uit die verknorsing waarin ons ons bevind as ons nie ons geloftes hou en die Sabbat as n Sabbat deurbring nie.
Ek doen n beroep op elke Afrikaner om terug te kom op ons knie in verootmoediging voor God en voluit te leef toto eer van Hom.

zoom zoom ·

Ons moet almal namibia toe trek en van daai plek n juweel maak. Afrikaans is welkom in namibia en hulle geld is net so goed soos ons geld.

Anoniem ·

Namibia sal ons nie daar verwelkom nie, ons geskiedenis is “verkeerd” in hulle oë.

Namibië ·

Wow Manie. Dis duidelik jy ken ons nie. Weet jy hoeveel Suid-Afrikaners bly al permanent hier?

Ada ·

Geloftedag het en sal altyd Geloftedag vir my bly. Ek sal dit altyd so eer. Dankie vir die artikel. Ons sal egter seevier – al is dit nie nou nie. Dit is so geskryf. ons moet net eers almal terugkeer na God toe. Ons het met Hom die Gelofte gemaak.

Charl Coetzee ·

Die Afrikaner moet Sondae eerder meer tyd in die kerk spandeer voor God as in die winkels voor Mamom. Dan, as ons terug keer na God toe, dan sal die redding kom, net soos vir Israel.

swanna ·

Charl jy praat absoluut die waarheid. Ons sogenaamde AFRIKAANERS wat ons so graag dit wil noem moet ons tot GOD keer en gereeld in die kerk kom. Dit is so gaan kyk hoeveel van gaan kerk toe en hoeveel le in die winkels rond en dan koop hulle ook niks nie. Skandelik.

Johan II ·

Julle peaat van terugkeer na God…dink jul regting ons was ooit almal gelowiges? Na die Engelse oorlog was ons nooit weer werklik in beheer van die land nie en ons is vandag (nog) n minderheids groep. Al wat ons moet doen in aanhou bou vir ONS mense. My Pa sê altyd “swaar tye maak sterk mense” en dit sal altyd waar wees van ons…maar die “terugkeer na God” weet ek nie so lekker van as alleen oplossing nie, God gebruik tog mense om sy werk mee te doen, ons moet dus net DOEN…ophou neul oor terugkeer en aanhou doen.

Rupert Ashford ·

Ek hoor wat jy se maar baie gaan kwaad wees vir jou. Feit is egter ons was nog nooit ‘n Christen volk nie, en nog minder is ons ‘n uitverkore volk. Daar was nog altyd ‘n beduidende % Christene onder ons wat ‘n sterk Christelike karakter aan ons gegee het en daarom stem ek ook saam met die ouens wat praat oor terugkeer ensovoorts want die goeie leiers het nog altyd uit daardie geledere gekom. God kan en sal egter enige leier gebruik om Sy plan tot uitvoer te bring.

John ·

Die crux van die saak is dat daar net een Ware Helper in die heelal is, maar dan moet ons in Hom glo. Ons Afrikaners het ons eie ondergang bewerk. Die Franse Hugenote vlug en beland op onbewoonde grond wat veel mooier is as die’ wat hulle agtergelaat het. Bou dit op, maar verkoop dit en verarm. Ons was in beheer van die land maar teken dit af sonder enige voorbehoud. En ons dominees preek net welsyn, welsyn soos Katolieke priesters. Ons kou ons taal soos ‘n goedkoop draderige taai toffie en ag dit nie na waarde nie. Nou soek ons weer naarstiglik na ossewaens en osse vir ‘n reis na ons paradys… elders. Hokaai!

Republikein ·

Die skrif is aan die muur vir Afrikaners, wanneer gaan ons dit raaksien en begin opstaan vir ons regte?

Henry ·

Soos dit die geval met allerlei ideologieë en politiek is, is Godsdiens en politiek eweneens nie goeie bedmaats nie.
Voordat ek gestenig word, let asb daarop dat die mensdom se geskiedenis op hierdie planeet, vrot van voorbeelde vir bogenoemde stelling is.

Rest my case ·

Mense julle kan my stenig vandag maar die waarheid moet uit. Ons hou kersfees wat n heidense fees is so is al ons ander feeste heidens. Die regte feeste word genoem “MY Appointed Feasts” gaan lees dit in Lev23. Yahshua( jesus) se dit is Sy feeste, en ons se dis die Jode se feeste. Ons kerke is almal aan die roomsekatolieke verbind. Ons is van die 10 tribes wat verstrooi is waarvan die bybel prt. Die skrif se mos vra na die ou wee,en dit is die Torah. Sondag kerk is verkeerd ons Shabbat is op Saterdae…..Julle kan nie teen die woord skop nie, my kan julle.

Johan II ·

Ek verstaan nie wat jy skryf nie…is ons dan Jode? En ek is seker daardie verstrooide stamme van jou is vandag redelik homogeen ingemeng met allmal op die planeet. Al gehoor van die oneindige stamboom, ek dink ou pastoor Anderson praat ook daarvan in van sy youtube videos as jy wil gaan soek…goed gestel Rupert :)

Chris Ws ·

Daar kom die waarheid nou deur.Goed gestel!As mense ook net hulle Bybels wil LEES sal hulle nie meer als glo wat van preekstoele af verkoop word vir die waarheid nie !

Gemsbok ·

Die Noord-Wes-Kaap is verwaarloosde grond waarvan net ons ‘n tuiste (en sukses) kan maak. Orania wys ons hoe.

John ·

Het jy al gehoor aan wie behoort alle ondergrondse mynregte… skaliegas… uraan… so tussen die welige druiwestokke staan gemaak. En atoomkragstortingsterreine wat aangewys word langs die grensdraad… Daar is amper niks erger as venyn nie… Die’ duiwel se tweede naam is sadisme… Ja, ons onderhandelaars se grootste eienskap was toekomsvisie…

Ernest ·

Hoeveel keer het die Afrikaner al hierdie ideaal uitgespreek..??? Ag nee wat, 1994 het gewys daar is nie meer regte Afrikaners nie.. Net praters..!!! 70℅ – 30% As dit bewys was op 27 April 1994 dan was hierdie wensdenkery nie nou nodig nie. MAAR probeer JULLE nou en kyk of julle iets kan red. . Sterkte, maar ongelukkig ken ek die antwoord EN die grootbekke..!!!!

Andre ·

Wel, wel, wel…nou het ek alles gehoor oor menings, eie wyshede en verdeeltheid, dat my kop draai. Rerig mense..? Ons as Afrikaner was en is nog altyd die ideaal, Ja ons is n hardkoppige nasie wat lekker stry kry waneer dit by geloof, sport en besigheid kom. Ja, ons is jaloers op ons eie besitings en self gedrewe doelwitte. Ja ons is moeilike mense wat nie aldag om dieselfde kampvuur sit nie…maar…ons is Afrikaners wat weet dat waneer ons as n span speel daar net mooi niks is wat ons stuit nie. Die voorbeelde is daar in sport en in die oorloe wat ons soos helde aangepak het. Die disipline is in ons ingebrand, ons geloof is ons fondasie en ons redenasie vermoee is ongeewenaar. Dis goed dat elke Afrikaner sy se moet se want dit wys ons is nie bang vir dit waaraan ons glo nie. So…hou op dat ander julle verdruk, staan op en staan saam, kyk na jou buurman se welsyn en hy na joune, beskerm julle kinders en bejaardes want hulle is ons kennis en ons toekoms, en Glo aan God. Maklik…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.