Waarom die verdraagsaamheid teenoor wetteloosheid?

bremner gebou universiteit kaapstad

Betogers buite die Bremner-gebou by die Universiteit van Kaapstad Foto: Carla Bernardo, African News Agency

Juran van den Heever

Die afgelope twee weke se eskapades op Suid-Afrikaanse kampusse het almal aan die gons. Sommige mense het geen argument of mening oor die gebeure nie; sommiges bly apaties stil en kyk toe in die hoop dat dit net nóg ʼn tipiese Suid-Afrikaanse betoging is wat sal oorwaai; ander raak kwaad en voel verontwaardig, terwyl nog ’n groep aktief daaraan deelneem of dit nou by die Uniegebou of op sosiale media is.

Die oorsprong van hierdie onlangse opstande lê by die gebeure van 9 Maart 2015 met die #rhodesmustfall-beweging. Terloops, hierdie “fall” het niks met studiegelde te doen gehad nie. Sedert dié protes moes alles wat enige kampus verteenwoordig “fall” en nou selfs die fooie en koste wat verband hou met studies aan enige universiteit. Die nuutste is die CR Swart-beeld buite die hoofgebou op die Kovsie-kampus wat ook nou moet “fall” – alles in die naam van #feesmustfall.

Talle kommerwekkende en belaglike eise word elke dag gemaak. So is daar byvoorbeeld Kovsie-studente wat aandui dat punte bekend gemaak moet word al is geld uitstaande; daar word geëis dat studente nie gederegistreer mag word weens agterstallige geld nie; daar word aangedring op gratis mediese dienste en meer swart lektore.

By die Universiteit van Pretoria eis die studente dat hulle gratis koshuisinwoning moet kry en dat die kos op die kampus goedkoper moet wees. By die Noordwes-Universiteit weer eis die studente dat Afrikaans moet verdwyn en Totius se beeld verwyder moet word.  Is die rede nie net dalk dat die studente wat voortgaan met die protes eintlik die komende eksamens wil ontduik nie?

Studente is ná die afgelope naweek nog meer verward as vantevore. Wat sommige studente gesien het as ’n massa studenteopstand teen verhoogde gelde, is intussen gekaap deur ’n groep geraasmakers wat die hele situasie misbruik en dit intussen in ’n politieke speelbalkompetisie omskep het. Studente wat hulle aanvanklik by die #feesmustfall geskaar het, intussen onttrek en frons verward na die megafoon-geraasmakers wat nou wil hê alles moet “fall”.

Ek het eerstehandse ondervinding opgedoen tydens my PhD-voorlegging in die biblioteek se seminaarkamer. Terwyl daar groot stilte in die biblioteek heers en streng reëls ook in dié verband nagekom moet word, storm ’n groot groep geraasmakers, getooi in rooi en gewapen met ’n megafoon, die biblioteek binne met eise dat die fooie moet val en met die doel om studente wat studeer te ontwrig. Die wagte wat ontplooi is het opdrag ontvang om nie konflik aan te wakker nie. Gevolglik staan almal toe en toekyk hoe wetteloosheid seëvier.

En dan die ingee, opgee en toegee – elke student in die biblioteek ontvang weer ’n SMS: “UP students, academic activities are suspended for today, due to disruptions by students.” Ekskuus tog, ek was besig met my PhD-voorlegging wat my geld kos, wat baie tyd en voorbereiding geverg het, tyd wat ek van my kinders en my werk moes afneem. My studies is tog iets waarvan ek hou, wat ek wil gebruik om myself te bevorder en om hierdie land ’n beter plek te help maak.

So word 90% van die studente, wat alle kleure en kulture insluit, ontwrig en omver gegooi deur 10% van die studente met politieke agendas. Van wanneer af staan ons en toekyk hoe wette gebreek word? Nie een student staan op vir sy of haar reg nie; almal pak hul tassies getrou en ontruim die biblioteek.

Die kommerwekkendste egter is die berigte wat ’n dag later volg. Die rektore gaan die eise van die geraasmakers in ag neem en aanvaar. Hoe nou gemaak? Dit is soos om ’n stout kind sy sin te gee. Wat maak jy groot? Wat kweek jy? Wat berei jy voor vir die toekoms van die land?

En voor ek hierdie skrywe kon afsluit, val my oog op die uitsending van die parlementsitting. Die ANC reken hulle is die slagoffers van hul eie suksesse en dan word die woordjie transformasie gerieflik in die parlement rondgegooi.

  • Juran van den Heever is die hoof van Solidariteit se nuuskantoor en sosiale media.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ant ·

Ek wil vra of solidariteit nie kan heroorweeg hoe julle jul plan B wil aanpak nie. Ek lees hier en elders hoe die afrikaanse mense hul bes probeer om die destruktiewe en afbrekende nasies rondom ons te ignoreer en aan te gaan met ons lewens, alhoewel ons almal weet dat die belasting wat gaan betaal vir al hierdie grappies kom van ons af. Om nou nog meer van ons tyd en geld te gee om ‘n plan B op die been te bring lyk vir my soos wensdenkery. Dink ons regtig daar is steeds ‘n reenboog saambly toekoms oor in Suid Afrika? dink ons regtig as die een swart regering by die ander swart regering oorvat gaan dit ons toekoms verander. Of gaan ons nuwe opleiding sentrums en nuwe skole en nuwe werke bou wat sonder hierdie element van die samelewing is? Is julle seker daar is geen hoop om ons af te skei van die bose en verkeerde nie? selfs al beteken dit ons moet aanvaar apartheid is en was ‘n beter opsie? Of gaan ons aan om die een na die ander briefie vir mekaar te publiseer oor alles wat verkeerd is of nie ons goedkeuring dra nie? Hoe self is julle self?

Pieter V ·

Alles wat deur plan B bereik sal word sal nie net “die afrikaanses” bevoordeel nie ,maar almal in die land,

SkarrelKind ·

Hi Juran, eksamenstres en uitstaande gelde is beslis die probleem. Ek het dit eeste hands ondervind in Fort Beaufort. As die gemoedere hoog loop op die kampus, dan het die vleis te veel vet die rys te veel stysel. As die eksamen oor is dan is dit koningskos en almal is weer lief vir almal. Dis nonsens. Ek het met bloed en sweet betaal vir my studies. Ek het baie aande en naweke gewerk om te help betaal aan my studies. En ek het ook gestres oor eksames, maar as ek enige iets op kampus sou vandaliseer, sou my pa nie daaroor gelag het. Om te kla oor iets is een ding, om ander van hulle regte te ontneem en eidendom te beskadig is ‘n ander ding. Ek is bly ek is goed groot gemaak en ek het grootliks vir my eie studies betaal.

Gerhardt ·

Julle weet, ‘n baie groot probleem is swak of geen ouerskap in sekere kulture. 60% van ons studente weet nie wie hulle pa’s is nie. “Go figure’

Gatvol ·

Ek wonder waar is die grootbekke wat hierdie gemors beding het
Wees n man FW en kie en erken julle was verkeerd en meer nog moet nie nou wegkruip nie ruim op wat julle veroorsaak het moet dit nie aan ander mense oorlaat nie
Wensdenkery want hulle was net oor hulself bekommerd

Gironki ·

Ek wonder self wat dan van al daardie sogenaamde wigte en teenwigte geword het waarmee FW-hulle ons gepaai het?!

Jaco ·

Want die wat die wette moet toepas is die grootste oortreders weens hulle eie magsmisbruik.

tamboti ·

ONS is nie meer ‘n faktor nie, die huidige regering ken nie die verskil tussen reg en onreg nie, misdaad het polities geraak. Laat die rewolusioneres, ekskuus betogers, toe om alles te ontwrig, vernietig en af te brand. Hulle ken net een lewe – STRUGGLE – en dit sal hulle doen tot einde van dae.
As daar dan niks oor is nie, is die speelveld weer gelyk!
Wat dan van die wat wil verder wil studeer; oorsese instansies oor die internet met internationaal aanvaarde kwalifikasies, wat dalk vir jou kinders werk in buiteland vergemaklik.
Kom aan, moenie so sentimenteel wees nie – ons regering mors tog net al ons belasting geld, verlaag standaarde en verwaarloos alles wat vir ons belangrik is. Hoe meer ons wal gooi, hoe harder lag hulle. Stap weg, sny af en begin nuut en onafhandlik van staat. Dit wat die regering oorneem sal misluk, dis ‘n Afrika waarborg. Nannies koepela!

tamboti ·

Nou is my kommentaar en Juran s’n ook weg, ag ek gee op!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.